The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids



Skattejag
deur Sophia Prinsloo

Text Version | English


Skattejag

'n Skattejag met Bybelverse as leidrade kan baie pret wees en kan binnenshuis of buitenshuis gehou word.

Vir 'n binnenshuise skattejag, kan Bybelverwysings as leidrade op stukkies papier geskryf word en op verskillende plekke weggesteek word. Die kinders kan beurte maak om die versies in die Bybel voor almal te lees om die volgende leidraad te vind.

Vir 'n buitenshuise skattejag, kan 'n kaart verskaf word as die gebied groot is. Addisionele merkers soos kleurvolle linte of pyle sonder versies kan verskaf word om die kinders op koers te hou. Bybelverwysings, as 'n Bybel verskaf word, of Bybelversies in die geheel, kan in klein vuurhoutjiedosies of klein plastiekhouers (soos pilhouertjies) geplaas word. Indien nodig kan stukkies tou gebruik word om dit aan takke ensovoorts vas te bind. Leidrade kan ook binne-in water, soos 'n swembad, 'n groot wasbak, of selfs 'n rivier, dam of meer weggesteek word (afhangende van die kind se ouderdom), deur die leidraad in 'n bottel te plaas, dit aan 'n tou vas te maak en dit laat dryf, of sink met 'n gewig daaraan vasgebind.

Maak seker die skatkis die moeite werd deur genoeg versnaperinge in te sluit en vir elke kind miskien 'n klein geskenkie toegedraai in blink papier.

Hier is 'n paar voorbeelde van Bybelversies wat kan gebruik word:

Voorbeelde vir binnenshuise leidrade:

1. Versteek die leidraad by 'n lamp —

1 Samuel 3:3: “Toe die lamp van God nog nie doodgegaan het nie, en Samuel lê en slaap in die tempel van die HERE waar die ark van God was.”

2. Versteek die leidraad êrens op of onder die bed —

Ps 63:7: “As ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.”

Handelinge 9:34: “En Petrus sê vir hom: ‘Enéas, Jesus Christus maak jou gesond; staan op en maak jou bed op.’ En hy het dadelik opgestaan.”

3. Versteek die leidraad onder 'n kussing op 'n bed of bank —

Markus 4:38: “Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?”

4. Versteek die leidraad onder 'n staander van 'n lamp —

Markus 4:21: “En Hy het vir hulle gesê: Die lamp kom tog nie onder die maat emmer of onder die bed gesit te word nie Is dit nie om op die staander gesit te word nie?”

Lukas 8:16: “En Niemand steek 'n lamp op en maak dit met iets toe of sit dit onder 'n bed nie; maar hy sit dit op 'n staander, sodat die wat inkom, die lig kan sien.”

5. Versteek die leidraad êrens naby die deur —

Openbaring 3:20: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.”

Johannes 10:9: “Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.”

6. Versteek die leidraad naby 'n venster of bind 'n tou aan die venster met die leidraad in 'n vuurhoutjiedosie wat buite hang —

2 Korinthiërs 11:33: “En ek is in 'n mandjie deur 'n venste in die muur neergelaat en het aan sy hande ontkom.”

7. Versteek die leidraad in 'n bottel met 'n gewig in 'n bad of wasbak met water in —

Spreuke 20:5: “Die raad in die hart van 'n man mag diep waters wees, 'n man van verstand sal dit tog uitskep.”

8. Versteek die leidraad op of onder 'n tafel —

Matthéüs 15:27: “En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval.”

Lukas 22:30: “Sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.”

Voorbeelde van buitenshuise leidrade:

1. Versteek die leidraad in 'n vrugteboom, 'n vyeboom, palm boom, olyfboom of wilgerboom —

Génesis 1:11: “En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so.”

Rigters 4:5: “En sy het gesit onder die palm van Debóra, tussen Rama en Bet-el, op die gebergte van Efraim; en die kinders van Israel het na haar opgegaan vir regspraak.”

Johannes 1:51: “Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit!”

Lukas 19:4: “En hy het vooruit gehardloop en in die wildevyeboom geklim, sodat hy Hom kon sien, want Hy sou daarlangs verbygaan.”

Psalm 92:13: “Die regverdige sal groei soos 'n palmboom; hy sal groei soos 'n seder op die Libanon.”

Romeine 11:17: “;En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat 'n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olfyboom.”

Psalm 137:2: “Aan die wilgerbome wat daarin is, het ons ons siters opgehang.”

2. Versteek die leidraad by of in 'n rivier of stroom —

Psalm 46:5: “Die stroompies van 'n rivier maak die Godstad bly, die heiligste, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.”

3. Versteek die leidraad by 'n roosboom of lelie —

Hooglied van Salomo 2:1: “Ek is 'n narsing van Saron, 'n lelie van die dale.”

4. Versteek die leidraad by die grootste rots of klip in die gebied —

1 Samuel 2:2: “Niemand is heilig soos die HERE nie; ja, daar is niemand buiten U, en daar is geen rots soos onse God nie.”

5. Versteek die leidraad op 'n strand van 'n meer of in die meer —

Lukas 5:1: “En toe die skare by Hom aandring om die woord van God te hoor, gaan Hy by die meer Génesaret staan.”

6. Versteek die leidraad in 'n regte boot of speelgoed bootjie —

Matthéüs 13:2: “En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in 'n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan.”

7. Bind die leidraad aan 'n hek vas —

Psalm 100:4: “Gaan deur sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.”

8. Versteek die leidraad by 'n muur —

Amos 7:7: “Dit het Hy my laat sien — kyk, die Here het op 'n loodregte muur gestaan, en daar was 'n skietlood in sy hand.”

9. Versteek die leidraad op 'n hoogte —

Habbakuk 3:19: “Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes.”

2 Samuel 22:34: “Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes.”


Take me back to the Bible story


The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2022 by Children's Chapel.

You may NOT re-post this Bible story resource.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe...” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2022 www.childrenschapel.org
North Central Ohio, U.S.A.

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated February 14, 2022

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources