The Children\'s Chapel

Toe die Mure Neertuimel (Deel 4)
Deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas

The Israelites walked around the outside of the wall once a day for six days

Text Version | English

'n Bybelstorie oor Josua



(Vervolg van Deel 3)

model airplane Toe Brian by die huis kom na 'n slegte dag by die skool, het hy sy kamerdeur oopgemaak en die toneel wat hy voor hom gesien het, het hard op sy kwaad knoppie gedruk. "Hoe kon sy dit doen?" Hy het die deur 'n bietjie harder as gewoonlik toegemaak, sy skooltas op sy lessenaar gegooi en in die middel van die vloer langs sy stukkende modelvliegtuigie neergekniel. Dit het gelyk asof dit 'n noodlanding gedoen het en daar kon net een skuldige persoon in die huis wees — sy kleinsus.

Terwyl hy steeds gekniel het, het Brian sy arms in die lug gegooi en gesê: "Here, ek het so 'n slegte dag by die skool gehad en nou dit! U weet hoeveel ure ek ingesit het om hierdie vliegtuig perfek te kon maak en kyk hoe lyk dit nou. Hoe durf sy hier inkom en my goed breek! Ek voel lus om haar 'n pak slae te gee, so klein soos wat sy is. Ek is so kwaad ek kan dit nie help nie!"

Toe raak hy 'n bietjie kalmer en sê: "Maar Here, ek wil U gehoorsaam en 'n goeie volgeling van Christus wees. U Woord sê ons moet 70 maal 7 keer vergewe, maar dit is op hierdie oomblik baie moeilik en daarom vra ek dat U my sal help om dit te doen deur hierdie woede weg te neem? Ek nie weet hoe om daarvan ontslae te raak nie."

Sy gebed was verhoor — skielik het hy nie meer so kwaad gevoel nie. Die volgende oomblik, was daar 'n sagte klop aan die deur. 'n Paar skuldige ogies het na hom geloer en toe na vloer afgekyk. "Ek is jammer dat ek jou vliegtuig gebreek het, Brian! Vergewe my asseblief," het sy vol trane gesmeek. "Hoe kan ek opmaak daarvoor?"

Na so 'n hartroerende verskoning, kon Brian nie eers meer kwaad lyk nie, al wou hy en het liefdevol geantwoord: "Dankie dat jy om verskoning vra, kleinsus. Ek vergewe jou! Moenie bekommerd wees nie. Kom ons gaan haal roomys en dan sal ek vir jou die storie van Josua en Jerigo se mure vertel."

Terwyl hulle met die trappe af ondertoe loop, het Brian stilweg gebid: "Dankie Here Jesus dat u my mure van woede en vyandigheid teenoor my kleinsus laat neertuimel het en my gehelp het om haar vry te spreek. Seën beide van ons met u vrede asseblief."

Footprints walking from left to right across the screen

Rahab again hung the scarlet thread from her windowsill up on the wall Nadat hulle die Jordaanrivier oorgesteek het, het die Israeliete by Gilgal, naby die stad Jerigo, laer opgeslaan. Toe die inwoners van Jerigo hoor dat die Jordaanrivier opgedroog het sodat die Israeliete dit kon oorsteek na die Beloofde Land, het vrees en paniek hulle oorval. Families en vriende wat in die velde rondom Jerigo gewoon het, het hulle angstig na die stad gehaas. Hulle het gehoop dat die stad se sterk, hoë mure voldoende sou wees om hulle van die kinders van Israel en hulle God te beskerm.

"SLUIT al die poorte en hou dit TOE! Maak seker dat niemand van vandag af kan inkom of uitgaan nie!" het die koning van Jerigo verdedigend beveel en verduidelik: "EK WIL NIE hê dat enige vermomde Israeliet weer die stad binnekom soos laas keer nie, wat nog van 'n hele vyandige leër." Almal was baie paraat en het binne die stad gebly, amper soos tydens die Coronavirus inperking.

In haar huis wat gebou was tussen die 6 voet wye, 26 voet hoë, dubbele mure van Jerigo, het Ragab, die hoer, haar hele familie laat bymekaarkom. Sy het vasgehou aan die belofte van die Israelitiese spioene aan haar om haar en haar hele familie, almal wat sy in haar huis kon inkry, se lewens te spaar. Sy het die rooi tou uit sy wegsteekplek uitgehaal en onthou hoe sy dit gebruik het om die spioene te help ontsnap teen die stadsmuur af. Dit was nou weer tyd om dit uit haar venster te laat uithang, hierdie keer as 'n teken vir Israel se leër sodat hulle maklik kon weet watter familie om van verwoesting te red. Niemand het gevra waarom sy dit doen nie, want al die inwoners was binne-in die stad. Nie een van hulle het die bloedrooi tou wat uit haar venster gehang het, raakgesien nie. Dit was die teken van haar ooreenkoms met die kinders van Israel, die teken van God se beskerming.

Footprints walking from left to right across the screen

It was a Man with a drawn sword In die tussentyd, het Josua gegaan om Jerigo van 'n afstand af te verken. Hy het gesoek na bresse of swakhede in die hoë, ondeurdringbare mure van die klein 7 akker, maar goed versterkte stad. Hy het stil op die Here gewag vir bevele toe hy skrik vir iets wat hy uit die hoek sy oog gesien het, ’n weerkaatsing van iets wat blink. Josua het vinnig na sy swaard gegryp om seker te maak dat hy reg was vir enigiets. Versigtig, het hy nader aan die blink voorwerp geloop en gou gesien dat dit 'n Man met 'n ontblote, tweesnydende swaard was. Dapper, het Josua die Man genader en gesê: "Meneer, is u vir ons, of is u vir ons vyande?"

Die Man het geantwoord: "Nie een nie. Ek het gekom as die Aanvoerder van die Here se leër."

I am your servant Josua was verstom toe hy die man se antwoord hoor en hy het dadelik besef dat dit geen gewone man was nie, maar God self. 'n Goddelike vrees het oor hom gekom. Hy het plat op sy aangesig op die grond neergeval en terwyl hy daar gelê het, het hy vir Hom gesê: "Ek is u dienskneg. Dit is ek wat aan u kant is, my Heer. Wat is u bevele aan u dienskneg?"

Die Aanvoerder van die Here se leër het vir Josua gesê: "Trek die skoene van jou voete af, want die plek waarop jy staan is heilig." Met groot ontsag, het Josua dadelik gehoorsaam.

Toe het die Here vir hom gesê: "Ek het Jerigo, sy koning en magtige krygers almal reeds in julle hande oorgegee en so moet julle hulle oorwin. Julle gewapende manne moet in stilte rondom die stad Jerigo marsjeer. Net agter hulle, moet sewe priesters wat ramshorings blaas hulle volg. Dan moet die priesters, wat die Verbondsark dra, net agter hulle marsjeer. Die res van die manne moet die agterhoede dek. Hierdie hele optog moet vir ses dae, een keer elke dag rondom die stad marsjeer, maar op die sewende dag, moet hulle sewe keer rondom die stad marsjeer. Na die sewende keer op die sewende dag, moet die priesters een L-A-A-A-A-A-A-NG blaas gee waarop almal moet begin skreeu. Wanneer hulle dit doen, sal die mure van die stad neertuimel en elke man moet oor die muur voor hom klim en Jerigo en sy mense verwoes."

The Lord has already given me HIS plan Toe Josua terugkeer na die laer, was hy tegemoet gegaan deur verskeie opgewonde manne wat sy aandag wou hê: "JOSUA! Josua, ons het koppe bymekaar gesit en met maniere vorendag gekom om Jerigo in besit te neem! Elon wil hê ons moet 'n katapult bou en reusagtige klippe teen die muur slinger. Jahleel sê ons moet die stad se poorte met 'n stamper stamp en Serah wil hê ons moet die stad aan die brand steek deur vlammende pyle daarheen te skiet."

Josua het geglimlag en toe met die gesag wat God hom gegee het, vir hulle gesê: "Manne, die Here het my reeds SY plan gegee en Hy het my verseker van 'n oorwinning. Miskien eendag, sal God julle vindingrykheid ook gebruik, maar vandag moet ons die Here gehoorsaam en vertrou op SY manier om Jerigo in besit te neem, en NIE op ons eie planne of vaardighede staatmaak nie."

Toe het hy almal bymekaargeroep en hulle die Here se bevele gegee. Hulle het verwonderd gestaan en aandagtig geluister na Josua toe hy die gewapende manne, die priesters en die agterhoede beveel om gereed te maak en in stilte na Jerigo te marsjeer. Hulle het almal gou in posisie gaan staan en Josua het beveel: "Voorwaarts! Mars!"

Toe hulle by die stad kom, het hulle op 'n veilige afstand gestop waar die vyand se pyle hulle nie kon bykom nie. Al die manne was so stil soos 'n muis en hulle mag niks goed of sleg gesê het nie. Dit was 'n goeie ding, omdat negatiewe woorde vol ongeloof nie kans gekry het om onder hulle pos te vat nie.

The priests began to sound their trumpets Op die ooreengekomde teken, het die priesters begin om hulle ramshorings te blaas en die mars rondom die stad het begin. Die gewapende manne het voor geloop met hulle wapens duidelik ten toon gestel. Toe het die sewe priesters gekom wat hulle basuine uit volle bors en in harmonie geblaas het. Die priesters wat die Verbondsark gedra het, het agter hulle aangekom. Al die priesters was geklee in hulle pragtige priesterlike klere. Die mans wat die agterhoede gedek het, het heel agter gemarsjeer. Niemand het 'n woord geuiter nie.

Die dreunende basuingeskal het die lug gevul en het 'n waarskuwing van naderende verwoesting van die nabygeleë geheuwels af laat weerklink. Die oorverdowende geluid het die harte van die inwoners van Jerigo diep getref. Sonder versuim het hulle na hul wapens geskarrel en alarm gemaak: "Die Israeliete is op pad! Maak gereed!" 'n Geroep kon gehoor word dwarsdeur Jerigo en na die aanvanklike skok, het daar 'n ongemaklike stilte oor die inwomers neergesak terwyl hulle vreesbevange gewag het vir die Israeliete om aan te val. Die Koning het die priesters van Jerigo beveel om dubbeld soveel offers as gewoonlik aan hulle afgode te bring met die hoop dat die afgode hul teen die Israeliete sou beskerm. Tot hulle verbasing, het geen aanval plaasgevind nie en toe die Israeliete se optog die volle sirkel rondom die stad voltooi het, het hulle die aftog geblaas en vir die hele dag nie teruggekeer nie.

Die mense in Jerigo het senuagtig gelag: "Sien, Jerigo se mure is te hoog en te sterk vir hulle! Pasop, hulle sal dalk terug wees, maar RONDTE 1 is ons s’n!"

Die tweede dag waarop die Israeliete rondom die stad gemarsjeer het, het die mense in Jerigo geredeneer: "Hulle God is seker 'n NATUUR god en nie 'n FORT god nie. Die offers vir ons afgode moet seker werk. RONDTE 2 is ook ons s’n!"

Die derde dag waarop die Israeliete rondom die stad gemarsjeer het, het die mense in Jerigo trots gesê: "Miskien wil hulle ons net bang maak en dink ons sal sommer so oorgee. Ons het 'n verassing vir hulle, want ons kan hulle uitwag! RONDTE 3 vir Jerigo!"

Die vierdie dag waarop die Israeliete rondom die stad gemarsjeer het, het die mense in Jerigo gespot: "Hierdie Israeliete is mal, 'n snaakse volk! Is hulle tog so dom? Hulle kan niks aan ons doen nie. RONDTE 4 vir Jerigo!"

Op die vyfde dag waarop die Israeliete rondom die stad gemarsjeer het, het die inwoners van Jerigo geskimp: "Miskien koop hulle net tyd vir versterkings of selfs 'n bonatuurlike hemelse leër om op te daag voor hulle aanval. Raai wat, dit lyk of niemand kom om hulle te help nie! RONDTE 5 vir Jerigo!"

Die sesde dag waarop die Israeliete rondom die stad gemarseer het, het die inwoners van Jerigo selfvoldaan geredeneer: "Dit lyk of ons afgode magtiger as hulle God is. Ons stad is nie verniet die hoofstad van afgodediens in Kanaän nie. RONDTE 6 is ook ons s’n!"

Die mense in Jerigo het geglo dat hulle die eerste, tweede, derde, vierde, vyfde en sesde rondtes gewen het en was seker dat hulle ook al die ander rondtes sou wen, maar daar het 'n onaangename verrassing op hulle gewag. Dit was net Ragab wat nie met hulle saamgestem het nie. Sy het al hierdie dwase leuens deur 'n dwase, selfvoldane Kanaänitiese volk gehoor, maar sy het vas in haar geloof gestaan dat die God van Israel Jerigo nie net sou oorwin nie, maar dat Hy ook haar en haar familie teen verwoesting sou beskerm.

Die eerste 6 dae het die Israeliete geduldig God se bevele gehoorsaam, en net so het hulle volhard tot op die 7de dag terwyl hulle...

...die 1ste keer rondom gegaan het, in GEHOORSAAMHEID aan die Here se bevele

...die 2de keer rondom gegaan het, met GELOOF in die krag van die Here

...die 3de keer rondom gegaan het, met VERTROUE dat die Here getrou was aan sy Woord

...die 4de keer rondom gegaan het, terwyl hulle siele GERUS het in die Here se beloftes

...die 5de keer rondom gegaan het, met die WETE dat die Here met hulle was

...die 6de keer ronom gegaan het, VERSEKER van oorwinning in die Naam van die Here

...die 7de keer rondom gegaan het, GETROU tot die heel laaste rondte.


The walls of Jericho came tumbling down "T-O-O-O-O-O-E-E-E-T!" Aan die einde van die 7de rondte op die 7de dag, het die priesters een L-A-A-A-A-A-A-A-NG basuingeskal geblaas op hulle ramshorings! Op daardie oomblik, het die soldate van Israel 'n klipharde oorlogskreet geskree en so vinning soos blits, het elke man van waar hy was, reguit na die stad gehardloop. Die mure van Jerigo het begin rommel en skud. Die inwoners was verlam van vrees. Hulle was teen die vloer geslinger met die geweldige geskud van die grond. Terwyl die mure op hulle plekke ingetuimel het, het die ratse Israelitiese soldate oor die rommel gespring en elke mens — man, vrou en kind — sowel as al die diere — donkies, beeste, skape, bokke — en alles in hulle sig doodgemaak het.

Daar was net een plek in die muur wat nie ingetuimel het nie. Kan jy raai waar dit was? Ja, dit was die plek in die muur waar Ragab se huis was. Josua het die twee jong spioene, wat die belofte aan Ragab gemaak het, beveel: "Gaan en vervul julle belofte aan Ragab en red haar en haar hele familie. Reël dat hulle buite ons laer by Gilgal kom woon." Hulle het gedoen presies soos hy beveel het. Ragab het oorgeloop van blydskap dat nie net sy nie, maar haal hele familie gered is. Sy het in haar hart besluit om nooit weer 'n afgod te aanbid nie, maar net die Here, die God van Israel van daardie dag af te dien.

Josua het al die mans beveel: "Moenie van die buit neem nie! Verwoes alles! Anders sal teëspoed ons almal tref. Bring al die goud, silwer, brons en yster gereedskap na die tabernakel toe waar dit toegewy sal word aan die Here en in sy skatkis geplaas sal word. Alles van hierdie eerste oorwinning behoort aan Hom."

Toe het Josua die stad van Jerigo met vuur verbrand en 'n verskriklike vloek uitgespreek oor die man wat dit sou herbou en gesê dat wanneer die fondasies gelê sou word, sou die bouer se oudste seun sterf, en wanneer die poorte opgesit sou word, sou sy jongste seun sterf. Hierdie vloek was vervul eeue later in die tyd van die Konings van Israel.

Die bonatuurlike oorwinning oor Jerigo op hierdie mees buitengewone manier, het dit duidelik gemaak vir die volk Israel dat die Here met Josua was. Die berig oor Josua het na die omliggende gebiede versprei en hy het beroemd geword dwarsdeur die land. Dit was 'n BONATUURLIKE oorwinning vir Israel en waar hulle in gehoorsaamheid volhard het, het God vyandige mure in duie laat stort en sy Naam is verheerlik!

(Vervolg in Deel 5)

Footprints walking from left to right across the screen



ONTHOU!

Gehoorsaam die Here en hou aan om Hom te gehoorsaam en Hy sal jou laat oorwin.



DINK!

1. Wie het Josua ontmoet toe hy Jerigo alleen verken het?
2. Hoeveel dae moes die Israelites reg rondom Jerigo marsjeer?
3. Hoeveel keer moes hulle om Jerusalem marsjeer op die laaste dag?
4. Hoe het God hulle volgehoue gehoorsaamheid beloon?
5. Het God die beloftes van die spioene aan Ragab eerbiedig? Hoe?
6. Watter soort sondige "mure" kan in jou hart wees?
7. Dink jy God kan jou help om daardie "mure" ook af te breek?



'N VERS OM TE ONTHOU

"En julle, broeders, moet nie in goeddoen verflou nie" (2 Thessalonicense 3:13).



'N ALTERNATIEWE VERS ON TE LEER

"Want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus" (2 Korinthiërs 10:4-5).

"’n Afgebreekte stad sonder muur, so is 'n man wat sy gees nie kan inhou nie" (Spreuke 25:28).


PRAKTIESE TOEPASSING

Net soos die mure van Jerigo daar was om die stad te beskerm, bou ons "mure" van ons eie om onsself te beskerm. Soms wil ons onsself beskerm op sondige maniere. Byvoorbeeld, ons baklei met mekaar, ons is jaloers, ons lieg, ons word kwaad. Kan jy dink aan nog sondige maniere waarop onsself probeer beskerm, nog "mure" wat ons rondom ons bou?

[Na bespreking:] God wil nie hê ons moet onsself op sondige maniere beskerm nie. Hy wil hê ons moet onsself beskerm deur mure van geloof in Hom en in wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het te bou, net soos Ragab geloof gehad het dat God haar en haar familie sou red. Haar geloof was beloon want haar deel van die muur het in ingetuimel nie en sy en haar hele familie was gered. God wil ook hê dat ons altyd gehoorsaam sal wees aan sy Woord sodat ons krag kan hê om al ons sonde te oorwin.

Laat ons 'n oomblik in gebed neem en die Here vra om ons te vergewe dat ons sondige maniere gebruik het om onsself te probeer beskerm. Laat ons sy Heilige Gees vra om ons die krag te gee om alle sondige maniere te laat staan en ons te help om altyd gehoorsaam te wees aan sy Woord.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, dankie dat U ons reeds oorwinning
deur die bloed van Jesus gegee het. Help ons om
gehoorsaam te wees aan u Woord en dat ons sal aanhou
om gehoorsaam te wees tot ons laaste rondte op aarde.
As daar enige "sondige mure" in ons is, vergewe ons
en gee ons asseblief die krag wat ons nodig het om
dit af te breek. Ons dank U en het U lief. In Jesus
se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Josua 5:13-6:27


Footprints walking from left to right across the screen


crayons

Memory Verse Coloring Page
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles
Jericho’s Wall Falls Down
Joshua Bible Hero
Joshua: The Walls of Jericho
My Bible Stories Coloring Book with Stickers Volume 1

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle (online)
Crossword Puzzle (online)
Word Search (online)
Bible Story Puzzle 'n Learn (reproducible)
Bringing Down the Walls of Jericho Drama (online)
Fall of Jericho Printout
Group Activities (online)
HubPages Fill-in-the-Blanks
HubPages Word Search
Joshua and the Battle of Jericho, Mobile Activity Kit
Joshua and the Battle of Jericho Cake Snack
The Battle of Jericho activities (online)
The Fall of Jericho Fill in the Blanks (online)
We Can Obey God: Joshua and Jericho (Crossroads Kids’ Club) (online)

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

Ark of the Covenant Craft (online)
DIY Ram's Horns Tutorial (online)
Joshua and the Wall of Jericho Craft (online)
Joshua Bible Crafts
Multiple Reinforcement Craft Activities

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God
Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids & Digital Album Download [PDF Download]
Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



singing birds

I Have Decided to Follow Jesus (watch & sing along)
A Gift to You (watch & sing along)
Be Strong and Courageous (Deuteronomy 31:6) [Music Download]
Choose For Yourself (Joshua 24:15) [Music Download]
God's Got An Army & Great and Mighty Army [Donut Man] (watch & sing along)
Here Is My Life, Lord (watch & sing along)
I'm In the Lord's Army (watch & sing along)
I Want to Live for Jesus (online)
Joshua At Jericho [Music Download]
Joshua Fought The Battle Of Jericho (watch & sing along)
Joshua Is a Quick Book [What's in the Bible Song Download]
Joshua 24:15 [Music Download]
Let God Arise & What a Mighty God We Serve [Donut Man] (watch & sing along)
The Family Prayer Song (watch & sing along)

Memory Verse Student Music CD 10 Pack
(Year 2; Units 6-10; Contemporary)
(Answers in Genesis)

Obedience (watch & sing along)
Praise the Name of Jesus [Donut Man] (watch & sing along)
Silly Joshua [Donut Man] (watch & sing along)

Song Time Tunes CD (Grades PreK-1; Year 2;
Units 6-10; Contemporary)
(Answers in Genesis)

Two Said Go [Donut Man Song Download]
Victory Chant [Donut Man Song Download]
We Serve the Mighty God [Donut Man Song Download]
We Will Serve The Lord Joshua 24:17 [Sparrow Kids Song Download]
What a Mighty God [Donut Man Song Download]
You Can't Stop God from Loving You (listen online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



child reading a book

Abeka Joshua and Judges Curriculum/Daily Plans
Bible Discovery: Early History of Israel (Exodus-Joshua), Student Workbook
Bible Quest: Early History of Israel (Exodus-Joshua), Student Workbook
Heroes of the Bible Devotional
Jericho's Tumbling Walls, Arch Book Series
Joshua and Jericho
Joshua and the Fall of Jericho
Joshua Homeschool Flash-a-Card Bible Story
Joshua/Rahab Flip-Over Book
Joshua, Little Bible Heroes (Board Book)
My Big Book of Bible Heroes Devotional
Read-Aloud Bible Stories, Volume 4
Superheroes of the Bible: Action and Adventure Stories about Real-Life Heroes
VeggieTales SuperComics: Josh and the Big Wall - eBook
VeggieTales SuperComics: LarryBoy and the Reckless Ruckus - eBook
VeggieTales SuperComics: The League of Incredible Vegetables - eBook
Joshua 1
Walls, Brawls, and the Great Rebellion - eBook (Manga Bible Series)

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and Videos

Adventures in Odyssey ® 292: Siege at Jericho [Download]

Bible on the Go Vol. 11: Joshua, Rahab, and the Promised Land
(Numbers 27, Deuteronomy 24, Joshua 1-4) - Unabridged Audiobook [Download]


Bible on the Go Vol. 12: The Fall of Jericho, Joshua's Death, and the Story of Deborah
(Joshua 1-4, 5-6; Judges 2, 4) - Unabridged Audiobook [Download]

God's People: Joshua (watch online)

Heroes of the Bible: Shadrach, Meshach, & Abednego,
Joshua, and the Good Samaritan, VeggieTales DVD


Inspired By The Bible Experience: Joshua - Unabridged Audiobook [Download]
Joshua and the Battle of Jericho - Beginners Bible (watch online)
Joshua And The Battle Of Jericho [Wonder Kids Audio Download]
KJV Dramatized Audio Bible: Joshua [Download]
Overcoming Fears: Bible Wisdom for Kids #2 (Chuck Swindoll's Paws & Tales)
Pushing the Limits: Monster Truck Adventure Series
Superbook: Joshua and Caleb DVD
Superbook: Rahab and the Walls of Jericho (watch online)
The Beginner's Bible, Volume 4 (watch online)
The Bible Experience: The Book of Joshua (watch online)
The Bible Explained: Joshua (Spoken Gospel) (watch online)
The Book of Joshua: The Fall of Jericho (watch online)
The Holy Bible: Joshua the Conqueror (watch online)
The Mr. Phil Show - Volume 3 DVD (Phil Visher)
VeggieTales: Josh and the Big Wall (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



Resources for Parents and Teachers

Abeka Joshua and Judges Curriculum/Daily Plans
Be Strong: Joshua by Warren Wiersbe
Bible Stories Activity PDF & Digital Album Download [Digital Download]
Child Evangelism Fellowship - Joshua lessons & activities
The Battle of Jericho Activities
Joshua 5-7 Bible Study
Joshua (Jewish Virtual Library)
Joshua & Judges Youth 1 (Grades 7-9) Focus (Student Handout)
Joshua: And the Land of Promise by F.B. Meyer
Joshua LifeChange Bible Study
KJV Dramatized Audio Bible: The Book of Joshua
Overview: Joshua by BibleProject
Praising the Lord: Grade 5 Character Foundation Series - Joshua
Stories of Grace Volume 4 Children's Curriculum: Behind the Scenes Characters
Survivor Bible Style: 12 Instant Bible Lessons for Kids Bible Lessons for Kids
The Battle of Jericho: Spark Rot Leaders Guide, 2nd edition (Sparkhouse)
The Book of Joshua: Lesson 2 - Victorious Conquest (1:1 - 12:24)
Who Is Joshua?
Mighty Men of God: Joshua (Kids' Sermon)

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources



Footprints walking from left to right across the screen

BIBLE STORY ARCHIVE
http://childrenschapel.org/bibstory2.html


Add/update a Bible story resource



Footprints walking from left to right across the screen

BIBLE STORY ARCHIVE
http://childrenschapel.org/bibstory2.html


Add/update a Bible story resource


The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under "Subscribe... " at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2021 www.childrenschapel.org
North Central Ohio, U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.

Pictures Courtesy of Lambsongs at freebibleimages.org

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated July 19, 2021

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources