The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Hardkoppige Farao Leer op die Harde Manier
Wie God Is
(Deel 1)
deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas

When Moses prayed that the Lord take away the flies and they disappeared Pharaoh again changed his mind and forbade them to go

Text Version | English


Lizzie het baie poppe in haar kamer gehad en elkeen van hulle het haar eie bêreplek op die rak teen die muur gehad.

doll lineup Toe Lizzie nog 'n baba was, het sy net twee of drie poppe gehad. Soos sy grootgeword het, het Ouma vir haar nóg poppe gekoop, want Ouma het ook van poppe gehou. Hulle name was Annie, Barbie, Chrissie, Debbie, Emma, Fransie, Grietjie, Hannie, Ina, Jana, Katrien, Liani, Martie, Nolene, Odette, Petro, Rosie, Sandra, Truitjie, Una, Violet, Wilna, Xantha, Yvette en Zoey. Lizzie was lief vir haar poppe en sy was mal daaroor om hulle klere te meng en te pas en 'n modeparade met hulle te hou.

Eendag, het Lizzie se beste vriendin, Veronica, kom kuier. Hulle het die tydjie saam geniet en het met AL die poppe gespeel. Nie een het op die rak agtergebly nie, en hulle het almal rond en bont oor die vloer gelê. Toe Veronica se ma haar kom haal het, was daar nie tyd om al die poppe terug op die rak te sit nie en hulle het bly lê waar hulle was… ORAL rondgesaai!

Toe Ma Lizzie se kamer binnegekom het, het sy haar mooi gevra om al die poppe weg te pak. Lizzie was besig om prentjies met kryte in te kleur in haar inkleurboek. Sy het vir Ma geknik en voortgegaan om in te kleur nadat Ma uitgegaan het.

'n Uur later, het Ma ingeloer om te sien of Lizzie gedoen het wat sy gevra het. Nee! Nie een van die poppe was terug op die rak nie. Ma was nie baie gelukkig om te sien dat Lizzie nie eens probeer het om één pop op te tel nie.

“Lizzie, ek het jou mooi gevra om hulle weg te pak. Jy kom nie uit jou kamer nie en kry niks koeldrank nie, totdat jy die poppe teruggesit het waar hulle hoort. Gee vir my daardie inkleurboek,” het Ma gesê toe sy die boek vat.

“Reg Ma,” het sy gesê, maar toe het sy besluit om liewer videospeletjies te speel. Dit was baie meer interessant en opwindend as om poppe weg te pak.

Toe dit tyd word vir aandete, het Ma vir Lizzie kom haal, maar Lizzie was steeds besig om videospeletjies gespeel. Die poppe was steeds net daar waar sy en Veronica hulle gelos het.

“Lizzie, geen aandete vir jou totdat al hierdie poppe opgeruim is nie! Gee daardie videospeletjie!” Ma het 'n harde stem voortgegaan, “En as die poppe nie terug op die rak is binne tien minute nie, gaan jou videospeletjie en al die poppe môre na tant Maggie se rommelverkoping toe!!”

“Nee, Mamma, asseblief!” het Lizzie gesmeek. “Ek sal dit nou dadelik doen!” Dink jy Lizzie het hierdie keer bedoel wat sy gesê het en was sy gehoorsaam?



striped bar


Moses and Aaron go to see Pharaoh Die eerste ontmoeting wat Moses en Aäron met Farao gehad het, het nie goed afgeloop nie. God het hulle na Farao, die Koning van Egipte gestuur, om hom te vra om die Israeliete toe te laat om in die woestyn te gaan offer. Farao het geweier en gesê, “Ek ken julle God nie, en daarom sal ek julle nie laat trek nie!” Toe het hy die Israeliete gedwing om só hard te werk, dat hulle nie meer kon glo dat God hulle uit hulle slawerny in Egipte sou verlos nie.

Dit was vir die Israeliete moeilik om God te vertrou en geduldig op Hom te wag, want op daardie stadium, het hulle nie besef hoe magtig Hy was nie.

Moses het aangehou om die Here te vertrou. Hy was vol vertroue dat die Here vir hulle sou wys wat om volgende te doen. Toe hy by Aäron se huis gekom het, het hy dadelik na die bovertrek gegaan en ernstig met sy hele hart gebid, totdat hy die stem van die Here hoor praat het.

Aaron cast his rod in front of the feet of Pharaoh God het gesê, “Ek sal Farao se hart só hardkoppig maak, dat hy nie na julle sal luister nie. Ek gaan baie tekens en wonders in Egipte doen, sodat beide die Egiptenaars en die Israeliete kan weet dat Ek die Here, die Almagtige God is. Dán sal Ek Israel uit Egipte laat trek. Gaan, praat weer met Farao en onthou om vir hom die slangwonderwerk te wys!”

Toe het Moses en Aäron die staf geneem, na Farao gegaan en presies gedoen wat die Here vir hulle gesê het om te doen. Aäron het sy staf voor Farao se voete neergegooi en dit het, wonder bo wonder, in 'n slang verander. Farao se gesig het wit van die skrik geword, maar het gemaak of hy kalm is en sy towenaars geroep. Hulle het ook hulle stawwe op die grond gegooi en dit het ook slange geword maar, tot die ontsteltenis van Farao se towenaars, het Aäron se slang al hulle ou slangetjies heel ingesluk.

Ten spyte van die slangwonderwerk, het Farao hardkoppig gebly en wou nie dat Israel uit Egipte trek nie. Hy het gesê, “Moses en Aäron, julle doen slegs toertjies, nét soos die towenaars in my hof. Vir geen oomblik glo ek dat die Here julle God enige mag oor my het nie. Hy is ook nie almagtig nie!”

Maar die Here was nog lank nie klaar met Farao nie. Hy het 'n spesiale plan vir Egipteland gehad en hulle was op die punt om uit te vind presies hoe 'n magtige en sterke God Hy was.

Terwyl hulle die paleis verlaat het, het Moses gedink, “Ek wonder wat die Here se volgende wonderwerk sal wees!” Dadelik toe hy by die huis kom, het hy 'n plek gekry om te bid. Hy het op sy knieë gebly totdat hy uit die hemel gehoor het.

Gou het die stem van God gepraat. Die Here het vir Moses gesê, “Ek weet Farao se hart is hard en koppig. Hy sal my volk nie laat gaan na die woestyn om te offer en tot My te bid nie. Maar gaan weer na Farao toe. Gaan hom tegemoet vroeg môre oggend op die wal van die Nylrivier. Neem die staf wat in 'n slang verander het saam en gee vir hom my boodskap.

“Sê vir Farao, 'Die God van die Hebreërs het my na jou gestuur en gesê: “Laat my volk gaan dat hulle My kan dien in die woestyn, maar tot nou toe, wou jy nie luister nie. Hierdeur sal jy weet dat Ek die Here is: Kyk, Ek sal die Nylrivier tref en sy water sal in bloed verander. Dan sal al die visse doodgaan, dit sal stink en die Egiptenaars sal dit nie kan drink nie.”'”

Die Here het ook vir Moses gesê, “Sê vir Aäron: 'Neem die staf in jou hand en steek jou hand uit oor al die water van Egipte – al die riviere, strome, poele en dammetjies watter – sodat dit bloed word!"

God turned the water to blood Toe, net soos die Here beveel het, het Moses en Aäron na die Nylrivier gegaan om Farao te tegemoet te gaan waar hy sou gaan bid tot sy Egiptiese riviergod en sy vroeë oggend bad te neem. Hulle het presies vir hom vertel wat die Here gesê het. Toe het Aäron sy staf oor die Nylrivier se water geswaai en dit het bloed geword.

Farao was 'n bietjie geïrriteerd, want nou was sy vroeë môre bad bederf, maar hy het sy towenaars beveel om dieselfde “toertjie” te doen as Moses en Aäron en hulle het ook water in bloed laat verander. Daarom het Farao gedink die Here kan nie magtiger wees as hy, sy towenaars óf Egipte se gode nie. Dit is waarom botweg geweier het om Israel te laat trek.

Vir sewe dae lank was die water bloed en al die visse het gevrek. Dit het so verskriklik gestink dat die Egiptenaars nie die water kon drink nie en hulle het oral putte gegrawe om drinkwater in die hande te probeer kry. Nie eens gebede en offers aan hulle valse riviergod kon vir hulle vars water gee om te drink nie.

Die water wat bloed geword het, was die EERSTE plaag wat die Here gestuur het om sy mag oor Farao en die gode van Egipte te bewys.

Toe het die Here Moses weer gestuur om vir Farao te sê, “Die Here ons God sê, 'As jy weier om my volk Israel te laat trek, sal Ek jou hele land met padda's tref. Hulle sal die riviere oorneem en spring tot in julle huise en slaapkamers en op julle beddens, plus, hulle sal die huise van jou dienaars en jou volk binnegaan, in hulle oonde en meelbakke inspring, en selfs in hulle brooddeeg beland.'”

Just take away the frogs Pharaoh pleaded Aäron het sy staf oor al die water van Egipteland geswaai en 'n swetterjoel padda's het uit die water gehop-hop en gekwaak-kwaak. Farao se towenaars kon egter ook padda's laat verskyn. Op pad na die paleis, het die padda's teen Farao se dienaars en volk opgespring en hulle grillend laat skreeu as daardie koue, slymerige gediertes aan hulle velle geraak het.

Asof dit nie erg genoeg was nie, het die padda's in hulle meelbakke gespring en pardoems in die middel van hulle brooddeeg beland, plus in die oonde waar mense probeer het om kos te maak en brood te bak vir hulleself. Verbeel jou, paddabrood! Wat 'n gesig om te aanskou! Die Egiptenaars was hoogs ontsteld!

Daardie nag, terwyl Farao geslaap het, het duisende van die padda's sy paleis binnegeval. Hulle het gehop-hop en gekwaak-kwaak tot in Farao se slaapkamer, op sy bed en het op sy gesig gespring. Mevrou Farao het histeries begin gil en op-en-af gespring soos sy probeer het om uit hulle pad uit te kom. Kinders het gegril en het probeer om onder die komberse weg te kruip. Farao kon nie verder slaap nie. Wel, dis geen wonder nie! Sou jy kon slaap?

Teen hierdie tyd het Farao genoeg gehad! Of, ten minste, 'n mens sou so kon dink. Uit desperaatheid het hy Moses en Aäron laat kom en hulle beveel om van die padda's ontslae te raak. Hy het toe alreeds sy towenaars laat kom om die padda's te laat weggaan en sy priesters beveel om te bid en offers te bring aan die Egiptiese padda-godin om hulle te laat weggaan, maar nie een van hulle kon selfs een padda'tjie kon laat verdwyn nie.

“Ek belowe Israel kan trek. Neem tog net die padda's weg!” het Faro gesmeek. Die volgende dag het Moses tot die Here gebid en al die padda's het gevrek, behalwe dié wat in die rivier oorgebly het. Die Egiptenaars het die dooie padda's in hope bymekaargemaak. Die hele land het gestink van die dooie karkasse van die padda's. Maar — jy sal dit nie glo nie — nét toe die padda's en hulle stank weg was, nét toe Mev. Farao weer die kinders kalm gehad het, het Farao se hart selfs nog harder geword en hy het nie sy belofte nagekom nie. Weer het hy botweg geweier dat Israel trek.

Die padda's was die TWEEDE plaag wat die Here gestuur het om sy mag oor Farao en die gode van Egipteland te bewys.

All Egypt was covered in lice Moses het weer teruggegaan na die Here in gebed totdat hy weer uit die hemel gehoor het. Die Here vir Moses gesê, “Laat Aäron sy staf swaai en op die grond slaan. Dan sal die hele Egipte oortrek word van die muskiete en muggies.” En dit het net so gebeur soos God gesê het! Die vlieënde gogga'tjies was in hulle gesigte, in hulle oë en ore, in hulle monde en in hulle neusgate. En, EINA! Hulle het gesteek en hulle bytmerke het gejeuk en geswel!

Hierdie keer kon die Egiptiese towenaars egter nie die Here se wonderwerk namaak en muggies en muskiete laat verskyn nie. Met groot oë vol vrees, het hulle vir hulle koning gesê, “O, Farao! Ons kan nie muskiete en muggies maak nie. Dit is regtig God se werk. Hierdie God van die Israeliete is magtiger as al die gode van Egipte, omdat net Hý hierdie muskiete en muggies kan maak!”

Briesend kwaad vir sy towernaars, het Farao sy bes probeer om homself nie te krap voor sy dienaars en sy swakheid te wys nie, maar hy kon homself nie langer inhou nie. Hy het na sy privaat kwartiere gehardloop en homself begin krap. Hy het hier gekrap en daar gekrap, en oral oor sy lyf gekrap. Hy het selfs twee van sy mees betroubare dienaars geroep om hom te kon help krap, maar hulle kon dit skaars doen, want hulle moes hulleself ook krap.

Steeds was Farao so koppig en hard van hart dat hy nie eens wou luister na Moses en Aäron nie. Kan jy dit glo? Hy het steeds botweg geweier om Israel te laat trek.

Die muskiete en muggies was die DERDE plaag wat die Here gestuur het om sy mag oor Farao en die Egiptiese gode wat veronderstel was om hulle vry van peste te hou.

Weer het Moses ernstig gebid tot hy gehoor het van die Here. God het vir hom 'n boodskap vir Farao gestuur en toe het Moses en Aäron na Farao gegaan vroeg die volgende oggend. Terwyl Farao op pad was na die water, het Moses en Aäron hom gestop en vir hom die boodskap van die Here te gee: “Swerms bloedsuiende steekvlieë sal oor jou, jou dienaars en jou volk kom en selfs in jou huise in zoem en land op die grond waarop jy staan as jy nie die volk van Israel wil laat trek nie.

“Hulle moet drie dae ver in die woestyn trek om vir My, die Here hulle God, offers te bring. Die steekvlieë sal al die mense en diere in Egipte steek, maar hou dop: In Gosen, waar die Israeliete woon, sal daar geen steekvlieë wees nie, omdat Ek my volk sal beskerm.”

Swarms of flies came into the palace En dit het gebeur net soos die Here gesê het! Die vlieë was oral, en hulle het die Egiptenaars genadeloos gesteek en oor hulle gekruip. Hulle het hier geklap en daar geklap, maar kon nie eens 'n duik maak in die getalle van die vlieënde peste nie. In die tussentyd, in Gosen, waar die Israeliete gewoon het, was daar nie 'n enkele steekvlieg in die lug of op die grond nie.

Hierdie keer was Farao so geïrriteerd met die goggas, dat hy besluit het dat die Israeliete 'n klein entjie in die woestyn kon intrek om offers aan hulle God te bring. Maar toe Moses gebid het dat die Here die steekvlieë wegneem, en hulle verdwyn, het Farao weer van plan verander en hulle verbied om te trek.

Die vlieë was die VIERDE plaag wat die Here gestuur het om te bewys dat net Hy die mag gehad het om die Egiptenaars te teister terwyl Hy sy eie volk, die Israeliete, beskerm het.

Nadat hy geskrik het vir die slangwonderwerk, nie water kon drink omdat dit in bloed verander het, padda's oral rondgespring het, verwoed gekrap het van muggies en muskiete en gesteek was deur steekvlieë, het Farao se hart net harder geword. Hy het steeds hardkoppig geweier om die magtige sterkte van die Here God van Moses te erken, Hom te gehoorsaam en die Israeliete te laat trek tot in die woestyn.

Hoeveel plae sou die Here nóg na Egipte moes stuur om Farao te laat afsien van sy hardkoppigheid en sy hom van sy vasbeslotenheid te laat verander?

(Vervolg in Deel 2)



striped bar

ONTHOU!

As jy hardkoppig is en aanhou om verkeerd te doen teen God, doen jy jouself net skade aan.



DINK!

1. Hoeveel plae het God oor Egipteland laat kom?
2. Waarom het God plae oor Egipteland laat kom?
3. Waarom het Farao geweier om die Israeliete te laat trek?
4. Wat het gebeur toe Aäron sy staf voor Farao se voete gegooi het?
5. Waarom kon die Egiptenaars nie hulle water drink nie?
6. Wat het die hele Egipteland laat stink?
7. Wat was die plaag wat Farao se towenaars nie kon namaak nie?
8. Wat kan ons uit vandag se les leer?



'N VERS OM TE LEER:

“Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde'” (NKJV Romeine 9:17).



'N ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER:

“Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges” (NKJV Spreuke 3:33b).



PRAKTIESE TOEPASSING

Het jy al ooit gesien hoe 'n kindjie 'n hardkoppige tantrum gooi omdat hy of sy hulle eie wil wou afdwing? Was dit 'n mooi gesig om te aanskou? Was dit voor ander mense en het dit jou of hulle ouers in die verleentheid gebring? Wat van jou? Het jy al hardkoppig geweier om God se wil te doen deur jou ouers of onderwyser ongehoorsaam te wees? Was jy daarvoor gestraf?

[Na bespreking:] Farao was so trots dat hy hardkoppig geweier het om God te gehoorsaam. Aan die ander kant, was Moses so nederig dat hy volhard het om te doen wat God van hom gevra het. Watter soort persoon wil JY wees?

God se Woord sê dat Hy almal wat hoogmoedig is weerstaan, maar dat Hy oorvloedige genade gee aan diegene wat hulle voor Hom verneder. Daarom, as jy eerlik en opreg jou hardkoppigheid kan erken, dan kan jy weet dat God besig is om in jou hart te werk. Laat ons 'n oomblik in gebed neem en die Here vra om vir ons harte te gee wat Hom nie hardkoppig weerstaan nie, maar Hom eerder gehoorsaam ten alle koste.

LAAT ONS BID:

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, wanneer ek hardkoppig is en U nie gehoorsaam nie,
sal U my asseblief help om te besef dat ek net myself skade aandoen.
Help my reg en gee my 'n hart wat graag U wil wil doen.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************



KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

Exodus 6:28-11:10


BIBLE STORY ARCHIVE
www.childrenschapel.org/bibstory2.html


crayons

Plague of Flies Coloring Page
Stubborn Pharaoh Coloring Page
Moses Coloring Page
Ancient Egypt Coloring Pages
Israel's Enslavement in Egypt color online
Plagues of Egypt Coloring Pages
Ten Plagues of Egypt Coloring Page
Bible Heroes: Moses Colouring Book
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle
Word Search
Fill in the Blanks
Crossword Puzzle
Cryptogram
Maze
How to Memorize the Ten Plagues
Life of Moses Bingo Game
Moses and Exodus Games and Puzzles
Moses and the Ten Plagues activity sheet
Moses and the Plagues Bingo Game
Moses and the Ten Plagues Tales of Glory Play Set
Moses: Connect the Dots
Moses (Exodus) Printable Worksheets
Moses Game Board
Moses Trading Cards
Ten Plagues Games
Ten Plagues of Egypt Activity
The Story of Moses Reusable Sticker Book
The Ten Plagues Activities

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

Charoset Recipe
Moses and Exodus Crafts
Moses Clothespin Figure with Sandbox Bible Scene Display
Moses, Pharaoh, Aaron Finger Puppets
Moses' Snake Staff
Moses' Special Staff Craft for Preschoolers
Paper Plate Character Masks — Moses
Shepherd Toilet Paper Roll Craft
Ten Plagues Finger Puppets

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



child reading a book

God Said and Moses Led
Good and Evil: The Bible As Graphic Novel
HOBC Bible Big Book: Moses
Kingstone Bible Series: Moses Comic Book
Moses and the King (I Can Read)
Moses and the Long Walk
Moses' Big Adventure: Lift-the-Flap
Moses' Dry Feet
Moses/John Flip-Over Book
Moses God's Brave Servant
Moses Leads the People
Moses the Shepherd: Chosen by God
Moses the Traveler: Guided by God

Power Bible: Bible Stories to Impart Wisdom
# 2 - Moses, Leader of the Israelites


Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and DVDs

Bible Comes Alive, Volume 1 Your Story Hour, CD
Bible Stories: Moses
Escape from Egypt: Moses and the Ten Plagues (watch online)
God vs. Pharaoh Kids' Bible Theatre (watch online)
Greatest Heroes: The Story of Moses (watch online)
Let My People Go! The Story of Exodus Superbook DVD
Moses Speaks to the Pharaoh (watch online)
10 Plagues of Egypt for Kids Exodus 7-11 (watch online)
The Greatest Adventure Stories from the Bible: Moses (watch online)
The Ten Commandments: Moses Turns Water into Blood (watch online)
Veggie Tales: Moe and the Big Exit (watch online)
What's in the Bible: Way Back in the Bible (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



birds singing

Moses Songs
The Ten Plagues - 3 Songs
Use Me

What's in the Bible:
Chuck Waggin Sings The Exodus Song
(watch online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

LIFEPAC: The Story of Moses
The Plagues of Egypt Bible Lesson for Kids
The Story of Moses for Kids
The Ten Plagues Activities

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources


striped bar


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe... ” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2021 - Children's Chapel
North Central Ohio, U.S.A.

Pictures Courtesy of Free Bible Images

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated September 21, 2021

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources