The Children\'s Chapel - Award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Simson: Ouerleiding

deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas

An angel told Manoah and his wife that they would have a baby boy

Text Version | English | Italian

“Mamma! Met met die nuwe baba wat in Mamma groei, is Mamma nie veronderstel om te veel koffie te drink of hoë hakke te dra nie! Ek is rerig bly dat Mamma nie drink of rook nie, want dit kan die baba groot skade berokken!” het Isabelle gesê terwyl sy besig was om haar ma in die komhuis te help met 'n peppermint crisp tert.

“Waar kom jy hieraan, liefie?” het Isabelle se ma nuuskierig gevra.

“Sharon, my vriendin by die skool, het vir my gesê. Haar ma gaan ook 'n baba kry, net soos Mamma en sy het 'n hele lys van dinge wat sy nie mag doen nie. Het Mamma ook 'n lys?” het Isabelle met afwagting gevra.

Haar ma het geglimlag en gesê: “Wel, ek ken al daardie dinge uit my kop uit. Onthou, ek het jou gehad. Jy was 'n sterk, gesonde baba en tot dusver het jy nogal heel goed uitgedraai, jou oulike ding.”

Isabelle het gegiggel, kopknikkend saamgestem en toe het sy met haar vinger apos;n groot 'n groot leksel room uit die mengbak geskep en dit in haar mond gestop.

“Isabelle!” het haar ma speels geraas en haar 'n raps op haar boud met 'n kombuisvadoek gegee toe sy al giggelend agter die tafel ingeduik het.

Terwyl haar ma die tert in die vrieskas gesit het, het sy gesê: “Jy weet, wanneer ons in Jesus begin glo, begin sy beeld in ons te groei. Wanneer ons lelike dinge doen, ly daardie beeld van Jesus in ons skade, maar wanneer ons gehoorsaam is en goeie dinge doen, kan sy beeld in ons gesond en sterk word. God is baie bly wanneer ons meer en meer soos Jesus word. Ons doen dit deur sy Woord te lees en te doen wat dit sê.”

flowersflowersflowers

The Lord gave the Israelites many victories over their enemies Die Here het die Israeliete baie oorwinnings oor hulle vyande gegee onder die magtige leierskap van Josua en dapper regters, soos Gideon, Debora en Jefta terwyl hulle hulle in die Beloofde Land gevestig het! Die magtige teenwoordigheid van God het voor hulle uitgegaan en hulle gehelp om die goddelose, heidense nasies te verdryf terwyl hulle getrou gebly het aan die Here, die Tien Gebooie en die Wette van Moses gehoorsaam het en ook hierdie reëls aan hulle kinders geleer het.

Dit het God egter soms baie hartseer gemaak om te sien hoe die Israeliete hulle rug op Hom draai en afgode dien. Dit was ongelooflik! Keer op keer, sodra hulle in vrede met die ander nasies saamgeleef het, sou die Israeliete heidense afgode begin aanbid. Hoe dwaas was hulle tog om onder God se beskerming en vryheid uit te tree en hulleself slawe te maak van die einste nasies wie se gode hulle aanbid het!

Toe hierdie Bybelverhaal plaasgevind het, het God die Filistyne die Israeliete laat oorwin omdat hulle hulle tot afgode gewend het. Hierdie heidense nasie het veertig jaar lank oor hulle geheers. Die goddelose Filistyne het aan die westekant van Kanaän, langs die kus van die Middellandse See, gewoon. Hulle was wreedaardige krygers en nie maklik om te verower nie omdat hulle uitstekende gevegsvaardighede gehad het. Erger nog, hulle was kenners in die maak van sterk, skerp wapens van yster. Die Israeliete het hulpeloos voor hulle voorgekom en geweet dat God alleen hulle kon red.

Ten spyte van hulle swakheid, het die Here die Israeliete liefgehad en was nooit ver van hulle af weg nie, want hulle was sy uitverkore volk. Hy het altyd 'n plan gehad om sy geliefde volk van hulle onderdrukkers te verlos, net soos sy verlossingsplan toe Hy Jesus gestuur het om ons van sonde te verlos. Dit sou egter nie 'n vinnige oplossing wees nie. Op sy tyd het God agter die skerms gewerk en 'n plan in werking gestel om Israel uit die hande van die Filistyne te begin verlos.

In sy genade, het die Here besluit om sy Engel uit te stuur na die stad Sora, wat op die kruin van 'n heuwel geleë was en uitgekyk het oor die vrugbare vallei van Sorek. Die Engel van die Here moes 'n boodskap aan 'n sekere vrou gee. Sy was die vrou van 'n man uit die stam van Dan, wie se naam Manoag was. Manoag se vrou was onvrugbaar en kon geen kinders hê nie.

In daardie dae was dit 'n groot skande om onvrugbaar te wees. Om kinders te hê, was as 'n groot seën van die Here beskou. Boonop het kinders altyd gehelp met die baie take van die antieke lewe. Manoag en sy vrou moes ekstra hard werk net om alles self gedoen te kry.

flowersflowersflowers

The Lord sent out his angel to speak to the wife of Manoah Eendag, het Manoag se vrou getrou aan haar daaglikse take gewerk, die wasgoed gewas, koring gemaal op 'n klipmeul om brood te bak, die koei gemelk en in die veld gewerk terwyl sy hartlik tot eer van die Here gesing het. Skielik, tot haar uiterste verbasing, het die glorieryke Engel van die Here aan haar verskyn en woorde gespreek wat haar hart diep aangeraak het.

Hy het gesê: “Jy is al so lank onvrugbaar en het geen kinders nie, maar jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring. Van nou af mag jy geen wyn of bier drink of enige onrein kos eet nie. Wanneer jou seun gebore word, mag jy nooit sy hare sny nie, want hy sal 'n Nasireër wees, 'n spesiale dienaar van God vanaf sy geboorte. Hy sal begin om Israel van die Filistyne te verlos.”

In daardie dae, het om 'n Nasireër te wees, beteken om 'n gelofte voor die Here af te lê om aan Hom toegewy te wees, geen wyn of bier te drink nie, nie jou hare te sny nie en nie naby 'n dooie liggaam te gaan nie.

Manoag se vrou sou met graagte al daardie dinge prysgee as sy 'n Israelitiese verlosser kon verwag en aan Hom geboorte skenk! Haar opgewondenheid oor die Engel se belofte het haar laat opspring van vreugde en sy het na Manoag gehardloop. “MANOAG! MANOAG! Waar is jy?” het sy op haar hardste geskree.

I saw a Man so gloriously awesome but so fearsome too “Hier is ek! Wat op aarde gaan aan? Hoekom lyk jy so…so opgewonde?” het hy haar met 'n verbaasde uitdrukking op sy gesig gevra.

Steeds bewend van opgewondenheid, haar wange rooskleurig van die hardloop, het Manoah se vrou gesê: “Ek het 'n Man gesien wat so heerlik en wonderlik is, maar ook so vreesaanjaend. Ek het nie sy Naam gevra of waar Hy vandaan kom nie, maar dit moes die Engel van die Here gewees het. Hy het my iets ontsaglik wonderlik vertel. Hy het gesê ek gaan 'n baba seuntjie hê en dat ek nie onrein vleis mag eet of wyn mag drink nie, want hierdie seun sal 'n dienaar van die lewende God, 'n Nasireër, wees. Hy sal begin om Israel van die Filistyne te verlos.”

Manoag kon sy ore amper nie glo nie, maar van die uitdrukking op sy vrou se gesig het hy geweet sy praat die waarheid. Omdat hy baie dom gevoel het, nie geweet het hoe om 'n spesiale kind groot te maak nie, het hy op sy knieë neergeval en ernstig en opreg tot God gebid. Hy het presies gedoen wat die Bybel sê. Die Bybel sê dat ons God vir wysheid moet vra wanneer ons dit nodig het en Hy sal dit met graagte vir ons gee as ons in geloof vra.

Again the Lord sent his Angel to Manoah\'s wife while she was out alone in the field So, terwyl hy sy onsekere hart voor die Here uitgestort het om wysheid te kry, het hy gepleit: “Asseblief, Here! Stuur die Man van God weer na ons toe om ons te leer en vir ons instruksies te gee oor die seun wat U vir ons gaan gee.”

Die Here het na Manoag se opregte gebed geluister. Weereens het Hy sy Engel na Manoag se vrou gestuur terwyl sy alleen in die veld was. Toe sy Hom sien, spring sy op en hardloop om haar man te kry. “MANOAG! MANOAG! Hy is hier! Kom gou!”

“Wie is hier?” het Manoah verbaas gevra.

“KOM NET! Jou gebed is verhoor! Dis die man wat laas na my toe gekom het en my van die seuntjie vertel het,” het sy uitgeroep terwyl sy haar asem teruggekry het. “MAAK ASSEBLIEF GOU!”

Manoah hastily followed his wife to the field where the Man was waiting Manoag het opgestaan en met sy klere wat in die wind wapper, het hy sy vrou haastig gevolg na die veld waar die Man gewag het. Toe hulle by Hom kom, vra Manoag: “Is u die man wat nou die dag met my vrou gepraat het?”

Die Engel van die Here het geantwoord: “Ja, EK IS!”

“Meneer, wanneer u woorde waar word en ons kry 'n babaseuntjie, hoe moet ons hom opvoed? Hoe moet hy lewe? Wat moet hy doen?”

Die Engel van die Here het Manoag geduldig vertel presies wat Hy vroeër vir sy vrou gesê het. Hy het gesê: “Alles wat ek vir jou vrou gesê het, moet sy doen. Sy mag nie druiwe of enige iets onreins eet nie, en ook nie bier of wyn drink nie. Soos ek gesê het, alles wat ek vir haar gesê het, moet sy doen.”

Manoag het besef dat hulle moet doen net soos die Man gesê het. Vir die res sou hulle net die Here moes vertrou om sy plan in hul toekomstige seun se lewe uit te werk.

Toe vra Manoag beleefd vir die Man: “Sal jy wag terwyl ons vir jou sagte vleis voorberei om te eet?”

Die Man het geantwoord: “Ek sal wag, maar ek sal nie julle kos eet nie. As julle 'n brandoffer wil bring, moet julle dit aan die Here bring.”

Manoag het steeds nie besef dit is die Engel van die Here nie en het gevra: “Wat is jou Naam sodat ons jou kan eer wanneer jou woorde waar word?”

Die Engel van die Here het geantwoord: “Moenie my Naam vra nie, want dit is 'n wonderlike geheim!”

In daardie dae het hulle gedink dat jy mag oor iemand het as jy sy naam ken en weet waar hy vandaan kom. Geen mens het enige mag oor God nie, en daarom het die Engel van die Here het nie sy Naam aan Manoag gegee nie.

The Angel of the Lord rose up through the flames and into the heavens disappearing from their sight Toe het Manoag 'n bokram en 'n graanoffer geneem en dit op 'n rots naby geoffer as 'n offer aan die Here. Terwyl die vuur van die offer hoog in die lug opgevlam het, het die Engel van die Here 'n vreemde en wonderlike ding gedoen. Voor die oë van Manoag en sy vrou, het Hy saam met die vlamme in die hemele opgevaar en uit hulle sig verdwyn.

Manoag en sy vrou het byna flou geword en van pure skok en verbystering oor die wonderwerk plat op hul gesigte in die veld geval. Hulle het nog nooit so iets gesien nie. Eers toe het Manoag werklik geglo dat die Man die Engel van die Here was. Hy het vreesbevange geskree: “Nou gaan ons sekerlik sterf, want ons het God gesien!”

Maar die kalm, wyse woorde van sy geliefde vrou het hom vertroos toe sy gesê het: “My liewe man, as God ons dood wou hê, hoekom sou Hy ons offer aanvaar het? Hoekom sou Hy ons toegelaat het om al hierdie wonderlike dinge te sien? En hoekom sou Hy vir ons so 'n belowende boodskap gegee het wat ons met ons eie ore gehoor het?”

flowersflowersflowers

In due time the promise of the Angel came true when she bore a beautiful strong healthy baby boy Net soos Manoag se vrou gesê het, het hulle het nie gesterf nie. Mettertyd het die belofte van die Engel waar geword toe sy 'n pragtige, sterk, gesonde babaseun gebaar het. Met hom in haar arms, was hulle oorweldig met vreugde oor die Here se getrouheid. Hulle het die kind “Simson” genoem, wat “sonlig” beteken. Omdat hulle steeds nie geweet het presies hoe hy Israel sou begin verlos nie, het hulle hul bes gedoen om hom in die weë van die Here groot te maak.

Soos hy grootgeword het, is Simson deur die Here geseën! Sy ouers kon nie anders as om op te let dat soos sy ongesnyde hare LANGER en LANGER geword het, het hy STERKER en STERKER geword! Jong Simson het nogal daarin belanggestel om die paradegronde van die leër van die Daniete te besoek. Wanneer hy ook al hierdie kampe besoek het, kon hy voel hoe die Gees van die Here hom diep in sy siel opwek. Die hele tyd was dit God wat in Simson se hart gewerk en sy roeping bevestig het om Israel van die Filistyne te begin verlos. Maar wat dink jy het Simson gedoen? Het hy na God geluister en gehoorsaam geword aan die Here se roeping? Ons sal moet wag vir die volgende storie om uit te vind!

flowersflowersflowers

ONTHOU:

God het jou lief en Hy het jou geroep om sy Seun, Jesus Christus, te ken en aan Hom gehoorsaam te wees. Boonop het Hy vir jou ouers of voogde gegee om jou groot te maak en Hy het vir jou sy Woord gegee om jou te help om in sy weë te wandel sodat jy die beste mens kan word wat jy kan wees.

DINK!

1. Waarom het die Filistyne oor die Israeliete geheers?
2. Na wie het die Here sy Engel gestuur?
3. Wat was die Engel se boodskap?
4. Wat is 'n Nasireër?
5. Wat moes Manoag se vrou prysgee om Simson te baar?
6. Watter stel reëls moes Israelitiese ouers hulle kinders leer?
7. Hoe het die Here Manoag se gebed verhoor?
8. Watter wonderwerk het die Engel van die Here verrig?
9. Kan jy onthou watter vrou in die Nuwe Testament was ook besoek deur 'n engel wat haar 'n belofte van 'n spesiale baba gegee het?
10. Wat was die baba se Naam en hoekom was Hy so spesiaal? Wat het Hy gekom om te doen?


'N VERS OM TE LEER

“Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie” (Spreuke 22:6).


ALTERNATIEWE VERSE OM TE LEER

“En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word” (Jakobus 1:5).

Of

“Lê dan hierdie my woorde weg in julle hart en in julle siel…en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan” (Deuteronomium 11:18-19).


PRAKTIESE TOEPASSING

Arme Manoah! Hy het so onseker van homself gevoel toe hy hoor dat hy en sy vrou gekies is om 'n spesiale kind groot te maak. Dink jy dit is maklik of moeilik om 'n kind groot te maak? Op watter maniere? Wat as dit 'n spesiale kind is? Dink jy ouers of voogde het wysheid van God nodig om kinders groot te maak? Waar het Manoag en sy vrou wysheid gekry? Waar kan jou ouers of voog wysheid kry?

[Na bespreking:] Onthou jy, sowel as jou ouers of voog, is spesiaal vir God. God wil graag hê dat jou ouers of voog jou moet help om God te ken. Wanneer jy vrae het oor God of die lewe, of enigiets anders, gaan vra altyd jou ouers of voog. God wil ook hê dat hulle jou moet help om die beste mens te word wat jy kan wees sodat jy 'n godvrugtige lewe kan lei. Dit beteken dat God hulle gebruik om jou te berispe wanneer jy verkeerde dinge doen en om jou te prys wanneer jy goeie dinge doen, alles volgens die Woord van God.

Dank God nou dat Hy spesiale mense in jou lewe geplaas het om jou groot te maak, veral as hulle Hom dien. Vra Hom om vir hulle wysheid te gee om jou in jou lewe leiding te gee. Bid dat God jou sal help om gehoorsaam te wees. Dank God ook dat Hy jou hemelse Vader is, wat jou liefhet en sy Seun, Jesus Christus, vir jou gegee het.

Om te wys dat jy jou ouers waardeer, gaan gee hulle elkeen 'n drukkie. Maak seker dat hulle 'n groot dankie kry vir alles wat hulle vir jou doen. Dank hulle dat hulle jou grootmaak in die weë van die Here.



KOM ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, dankie dat U vir my 'n Verlosser in
Jesus gestuur het! Help my asseblief om die instruksies
in die Bybel te verstaan wat my leer hoe om U te dien.
Help my ouers (voogde) om my te lei en te onderrig
in u weë en help my om gehoorsaam te wees. Ek bid dit
in Jesus se Naam. Amen.
****************************************************

WAAR KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Rigters 13:1-25



crayons

An Angel from God Promised a Baby Boy coloring page
Angel Announces Samson's Birth
Samson Is Blessed by God
Samson Is Born
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles
Bible Colour and Learn: 01 The Old Testament
My Bible Stories Coloring Book 2

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle (online)
Crossword Puzzle
Fill-in-the-Blanks
Word Search
Samson Is Born Activities

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



birds singing

More and More Like Jesus
Samson Songs

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



CDs and Videos

Bible on the Go Vol. 13: The Stories of Gideon and Samson
(Judges 6-8, 13, 16) - Unabridged Audiobook [Download]


Desired: The Untold Story of Samson and Delilah
Unabridged Audiobook


Judges 13: The Birth Of Samson
Judges 13: The Birth Of Samson, the 13th Judge (dramatized audio)
Samson and Gideon DVD
Samson, Sight & Sound Theater Musical DVD
Samson DVD
The Birth of Samson

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



child reading a book

Desired: The Untold Story of Samson and Delilah
Lessons We Can Learn from Samson
Long and Strong
Samson: Chosen. Betrayed. Redeemed.
Samson: Strong and Faithful
Samson: The Strong Man of Faith
Samson's Birth Is Announced
The Story of the Bible - 49. Samson Is Born

The Judge of God, Volume 1
Z Graphic Novels / Son of Samson comic


VeggieTales SuperComics: Minnesota Cuke
and the Search for Samson's Hairbrush


Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



crafts

Easy Bible Crafts for Samson
Make Samson's Headband

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



Resources for Parents and Teachers

Character by God's Design: Volume 2 (Trust, Honesty, Obedience)
Samson Is Born Activities
What the Bible Says About Samson

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources

flowersflowersflowers
The Children\'s Chapel - Award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2023 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated March 27, 2023
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources