The Children\'s Chapel

Touwys Gemaak vir 'n Doel (Deel 1)
Deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas

Joshua was full of the spirit of wisdom

Text Version | English | Italian

'n Bybelstorie oor Josua



Philip on horse Sielsoeker het sy kop teruggeruk en ontevrede gerunnik. “Dom perd!” het Philip brom-brom gesê, “Ek wou in elk geval nie hierheen kom nie. Dit sou baie meer pret gewees het as my ouers my liewer gestuur het om in motorwedrenne te gaan jaag.” Hy het weer die teuels probeer gryp en het weer gemis toe Sielsoeker weer 'n keer terugruk.

“SEUN!”

Philip het net daar in sy spore gestop toe hy onverwags die afrigter se streng stem agter hom hoor

“'n Perd kan 'n slegte gesindheid 'n myl ver raaksien. Jy moet liewer koelkop bly en hom met respek en goedhartigheid begin behandel. Jy sal verbaas wees oor wat hy gewillig sal wees om vir jou te doen.”

Philip was na die plaas gestuur tydens die skoolvakansie sodat sy gesindheid hopelik kon verbeter. Eers was hy baie verveeld om die, op die oog af, eentonige take te doen om vir Sielsoeker te sorg — sy stal skoon te maak, vir hom hooi te gooi, water te tap en 'n paar wortels vir hom te gee elke nou en dan — maar na 'n rukkie het hy besef dit was 'n belangrike taak. Dit het Philip 'n sin van verantwoordelikheid geleer. Na 'n hele klompie kere se roskam, opsaal en oefensessies in die ring, het Philip en die perd uiteindelik vriende geword en Sielsoeker het hom selfs toegelaat om op hom te ry. Hy het nooit gedink dat perdry soveel pret kon wees nie.

Aan die einde van die vakansie, was Philip hartseer om vir sy perdevriend totsiens te sê. Daardie aand terug by die huis, het hy dit wat hy geleer het in woorde uitgedruk toe hy vir sy pa gesê het, “Ek het gedink ek was veronderstel om die perd touwys te maak maar op die ou end het die perd my touwys gemaak. Hy het my soveel van die lewe geleer.”

Footprints walking from left to right across the screen

Josua, die seun van Nun uit die stam van Efraim, het op die wal van die Jordaanrivier gestaan en oor die kolkende water gekyk na die land aan die ander kant — Kanaän, die land van melk en heuning, die BELOOFDE LAND. Hy het teruggedink aan sy opgewondenheid toe hy vir die eerste keer sy voete op die Beloofde Land gesit het 39 gelede, toe Moses hom en 11 ander GRETIGE verspieders gestuur het om die land te verken en dit te bespied.

Joshua looks at the Promised Land Dit was regtig 'n vrugbare land, moenie 'n fout maak nie! Die helderrooi granate en sagte, ryp vye was SO sappig en soet, en 'n tros druiwe was SO groot dat dit twee mans geverg het om dit op 'n paal tussen hulle terug te dra na die Israeliete se laer toe. Die land het daar op hulle gelê en wag, gereed sodat hulle dit in besit kon neem.

Josua was so seker, so vol geloof dat Israel die land wat die Here aan hulle belowe het op daardie stadium sou kon inneem, maar die gretigheid van 10 van sy mede verkenners het skielik soos mis voor die son verdwyn toe hulle die Enakiete, die WREDE REUSE wat in Kanaän woon, gesien het. Die 10 vreesbevange verspieders was doodbang vir die reuse en het al die Israeliete aangesteek met hulle volkome wanhoop en gebrek aan geloof in die Here.

O, hoe het die Israeliete die hele nag lank soos tjankende honde gekerm van vrees aan die gedagte dat hulle teen daardie reuse sou moes veg om die land in besit te neem! Hulle het verkies om terug te gaan na slawerny in Egipte en het amper vir Josua en Kaleb gestenig omdat hulle probeer het om hulle van plan te laat verander. Slegs Josua en Kaleb het geloof in die Here se krag gehad om aan hulle oorwinning te skenk! Josua het gesnork, “Wat is 'n paar reuse in elk geval vir die Almagtige God wat die Rooisee in twee verdeel het en 'n hele leër wrede, Egiptiese soldate bonatuurlik doodgemaak het?

Israel se gebrek aan geloof in God se vermoë om hulle te help om al die heidense nasies te oorwin, was vir Josua verpletterend. Hy kon heeltemal verstaan waarom die Here so ontevrede met Israel was en hulle beveel het om terug te gaan woestyn toe, waar hulle DOELLOOS rondgedwaal het totdat al daardie ongelowige mense ouer as 20 jaar gesterf het. Van daardie geslag se mense, het slegs hy en Kaleb — dié wat ware geloof in God gehad het — steeds geleef. Hoewel Josua ook geaffekteer was deur Israel se sonde, omdat hy ook nog nie die Beloofde Land kon binnegaan nie, het die Here dit vir hom ten goede laat meewerk, omdat Hy hom gedurende daardie tyd geleer het om 'n goddelike leier te word. Nou, 39 jaar later, het die Israeliete weer op die wal van die Jordaanrivier gestaan, op die punt om die Beloofde Land binne te gaan. Josua het gebid, “O God! Moenie dat Israel mislei word om weer dieselfde fout te maak nie. Laat hulle GELOOF hê!”

Terwyl Josua gekyk het hoe die sonsondergang die hemelruim geverf het met goud, oranje en pienkgekleurde wolke, het hy gewonder waarom Moses ná die uittog, HOM wat Josua was, uitgekies het om sy persoonlike assistent te word al was daar so baie ander vaardige jongmanne. Dit moes GOD SE HAND gewees het wat dit laat gebeur het om hom TOUWYS TE MAAK vir hierdie DOEL, om Israel die Beloofde Land binne te lei!

Joshua loved to stay in the Tent of Meeting where Moses spoke to God as his friend Hoewel Josua Moses se dienskneg was, het hy so GEËERD gevoel om heeltyd so naby aan hom te wees en selfs saam met hom op Berg Sinai te klim waar Moses die Tien Gebooie en God se Wet ontvang het. Hy het so baie by Moses geleer. Die belangrikste van alles, was dat Josua se hart gesmag het vir meer van die Here en hy het Hom HEELHARTIG gedien. Dit is waarom hy daarvan gehou het om in die Tent van Ontmoeting, in die teenwoordigheid van God te bly, waar Moses met God as sy vriend gepraat het. Selfs toe Moses uitgegaan het en die Woord van God aan die volk gaan meedeel het, het Josua verkies om daar binne te bly. Dit was waar Josua die Groot EK IS leer KEN het en geleer het om Sy stem te HOOR.

Josua het gesug, "O, hoe wens ek Moses, my ou meester, leraar en vriend kon nou hier by ons wees om saam deur die Jordaan te trek en die Beloofde Land as Israel se ewigdurende besitting te neem!” Maar God het ander planne gehad en Moses na die hemel se heerlikheid toe geroep. Toe hy steeds gelewe het, het Moses geweet hy sou nie die Beloofde Land binnegaan nie, omdat hy daardie noodlottige dag GESONDIG het toe hy KWAAD geword het vir dors, klaende Israeliete. Hy was so geïrriteerd met hulle dat hy ONGEHOORSAAM was aan die Here se opdrag en die rots by Meriba twee keer geslaan het, in plaas daarvan om daarmee te praat. God was Moses egter genadig en het hom geëer deur water uit die rots te laat stroom!

Moses het geweet dat as hy nie meer daar was nie, Israel iemand met goddelike wysheid nodig sou hê om hulle die Beloofde Land binne te lei. Dit is waarom hy so baie tyd met Josua deurgebring het om hom alles te leer wat hy geweet het. Toe die Here vir hom gesê het dat dit sy tyd was om te sterf, het Moses by die Here gepleit om Israel, wat hy so innig LIEFGEHAD het, nie alleen te los soos skape sonder 'n herder nie.

The Lord ANSWERED his prayer by commanding Moses to appoint Joshua as their future leader Die Here het sy gebed VERHOOR deur Moses te beveel om Josua — die een in wie God se Gees was — aan te stel as hulle toekomstige leier. Moses het SY HANDE op hom GELÊ voor die Hoëpriester Eleásar, met die volk as getuies. Van toe af, het die mense na Josua GELUISTER, omdat hy gevul was met die Gees van WYSHEID. Met 'n traan wat oor sy wang rol, het Josua teruggedink aan die talle kere wat Moses sy geloof VERSTERK het deur vir hom te sê dat hy, Josua, die een sou word wat Israel in die Beloofde Land sou inlei en hulle dit sou laat BEËRWE met die Here se hulp.

Josua het geweet dat wanneer hulle eers die Jordaan oorgesteek het, daar BAIE OORLOË sou wees om te voer, maar hy het uit ervaring geweet dat die Here hulle sou verlos. Omdat hy die Kaptein van Israel se leër was, was hy goed OPGELEI om die volk in oorloë aan te voer. Gedurende hulle tyd in die woestyn, het Josua en sy manskappe, met die Here se bonatuurlike hulp, die Amalekiete, Koning Og van Basan en Koning Sihon van Hesbon oorwin. Watter GELOOFVERSTERKENDE, WONDERBAARLIKE oorwinnings was dit nie vir 'n klomp onervare manne wat niks van oorlog af geweet het nie, maar net geweet het hoe om slawe vir Egiptenare te wees, klei stene te maak en stede te bou en daarna manna in die woestyn op te tel.

Moses het dikwels al hulle vorige oorwinnings by Josua se INGEPRENT om sy geloof nog sterker op te bou en het gesê, "So sal die Here doen met al die koninkryke anderkant die Jordaan waarheen jy gaan. Jy sal hulle NIE VREES nie, want die Here jou God sal vir jou veg."

En Josua het GEGLO wat die Gees van die Here deur Moses gesê het.

Na nog 'n laaste kyk oor die rivier, het Josua teruggekeer na die Tent van Ontmoeting om tot die Here te bid en op Hom te wag. Dit was nie lank nie, toe praat God en het vir hom besonderhede te gee:

1. Die Here het Josua se LEIERSKAP en TAAK bevestig deur te sê, “My dienaar Moses is dood en jy is die nuwe leier van Israel. Maak gereed om my volk oor die Jordaanrivier na die Beloofde Land te lei.”

2. Die Here het die GEBIED uitgewys wat hulle moes inneem en het beveel, “Ek sê vir jou dieselfde as wat ek vir Moses gesê het: Elke plek waarop die sool van julle voete sal trap, het Ek vir julle gegee, al die pad van die Negebwoestyn in die suide tot by die Libanonberge in die noorde, en van die Middellandse See in die weste tot by die Eufraatrivier in die ooste, met al die grond van die Hetiete daarby ingesluit.”

3. Die Here het Josua verseker van sy HULP in die oorlog en het voorspel, “Niemand sal voor jou standhou solank as jy lewe nie, want Ek sal met jou wees, net soos Ek met Moses was. Ek sal jou nie verlaat of nalaat om jou te help nie.”

4. Die Here het Josua se DOEL uitgestippel toe Hy gesê het, “Wees sterk, dapper en vol moed omdat jy Israel die land sal laat oorwin en beërwe wat Ek aan hulle voorvaders belowe het.”

5. Die Here het Josua bemoedig om GEHOORSAAM te wees aan die Wet van Moses: “Jy moet sterk en vol moed wees om elke letter te gehoorsaam van die wet wat Moses vir hou gegee het. As jy gehoorsaam is, sal jy suksesvol wees in alles wat jy doen.”

Joshua told the people they would cross the Jordan River to enter into the Promised Land and take possession of it 6. Die Here Josua gedring om homself en die volk te HERINNER aan die Gebooie toe Hy gesê het, “Dink aan hierdie Gebooie dag en nag en leer dit vir die volk. Maak seker om al die wette te gehoorsaam. Slegs dan sal jy wys kan optree, voorspoedig wees en suksesvol wees in jou taak.”

7. Die het Here Josua beveel om NIE TE VREES NIE deur te sê, “Wees sterk en dapper en vol moed! Verban alle vrees en angs want Ek, die Here jou God, is met jou waar jy ook al gaan!”

Josua was baie GEÏNSPIREER deur die woorde van die Here en het DADELIK die leiers van Israel byeengeroep en hulle beveel: “Gaan, sê vir die volk om vir hulle padkos voor te berei, want oor drie dae sal hulle die Jordaanrivier oorsteek en die Beloofde Land binnegaan om dit in besit te neem!”

Die manskappe van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse, wat reeds die land oos van die Jordaanrivier gekry het, het belowe om hulle broers te help om die land wes van die Jordaan in te neem, terwyl hulle vroue en kinders by die huis gebly het. Hulle het Josua verseker, “Mag die Here met jou wees soos Hy met Moses was, en mag hulle wat teen jou rebelleer, doodgemaak word. So, lei ons met moed en met krag!”

(Vervolg in Deel 2)

Footprints walking from left to right across the screen



ONTHOU!

Moet nooit ontevrede wees om ander te dien of om vervelige take te doen nie. Wees vol moed, glo en doen jou bes omdat die Here 'n plan vir jou lewe het. Hy maak jou touwys vir 'n doel.



DINK!

1. Wie se persoonlike assistent was Josua?
2. Het hy daarvan gehou om Moses se dienskneg te wees? Waarom?
3. Wie was die enigste twee oorlewendes van die geslag wat Egiptiese slawe was?
4. Waarom het hulle al die ander in hulle geslag oorleef?
5. Waarom het die Here vir Josua gesê om sterk en dapper te wees?
6. Was Josua se gehoorsaamheid aan God se Woord belangrik om suksesvol te wees as 'n leier?
7. Josua moes nie vrees nie. Waarom nie?



'N VERS OM TE LEER

“Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol
moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die
HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan”
(Josua 1:9).



'N ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER

“Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here
en in die krag van sy sterkte” (Efésiërs 6:10).

“Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie;
maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan
handel volgens alles wat daarin geskrywe staan;
want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en
dan sal jy met goeie gevolg handel” (Josua 1:8).



GEESTELIKE TOEPASSING

Het God 'n doel gehad vir Josua se lewe? Weet jy wat dit was? Wat van die geslag Israeliete wat eens slawe in Egipte was en die bonatuurlike uittog beleef het? Het God 'n doel vir hulle gehad? Was dit nie dat hulle ook die Beloofde Land sou binnegaan, in besit en beërwe neem nie? Wie het die Beloofde Land binnegegaan, Josua of daardie geslag? Wie se doel was vervul?

Weet jy waarom Josua se doel vervul was en nie daardie Israeliete s'n nie? Dit was omdat Josua geloof in God en sy planne gehad het. Aan die ander kant, was daardie geslag Israeliete se doel nie vervul nie, as gevolg van hulle ongeloof. Waar het Josua sy geloof gekry? Hy het baie tyd saam met God deurgebring in die Tent van Ontmoeting.

Dink jy dat God 'n doel vir jou lewe het? Kan jy jou indink wat dit kan wees?

[Na bespreking:] God het dalk verskillende planne vir verskillende mense volgens die talente wat hulle het, maar die grootste doel wat God vir almal het, is dat ons glo in sy Seun Jesus Christus, sodat ons sy beloftes wat in die Bybel staan in besit kan neem. Die grootste van al God sy beloftes, is sy belofte van die ewige lewe.

Wil jy graag hê dat God se plan vir jou lewe vervul? Laat ons dan 'n oomblik neem en God vra om sy doel in alles vir ons lewens te vervul. Laat ons Hom ook vra om ons te help om altyd sy raad te vra. Bid ook, dat Hy ons geloof en moed sal gee om altyd sy wil te doen.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, dankie dat U 'n wonderlike plan vir
my lewe het. Help my om te groei in gehoorsaamheid,
wysheid, krag en vrymoedigheid terwyl ek U heelhartig
dien hier op aarde en u plan en doel vir my lewe uitleef.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Josua 1:1-11; Exodus 17, 24:13, 33:11;
Númeri 27:18-23, 32:17; Deuteronómium 31:23, 34:9


Footprints walking from left to right across the screen


crayons

Verse-o-Dome: Joshua 1:9 from Crossroads Kids' Club on Vimeo.

Memory Verse Coloring Page
Joshua Coloring Page
Joshua: Moses' Helper
Joshua Served the Lord
Joshua the New Leader
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles
My Bible Stories Coloring Book with Stickers Volume 1

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle (online)
Bible Story Puzzle 'n Learn (reproducible)
Joshua Becomes Israel's New Leader Activities
Joshua and the Battle of Jericho, Mobile Activity Kit
Joshua 1:9 Colorable Stickers
Joshua Takes Charge
Joshua the New Leader
Journey To The Promised Land Game
Mighty Men of God Activities

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

Joshua Bible Crafts
Joshua 1:9 Door Hanger
Joshua the New Leader Craft

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God
Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids & Digital Album Download [PDF Download]
Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



singing birds

Memory Verse Song (watch & sing along)
A Gift to You (watch & sing along)
Be Strong and Courageous (Deuteronomy 31:6) [Music Download]
Choose For Yourself (Joshua 24:15) [Music Download]
God's Got An Army & Great and Mighty Army [Donut Man] (watch & sing along)
Here Is My Life, Lord (watch & sing along)
I'm In the Lord's Army (watch & sing along)
Joshua At Jericho [Music Download]
Joshua Fought The Battle Of Jericho (watch & sing along)
Joshua Is a Quick Book [What's in the Bible Song Download]
Joshua 24:15 [Music Download]
Let God Arise & What a Mighty God We Serve [Donut Man] (watch & sing along)

Memory Verse Student Music CD 10 Pack
(Year 2; Units 6-10; Contemporary)
(Answers in Genesis)

Obedience (watch & sing along)
Praise the Name of Jesus [Donut Man] (watch & sing along)
Silly Joshua [Donut Man] (watch & sing along)

Song Time Tunes CD (Grades PreK-1; Year 2;
Units 6-10; Contemporary)
(Answers in Genesis)

Two Said Go [Donut Man Song Download]
Victory Chant [Donut Man Song Download]
We Serve the Mighty God [Donut Man Song Download]
We Will Serve The Lord Joshua 24:17 [Sparrow Kids Song Download]
What a Mighty God [Donut Man Song Download]
You Can't Stop God from Loving You (listen online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



child reading a book

Abeka Joshua and Judges Curriculum/Daily Plans
Bible Discovery: Early History of Israel (Exodus-Joshua), Student Workbook
Bible Quest: Early History of Israel (Exodus-Joshua), Student Workbook
Heroes of the Bible Devotional
Jericho's Tumbling Walls, Arch Book Series
Joshua and Jericho
Joshua and the Fall of Jericho
Joshua Crosses the Jordan (I Can Read)
Joshua Homeschool Flash-a-Card Bible Story
Joshua/Rahab Flip-Over Book
Joshua, Little Bible Heroes (Board Book)
My Big Book of Bible Heroes Devotional
Read-Aloud Bible Stories, Volume 4
Superheroes of the Bible: Action and Adventure Stories about Real-Life Heroes
VeggieTales SuperComics: Josh and the Big Wall - eBook
VeggieTales SuperComics: LarryBoy and the Reckless Ruckus - eBook
VeggieTales SuperComics: The League of Incredible Vegetables - eBook
Joshua 1
Walls, Brawls, and the Great Rebellion - eBook (Manga Bible Series)

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and Videos

Adventures in Odyssey® 292: Siege at Jericho [Download]

Bible on the Go Vol. 11: Joshua, Rahab, and the Promised Land
(Numbers 27, Deuteronomy 24, Joshua 1-4) - Unabridged Audiobook [Download]


Bible on the Go Vol. 12: The Fall of Jericho, Joshua's Death, and the Story of Deborah
(Joshua 1-4, 5-6; Judges 2, 4) - Unabridged Audiobook [Download]


God's People: Joshua (watch online)
God’s Story: Joshua Becomes Leader (watch online)

Heroes of the Bible: Shadrach, Meshach, & Abednego,
Joshua, and the Good Samaritan, VeggieTales DVD


Inspired By The Bible Experience: Joshua - Unabridged Audiobook [Download]
Josh and the Big Wall (VeggieTales DVD)
Joshua And The Battle Of Jericho [Wonder Kids Audio Download]
Joshua Leads (watch online)
Pushing the Limits: Monster Truck Adventure Series
Superbook: Joshua and Caleb DVD
KJV Dramatized Audio Bible: Joshua [Download]
Overcoming Fears: Bible Wisdom for Kids #2 (Chuck Swindoll's Paws & Tales)
Superbook: Rahab and the Walls of Jericho DVD
The Mr. Phil Show - Volume 3 DVD (Phil Visher)
The Beginner's Bible, Volume 4 (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



Resources for Parents and Teachers

Abeka Joshua and Judges Curriculum/Daily Plans
Be Strong and Courageous Bookmark for Kids
Be Strong: Joshua by Warren Wiersbe
Bible Stories Activity PDF & Digital Album Download [Digital Download]
Child Evangelism Fellowship - Joshua lessons & activities
Children and Youth Scripture Cards, God is With You, Joshua 1:9, Pack of 25
Genesis 47-50 Bible Study
Joshua (Jewish Virtual Library)
Joshua & Judges Youth 1 (Grades 7-9) Focus (Student Handout)
Joshua: And the Land of Promise by F.B. Meyer
Joshua Becomes Israel's New Leader Activities
Joshua LifeChange Bible Study
Joshua the New Leader Take Home Paper
KJV Dramatized Audio Bible: The Book of Joshua
Overview: Joshua by BibleProject
Praising the Lord: Grade 5 Character Foundation Series - Joshua
Stories of Grace Volume 4 Children's Curriculum: Behind the Scenes Characters
The Battle of Jericho: Spark Rot Leaders Guide, 2nd edition (Sparkhouse)
The Book of Joshua: Lesson 1 - An Introduction to Joshua
Who Is Joshua?

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources



Footprints walking from left to right across the screen

The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2023 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated July 2, 2023
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources