The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Die Profetes-Rigter,
die Generaal en
die Hamervrou
(Deel 2)
deur Sophia Prinsloo

Text Version | English | Italian

Judge Deborah

(Vervolg van Deel 1)


Debóra, die profetes-rigter…

…Barak, die generaal van Israel se leër…

…en 10,000 dapper krygers van die stamme Náftali en Sébulon…

…was gereed vir oorlog!


Hulle het op die Berg Tabor gewag op die Here se bevel om te marsjeer na die vallei waardeur die Kisonspruit gekronkel het. Aan die onderpunt, sou hulle Koning Jabin se Generaal Sisera en sy leër van 900 ysterwaens ontmoet.

'n Man genaamd Geber, het sy tente opgeslaan onder 'n groot boom nie ver van die plek waar Debóra, Barak en die soldate bymekaargekom het nie. Onthou jy vir Moses, die man wat Israel uit Egipte gelei het? Wel, Geber was familie van Moses se vrou en voorheen was hy aan die Israeliete se kant. Nou was hy egter aan die kant van Koning Jabin en Sisera, omdat hulle sterker was as Israel en omdat sy familie goeie vriende was met Koning Jabin.

Geber het gewoonlik oral rondgetrek het en saam met sy mense in tente gewoon. Sy vrou Jael, was altyd in beheer van die tente opslaan. Aanvanklik, net nadat Jael met Geber getrou het, was sy so onhandig met tente opslaan. Sy sou probeer om 'n tentpen met 'n hamer in te slaan, dit mis, en in plaas van die pen, haar hand raakslaan. EINA! Soms het sy nie die tentpen reg op sy kop geslaan nie en dit het skeef in die grond ingegaan. Soms het sy nie die penne diep genoeg in die grond geslaan nie. Dan sou dit uittrek wanneer sy die tent binnegaan en die tent sou op haar omval. Al die kinders het dan gelag terwyl sy gesukkel het om onder die seil uit te kom. En as sy uiteindelik daar uitgekom het, moes hulle laat spaander soos hulle probeer wegkom het van haar en haar hamer.

Terwyl sy geoefen en geoefen het, het Jael beter en beter geword om tentpenne in te slaan. Later het sy so goed geword daarmee, dat sy nie weer een pen met die hamer gemis het nie. Sy sou dit reg op sy kop tref en dit dieper in die grond inslaan met elke hou. Min het sy geweet dat die Here besig was om haar hamervaardighede te leer om eendag te gebruik vir sy doel en vir sy eer.

The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Sisera heard Barak had gone up to Mount Tabor In die tussentyd, het spioene vir Koning Jabin vertel dat Generaal Barak en sy leër op die Taborberg saamgetrek het. Sommige mense het vermoed Geber was een van daardie spioene.

Sisera het gou al sy soldate bymekaar geroep, sy 900 ysterstrydwaens gereed gemaak en soos die wind gery deur die vallei van die Kisonspruit. Hulle het gery tot aan die voet van Berg Tabor. Sisera het gedink dat niemand hom en sy 900 strydwaens sou kon keer om die oorlog te wen nie, nie eens die God van Debóra en Barak nie, maar binnekort sou hy uitvind presies hoe magtig die Here is.

Op die Here se bevel, het Debóra vir Barak gesê, “Nou is dit tyd vir aksie! Die Here gaan voor ons uit! Hy het Sisera reeds in jou hande oorgegee!”

Toe het Generaal Barak sy 10,000 dapper soldate van die berg Tabor afgelei om teen Sisera se leër te gaan veg. Skielik, het weerlig en donderweer die lug gevul en kort voor lank was die soldate papnat van die groot reënstorm. Die water van die Kisonspruit het hoër en hoër gerys totdat dit sy walle oorstroom het.

The iron chariots began to get stuck and sink in the mud Die grond het sag en moerasagtig geword en veroorsaak dat al 900 van Sisera se swaar ysterstrydwaens in die modder weggesak en vasgesit het. Hulle het vinnig al hulle mag verloor, omdat hullle nie een tree verder kon gee nie.

PANIEKBEVANGE HET…

Sisera se soldate van die ysterstrydwaens afgespring…

…en te voet voor Generaal Barak en sy leër uitgevlug.

Hulle het soos hase in alle rigtings gehol, maar hulle kon nie vinnig genoeg wegkom nie. Generaal Barak se 10,000 soldate het hulle almal afgemaai nog voor hulle Haróset kon bereik. Nie een soldaat het oorleef nie.

Net Sisera het weggekom. Hy was baie benoud en het reguit na Geber se tente gehardloop, want hy het gedink hy sou beskerm word deur Koning Jabin se vriend. Jael het uitgekom om hom te groet en het gesê, “Meneer, kom hierheen. Moenie bang wees nie. Jy kan in my tent skuil.”

Jael came out to meet Sisera Sisera was maar net té bly, want hy was doodmoeg en het nêrens gehad om heen te gaan nie. Jael het hom met 'n kombers toegemaak in haar tent. Hy was baie dors en het vir Jael gevra, “Dame, kan ek 'n bietjie water kry, asseblief?”

Jael het gesê, “Meneer, vir 'n magtige kryger soos U, sal ek iets beter gee as dit!” Toe het Jael vir hom 'n bietjie melk gegee in 'n pragtige beker. Toe hy die laaste druppel gedrink het, het hy gaan lê en Jael het hom weer met die kombers toegemaak.

Toe het Sisera vir haar gesê, “Staan wag daar by die tentdeur en as iemand vir jou vra: ‘Is daar iemand hier?’ moet jy sê, ‘Nee, niemand nie!’”

Terwyl Jael by die tentdeur gestaan het, het Sisera vas aan die slaap geraak. Hy was heeltemal pootuit, omdat hy te voet gevlug het vir Generaal Barak se vegtende soldate. Jael het geduldig gewag tot sy hom saggies kon hoor snork het. Toe het sy stil 'n tentpen en 'n hamer geneem en suutjies tot langs hom gesluip.

Skielik het 'n muis deur die tent gehardloop! Jael het na haar asem gesnak van skrik toe die muis bo-oor Sisera se bene gehardloop het. Gelukkig was Sisera so vas aan die slaap dat hy nie wakker geword het nie. Toe het sy 'n gebedjie gefluister, “Asseblief, Here, help my. Ek het nog nooit tevore so iets gedoen nie,” en tot langsaan Sisera gekom. Met 'n paar harde houe, het sy die tentpen met die hamer geslaan en dit dwarsdeur sy kop by die slape ingedryf, tot in die grond in.

…DOEF! DOEF! DOEF!

Sisera het onmiddellik gesterf.

Jael covered Sisera with a blanket and he went to sleepGeneral Barak arrived still searching for Sisera

Nie lank daarna nie, het Generaal Barak by Geber se tente aangekom, steeds op soek na Sisera. Jael het hom geroep en vir hom gesê, “Kom, kyk hier! Ek sal vir jou die man wys wat jy soek.” Toe Generaal Barak in die tent inloer, sien hy vir Sisera daar lê met die tentpen dwarsdeur sy kop, morsdood. Barak was in verwondering oor hoe Debóra se profesie waar geword het, dat 'n vrou die eer gekry het om Sisera dood te maak.

Everyone celebrated with loud cheering Die nuus het soos 'n veldbrand deur die hele Israel versprei an almal het dit gevier met 'n groot gejuig. Debóra het gejubel in die Here en sy en Barak het saam 'n lied gesing.

In die lied, het hulle kwaai woorde gehad vir dié wat nie saam met hulle wou kom en veg nie. Maar hulle het God geprys omdat hy gewillige leiers en gewillige mense gehad het wat saamgewerk het om die oorwinning moontlik te maak. Almal het 'n belangrike rol gehad om te speel in die oorwinning, maar die belangrikste van alles, hulle het al die eer van God gegee en het gesing:

♫♪ "Ek sing tot
eer van die Here. ♪
♫ ek prys die Here,
die God van Israel,
met my lied!" ♪♫

Van daardie dag af, het Israel sterker en sterker geword teen Koning Jabin van Kanaän totdat hulle hom heeltemal vernietig het. So was daar dan veertig jaar lank vrede in die land terwyl hulle die Here gedien het. Prys die Here, die God van Israel!

The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

ONTHOU

Dit maak nie saak of jy 'n leier of 'n volgeling in God se leër is nie. Wat jy ook al doen, klein of groot, moet altyd met die hart van 'n dienskneg gedoen word, om God te verheerlik en eer aan sy Naam te bring.


DINK!

1. Hoeveel vroue het God in hierdie storie gebruik?
2. Wat was hulle talente?
3. Watter een was die leier?
4. Watter een was die hamervrou en het die eer gekry om Sisera dood te maak?
5. Hoeveel ysterwaens het Sisera gehad?
6. Waarom was Barak nie meer bang vir die ysterwaens nie?
7. Wat het met die ysterwaens gebeur?
8. Wie het 'n lied van oorwinning gesing daardie dag? Wie het gewen?


'N VERS OM TE LEER

“Hy moet meer word, maar ek minder” (Johannes
3:30).


ALTERNATIEWE VERSE OM TE LEER:

“En wat julle ook al doen, doen dit van harte
soos vir die Here en nie vir mense nie”
(Kolossense 3:23).

“En wat julle ook al doen in woord en in daad,
doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank
God die Vader deur Hom” (Kolossense 3:17).



PRAKTIESE TOEPASSING

Dink jy Debóra was 'n goeie leier? Hoekom sê jy
so? Dink jy generaal Barak was 'n goeie leier?
Hoekom sê jy so? Dink jy jy kan 'n leier wees of
verkies jy om 'n volgeling te wees? Het Debóra en
Barak volgelinge nodig gehad om die stryd met God
se hulp te wen?

[Na bespreking:] As jy 'n godvrugtige leier wil
wees, moet jy eers 'n getroue volgeling van Jesus
Christus word. Of jy nou 'n leier of 'n volgeling
is, jy moet die hart van 'n dienskneg hê,
gehoorsaam wees aan God, goed doen aan ander mense
en 'n voorbeeld van godsaligheid vir hulle wees.
Of jy nou 'n leier is of nie, jy is baie belangrik
vir God.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, dankie vir die talente wat U vir ons gegee het.
Help ons om dit nederig te gebruik om ander mense
te seën en so eer en heerlikheid aan U Naam te bring.
As ons leiers is, help ons om goeie leiers te wees en
as ons volgelinge is, help ons om goeie volgelinge te wees.
In Jesus se Naam bid onse. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Rigters 4:13-5:31


The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

crayons

Deborah coloring page (online)
Color the story of Deborah (online)
Deborah picture to color (online)

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books



child reading a book

A Fearless Leader: A Bible Story About Deborah
Deborah/Abigail Flip-Over Book
Deborah and the Very Big Battle
Deborah, "Mother of Israel" (read online)
Deborah: The Belle of Leadership
How a Woman Won a Great Victory (read online)

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress for Kids
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Complete Illustrated Children's Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



activities

Fill In The Blanks (online)
Deborah Puzzle (online)
Deborah Word Search (online)
Deborah, a Judge of Israel Hands-On Bible activities (online)
Deborah activities (online)
Learning activities for Deborah, the Judge (online)

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles



birds singing

A Gift to You (online)
Donut Man: Change My Heart (online)
Donut Man: I Will Arise and Go Forth (online)
He's Got the Whole World in His Hands (online)
I'm in the Lord's Army (online)
Take Me (online)
Why Have You Chosen Me (online)

100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



crafts

Craft: Palm Tree (online)
Coconut Tree Paper Craft (online)

Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids (online)

The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible



CDs and Videos

Adventures in Odyssey ® Bible Eyewitness - Hall of Faith
Bible Explorers: Deborah the Judge (watch online)
BibleVentures: Deborah the Judge (watch online)
Deborah the Prophetess (watch online)
Listen online to the Bible story about Deborah and Barak (online)

Bible on the Go Vol. 12: The Fall of Jericho, Joshua's Death, and the Story of Deborah
(Joshua 1-4, 5-6; Judges 2, 4) - Unabridged Audiobook [Download]


Deborah's Army: The Book of Judges (watch online)
The Bible in Living Sound: Deborah and Barak (listen online)
The Story of Deborah (listen online)
What's in the Bible? #4: Battle for the Promised Land! (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

Deborah activities (online)
Deborah curriculum (online)
Sunday School in 7 Minutes: Deborah and Barak (online)


Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)

The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids
The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2023 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated June 19, 2023
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources