The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids



'n Stem in die Nag
deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas

Hannah brought Samuel to the tabernacle when he was still very young

Text Version | English


Jake dozed off to sleep and began to dream Jake het op die agterste sitplek van die motor neergeplof. Hy en sy ouers was by 'n sendingkonferensie op 'n naburige dorp en hulle was op pad terug nadat hulle 'n wonderlike tyd gehad het. Dit was so bemoedigend en opwindend om te hoor wat die Here deur Sy sendelinge in ander lande doen en dit het Jake se belangstelling geprikkel.

Terwyl Jake deur die venster na die liggies in die donker daar buite gestaar het, het hy gedink aan die dag se gebeure en gewonder hy of hy ooit 'n sendeling sou kon wees as hy groot is. Sou die Here hom ook miskien roep om na verre lande te gaan om Sy woord daar te verkondig of sou hy dit hier in sy eie land doen? Miskien kan hy dalk nou al iets vir die Here doen, maar hy wonder of hy nie nog te jonk en te klein is nie.

Stadig maar seker, het die dreuning van die motor se enjin hom aan die slaap gesus en hy het begin droom van 'n jong seun genaamd Samuel, wat baie lank gelede in die tyd van die rigters van Israel geleef het.



flower line


Samuel se ma, Hanna, was kinderloos, maar sy het 'n gelofte aan die Here gemaak, dat as Hy vir haar 'n seun sou gee, sy hom na die tabernakel in Silo sou bring om sy hele lewe lank daar diens te doen. God het haar gebed verhoor en Samuel is gebore.

Each year when his parents went to visit the tabernacle his mother brought him a new robe Sy het hom na die tabernakel geneem toe hy nog baie klein was, maar hy was nie bang nie, want sy ma het hom geleer dat die Here altyd met hom sou wees, al was sý nie daar saam met hom nie. Elke jaar wanneer sy ouers, Elkana en Hanna, die tabernakel besoek het, het sy vir hom 'n nuwe manteltjie gebring en dan het Eli, die priester van God, hulle geseën.

Eli, was al baie oud en blind en daarom was hy baie bly dat Samuel daar was om hom met sy dienswerk in die tabernakel te help. Dit was 'n baie besige plek, want al die Israeliete het offers vir die Here daarheen gebring en Eli moes toesien dat alles volgens die wet van die Here plaasvind.

Samuel het gehoorsaam alles gedoen wat Eli hom beveel het. In die oggende moes hy die deure oopmaak, sodat die mense kon inkom. Hy het gesorg dat al die lampe vol olie was en bly brand het, want daar was nie vensters in die tabernakel om lig van buite af binne te laat nie. Dan moes hy al die goud, silwer en kopergoed blink poleer totdat dit skitter. Soos hy groter geword het, het sy pligte al hoe belangriker geword soos wat Eli al hoe meer en meer aan hom toevertrou het.

Eli se twee seuns, Hofni en Pinehas — een met loerende oë en die ander met 'n skewe grinnik — het ook as priesters gedien, maar hulle het verkeerd gedoen in die Here se oë, want hulle was vermetel en selfsugtig. Wanneer die Israeliete hulle offers gebring het, het hierdie twee priesters altyd die beste deel van die offer, wat eintlik aan God behoort het, vir hulleself geneem. Soms het hulle geweld gebruik om dit doen. Dit was 'n groot sonde, want hulle het die offer vir die Here nie gerespekteer nie en veroorsaak dat die Israeliete ook nie die Here se offer gerespekteer het nie.

Eli het hulle maar net sagkens bestraf op sy eie manier en nie volgens die wet van die Here nie, maar hulle was so hardkoppig dat hulle nie wou luister nie. Al het hy het probeer om hulle te leer om die regte ding te doen, het hy sy seuns belangriker geag as God. Daarom het God besluit om hulle te straf en 'n oordeel oor hulle te bring.

One night while Samuel was sleeping he heard a voice call his name In die aande wanneer al hulle werk klaar was, terwyl die soet geur van wierook nog in die lug gehang het, het Eli dit geniet om vir Samuel te vertel van al die gebooie en wette, die feeste en al die verskillende offers. Eli het gesê die gebede van die mense het soos die rook van die offers opgestyg na God met 'n lieflike geur. Samuel het egter die meeste daarvan gehou om te hoor van God se wonderwerke: Van Moses wat self God se stem gehoor het en die Israeliete uit Egipteland uitgelei het. Van die Rooisee wat in twee verdeel het, die water uit die rots, die manna en nog baie meer.

Op die berg Sinai, het God met Moses gepraat soos met 'n vriend, en hom vertel hoe om die tabernakel te bou, die offers te bring en Sy gebooie en wette te gehoorsaam. Samuel het gewonder waarom God se stem nou al vir so lank stil was in Silo. Eli het nie God se stem gehoor nie, Hofni en Pinehas ook nie. Samuel het gewens hy kon die stem van God hoor, maar hy het gedink hy was seker maar nog te klein en te jonk en moes waarskynlik nog te veel leer.

Samuel went to Eli and said Here I am for you called me Een nag, terwyl Samuel geslaap het, het hy 'n stem na hom hoor roep, “Samuel, Samuel!”

Samuel het dadelik geantwoord en gesê, “Hier is ek!” Hy opgestaan en na Eli geloop en vir hom gesê, “Hier is ek, want u het my geroep.”

Half deur die slaap het Eli vir hom gesê, “Ek het jou nie geroep nie, gaan slaap maar weer." Hy het toe weer gaan lê.

Toe het die Here weer vir Samuel geroep, “Samuel, Samuel!”

Samuel went to Eli and said Here I am for you called me Weer het Samuel na Eli gegaan, “Hier is ek, want u het my geroep,” maar weer het Eli, wat nou 'n bietjie wakkerder was, vir hom gesê dat dit nie hy was nie en dat Samuel maar weer kon gaan slaap.

Skaars het Samuel weer gaan lê om aan die slaap te raak, toe hy weer die stem hoor, “Samuel, Samuel!”

Samuel het gedink, “Hierdie keer het Eli my seker regtig nodig,” en hy het na hom gegaan en gesê, “Hier is ek, want u het my geroep.”

Hierdie keer was Eli wawyd wakker en het besef dat dit die Here moes gewees het wat Samuel geroep het. Hy het vir Samuel gesê, “Dit was nie ek nie, maar gaan lê weer en as jy weer die stem hoor, sê vir Hom: ‘Spreek, Here, want u dienaar luister.’”

Toe het Samuel weer op sy plek gaan lê en die stem het weer geroep, “Samuel, Samuel!”

Eli told Samuel lie down again and if you hear the voice again tell Him Speak Lord for your servant is listening Samuel het geantwoord, “Spreek, Here, u dienaar luister.”

Die Here het vir Samuel ges≖, “Kyk, die ding wat Ek gaan doen, sal mense se ore laat tuit van skok, want Ek gaan Eli se bose seuns oordeel en straf vir al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het. Ek gaan ook vir Eli straf, omdat hy nie sy seuns ernstig bestraf het nie.” Samuel het met groot oë geluister maar bly lê tot die oggend toe. Hy was nogal bang om vir Eli die slegte nuus te vertel, want Eli was vir hom soos 'n pa.

Nadat Samuel die deure oopgemaak het, het Eli hom geroep en gesê, “Samuel, my seun, wat is die boodskap wat die Here vir jou gegee het? Moenie waag om iets vir my weg te steek nie, anders sal die Here jou straf.” Toe het Samuel vir Eli alles vertel wat die Here gesê het en het niks teruggehou nie. Eli het toe gesê, “Hy is die Here, laat Hom doen wat goed is in sy oë.”

Omdat Samuel getrou was om die woord van die Here net so aan Eli mee te deel, het die Here meer en meer boodskappe, goed of sleg, aan Samuel toevertrou om vir die mense te gee en AL sy woorde het waar geword. Samuel het groot geword en almal het geweet dat die Here met hom was en hulle was baie bly dat God weereens met sy mense gepraat het in Silo.

flower line

“Jake, Jake!” Jake hoor half deur die slaap iemand na hom roep en hy voel iemand skud hom aan sy arm. Toe hy sy oë oopmaak, het hy sy pa se glimlaggende gesig reg voor hom gesien, “Jake, ons is by die huis, jy kan nou in jou eie bed gaan verder slaap.”

“Pa, Pa, ek is so bly! Ek het 'n droom gehad en nou weet ek dat ek nie te jonk of te klein is om deur die Here gebruik te word nie!”


flower line

DINK!

1. Wie was Hofni en Pinehas se pa?
2. Waarom wou God Eli en sy seuns straf?
3. Hoeveel keer het Samuel na Eli gegaan en vir hom gesê, “Hier is ek”?
4. Hoeveel keer het die stem van die Here vir Samuel geroep?
5. Wat het Samuel vir die Here gesê?
6. Is jy te jonk en te klein om deur die Here gebruik te word?
7. Wat dink jy kan jy vir die Here doen?



ONTHOU:

Jy is nooit te jonk om deur die Here gebruik te word nie.



'N VERS OM TE LEER

“Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees 'n voorbeeld vir die gelowiges in woord en gedrag, in liefde, in geloof en in reinheid” (1 Timotheus 4:12).



PRAKTIESE TOEPASSING

Hoekom dink jy het God met Samuel gepraat en nie met Eli nie? Het Samuel die eerste keer God se stem herken? Glo jy God wil vandag met jou praat en jou gebruik? Is jy bereid om nie net te hoor wat Hy te sê het nie, maar ook te gehoorsaam wat Hy wil hê jy moet doen, of is jy bang vir wat Hy dalk sal sê? Hoe sou jy God se stem herken? Hoe kan jy weet dat dit regtig God is wat met jou praat?

[Na bespreking:] Die Woord van God sê dat God deesdae met ons praat deur sy Seun, Jesus Christus, deur die Heilige Gees. Sy stem kan op baie verskillende maniere na ons toe kom, soos deur die Skrif, of in drome of visioene, of deur ‘n stilweg gedagtes in ons harte te plaas, of selfs met 'n hoorbare stem. Alles wat Hy sê sal in harmonie wees met sy Woord, die Bybel. Daarom moet jy daagliks die Bybel lees en die Heilige Gees vra om jou te help verstaan wat Hy wil hê jy moet doen.

Soms is God se boodskap of die ding wat Hy wil hê jy moet doen moeilik, net soos dit vir Samuel moeilik was om vir Eli te vertel van die oordeel van God wat oor hulle sou kom. As jou hart egter reg is en jy gewillig is om sy Woord te gehoorsaam, sal God met jou praat en elke keer meer en meer aan jou toevertrou. Hy wil hê jy moet getrou wees. Onthou jy die gelykenis van die saaier? Dit is die goeie, bewerkte grond wat 'n oorvloedige oes opgelewer het. Wel, dit is die goeie, getroue, gehoorsame hart wat vir God vrugbaar is.

Daarom, wanneer jy vandag sy stem hoor, moenie jou hart verhard nie. Wees liewer dadelik gehoorsaam aan Hom. Jy is spesiaal in God se oë. Hy het jou op jou naam geroep en jy is syne. Vra Hom nou om jou te help. Ook, as jy nie seker is of jy aan God behoort nie, sê vir Hom jy wil sy kind word en gee jou lewe vandag vir Jesus.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, baie dankie dat U met my wil praat
en dat ek nie te jonk is om U stem te hoor of om
deur U gebruik te word nie. Help my asseblief om U
stem te hoor en dit te gehoorsaam, om U te
verheerlik en altyd my beste vir U te doen.
In Jesus se Naam. Amen.

****************************************************


KAN JY HIERIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

           1 Samuel 2:1-26; 3:1-21



flower line


crayons

Samuel Went to the Tabernacle
Samuel Is Called by God (Print or color online)
Samuel Coloring Page
Samuel Hears God
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books


child reading a book

God Calls Samuel (Read online)
HOBC Bible Big Book: Samuel
Samuel: The Boy Who Listened
Samuel, the Little Server (Read online)
Samuel / The Little Maid Flip-Over Book

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible


activities

Jigsaw Puzzle (online)
Word Search
Maze
A Voice in the Night Cryptogram Puzzle
Picture Clue Read and Trace Worksheet
Eli and His Wicked Sons
Listening Worksheet
Multiple Choice
Samuel Is Called activities
Who Is Talking Worksheet

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles


birds singing

Be a Helper with Donut Man (sing along)
I Don't Have to Wait Until I'm Grown Up (listen online)
Larry Learns to Listen (listen online)
Samuel Song (sing along)
There was a boy named Samuel
You Can Be Helper with Miss PattyCake (listen online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music


CDs and Videos

God Calls Samuel (watch online)
God Calls Samuel (dramatized audio)
God Calls Samuel: Attentiveness for Kids (watch online)
I'm Listening (watch online)
Object Lesson for Kids: Tune in to the Voice of God (watch online)
Samuel, the Boy Prophet (watch online)
The Lord Speaks to Young Samuel (watch online)
The Story of Samuel in the Bible (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs


crafts

Fleece Pillow Case Craft for God Calls Samuel
God Speaks to Samuel Bible Craft for Kids
Hannah and Samuel paper cup telephone
Samuel Bible crafts

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids


RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

Eli and His Wicked Sons
Got Questions? Who Was Samuel in the Bible?
Listen and Do
Samuel Is Called activities
Sermon for Kids: God Calls Samuel

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources



flower line


BIBLE STORY ARCHIVE
childrenschapel.org/bibstory2.html


Add/update a Bible story resource


The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2022 by Sophia Prinsloo.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under "Subscribe... " at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2022 www.childrenschapel.org
North Central Ohio, U.S.A.

Pictures Courtesy of Free Bible Images

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated February 21, 2022

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources