The Children\'s Chapel

Uitgevang (Deel 5)
Deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas

Joshua told Achan to tell the truth and confess what he had done

Text Version | English | For Younger Children

'n Bybelstorie oor Josua



(Vervolg van Deel 4)

cookies Die somervakansie was die gunsteling tyd van die jaar vir die Smith-gesin. Dit is dan wanneer jy hulle by die rivier sou kry waar hulle dit geniet om te kampeer. Hulle was mal daaroor om in en naby die water te wees! Maar al die roei, seil, visvang en swem, het almal baie honger gemaak. Die kinders was lus vir iets soet en toe het hulle besluit dit was tyd om hulle spesiale bederf happie te maak — ongebakte sjokolade koekies wat jou mond laat water.

Toe Annie die bestanddele wat sy nodig gehad het gaan haal, het sy ontdek dat die belangrikste bestanddeel uit die kosmandjie wat hulle saamgebring, verdwyn het. Hoe teleurstellend! Daar was geen manier waarop hulle die koekies kon maak sonder marie beskuitjies en ‘n plak sjokolade nie.

"Ma, waar is die pakkie marie beskuitjies en die plak sjokolade? Ek weet dit was in die kosmandjie want ek onthou dat ek dit daar gesien het." Ma het ook nie geweet nie, ook nie Pa of die meeste van haar broers en susters nie. Hulle het oral na die vermiste bestanddele gesoek totdat iemand uiteindelik Jerry se gesig, wat baie skuldig gelyk het, raakgesien het. Die ergste van alles was dat daar die onmiskenbare bewyse van ‘n paar krummels en ‘n bruin vlek op sy ken was.

Toe die gesin hom in ‘n hoek druk, het Jerry skaapagtig gesê: "Ek is jammer. Ek kon myself nie keer nie. Ek is die een wat die mariebeskuitjeis en die plak sjokolade geëet het. Daar is net ‘n klein stukkie sjokolade oor en ek het dit onder my kussing gebêre. Ek is regtig jammer. Vergewe my asseblief."

Die Smith kinders was baie teleurgesteld. Hulle kon nie een enkele ongebakte koekie daardie vakansie eet nie, want die naaste kruideniersware winkel was baie ver weg. Nadat hulle koppe bymekaargesit het, het hulle besluit dat Jerry sou moes opmaak vir sy fout. Wanneer hulle terugkeer huistoe, moes hy sy sakgeld prysgee om bestanddele te koop om hulle gunsteling ongebakte koekies dubbeld aan te maak vir hulle almal om te geniet.

Footprints walking from left to right across the screen

When they returned the spies told Joshua it would not take more than two or three thousand men to attack Ai Josua en die kinders van Israel het baie lekker gevoel oor hulle wonderlike, bonatuurlike oorwinning oor Jerigo. Dit het hulle vertroue regtig versterk en hulle was nou baie gretig om die volgende stad in hulle visier, die klein stad Ai aan te val. Net soos met Jerigo, het Joshua spioene uitgestuur om uit te vind wat die beste manier was om Ai te in te neem. Die spioene het teruggekeer en voor Josua grootgepraat: "Meneer, om Ai in besit te neem, gaan baie maklik wees. Ons sal net so twee- tot drieduisend soldate nodig hê."

Josua het egter iets baie belangriks vergeet. Sonder om dit eers goed te deurdink, het hy besluit om die raad van die spioene te volg en hy het heeltemal geïgnoreer wat God wou hê hy moes doen. Hy het voortgegaan en haastig ‘n leër van ongeveer 3,000 dapper manne bymekaargemaak...maar iets was gruwelik verkeerd. êrens onder hulle was ‘n onsigbare vyand wat hulle tot verskriklike verwoesting en dood sou lei — iets waarvan net een mens geweet het, iets wat weggesteek was, iets wat verban was.

The whole thing turned into a complete DISASTER Josua was heeltemal onbewus van hierdie verborge vyand. As hy tog maar eers die Here vir instruksies gevra het hoe om Ai te oorwin, sou die Here met graagte hierdie verborge ding geopenbaar het. Maar Josua het nie en in plaas daarvan, het hy die spioene se raad gevolg en 3,000 soldate gestuur om Ai aan te val.

Natuurlik, het die hele ding in ‘n volslae RAMP geëindig! Tot hulle uiterste ontsteltenis, was Ai se manne te sterk vir Josua se manskappe en het hulle op die ou end al die pad tot by die steengroewe van Sebárim gejaag. Nog erger, 36 Israeliete het gesneuwel.

Toe Josua en die kinders van Israel die boodskap van die nederlaag hoor, was hulle verpletter. Hulle het nie verstaan waarom hulle verslaan was nie. Waarom het die Here nie vir hulle oorwinning gegee soos die vorige keer nie? Was God nie meer met hulle nie? Het Hy hulle verlaat?

They threw dust on their heads and lay flat on their faces on the ground, before the Ark of the Covenant Josua en die oudstes se harte was so gebreek dat hulle hul klere uit pure onsteltenis geskeur het. Hulle het nederig voor die Here neergeval, stof op hulle hoofde gegooi en plat op hulle aangesigte op die grond voor die Vebondsark gelê. Hulle gehuil en gerouklaag kon dwarsdeur die hele laer gehoor word tot laat in die aand.

Toe hulle nie meer trane oorgehad het nie, het Josua vir die Here vertel presies hoe hy voel: "Here, waarom het U ons bonatuurlik oor die Jordaan laat trek net sodat ons vyande ons hier in die Beloofde Land kan doodmaak? Ons moes veilig aan die ander kant gebly het. Wat op aarde moet ek nou doen? As al ons vyande hoor wat nou gebeur het, sal hulle begin dink dat ons ‘n maklike prooi is en dat hulle kan kom en ons maklik uitwis! Dink net hoe sal dit U laat lyk voor die heidene!"

Soos ‘n streng ouer, was die Here glad nie beïndruk met Josua en die oudstes nie omdat hulle Hom nie eerste geraadpleeg het in hulle besluit om te gaan oorlog voer nie. Sonder om doekies om te draai, het God geantwoord: "Staan op! Dit help niks om met julle aangesigte op die grond te lê en huil nie. Dit gaan nie die probleem oplos nie.

Israel has sinned "Israel het gesondig — IEMAND het my gebooie nie ernstig opgeneem nie. Die skuldige persoon het van Jerigo se buit geneem. Het Ek julle nie beveel om dit nie te doen nie? Ek het julle baie duidelik gesê dat die buit aan My behoort. Daardie persoon het teen my woord gegaan. Hy het nie net die buit gesteel nie, maar hy het ook die goed wat hy gesteel het, weggesteek. Die verborge sonde het veroorsaak dat julle moes vlug voor julle vyande. Totdat julle afreken met hierdie sonde en dit met vuur verbrand, kan Ek julle nie help nie en julle sal aanhou om nederlae te ly aan die hand van julle vyande."

Wat nou? Josua het nie geweet wat om te doen nie, maar die Here het presies vir hom gesê hoe hy hierdie probleem moes oplos. Hy het gesê: "Gaan sê vir die volk om hulleself vanaand te reinig omdat hulle môre almal voor My moet verskyn om geoordeel te word, stam vir stam. Die stam aan wie die skuldige behoort, sal uitgewys word, dan die familie, dan die gesin en dan die skuldige een! Hy en alles wat hy het, moet met vuur verbrand word omdat hy die verbond van die Here verbreek het. Hy het ‘n skandalige en bose ding gedoen omdat hy van My gesteel het en teenspoed oor die hele Israel gebring het."

Dus het die volk hulleself daardie aand gereinig net soos die Here hulle beveel het. Hulle het hulleself en hulle klere gewas, maar wat hulle nie besef het nie, was dat God REGTIG ... REGTIG ... EGTIG elke verborge ding en elke geheimde sonde raaksien, omdat Hy diep in die hart van elke man, vrou en kind kyk.

Joshua brought Israel before the Lord tribe by tribe Die volgende oggend, het Josua teen dagbreek opgestaan en Israel voor die Here gebring, stam vir stam. Eerste, was die stam van Juda uitgewys...

...toe was die familie van Serag uitgeroep

...gevolg deur die gesin van Sabdi.

Toe was Sabdi se kleinseun, AGAN, wie se pa Karmi was, as die skuldige persoon aangewys.

Met ‘n swaar hart, het Josua gesug en vir Agan gesê: "Seun, verheerlik die Here, die God van Israel en bely jou sonde voor Hom. Sê vir my wat jy gedoen het en moenie dit vir een sekonde langer vir my wegsteek nie."

Joshua immediately sent men to find the stolen robe the silver and the gold in Achans tent Agan het geen ander keuse gehad as om eerlik te wees en sy boosheid te bely nie. Dit was die enigste eerbare ding wat hy kon doen na sy afgryslike sonde wat Israel in teenspoed laat beland het en op die ou end 36 manne se lewens gekos het. Hy het vol berou gesê: "Meneer, ek het teen die Here gesondig en wat aan Hom behoort, vir myself gevat. Dit is wat ek gedoen het. Ek het ‘n pragtige, sagte, satynkleed, 200 blink silwer munte en ‘n staaf glinsterende goud gesien. Ek het dit so begeer dat Ek dit nie na die Here se skatkis gebring het soos u beveel het nie, maar ek het ‘n gat in die grond onder my tent gegrawe en dit daar weggesteek. U sal al die gesteelde goedere steeds daar kry."

Josua het dadelik ‘n paar manne gestuur om die gesteelde kleed, die silwer en die goud in Agan se tent te gaan haal. Gretig om ontslae te raak van goddeloosheid in die laer, het hulle die gesteelde goedere opgegrawe en dit alles vir Josua geneem. Toe het hulle Agan en al sy gesteelde goed, plus al sy seuns en dogters, sy tent, sy diere en al sy besittings na die vallei van Agor, wat Vallei van teenspoed beteken, geneem. Daar was hulle almal gestenig en met vuur verbrand. Toe is ‘n groot hoop klippe op hulle gestapel. Sonde was uit die Israeliete se laer gedelg en dit het die vloek en die kwaai woede van die Here laat bedaar.

Footprints walking from left to right across the screen

Dink jy dat Josua en sy manskappe nou vir Ai kon oorwin noudat hierdie sonde geopenbaar was en behoorlik mee afgereken was?

God told Joshua not to fear or be discouraged Wel, na dit alles, het die Here weer gepraat. Josua was baie bemoedig, vertroos, verlig en vol pure blydskap toe hy Hom hoor sê: "Nou dat julle julleself verneder en hierdie verborge sonde verwyder het, moenie meer vrees of moedeloos wees nie. Neem jou hele leër na Ai, want Ek het die stad, sy Koning en al sy grond in julle hande oorgegee en julle sal dit in besit neem."

Die Here het ook vir Josua ‘n briljante plan gegee. Hy het gesê: "Stel ‘n lokval — steek ‘n paar manne agter die stad weg vir ‘n verrassingsaanval — en vernietig dit net soos julle met Jerigo gemaak het. Maar hierdie keer, mag julle die buit en die diere vir julleself hou."

Toe het Josua sy gevegsmag byeengeroep en vir hulle God se lokvalplan verduidelik. Hy het 30,000 dapper helde uitgesoek, hulle in die nag uitgestuur en gesê: "Gaan bekruip die westekant van die stad, tussen Ai en Bethel, nie te ver daarvandaan af weg nie en wees gereed."

God told Joshua not to fear or be discouraged Die manskappe het baie noukeurig geluister toe Josua verder praat: ”Wanneer ek van die ander kant van die stad af kom saam met die res van die manskappe, sal die soldate van Ai die stad verlaat om teen ons te veg. Ons sal die eerste keer vlug en hulle ons laat agtervolg. Wanneer hulle ver genoeg weg van die stad af is, dan moet uit julle wegkruipplek kom en Ai verras met ‘n aanval. Verslaan almal met die swaard en verbrand die stad met vuur.”

Soos die ware, sorgsame leier wat hy was, het Josua daardie nag tussen sy manne deurgebring. Vroeg die volgende oggend, het hy hulle vol vertroue gelei terwyl hulle na Ai gemarsjeer het. Toe hulle by die rand van die vallei kom, het hulle seker gemaak dat die spioene van die Koning van Ai hulle sien. Die spioene het dadelik die plek waar hulle Josua en Israel se leër gesien het aan die Koning van Ai gerapporteer, maar hulle was salig onbewus van die Israeliete wat weggekruip en in die lokval gewag het. Die Koning van Ai het die volgende dag gebruik om sy leër gereed te maak om Josua en sy manne aan te val. Daardie nag, terwyl alles donker was, het Josua in die geheim nog 5,000 manskappe gestuur om by die troepe wat in die lokval was aan te sluit.

God told Joshua not to fear or be discouraged Met dagbreek die volgende oggend, het die Koning van Ai en sy manne die Israeliete aangeval in die Vallei van Araba met klipharde geskree en geroep. Josua en sy manskappe het voor hulle uitgevlug in die rigting van die woestyn, en het gemaak asof hulle die aftog blaas en gevlug soos bang rotte voor ‘n honger kat uit. Die manne van Ai was baie opgewonde toe hulle sien dat Josua en sy manne vlug. Die koning het gedink hulle was op die randjie van nog ‘n oorwinning teen die kinders van Israel en het al die oorblywende soldate wat steeds in Ai was, opgeroep om ook die Israeliete te kom agtervolg. In hulle ywer om Josua en sy manskappe in te haal, het hulle dwaaslik die stad verlaat met sy poorte wyd oop met nie ‘n enkele soldaat oor om dit te verdedig nie.

Toe het die Here vir Josua gesê: "Lig op jou swaard en spies op en rig dit op Ai omdat Ek jou oorwinning daaroor gee. Toe die Israeliete in die lokval sy teken sien, het hulle opgespring en die mense van Ai verras deur in die stad in te storm en dit aan die brand te steek. Gou kon die geknetter van ‘n vlammende inferno oral in die stad gehoor word terwyl die rook begin opgaan het as teken van die verwoesting van Ai.

In die tussentyd, het die Koning van Ai en sy soldate omgekyk met die verwagting om nog soldate van Ai te sien opdaag wat hulle sou help om Josua en sy manne te agtervolg. Wat hulle egter gesien het, het hulle tot in hulle siele geskok. Ai het gebrand en ‘n dik rookwolk het hoog in die lug gerys.

Terselftertyd, toe Josua en die manne die rook sien, het hulle moed geskep omdat hulle God se plan kon sien werk. Hulle het omgedraai en begin om die soldate van Ai te verslaan. Kletterende swaarde kon oral gehoor word. Die troepe van Israel wat Ai aan die brand gesteek het, het ook gekom om Josua en sy troepe te help. Hulle het Ai se manne omsingel en hulle oorweldig sodat nie een van hulle oorleef het nie.

Joshua kept pointing his spear at the city until all the people of Ai were no more Daardie dag het Josua aangehou om sy swaard na Ai te wys todat daar geen mense van Ai meer oor was nie — al 12,000 van hulle. Die stad het tot op die grond afgebrand en net murasies het oorgebly. Die troepe van Israel het die koning van Ai lewendig gevang. Hulle het hom na Josua gebring en hy was aan ‘n boom opgehang tot die aand toe, waarna sy liggaam voor die stadspoorte gegooi en toegegooi is met ‘n hoop klippe. Ai was oorwin tot eer van die Here!

Hierdie hele ervaring met Agan het Josua geleer dat die volk die Woord van God meer dikwels moes hoor om te sorg dat hulle dit onthou. Hy wou nie hê hulle moes weer dieselfde foute maak nie. Daarom het by berg Ebal vir die Here ‘n altaar gebou met groot klippe wat nie gekap of gebreek was nie, net soos Moses beveel het, en hy het die Tien Gebooie op die klippe van die altaar uitgebeitel. Die priesters het brandoffers en soenoffers aan die Here gebring op die altaar.

Toe het Josua die mense van Israel in twee groepe verdeel. Een groep het aan die voet van berg Ebal gestaan en die ander helfte aan die voet van berg Gerísim. Die Verbondsark was in die middel, tussen die twee groepe. Daar het hy hardop, voor almal die hele wet van Moses gelees, sowel as die seëninge wat die kinders van Israel sou ontvang as hulle gehoorsaam was, en die vloeke wat oor hule sou kom as hulle ongehoorsaam was aan die Wet.

Josua en die kinders van Israel het ‘n paar waardevolle lesse geleer toe hulle verslaan was. Hulle het geleer om God eerste te soek elke dag, om sonde te bely wanneer God dit openbaar, om met probleme af te reken en aan te beweeg, en om hulle geestelike oë op die Here te hou. Hulle het ook geleer om nooit ooit op te gee wanneer foute gemaak word nie, omdat baie uit foute geleer kan word.

(Vervolg in Deel 6)

Footprints walking from left to right across the screen



ONTHOU!

God sien alles. Erken en bely gou-gou jou sondes, maak dinge reg as jy kan en vertrou God vir sy genade. Vra Hom om jou te help om uit jou foute te leer.



DINK!

1. Waarom moes die Israeliete die aftog blaas teen Ai?
2. Wie was die skuldige persoon?
3. Wat het hy gesteel?
4. Kon sy sonde weggesteek bly?
5. Was hy gestraf vir sy sonde?
6. Toe met die sonde afgereken was, het die Here Israel genadig bewys en hulle weer oorwinning gegee?
7. WWat het Josua gedoen om die volk te help om nie weer te sondig nie?



'N VERS OM TE ONTHOU

"As ons ons sonde bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig" (1 Johannes 1:9).



'N ALTERNATIEWE VERS ON TE LEER

"Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord" (Psalm 119:9).

"Die sondes van sommige mense is baie duidelik en gaan voor hulle uit tot die oordeel, maar volg ander eers agterna" (1 Timótheüs 5:24).

"...en daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het" (Hebreërs 4:13).


PRAKTIESE TOEPASSING

Is daar ‘n wegsteekplek of houer in jou huis waar soet of sout happies gebêre word? Was jy al ooit in die versoeking om van die happies te neem sonder om te vra? Wat van ‘n potlood of ‘n speelding van ‘n boetie, sussie of vriend sonder dat hulle weet? Of is daar een of ander sondige ding waarvan jy nie wou hê ander moes weet nie? Was jy uitgevang en gestraf, of het jy daarmee weggekom? As jy daarmee weggekom het, pasop, want jy kan versoek word om selfs groter sonde te doen.

[Na bespreking:] Onthou, God sien alles wat ons doen en Hy weet ons maak soms foute. Die loon van die sonde is die dood, maar dit is hoekom God sy Seun, Jesus Christus, gestuur het om vir ons sondes en in ons plek aan die kruis te sterf. As jy jou sondes voor Hom bely met ‘n opregte hart, is Hy gewillig om jou te vergewe en jou regverdig voor Hom te maak. Wil jy dit graag nou doen?

Laat ons ‘n oomblik in gebed neem en God vra om al ons sondes te vergewe. Laat ons ook sy Heilige Gees vra om ons oë oop te maak wanneer ons die Woord van God lees, sodat ons wysheid en krag kan kry om sonde te vermy en te oorwin.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, maak ons harte bewus daarvan wanneer
ons teen U sondig, selfs daardie sondes wat ander
mense nie kan sien nie. Maak ons oë oop deur u
Heilige Gees wanneer ons die Woord van God lees
sodat ons kan leer om die regte ding te doen.
Ons dank U vir u genade, barmhartigheid en liefde
wat baie groter as ons sonde is.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Josua 7:1-8:35


Footprints walking from left to right across the screen


crayons

Achan Coloring Page
Memory Verse Coloring Page
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles
Jericho’s Wall Falls Down
Joshua Bible Hero
Joshua: The Walls of Jericho
My Bible Stories Coloring Book with Stickers Volume 1

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle (online)
Crossword Puzzle (online)
Fill-in-the-Blanks (online)
Word Search (online)
Achan's Sin lesson activities
Achan's Sin Activities—Ages 4-12
Bible Story Puzzle 'n Learn (reproducible)
God's Wrath Revealed
Who Is Without Sin

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

STORY CUBE
Achan's Sin Craft Idea
Achan's Tent Craft (Watch online)
Ark of the Covenant Craft (online)
Joshua Bible Crafts

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God
Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids & Digital Album Download [PDF Download]
Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



singing birds

Are You the Achan That's Breakin' God's Heart (listen online)
Be Strong and Courageous (Deuteronomy 31:6) [Music Download]
Choose For Yourself (Joshua 24:15) [Music Download]
Do What's Right
God's Got An Army & Great and Mighty Army [Donut Man] (watch & sing along)
Here Is My Life, Lord (watch & sing along)
I'm In the Lord's Army (watch & sing along)
I Want to Live for Jesus (online)
Joshua Is a Quick Book [What's in the Bible Song Download]
Joshua 24:15 [Music Download]
Let God Arise & What a Mighty God We Serve [Donut Man] (watch & sing along)
O Be Careful Little Eyes (watch & sing along)
The Family Prayer Song (watch & sing along)

Memory Verse Student Music CD 10 Pack
(Year 2; Units 6-10; Contemporary)
(Answers in Genesis)

Obedience (watch & sing along)
Oh, Be Careful, Little Eyes (watch & sing along)
Praise the Name of Jesus [Donut Man] (watch & sing along)

Song Time Tunes CD (Grades PreK-1; Year 2;
Units 6-10; Contemporary)
(Answers in Genesis)

The Devil Is a Sly Old Fox (watch & sing along)
Two Said Go [Donut Man Song Download]
Victory Chant [Donut Man Song Download]
We Serve the Mighty God [Donut Man Song Download]
We Will Serve The Lord Joshua 24:17 [Sparrow Kids Song Download]
What a Mighty God [Donut Man Song Download]
When Mr. Satan Knocks at My Heart's Door (listen online)
You Can't Stop God from Loving You (listen online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



child reading a book

Abeka Joshua and Judges Curriculum/Daily Plans
Bible Discovery: Early History of Israel (Exodus-Joshua), Student Workbook
Bible Quest: Early History of Israel (Exodus-Joshua), Student Workbook
Fighting the Giants - the Sin of Achan
God, I Need to Talk to You about Stealing
God Knows Everything (Learn About God)
Heroes of the Bible Devotional
Jericho's Tumbling Walls, Arch Book Series
Joshua and Jericho
Joshua and the Fall of Jericho
Joshua Homeschool Flash-a-Card Bible Story
Joshua/Rahab Flip-Over Book
Joshua, Little Bible Heroes (Board Book)
Kingstone Bible Vol. 1 (includes The Ten Commandments)
My Big Book of Bible Heroes Devotional
Read-Aloud Bible Stories, Volume 4
Superheroes of the Bible: Action and Adventure Stories about Real-Life Heroes
VeggieTales SuperComics: Josh and the Big Wall - eBook
VeggieTales SuperComics: LarryBoy and the Reckless Ruckus - eBook
VeggieTales SuperComics: The League of Incredible Vegetables - eBook
Joshua 1
Walls, Brawls, and the Great Rebellion - eBook (Manga Bible Series)

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and Videos

Adventures in Life, Your Story Hour Volume 11, Audiobook on CD
Adventures in Odyssey® 216: Like Father, Like Son [Download]
Believe it? Why Not! Sin Separates Us from God (Watch online)
Bible Comes Alive Series CD Album 2
God's People: Joshua (watch online)
Happy Heart, An Unabridged CD

Heroes of the Bible: Shadrach, Meshach, & Abednego,
Joshua, and the Good Samaritan, VeggieTales DVD


Inspired By The Bible Experience: Joshua - Unabridged Audiobook [Download]
Joshua 7: Achan’s Sin (watch online)
KJV Dramatized Audio Bible: Joshua [Download]
Unit 8 Lesson 3 Achan Sinned (watch online)
Preschool Teaching: Achan and Ai (watch online)
Ten Commandments DVD
The Beginner's Bible, Volume 4 (watch online)
The Bible Experience: The Book of Joshua (watch online)
The Bible Explained: Joshua (Spoken Gospel) (watch online)
The Holy Bible: Joshua the Conqueror (watch online)
The Mr. Phil Show - Volume 3 DVD (Phil Visher)
The Ten Commandments: Moses and the Law Superbook DVD
3-2-1 Penguines: The Green Eyed Monsters (watch online)
VeggieTales: Madame Blueberry (watch online)
VeggieTales: The Story of Joshua (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



Resources for Parents and Teachers

Abeka Joshua and Judges Curriculum/Daily Plans
Achan's Sin lesson activities
Achan's Sin Parents' Guide Ages 4-9
Achan's Sin and the Battle of Ai (Watch online)
Achan Was Robbed—audio by David Wilkerson
Achin' for Achan Drama (PDF Download)
Achan's Sin - Powerpoint
Be Strong: Joshua by Warren Wiersbe
Bible Stories Activity PDF & Digital Album Download [Digital Download]
Child Evangelism Fellowship - Joshua lessons & activities
Joshua 5-7 Bible Study
Joshua (Jewish Virtual Library)
Joshua & Judges Youth 1 (Grades 7-9) Focus (Student Handout)
Joshua: And the Land of Promise by F.B. Meyer
Joshua LifeChange Bible Study
Joshua 7 - Achan and defeat at Ai
KJV Dramatized Audio Bible: The Book of Joshua
Overview: Joshua by BibleProject
Praising the Lord: Grade 5 Character Foundation Series - Joshua
Sin Spoils Object Talk
Stories of Grace Volume 4 Children's Curriculum: Behind the Scenes Characters
Survivor Bible Style: 12 Instant Bible Lessons for Kids Bible Lessons for Kids
The Book of Joshua: Lesson 2 - Victorious Conquest (1:1 - 12:24)
The Celebration City Courthouse Lesson on Stealing Who Is Joshua?
Mighty Men of God: Joshua (Kids' Sermon)

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources



Footprints walking from left to right across the screen

BIBLE STORY ARCHIVE
http://childrenschapel.org/bibstory2.html


Add/update a Bible story resource



The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under "Subscribe... " at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2021 www.childrenschapel.org
North Central Ohio, U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.

Pictures Courtesy of Sweet Publishing at freebibleimages.org

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated July 26, 2021

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources