The Children\'s Chapel

Die Beste Deel (Deel 8)

Deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas

Joshua urged the people to serve the Lord and not the gods of the nations that surrounded them

Text Version | English

'n Bybelstorie oor Josua



(Vervolg van Deel 7)

Dit was lank na Torey se slaaptyd, maar sy kon nie aan die slaap raak nie. Met 'n grommende maag, het sy uit haar sagte, warm bed geklim en yskas toe gegaan met die hoop dat sy 'n stukkie sappige oorskietkos daar sou kon kry. Terwyl sy saggies op haar tone na die kombuis geloop het, het sy die geur van warm sjokolade geruik en Pa en Ma gehoor praat.

What are they talking about Sy het gestop en in die donker, net buite die kombuisdeur geaarsel en vir haarself gefluister: “Waaroor praat hulle?”

Sy het geweet sy was nie veronderstel om haar ouers af te luister nie, maar sy kon haarself nie keer nie, want hulle het oor die komende Kersfees gepraat en bespreek watter presente om vir hulle kinders te gee.

“Marjorie hou van musiek en miskien moet ons vir haar 'n CD van haar gunsteling gospelgroep gee,” het sy haar Ma hoor voorstel. “En Katelyn hou daarvan om te bak. Ek is seker sy sal mal wees oor 'n paar spoggerige panne,” het sy bygevoeg.

“Derick hou daarvan om dinge te bou. Lego boublokke sal net die ding wees vir hom. James is so mal oor sport. Daar is geen twyfel dat hy 'n basketbal sal geniet om sy om sy kolskote te oefen,” het Pa gesê.

“Ja, en Torey is lief vir boeke. Ek wonder watter boek sy graag sou wou hê,” het Ma bygevoeg.

Torey het geglimlag omdat sy reeds geweet het watter boek sy graag volgende sou wou lees. Miskien moet sy die titel vir haar ma noem, net ingeval.

Toe het Pa vir Ma gesê: “Miskien sal Marjorie eendag 'n musikant word, Katelyn a sjef, Derick 'n ingenieur, James 'n basketbalspeler en Torey 'n joernalis, maar weet jy wat?”

“Wat?” het Ma gevra.

Met 'n tevrede glimlag, het Pa gesê: “Die beste geskenk wat ons ooit vir ons kinders kan gee, is om hulle te leer om die Here dien en te vertrou met hulle hele hart en siel en verstand en krag. Dan sal hulle al hulle doelwitte in die lewe kan bereik met God se hulp, maak nie saak watter probleme oor hulle pad mag kom nie.”

“Dit is so waar, my liewe man,” het Ma gesê, “Onthou jy wat Jesus van Maria, die suster van Lasarus en Martha gesê? Omdat Maria bo alles lief was daarvoor om na Hom te luister en van Hom te leer, het Jesus gesê dat sy die beste deel gekies het en dat dit nooit van haar af weggeneem sal word nie.”

Pa het saamgestem: “Dit is waarom ek en my huis die Here sal dien.”

Torey het skoon vergeet dat sy honger was en glimlaggend teruggekeer na haar bed, want sy het geweet dat haar Pa en Ma 'n gepaste geskenk sou kies waarvan sy sou hou. Sy was egter nog blyer dat sy deur genade, reeds die beste deel gehad het, en dit is Jesus Christus as haar persoonlike Verlosser en om Hom te dien met alles wat binne-in haar was.

Footprints walking from left to right across the screen

Terug by Gilgal waar die Israeliete se laer steeds opgeslaan was na baie oorwinnings oor hulle vyande, het 'n paar jong tieners op hulle gemak gesit en prentjies teken in die sand nadat hulle take vir die oggend klaar was.

“Ek wonder hoe dit sal voel om in 'n regte kliphuis te bly,” het jong Jared gesê terwyl hy 'n huis met bome en mense daar langsaan in die sand geteken het. “Ons woon nou al in tente van lank voor ek gebore is.”

“Ek wonder HOE LANK voor ons die laer hier by Gilgal gaan afbreek en in die stede gaan bly van daardie 31 magtige heidense konings wat ons verslaan het,” het jong Arni bygevoeg.

“Moses het gesê dat elke stam hulle EIE gebied moes kry en ek wonder wie gaan wat kry. Waar gaan ons gesin bly — op 'n berg of in 'n vallei, langs 'n rivier of langs die see?” het jong Menna gewonder.

Toe jong Addi opkyk, het hy uitgeroep: “Hier kom Meneer Josua! Kom ons vra hom.”

Die kinders het opgespring en uit volle bors met een stem en liefdevolle eerbied die statige, maar nederige ou leier van Israel gegroet: “Goeie môre, Meneer!”

Josua het geantwoord: “Goeie môre, my dierbare jongelinge! Sal julle my asseblief 'n baie groot guns doen en die leiers van al die stamme gaan roep? Hulle moet my kom spreek by die Tent van Ontmoeting. Die Here het besluit dat dit tyd is vir die stamme van Israel om in hulle eie geseënde dele van die Beloofde Land te gaan woon.”

“Jippie! Hoe opwindend!” het die kinders uitgelate gejubel en in verskillende rigtings geskarrel op soek na die leiers, gretig om hierdie magtige held van God tevrede te stel.

Joshua told the people that there were still many more enemies to be conquered in the Land of Canaan Nadat al die leiers by die Tent van Ontmoeting bymekaargekom het, het Josua sy keel skoongemaak en hulle toegespreek: “Manne, die Here het met my gepraat en gesê: 'Josua, jy word nou oud, maar daar is steeds baie vyande om te verslaan in die Land Kanaän.’ God het vir my gesê dat Hy meer as gewillig is om hulle voor Israel uit te dryf, en Hy wil hê ons moet hulle gebiede ook insluit wanneer die land onder die stamme van Israel verdeel word.”

Josua het 'n perkament opgehou vir al die leiers om te sien. “Wat julle hier sien, is die geskrewe lys wat die Here vir my gegee het van al die gebiede wat julle moet beërwe. Hy het gesê dat elke stam die verantwoordelikheid moet neem om hulle eie deel van die Beloofde Land in te neem.”

“Laat ons nou hierdie saak aanpak,” het Josua voortgegaan.

“Nommer een: Net soos Moses beveel het, kry die stam van Levi geen landbougrond nie, want hulle erfenis is dat hulle hulleself volkome moet toewy aan die Here se werk. God het belowe dat hulle geseënde lewensonderhoud sal kom van die offers wat vir die Here gebring word.”

“Nommer twee: Die stamme van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse het reeds hulle dele van die land aan die weste kant van die Jordaanrivier gekry toe ons die konings Og en Sihon verslaan het. Moses het toe al hulle grond aan hulle gegee.”

“Nommer drie: Die stam van Juda kry die land wat aan hom belowe was deur sy voorvader Jakob, sowat 450 jaar gelede. Dit is gepas dat aan hulle die grootste deel gegee word, want hulle is die grootste stam en Juda was gewillig om homself op te offer — die grootse offer wat 'n mens kan gee — vir sy broer, Benjamin se veiligheid al daardie jare gelede. Net om seker te maak dat dit die Here se wil is, sal ons die Here vra om dit te bevestig deur heilige lot.”

Josua het voortgegaan: “Nommer vier: Die stam Efraim en die ander helfte van die stam van Manasse, sal die land beërwe wat Jakob belowe het aan hulle voorvader, Josef, wat tweede in bevel was van die hele Egipte. Daarom is dit gepas dat sy afstammeling die ryk en vrugbare dele van die land kry, maar om seker te maak dat die Here hierdie koninklike erfenis goedkeur, sal dit ook deur heilige lot bevestig word.”

Josua het ook gesê: “Nommer vyf: Die sewe oorblywende stamme moet 'n kaart gaan opstel van die land sodat die lot gewerp kan word en die land onder hulle verdeel kan word.”

Voor die vergadering verdaag is, het Josua aan Eleasar, die Priester, die teken gegee om die lot vir Juda, Efraim en die halwe stam van Manasse te werp. Wonder bo wonder, het hulle lot op dieselfde deel van die land geval wat aan hulle belowe was deur hulle voorvader Jakob.

Maar, alles was nog nie afgehandel nie. Kaleb, van die stam van Juda — die enigste ander verkenner saam met Josua wat geglo het dat Israel die Beloofde Land kon imneem in Moses se tyd — het na Josua gekom met 'n klompie van sy manne en gesê: “Josua, onthou jy toe Moses 12 verspieders uitgestuur het om die Beloofde Land te bespied meer as 40 jaar gelede? Net ek en jy het met ons hele hart geglo dat ons die Beloofde Land sou kon inneem met die Here se hulp.

“As 'n beloning vir my getrouheid om die Here te volg, het Moses my die bergland van die Enakiete belowe. Toe was ek 40, en nou is ek 85 jaar oud, maar ek is nog net so sterk en vol geloof as ooit tevore. Gee hierdie land vir my, want ek glo die Here sal my help om hierdie reuse te oorwin sodat ek hulle grond kan beërwe.”

Josua het met blydskap die stad Hebron en sy omliggende gebiede aan Kaleb, wat getrou die Here gevolg het, gegee. Hy en sy manne kon die reuse verslaan, en Otniël, Kaleb se nefie, het hom gehelp om die stad Kirjat-Sefer in te neem. Toe het Kaleb vir hierdie dapper jongman as beloning sy dogter Agsa gegee om sy vrou te word, en op haar versoek, het hy hulle nog grond gegee met 5 fonteine.

Ongelukkig, was almal nie tevrede nie. Die twee stamme van Josef, Efraim en die halwe stam van Manasse, wat die rykste en vrugbaarste deel belowe is, was ontevrede! Kan jy dit glo! Hulle wou meer grond hê, omdat hulle anders as Kaleb, BANG was om in die dale en valleie teen die Kanaäniete te veg omdat hulle baie perde en ysterwaens gehad het. Daarom het Josua hulle bly gemaak deur vir hulle boswêreld te gee om skoon te kap.

Later, het die hele Israel by die stad Silo bymekaargekom om die Tabernakel op te slaan. Josua het ongeduldig geraak met die sewe stamme wat traag was om die onoorwonne land te bespied en skoon te maak en daarom het hy vir hulle gesê: “Moenie so traag wees om te doen wat gedoen moet word nie, want dit is God se wil. Bring vir my drie verspieders van elkeen van die oorblywende stamme om 'n kaart van die land te gaan opstel, sodat die heilige lot gewerp kan word en die grond tussen julle verdeel kan word.”

Dus, was die verspieders gekies en Josua het hulle uitgestuur om te doen soos hy beveel het. Toe hulle terugkeer met die kaarte, het Eleasar die priester, die heilige lot gewerp om te bepaal wie wat kry. Uiteindelik het die stamme van Benjamin, Simeon, Sebulon, Issaskar, Aser, Naftali en Dan hulle toegewyste dele van die Beloofde Land gekry. Prys die Here!

Hoewel die stam Levi geen land gekry nie, het hulle steeds stede nodig gehad om in te woon en weiding vir hulle beeste en dus het hulle na Silo gekom om Josua, Eleasar, die priester, en die onderskeie leiers van die stamme te spreek. Op die ou end, was daar vir hulle stede gegee wat versprei was tussen die 12 stamme van Jakob. Op hierdie manier, kon almal maklik hierdie stam priesters bereik wat die offers, wat die ander stamme gebring het, hanteer het en ook as geneeshere opgetree het.

Today you must choose whom you will serve but for me and my house we will serve the Lord Net soos Moses beveel het, het Josua vrystede aangewys, wat ook asielstede genoem was. As iemand per ongeluk iemand anders doodgemaak het, kon hy na hierdie stede van veiligheid vlug vir beskerming teen hulle wat wraak gesoek het. Op daardie manier kon hy 'n veilige verhoor hê waar dit bepaal sou word of hy skuldig was of nie.

Die Here het ook vir Josua gesê dat hy enige deel van die land kon kry wat hy wou hê en daarom het hy Timnat-Serag in die heuwels van Efraim gekies om in te gaan woon, maar dit was nie al nie. Daar was 'n ander deel wat Josua gekies het wat hy waardevoller as alles geag het, en hy het die kinders van Israel uitgedaag om ook saam met hom deel te hê daaraan. Kan jy raai wat dit was?

Toe Josua baie oud was en op die punt was om te sterf, het hy die hele volk van Israel by Sigem saamgeroep en vir hulle gesê: “Die Here het vir julle land gegee waarvoor julle nie gewerk het nie en stede wat julle nie gebou het nie. Hy het vir julle wingerde en olyfboorde gegee — 'n land van melk en heuning — maar julle kan al hierdie dinge verloor as julle besluit om afgode te dien en nie die Here julle God alleen te dien nie.”


line with someone peeking over the top

“Vandag moet julle kies wie julle sal dien,
maar vir my en my huis, ons sal die Here dien!
Dit is die BESTE DEEL!”



Almal in Israel wou ook hierdie BESTE DEEL hê en net daar, in die teenwoordigheid van Joshua, het hulle almal 'n verbond met die Here gesluit dat hulle Hom, die God van hulle voorvaders, wat wonderwerke vir hulle gedoen het, vir hulle sy wette gegee het om te gehoorsaam en vir hulle 'n ewigdurende erfenis gegee het, ook sou dien!

Footprints walking from left to right across the screen



ONTHOU!

In hierdie lewe, gee die Here vir elkeen van ons 'n deel of doel om in besit te neem en te beërwe. Dit kan verskillende dinge wees, soos 'n skoolsertifikaat om te kry, of iets wat jy wil word wanneer jy groot is, maar as jy die beste deel wil kies in die lewe, kies die Here Jesus as jou ewige erfenis en dien Hom met jou hele hart en siel en verstand en krag, en leer om Hom in alles te gehoorsaam.



DINK!

1. Watter stam het die grootste deel van die Beloofde Land gekry? Waarom?
2. Watter stam het nie enige grond gekry nie, maar stede dwarsdeur die Beloofde Land? Waarom?
3. Watter stamme was nie tevrede met hulle deel van die Beloofde Land nie? Waarom nie?
4. Was Kaleb bang vir die reuse? Waarom of waarom nie?
5. Waarom was Josua ongelukkig met die sewe stamme?
6. Wat is 'n vrystad?
7. Wat was die beste deel wat Josua gekies het?



'N VERS OM TE ONTHOU

“Kies dan vir julle vandag wie julle wil dien...maar ek en my huis, ons sal die HERE dien” (Josua 24:15).



ALTERNATIEWE VERSE OM TE ONTHOU

“Die HERE is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar” (Psalm 119:57).

“Maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie” (Lukas 10:42).

“My beminde is myne, en ek is syne” (Hooglied van Salomo 2:16a).


PRAKTIESE TOEPASSING

In jou huis, kry al die lede van julle gesin dieselfde deel kos, eetgoed of koek? Of is daar iemand in julle gesin wat altyd die grootste deel kry? Was jy al ooit ontevrede met die grootte van jou deel, of is jy altyd tevrede met wat jy kry?

[Na bespreking:] God gee elkeen van ons 'n keuse om die beste deel te ontvang waarvan jy ooit kan droom. Dit is deel wat vir ewig is. Ek praat van om deel te word van die hemelse koninkryk van sy Seun, Jesus Christus, en Hom as ons persoonlike Saligmaker te hê. As ons kies om sy aanbod van verlossing te aanvaar, sal ons vergifnis van ons sondes ontvang en regverdig wees voor God. Bo dit alles, sal ons die Heilige Gees, ons Trooster, ontvang as borg en voorsmaak van die heerlike dinge wat kom wanneer ons saam met Hom in die hemel sal wees vir ewig.

Sal jy Jesus ook as die beste deel vir jou lewe kies? Begin dan die Nuwe Testament vandag te lees om alles van hierdie erfenis wat ons in Jesus Christus het, te leer ken. Voor jy begin lees, vra die Heilige Gees om jou te help om te verstaan wat jy lees en hoe om dit toe te pas in jou lewe. Dan sal jy al die seëninge van verlossing ontvang. Die goeie nuus is, jy kan soveel van Jesus hê was wat jy wil hê.



LAAT ONS BID

****************************************************
Hemelse Vader,
ek dank U vir alles wat U vir my gegee het.
Help my, my familie en almal wat ek ken om die beste deel
te kies deur Jesus Christus as ons persoonlike Saligmaker te aanvaar.
Help my om U lief te hê en te dien met my hele hart,
verstand, siel en krag vir die res van my lewe.
Laat u Heilige Gees my help om u Woord te verstaan
en toe te pas in my lewe.
Help my om getrou te bly aan U in alles en
nie traag te wees in my verhoudig met U nie.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Josua 13:1-24:33


Footprints walking from left to right across the screen


crayons

Memory Verse Coloring Page (online)
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles
Joshua Bible Hero
We will serve the Lord Joshua 24:15 (online)

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle (online)
Crossword Puzzle (online)
Fill-in-the-Blanks (online)
Word Search (online)
Bible Story Puzzle 'n Learn (reproducible)
Matching Game (online)
Scripture Match Challenge (online)
We will serve the Lord memory verse printable Joshua 24:15 (online)

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

As for Me and My House Craft (online)
Funky Door Hanger (online)
Joshua Bible Crafts
Joshua 24:15 Sunday School Craft (online)
Mail Holder Craft (online)
Me and My House Bible Craft (online)

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God
Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids & Digital Album Download [PDF Download]
Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



singing birds

As for me and my house (watch & sing along)
Be Strong and Courageous (Deuteronomy 31:6) [Music Download]
Choose For Yourself (Joshua 24:15) [Music Download]
God's Got An Army & Great and Mighty Army [Donut Man] (watch & sing along)
Here Is My Life, Lord (watch & sing along)
I Have Decided to Follow Jesus (watch & sing along)
I'm In the Lord's Army (watch & sing along)
I Want to Live for Jesus (online)
Jacob Had Twelve Sons (watch & sing along)
Joshua Is a Quick Book [What's in the Bible Song Download]
Joshua 24:15 [Music Download]
Let God Arise & What a Mighty God We Serve [Donut Man] (watch & sing along)
The Family Prayer Song (watch & sing along)

Memory Verse Student Music CD 10 Pack
(Year 2; Units 6-10; Contemporary)
(Answers in Genesis)

Obedience (watch & sing along)
Praise the Name of Jesus [Donut Man] (watch & sing along)

Song Time Tunes CD (Grades PreK-1; Year 2;
Units 6-10; Contemporary)
(Answers in Genesis)

The Family Prayer Song (watch & sing along)
Victory Chant [Donut Man Song Download]
Victory in My Heart (listen online)
We Serve the Mighty God [Donut Man Song Download]
We Will Serve The Lord Joshua 24:17 [Sparrow Kids Song Download]
What a Mighty God [Donut Man Song Download]
When Mr. Satan Knocks at My Heart's Door (listen online)
You Can't Stop God from Loving You (listen online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



child reading a book

Abeka Joshua and Judges Curriculum/Daily Plans
Bible Discovery: Early History of Israel (Exodus-Joshua), Student Workbook
Bible Quest: Early History of Israel (Exodus-Joshua), Student Workbook
Heroes of the Bible Devotional
Joshua Homeschool Flash-a-Card Bible Story
Joshua, Little Bible Heroes (Board Book)
Kingstone Bible Vol. 1 (includes The Ten Commandments)
My Big Book of Bible Heroes Devotional
Read-Aloud Bible Stories, Volume 4
Superheroes of the Bible: Action and Adventure Stories about Real-Life Heroes
VeggieTales SuperComics: LarryBoy and the Reckless Ruckus - eBook
VeggieTales SuperComics: The League of Incredible Vegetables - eBook
Joshua 24
Walls, Brawls, and the Great Rebellion - eBook (Manga Bible Series)

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and Videos

God's People: Joshua (watch online)
Growing in God's Love — Joshua 24:1-24 (watch online)

Heroes of the Bible: Shadrach, Meshach, & Abednego,
Joshua, and the Good Samaritan, VeggieTales DVD


Inspired By The Bible Experience: Joshua - Unabridged Audiobook [Download]
Joshua's Story: Final Encouragement (watch online)
KJV Dramatized Audio Bible: Joshua [Download]
People's Promise to Joshua (watch online)
Ten Commandments DVD
The Bible Comes Alive, Your Story Hour Volume 2, Audiobook on CD
The Bible Experience: The Book of Joshua (watch online)
The Bible Explained: Joshua (Spoken Gospel) (watch online)
The Holy Bible: Joshua the Conqueror (watch online)
The Ten Commandments: Moses and the Law Superbook DVD
VeggieTales: The Story of Joshua (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



Resources for Parents and Teachers

Abeka Joshua and Judges Curriculum/Daily Plans
Be Strong: Joshua by Warren Wiersbe
Character by God's Design: Vol. 2 - Trust, Honesty, Obedience
Child Evangelism Fellowship - Joshua lessons & activities
Joshua (Jewish Virtual Library)
Joshua & Judges Youth 1 (Grades 7-9) Focus (Student Handout)
Joshua: And the Land of Promise by F.B. Meyer
Joshua, Judges, and Ruth: Finally in the Land by John MacArthur
Joshua LifeChange Bible Study
Joshua Serves the Lord (online)
Joshua’s Last Days (online)
KJV Dramatized Audio Bible: The Book of Joshua
Overview: Joshua by BibleProject
Praising the Lord: Grade 5 Character Foundation Series - Joshua
Stories of Grace Volume 4 Children's Curriculum: Behind the Scenes Characters
Survivor Bible Style: 12 Instant Bible Lessons for Kids Bible Lessons for Kids

10-Minute Life Lessons for Kids:
52 Fun and Simple Activities to Teach Your Child Honesty, Trust, Love


The Book of Joshua: Lesson 3 - Tribal Inheritance (13:1-22:34)
Who Is Joshua?
Mighty Men of God: Joshua (Kids' Sermon)

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources



Footprints walking from left to right across the screen

BIBLE STORY ARCHIVE
http://childrenschapel.org/bibstory2.html


Add/update a Bible story resource


The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe... ” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2021 www.childrenschapel.org
North Central Ohio, U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.

Pictures Courtesy of Sweet Publishing at freebibleimages.org

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated August 15, 2021

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources