The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Donkiepraatjies
deur Sophia Prinsloo saam met Barbara Wilmerton Haas

talking donkey

Text Version | English | Italian


“Ma, ek wil graag met Ma praat,” het Jane vir haar ma gesê toe sy by die huis kom na skool. Sy het gou haar boeksak in haar kamer gaan bêre en teruggekom kombuis toe waar haar ma besig was om gouestroop op pannekoeke te sit.

Terwyl sy gou haar ma gehelp het, het sy gesê, “Ma, ek en my vriendinne was besig met ons eie dinge, toe 'n meisie in ons klas na ons gekom het en vir ons gesê het dat ons haar irriteer. Eers, het ons nie baie aandag daaraan gegee nie, maar toe sê sy dat sy haar ma gaan vra om vloeke op ons te plaas. Wat is ons veronderstel om daaromtrent doen?”

“Wel,” het Jane se ma gesê. “Daar is 'n geestelike stryd aan die gang tussen goed en kwaad. Om jou 'n voorbeeld te gee, laat my vir jou 'n storie uit die Bybel vertel.”


grass divider

Terwyl hulle langs die grens van die Beloofde Land gekamp het, was verskeie nasies en konings vyandiggesind teenoor Moses en die Israeliete. Moses het geweet dat terwyl hulle GEHOORSAAM was aan die Here hulle God, sou niemand hulle kon skade doen nie. Die Here se beskerming was soos 'n onsigbare skild voor hulle en soos 'n onsigbare muur rondom hulle. In sy liefde vir die Israeliete, het God sy belofte nagekom en hulle gehelp om die Kanaänitiese Koning van Arad wat hulle aangeval het te verslaan, asook twee Amoritiese konings, Koning Sihon van die stad Hesbon en ook Koning Og van die stad Basan.

Balak heard what they had done to the other kings Toe Koning Balak van Moab, die seun van Sipor, sien hoeveel die Israeliete was en gehoor het wat hulle met daardie ander konings gedoen het, was hy en sy volk vreesbevange. Hy het heen-en-weer in sy troonkamer gestap terwyl hy gewonder het wat om te doen met die bedreiging van die swermende Israeliete op sy grens. Toe besluit hy om raad van die leiers van Midian te vra, met die hoop dat iemand sou opkom met 'n slim plan om hulle te red.

Tydens sy dringende vergadering met die leiers, het Balak ewe bang vir hulle gesê, “Die Israeliete sal ons verslind soos 'n os gras eet, net omdat die Here hulle God aan hulle kant is en hulle beskerm en wonderwerke vir hulle doen.”

Dit het nie lank gevat vir Koning Balak en die Midianitiese leiers om te besluit dat hulle méér as 'n fisiese leër nodig gehad het om teen die Israeliete te veg. Hulle het bonatuurlike ingryping nodig gehad — iemand wat met God se gesag die kinders van Israel kon vervloek — en hulle het presies geweet watter man om te vra. Die probleem was, hierdie man, wat ook 'n fortuinverteller was, het vierhonderd myl ver weg gewoon in die oostelike berge van die land Petor in Mesopotamië, reg langs die Eufraatrivier. Daarom het hulle sonder verwyl, die topleiers van beide Moab en Midian na Bíleam, die seun van Beor, gestuur as 'n geselskap van boodskappers en hulle het 'n fortuinverteller se fooi saamgeneem as betaling vir sy dienste.

Onbewus van die koms van die besoekers, was Bíleam besig om sy towerkunsies te oefen toe hy 'n dringende klop aan die deur gehoor het. Hy het opgespring, gretig om sy potensiële kliënte te ontmoet en 'n rand of twee te maak. Toe hy die deur oopmaak, was hy bly om deftig geklede mans buite te sien staan en wag. “Ha! Miskien kan ek goeie wins maak hier,” het hy gedink terwyl hy die manne binne genooi en hard probeer het om nie te wys hoe gretig hy was om geld uit hulle te maak nie.

Na die gebruiklike groetery, het Bíleam gevra, “Hoe kan ek julle van diens wees?”

Een van die leiers het onbeheersd Koning Balak se boodskap uitgeblaker: “Ons is gestuur deur die Koning van Moab. Hy vra jou hulp insake 'n probleem op ons grens. 'n Volk, soos 'n swerm sprinkane, het uit Egipte gekom en is op pad na ons toe. Ons is bang hulle kom ons aanval en doodmaak. Asseblief, kom en vervloek hulle sodat ons hulle kan verdryf. Ons vra jou hulp, want ons weet wie jy seën, is wonderlik geseënd en wie jy vervloek, is heeltemal verdoem.”

Balaam Bíleam het geantwoord, “Bly hier vannag. Ek sal hoor wat die Here sê en julle laat weet môreoggend.”

Daardie nag in Bíleam se kamer, het die Here met hom gepraat en gesê, “Wie is hierdie manne?”

Bíleam het die Here vertel wie hulle was en wat hulle wou hê, en die Here het geantwoord, “Moenie durf waag om dit te doen nie! Jy mag NIE die Israeliete vervloek nie want Ek het hulle GESEËN.”

Die volgende oggend, het Bíleam prontuit vir die boodskappers gesê, “Die Here weier dat ek doen wat julle vra, so gaan huistoe!” Teleurgesteld, het die boodskappers al die pad terug huistoe gereis en vir Koning Balak gesê dat Bíleam geweier het om te kom en 'n vloek oor die Israeliete uit te spreek.

Koning Balak het geweet dit was 'n saak van lewe en dood, en hy was nie bereid om nee vir 'n antwoord te aanvaar nie. Daarom het hy besluit om dit baie meer aanloklik te maak vir Bíleam om die Israeliete te kom vervloek. Skelm, het hy nog meer prinse, wat selfs nog meer vernaam was as die voriges, gestuur om Bíleam te probeer oortuig om te kom. En boonop, het hy 'n belofte van groot rykdom en eer bygevoeg as Bíleam net sou kom en doen wat hy vra.

Die boodskappers het by Bíleam se huis aangekom en vir hom gesê wat Balak gesê het en gepleit, “Meneer Bíleam, asseblief! Koning Balak sal groot eer aan jou gee en vir jou enige betaling gee wat jy wil hê. Noem net jou prys.”

Bíleam het geantwoord, "Die vorige keer, het die Here vir my NEE gesê. En selfs as julle my 'n hele paleis vol silwer en goud belowe, sal ek NIE die woord van die Here my God ongehoorsaam wees nie. Maar bly weer oor vannag en ek sal hoor of Hy hierdie keer van plan verander het.”

Bíleam het vroom voorgekom met die Godvresende woorde wat hy gespreek het, maar die rykdom en die eer wat Koning Balak hom belowe het, was so aanloklik, dat die vooruitsigte om ryk te wees 'n geheime afgod, wat diep binne in sy hart weggesteek was, geword het. Dit is waarom Bíleam hierdie keer, regtig baie graag saam met hierdie vooraanstaande boodskappers wou gaan. Daarom het die Here daardie nag hom volgens die begeerte in sy hart geantwoord en vir Bíleam gesê dat hy saam met hulle kon gaan. Daar was egter een voorwaarde: Bíleam moes net sê wat die Here wou hê hy moes sê.


They did not get very far before Balaam's donkey suddenly started to act weird Vroeg die volgende oggend, was die boodskappers só bly om te hoor dat hy saam met hulle sou kom. Terwyl hy gedink het hy gaan 'n groot slag slaan, het Bíleam gretig sy getroue donkie opgesaal en hy en twee van sy dienaars was deur die prinse vergesel terug na Moab toe. Bíleam moes gedink het dat, as die Here van plan verander het omdat Hy toegelaat het dat Bíleam saamgaan, het Hy ook waarskynlik van plan verander om nie die Israeliete te vervloek nie. Maar Bíleam sou gou uitvind dat hy heeltemal verkeerd was want, sover as wat dit die Here aangaan, verander Hy NOOIT van plan nie as Hy besluit het om iemand te seën.

Die geselskap mans het nie baie ver gekom nie, toe Bíleam se donkie skielik vreemd begin optree het. Sy het uit die pad gespring, in 'n veld in, en hy moes klou vir sy lewe. Bíleam het nie verstaan wat nou aangegaan het nie want sy donkie was gewoonlik baie gehoorsaam. In sy onkunde, het hy haar met sy lat geslaan totdat sy terug op die pad was. Bíleam was salig onbewus daarvan dat 'n Engel van die Here, met 'n uitgetrekte swaard in sy hand, die pad geblokkeer het en hom wou doodmaak. Hoewel hy daarin geroem het dat hy 'n man was wat God hoor praat het en daarop aanspraak gemaak het dat hy God se planne ken, het hy nie geweet die engel was daar nie omdat sy hart verkeerd was voor die Here. Dit was sy getroue donkie wat die Engel van die Here gesien en Bíleam se lewe gered het.

Soos hulle verder gegaan het, het die pad waarop hulle gereis het tussen twee wingerdmure wat naby aan mekaar gekom het gegaan. Hierdie keer het die Engel reg voor hulle daar tussen die mure gestaan. Toe hy die Engel probeer vermy, het die verskrikte donkie na die een kant toe weggedeins, teen die muur geskuur en in die proses Bíleam se voet teen die muur vergruis. Skreeund van pyn, het hy die arme donkie weer kwaad met sy stok geslaan.

Balaam beat the poor donkey with his rod again Toe het die Engel op 'n plek verder af met die pad gaan staan waar die pad so nou was dat die donkie nie na die linkerkant of na die regterkant by hom kon verbygaan nie. Die enigste ding wat sy kon doen, was om te stop en te gaan lê op die grond. Hierdie keer was Bíleam smoorkwaad. In 'n siedende vloermoer, het hy die arme donkie weer met sy stok geslaan. Wat was aan die gang met sy donkie? Waarom het sy hom al hierdie probleme gegee?

Bonatuurlik, het die Here die donkie 'n menslike stem gegee en sy het begin praat. “HIE-HAA! Wat het ek aan jou gedoen? Waarom slaan jy my nou al drie keer?”

Woedend, het Bíleam geskreeu, “Omdat jy my soos 'n dwaas laat lyk voor al hierdie vername manne! Ek wens ek het 'n swaard gehad om jou mee dood te maak!”

“HIE-HAA! Het ek al ooit so iets in my hele lewe gedoen?” het die donkie dapper gevra.

Terwyl Bíleam kalm geraak het, het hy erken, “Nee. Waarom nou?” Dit was toe dat hy opgekyk en die Engel in die pad sien staan met 'n ontblote swaard wat in die sonlig geglinster het.

Van pure skok, het hy plat op sy gesig geval op die grond. Met 'n harde stem, het die Engel gevra, “Waarom het jy soos 'n mal mens jou donkie daardie drie keer geslaan?”

Sonder om Bíleam 'n kans te gee om te verduidelik, het die Engel voortgegaan en gesê, “Ek het gekom om jou te stop omdat jy moedswillig hardkoppig en teenstrydig met My is. In jou gierigheid, jaag jy agter eer en rykdom aan. Jy behoort jou donkie te bedank, omdat Ek jou al drie keer sou doodgemaak het en háár lewe gespaar het. Maar elke keer het jou donkie jou lewe gered en terwyl sy van jou 'n loesing ontvang het.”

Dadelik het Bíleam jammer gevoel oor sy optrede, sy sonde bely en gesê, “Ek het gesondig! Ek het nie geweet dat U my pad versper het nie. As dit U behaag, sal ek nou dadelik weer huistoe gaan.”

Nou het die Engel Bíleam se volle aandag gehad en Hy het geantwoord, “Gaan saam met die manne, maar wees baie versigtig om net te sê wat Ek jou beveel om te sê.”

Met Bíleam terug by sy sinne, vasbeslote om net te sê wat die Here sou sê, het die reisgeselskap hulle reis voortgesit na Moab toe. Toe Koning Balak hoor hulle was aan die kom, het hy dadelik sy paleis verlaat en hulle tegemoet gegaan by die Arnonrivier aan die grens van Moab.

Why did you take such a long time to come “Hoekom het jy so lank gevat om hierheen te kom?” het Koning Balak vir Bíleam gevra. “Het jy my nie geglo toe ek jou laat weet het ek kan jou eer en rykdom gee nie?”

Bíleam het geantwoord, “Ek is nou hier, maar ek kan slegs sê wat die Here my beveel om te sê, niks meer nie en niks minder nie.”

Toe het Bíleam Koning Balak vergesel na Kirjat-husot, waar hulle bulle en skape geoffer het. Die volgende oggend, het Koning Balak Bíleam na die top van die berg Barmoet-baäl geneem van waar hulle die begin van die Israeliete se kamp kon sien.

Bíleam het vir Koning Balak gesê, “Bou sewe altare hier, en berei sewe bulle en sewe ramme voor as offers aan die Here.”

Nadat 'n bul en 'n ram op al sewe altare geoffer is, het Bíleam teen 'n nabygeleë kaal heuwel opgeklim en met die Here gepraat terwyl Balak en die vername prinse gewag het by die altare. Die Here het vir Bíleam 'n boodskap vir Koning Balak gegee.

Die boodskap was: “Koning Balak het my geroep al die pad van die berge van die ooste af om die kinders van Israel te kom vervloek en hewig te veroordeel. Maar hoe kan ek hulle vloek en veroordeel wat die Here nie vervloek het nie? Hulle woon alleen, afgesonder van die ander volke. Hulle is te veel om te tel. Mag ek gelukkig en opreg sterf voor die Here soos hulle.”

Arme Koning Balak het amper flou geval en gekla, “Ag, nee! Ek het jou gevra om hulle te vervloek en nou het jy my vyande oorvloedig geseën!”

Bíleam het ferm geantwoord, “Ek het vir jou gesê ek kan slegs sê wat die Here wil hê ek moet sê.”

Koning Balak was glad nie van plan om nou al moed op te gee nie. Hy het Bíleam na 'n ander plek geneem, en dwaaslik gehoop dat die Here van plan sou verander as hulle van ligging sou verander. So, volgende, het hulle teen berg Pisga opgeklim waar hulle weer sewe bulle en sewe ramme geoffer het op sewe altare. Bíleam het 'n entjie weggegaan van Koning Balak en die Moabitiese prinse, waar hy die Here kon ontmoet en 'n tweede boodskap kry.

Die boodskap was: “Luister Balak, God lieg nie soos mense nie en Hy verander nie van plan soos mense nie. Hy hou altyd sy beloftes en gaan nie terug op hulle nie. Die Israeliete HET NIE GESONDIG nie en dit is waarom Hy geen rede het om hulle nie te seën nie. Hy is met hulle, maak hulle sterk en hulle loof Hom as hulle Koning. NIEMAND kan hulle vervloek of 'n towerspreuk oor hulle uitspreek nie. God doen wonders vir hulle en Hy sal hulle triomferend maak.”

If you will not curse them at least do not bless them Koning Balak was baie ontevrede en het uitgeroep, “As jy hulle nie wil vervloek nie, moet hulle ten minste nie seën nie!”

Net soos die eerste keer, het Bíleam geantwoord en gesê, “Het ek nie vir jou gesê nie? Ek moet net sê wat die Here wil hê ek moet sê!”

Nadat Bíleam Israel twee keer geseën het, het Koning Balak steeds gehoop die Here sou van plan verander en hulle vervloek as hy Bíleam weer na 'n ander plek sou neem. Hierdie keer, het hulle teen berg Peor opgeklim, en oor die woestyn uitgekyk.

Weer het hulle sewe altare gebou en sewe bulle en sewe ramme op elke altaar geoffer. Maar, daardie offers het niks beteken vir die Here nie omdat die harte van Koning Balak en die prinse nie reg was voor Hom nie.

Teen hierdie tyd, het Bíleam presies geweet wat die Here wou sê. Meteens, van hoog van daarbo, het hy afgekyk na die laer van die Israeliete wat oor die vlaktes uitgestrek was, stam vir stam, en die Gees van die Here het oor hom gekom. Soos die woorde van diep binne-in sy hart opgeborrel het, het hy die derde boodskap van die Here uitgespreek.

Die derde boodskap was: “Bíleam, die seun van Beor, wie se oë oop is en die visioene van God sien, wie die woorde van God hoor, ek sien die vreugde van die volk Israel. Hulle het pragtige huise; hulle is so voorspoedig soos groen valleie en vrugbare tuine met oorvloed water, net soos aalwyne en sederbome wat geplant is deur die Here self. Hulle koninkryk is verhewe en hulle is sterk. Hulle sal die volke wat hulle teëstaan verwoes. Hulle is bang vir niks nie en almal is bang vir hulle. Geseënd is diegene wat hulle seën en vervloek is diegene wat hulle vervloek!”

Teen hierdie tyd, was Koning Balak smoorkwaad. Terwyl hy sy hande saamgeslaan het van woede, het hy geskreeu, “Ek het jou laat kom om my vyande te VERVLOEK, maar jy het niks anders gedoen as om hulle hierdie drie kere te SEËN nie! Ek wou groot eer en rykdom aan jou skenk, maar die Here het dit van jou weerhou! Maak dat jy wegkom van my af en gaan dadelik huistoe!”

Bíleam het vlugtig na sy donkie geloer en geantwoord, “Ek het vir jou gesê ek kan nie my eie woorde sê of enigiets doen behalwe die woorde wat die Here vir my gegee het nie, selfs al het jy my 'n hele paleis silwer en goud gegee. Maar voor ek huistoe gaan, laat my jou vertel wat die Israeliete met jou volk sal doen in die toekoms.”

Toe het Bíleam geprofeteer en gesê, “Bíleam, die seun van Beor, het voor die Here die Almagtige God neergeval wat sy oë en ore oopgemaak het en vir hom gewys het dat daar in die verre toekoms 'n ster uit Jakob kom, 'n heerser van Israel. Hy sal die volk van Moab en al sy seuns verslaan. Israel sal die lande van baie nasies besit en hulle vyande oorwin, magtig word en hulle stede verwoes!”

Then Balaam returned to his home Toe het Bíleam en Koning Balak altwee opgestaan en teruggekeer huistoe. Soos hulle paaie geskei het, kon 'n luide HIE-HAA, wat teen die kranse weerklink het, gehoor word. Die klank het af na die vallei daar onder gesweef na waar die Israeliete gekamp het. 'n Mens kon amper sien hoe Moses opkyk en 'n gevoel kry van die seën en waarskuwing van die Here om hulleself rein van hart te hou.

Terwyl Koning Balak terug by sy huis gerus en nagedink het oor die woorde van Bíleam, het hy skielik iets besef. “Ha!” het hy uitgeroep. “Ek weet hoe om Israel by te kom!”

Koning Balak het besef dat Bíleam die geheim van waarom die Here Israel nie wou vervloek nie in sy seënwense geopenbaar het! Dit was omdat Israel nie besig was om te sondig nie, maar hulleself afgesonder het vir die Here, en hulleself afgeskei het van die ander nasies en hulle walglike afgodery.

So het skelm Koning Balak 'n ander soort stryd ontdek wat die Moabiete kon stry teen die Israeliete om skade aan die kinders van Israel te doen. Sy oorlogsplan sou 'n geestelike stryd wees, waarin hy hulle sou aanval deur hulle te laat SONDIG!

Hy het pragtige jong Moabitiese meisies onder hulle ingestuur om die jongmanne van Israel te nooi om hulle te vergesel na wilde partytjies. Tydens hierdie partytjies, het die meisies die mans verlei om sonde te doen en offers te bring aan die Moabitiese afgode. God was glad nie gelukkig nie, want hierdie manne het sy gebooie verbreek, en daardeur sy beskerming oor hulle weggeneem sodat hulle weerloos teen ellende en rampe gelaat was. Op die ou einde, het 24,000 Israeliete gesterf van 'n plaag was slegs opgehou het toe daar behoorlik met hulle sonde afgereken was.


grass divider

“Jy sien, Jane,” het Ma voortgegaan. “Die Bybel sê in Spreuke 26:2 dat 'n vloek niks kan doen aan iemand wat dit nie verdien nie. Maar niemand is sonder sonde nie en ons is almal onder die vloek van God. Dit is waarom Jesus Christus gekom het. Hy is die ster, die Heerser van Israel van wie Bíleam geprofeteer het. Jesus het 'n vloek geword in ons plek en het aan die kruis vir ons gesterf sodat ons geseënd kan wees in sy plek. Al die vloeke het saam met Hom graf toe gegaan en daar gebly, maar Hy self het opgestaan en sy geseënde plek langs ons hemelse Vader ingeneem. Solank ons in Hom bly, is ons ook saam met Hom geseën en vry van vloeke.

“Wat ons moet doen om vloek-vry te wees, is om alle bekende sondes te bely, en onsself heeltemal aan Jesus oor te gee en sy wil te doen. Jesus het ook geleer dat as ons vergewe wil wees, dan moet ons almal wat teen ons gesondig het vergewe en ons moet selfs verder gaan en hulle wat ons vloek, seën en vir hulle bid.

“Dit is ook belangrik dat ons nie deelneem aan dinge soos fortuinvertellery, astrologie of horoskope nie. God laat hierdie dinge nie toe nie, omdat dit 'n deur oopmaak vir die duiwel om in ons lewens in te kom en ons skade te doen. God wil nie sien dat ons skade ly nie. Hy sal ons beskerm as ons getrou aan Hom sal bly. Hy het gesê ons moet Hom aanroep in die dag wanneer ons benoud is en Hy sal ons red. Prys die Here vir sy beskerming!”

grass divider

ONTHOU!

Hou jou hart reg met God, luister na sy waarskuwings en jy sal geseën wees!



DINK!

1. Watter sonde was diep weggesteek in Bíleam se hart?
2. Hoe het hierdie geheime sonde amper sy dood veroorsaak?
3. Hoeveel keer het die Engel probeer om Bíleam dood te maak en wat het die donkie elke keer gedoen?
4. Wat het Bíleam met die donkie gedoen?
5. Het jy 'n geheime sonde? Bely dit voor die Here.
6. Het Bíleam die Israeliete geseën of vervloek?
7. Hoe het Koning Balak en die Moabiete veroorsaak dat die Israeliete sondig?
8. Wie het 'n vloek vir ons geword en ons sondes weggeneem?



'N VERS OM TE LEER:

“Bíleam, die seun van Beor, wat die loon van
ongeregtigheid liefgehad het, maar die bestraffing van
sy eie oortreding ontvang het: die stom lasdier het
met die stem van 'n mens gepraat en die waansinnigheid
van die profeet verhinder” (2 Petrus 2:15b-16).



ALTERNATIEWE VERSE OM TE LEER:

“Seën en moenie vervloek nie” (Romeine 12:14b).

“Wees nie haastig in jou gees om jou te vererg nie,
want ergernis rus in die boesem van die dwase” (Prediker 7:9).

“Want die toorn van 'n man bewerk nie die
geregtigheid van God nie” (Jakobus 1:20).



PRAKTIESE TOEPASSING

Dink jy dit is reg om iemand te slaan of te vloek
hulle as jy kwaad is vir hulle? Wat moet jy eerder
doen?

[Na bespreking:] Die Bybel sê dit is dwaas om
vinnig kwaad te word en dit is baie beter om nie
gou jou humeur te verloor nie. Dit sê ook dat ons
nie moet aanhou om kwaad te wees nie, maar liewer
die beste ding doen en ons woede aan God oorgee,
want die oordeel behoort aan Hom. Kies vir jou 'n
teksvers hierbo om te onthou en jou te help
wanneer jy kwaad wor.



LAAT ONS BID:

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, dankie vir U Seun Jesus Christus
wat 'n vloek vir ons geword het sodat ons geseën kan wees.
Ons is jammer dat ons teen U gesondig het.
Vergewe ons asseblief en reinig ons van al ons sondes.
Ons dank U vir u beskerming.
Help ons om mense altyd te seën, selfs ons vyande.
In Jesus se Naam bid ons. Amen.
****************************************************



KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

Númeri 22–25; 31:16



BIBLE STORY ARCHIVE
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html


crayons

Donkey Talk Coloring Page (online)
Balaam and the Donkey Coloring Page (online)
Balaam Travels to Moab (online)
Donkey Coloring Pages (online)

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle (online)
Word Search (online)
Fill in the Blanks (online)
Crossword Puzzle (online)
Cryptogram (online)
Maze (online)
Balaam Activities (online)
Freeze Dance Bible Game (online scroll down)
What's Different: Balaam (online)
A Talking Donkey Dial-a-Message (online)
An Angel Along the Way Connect the Dots Printout (online)
Bible Quiz: Balaam (online)
Balaam's Donkey Word Search (online)
If Jesus died on the cross, how can He be alive today? (online)

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

Donkey Crafts (online)
Balaam's Talking Donkey Craft (online)
Balaam's Donkey Showers of Blessing Craft (online)
Donkey Paper Craft (online)
Donkey Puppet Craft (online)
Donkey Toilet Paper Roll Craft (online)
Talking Donkey Puppet Craft (online)

Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids (online)

The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible



child reading a book

A Talking Donkey (read online)

Bible Infographics for Kids: Giants, Ninja Skills, a Talking Donkey,
and What's the Deal with the Tabernacle


Hey God, I'm Sorry to Be Stubborn, But I Just Don't Like Anyone Riding on My Back!
The Donkey Tells His Side of the Story


Talking Donkeys and Wheels of Fire:
Bible Stories That are Truly Bizarre - eBook


13 Very Amazing Animals and How God Used Them

What a Wise Man Learned from an Ass
(Hurlbut's Story of the Bible Ages 6-12, 1904 Edition) (online)

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress for Kids
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Complete Illustrated Children's Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and DVDs

Superbook: The Bible's Stubbornest Messenger (online)
The Mr. Phil Show - Volume 1, DVD

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



birds singing

Count Your Blessings Sing-A-Long (online)
It's Possible with God (online)
Little Talking Donkey (online)
My God Is So Big (online)
Obedience (online)

100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

Balaam Curriculum and Activities (online)
Balaam and His Donkey Free Bible Images (online)
Balaam and the Talking Donkey Kids Ages 7-8 (online)
Balaam's Talking Donkey Early Elementary (online)
Did Balaam's donkey really talk to him? (online)
The Error of Balaam (online)
The Story of Balaam lesson Grades K-2 (online)
Who was Balaam in the Bible? (online)

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)


grass divider

The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2023 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated May 1, 2023
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources