The Children\'s Chapel award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids


Vertrou God, Nie Jouself Nie (Deel 3)
Deur Sophia Prinsloo
en Barbara Wilmerton Haas

Text Version | English | Arabic | Italian

'n Bybelstorie oor Gideon



scared girl peeking out from under the covers

(Vervolg van Deel 2)

Jani moes altyd met 'n lig aan gaan slaap, want sy was bang vir die donker. Sy was altyd bang een of ander grillerige, harige of slymerige monster kan dalk iewers in die donker hoekies van haar kamer skuil en op haar wag om uit te spring en haar met sy groot kloue te gryp. Styf toe onder haar sagte beddegoed, het sy haar soms selfs verbeel sy hoor 'n gegrom.

Elke nou en dan sou Jani wonder waarna 'n monster ruik. As sy hom in die donker nie kon sien nie, kon sy hom dalk kon ruik. Sy wou buitendien ook glad nie naby genoeg aan hom kom om sy hare of sy vieslike koue, slymerige, stinkende vel te voel nie!

Toe, een aand het sy Psalm 139:12 in haar Bybel gelees. Dit sê dat die nag en duisternis net so goed is as dag en lig vir die Here, want die nag skyn net so helder vir Hom soos die dag. Hy kan net so goed sien in die donker as in die lig — die een is soos die ander vir God.

“Ma! Ma!” het Jani op die toppunt van haar stem geskree terwyl sy so vinnig met die trappe af gehardloop het dat haar voete skaars die grond geraak het.

Haar verskrikte ma het amper die glas mengbak uit haar hande laat val toe sy omgevlieg het om te sien wat die probleem was. Jani het daar met 'n Bybel in haar hand gestaan en 'n kyk van verbasing het op haar ma se gesig verskyn. “Wat is verkeerd Jani? Sê vir my wat het gebeur!” het Ma uitgeroep met 'n bekommerde kyk op haar gesig.

Uitasem, het Jani dit uitgeblaker, “Ma! Ek weet wat ek moet doen om nie meer bang te wees vir die donker nie!”

Ma was baie verbaas, “Wat, my hartjie?” het sy vol verwagting gevra.

“Dit staan hier in die Bybel geskryf. Dit sê hier in die Psalms dat die Here kan sien wat ek nie kan sien nie. Ek moet net op Hom vertrou om my te beskerm van dinge wat ek nie kan sien nie, want Ma, Hy kan selfs in die donker sien!”

Daardie nag was Jani glad nie meer bang om die ligte af te skakel toe sy bed toe gegaan het nie, want sy het geweet dat die Here met haar was en dat Hy oor haar sou waak die hele nag lank.

The children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Die berig van Gideon se dapperheid het vinnig dwarsdeur die hele land Israel versprei. Die volk was baie opgewonde oor sy waagmoed en ywer vir die Here en sy pure minagting vir die heidense afgode. Hulle was seker hy kon die een wees wat God sou gebruik om hulle van hulle vyande te verlos.

Gideon asked the Lord to give him wisdom to know how to save Israel from their enemies Net so vinnig, by monde, het die nuus van Gideon ook versprei na die heidense nasies wat rondom Israel gewoon het. Hierdie heidense nasies was glad nie ingenome met Gideon nie. Hulle het begin om boodskappe vir mekaar te stuur oor wat aan die gebeur was.

Die Midianiete se kwaai boodskap van waarskuwing aan die ander heidense nasies het alarm gemaak: “Ons het probleme! Hoe durf hierdie nietige Hebreër die altaar van Baäl verwoes, die heilige boomstam van Astarte afkap en haar hout gebruik om vir hulle God 'n offer te bring! Ons moet ons afgode wreek!”

Die Amalekiete het geantwoord, “Ons beter vinnig optree. Ons moet Gideon en sy volk vernietig voor hulle kom en probeer om ons almal te vernietig en so ons manier van lewe stopsit!”

En die kinders van die Ooste, het dringend die ander laat weet, “Laat ons kragte saamsnoer! Ons moet veg teen die kinders van Israel en hulle van die aangesig van die aarde afvee!”

Gou het 'n leër van sweterige Midianiete, Amalekiete en die kinders van die Ooste die Jordaanrivier oorgesteek om teen Gideon en Israel oorlog te voer. Terwyl hulle nat klere droog geword het nadat hulle deur die rivier getrek het, het hulle begin penne in die grond slaan en hulle tente opgeslaan oor die hele Jisreëlvallei, die beroemde vallei waar daar voorheen menigte groot oorloë gevoer was. Daar was so baie manskappe, dat hulle teen mekaar gestamp het in hulle haas om hulle slaapplekke reg te kry vir die aand.

Finally Gideon was convinced that the Lord would go with them and use him to save Israel from the heathen nations as He had promised Toe hy van die berg afkyk, het Gideon 'n onstellende gesig gesien en die geluide van die rumoer van onder af gehoor. Van hoog daarbo, het die vallei gelyk asof dit krioel van sprinkane maar, van naderby beskou, het Gideon duisende manskappe en kamele van die omliggende heidense volke gesien. Hoe dink jy het dit Gideon laat voel?

Uit homself, sou nietige Gideon waarskynlik die bibberasies gehad het tot in sy sandale, maar die Bybel sê vir ons, “Die Gees van die Here het oor hom gekom en hy het die ramshoring geblaas.” God het hom krag gegee om daardie ramshoring so hard te blaas dat die geluid oor die heuwels getrek het en 'n waarskuwingsein vir die Asbesriete gestuur het om te kom en hom te volg. Toe het Gideon het ook boodskappers deur al die gebiede van die stamme van Manasse, Aser, Sébulon en Naftalí gestuur en hulle gevegsmagte opgeroep om by hom aan te sluit.

The children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Daardie nag, terwyl al die manskappe besig was om gereed te maak vir oorlog, het nederige Gideon sy stem verhef en die Here ernstig in gebed gesoek. Hy wou seker maak dat God se teenwoordigheid en krag met hom sou wees. Hy was deeglik daarvan bewus dat hulle slegs met God se mag hierdie massiewe leërs sou kon verslaan.

Gideon het vir God gesê, “Here, ek moet regtig weet of U my werklik gaan gebruik om Israel te red. Ek sal een van my skape skeer en sy vars wolvlies op die dorsvloer neerlê vannag. As ek môreoggend terugkom en net die vlies is nat van die dou terwyl die grond daar rondom oral droog is, dan sal ek weet dat U Israel sekerlik deur my sal verlos soos U gespreek het.”

When Gideon got up early the next morning and squeezed the dew out of the fleece he was able to wring out enough water to fill a whole bowl right up to the brimThe fleece was dry but the ground was wet

En dit was presies wat gebeur het! Dit was verstommend! God het regtig geluister en Gideon se spesiale versoek toegestaan. Toe hy vroeg die volgende oggend opstaan en die dou uit die vlies uitgewring het, kon hy genoeg water uitwring om 'n hele kom tot op die rand vol te maak; maar die grond was heeltemal droog!

Gideon was bemoedig maar nog nie heeltemal oortuig nie, so hy het weer met God gepraat: “Here, moet asseblief tog nie vir my kwaad wees nie en laat my tog net hierdie een keer met U praat. Laat my asseblief nog een toets met die vlies doen. Hierdie keer, laat net die wolvlies droog wees en die grond nat.”

Vroeg die volgende oggend, het Gideon wakker geword van die geluid van blêrende skape. Hy het sy mantel aangetrek, by die deur geaarsel om 'n diep tuig vars lug in te asem en toe het hy hom vinnig gehaas na die dorsvloer om te kyk of die Here gedoen het soos hy gevra het. En tot sy verbasing, ja! Net die vlies was droog, maar al die grond was nat. Uiteindelik was Gideon oortuig dat die Here saam met hulle sou gaan en hom sou gebruik om Israel te red van die heidense nasies, net soos Hy belowe het.

A mighty force of 32000 men responded from many directions and came together to fight in Gideon\'s army In die tussentyd, het 'n magtige leër van 32,000 mans uit alle rigtings gereageer en bymekaargekom om te veg in Gideon se leër. Gideon en sy manskappe het vroeg klaargemaak. Toe hulle hul kampeerplek bereik het, was daar nogal 'n rumoer met die geluid van kappende hamers wat penne diep in die grond ingeslaan het sodat hulle hul tente kon opslaan en hulle gereedskap en kosvoorrade kon uitpak. Bokant hulle het die pieke van die berg Gilead uitgetoring en reg langs hulle, het die fontein Harod uitgeborrel waar dit saggies teen die klippe afgevloei het. Die Midianiete se laer was net noord van hulle in die Jisreëlvallei, aan die voet van die Moreheuwel.

Terwyl die soldate van Israel die oorlog wat vir hulle voorgelê het, bespreek het en hulle gevegskunsies teen mekaar geoefen het, het Gideon na sy tent gegaan om te bid en die Here te vra vir wysheid vir die stryd. Tot sy verbasing het die Here vir hom gesê, “Jy het te veel manskappe!”

“Wat?” Gideon het sy oor gekrap en sy gesig het vertrek van absolute ongeloof. “Te veel manskappe? Het die Here regtig gesien hoeveel heidene daar onder is?”

Maar die Here het voortgegaan, “Ek kan nie toelaat dat almal van julle teen die Midianiete gaan veg nie, want dan sal Ek hoor hoe die volk Israel daarin roem dat hulle hulleself gered het deur hulle eie krag. Die mans wat bang is, kan teruggaan huistoe.”

Toe het Gideon die manskappe bymekaar geroep vir sy ongelooflike aankondiging: “God wil hê elkeen wat bang is, moet nou teruggaan huistoe.” Die mans was stomgeslaan van verbasing. Een het na 'n ander een langs hom gedraai en gevra, “Het Gideon rêrig gesê wat ek hom hoor sê het?”

Gideon kon self skaars glo wat hy pas gesê het. Het hy God regtig reg gehoor? Hy het gekyk hoe 22,000 van die manskappe opgepak het en die laer verlaat het. Daar het 10,000 manskappe oorgebly. Maar God was nog nie klaar met Gideon se leër nie.

Weer het die Here vir Gideon gesê, “Hulle is steeds te veel manskappe!” Toe het die Here vir Gideon gesê, ‘Neem die manskappe af na die spruit en ek sal hulle daar vir jou toets. As Ek sê, “Hierdie man sal saam met jou gaan,’ dan sal hy gaan, maar as Ek sê, ‘Daardie een sal nie saam met jou gaan nie,’ sal hy gaan nie.

Toe het hulle afgegaan na die water toe, Gideon en sy 10,000 manskappe. “Wat gaan aan?” “Waarom gaan ons na die spruit toe?” het die mans onder mekaar gevra.

Die Here het toe vir Gideon gesê, “Verdeel die mans in twee groepe. Die eerste groep sal diegene wees wat kies om die water in hulle hande op te skep en dit soos 'n hond te lek, sonder om neer te kniel. Die tweede groep sal diegene wees wat kies om neer te kniel en die water direk uit die stroom te drink, sonder om hulle hande te gebruik.”

Only 300 men drank from their hands showing they were alert and on their guard at all times Wel, net 300 manskappe het uit hulle hande gedrink en gewys dat hulle te alle tye waaksaam is. Al die ander het gedrink met hulle koppe af en met hulle monde in die stroom. Deur so te drink, kon die vyand hulle maklik van agter af bekruip en hulle verras met 'n aanval.

Die Here het vir Gideon gesê, "Ek sal julle red met die 300 manskappe wat die water uit hulle hande gedrink het en nie neergekniel het nie, en Ek sal die Midianiete aan jou oorgee. Laat al die ander HUISTOE gaan!” Op die ou end, het die tweede groep van 9,700 manskappe wat huistoe gegaan het, met plesier hulle kruike kos en ramshorings wat hulle gehad het vir die oorblywende manskappe gegee.

Gideon het omgedraai en gekyk na sy oorblywende 300 manskappe wat God gekies het en toe afgekyk na die raserige, heidense leërs en hulle kamele wat oor die hele Jisreëlvallei gesaai was. Hulle was so baie in getal, net soos die sand op die strand — te veel om te tel. Hy het verseker geweet dat SLEGS God vir Israel oorwinning kon gee in die geveg met net 300 dapper manne teen daardie derduisende heidene. NOU sou die stryd waarlik die Here s'n wees en op hierdie manier, sou die hele land Israel leer om God vir oorwinning te VERTROU en nie hulleself of hulle eie krag nie.

(Word vervolg in Deel 4)

The children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

ONTHOU!

Die grootste teken wat God ooit vir ons gegee het,
was sy Seun, Jesus Christus! Ons moet altyd ons
vertroue in Hom en sy Woord stel, nie in onsself
nie.


DINK!

1. Waarom het Gideon die Here vir 'n teken gevra?
2. Wat het met die vlies gebeur gedurende die eerste nag? En die tweede nag?
3. Hoeveel manskappe het by Gideon aangesluit om te veg teen die heidense nasies?
4. Hoeveel manskappe was gekies om in die eerste groep te wees wat gebly het om te veg?
5. Waarom het God die ander huistoe gestuur?
6. Watter items het die manskappe van die tweede groep laat agterbly?
7. Dink jy Gideon het God vertrou? Sal jy?


'N VERS OM TE LEER

“Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my
Gees, sê die HERE van die leërskare”
(Sagaría 4:6).


'ALTERNATIEWE VERSE OM TE LEER:

“Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun
nie op jou eie insig nie” (Spreuke 3:5).

“En as iemand van julle wysheid kortkom, laat
hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee
sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee
word” (Jakobus 1:5).

“En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles
wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons
werk, aan Hom kom die heerlikheid in die gemeente
in Christus Jesus deur alle geslagte tot in
ewigheid! Amen”
(Efésiërs 3:20-21).

“Laat my u goedertierenheid in die môre hoor,
want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat
ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U”
(Psalm 143:8).



PRAKTIESE TOEPASSING

Waarvoor dink jy was Gideon bang? Vir watter dinge
is jy bang? Die donker, spinnekoppe, spoke,
denkbeeldige monsters of iets anders? Watter dinge
maak jou ouers of grootouers, broers of susters,
of vriende die bangste? Ken jy iemand wat bang is
vir wat môre kan gebeur?

Wat het Gideon gehelp om oor sy vrees te kom? Hoe
kan jy vrees oorkom? Hoe kan jy ander help om oor
vrees te kom?

[Na bespreking:] Gideon het God meer gevrees as
wat hy die vyand gevrees het. Hy was bereid om God
ten alle koste te vertrou en te gehoorsaam. Dit is
hoekom God Homself op so 'n magtige manier aan
Gideon geopenbaar het en hom kon gebruik om sy
volk te help.

Hoe meer jy leer om te doen wat God sê en te gaan
waarheen Hy jou stuur, hoe minder sal jy vrees wat
ander dink en hoe meer sal jy leer om God gou te
vertrou en te gehoorsaam. Dit is die enigste
manier om gelukkig te wees in Jesus. Hoe meer jy
verstaan hoe lief Hy vir jou is en vir jou omgee,
hoe makliker sal jy Hom vertrou en gehoorsaam. Bid
dat God jou sal help om 'n goeie voorbeeld te word
sodat ander in jou voetspore kan volg.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, help ons nie nie hoogmoedig of arrogant te word nie.
Leer ons om nie te vertrou op ons eie, beperkte krag
of ons eie, beperkte intelligensie nie. Help ons om groter wysheid
van bo te soek, gevind in u Woord, en gee ons genade
om U ten volle te vertrou. In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Rigters 6:33-7:12




crayons

Gideon testing the fleece coloring page
Gideon's men lapping water coloring page
Bible Heroes: Gideon Coloring Book
Color by number (online)
Draw the Scene (online)
Gideon coloring page (online)

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books


activities

Jigsaw Puzzle (online)
Crossword puzzle
Cryptogram
Double puzzle
Fill In the Blanks
Maze
Word Search
Fear in a Hat game (online)
Gideon Activities Ages 3-5 (online)
Gideon Activities Grades 1-3 (online)
Gideon Activities Grades 4-6 (online)
Gideon Take Home Paper (online)
God Sends Gideon Fear Factor Game (online)
Matching Game (online)
Memory Verse Activity (online)
Sense how you feel: Imagine you are Gideon (online)
The Calling of Gideon (online)
What Did Gideon Do? Decoder Puzzle (online)
Word Scramble (online)
Worksheet (online)

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles Sticker Books



crafts

Angel Crafts (online)
Angel Pen or Coin Holder (online)
Cube Craft (online)
Gideon Craft Ideas (online)

Gideon Toilet Paper Roll Craft (online)
(Adapt by changing trumpet to a rope. He needed torch to see at night.
Or you could tape a birthday candle to one hand and a piece of string to the other.)
(online)

God Helped Gideon Craft (online)
Mighty Man of Valour Craft (online)
Paper Plate Angel Craft
Scissors Skill Torch Craft (online)

Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts
Puppet Crafts For Kids (online)

The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible



singing birds

Giddy-Up, Gideon - Split Track [Music Download]
Gideon Had the Lord (online)
God Is With Us (online - scroll way down)
He Is the Way (watch online)
I Can Be Your Friend, VeggieTales Sing-Alongs DVD
I Have Decided to Follow Jesus (watch online)
I Just Keep Trusting My Lord (listen online)
Let Your Light Shine (online)
The Perfect Ten (online)
There's Only One Way (watch online)
Trust in the Lord (listen online)
What a Mighty God We Serve (watch online)

100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
Sunday School Song Medley (online)
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



child reading a book


Watch and listen to the story of Gideon

God Provides Victory through Gideon
Heroes of Faith: Gideon (online)
Kingstone: Judges 2 Comic Book
Moody Bible Stories: Gideon (read online)
Walls, Brawls, and the Great Rebellion - eBook

365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
The Comic Book Bible
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
Children's Books
Spanish Children's Books
The Picture Bible (also in Spanish)



CDs and Videos

Adventures in Odyssey® 461: B-TV: Obedience [Download]
Bible Comes Alive: Your Story Hour Vol. 2 Audiobook on CD

Bible on the Go Vol. 13: The Stories of Gideon and Samson
(Judges 6-8, 13, 16) - Unabridged Audiobook [Download]


Bugtime Adventures: Scare Tactics (Gideon) (watch online)
Gideon brings a meal to the angel (watch online)
Gideon: God's Unlikely Choice (watch online)
Gideon hiding from the Midianites (watch online)
Gideon: Tuba Warrior, VeggieTales DVD
Gideon Video Story Signed for the Deaf
God Loves You Very Much, DVD
Holy Tales: The Call of Gideon Animated (watch online)
Moody Bible Stories: Gideon (watch online)
Mr. Phil Show with Phil Vischer: Season 2 Premiere (watch online)
Read and Share DVD Bible Volume #4
Samson and Gideon DVD
Superbook: Gideon, DVD
The Lord is with you (watch online)
The Outrageous Bravery of Gideon as Told by Kids (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



Resources for Parents and Teachers

Jesus Was the Angel of the Lord
Tearing Down the Altar of Baal by David Wilkerson
The Calling of Gideon (online)
The Story of Gideon Leader's Guide Grades K-1 (online)
The Story of Gideon Leader's Guide Grades 2-3 (online)
The Story of Gideon Leader's Guide Grades 4-5 (online)
The Story of Gideon and his 300 Sodiers (online)
The Sword of Gideon (online)
Who Was Gideon? (online)

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)



The children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids
The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2023 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated September 18, 2023
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources