The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Hardkoppige Farao Leer op die Harde Manier
Wie God Is
(Deel 2)
deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas

God sent plagues of pestilence, boils and hail on the Egyptians until Pharaoh let the Israelites go free

Text Version | English


(Vervolg van Deel 1)

setting table Debbie en Deidre was 'n tweeling. Debbie het altyd haar bes probeer om haar ma te help met werkies in en om die huis, maar Deidre was net die teenoorgestelde. Byvoorbeeld, wanneer Ma die tafel gedek wou hê, sou Debbie vinnig met die trappe afgaan om die messe en vurke te kry, die borde bymekaar te maak en hulle netjies op die tafel te dek. Soms, in die lente of somer, het Debbie geurige blomme uit die tuin gepluk en dit netjies in 'n vaas op die tafel gerangskik.

Deidre het gewoonlik gemaak of sy nie haar Ma hoor roep nie. Sy het selfs geweier om te kom help wanneer Debbie haar mooi gevra het. Deidre sou koppig in haar kamer bly, videospeletjies speel tot sy geroep word vir ete. Ma het gewoonlik met haar geraas omdat sy nie kom help nie, maar sy het net erger volhard in haar ongehoorsaamheid.


striped bar

Kan jy onthou wat die VIERDE plaag was?... Wel, ná die VIERDE PLAAG van die swermende steekvlieë, het Farao sy hart weer verhard en geweier om die Israeliete te laat trek.

Aäron het gesê, “Moses, hoe hardkoppig dink jy kan 'n mens wees? 'n Mens sou dink dat nadat hy geskrik het vir die slangwonderwerk, daarna nie water kon drink nie omdat dit in bloed verander het, padda's oral en op almal gespring het, plus, verwoed gekrap het van muggies en muskiete oral, asook gesteek was deur steekvlieë, sou Farao toegee, die Here ons se God se magtige sterkte erken, en ons laat trek! Maar sy hart het net harder geword! Dink jy hy sal ons ooit laat gaan? Ek bedoel, hoeveel plae sal die Here nóg oor Egipteland moet stuur om Farao te dwing om sy hardkoppigheid te laat staan en van plan te verander?”

Moses het vir 'n oomblik stilgestaan. Toe het hy geantwoord, “Aäron, die Here weet wat Hy doen en Hy wil vir Farao sy ontsagwekkende krag wys, maar ons moet volhard om tot God te bid en Hom te gehoorsaam in alles as ons die GROOT VERLOSSING wil sien wat Hy vir ons beplan! Ek moet weet wat om volgende te doen, so ek gaan boontoe om tot die Here te bid!”

Moses and Aaron go to see Pharaoh Moses het moeg met die trappe opgeklim tot in die bovertrek. Hy het ernstig tot God gebid en gewag om uit die hemel te hoor. Skielik, het hy die stem van God hoor praat:

“Gaan na Farao! Sê vir hom: 'So sê die Here, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, sodat hulle My kan dien.' Waarsku hom , 'As jy weier om die Hebreërs te laat gaan en voortgaan om hulle as slawe aan te hou, sal 'n pes onder die vee van die Egiptenaars uitbreek. Dit sal baie erg wees en dit sal julle perde, julle donkies, julle kamele, julle beeste, julle skape en julle bokke aantas. Maar die Here sal die vee van die Hebreërs beskerm en slegs die vee van Farao en die Egiptenaars sal besmet word en vrek.'

“Sê dan vir Farao, 'Ek besluit op watter tyd Ek die pes onder die vee sal stuur. Dit sal môre gebeur!'”


striped bar

Weer het Farao halsstarrig geweier om te luister en die Israeliete te laat trek. Die volgende dag, het die diere van Egipteland by die duisende gevrek van die pes.

Animals died by the thousands from the pestilence Uit desperaatheid, het Farao sy spioene byeengeroep vir 'n vergadering. Toe het hy hulle na Gosen gestuur waar die Hebreërs gewoon het en vir hulle gesê, “Gaan kyk of enige van die vee van die Israeliete gevrek het, en kom sê dadelik vir my, selfs as daar net één gevrek het!”

Die arme spioene het al die pad na Gosen toe geloop, want daar was nie één gesonde perd, óf donkie óf kameel oor om op te ry nie. Moeg en met seer voete, het hulle die pad terug na die paleis gestrompel, ingegaan en voor Farao gebuig, gereed om hulle verslag te gee. "Lank lewe Farao! U majesteit, ons het gekom om verslag te lewer oor die vee van die Hebreërs.”

“Ja, ja! En?” het Farao gevra terwyl hy sy geduld verloor het.

“Ons kon nie een enkele dooie of siek dier in Gosen kry nie. Al die vee, die perde, die donkies, die kamele, die beeste, die skape en die bokke van die Hebreërs is fris en gesond!”

Farao se gesig het bloedrooi van woede geword toe hulle verder gaan en sê, “Maar u majesteit, ons is baie jammer, maar ons moet berig dat die meeste van die vee van Egipte dood is en hulle wat oor is, is so siek dat ons nie weet of hulle dit deur die nag gaan maak nie!”

Woede het in Farao opgebruis, en hom selfs nóg meer hardkoppig en meer onversetlik gemaak het as ooit tevore. Hy het geweier om die Israeliete te laat trek.

Pes onder die vee was die VYFDE plaag wat die Here gestuur het om sy mag te bewys oor Farao en die gode van Egipte wat veronderstel was om hulle vee gesond te hou.


striped bar


Met Farao wat botweg geweier het om die Hebreërs toe te laat om te trek, het Moses teruggegaan na die Here in ernstige gebed, en vir Hom gevra wat om volgende te doen.

Gou het die stem van die Here met 'n antwoord gekom: “Neem handevol roet uit die oond en strooi dit in die lug. Dit sal 'n fyn stof word wat die hele Egipte bedek en veroorsaak dat bose swere uitbreek oor al die lywe van die Egiptenaars en hulle diere wat die pes oorleef het.”

Die volgende oggend het Moses en Aäron die as en roet van die oond geneem en voor hardkoppige Farao verskyn.

“Tog nie al weer julle twee nie!” het Farao met 'n kwaai frons op sy gesig gesê, “Julle kan vergeet dat ek Israel ooit sal toelaat om te trek!”

The Egyptians were covered with painful boils Wat dink julle het Moses en Aäron met die roet en die as gedoen? Die volgende ding wat hulle gedoen het, was om dit in die lug op te gooi, net soos God gesê het, en dit het bose swere geword wat op al die Egiptenaars en hulle oorblywende diere uitgeslaan het.

Die towenaars wat naby gestaan het, was die eerstes wat erg uitgeslaan het van die bose swere, wat 'n hoë koors en baie pyn veroorsaak het. Dit het hulle so hard getref dat hulle nie eens meer regop voor Moses en Aäron kon staan nie.

En wat dink julle het daardie weerbarstige Farao gedoen? Hy het sy hart selfs nog meer verhard en geweier dat Israel trek.

Bose swere was die SESDE plaag wat bewys het presies hoe magtig die Here was oor die gode van Egipte wat veronderstel was om hulle gesond te hou.


striped bar

Weer het Moses uitgeput met die trappe opgeklim na die bovertrek. Hy het hom ernstig in gebed tot God gewend en gewag om te hoor uit die hemel. Skielik, het hy die stem van die Here hoor praat:

“Staan môre oggend vroeg op en gaan sê vir Farao, 'Die Here God van die Hebreërs sê, 'Laat my volk trek om My te gaan aanbid. Hierdie keer sal Ek 'n plaag stuur wat jou, jou dienaars en al die Egiptenaars regtig sal skok. Ek sal aan jou bewys dat daar geen ander God op die hele aarde is nie. Teen hierdie tyd, kon Ek jou doodgemaak het, maar Ek het nie, omdat Ek vir jou en die hele wêreld my krag wou wys.

“So, jy dink steeds jy is so sterk om my mag openlik teë te staan en te weier dat my volk trek? Wel, more oggend sal Ek die grootste haelstorm in Egipteland se geskiedenis oor julle stuur! Luister na my waarskuwing en gaan haal julle oorblywende vee uit die weivelde. Jaag hulle in die skure en laat jou volk in hulle huise ingaan, omdat almal wat buite is, deur groot haelstene getref sal word en sal sterf.”

Moses het presies gedoen wat die Here vir hom gesê het. Die Egiptenaars wat vreeslik bang was en na hom geluister het, het hulle families en hulle diere na veiligheid gebring vóór die hael geval het.

Both man and beast were struck by hailstones Die volgende oggend, het Moses sy hand opgelig na die hemele en haelkorrels so groot soos bakstene het dwarsdeur die hele Egipteland neergereën. Harde donderslae en weerligblitse het oral geslaan soos nog nooit tevore nie. Net in Gosen, waar die Israeliete gewoon het, was daar nie 'n enkele haelkorrel, donderslag of blits nie.

Die Egiptenaars wat nie na Moses geluister het nie en buite was, is doodgeslaan, beide mens en dier. Plante is ook weggeslaan en die bome is in repe geslaan. Elke keer wat 'n donderslag geslaan het, het Farao se hart 'n klop gemis en hy het hom asvaal geskrik. Mevrou Farao en die kinders het onder die beddens weggekruip.

Toe het Farao Moses en Aäron dringend laat roep.

Teen die tyd dat hulle by Farao uitgekom het, was hy meer as gereed om met hulle te praat.

“Moses,” het Farao begin, “Ek het 'n groot sonde gepleeg om julle nie te laat trek nie. Die Here jou God is reg, ek en my volk was verkeerd. Asseblief! Smeek die Here jou God om hierdie verskriklike storm stop te sit en ek belowe jou dat jou volk dadelik kan trek.”

Dink jy hy het dit regtig bedoel hierdie keer?

Moses het geantwoord, “Die haelplaag sal ophou sodra ek by die stad uitgaan, tot die Here bid en weer my staf oplig na die hemel. Dit sal bewys dat die aarde deur die Here ons God beheer word! Maar ek weet reeds dat jy en jou dienaars Hom steeds nie sal gehoorsaam nie.”

Toe Moses die paleis verlaat het, het iets wonderliks gebeur. Terwyl groot haelstene donderend neergestort het met blitse wat oral geslaan het, het nie één haelsteen of weerligstraal vir Moses getref nie! Toe Moses die buitekant van die stad bereik het, en sy hand opgelig het, het die donderslae en weerligstrale, die reën en die hael dadelik opgehou!

Baie verlig, het Farao aangehou sondig met sy hardkoppige gesindheid. Hy het nie sy woord gehou nie. Weer het hy geweier om Israel te laat trek.

Hael was die SEWENDE plaag wat bewys het dat die Here selfs die weer beheer en dat Farao en die Egiptiese gode magteloos was teen Hom.

Toe Moses weer teruggegaan het na die Here in gebed, het God vir Moses gesê, “Hou moed, Moses! Eendag sal jy vir jou kinders en kleinkinders ware stories kan vertel oor al die wonders wat Ek in Egipteland gedoen het om te bewys dat Ek God is. Ek gaan Farao selfs nóg meer hardkoppig maak sodat Ek nóg meer wonderwerke kan doen om vir hom my mag te toon. Deur al daardie wonderwerke, sal jy en jou nageslag weet dat Ek die Here jou God is!”

(Vervolg in Deel 3)



striped bar

ONTHOU!

Dit help nie om rebels teen God of jou ouers te wees nie. ‘n Hardkoppige houding sal jou op die ou end baie skade doen. Sorg dat jy ‘n liefdevolle, gehoorsame gees het en God sal jou lewe oorvloediglik seën met sy guns.



DINK!

1. Wie was die hardkoppige koning van Egipteland?
2. Wie het saam met Moses na die paleis gegaan?
3. Wat wou Moses hê moes Farao doen?
4. Waar het die Israeliete gewoon?
5. Hoe lank was daar duisternis oor die hele Egipteland?



‘N VERS OM TE LEER:

“Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien” (Lukas 4:8).



'N ALTERNATIEWE VERS:

“Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie” (Hebreërs 4:7b).



PRAKTIESE TOEPASSING

Wat het Farao gedoen elke keer as Moses God gevra het om 'n plaag te stop? Het Hy sy belofte nagekom toe die plaag opgehou het? Wat van jou? Was jy al ooit op die punt om gestraf te word vir iets wat jy gedoen het en dan allerhande beloftes gemaak, net om nie gestraf te word nie? Was jy van plan om daardie beloftes te hou?

[Na bespreking:] Onthou, elke keer wat ons God se Woord hoor en daaraan ongehoorsaam is, word ons harte harder en harder, maar nog erger, dit breek God se hart. Jy sien, God het ons so lief dat Hy meer gewillig is om ons te vergewe as wat ons onsself wil vergewe. Hy smag daarna om te vergewe en ons te help om te doen wat reg is, maar ons moet opreg jammer wees omdat ons aan Hom ongehoorsaam was en ons moet werklik ons sonde wil laat staan, en so wil leef dat ons eer en heerlikheid aan sy Naam kan bring.

Laat ons 'n oomblik in gebed neem en God vra om ons te vergewe vir ons verharde harte en dat Hy vir ons teer harte sal gee wat ernstig sy wil wil doen met alles wat binne-in ons is tot eer van sy Naam.

LAAT ONS BID:

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, gee vir my ‘n sagte hart en ore wat gou u stem hoor en gehoorsaam.
Help my om so te lewe dat dit U behaag en versoorsaak dat ander U graag sal wil leer ken.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************



KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

Exodus 9:1-39


BIBLE STORY ARCHIVE
www.childrenschapel.org/bibstory2.html


crayons

God Sent Plagues Upon Egypt Coloring Page
Let My People Go Coloring Page
Moses Coloring Page
Ancient Egypt Coloring Pages
Israel's Enslavement in Egypt color online
Plagues of Egypt Coloring Pages
The Ten Plagues of Egypt Coloring Page
Bible Heroes: Moses Colouring Book
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle
Word Search
Fill in the Blanks
Crossword Puzzle
Cryptogram
Maze
How to Memorize the Ten Plagues
Learn the 10 Plagues of Egypt
Life of Moses Bingo Game
Moses and Exodus Games and Puzzles
Moses and the Ten Plagues activity sheet
Moses and the Plagues Bingo Game
Moses and the Ten Plagues Tales of Glory Play Set
Moses: Connect the Dots
Moses (Exodus) Printable Worksheets
Moses Game Board
Moses Trading Cards
Ten Plagues Games
Ten Plagues of Egypt Activity
The Story of Moses Reusable Sticker Book
The Ten Plagues Activities

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

Charoset Recipe
Moses and Exodus Crafts
Moses Clothespin Figure with Sandbox Bible Scene Display
Moses, Pharaoh, Aaron Finger Puppets
Moses' Snake Staff
Moses' Special Staff Craft for Preschoolers
Paper Plate Character Masks — Moses
Shepherd Toilet Paper Roll Craft
Ten Plagues Finger Puppets

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



child reading a book

God Said and Moses Led
Good and Evil: The Bible As Graphic Novel
HOBC Bible Big Book: Moses
Kingstone Bible Series: Moses Comic Book
Moses and the King (I Can Read)
Moses and the Long Walk
Moses' Big Adventure: Lift-the-Flap
Moses' Dry Feet
Moses/John Flip-Over Book
Moses God's Brave Servant
Moses Leads the People
Moses the Shepherd: Chosen by God
Moses the Traveler: Guided by God

Power Bible: Bible Stories to Impart Wisdom
# 2 - Moses, Leader of the Israelites


Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and DVDs

Bible Comes Alive, Volume 1 Your Story Hour, CD
Bible Stories: Moses
Escape from Egypt: Moses and the Ten Plagues (watch online)
God vs. Pharaoh Kids' Bible Theatre (watch online)
Greatest Heroes: The Story of Moses (watch online)
Let My People Go! The Story of Exodus Superbook DVD
Moses Speaks to the Pharaoh (watch online)
Superbook: Let My People Go! Season 1 Episode 4 (watch online)
10 Plagues of Egypt for Kids Exodus 7-11 (watch online)
The Greatest Adventure Stories from the Bible: Moses (watch online)
The Ten Commandments: Moses Turns Water into Blood (watch online)
The Ten Plagues of Egypt Exodus 1—11 Sharefaith Kids (watch online)
Veggie Tales: Moe and the Big Exit (watch online)
What's in the Bible: Way Back in the Bible (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



birds singing

Moses Flees to Midian (watch and sing along)
Moses Songs
The Plague of Boils Song (watch and sing along)
The Plague of Hail Song (watch and sing along)
The Plague on the Livestock (watch and sing along)
The Ten Plagues Bible Song (watch and sing along)
The Ten Plagues - 3 Songs
Use Me

What's in the Bible:
Chuck Waggin Sings The Exodus Song
(watch online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

LIFEPAC: The Story of Moses
The Plagues of Egypt Bible Lesson for Kids
The Story of Moses for Kids
The Ten Plagues Activities

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources


striped bar


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under "Subscribe... " at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2021 - Children's Chapel
North Central Ohio, U.S.A.

Pictures Courtesy of Free Bible Images

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated September 28, 2021

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources