The Children\'s Chapel

Kom Ons Word Deel van die Wenspan (Deel 6)
Deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas

The Gibeonites told Joshua they had come from a faraway country

Text Version | English

'n Bybelstorie oor Josua



excited fan (Vervolg van Deel 5)

Was jy al ooit meegevoer van opwinding as jou gunsteling span wen, of dit nou sport, kuns, sang, debatvoering, speletjies, ens. was? 'n Mens wil aan die kant van die wenspan wees, tensy jy voel dat jy hulle kan klop. Wel, dit was dieselfde in die tyd van Josua, maar vir hulle was dit 'n saak van lewe en dood.

Footprints walking from left to right across the screen

Nuus oor die volslae nederlaag en totale vernietiging van Jerigo en Ai deur die God van Josua en die Israeliete, het vinnig versprei na al die nasies wat wes van die Jordaanrivier gewoon het. Selfs die mense wat op die hoogste heuwels, die diepste valleie en tot by die Groot Middellandse See in die rigting van Libanon gewoon het, het van hul oorwinnings gehoor. Hierdie nasies was die —

Het-iete
Amor-iete
Kanaän-iete
Feres-iete
Hew-iete and
Jebus-iete

Hulle was so bang vir die Israeliete dat hulle besluit het om as een saam te kom en teen hulle te veg. Maar toe gebeur daar iets.


line with someone peeking over the top

Die Gibeoniete, wat deel van die Hewiete was, het belangrike inligting oor
die wet van die Israeliete uitgevind wat alles vir hulle verander het.



Die Bybel vertel ons nie presies hoe hulle hierdie belangrike inligting te wete gekom het nie, maar destyds was daar niks sulke dinge soos —

telefoon
televisie
radio
Internet
Kitsboodskappe
Google
Facebook
Twitter of
WhatsApp nie.

Nasies het toevallig mekaar leer ken, deur mekaar te besoek, deur handelsware aan mekaar te koop en te verkoop, of selfs deur op mekaar te spioeneer. Kom ons stel onsself vir 'n oomblik voor dat dit op die volgende manier kon gebeur het:

Zibeon, die jong Hewiet, het met trots sy bende avontuurlustige tienerseuns op 'n visvangreis gelei. Met hul visnette en kosblikke in hul rugsakke het hulle met hul onwelriekende, growwe-haar donkies al die pad tot by die Jordaanrivier gery. Toe hulle by die oewer van die rivier kom, het een van die seuns by die donkies gebly om hulle op te pas, terwyl die ander seuns versigtig hulle pad deur die welige ruigtes gevind het. Net soos hul ouers hulle geleer het, was hulle waaksaam en op die uitkyk uit vir leeus, slange en ander gevaarlike roofdiere wat in die ritselende bosse rondgekruip het.

Skielik het Zibeon 'n vreemde geluid gehoor. “Shhh!” hy het sy bende gewaarsku en hulle beduie om af te buk. Terwyl hulle probeer het om geen takkies te breek nie, het hulle stadig na die geluid gekruip en oor die rand van die rivieroewer geloer. Nee, die geluid het nie gekom van 'n kwaai leeu of 'n kruipende krokodil nie, maar dit was 'n klompie manne met lang baarde wat voor hulle by hulle gunsteling visvangplek opgedaag het. Wie was hierdie mans? Was hulle vriende of was hulle vyande? Hulle moes net weet. Terwyl hulle agter 'n groot klip weggekruip het, het Zibeon en sy bende aandagtig geluister na die geselsende mans en probeer uitvind wie hulle was.

“Ek is 'n LEVIET en ek ken die wette van Moses!” het die man met die ekstra lang tossels op die hoeke van sy kleed luid aangedring. “MOSES het ons beveel om geen ooreenkomste te sluit met die nasies wat in Kanaän woon nie, maar om hulle almal te vernietig, tesame met hulle bose praktyke. Ons mag SLEGS ooreenkomste sluit met stede wat BAIE, BAIE VER van ons af weg is,” het hy gesê terwyl sy tossels wild geswaai het toe hy aan sy vislyn trek.

Zibeon het na sy asem gesnak, omgedraai en vir sy vriende gefluiser: “Daardie mans is ISRAELIETE! Onthou julle MOSES? Hy was die leier van die kinders van Israel wat die Rooisee laat verdeel het vir Israel om op droë grond deur te gaan. Ons moet dadelik teruggaan stad toe en hierdie inligting aan my pa gaan rapporteer!”

Zibeon se pa was 'n baie belangrike veiligheidsadviseur vir die koning van die stad Gibeon.


line with someone peeking over the top

Zibeon het besef dat hierdie inligting hulle lewens kon red.



Die jongmanne het versigtig omgedraai, teruggekruip deur die ruigtes, op hulle donkies gespring so vinnig as wat hulle kon, teruggery na die stad Gibeon toe. Hulle lywe was seer van die lang, hobbelrige rit, maar hulle het nie omgegee nie, want tyd was baie belangrik.

Hulle het net betyds by die huis aangekom om Zibeon se pa voor te keer voordat hy na 'n dringende veiligheidsvergadering met die koning sou vertrek. Zibeon het uitasem van sy donkie afgespring en vir sy pa gesê wat die geselskap Israelitiese manne gesê het. Daar en dan, het Zibeon se pa besluit om sy seun saam na die vergadering met die koning te neem om te herhaal wat hy gehoor het.

In die koning se troonkamer, kon Zibeon sy hart in sy bors voel bons. Hy het voor die troon gebuig en eerbiedig vir die koning vertel wat hy by die Israeliete afgeluister het. Die koning het aandagtig na Zibeon se verhaal geluister en toe vinnig 'n plan gemaak. Hy het aan sy veiligheidsraad gesê: “Manne, ons weet dat Israel konings Og en Sihon, sowel as Jerigo en Ai, vernietig het. Ons stad is groot, baie groter as Jerigo en Ai, en ons het baie meer soldate, maar ons het EEN GROOT PROBLEEM.


line with someone peeking over the top

Die God van die Israeliete is te magtig vir ons,
en met sy hulp sal hulle ons beslis vernietig.



A few high-ranking men disguised themselves as ambassadors from a VERY FARAWAY country “Die enigste kans om ons lewens en die van ons mense te red, is om hulle met 'n slim plan te mislei. Ons moet maak asof ons uit 'n BAIE, BAIE VER land kom en dan 'n ooreenkoms met hulle sluit.”

Die mans het saamgestem en 'n paar hooggeplaastes het hulself vermom as ambassadeurs uit 'n BAIE, BAIE VER land. Hulle het die mees verslete klere en gelapte skoene, wat hulle kon kry, aangetrek. Toe het hulle skimmelbrood met 'n muwwe reuk, sowel as ou, geskeurde en grofgemaakte wynsakke geneem en dit in ou sakke gepak, dit op hul donkies gelaai en vertrek na die Israeliete se laer in Gilgal, net 'n paar kilometer daarvandaan.

Toe hulle die Israelitiese kamp nader, het die wagte alarm gemaak: “Stil almal! Ons sien 'n groep mans aankom. Hulle ry op donkies ... Wag 'n bietjie! Dit lyk asof hulle 'n wit vlag swaai om te wys dat hulle in vrede kom.”

Toe die vreemdelinge by die kamp aankom, het die Israeliete hulle nie aangeval nie. In plaas daarvan, het hulle toegelaat dat hulle in hul midde kom. Josua en die leiers van Israel het rondom hulle bymekaargekom, gereed om hulle net daar en dan van kant te maak as hulle dit sou durf waag om 'n verkeerde beweging te maak.

Die vreemdelinge het baie eerbiedig, laag neergebuig en gelieg: “Ons kom uit 'n BAIE, BAIE VER land om te vra of u 'n vredesooreenkoms met ons sal sluit.”

The men of Israel did not trust the strangers so began questioning them with skepticism Die manne van Israel het getwyfel oor die eerlikheid van die vreemdelinge en het hulle skepties gevra: “Miskien lieg julle vir ons en woon hier reg onder ons. Hoe kan ons dan 'n verbond met julle sluit?”

Die bonsende harte van die vreemde bedelaars, het amper in hul gelapte skoene gesak, maar hulle het geweier dat hulle vreesbevange harte die oomblik ruïneer. Hulle het hulleself reggeruk en was vasbeslote om nie hul versoek te laat afwys nie. Hulle het kalm gebly en vir Josua gesê: “Ons is u dienaars.”

Josua is aangeraak deur hul nederigheid, maar hy het self probeer om agter die hele storie te kom en hy het gevra: “Wie is julle? Waar kom julle vandaan?”

Die hoop van die vreemdelinge het opgevlam: “U dienaars kom uit 'n BAIE, BAIE VER land en ons het gekom vanweë die Naam van die Here u God. Ons het gehoor van sy beroemdheid, die wonders wat Hy in Egipte gedoen het, en hoe Hy ook die kinders van Israel gehelp het om die konings Og en Sihon aan die oostekant van die Jordaanrivier uit te wis.”

Omdat nuus in daardie dae baie stadig na ver plekke versprei het, was die Hewiete versigtig om nie hul dekmantel weg te gee en Jerigo en Ai, wat Israel onlangs verslaan het, te noem nie en daarom het hulle voortgegaan: “Vanweë u God het ons leiers en al die inwoners van ons land ernstig by ons gepleit en gesê: “Neem voorrade saam met julle vir die tog en gaan spreek die Israeliete en sê vir hulle: Ons is nou u dienaars. Ons vra u om 'n verbond met ons te sluit.”’”

Een van die vreemdelinge het 'n stuk brood uit die verslete sak op sy donkie gehaal en gesê: ”Kyk na hierdie kors en krummels. Dit is ou, muwwe oorskiet van 'n brood. Toe ons by die huis vertrek het, was dit varsgebak.”

Joshua made a covenant with them to let them live 'n Tweede een het 'n wynsak omhoog gehou en bygevoeg: “Ja! En hierdie wynsakke was toe nog splinternuut, maar nou is dit geskeur.”

'n Derde het na vore getree en beduie na sy stowwerige klere en skoene en gesê: “Kyk na ons vuil, geskeurde klere en gelapte skoene. Dit het oud en verslete geraak van die lang tog. Julle moet ons glo.”

Die manne van Israel het die vreemdelinge se voorrade ondersoek en besluit dat dit lyk asof hulle die waarheid praat. Josua en Israel se owerstes het onderling beraadslaag om vrede met vreemdelinge te sluit of nie, maar hulle het EEN GROOT FOUT gemaak — hulle het NIE raad van die Here gevra nie. So, sonder om vir God te vra wat Hy daarvan dink, het Josua 'n verbond met hulle gesluit om hulle te laat lewe, en die owerstes van die vergadering het hulle belowe om hulle te beskerm. Die vreemdelinge was oorstelp van blydskap en het het die laer met groot verligting verlaat, terwyl hulle vertrou en gehoop het dat die Israeliete hul belofte sou nakom.

Footprints walking from left to right across the screen

Three days later Joshua and his men discovered that the strangers were their neighbors Drie dae later, het Josua en die Israeliete teen die stad Gibeon opgeruk om dit te verslaan. Voordat hulle kon aanval, het die mans van Gibeon hard geskree: “Kyk na hierdie dokument! Is dit nie 'n ooreenkoms wat u met ons gesluit het nie?”

Josua en die owerstes kon amper nie hul oë glo nie! Reg voor hulle het die Gibeoniete vir hulle bewys gelewer van die verbond wat hulle met hulle gesluit het. Toe eers, het die owerstes van Israel besef dat hulle mislei is deur die Hewiete wat NIE baie ver weg gewoon het nie, maar op hulle drumpel in die stede Gibeon, Kefira, Beerot en Kirjat Jearim. Hierdie Hewiete het beslis NIE steeds vuil klere en gelapte skoene aangehad nie. Die owerstes van Israel was baie spyt dat hulle nie die Here om raad gevra het voordat hulle die ooreenkoms met die Hewiete gesluit het nie. Die kinders van Israel was baie ongelukkig met die owerstes van Israel en het hardop teenoor hulle gekla oor hulle groot misstap.

We made an oath with them using the Name of the Lord our God and that is why we MUST keep our promise to them and let them live Die leiers het geantwoord: “Ons het 'n eed afgelê deur die Naam van die Here onse God te gebruik, en daarom MOET ons ons belofte aan hulle nakom en hulle laat lewe. Indien nie, sal God se toorn oor ons kom as ons nie ons woord gestand doen nie. Ons sal hulle eerder ons dienaars maak deur houtkappers en waterdraers van hulle te maak as straf vir hulle misleiding.”

Joshua was glad nie tevrede met die verloop van sake nie, maar het die beste van 'n slegte saak gemaak, die Hewiete laat roep en vir hulle gesê. “Waarom het julle ons mislei en julle voorgedoen as 'n volk wat uit 'n BAIE, BAIE VER land kom, terwyl julle hier reg onder ons neuse woon? Julle is 'n vervloekte volk. Nou sal dit julle plig word om ons dienaars te word soos julle gesê het. Julle sal dien as houtkappers en waterdraers vir die offers wat gebring moet word in die huis van die Here ons God.”

The Gibeonites became woodcutters and water carriers for Joshua and the people of Israel Die Hewiete het nederig geantwoord: “U dienaars het gehoor dat die Here u God Moses beveel het om hierdie land aan u te gee en sy burgers te vernietig. Ons het vir ons lewens gevrees en daarom het ons u mislei. Nou is ons in u hande en aan u genade oorgelaat. Doen met ons soos u dit goedvind en reg is in u oë. Ons sal met graagte houtkappers en waterdraers vir u God wees.”

Die Israeliete het hulle dus laat lewe. Al die reinigingsrituele van die priesters en Israeliete, het baie water nodig gehad, en 'n enorme klomp hout was nodig vir die brandoffers, so daar was nimmereindigende werk vir waterdraers en houtkappers. Die Hewiete was nie net verlig dat hulle lewens gespaar is nie, maar baie bly dat hulle nou saam met Josua en die Israeliete was, en bowenal, saam met hulle wonderwerkende God, wat hulle ook sou beskerm, wreek en verdedig.

Footprints walking from left to right across the screen

Toe Jesus aarde toe gekom het, het Hy 'n gelykenis vertel van 'n wyse koning wat met sy raadgewers sou bespreek of hulle sterk genoeg was om die leër wat teen hulle optrek, te verslaan. Indien nie, sou hulle die wapenstilstandspan stuur om vredesvoorwaardes te bespreek, soos die Hewiete met Josua gedoen het.

Net soos die Hewiete, het ek en jy ook die geleentheid om 'n vredesooreenkoms te sluit met Jesus, Wie groter en sterker en magtiger as ons almal is. Die goeie nuus is dat ons, anders as die Hewiete, nie hoef te probeer om Jesus te mislei om deel te word van sy wenspan nie. Al wat Hy vra, is dat ons eerlik moet wees oor ons sonde wat soos vuil, verslete lappe in die oë van die Here is.

As ons wel 'n ooreenkoms met Jesus sluit en ons lewens aan Hom gee om Hom te dien, sal Hy ons te hulp kom as ons probleme in die lewe het, ons daardeur help en ons uiteindelik help om in die hemel te kom. Onthou, slegs die Israeliete was gebonde aan die wette van Moses en dit was vir hulle alleen, maar soos ons uit die Nuwe Testament leer, is Jesus se verbond beskikbaar vir almal wat bereid is om hulle aan Hom oor te gee en Hom te dien met jou hele hart en siel en verstand en krag.

(Vervolg in Deel 7)

Footprints walking from left to right across the screen



ONTHOU!

God wil graag hê dat jy by sy wenspan moet aansluit. Jy kan dit nie doen deur goed te probeer wees nie, want jou goeie werke is soos vuil, verslete klere voor die Here. Die enigste manier waarop jy kan deel word van God se wenspan, is deur Jesus Christus as jou Verlosser aan te neem en Hom met jou hele hart en siel en verstand en krag te dien.



DINK!

1. Waarom was die Hewiete so gretig om 'n vredesooreenkoms met die Israeliete te sluit?
2. Hoe het die groep Hewiete van die stand Gibeon hulleself vermom?
3. Het hulle skelm plan gewerk?
4. Watter fout het Josua en die leiers van Israel gemaak?
5. Wie het dit vir ons moontlik gemaak om in 'n verbond met God te tree?
6. Dink jy Hy sal sy verbond met jou nakom, selfs al maak jy soms foute en vra om vergifnis?



'N VERS OM TE ONTHOU

"Maar nou het Hy 'n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van 'n beter verbond wat op beter beloftes gegrond is" (Hebreërs 8:6).


AANHALING

“Wat 'n winskopie! Ek raak ontslae van my vertroue op myself en my goeie werke. Ek lê my uitgetrapte skoene van strewe neer. Ek laat my slapelose nagte op die strate van twyfel en vrees agter. En in ruil daarvoor, word ek aangeneem deur 'n Koning!” — David Wilkerson.


PRAKTIESE TOEPASSING

Ken jy iemand in jou klas wat voor die onderwyser voorgee dat hy goed is, net om in sy of haar goeie boekies te bly? Of het iemand voorgegee dat hy iets was wat hulle nie was nie, net om jou vriend te word? Het jy al voorgegee sodat iemand van jou moet hou?

Onthou, by God hoef jy nooit voor te gee nie. Hy ken jou beter as wat jy jouself ken en Hy het jou steeds lief. Wil jy leer om Hom ook lief te hê? Wil jy deel wees van 'n verbond met God en in sy wenspan wees?

[Na bespreking:] Laat ons 'n oomblik neem en God dank dat Hy ons liefhet net soos ons is. Kom ons vra Hom om ons te help om altyd eerlik voor Hom te wees en nie voor te gee dat ons sonder sonde is nie. Laat ons Hom ook vra om ons te help om deel te wees van sy wenspan.



LAAT ONS BID

****************************************************
Hemelse Vader, dankie dat U my liefhet net soos ek is.
Leer my om altyd eerlik voor U te wees oor my foute.
Here, ek wil deel wees van U wenspan.
Maak my asseblief deel van u verbond.
Jesus, wees my Here en Verlosser.
Help my om altyd vir U raad in my lewe te vra.
Ek dank U en ek is lief vir U. In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Josua 9:1-27; Lukas 14:31-32


Footprints walking from left to right across the screen


crayons

Men Lied to Joshua Coloring Page (online)
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles
Joshua and the Gibeonites Coloring Sheet (online)
Joshua Bible Hero
The Gibeonites Trick Joshua (print or color online)

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle (online)
Bible Story Puzzle 'n Learn (reproducible)
Joshua and the Gibeonites Word Search (online)
The Gibeonites Trick Joshua activities
Worksheet (printable)

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

The Tricky Gibeonites Punishment:
Choppers of Wood And Drawers Of Water craft
(online)

Joshua Bible Crafts
New to Old Craft Activity (online - scroll down)
The Gibeonites Dispise Themselves (online)
The Tricky Gibeonites Craft Activity (online)

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God
Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids & Digital Album Download [PDF Download]
Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



singing birds

Be Strong and Courageous (Deuteronomy 31:6) [Music Download]
Choose For Yourself (Joshua 24:15) [Music Download]
Do What's Right
God's Got An Army & Great and Mighty Army [Donut Man] (watch & sing along)
Here Is My Life, Lord (watch & sing along)
I'm In the Lord's Army (watch & sing along)
I Want to Live for Jesus (online)
Joshua Is a Quick Book [What's in the Bible Song Download]
Joshua 24:15 [Music Download]
Let God Arise & What a Mighty God We Serve [Donut Man] (watch & sing along)
The Family Prayer Song (watch & sing along)

Memory Verse Student Music CD 10 Pack
(Year 2; Units 6-10; Contemporary)
(Answers in Genesis)

Obedience (watch & sing along)
Oh, Be Careful, Little Eyes (watch & sing along)
Praise the Name of Jesus [Donut Man] (watch & sing along)

Song Time Tunes CD (Grades PreK-1; Year 2;
Units 6-10; Contemporary)
(Answers in Genesis)

Speak the Truth (listen online)
The Devil Is a Sly Old Fox (watch & sing along)
Two Said Go [Donut Man Song Download]
Victory Chant [Donut Man Song Download]
We Serve the Mighty God [Donut Man Song Download]
We Will Serve The Lord Joshua 24:17 [Sparrow Kids Song Download]
What a Mighty God [Donut Man Song Download]
When Mr. Satan Knocks at My Heart's Door (listen online)
You Can't Stop God from Loving You (listen online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



child reading a book

Abeka Joshua and Judges Curriculum/Daily Plans
Bible Discovery: Early History of Israel (Exodus-Joshua), Student Workbook
Bible Quest: Early History of Israel (Exodus-Joshua), Student Workbook
Carmen Browne Series #2: Sweet Honesty (Moody Publishers)
God, I Need to Talk to You about Lying
God Knows Everything (Learn About God)
Heroes of the Bible Devotional
Joshua and Jericho
Joshua Homeschool Flash-a-Card Bible Story
Joshua, Little Bible Heroes (Board Book)
Kingstone Bible Vol. 1 (includes The Ten Commandments)
My Big Book of Bible Heroes Devotional
Read-Aloud Bible Stories, Volume 4
Superheroes of the Bible: Action and Adventure Stories about Real-Life Heroes
VeggieTales SuperComics: LarryBoy and the Reckless Ruckus - eBook
VeggieTales SuperComics: The League of Incredible Vegetables - eBook
Joshua 1
Walls, Brawls, and the Great Rebellion - eBook (Manga Bible Series)

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and Videos

Adventures in Odyssey® Life Lessons Series #7: Honesty
Adventures in Odyssey® #13: It All Started When...
Character Builders: Honesty (watch online)
DouglasTalks: Don't Lie (watch online)
God's People: Joshua (watch online)

Heroes of the Bible: Shadrach, Meshach, & Abednego,
Joshua, and the Good Samaritan, VeggieTales DVD


Inspired By The Bible Experience: Joshua - Unabridged Audiobook [Download]
Joshua 9: The Gibeonite Deception (watch online)
Keeping Your Word (watch online)
Joshua and the Gibeonites: Athey Kids (watch online)
KJV Dramatized Audio Bible: Joshua [Download]
TEDxKids: The Effects of Lying (watch online)
TEll the Truth: Honesty for Kids (watch online)
Ten Commandments DVD
The Anthill: An important story about truth and honesty (watch online)
The Bible Experience: The Book of Joshua (watch online)
The Bible Explained: Joshua (Spoken Gospel) (watch online)
The Bible in Living Sound: The Gibeonites Deceive Joshua (dramatized audio - listen online)
The Holy Bible: Joshua the Conqueror (watch online)
The Ten Commandments: Moses and the Law Superbook DVD
VeggieTales: The Story of Joshua (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



Resources for Parents and Teachers

Abeka Joshua and Judges Curriculum/Daily Plans
The Gibeonites Trick Joshua activities
Be Strong: Joshua by Warren Wiersbe
Bible Stories Activity PDF & Digital Album Download [Digital Download]
Character by God's Design: Vol. 2 - Trust, Honesty, Obedience
Child Evangelism Fellowship - Joshua lessons & activities
Gibeonites Timeline (online)
Joshua (Jewish Virtual Library)
Joshua & Judges Youth 1 (Grades 7-9) Focus (Student Handout)
Joshua: And the Land of Promise by F.B. Meyer
Joshua LifeChange Bible Study
KJV Dramatized Audio Bible: The Book of Joshua
Object Lesson
Overview: Joshua by BibleProject
Praising the Lord: Grade 5 Character Foundation Series - Joshua
Sin Spoils Object Talk
Stories of Grace Volume 4 Children's Curriculum: Behind the Scenes Characters
Survivor Bible Style: 12 Instant Bible Lessons for Kids Bible Lessons for Kids

10-Minute Life Lessons for Kids:
52 Fun and Simple Activities to Teach Your Child Honesty, Trust, Love


The Book of Joshua: Lesson 2 - Victorious Conquest (1:1 - 12:24)
The Gibeonites Trick Joshua lesson (online)
The Gibeonite Trick (online)
Who Is Joshua?
Who Were the Gibeonites? (online)
Mighty Men of God: Joshua (Kids' Sermon)

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources



Footprints walking from left to right across the screen

BIBLE STORY ARCHIVE
http://childrenschapel.org/bibstory2.html


Add/update a Bible story resource



The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under "Subscribe... " at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2021 www.childrenschapel.org
North Central Ohio, U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.

Pictures Courtesy of Sweet Publishing at freebibleimages.org

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated August 1, 2021

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources