The Children\'s Chapel


Die Profetes-Rigter,
die Generaal en
die Hamervrou
(Deel 1)


deur Sophia Prinsloo

Text Version | English | Italian


The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Almal by die kerkkamp was opgewonde. Die kampeerders was gevra om 'n talentkonsert vir die volwassenes te hou op Saterdagaand. Nie een volwassene was toegelaat om te help nie.

Sally, wat die beste kon organiseer, het vinnig aangebied, “Ek sal die koördineerder wees.”

“Die ko…wat?” het klein Jimmy gevra.

Sally het liefdevol geantwoord, “Klein Jimmy, die koördineerder is die persoon wat seker maak alles in die konsert verloop glad.” Toe het sy begin planne maak, “Alex, jy het so 'n sterk, helder stem. Sal jy ons seremoniemeester wees?”

“Dit sal 'n plesier wees, Sally!” het Alex geantwoord. Alex was heimlik verlief op Sally, maar sy het dit nie geweet nie.

“Constance, jy het so 'n slag met klein kindertjies. Dink jy jy kan hulle sover kry om saam 'n liedjie te sing?” het Sally gevra.

“Ek sal my bes probeer, Sally. Kinderkoor, hier kom ons!” het Constance glimlaggend geantwoord met haar duim in die lug.

“Flip, sal jy vir ons die konsert met gebed open?” het Sally gevra.

“Geen probleem nie, Sally, ek sal dit graag doen,” het Flip geantwoord.

“Kan óns die gordyne oop en toe maak?” het Charlie en Dean gevra.

“Ja! Maar julle moet julle oë op my hou wanneer ek die teken gee om oop en toe te maak,” het Sally gesê terwyl Charlie en Dean instemmend geknik het.

“Kan ek 'n gedig opsê?” het Lerato gevra.

“Kan ek op my panfluit speel?” het Danie gevra.

“Kan ek en Brigitte en Magda saam 'n aanbiddingslied doen?” het Geraldine gevra.

“Ons wil 'n akrobatiese vertoning doen,” het Mike, Regard en Andries gesê.

“Ek en my vriende wil 'n toneelstukkie doen,” het Helena gesê terwyl Suné, Shalene en Gerhard instemmend geknik het, vol verwagting oor die pret wat hulle gaan hê.

Almal was so opgewonde terwyl meer en meer kinders met idee's gekom het vir die konsert. Kort voor lank, het Sally 'n lang lys van al die items gemaak en sy het dit oorhandig aan Alex, wat die seremoniemeester van die konsert sou wees. Nou moes Sally net 'n goeie aankondiging uitdink vir elke vertoning.

Daardie aand, het al die volwassenes gekom om na die kinders se konsert te kom kyk. Alex het Flip bekendgestel om die konsert met gebed te open en die Here se seën op die aand en die naweek te vra. Eerste aan die beurt, was Constance en die Kinderkoor met die lied, “Soldaatjie vir Jesus.” Almal het hande geklap toe hulle klaar was.

Danie se uitvoering van “Die Here is My Herder” op sy panfluit was uitstekend en baie mense het trane in hulle oë gekry. Lerato het haar gedig baie goed opgesê. Die meisies se aanbiddingslied en die seun se akrobatiese toetjies het die gehoor verstom gehad en almal het lekker gelag vir Helena en haar vriende se toneelstukkie.

Die laaste vertoning was die beste toe al die kinders saam “Genade onbeskryflik Groot” gesing het. Die konsert was 'n reuse sukses. Die gehoor het dit baie geniet en het aanhou hande klap en geskree, “Encore, encore!” “Doen dit weer! Doen dit weer!”

Toe het Alex sy hande opgesteek vir stilte en almal het stil geraak. Hy het aangekondig dat Sally 'n paar laaste woorde sou sê.

Sally het begin, “Dames en Here, vanaand wil ek eers almal bedank wat deelgeneem het en hulle bes gedoen het om hierdie konsert vir julle aan te bied. Julle is so talentvol. Ons wil dankie sê aan ons Here Jesus, wat vir ons talente gegee het om tot Sy eer te gebruik. Dankie vir almal wat gekom het en dat julle ons ondersteun het en so hartlik hande geklap het vi rons. Laat ons nou almal saam opstaan om die eer aan God te gee en sy heilige Naam te loof deur te sing, “Hoe Groot Is U!”

Soos die laaste note van die lied weggesterf het, het almal in hulle harte geweet dat hulle waarlik 'n groot God dien wat al die eer in die hemel en op aarde verdien, vir ewig en ewig!

The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Die Profetes-Rigter, die Generaal en die Hamervrou (Deel 1)
deur Sophia Prinsloo

King Jabin and his army Toe Josua die kinders van Israel tot oorwinning gelei het en die Beloofde Land ingeneem het, het hulle oor hulle vyande getriomfeer, want hulle het op God vertrou en Hom met hulle hele hart gedien. God het vir hulle oorwinnings oor baie heidense nasies gegee. Later, in die tyd van die rigters, het die Israeliete egter van die Here af weggedwaal en heidense afgode begin dien. Omdat hulle aan God ongehoorsaam was, het Hy hulle nie meer beskerm teen die heidense nasies wat hulle geboelie het en slawe van hulle gemaak het nie.

Een so 'n heidense koning wat hulle vir twintig jaar lank verdruk het, was Koning Jabin van Kanaän. Hy het 'n skrikbewind gevoer in Israel, want hy het 900 ysterstrydwaens gehad wat elk getrek was deur een of twee perde. Sommige van hierdie waens het selfs messe aan die wiele gehad om vyandige voetsoldate mee te sny as hulle by hulle verbyjaag.

Die volk Israel was vreeslik bang vir hierdie vinnige leër wat enige tyd kon toeslaan en verwoesting saai. Hulle het heeltyd in vrees vir hulle gelewe. Kinders kon nie meer in die strate speel nie, reisigers kon nie meer veilig van dorp tot dorp op die paaie loop nie en die meeste Israeliete het die berge ingevlug waar die ysterstrydwaens hulle nie kon bykom nie.

In hulle swaarkry, het hulle onthou van die Here hulle God en Hom weer begin aanroep. Toe het Hy vir hulle 'n vroue-rigter gestuur met die naam Debóra om hulle te lei. Sy was die vrou van Láppidot, wat tussen Rama en Bet-el in die berge van Efraim gewoon het.

Judge Deborah Debóra was nie net 'n rigter nie, maar ook 'n profetes. Sy het die Here met haar hele hart gedien. Sy het baie tyd saam met die Here in gebed deurgebring en meer geleer van Sy liefde, goedheid, genade, heiligheid en krag. Die Israeliete het van oral af haar kerk besoek daar waar hulle saamgekom het onder 'n groot ou palmboom in die berge van Efraim. Hulle het gretig gesit en na haar geluister van die Here geleer. Sy was soos 'n ma vir hulle.

Selfs die rykstes van die rykes tot die armtes van die armes het kom luister na wat die Here deur Rigter Debóra gesê het. Sy het hulle geleer hoe om die Here te dien, vir hulle gesê om hulle afgode te vernietig, hulle sondes te bely en eerlike lewens te lei. Sy het vir hulle gesê hulle moes lewe volgens God se heilige wette en die Here hulle God alleen dien. Slegs dan sou Hy hulle weer red van die nasies wat oorlog teen hulle gevoer het, hulle rot en kaal besteel het, slawe van hulle gemaak het en hulle doodgemaak het.

The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

In die tussentyd, verder noord in die gebied van die stam van Náftali, by die ommuurde dorpie Kedes, was Generaal Barak besig om sy swaard te slyp. Terwyl sy swaard skerper en skerper geword het, het hy gedink aan hoe swaar Israel verdruk was deur Koning Jabin en sy ysterwa-leër. Hy het geweet die Israeliete het nie eens baie swaarde onder hulle gehad nie en het nie 'n kat se kans teen daardie ysterstrydwaens gehad nie. In die berge kon hulle hulself nog verdedig, maar onder in die vallei, was dit menslik onmoontlik. Net God kon hulle help, maar Barak het nie geweet of God hulle regtig wou help nie.

Skielik was daar 'n dringende klop aan die deur. Blitsvinning het Generaal Barak sy swaard gegryp en vir sy vrou en kinders gesê om weg te kruip voor hy die deur oopmaak. Hy was slaggereed om enige vyand se kop af te kap.

Toe klop dit weer en 'n stem roep uit, “Shalom, Generaal Barak! Ons kom in vrede!”

Verlig het Barak sy swaard laat sak maar steeds die deur baie versigtig oopgemaak. Buitekant, het daar twee boodskappers gestaan.

“Generaal Barak, die profetes, Rigter Debóra, het ons na u gestuur om u te kom haal,” het die kort mannetjie gesê.

“Ja, meneer. Sy het 'n boodskap van die Here God van Israel, wat sy aan u moet oordra,” het die lang man gesê.

Generaal Barak was vir 'n oomblik stil en toe sê hy dadelik, “Goed, ek sal saam met julle gaan!” Hy het vrou en sy kinders drukkies gegee, sy volle wapenrusting aangetrek, sy skild en sy swaard geneem en saam met hulle vertrek na die berge van Efraim. Rigter Debóra het daar vir hom gesit en wag onder haar palmboom. Sy was gereed met 'n spesiale boodskap vir die Generaal.

I have a message for you Voor hy eens kon gaan sit, het Rigter Debóra haar vinger na hom gewys en met groot gesag gepraat, “Barak,” het sy gesê, “Ek het 'n boodskap vir jou. Die Here die God van Israel beveel jou: ‘Neem 10,000 man uit die stamme van Náftali en Sébulon en trek op na die Berg Tabor. Ek sal sorg dat Sisera, koning Jabin se generaal, na jou toe optrek by die Kisonspruit saam met al sy ysterstrydwaens en daar sal Ek hulle in jou mag oorgee en jy sal hulle verslaan!’”

Debóra het vir Generaal Barak gesê dat die Here met hom sou wees en vir hom en sy leër die oorwinning gee. Sy het gesê, “Barak, staan op, wees 'n man! Glo dat God die mag het om hierdie ysterwaens te vernietig sodat Hy verheerlik kan word voor die oë van hierdie goddelose mense.”

Generaal Barak het God se bevel aanvaar, maar hy het daarop aangedring dat Debóra saam met hom en sy manskappe gaan. Hy het vir haar gesê, “As jy saam met ons optrek, sal ek gaan, maar as jy nie saamgaan nie, gaan ek ook nie.”

I will go with you Sy antwoord hom toe, “Goed dan. Ek sal saam met jou optrek, maar die eer van die oorwinning sal nie joune wees nie, want God sal Sisera verslaan deur 'n vrou.” Generaal Barak het glad nie omgegee om eer te kry nie, want hy het Rigter Debóra se bidkrag en goddelike wysheid baie hoër geag as aardse lof en eer.

Terwyl Debóra klaargemaak het om saam met hom te gaan, het Barak boodskappers na die manne van Náftali en Sébulon gestuur en vir hulle gesê om hulle by die Kisonspruit in Kedes te ontmoet. Tienduisend dapper soldate van die stamme van Náftali en Sébulon was baie gewillig om te kom veg in die Here se leër. Hierdie leër van manne het aangesluit by Rigter Debóra en Generaal Barak toe hulle met die berg Tabor opgeklim het, net soos die Here opdrag gegee het.

Daar was groot opwinding en verwagting onder die soldate terwyl hulle geduldig gewag het vir die Here se bevel om op te trek na die vallei om Sisera se ysterwa-leër tegemoet te gaan.

(Vervolg in Deel 2)

The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

ONTHOU

Jesus wil hê ons moet gewillig wees om ons talente te gebruik om ander mense te help en eer aan sy Naam te bring.


DINK!

1. Wat is 'n talent?
2. Wat was Debóra se talente?
3. Wat was Barak se talente?
4. Was hulle gewillig om hulle talente tot eer van God te gebruik?
5. Het hulle hul talente gebruik om ander mense te help?
6. Hoeveel soldate was gewillig om saam met Debóra en Barak te veg?


'N VERS OM TE LEER

“My hart is vir die aanvoerders van Israel wat hulle gewillig betoon het onder die volk — prys die HERE” (Rigters 5:9).


ALTERNATIEWE VERSE OM TE LEER:

“Want dit is God wat in julle werk om te wil
sowel as om te werk na sy welbehae” (Filippense
2:13).

“Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra;
en julle sal my dissipels wees” (Johannes 15:8).

“Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op
die geestelike gawes” (1 Korinthiërs 14:1).

“En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue
dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek
jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer”
(Matthéüs 25:21).



PRAKTIESE TOEPASSING

Watter talent of talente het jy? As jy nie seker
is wat jou talente is nie, kan jy iemand vra wat
jou goed ken om jou te help agterkom waarmee jy
goed is. Is jy bereid om jou talente te gebruik
om God te verheerlik? Hoe kan jy goeie dinge
doen en ander mense met jou talente help?

[Na bespreking:] God sal daarvan hou as jy beter
daarin word om die talente wat Hy vir jou gegee
het te gebruik. Soos jy daardie talente beoefen,
sal God selfs nog meer talente aan jou toevertrou
en jou grootliks beloon.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, help oms om te weet watter talente U vir ons gegee het.
Help ons ook om ons talente te gebruik om goeie dinge te doen,
ander mense te help en eer aan U Naam te bring.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Rigters 4:1-12

BIBLE STORY ARCHIVE
www.childrenschapel.org/bibstory2.html


The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids
crayons

Deborah coloring page (online)
Color the story of Deborah (online)
Deborah picture to color (online)

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books



child reading a book

A Fearless Leader: A Bible Story About Deborah
Deborah/Abigail Flip-Over Book
Deborah and the Very Big Battle
Deborah, "Mother of Israel" (read online)
Deborah: The Belle of Leadership
How a Woman Won a Great Victory (read online)


Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress for Kids
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Complete Illustrated Children's Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



activities

Fill In The Blanks (online)
Deborah Puzzle (online)
Deborah, a Judge of Israel Hands-On Bible activities (online)
Deborah activities (online)
Deborah word search (online)
Learning activities for Deborah, the Judge (online)
Deborah activities (online)

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles



birds singing

A Gift to You (online)
He's Got the Whole World in His Hands (online)
Take Me (online)
Why Have You Chosen Me (online)

100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



crafts

Craft: Palm Tree (online)
Coconut Tree Paper Craft (online)

Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids (online)

The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible



CDs and Videos

Adventures in Odyssey ® Bible Eyewitness - Hall of Faith
Bible Explorers: Deborah the Judge (watch online)
BibleVentures: Deborah the Judge (watch online)
Deborah the Prophetess (watch online)
Listen online to the Bible story about Deborah and Barak (online)

Bible on the Go Vol. 12: The Fall of Jericho, Joshua's Death, and the Story of Deborah
(Joshua 1-4, 5-6; Judges 2, 4) - Unabridged Audiobook [Download]


Deborah's Army: The Book of Judges (watch online)
The Bible in Living Sound: Deborah and Barak (listen online)
The Story of Deborah (listen online)
What's in the Bible? #4: Battle for the Promised Land! (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

Deborah activities (online)
Deborah curriculum (online)
Sunday School in 7 Minutes: Deborah and Barak (online)

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)

The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids
The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2023 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated June 12, 2023
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources