The Children\'s Chapel - Award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Rebekka
Vertrou Die Here

Deur Linda Sue Pochodzay Edwards

Isaac sat down by the well

Text Version | English | Italian



           “Vertrou my net . . . alles sal goed gaan . . . Ek belowe!

           Het iemand al ooit daardie woorde vir jou gesê? As iemand het, het alles regtig goed gegaan?

           Soms is dit moeilik om te weet wie vertrou kan word en wie nie.
          Maar onthou: Ons kan altyd God en sy Woord vertrou om ons te lei op die regte pad.


daisy divider

           Sonstraaltjies het die kamer gevul terwyl Rebekka met haar oggendgebede besig was. Die voëltjies se gesing buite haar kamervenster het haar laat begeer om ook haar mond wyd oop te maak en saam met hulle lofliedere tot God te sing. “Dit gaan 'n wonderlike dag wees,” het Rebekka gedink. “Elke dag is 'n spesiale geskenk van die Here.”

           'n Luide, bekende stem van buite die deur het Rebekka se gedagtes onderbreek. “Dit is reeds daglig! KOM NOU! Ons het take wat verrig moet word!”

           “Reg so, Laban,” het Rebekka haar broer terug geroep. “Ek kom nou-nou uit, sodra ek hierdie laaste vlegsel klaar gevleg het.”

           “Simpel meisies en hulle hare,” het Laban gemor en sy kop geskud. “As sy nie die hele tyd met haar hare gekarring het nie, kon ons al lankal klaar gewees het.”

           Rebekka was gou aan haar broer se sy en het gehelp met die take wat hulle saam moes doen. “Rebekka, kan jy asseblief 'n bietjie meer versigtig wees?” het Laban gekla. “Jy mors al weer die hoenderkos.”

           “Ek is jammer,” het sy gesê. “Ek veronderstel ek was net te haastig. Ek wou hierdie werk klaarkry, sodat ek na die put toe kan gaan.”

           “Gaan dan maar voort en gaan soontoe. Ek sal hier klaarmaak,” het Laban geantwoord terwyl hy heimlik gedink het die werk sou makliker wees sonder haar hulp. Rebekka het presies geweet wat haar broer sou sê en het reeds heel opgeruimd met die pad af gehuppel voor hy nog klaar gepraat het.

Even though the water jugs were quite heavy going to the well was one of Rebekahs
favorite chores            Hoewel die waterkruike nogal swaar was, was om na die put te gaan een van Rebekka se gunsteling take. Al die jong meisies van die stad en omliggende gebied het op dieselfde tyd na die put gegaan. Dit was soveel pret om met die ander meisies te gesels en die nuutse nuus te hoor. Hulle was druk besig om te gesels, te giggel en hulle waterkruike vol te maak. Nie een van hulle het die die vreemdeling, wat naby gestaan en na hulle gekyk het, raakgesien nie.

           Die vreemdeling was Abraham se dienaar, Eliëser. Hy was daarheen gestuur vir 'n spesiale doel; om 'n bruid vir Abraham se seun, Isak, te kry. Hy het net klaar gebid toe die meisies na die put begin aankom het. Eliëser het spesiale aandag geskenk aan een sterk, mooi jong meisie. Hy het haar stadig genader om haar nie skrik te maak nie. “Ek het 'n lang pad gereis en ek is dors. Mag ek asseblief 'n slukkie water kry?” het hy gevra.

I will give you a drink and I will
also give your camels water to drink            Sy het geglimlag en geantwoord, “Ja. Ek sal vir jou water gee om te drink en ek sal ook vir jou kamele water gee om te drink.” Sy het vinnig haar kruik met water gevul en vir Eliëser aangegee. Toe hy klaar was, het sy weer die kruik volgemaak en die water in 'n drinkbak gegooi en dit vir die leierkameel gegee. Toe het sy weer teruggegaan na die put en die kruik weer volgemaak vir die volgende kameel. Sy het dit oor en oor herhaal totdat al tien van die man se kamele genoeg water gehad het om te drink.

Rebekah gives water to the camels

           Eliëser het haar fyn dopgehou terwyl sy die kamele water gegee het. Hy het pas klaar tot die Here gebid en gevra om hom te wys watter van die jong meisies hy moes vra om saam met hom terug te gaan om 'n vrou vir Isak te wees. Hierdie meisie was die eerste een met wie hy gepraat het en al het sy presies gereageer soos wat hy gebid het, was hy nog steeds nie heeltemal seker sy was die regte een nie.

           Toe al tien kamele genoeg water gehad het en opgehou drink het, het Eliëser 'n goue oorbel en twee goue armbande uit 'n sak gehaal en vir haar as 'n dankie sê geskenk gegee. Hy het toe haar naam gevra en gevra of haar pa plek by sy huis gehad het, sodat hy die nag daar kon deurbring.

           “My naam is Rebekka” het sy geantwoord. “Ek is die oudste dogter van Bétuel. Nahor is my oupa en ons het baie plek by ons huis. Ek is seker my pa sal nie omgee as jy die nag by ons oorslaap nie. En moenie eers bekommerd wees oor die kamele nie. Ons het oorgenoeg hooi en kos vir hulle.”

           Rebekka het verbaas gekyk toe Eliëser sy kop neerbuig en net daar by die put die Here aanbid.

daisy divider

           Rebekka het skoon vergeet om vir haar vriendinne “totsiens” te sê, haar swaar waterkruike opgetel en so vinnig as sy kon haar huistoe gehaas. “Laban! LABAN!” het sy hardop uitgeroep. “KOM KYK! KOM KYK!”

           Laban kon homself nie indink waaroor al die opgewondenheid gegaan het nie. Hy het gehardloop om by sy suster te kom.

bracelets and earring

           “Kyk, Laban!” het sy uitgeroep. “Ek het sy kamele water gegee en hy het vir my 'n goue oorbel gegee! Kyk na die pragtige goue armbande! Hy het God aanbid net daar by die put! Hy kom agter my aan met kamele en wil die nag hier deurbring!” Rebekka was so opgewonde oor die pragtige, duur geskenke dat sy skaars haar woorde reg kon uitspreek.

           Laban het gesukkel om alles wat sy probeer sê het te verstaan, maar hy het die vreemdeling met die kamele gesien en nader geloop om hom te verwelkom. “Kom! Kom in!” het hy joviaal vir die vreemdeling gesê. “Jy is welkom om die nag by ons deur te bring en ons het baie plek in die stal vir die kamele.” Laban het voortgegaan om die diere te versorg en water te bring sodat Eliëser sy stowwerige voete kon afwas voor hy die huis binnegaan het.

           Toe hy eers binne was, kon Eliëser sien dat daar 'n maaltyd voorberei was en dat Rebekka en haar moeder reeds 'n plek aan tafel vir hom gedek het.

           “Kom asseblief tafel toe. Jy kan daar sit.” Laban het na 'n stoel gewys terwyl hy gepraat het, “En ons kan praat terwyl ons die maaltyd geniet.”

Abraham made me promise to bring back a young lady from this city
to be a bride for his son Isaac            “Ek kan nie gaan sit en eet voordat ek vir julle die rede waarom ek gekom het, vertel het nie,” het die vreemdeling hoflik gesê, “Ek is Eliëser, Abraham se dienaar. Die Here het hom oorvloedig geseën met kuddes grootvee, troppe kleinvee dienaars en rykdom. Abraham het my laat belowe om 'n jong meisie van hierdie stad saam terug te bring om 'n bruid vir sy seun, Isak, te wees. Toe ek by die put was, het ek gebid dat God vir my sou wys watter jong meisie die regte een sou wees.

           “Net toe ek klaar gebid het, het jou suster na die put gekom en alles het gebeur net soos ek gebid het. Sy het my 'n slukkie water gegee en het ook water vir die kamele gegee. Toe sy my vertel sy is die kleindogter van Nahor, het ek onmiddellik geweet dat sy die regte een was en dat God my gebed verhoor het. Ek het my hoof neergebuig en God aanbid. . . . Nou. . . moet ek weet of julle sal toelaat dat Rebekka saam met my teruggaan en met Isak trou. Indien nie, moet ek verkeerd wees en moet ek vertrek voor dit te laat word.”

           Terwyl die familie na Eliëser se storie geluister het en die opgewondenheid op Rebekka se gesig gesien het, het hulle geen twyfel gehad dat alles deur die Here beplan was nie. Beide haar broer Laban en haar pa Bétuel het saamgestem dat dit die Here was wat Eliëser na hulle huis gebring het en hulle het ooreengekom om Rebekka saam met hom te laat gaan.

           Toe Eliëser hulle woorde gehoor het, het hy op sy knieë neergekniel en God gedank vir sy suksesvolle reis. Nadat hy gebid het, het hy sy hande in sy sakke gesteek en nog pragtige geskenke uitgehaal om vir Rebekka te gee. Toe het Eliëser, Rebekka en die hele familie gaan sit om die heerlike maaltyd wat op die tafel vir hulle gewag het, te nuttig.

daisy divider

           Rebekka het daardie nag bed toe gegaan, maar kon skaars slaap. Wat 'n vreemde, wonderlike dag was dit nie! Sy het daardie oggend opgestaan as 'n eenvoudig plaasmeisie, maar teen die einde van die dag, was sy verloof aan 'n baie ryk jong man. Dit was alles net te wonderlik! “Dit moet 'n droom wees,” het sy gedink. Sy het haarself geknyp om te kyk of sy regtig wakker was.

           'n Miljoen vrae het op dieselfde tyd deur haar gedagtes geflits. “Watter soort mens is hy?” het sy gewonder. “Is hy stil en sag of luidrugtig en uitbundig? Sal hy goed wees vir my? Sal ons gelukkig saam wees?” Selfs al was daar baie onsekerhede, was sy seker van een ding: Die Here het dit beplan en Hy sou vir haar sorg. Sy was nie bekommerd nie, nie eers 'n bietjie nie.

           Die volgende oggend het Eliëser vroeg opgestaan met die doel om sy terugreis saam met Rebekka aan te pak. Sy werk hier was klaar en hy was angstig om terug te gaan. Laban en Rebekka se ma wou egter niks daarvan weet nie. “Ons is gewillig om haar saam met jou te laat gaan, maar nog nie nou al nie,” het hulle verduidelik. “Laat haar nog 'n paar dae hier bly . . . ten minste nog tien dae. Ons wil dit vier en vir haar 'n genotvolle tyd gee voor sy ons verlaat. Ons weet nie wanneer en of ons haar ooit weer sal sien nie.”

           Eliëser was glad nie gelukkig oor die toedrag van sake nie. “Julle weet dat God my hierheen gelei het. Julle weet God wil hê Rebekka moet by Isak wees. Waarom probeer julle ons verhinder om te vertrek?” het hy gevra.

           Dit was duidelik dat hierdie argument nie tussen hulle besleg sou word nie en daarom het hulle Rebekka gevra om in die kamer in te kom. “Rebekka, wil jy saam met hierdie vreemdeling gaan of wil jy 'n bietjie langer by die huis bly?” het haar ma gevra.

           “Ek sal saam met hom gaan,” het Rebekka sonder aarseling geantwoord. Toe dit afgehandel was, het hulle almal gehelp om haar besittings te pak en op die kamele te laai. Rebekka was egter nie die enigste een wat sou gaan nie . . . sy het 'n oppasser gehad wat na haar gekyk het sedert sy 'n klein babatjie was. Die oppasser het ook al haar besittings opgepak en voorberei om op die reis saam met Eliëser te gaan.

Rebekah was on her way to a strange country to marry a man she had never
even met            Nadat die twee vroue gereed was en alles op die kamele gelaai is, het Rebekka se familie beurte geneem om haar te omhels en haar geluk en voorspoed toe te wens. Hulle het vir haar gebid en haar geseën. Toe het Rebekka en haar oppasser op die kamele geklim en gou het hulle Eliëser gevolg na 'n plek wat hulle nog nooit gesien het nie. Rebekka het God vertrou om te weet wat die beste vir haar was en sy was op pad na 'n vreemde land om met 'n man te trou wat sy nog nooit ontmoet het nie!

           Dit was 'n stil, lang reis en om op 'n homperige, stamperige, knopperige kameel te ry, is nie baie gerieflik nie, maar niemand het gekla nie. Rebekka het geweet dat dit presies was wat God vir haar beplan het en sy het geweet dat as God dit beplan het, dan sou dit goed gaan. Sy het opgewonde uitgesien na wat ook al op haar gewag het.

daisy divider

           Baie ure later terug in Kanaän het Isak na die veld gegaan om oor dinge te dink en te bid. Hy het geweet dat Eliëser gegaan het om vir hom 'n vrou te bring en hy het angstig op sy terugkeer gewag. Na sy gebed, het sy kop opgelig en die kamele sien aankom. Hy was 'n bietjie senuweeagtig oor die hele saak en het gewonder of Eliëser se reis suksesvol was.

           As hy 'n jong meisie teruggebring het om sy vrou te wees, watter soort meisie sou sy wees? Sou sy stil en skugter wees? Sou sy vreugdevol en borrelend wees? Sou sy ooit van hom hou? Daar was net soveel vrae wat tegelykertyd in sy kop gemaal het.

           Wat as Eliëser nie 'n vrou, wat gewillig was om van haar huis af weg te trek, gekry het nie? “Dit is baie gevra van enige jong meisie om weg te trek van haar familie vir wie sy haar hele lewe lank lief was en met 'n man te gaan trou wat sy nog nooit ontmoet het nie. Miskien sal ek nooit 'n vrou kry nie,” het Isak gedink.

           Isak het bly kyk terwyl die kamele nader gekom het. Uiteindelik was hulle naby genoeg dat hy iemand op die tweede kameel kon sien ry en nog iemand op die derde kameel. Toe hulle nader gekom het, kon hy sien dat die twee mense vrouens was en hy het geweet dat Eliëser teruggekom het met 'n jong meisie wat sy bruid sou wees.

           Isak het nie langer gewag nie. Hy het elke spier in sy liggaam gebruik om so vinnig as wat hy kon te hardloop om die karavaan tegemoet te gaan.

           Rebekka het haar oë wyd oop gehou en die uitsig ingeneem. Sy het gewonder waar haar nuwe tuiste sou wees. Toe sy iemand in die verte na hulle toe sien hardloop, het sy vir Eliëser, gevra, “Wie is dit?”

           “Dit is Isak,” het hy geantwoord.

           Sy wou nie nog 'n sekonde verspil nie en het versigtig van die kameel afgegly, haar gesig met haar sluier toegemaak en grasieus na hom toe begin loop.

Isaac was happy to have such a beautiful bride            Toe Eliëser en die kamele hulle ingehaal het, het hy die nodige bekendstellings gedoen en vir Isak alles vertel wat op die reis gebeur het. Hy het hom vertel hoe hy gebid het en dat God sy gebede verhoor het. Hy het vertel hoe God hom na Rebekka gelei het en hoe sy ingestem het om saam met hom te kom.

           Isak was baie bly om so 'n pragtige bruid te hê, maar nog belangriker, hy was baie bly dat Rebekka 'n jong meisie was wat op die Here vertrou het. Hy was bly dat sy vader Abraham en die dienaar Eliëser beide oor die situasie gebid het en dat God hulle gebede verhoor het.

           Al die vrae wat hulle oor mekaar gehad het, het eenvoudig in die niet verdwyn. Isak en Rebekka het geweet dat God bedoel het dat hulle saam moes wees en hulle het daardie selfde dag getrou. Isak het Rebekka baie liefgehad en hulle het albei uitgesien om 'n lang en gelukkige lewe saam te hê.

daisy divider

DINK!

1. Wat was die naam van Abraham se getroue dienaar?
2. Hoe het Eliëser geweet watter jong meisie was die regte een?
3. Wie wou die terugreis vertraag?
4. Hoe het hulle die argument besleg?
5. Wie het nog saam met Eliëser en Rebekka gegaan?



ONTHOU:

Bid oor belangrike sake in jou lewe en vertrou God vir die antwoord.



'N VERS OM TE LEER

“Vertrou op die Here ... dan sal Hý sal jou paaie gelykmaak” (Spreuke 3:5-6).



ALTERNATIEWE VERSE OM TE LEER:

“Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God,
glo ook in My” (Johannes 14:1).

“Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit
voor sy aangesig! God is 'n toevlug vir ons. Sela”
(Psalm 62:9).


PRAKTIESE TOEPASSING

Het jy al 'n antwoord op gebed gekry? Het dit gehelp
dat jy God meer vertrou? Het jy onthou om vir Hom dankie
te sê?

Wag jy steeds dat God jou gebed verhoor? Hou jy aan on Hom
te vertrou om jou te verhoor? Sal jy aanhou glo dat Hy jou
gebed sal verhoor? Kan jy dink aan 'n vriend of volwassene
wat saam met jou kan stem met gebed daaroor?

[Na bespreking:] Eliëzer het God vertrou om vir hom die regte
vrou te wys vir Isak. God was getrou en het presies dit gedoen.
Rebekka het gewys hoeveel sy God vertrou het deur saam met Eliëzer
te gaan om Isak se vrou te word. Vra God om jou te help om Hom te
vertrou net soos Rebekka en weet dat jou lewe in God se hande is.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Liewe God, dankie dat U my liefhet en 'n spesiale
plan vir my lewe het. Help my om te leer om U te
vertrou en maklik na U te kom vir hulp omdat ek weet
dat niks te groot of te klein is om na U in gebed
te neem nie. In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

Génesis 24:15-67


daisy divider


crayons

Eliezer and Camels With Memory Verse (online)
Rebekah Gives Water To Eliezer (online)
Rebekah Meets Isaac (online)
Camel (online)
Bible Color and Learn: Abraham Book 4

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books


crafts

Camel Crafts (online)
Clay Water Jars (online)
Egg Carton Camel (online)
Isaac and Rebekah Craft (online)

Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids (online)

The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible


birds singing

Isaac Needs A Wife (online)
Abraham - MIDI/Sheet music/Lyrics (online)
Abraham, Isaac and Jacob (online)
Father Abraham [Music Download]
Cedarmont Kids sing Father Abraham (DVD)
Faith Is Just Believing (online)
F-F-F-Faith (online)
God's Promise To Abraham (online lyrics/MIDI)
I Give Myself Away (online)
I Have Decided to Follow Jesus (online)
Take a Step of Faith (online)
VeggieTales: My Day (online)
When We Pray For Each Other (online)
Why Worry When You Can Pray? (online)

100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music


child reading a book

A Ram for Isaac
A Wife For Isaac (online)
God Will Provide the Lamb (online)
Abraham (online Bible Encyclopedia)
Abraham—A Man Who Heard And Obeyed God's Call (online)
Abraham and the Three Strangers (online)
Abraham Gets Strange Visitors (online)

Abraham—God's Brave Explorer
(Discover 4 Yourself Inductive Bible Studies for Kids)

Abraham, Sarah, & Isaac (Arch Books)
Abraham's Big Test
Abraham Trusts God (Faith That Sticks)

Extreme Adventures with God: Isaac, Esau, and Jacob
(Discover 4 Yourself Inductive Bible Studies for Kids)

God Knows My Name
Good and Evil: The Bible As Graphic Novel
Hagar, Ishmael, And God's Promise To Abraham (read online)
HOBC Bible Big Book: Abraham
How Abraham Found A Wife For Isaac (online)
Isaac and Rebekah (online)
Jesus Answers Prayer (online)
Lot's Choice, And How It Brought Trouble (online)
One Starry Night (read online)
Prayers for Kids (online)
Sarah and Abraham: The Wonderful Promise
The Birth of a Nation - Abraham to Joseph (listen and read online)
The Child Of Promise (read online)
The Rain Of Fire That Fell On A City (online)
The Story of Abraham (online)
The Story of a Journey After a Wife (online)
The Story of Abraham and Sarah (online)
The Story of Sodom and Gomorrah (online)

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress for Kids
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Complete Illustrated Children's Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible


activities

Jigsaw Puzzle (online)
Proverbs 3:5-6 Cut and Scramble (online)
5-Finger Prayer (online)
A Bride For Isaac (online)
Rebekah and Isaac activities (online)

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles


CDs and Videos

Abraham Sends Eliezer (watch online)
Eliezer Asks for Rebekah (watch online)
Isaac and Rebekah (watch online)
Isaac Meets Rebekah (watch online)
Rebekah Will Go with Eliezer (watch online)
The VeggieTales Show: Abraham and Lot (listen online)
Bible Comes Alive 1 (12 Audio CDs) (Your Story Hour)

Bible on the Go Vol. 03: The Story of Abraham and Isaac
(Genesis 12, 15, 18-19, 21-22) - Unabridged Audiobook [Download]


Larry Learns to Listen, DVD
The Test! Abraham and Isaac (SuperBook DVD)
We Are Chosen by God (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs


Resources For Parents and Teachers

A Bride for Isaac - Coloring Page, Word Search, Crossword, Questions (Spanish) (online)
Abraham (online WebBible Encyclopedia)
Isaac and Rebecca (online)
Kids' Prayers (online)
The Birth of a Nation (Abraham to Joseph) pg. 2 (online)
Trust - Puppet Script (online)

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)


daisy divider

The Children\'s Chapel - Award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2023 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated March 20, 2023
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources