The Children\'s Chapel

Geloof se Skarlaken Lyn (Deel 2)
Deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas

Rahab hid the spies on her rooftop

Text Version | English

'n Bybelstorie oor Josua



(Vervolg van Deel 1)

Len writes a letter Len het opgelet dat die nuwe meisie in hulle klas vir ‘n paar dae afwesig was van skool en hy het gewonder wat van haar kon geword het. Toe die klok vir huistoegaantyd lui, het hy na Mev. Harding gegaan en gevra, "Mevrou, waarom is Angie afwesig? Sy was nou al vir ‘n paar dae nie hier nie."

Mevrou Harding het bekommerd geantwoord, "Len, ek is jammer om vir jou te sê, maar Angie is baie siek. Sy is in intensiewe sorg en het opehartoperasie nodig."

Len was so geskok dat hy nie eers gehoor het wat Mev. Harding verder gesê het nie. Op pad huistoe, het hy gedink wat hy tog kon doen. Natuurlik kon hy haar nie besoek nie, want sy was in intensiewe sorg en slegs haar ouers was toegelaat om daar in te gaan. Toe het hy besluit om vir haar ‘n brief te skryf.

"Liewe Angie,

Van die oomblik af toe jy ‘n paar weke gelede by die klaskamer ingeloop het, het ek van jou gehou, omdat jy so ‘n mooi glimlag het. Ek het nog nie ‘n kans gehad om met jou te gesels of jou te leer ken nie, maar onthou asseblief dat ek vir jou bid. Ek glo dat Jesus die Verlosser van die wêreld is en dat Hy jou kan red en genees. As jy ook in Jesus glo, vra die verpleegter om die rooi lint hierby ingesluit in jou hare te sit as ‘n teken van jou geloof. Dan, wanneer ek deur die venster van die hospitaalkamer kyk, sal ek weet dat jy glo.

Jou vriend,
Len"

Na Angie se operasie, het Len saam met sy ma hospitaal toe gegaan. Hy was nie toegelaat om by Angie se hospitaalkamer in te gaan nie, maar hy kon deur die venster loer. Wat dink jy het hy gesien? Die rooi lint was netjies in Angie se hare gevleg. Len se hart het sommer van blydskap in sy borskas gebons.

‘n Paar weke later, was Angie uit die hospitaal ontslaan. Sy en Len het groot vriende geword, omdat Jesus Christus die Here en Verlosser van hulle altwee was.

Footprints walking from left to right across the screen

Joshua sent two of his most trusted men on a secret mission Ragab, die hoer en hoteleienaar, het ‘n ruskansie geneem van vloere vee, beddens opmaak en skottelgoed was. Haar herberg was hoog op tussen die dubbelmure van Jerigo geleë. Sy het altyd baie gaste gehad en sy wou hê dat haar herberg die skoonste van almal moes wees om meer besoekers te kon lok. Terwyl sy bietjie water gedrink het uit ‘n silwer beker waarmee iemand haar ‘n rukkie gelede betaal het, het sy by die venster uitgekyk in die rigting van die Jordaanrivier. Iewers, doer in die verte, was die Israeliete se laer. Sy het gesidder om te dink wat kon gebeur as hulle Jerigo sou aanval, want sy het gehoor wat met Konings Og en Sihon gebeur het. Hierdie twee konings en hulle stede, wat die kinders van Israel wou aanval, was heeltemal vernietig deur die Israeliete se God en leërmag. Ragab was so bang dat dit met haar stad ook sou gebeur, maar in geloof het sy ‘n gebed gebid, "Mag die Here God van Israel my en my familie genadig wees as Israel Jerigo sou aanval!"

Terug by Sittim, waar die Israeliete hulle tente opgeslaan het onder ‘n bos Akasia bome net oos van die Jordaanrivier, was daar ‘n roering van opgewondenheid in die laer. Hulle het gereedgemaak om die rivier oor te steek oor drie dae se tyd. Die Israeliete het moed geskep deur die Here se bevel om dapper te wees en gereed te maak om die Beloofde Land binne te gaan en daarom het Josua twee van sy mees betroubare manne op ‘n geheime sending gestuur, Sending J1 — "J" vir Jerigo en "1" omdat dit die eerste stad was wat hulle sou inneem. Die doel van Sending J1, was om die swakhede en sterk punte van Jerigo te bespied en die beste manier te kry om die stad aan te val en te oorwin. "As julle gou maak, is daar genoeg tyd in die stad in te kom voor die poorte van Jerigo vir die aand sluit." Josua het hulle aangepor om dadelik na Jerigo te vertrek.

Die twee onopvallende spioene het Jerigo bereik met die volmaan wat sag op hulle geskyn het. By die stad se poorte, het hulle gemeng met ‘n klomp mans wat bondels vlasplante die stad binnegedra het. Hulle het soos gewone werkers gelyk; en die wagte het nooit besef dat hulle eintlik twee Israelitiese spioene was wat die stad binnegegaan het nie.

Die eerste doel van die spioene was om ‘n plek te kry om te slaap vir die nag. Terwyl hulle die strate bespied en hulle bes probeer het dat hulle aksent hulle nie weggee nie, het hulle ‘n man met ‘n krom neus gevra vir aanwysings na ‘n plek waar hulle die nag kon deurbring. Hy het met sy vinger beduie na ‘n naambord hoog teen die stadsmuur wat deur die lig van ‘n lantern verlig was en gelees het: "Ragab se Herberg." Toe het die man met die krom neus homself vinnig verskoon en om ‘n donker hoek van die straat verdwyn. Die spioene het niks vreemd gevind met die optrede van die man met die krom neus nie.

"Dit is die perfekte plek vir ons om oor te slaap," het die lang spioen gesê toe hy opkyk na die herberg in die stadsmuur.

"Miskien kan ons daar ook inligting inwin," het die stewige spioen doelgerig gesê toe hulle opklim met die trappe na die ingang van die herberg en aan die deur klop.

Toe die deur oopgaan, het die mooiste vrou wat hulle nog ooit gesien daar gestaan. Haar hare was so swart soos die golwende vliese van Arabiese bokke wat van ‘n berg afhardloop, haar oë soos dié van ‘n duif en haar tande so wit soos pasgeskeerde skape, maar die aantreklikste van alles was haar lippe wat haar lieflike mond soos ‘n rooi lint getooi het. Die spioene het die reëling van die trappe ‘n bietjie stywer vasgehou, omdat hulle oorval was met ‘n skielike gevoel van swakheid in hulle knieë. Sy het hulle binnegenooi met ‘n vriendelike stem en, toe hulle die eenvoudige woning binnegegaan het, het die aroma van kosbare nardus hulle met ‘n gevoel van luuksheid gevul. Nadat sy vir hulle hulle kwartiere gewys het en op die punt was om vir hulle varsgebakte brood en tee aan te bied, het daar ‘n staccato van harde kloppe van die deur af gekom —

A stern voice thundered behind the door "TOK, TOK, TOK, TOK, TOK!"

‘n Streng stem het van agter die deur gebulder. Dit was die Kaptein van die Koning se soldate. Hy het geskree, "RAGAB! MAAK OOP! Gee daardie manne wat na jou toe gekom het oor. Hulle is Israelitiese spioene wat die beste manier wil vind om ons aan te val!"

Ragab was nie net mooi nie, maar slim ook, en daarom het sy vinnig opgetree. Binne ‘n oogwink, het sy die twee Israelitiese manne met die trappe op na die dak geneem en hulle weggesteek onder hope vlasplante wat daar oopgegooi was om droog te word. Toe het sy vinnig afgehardloop, net betyds om die tweede stel kloppe te hoor en geantwoord, "Ek kom!" Sy het vinnig haar asem teruggekry, gevoel of haar hare nog in plek was, die deur oopgemaak en met ‘n verbaasde kyk op haar gesig uitgeroep, "Ja, julle is reg! Daar was twee mans hier. Is hulle regtig spioene wat gestuur was deur die kinders van Israel? Ek het dit nie geweet nie!"

Die kyk op haar gesig het van verbaas na ernstig verander. "Hulle het oomblikke gelede vertrek sodat hulle nog die stadspoorte kon oop kry voor sluitingstyd. Ek weet nie waarheen hulle van plan was om te gaan nie, maar as julle gou maak, kan julle hulle inhaal! Maak asseblief gou!"

Hulle het geen rede gehad om haar te wantrou nie en daarom het die soldate met die trappe afgehardloop en toe hulle deur die stadspoorte gaan, het die Kaptein die wagte beveel: "Sluit die poorte agter ons en hou hulle toe!" Toe het die soldate die spioene "agtervolg" al die pad tot by die Jordaanrivier en selfs tot by al die river se driwwe, terwyl hulle waansinnig gesoek het na hulle.

The man with the crooked nose must have rushed off blabbing to the King about us Terug op die dak, het die lang spioen gefluister, "Daardie man met die krom neus het seker gou vir die koning van ons gaan vertel."

"Dit is gewis, maar SHH! Bly nou stil!" het die stewige spioen geantwoord terwyl van die vlasvesels bo-op hom sy neus gekielie en hom amper laat nies het.

Onmiddellik nadat sy deur haar venster hoog teen die muur gesien het dat die Koning se soldate die stad verlaat het, het Ragab met die trappe op na die spioene gegaan voor hulle aan die slaap kon raak en vir hulle gesê, "Ek weet baie goed dat die Here hierdie land vir julle gaan gee. Ons en al die bewoners van hierdie land is verskriklik bang vir julle en val amper flou wanneer die naam Israel genoem word."

Sy het verder gegaan, "Ons het gehoor van die Rooisee wat vir julle verdeel het en ook hoe julle Konings Og en Sihon en hulle mense vernietig het. Julle God is die God van die hemel en aarde. Hy is geen gewone god nie en Hy doen wonderwerke vir julle. Ons weet dat ons nie teen Hom kan stry nie en dit laat ons harte bewe."

Toe het sy gesmeek, "Nou dat ek julle lewens gespaar het, doen aan my dieselfde guns en red my en my hele familie — my vader en moeder, my broers en susters en al hulle families — wanneer julle kom om ons stad aan te val en te vernietig. Belowe my in die Naam van julle God dat julle ons almal van die dood sal red!"

Die manne het ingestem en gesê, "As jy ons nie sal verklap nie, sal ons jou met ons lewens verdedig en dan wanneer die Here vir ons hierdie land gee, sal julle lewens gespaar word."

Ragab het hulle vertrou om hulle belofte na te kom en toe ‘n lang, sterk skarlakenrooi tou uit haar stoorkamer gaan haal en dit aan die vensterraam vasgemaak. Toe, terwyl hulle nog onopsigtelik in die donker was, het sy die tou teen die buitenste muur afgegooi en vir die spioene gesê, "Klim teen die muur af met hierdie skarlakenrooi tou en gaan na die berge toe. Bly daar vir drie dae totdat die manne wat na julle soek teruggekeer het. Gaan dan terug na julle laer toe."

Rahab let the spies escape down the wall Net voor hulle teen die muur afgesak het, het die twee spioene vir Ragab gesê, "Luister mooi! Wanneer ons die land binnekom, laat hierdie skarlakenrooi tou by jou venster uithang. Laat jou hele familie in hierdie kamer bymekaarkom. As jy dit nie doen nie, sal ons onthef wees van die eed wat jy ons laat sweer het en ons sal nie verantwoordelik gehou kan word vir wat met jou of jou familie gebeur nie. Verder sal ook onthef wees van hierdie eed as jy ons op enige ander manier verraai!"

"Laat dit wees soos julle gesê het," het Ragab ingestem en die spioene teen die muur laat afsak. Die lang spioen het teen die muur afgeseil met lang, swaaiende treë en die stewige spioen met vinnige kortes, maar beide het veilig die grond bereik. Met ‘n vinnige wuif na Ragab, het die twee mans na die nabygeleë berge vertrek waar hulle vir drie dae gebly het totdat die soldate na Jerigo teruggekeer het sonder om die Israelitiese spioene te kry.

Na drie dae, het die twee Sending J1 spioene teruggekeer na hulle laer en dadelik gaan rapporteer aan Josua wat gewag het op hulle veilige terugkeer. Hulle het hom alles van Ragab vertel en gesê, "Meneer, Sending J1 was op ‘n manier ‘n mislukking, maar eintlik ‘n reuse sukses! Ons kon nie genoeg inligting kry oor maniere om Jerigo aan te val nie en daarom sal ons net die Here moet VERTROU vir ‘n plan, sowel as vir oorwinning.

"Aan die ander kant, was Sending J1 ‘n groot sukses as gevolg van wat ons gehoor het: Die mense van Jerigo en die inwoners van die hele land bewe van vrees omdat hulle so bang is vir God se ontsagwekkende krag. Hy gaan ons verseker die stad en die land gee. Dit is wat ons MOET glo!"

(Vervolg in Deel 3)

Footprints walking from left to right across the screen



ONTHOU!

Dit maak nie saak waar jy vandaan kom, of watter sondes jy gedoen het of watter probleme jy het nie. Bekeer jou van jou sondes, glo in Jesus se reddende krag en Hy sal jou help.



DINK!

1. Hoeveel spioene het Josua na Jerigo gestuur?
2. Wie het hulle lewens gered en hoe het sy dit gedoen?
3. Dink jy Ragab het geloof gehad dat die God van Israel haar lewe ook kon spaar?
4. Was die rooi tou ‘n teken van haar geloof?
5. In die Nuwe Testament, Wie was gestuur om die hele wêreld te red met sy gestorte bloed?
6. Het jy geloof in Jesus se reddende krag?
7. Waaraan dink jy as jy die woorde "Sending J1"? hoor? Miskien kan dit ons herinner om dit ons sending in die lewe te maak om "Jesus 1ste" te plaas in alles wat ons doen?



‘N VERS OM TE LEER

"En Hy sê vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede" (Lukas 7:50).



‘N ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER

"Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn" (Romeine 5:9).

"Deur die geloof het Ragab, die hoer, nie saam met die ongehoorsames omgekom nie, omdat sy die spioene in vrede ontvang het" (Hebreërs 11:31).


PRAKTIESE TOEPASSING

Wie dink jy was banger? Was Ragab banger vir die Israeliete, of was die spioene banger vir Jerigo se leër? Dink jy die spioene het God vertrou om hulle te red? Dink jy Ragab het God vertrou om haar te red?

Was jy al ooit bang vir iets? Is jy op hierdie oomblik bang vir iets of is jy bekommerd oor iets wat in die toekoms kan gebeur? Laat ons dink aan wat ons kan bang maak. Wat maak jou bang?

[Na bespreking:] God sê in Psalm 50:51 om Hom aan te roep in die dag van benoudheid en Hy sal ons uithelp. Soos die skarlakenrooi tou die spioene gered het toe hulle daarmee teen die muur afgeklim het terwyl hulle geglo het dat dit nie sou breek nie, net so word ons gered deur Jesus se bloed, wat aan die kruis vir ons gestort is, as ons deur geloof daaraan vashou.

Laat ons ‘n oomblik neem en God vra om ons te help om geloof in Hom te hê om ons van al ons vrese te red.



LAAT ONS BID

****************************************************
Hemelse Vader, dankie dat U u Seun, Jesus Christus,
wat sy bloed vir ons gestort het, gestuur het!
Help ons om altyd geloof in u reddende krag te hê.
Ons dank U en het U lief. In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Josua 2:1-24


Footprints walking from left to right across the screen


crayons

Memory Verse Coloring Page
Rahab Coloring Page
Rahab Coloring Sheet
Rahab and the Spies
Rahab Helps Two Spies
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles
My Bible Stories Coloring Book with Stickers Volume 1

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle (online)
Crossword Puzzle (online)
Word Search (online)
Bible Story Puzzle 'n Learn (reproducible)
Rahab and the Spies Joshua 2
Rahab and the Spies

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

Joshua Bible Crafts
Multiple Reinforcement Craft Activities
Rahab and the Spies Craft
Rahab and the Spies Sunday School Sources Craft
Rahab and the Two Spies Craft
Rahab Helps the Spies Craft
Rahab Hides the Two Spies Craft
Rahab’s Scarlet Cord Bookmark

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God
Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids & Digital Album Download [PDF Download]
Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



singing birds

Memory Verse Song (watch & sing along)
A Gift to You (watch & sing along)
Be Strong and Courageous (Deuteronomy 31:6) [Music Download]
Choose For Yourself (Joshua 24:15) [Music Download]
God's Got An Army & Great and Mighty Army [Donut Man] (watch & sing along)
Here Is My Life, Lord (watch & sing along)
I'm In the Lord's Army (watch & sing along)
Joshua At Jericho [Music Download]
Joshua Fought The Battle Of Jericho (watch & sing along)
Joshua Is a Quick Book [What's in the Bible Song Download]
Joshua 24:15 [Music Download]
Let God Arise & What a Mighty God We Serve [Donut Man] (watch & sing along)

Memory Verse Student Music CD 10 Pack
(Year 2; Units 6-10; Contemporary)
(Answers in Genesis)

Obedience (watch & sing along)
Praise the Name of Jesus [Donut Man] (watch & sing along)
Rahab And The Two Spies [Wonder Kids Music Download]
Silly Joshua [Donut Man] (watch & sing along)

Song Time Tunes CD (Grades PreK-1; Year 2;
Units 6-10; Contemporary)
(Answers in Genesis)

Two Said Go [Donut Man Song Download]
Victory Chant [Donut Man Song Download]
We Serve the Mighty God [Donut Man Song Download]
We Will Serve The Lord Joshua 24:17 [Sparrow Kids Song Download]
What a Mighty God [Donut Man Song Download]
You Can't Stop God from Loving You (listen online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



child reading a book

Abeka Joshua and Judges Curriculum/Daily Plans
An Unexpected Hero: A Bible Story About Rahab
Bible Discovery: Early History of Israel (Exodus-Joshua), Student Workbook
Bible Quest: Early History of Israel (Exodus-Joshua), Student Workbook
Heroes of the Bible Devotional
Jericho's Tumbling Walls, Arch Book Series
Joshua and Jericho
Joshua and the Fall of Jericho
Joshua Crosses the Jordan (I Can Read)
Joshua Homeschool Flash-a-Card Bible Story
Joshua/Rahab Flip-Over Book
Joshua, Little Bible Heroes (Board Book)
My Big Book of Bible Heroes Devotional
Read-Aloud Bible Stories, Volume 4
Superheroes of the Bible: Action and Adventure Stories about Real-Life Heroes
VeggieTales SuperComics: Josh and the Big Wall - eBook
VeggieTales SuperComics: LarryBoy and the Reckless Ruckus - eBook
VeggieTales SuperComics: The League of Incredible Vegetables - eBook
Joshua 1
Walls, Brawls, and the Great Rebellion - eBook (Manga Bible Series)

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and Videos

Adventures in Odyssey ® 292: Siege at Jericho [Download]

Bible on the Go Vol. 11: Joshua, Rahab, and the Promised Land
(Numbers 27, Deuteronomy 24, Joshua 1-4) - Unabridged Audiobook [Download]


Bible on the Go Vol. 12: The Fall of Jericho, Joshua's Death, and the Story of Deborah
(Joshua 1-4, 5-6; Judges 2, 4) - Unabridged Audiobook [Download]


God's People: Joshua (watch online)
God's People: Rahab (watch online)
God’s Story: Joshua Becomes Leader (watch online)

Heroes of the Bible: Shadrach, Meshach, & Abednego,
Joshua, and the Good Samaritan, VeggieTales DVD


Inspired By The Bible Experience: Joshua - Unabridged Audiobook [Download]
Josh and the Big Wall (VeggieTales DVD)
Joshua And The Battle Of Jericho [Wonder Kids Audio Download]
Joshua Leads (watch online)
Joshua/Rahab Flip-Over Book
Pushing the Limits: Monster Truck Adventure Series
Rahab and the Spies with Jill Kemp (watch online)
Rahab and the Spies - Joshua 2 (Saddleback Kids) (watch online)
Rahab and the Spies - PursueGod Kids (watch online)
Superbook: Joshua and Caleb DVD
KJV Dramatized Audio Bible: Joshua [Download]
Overcoming Fears: Bible Wisdom for Kids #2 (Chuck Swindoll's Paws & Tales)
Superbook: Rahab and the Walls of Jericho DVD
The Mr. Phil Show - Volume 3 DVD (Phil Visher)
The Beginner's Bible, Volume 4 (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



Resources for Parents and Teachers

Abeka Joshua and Judges Curriculum/Daily Plans
Be Strong: Joshua by Warren Wiersbe
Bible Stories Activity PDF & Digital Album Download [Digital Download]
Child Evangelism Fellowship - Joshua lessons & activities
Genesis 47-50 Bible Study
Joshua (Jewish Virtual Library)
Joshua & Judges Youth 1 (Grades 7-9) Focus (Student Handout)
Joshua: And the Land of Promise by F.B. Meyer
Joshua and the Two Spies Skit
Rahab and the Spies Joshua 2
Joshua LifeChange Bible Study
KJV Dramatized Audio Bible: The Book of Joshua
Overview: Joshua by BibleProject
Praising the Lord: Grade 5 Character Foundation Series - Joshua
Stories of Grace Volume 4 Children's Curriculum: Behind the Scenes Characters
Survivor Bible Style: 12 Instant Bible Lessons for Kids Bible Lessons for Kids
The Battle of Jericho: Spark Rot Leaders Guide, 2nd edition (Sparkhouse)
The Book of Joshua: Lesson 2 - Victorious Conquest (1:1 - 12:24)
Who Is Joshua?

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources



Footprints walking from left to right across the screen

BIBLE STORY ARCHIVE
http://childrenschapel.org/bibstory2.html


Add/update a Bible story resource


The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under "Subscribe... " at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2021 www.childrenschapel.org
North Central Ohio, U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.

Pictures Courtesy of Lambsongs at freebibleimages.org

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated July 5, 2021

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources