The Children\'s Chapel


Die Vrou by die Put
’n storie oor die vrou van Samaria

Text Version | English | Italian

deur Brian Carlisle

Drawing of three children in a row with their arms around the shoulder of the one beside them

“Haai, wil jy saam met my kerk toe gaan Sondag?” het Greg entoesiasties vir sy vriendin in die skoolgang gevra. “Ons Sondagskoolklas het ’n kompetisie om te sien wie die meeste besoekers in ’n maand kan saambring. Ek wil regtig baie graag wen, en, buitendien, ons het ’n wonderlike kerk en ek weet jy sal van my onderwyseres hou!”

“Jy probeer regtig hard om daardie kompetisie te wen,” het April geglimlag, terwyl sy haar pragtige blonde hare agter oor haar skouers gevee het. “Maar as ons nie nou by die klas uitkom nie, gaan ons altwee in die moeilikheid kom.”

“Klas!” het Greg uitgeroep. “Ek het heeltemal van die tyd vergeet. Laat ons gou maak!” Terwyl die twee vriende hulself na die klas gehaas het, het April vir Greg belowe om hom die volgende dag te sê of sy na sy kerk toe kan kom die volgende Sondag.

Toe Juffrou Kendal, die wiskunde, onderwyseres haar les begin het, het Greg in die klaskamer rondgekyk om te sien of hy dalk iemand gemis het om uit te nooi na sy kerk. “Nee, dit lyk of ek almal genooi het….”

Greg se gedagtes het gedwaal toe die klaskamerdeur oopgaan en Rose stil die klaskamer binnegekom het.

“…almal behalwe Rose.” Greg het sy neus opgetrek toe die gedagte hom tref. As jy dink aan ’n roos, dink jy aan iets sag, mooi en met ’n heerlike geur. Maar Rose, die meisie, was net die teenoorgestelde. Niemand het ooit met Rose gepraat nie. Haar hare was altyd gekoek, haar gesig en klere was altyd vuil en sy het altyd verskriklik geruik!

"Jig!" het Greg sy kop geskud. "Ek gaan nie vir Rose uitnooi om saam met my Sondagskool toe te gaan nie!”

Terwyl Greg weer probeer het om sy aandag terug te kry by sy studies, het die les wat sy Sondagskool onderwyseres, Juffrou Davis, net ’n paar dae tevore vir hulle geleer het, hom begin pla. Die les was uit Johannes 4:4-42. Dit was die les oor die vrou by Jakob se Put.

“Goeie môre.” Juffrou Davis het die klas gegroet. “Ek het vir julle 'n baie spesiale les vandag. Ek gaan vir julle die storie vertel met die naam van die Vrou by die Put.

flowersflowers

Samaria “Die Bybel sê vir ons in Johannes 4:4, dat Jesus en sy dissipels deur die land van Samaria gegaan het om hulle volgende bestemming te bereik. Samaria was ’n plek waarvan die Jode nie gehou het nie. Gewoonlik sou die Joodse mense met ’n groot ompad reis om te verhoed dat hulle voete die grond van Samaria aanraak. Samaria was onrein — dit was Vuil!”

Aangesien Juffrou Davis al die studente se volle aandag gehad het, het sy ’n bietjie stadiger verder gegaan. “Toe Jesus by ’n plek met die naam Jakob se Put aangekom het, was Hy moeg en het rus nodig gehad. Die tyd was die “sesde uur” of omtrent middaguur, die warmste deel van die dag. Omdat hulle iets te ete nodig gehad het, het Jesus sy dissipels gestuur om kos te gaan haal.

A woman from Samaria came
  to the well to get some water Terwyl sy dissipels weg was, sê die Bybel, het daar ’n vrou van Samaria na die put gekom om water te kom haal. Nou voor ons enigsins verder gaan,” het Juffrou Davis haar storie onderbreek, “laat my julle iets van hierdie vrou vertel.

“Al die vrouens van die dorp het altyd na die put gekom in die vroeë oggend om water te kom haal. Die dag was koeler, en buitendien was al die ander vroue daar en dan het hulle ’n goeie kans gehad om bymekaar te kuier en te gesels. Die enigste vroue wat nie in die oggende gegaan het nie, was die vroue wat beskou was as sondig of vuil.

“Hierdie vrou wat Jesus ontmoet het, was een van die sondige, vuil vroue. Weens haar sondige lewe, was sy nie toegelaat om water te gaan haal terwyl al die ander vroue na die put gekom het nie. Sy moes wag totdat niemand anders daar was nie.”

When the woman reached the well Jesus asked her to give him something to drink Juffrou Davis het gekyk hoe al die kinders instemmend hulle koppe geknik het, dat hierdie vrou ’n sondige en vuil vrou was. Toe het sy weer begin. “Toe die vrou by die put aangekom het, het Jesus vir haar gevra om vir Hom water te gee om te drink. Die vrou was geskok! Sy het inderdaad vir Jesus gevra waarom Hy selfs met haar gepraat het.

“Jesus het nie sy neus opgetrek en haar ’n vuil sondaar genoem nie. In plaas daarvan, het Jesus vriendelik met haar in ’n raaisel gepraat. Hy het gesê, “Vrou, as jy geweet het Wie met jou praat, die gawe van God, sou jy My gevra het om vir jou water te gee om te drink en Ek sou vir jou die Lewende Water gegee het.”

“Natuurlik het dit die vrou laat kopkrap. Jesus het pas vir haar gevra om vir Hom water te gee om te drink, en nou sê Hy Hy kan vir haar water gee. Arrogant het sy geantwoord dat die put diep was en dat Jesus niks gehad het om die water uit te trek om vir haar te gee nie. Sy het toe gesê, “Is jy groter as Jakob wat vir ons die put gegee het?”

Samaritan woman “Jesus het vriendelik na haar gekyk en verduidelik, ‘Hy wat van hierdie put se water drink, sal weer dors word. Maar die water wat Ek vir hom sal gee, sal veroorsaak dat jy nooit weer dors word nie. Dit sal ’n put van water wees wat opspring tot in die ewige lewe!’

“Hierop het die vrou vir Jesus gesmeek om vir haar hierdie water te gee. Maar Jesus het geantwoord dat sy eers haar man moes gaan haal om hom te ontmoet. Hartseer het die vrou geantwoord dat sy geen man gehad het nie. Jesus, alwetend, het geantwoord dat sy Hom reg geantwoord het, want sy het reeds 5 mans gehad en die man saam met wie sy nou gebly het, was nie haar man nie.

“Hoe skuldig moes die vrou nie gevoel het nie!” het Juffrou Davis opgemerk. “Dit is waarom sy eers in die middel van die dag by die put was. Sy was sleg en vuil! Almal het haar gehaat!"

flowersflowersflowers

Juffrou Davis het toe saggies met haar klas begin praat. “Julle sien, Jesus het reeds geweet sy was ’n sondige vrou en sy het dit ook reeds geweet. Maar Jesus het nie na die wêreld gekom om sondaars te veroordeel nie, maar om hulle tot geregtigheid te roep.

The woman instantly ran into the city and began telling everyone about the man at the well who knew all about her and still talked kindly to her “Nadat hy verder met die vrou gepraat het, het Jesus geopenbaar dat Hy die Messias, die Verlosser van die Wêreld was.” Juffrou Davis het geglimlag. “Die vrou het dadelik na die stad gehardloop en begin om vir almal te vertel van die man wat by die put was en alles oor haar geweet het en nog steeds vriendelik met haar gepraat het. Sy het hulle vertel dat Hy die Christus was!”

“Die Bybel sê dat die hele dorp uitgekom het om Hom te ontmoet en Hom te vra om by hulle in hulle dorp te bly. Uit sy goedheid, het Jesus gebly en deur sy woord en die vrou se getuienis, sê die Bybel, het baie mense Jesus daar as hulle Verlosser aanvaar.”

“Wat ’n wonderlike storie!” het Greg vir sy onderwyseres gesê.

“Net nog een ding,” het Juffrou Davis gesê. “Toe die dissipels met die kos teruggekeer het na Jesus by die put, was hulle verwonderd dat Hy met so ’n sondige vrou gepraat het, maar hulle het van beter geweet as vir Hom te vra waarom. Nadat die vrou hulle verlaat het om dorp toe te gaan, het die dissipels nader na Jesus gekom om vir Hom van die vleis, wat hulle gebring het, aan te bied.

“Tot hulle verbasing, het Jesus gesê dat Hy nie honger was nie. Hy het vol gevoel, omdat Hy die wonderlike wil van God gedoen het. Uiteindelik het Jesus met sy dissipels gepraat en vir hulle vertel dat die tyd om siele te wen vir die Here kort was en dat hulle hard daaraan moes werk. Soms sou hulle iemand vir die Here wen en soms sou iemand anders hulle later na die Here ly, maar die doel was om teenoor almal te getuig.”

flowersflowersflowers

Die storie wat Juffrou Davis die vorige Sondag vir hulle vertel het, het aangehou om by Greg te spook vir die res van die oggend. Teen middagete daardie dag, het Greg sy skinkbord kos opgetel en na die tafel met sy vriende geloop. Die kos, wat gewoonlik lekker was, het in Greg se maag gebrand. Na net drie happies, het hy sy vurk neergesit en gekyk na waar Rose alleen daar oorkant in die eetkamer gesit het. Stadig, met ’n skrikkerige gevoel, het Greg sy skinkbord opgetel en na die tafel aan die ander kant van die eetkamer geloop en oorkant Rose gaan sit.

“Rose, sal jy graag saam met my kerk toe wil gaan hierdie Sondag?”

“Ja, ek sal graag wil,” het Rose verleë geantwoord.

Vir die res van die middagete, het Greg en Rose gesit en gesels oor Sondagskool. Daardie Sondag, het Rose vir die heel eerste keer in haar lewe kerk toe gegaan en selfs tot Jesus gebid om in haar siel te kom bly.

Net ’n week later, het Rose en haar familie na ’n ander plek getrek en Greg het haar nooit weer gesien nie. Wat ook al met Rose gebeur het, sal Greg nooit weet nie. Maar een ding wat Greg wel weet, is dat God bly was dat hy gegaan het en die vuil, deurmekaar en onwelriekende meisie genooi het om saam met hom Sondagskool toe te gaan. En al het die ander kinders in sy klas hom vir ’n lang tyd geterg oor Rose, was Greg trots daarop dat hy Jesus se voorbeeld toe Hy die Vrou by die Put ontmoet het, gevolg het.


flowersflowersflowers

DINK!

1. Wat was die naam van die plek waar die Jode nie naby wou gaan nie?
2. Waarom dink jy het Jesus by die put gestop?
3. Waarheen het Jesus se dissipels gegaan?
4. Waarom het die vrou na die put gekom?
5. Wat het Jesus die vrou gevra om te doen?
6. Waarheen het Jesus die vrou gestuur nadat Hy vir water gevra het?
7. Hoeveel mans het die vrou gehad?
8. Wat het die vrou gedoen toe sy teruggegaan het na die dorp?
9. Kan jy dink aan iemand wat jy van Jesus kan vertel?

ONTHOU:

Daar is baie hartseer mense wat van Jesus moet weet.



’N VERS OM TE LEER

“Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word” (Johannes 3:17).


PRAKTIESE TOEPASSING

Watter soort dinge maak dat jy nie van ander hou nie? Miskien is dit hoe hulle lyk of aantrek, of loop of praat. Miskien is dit omdat hulle baie arm of baie ryk is. Miskien hou jy nie van die kleur van hul vel nie, of omdat hulle in ’n ander woonbuurt woon, of ’n ander kultuur as jy het. Miskien kom hulle swak of skaam voor, of is hulle sleg in sport? Miskien sukkel hulle om in die klas te leer en antwoord al die vrae verkeerd? Voel jy jy is beter as hulle?

Hoe behandel jy mense van wie jy nie hou nie? Hoe dink jy sou Jesus hulle behandel? Dink jy Jesus is ook lief vir hulle en sal daarvan hou dat hulle Hom leer ken?

[Na bespreking:] Jesus het nie net vir een groep mense gekom nie. Hy het vir almal gekom en Hy het ook vir jou gekom. Dit maak nie saak hoe jy lyk, of praat of aantrek, of hoeveel geld jy het, of hoe slim jy is nie. Hy het almal lief, en Hy wil hĂȘ jy moet almal vertel hoe lief Hy hulle het, of jy nou van hulle hou of nie.

Kan jy dink aan maniere waarop jy mense kan vertel hoe lief Jesus vir hulle is? Kom ons bid en vra God om ons geleenthede te gee om vir ander te vertel hoe lief Jesus hulle het.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Liewe God, dankie vir U liefde. Help my om vir ander te vertel
dat U hulle baie liefhet. In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************

KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Johannes 4:4-42


Something to color

Beginner Coloring Page (online)
Color the Memory Verse (online)
Bible Colour and Learn: 17 People in The Life of Jesus
Samaritan Woman coloring page (online)
Jesus and the Woman at the Well coloring page (online)

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books


JUST FOR FUN

Color, Cut, and Scramble - Page 1 (online)
Color, Cut, and Scramble - Page 2 (online)
Crossword Puzzle (online)
Jigsaw Puzzle (online)
Maze (online)
Word Search (online)
Fill in the Blank (online)
Games (online)
Jumble (online)
Multiple Choice (online)
Woman at the Well activity ideas (online)


Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles


child reading a book

Bible Infographics for Kids Epic Guide to Jesus:
Samaritans, Prodigals, Burritos, and How to Walk on Water


Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible


Songs

The Woman of Samaria (online)
Donut Man: If You're Thirsty (online)
Jesus Gave Her Water That Was Not from the Well (online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music


crafts

Living Water Craft (online)
Woman at the Well Bible Crafts (online)

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids (online)


CDs and Videos

Abeka Bible Truth DVD #9: Woman at the Well and more
Are You My Neighbor (Veggie Tales)
Jesus and the Samaritan Woman (online)
Jesus and the Woman of Samaria (online)
Jesus Is All We Need: Living Water Experiment (online)
LifeKids: Woman at the Well (online)
Mind Reader (online for older kids)
Revive Our Hearts: Woman at the Well (online adult drama)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs


RESOURCES FOR PARENTS & TEACHERS

Eikon Bible Art: Woman at the Well
Object Lesson (online)
The Bible story of the woman at the well in easy English (Wycliffe online)
Evangelism Coach: Woman at the Well Prayer (online)
Hidden Questions: Lessons from the Woman at the Well (online)
Preschool ideas for the woman at the well Bible story (online)
The Samaritan Woman at the Well activities (online)
The Woman at the Well teacher notes (online)
What should we learn from the woman at the well? (online)

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)

flowersflowersflowers

Copyright © 2023 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Afrikaanse Bybelstories
childrenschapel.org/bibstory2_af.html

Add/update a Bible story resource

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated January 13, 2023
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources