The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Spiertier Moses Moet Vlug
deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas

Moses helped the ladies to water their animals

Text Version | English


striped bar

bullying Victor en Kenneth het in graad een langs mekaar in die klas gesit en van toe af het hulle boesemvriende geword. Victor was lank en sterk en niemand het ooit met hom moeilikheid gesoek nie, maar Kenneth was kort en tingerig, en het dikwels onder boelies deurgeloop as Victor nie saam met hom was nie. Dit het Victor woedend gemaak as hulle Kenneth afknou.

Eendag was Kenneth alleen terwyl Victor by 'n vergadering van die skool se basketbalspan was. 'n Groep boelies het hom in 'n hoek vasgekeer en sy mondfluitjie uit sy broeksak gegaps. Terwyl twee hom vasgehou het, het die leierboelie 'n paar note daarop gespeel en dit toe stukkend getrap. Net toe kom Victor op hulle af. Ô-Ô, nou was daar moeilikheid.

Groot, sterk Victor het met een hou die leierboelie se tand uitgeslaan, net toe een van die onderwysers om die draai kom. Hy het Victor en die leierboelie dadelik skoolhoof toe geneem.

“Wat gaan nou gebeur?” het Kenneth bang gewonder. “Gaan Victor uit die skool geskors word?”



striped bar


Moses grew up as the son of the Princess of Egypt Moses, die babaseuntjie wat uit die rivier uitgehaal is, het grootgeword as die seun van die Prinses van Egipte, maar sy regte familie, die Hebreërs, was slawe in Egipteland. In die paleis, het Moses net die beste van alles geniet. Hy was saam met die ander koninklike kinders in die koninklike skool wat die beste leermeersters in die hele Egipteland gehad het. Hy het geleer hoe om te lees en te skryf, hoe om somme te maak, piramides en stede te bou en hoe om gewasse te verbou. Hy het geleer oor die son, die maan, die sterre, die seisoene, die Nylrivier en van die Egiptiese gode.

Toe hy amper groot, het Moses geleer hoe om homself koninklik te gedra, hoe om met ander nasies te onderhandel, maar ook om te veg en oorlog te voer. Van al die baie oefeninge om leer hoe om te veg, het Moses baie fiks en sterk geword en het hy groot spiere gebou. Moses was so besig met al hierdie dinge, dat hy vir 'n lang ruk glad nie tyd gehad het om aan sy eie mense, die Hebreërs te dink nie.

Een nag toe hy al groot was, kon hy glad nie slaap nie, en het op die paleis se balkon gaan staan en opgekyk na die sterre. Skielik, het hy onthou wat sy regte ma, Jogébed, vir hom vertel het. Sy het gesê, “God het vir Abraham, ons voorvader belowe dat sy afstammelinge so baie sou word soos die sterre in die hemel.” God het ook gesê dat hulle vir vierhonderd jaar lank slawe in 'n vreemde land sou wees. Dan sou God die vreemde nasie oordeel en die Hebreërs sou uit die land sou trek en baie besittings saamneem.

There were many Hebrew slaves all around and everybody was very busy working hard Moses het begin tel, en sowaar, amper vierhonderd jaar het reeds verloop sedert Jakob en sy seuns in Egipteland kom bly het. Hulle het hierheen getrek toe daar hongersnood in die land Kanaän uitgebreek het en toe God Jakob se geliefde seun, Josef, wonderbaarlik aangestel het as tweede in bevel oor die hele Egipteland om die Hebreërs van die hongersnood te red.

Terwyl Moses oor al hierdie dinge gepeins het, het hy skielik besef, “Die God van my voorvaders doen niks toevallig of sonder rede nie. Ek is seker daarvan, net soos Josef, het God my ook nie verniet 'n belangrike posisie in Egipte gegee nie. Hy het my nie sonder rede die Prinses se aangeneemde seun gemaak nie. Hy wil my sekerlik gebruik om Israel weer te verlos, maar hierdie keer, uit slawerny in Egipteland!” Net daar en dan, het Moses besluit om die volgende dag te gaan kyk hoe dit gaan met sy familie, die Hebreërs.

Vroeg die volgende oggend, het Moses sy wa gereed gemaak, die perde ingespan, en na die stad gery wat die Hebreërs besig was om vir Farao te bou. Daar was baie Hebreeuse slawe oral rond en almal was baie besig en hard aan die werk. Een groep slawe het groot stene gemaak, 'n ander groep het die groot droë stene na die boupersele gesleep en nog 'n groep het met die stene gebou. Moses was verstom, nie oor al die geboue wat opgerys het nie, maar oor hoe hard die Hebreërs gewerk het. Hy het hulle verskriklik jammer gekry, want die Egiptiese slawedrywers het hulle baie sleg behandel.

Moses saw one of the Hebrews being badly beaten by an Egyptian Moses se hart was gebreek, “Nee! Hoe kan ek in weelde in die paleis woon en die Prinses se seun genoem word, terwyl my bloedfamilie swaarkry? Ek moet beslis iets daaromtrent doen!”

Terwyl hy nog so gery het, het hy gesien hoe 'n Egiptiese man een van die Hebreeuse manne slaan. Moses was dadelik smoorkwaad en met bultende spiere het hy flink van die wa afgespring. Hy het heen en weer rondgekyk om te kyk of iemand hom sien, maar hy het niemand gewaar nie. Toe het hy die Egiptenaar met een hou van sy vuis morsdood geslaan en gou-gou sy lyk in die sand begrawe. Moses het gehoop hierdie moord sou geheim bly.

Die volgende dag het Moses weer uitgegaan na sy mense toe. Hierdie keer het hy afgekom op twee Hebreeuse manne wat baklei het. Moses vra toe vir die een wat die ander een geslaan het, “Waarom slaan jy jou naaste?” Die man het geantwoord, “Wie het jou as 'n prins en regter oor ons aangestel? Wil jy my ook doodslaan soos jy met die Egiptenaar gemaak het?” Moses het groot geskrik, want nou het hy geweet dat die geheim van die moord wat hy gepleeg het, uitgekom het.

Pharaoh commanded the soldiers to Go catch Moses and kill him Farao het ook gehoor van die moord wat Moses gepleeg het en het sy soldate beveel, “Gaan vang Moses en maak hom dood. Ek sal nie toelaat dat Egiptiese manne doodgemaak word, terwyl die Hebreeuse slawe toekyk nie.” Hy was bang dat al die Hebreeuse slawe ook in opstand sou kom en begin om Egiptenaars dood te maak. Van al die baie harde werk, het die Hebreërs baie meer gespierd en sterker geword as die Egiptenare.

Toe Moses agterkom dat Farao hom wou doodmaak, het hy besluit om na die woestyn te vlug, na die land van Midian. Hy was nie bang vir Farao se toorn nie, maar hy het geglo die Here was nog nie klaar met hom nie, al het hy dalk nou verkeerd opgetree en die Hebreërs met sy eie krag probeer help.


striped bar

Nadat hy sy pad gevind het deur 'n stowwerige wildernis, het hy in Midian aangekom. Al sy water was klaar en hy was baie dors. Gelukkig, het hy 'n put raakgesien en daar gaan sit om water te skep en 'n rukkie te rus. Terwyl hy daar gerus het, het daar sewe pragtige meisies daar aangekom met 'n klomp skape en bokke. Hulle het skaars die vee laat begin drink toe 'n ander klomp veewagters met hulle vee daar aankom en die meisies en hulle vee verjaag. Ô-Ô, nou was daar moeilikheid.

Moses was kwaad omdat die veewagters so ongeskik was met die meisies. Toe hy opstaan, het die veewagters gesien dat hy 'n sterk, gespierde man was en hulle was bang vir hom. Moses het hulle weggejaag en hulle het soos hase weggehol. Toe het Moses vriendelik die meisies gehelp om hulle diere te laat water drink. Hy het uitgevind al sewe was die dogters van die priester van Midian, Réhuel.

Toe sy dogters hulle pa van Moses vertel het, het hy hulle dadelik gestuur om hom te gaan haal. Hy was so beïndruk met Moses, dat hy hom genooi het om by hulle te bly en hy het ook sy dogter Sippóra vir hom as vrou gegee. Moses het baie lekker gebly in Midian en hy het die pa geword van 'n seun, wat hy Gersom genoem het, maar hy het nooit vergeet van sy familie wat nog steeds swaargekry het in Egipte nie.

A band of herders arrived with their livestock chasing away the women and their livestockMoses was invited to stay with them


striped bar

ONTHOU!

Om woede te kies, lyk dalk of dit jou probleem oplos, maar gewoonlik bring dit jou net in die moeilikheid.



DINK!

1. Wie het Moses grootgemaak?
2. Waar het Moses grootgeword?
3. Wie was Moses se ware familie?
4. Wat het Moses se hart gebreek?
5. Wat het veroorsaak dat Moses geskrik het en vir sy lewe moes vlug?
6. Waarheen het Moses gevlug toe hy Egipte verlaat het?
7. Waarom dink jy het Moses sy seun Gersom genoem? (Sien Exodus 2:22.)



'N VERS OM TE LEER:

“Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare” (Sagaría 4:6).



'N ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER:

“Moenie julle wreek nie geliefdes, maar gee plek vir die toorn; Want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here” (Romeine 12:19).



PRAKTIESE TOEPASSING

Dink jy dat Farao die Israeliete regverdig behandel het? Was jy al ooit onregverdig behandel, of het jy al gesien dat iemand anders onregverdig behandel is, soos Moses toe hy gesien het hoe die Egiptenaar die Israelitiese slaaf geslaan het? Hoe het dit jou laat voel? Het dit jou laat voel of jy wil lostrek en wraak neem?

[Na bespreking:] God wil nie hê dat ons wraak moet neem teen hulle wat ons en andere sleg behandel nie. In plaas daarvan, wil Hy hê dat ons dit in sy hande moet oorgee en Hom moet vertrou vir 'n oplossing. Waarom? Omdat ons dikwels in woede dom dinge kan doen wat ons net in die moeilikheid kan laat beland.

Laat ons 'n oomblik neem en bid dat God ons sal vergewe waar ons probeer het om sake in ons eie hande te neem deur wraak te probeer neem sonder om eers vir God om hulp te vra. Laat ons God vra om ons genoeg krag en selfbeheersing te gee om die regte ding te doen in elke situasie, maak nie saak hoe kwaad dit ons maak nie.

LAAT ONS BID:

****************************************************
Hemelse Vader, help ons om te onthou dat U in beheer is.
Help ons om stil te wees en toe te laat dat U optree in elke stryd wat ons beleef.
Gee ons genade om U meer te vertrou.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************



KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

Exodus 2:11-25


BIBLE STORY ARCHIVE
www.childrenschapel.org/bibstory2.html


crayons

Moses Flees Coloring Page
Moses Coloring Page
Ancient Egypt Coloring Pages
Israel's Enslavement in Egypt color online
Moses Hiding Out in Midian coloring sheet
Moses in Midian Coloring Page
Bible Heroes: Moses Colouring Book

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle
Word Search
Fill in the Blanks
Crossword Puzzle
Cryptogram
Maze
Life of Moses Bingo Game
Moses and Exodus Games and Puzzles
Moses (Exodus) Printable Worksheets
Moses Game Board
Moses Trading Cards
The Story of Moses Reusable Sticker Pad

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

Moses and Exodus Crafts
Moses Clothespin Figure with Sandbox Bible Scene Display
Moses Hides from Pharaoh Craft
Moses' Special Staff Craft for Preschoolers
Paper Plate Character Masks — Moses
Sheep Corner Bookmark
Shepherd Toilet Paper Roll Craft

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God
Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids & Digital Album Download [PDF Download]
Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



child reading a book

God Said and Moses Led
Good and Evil: The Bible As Graphic Novel
HOBC Bible Big Book: Moses
Kingstone Bible Series: Moses Comic Book
Moses and the King (I Can Read)
Moses' Big Adventure: Lift-the-Flap
Moses/John Flip-Over Book
Moses God's Brave Servant
Moses the Shepherd: Chosen by God
Moses the Traveler: Guided by God

Power Bible: Bible Stories to Impart Wisdom
# 2 - Moses, Leader of the Israelites


Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and DVDs

Bible Comes Alive, Volume 1 Your Story Hour, CD
Bible Stories: Moses
Greatest Heroes: The Story of Moses (watch online)
Let My People Go! The Story of Exodus Superbook DVD
Moses Prince of Egypt: Moses Defends a Hebrew Scene (watch online)
The Greatest Adventure Stories from the Bible: Moses (watch online)
Veggie Tales: Moe and the Big Exit (watch online)
What's in the Bible: Way Back in the Bible (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



birds singing

Lyrics

Along the Road (sing along)
More and More Like Jesus (sing along)
Moses Songs

What's in the Bible:
Chuck Waggin Sings The Exodus Song
(watch online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

LIFEPAC: The Story of Moses
Moses and the Desert story ideas
Moses Leaves Egypt resources
The Story of Moses for Kids

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources


striped bar


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under "Subscribe... " at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2021 - Children's Chapel
North Central Ohio, U.S.A.

Pictures Courtesy of Free Bible Images

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated August 31, 2021

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources