The Children\'s Chapel award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids


Breek Die Vestings Af (Deel 2)
deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas

Text Version | Arabic | English | Italian

'n Bybelstorie oor Gideon



angry kid

(Vervolg van Deel 1)

“Eina!” het Chester gegil. “Los my uit!”

Elton het sy broer se hare getrek terwyl Chester 'n videospeletjie gespeel het. “Dit is nou mý beurt! Gee dit vir my!” het Elton geëis.

“Nee, dit is myne!” het Chester aangehou en vir Elton so hard weggestamp dat sy kop teen die muur geklap het.

Voor Elton sy broer kon terugkry, het hulle ma in die deur verskyn. “Waaroor gaan hierdie stryery?” het sy gevra.

Die seuns het terselftertyd begin praat maar Ma het hulle stilgemaak. “Ek weet waaroor dit gaan. Dit gaan oor daardie afgod!”

Die seuns het gefrons. “Watter afgod, Ma? Ons het nie afgode nie.”

“Natuurlik het julle. Kyk, Chester hou dit in sy hand vas op hierdie oomblik.”

Altwee het gekyk na die videospeletjie in Chester se hand terwyl Ma verduidelik het, “Julle is liewer vir daardie videospeletjie as vir mekaar en dit maak dat julle mekaar sleg behandel. Dit maak dat julle teen God sondig. Wat gaan julle daaromtrent doen?”

The children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Gideon het 'n gebeurtenisvolle dag gehad, hy het…

…koring uitgewan in 'n druiwepars,

…'n ontmoeting met die Engel van die Here gehad,

…die wonderwerk van die verterende vuur sien gebeur,

…en toe die Altaar van Vrede met die Here gebou.

Daardie selfde nag, terwyl hy die Here gedank en aanbid het, het hy die Here gevra om vir hom wysheid te gee hoe om Israel van hulle vyande te verlos. Maar, eers wou die Here Gideon toets om te sien hoe ernstig hy was oor om Hom te gehoorsaam en te vertrou in plaas van sy familie se afgode, en daarom het Hy met Hom gepraat en vir hom vier dinge gegee om te doen.

God het vir Gideon gesê, “EERSTENS, neem die beste bul van jou pa Joas. Dit is die tweede bul van sewe jaar oud. Gaan op na die vesting op die hoogte waar die mense hulle afgode aanbid, maak die bul met 'n tou vas aan jou familie se altaar van Baäl en trek dit om.

The Midianites would come riding on droves of camels and destroy the crops of Israel “TWEEDENS, kap af die gewyde houtpaal van die afgod Asjera wat langs die altaar van Baäl staan.

“DERDENS, bou vir My, die Here, 'n altaar bo-op daardie vesting deur ongekapte stene te gebruik en lê dit versigtig neer op die regte manier.

“VIERDENS, offer die os as 'n brandoffer aan My, die Here, en gebruik die hout van die afgekapte, afgodiese houtpaal om die vuur mee te maak.”

Gideon het in sy hart geweet hy moes ontslae raak van al die afgode in sy familie as hulle wou hê die Here moes hulle van al hulle vyande verlos, en daarom het hy dadelik gehoorsaam. Hy het tien van sy familie se dienaars bymekaargeroep en vir hulle gesê wat hulle gaan doen.

“Maar, Meneer,” het een van die dienaars gekla, “Is u seker dit is wat ons moet doen? U weet daar kan ernstige gevolge wees as ons die altaar van Baäl en die houtpaal afgod Asjera skade doen. U familielede en die mense van die stad sal ons probeer keer. Hulle sal ons dalk selfs aanval en ons doodmaak as ons probeer om hierdie gruwels te vernietig!”

The children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

“Ek is seker dit is wat die Here vir my gesê het om te doen!” het Gideon beslis geantwoord, “Ek weet wat ons risiko's is, maar ons moet God gehoorsaam. Dit is waarom ons dit vannag gaan doen wanneer almal slaap. Gaan haal daardie os en sy juk! Kry die tou en moenie die byl vergeet nie. Laat ons gaan!”

So stil as wat hulle kon, het Gideon en die dienaars die os met sy juk, die tou en die byl geneem en teen die hoogte opgeklim. Toe hulle die top van die hoogte bereik het, het hulle die tou stewig aan die altaar van Baäl vasgemaak en die ander punt van die tou aan die juk op die os.

The Stranger told Gideon to pour the broth over the meat “TREK…TREK!” het Gideon beveel.

Stadig het die altaar van Baäl begin oorhang en toe, skielik, het dit op die grond neergeplof en fyn en flenters gebreek. Prys die Here, taak nommer een was afgehandel!

“Bring vir my die byl!” het Gideon beveel. Gideon het die afgodiese houtpaal van die afgod Asjera afgekap totdat dit ook op die grond ter pletter geval het. Toe het die dienaars beurte gemaak om dit in kleiner stukke te kap om daarmee vuur te maak vir die Here se brandoffer. Prys die Here, taak nommer twee was afgehandel!

“Nou moet ons 'n altaar vir die Here bou!” het Gideon vir sy dienaars gesê. “Wees versigtig om nét ongekapte stene te gebruik, volgens God se wet, en bou dit volgens plan.” Hulle het die beste en grootste ongekapte stene geneem wat hulle kon kry en, steen vir steen, het hulle die altaar vir die Here bo-op die vesting gebou. Prys die Here, taak nommer drie was afgehandel!

Toe, in die vroeë oggendure, net voor dagbreek — terwyl dit steeds donker was — het Gideon en sy dienaars die bul geoffer bo-op die altaar wat hulle vir die Here gebou het. Prys die Here, taak nommer vier was afgehandel!

A flame of fire rose up and consumed every bit of the food Die lig van die vuur van die brandoffer kon kilometers ver gesien word en die soet geur van die rook het die lug gevul, maar nie een van Gideon se familielede of die mense van die stad het opgelet wat aan die gang was nie, omdat hulle almal steeds geslaap het.

Of het hulle???

Bly dat hulle gedoen het wat die Here hulle beveel het, het Gideon en sy dienaars suutjies teruggeglip in hulle huise, terwyl hulle gedink het niemand het geweet wat hulle in die geheim in die donker gedoen het nie. Gideon was 'n bietjie bang, want hy het gewonder wat sou gebeur as alles wat hulle gedoen het, ontdek sou word, maar hy het die Here vertrou om vir alles te sorg.

Toe Gideon by sy huis aankom, het sy pa vir hom by die deur gewag.

“Seun, waar was jy en wat het met my beste os gebeur?” het hy gevra met 'n kwaai ondertoon in sy stem.

Gideon het geweet dit was nou die tyd om te bely wat hy gedoen het. Hy het vir sy pa alles vertel en het begin by die Engel van die Here wat hom beveel het om Israel te verlos, daarna van die vuurwonderwerk en die altaar van Vrede met die Here, en laastens het hy hom ook vertel hoe hy die altaar van Baäl en die afgodiese houtpaal van Asjera vernietig het. Terwyl hy gewonder het wat sy pa sou sê, het hy ook vir hom vertel van die altaar wat hy vir die Here hulle God gebou het en hoe hy sy pa se beste os daarop geoffer het.

Joas was geskok, om die minste te sê, maar nadat hy 'n paar oomblikke daaroor nagedink het, het hy gesê, “Seun, ek was van plan om jou uit te trap omdat jy ons familie se lewe in gevaar gestel het en my beste os doodgemaak het, maar dit is van die Here. Dit kom alles van Hom af! Ek is oorstelp van blydskap dat die Here, die Almagtige, die God van Israel, ons uiteindelik gaan red van die Midianiete, en van alle mense, het Hy my seun as sy werktuig uitgekies. Ek is aan jou kant my seun, moenie bang wees nie, wees dapper want die Here is met jou!”

Terwyl die dag gebreek het en die kole van die vuur van Gideon se brandoffer steeds gesmeul het, het iemand ontdek dat die altaar van Baäl omgegooi was. Nie net dit nie, maar die houtpaal afgod daar langsaan was weg, met 'n nuwe altaar in die plek daarvan gebou, waarop die oorblyfsels van die brandoffer steeds gelê het.

Die een wat dit ontdek het, het na die stad gehardloop, al die mense wakker gemaak en so hard as wat hy kon, geskreeu, “Help! Iemand het ons manier van lewe aangeval! Ons altaar van Baäl lê VERPLETTER! Ons houtpaal afgod Asjera is WEG! Iemand het 'n altaar vir die Here bo-op die vesting gebou en 'n bul daarop geoffer! Ons moet Baäl en Asjera wreek, of hulle sal kwaad word vir ons en ons vernietig!”

Almal was ontsteld en het geëis, “Wie het dit gedoen? Wie is die skuldige?”

Spioene het uitgegaan en oral navraag gedoen todat die waarheid uitgekom het, “Dit was Gideon, die seun van Joas!”

An angry crowd had gathered at Gideon\'s father\'s house Teen hierdie tyd, het 'n woedende skare by Gideon se vader se huis bymekaargekom. “Bring jou seun buitentoe,” het hulle vir Joas geskreeu. “Hy moet sterf omdat hy die altaar van Baäl gelaster het en omdat hy die houtpaal afgod Asjera afgekap het!”

Bemoedig deur sy seun se dapperheid, het Joas vir hulle teruggeskreeu, “Het Baäl regtig julle hulp nodig? Wil julle regtig namens hom veg? Die wat vir hom wil veg, sal nog hierdie oggend doodgemaak word! As Baäl regtig 'n god is, laat hy vir homself sorg en die een vernietig wat sy afgod afgebreek het!”

Die woede van die mense het verdwyn toe hulle nagedink het oor Joas se antwoord en hulle het besef dat hy die waarheid gepraat het. Een vir een het hulle teruggegaan na hulle eie huise, want hulle was glad nie meer so seker van Baäl se krag nie.

Die nuus van Gideon se daad het dwarsdeur die hele land Israel versprei en, van toe af, was Gideon “Jerubbaäl” genoem, 'n bynaam wat beteken, “Laat Baäl vir homself sorg, omdat hy sy altaar omgegooi het!”

(Vervolg in Deel 3)

The children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

ONTHOU!

Onthou enigiets waarin ons ons vertroue stel en liefhet het bo God, is 'n afgod en veroorsaak dat ons teen God sondigg.


DINK!

1. Wie was Gideon se pa?
2. Waarvoor het Gidoen die os gebruik?
3. Waarvoor het Gideon die byl gebruik?
4. Hoeveel dienaars het hom gehelp?
5. Waarom het Gideon dit in die nag gedoen?
6. Wie het vir Gideon opgestaan voor die mense?
7. Watter bynaam het Gideon gekry?
8. Wat het Gideon gebou nadat hy die afgod verwoes het?


'N VERS OM TE LEER

“Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense” (Handelinge 5:29).



ALTERNATIEWE VERSE OM TE LEER:

“My kinders, bewaar julleself van die afgode.
Amen” (1 Johannes 5:21).

“Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die
duiwel, en hy sal van julle wegvlug”
(Jakobus 4:7).

“Maar in al hierdie dinge is ons meer as
oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het”
(Romeine 8:37).


PRAKTIESE TOEPASSING

Wat is 'n afgod? Het jy 'n speelding, 'n
videospeletjie, 'n sport of 'n vriend
waarsonder jy net nie kan lewe nie? Het hulle vir
jou meer belangrik as God geword? Hoe kan dit
skadelik wees? Wie moet nommer een in jou lewe
wees?

[Na bespreking:] 'n Afgod is enigiets of enige
iemand wat vir jou meer belangrik is as God —
enigiets of enige iemand wat tussen jou en God
kom. Daardie ding of daardie persoon mag dalk aan
die begin vir jou wonderlik wees, maar as dit jou
van God af wegrokkel, is dit sleg vir jou.

Terwyl die ander geslaap het, het Gideon en sy
manskappe sy pa se jong bul gebruik om sy pa se
afgod, Baäl om te trek. Toe het hy en sy manne
'n altaar bo-op 'n rots gebou sodat hulle die
een ware God kon aanbid in plaas van Baäl.

God wys vir ons in hierdie Bybel storie dat Hy wil
hê ons moet slegs Hom aanbid. Hoe meer ons God se
Woord lees en bid, hoe makliker sal dit wees om
Hom eerste te stel en Hom bly te maak.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, vergewe ons asseblief waar ons mense
en dinge meer liefgehad het as vir U. Help ons om ander lief te hê,
maar om U nog meer lief te hê. Leer ons om U te vertrou
en gehoorsaam aan U Woord te wees. In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Rigters 6:25-32




crayons

Gideon Tearing Down the Idol coloring page
Bible Heroes: Gideon Coloring Book
Color by number (online)
Draw the Scene (online)
Gideon coloring page (online)

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books


activities

Jigsaw Puzzle (online)
Crossword puzzle
Cryptogram
Double puzzle
Fill In the Blanks
Maze
Word Search
Fear in a Hat game (online)
Gideon Activities Ages 3-5 (online)
Gideon Activities Grades 1-3 (online)
Gideon Activities Grades 4-6 (online)
Gideon Take Home Paper (online)
God Sends Gideon Fear Factor Game (online)
Matching Game (online)
Memory Verse Activity (online)
Sense how you feel: Imagine you are Gideon (online)
The Calling of Gideon (online)
What Did Gideon Do? Decoder Puzzle (online)
Word Scramble (online)
Worksheet (online)

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles Sticker Books



crafts

Angel Crafts (online)
Angel Pen or Coin Holder (online)
Cube Craft (online)
Gideon Craft Ideas (online)

Gideon Toilet Paper Roll Craft (online)
(Adapt by changing trumpet to a rope. He needed torch to see at night.
Or you could tape a birthday candle to one hand and a piece of string to the other.)
(online)

God Helped Gideon Craft (online)
Mighty Man of Valour Craft (online)
Scissors Skill Torch Craft (online)

Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts
Puppet Crafts For Kids (online)

The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible



singing birds

Giddy-Up, Gideon - Split Track [Music Download]
Gideon Had the Lord (online)
God Is With Us (online - scroll way down)
He Is the Way (watch online)
I Can Be Your Friend, VeggieTales Sing-Alongs DVD
I Have Decided to Follow Jesus (watch online)
Let Your Light Shine (online)
The Perfect Ten (online)
There's Only One Way (watch online)
What a Mighty God We Serve (watch online)

100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
Sunday School Song Medley (online)
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



child reading a book

God Provides Victory through Gideon
Heroes of Faith: Gideon (online)
Kingstone: Judges 2 Comic Book
Moody Bible Stories: Gideon (read online)
Walls, Brawls, and the Great Rebellion - eBook

365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
The Comic Book Bible
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
Children's Books
Spanish Children's Books
The Picture Bible (also in Spanish)



CDs and Videos

Adventures in Odyssey® 461: B-TV: Obedience [Download]
Bible Comes Alive: Your Story Hour Vol. 2 Audiobook on CD

Bible on the Go Vol. 13: The Stories of Gideon and Samson
(Judges 6-8, 13, 16) - Unabridged Audiobook [Download]


Bugtime Adventures: Scare Tactics (Gideon) (watch online)
Gideon brings a meal to the angel (watch online)
Gideon: God's Unlikely Choice (watch online)
Gideon hiding from the Midianites (watch online)
Gideon: Tuba Warrior, VeggieTales DVD
Gideon Video Story Signed for the Deaf
God Loves You Very Much, DVD
Holy Tales: The Call of Gideon Animated (watch online)
Moody Bible Stories: Gideon (watch online)
Mr. Phil Show with Phil Vischer: Season 2 Premiere (watch online)
Read and Share DVD Bible Volume #4
Samson and Gideon DVD
Superbook: Gideon, DVD
The Lord is with you (watch online)
The Outrageous Bravery of Gideon as Told by Kids (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



Resources for Parents and Teachers

Jesus Was the Angel of the Lord
Tearing Down the Altar of Baal by David Wilkerson
The Calling of Gideon (online)
The Story of Gideon Leader's Guide Grades K-1 (online)
The Story of Gideon Leader's Guide Grades 2-3 (online)
The Story of Gideon Leader's Guide Grades 4-5 (online)
The Story of Gideon and his 300 Sodiers (online)
The Sword of Gideon (online)
Who Was Gideon? (online)

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)



The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids
The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2023 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated September 12, 2023
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources