The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Op Julle Merke, Gereed, Uittog!
deur Sophia Prinsloo saam met Barbara Wilmerton Haas

Israelites were led by a pillar of cloud

Text Version | English


Lily het deur die lang, koue gang geloop op pad na die kantore van die weeshuis waar sy gewoon het. Sy het gestop en senuagtig gesug voor sy by die deur ingegaan het en gewonder, “Wat gaan met my gebeur?”

wildflower bouquet Mev. Primrose se sekretaresse het haar met 'n groot glimlag begroet en vir haar 'n stoel aangewys waarop sy kon sit terwyl sy wag. Lily het gekyk na die eenvoudige ruiker kleurvolle blomme op die sekretaresse se tafel. Sy het nie geweet watter soort blomme dit was nie, maar dit was so mooi, en die geur het wat van hulle af gekom het, was soet en uitnodigend. Sy het na haar ou tweedehandse klere gekyk en gewonder, “Waarom kan alles in die lewe nie soet en mooi wees soos daardie blomme nie?”

“Jy kan nou maar binnegaan, hartjie,” het die sekretaresse aangekondig en haar diepste gedagtes onderbreek.

Lily het opgestaan en huiwerig aan die hout deur geklop. Sy het die handvatsel gedraai toe sy die ferm maar hartlike stem van Mev. Primrose hoor sê, “Kom binne, hartjie!”

'n Netjies geklede, vriendelike paartjie het oorkant Mev. Primrose gesit en opgestaan om haar te groet. Die man was lank met breë, beskermende skouers en silwer hare het teen sy slape gevee. Die vrou was korter met vriendelike, moederlike oë en krullerige hare wat om haar nek gedans het wanneer sy haar kop beweeg.

“Lily, dit is Mr. en Mev. Darling,” het Mev. Primrose gesê. “Hulle wil jou in pleegsorg neem sodat hulle jou op die ou end kan aanneem. Hulle is hier om jou saam met hulle huistoe te neem. Ons papierwerk is amper klaar. Wil jy nie gou jou goedjies gaan haal sodat jy saam met hulle kan gaan nie?”

Lily se hart het 'n slag gemis toe sy haarself hoor sê, “Sekerlik! Ek is terug in 'n japtrap!”

“Uiteindelik wil iemand my aanneem,” het sy vir haarself gesê terwyl sy teruggegaan het na haar kamer en haar paar goedjies begin inpak het. “Ek het gedink ek sal nooit hier wegkom nie. Maar ek wonder of ek hulle kan vertrou en of hulle my werklik sal liefhê soos hulle eie?”

Toe sy die weeshuis verlaat, met 'n nuwe lewe by die Darlings wat op haar gewag het, was Lily op die punt om stap vir stap te begin leer dat sy onvoorwaardelik liefgehê sou word deur hulle. En omdat die Darlings haar werklik liefgehad het en die beste vir haar wou hê, kon sy hulle volkome vertrou, sonder om bang te wees dat hulle haar ooit sou los.



striped bar


The Hebrews were wide awake and having their Passover feast Dit was Paasnag en al die Egiptenaars was vas aan die slaap terwyl die Hebreërs hulle Paasfees gevier het. Die soet aroma van die gebraaide Paaslam en varsgebakte ongesuurde brood het die lug gevul in Gosen. Ieder en elke deurpos en kosyn van die Hebreërs se huise was rooi gesmeer met die bloed van die Paaslam. Al die Israeliete was ten volle geklee met skoene aan hulle voete en stawwe in hulle hande, gereed om te vertrek. Nie één Hebreër was buitekant nie. Die atmosfeer was heeltemal anders as in Egipteland. Dáár het 'n verskrikking deur die strate gesluip. Die Verderwer was op die loer….

Daardie nag teen middernag, het God al die eersgeborenes in Egipteland, ryk en arm, doodgemaak — al die eersgeborenes van mens en dier wat asem gehaal het. Hartverskeurende gehuil en gekerm het die huise gevul en in oorgespoel tot in die strate die oomblik as dooie geliefdes ontdek is. In die tussentyd in Gosen, het nie één eersgeborene van die Israeliete gesterf nie, omdat hulle aan God gehoorsaam was en bloed van die Paaslam op hulle deurposte en kosyne gesmeer het.

Selfs Farao het dieselfde nag opgestaan en sy dooie eersgebore seun, wat hom sou opvolg, ontdek en hy het onbeheerbaar gehuil oor hom. Sonder om nog 'n oomblik te wag, het hy Moses en Aäron laat roep in die middel van die nag en gesê, “Maak gereed en gaan weg van ons af! Asseblief, gaan! Almal van julle! Gaan, dien die Here soos julle gesê het. Neem julle troppe en kuddes en laat julle wegkom. En terwyl julle gaan, seën my asseblief tog ook.”

Moses en Aäron was opgewonde. “Uiteindelik! God het hom gedwing om ons te laat gaan. Nou sal Israel sien hoe groot hulle God is. Halleluja!” het Moses gesê en die Here geprys.

Net soos Farao, was die Egiptenaars bang dat hulle almal sou sterf en het by die Israeliete aangedring om gou te maak en onmiddellik te vertrek. Hulle het vir mekaar gesê, “Ons is so goed soos dood terwyl die Israeliete nog hier is!”

Die Here het die Israeliete beveel om van die Egiptenaars artikels van goud en silwer, en klere te eis. Die Israeliete het presies dit gedoen en die Egitenaars was maar net te bly om dit aan hulle te gee en het gesê, “Vat dit net en gaan asseblief!” Dit is hoe die Israeliete die Egiptenaars beroof het van hulle besitting.

The Israelites packed up everything they owned and gathered their flocks and herds Daardie nag, het die opgewonde Israeliete alles opgepak wat hulle besit het en hulle troppe en kuddes diere bymekaargemaak. Die vroue het hulle brooddeeg geneem voor die gis bygevoeg was, dit in bakskottels in hulle klere toegebind en op hulle skouers gedra. Ouers het seker gemaak dat al hulle kinders naby en gereed was. Toe het hulle almal by die stad Raämses bymekaar gekom, gereed om te vertrek.

Daar was 600,000 mans, buiten vroue en kinders, gereed om te voet te reis. Sjoe! Dit is baie mense! Wel, asof dit nie genoeg was nie, het mense van ander nasies ook hulle huise verlaat en by hulle aangesluit. Saamgedrom rondom elke gesin, was daar bulkende kuddes beeste en blêrende troppe skape. Dink net hoe raserig moes dit geklink het!

Reg in die middel van al hierdie rumoer, het God uit die Hemel afgekyk en met Moses gepraat en gesê, “Hierdie dag verlaat julle slawerny in Egipte. Dit is 'n dag om vir altyd te onthou. Die Here ons God bring julle uit met magtige wonderwerke. Wanneer julle by die Beloofde Land uitkom en daar gaan woon, onthou hierdie dag deur die Paasfees te onderhou sonder enige suurdeeg. Julle moet ook vir julle kinders vertel wat die Paasfees beteken. Slawe en vreemdelinge wat by julle woon, mag saam met die kinders van Israel hierdie fees hou, maar slegs as al hulle mansmense besny is."

Die Here het ook vir Moses gesê, “Omdat ek al die eersgeborenes van Egipte doodgemaak het, maar al die eersgeborenes van die kinders van Israel gespaar het, behoort al julle eersgebore seuns en manlike diere aan My. Julle moet hulle van My terugkoop.”

Voor hulle kon vertrek, moes Moses een laaste ding doen. Hy moes die beendere van Josef gaan haal. Baie jare tevore — trouens, 300 jaar vroeër — was Josef tweede in beheer van die hele Egipteland toe hy Jakob en sy ander seuns uitgenooi het om na Egipte te kom sodat hy vir hulle kon sorg. Voor hy gesterf het, het Josef die kinders van Israel laat belowe dat hulle sy beendere saam het hulle na die Beloofde Land sou neem wanneer hulle Egipte verlaat. Hy was seker God sou hulle uit Egipte lei. Moses het nou daardie belofte nagekom.

It was a vast exodus of hundreds of thousands of people and their animals Toe alles gereed was, het Moses dapper die teken gegee, op God se bevel, en hulle het Raämses verlaat en na Sukkot vertrek. Dit was 'n groot uittog van honderde duisende mense en hulle diere, en dit het 'n groot stofwolk hoog in die lug opgeskop. Manne wat sterk spiere gebou het van jare se harde slawearbeid, het die swaarder goed gedra. Vroue het baba's en brooddeeg wat nie gis in gehad het nie, gedra. Die kinders het komberse en klein goedjies gedra, maar almal het gehelp. Sommige van die mans was in beheer van die diere en het gekeer dat hulle afdwaal.

Die Israeliete het geloop en geloop. Die kort roete na die Beloofde Land, het dwarsdeur die land van die Filistyne gegaan. God het geweet die Filistyne was 'n wrede nasie, wat sonder om twee keer te dink, teen die kinders van Israel sou oorlog maak, hulle sou doodmaak en beroof van hulle besittings. Die Here kon sien die kinders van Israel was nog nie gereed om oorlog te voer nie. Hy was bang hulle sou maklik moedeloos word en probeer om terug te keer na Egipte toe. So, God in sy oneindige wysheid, het besluit om hulle met die langer pad langs te lei wat sou verhoed dat hulle die Filistyne teëkom. Hulle moes Hom net vertrou.

Toe die hele optog Sukkot bereik, het Moses hulle laat stop en die vrouens het gou-gou 'n paar broodkoeke op die vuur gerooster. Hoe heerlik was dit om hulle eerste maaltyd vry van slawerny te kon geniet! Halleluja!

Toe hulle Sukkot verlaat het, het God hulle op 'n baie spesiale manier na Etam gelei. Hulle kon presies sien waarheen hulle moes gaan. Dit was 'n asemrowende skouspel! Gedurende die dag, het God 'n wolkkolom gestuur om hulle die weg te wys, en in die nag, het Hy 'n vuurkolom gestuur wat hulle pad verlig het. Met God se spesiale reëling, kon hulle gedurende die dag of nag reis. Dit het nie saak gemaak nie want die wolk en die vuur was nooit buite sig nie. Vandag, gebruik God sy Woord en sy Heilige Gees om ons op ons pad te lei.

Deur baie magtige wonderwerke, het God het kinders van Israel verlos van slawerny in Egipte, en nou het Hy hulle gelei na die Beloofde Land. Wat 'n avontuur het op hulle gewag! Hulle moes net by die plek uitkom waar hulle verstaan het dat God hulle werklik liefgehad het, en dit was lewensnoodsaaklik dat hulle moes leer om Hom volkome te vertrou!



striped bar

ONTHOU!

Net soos die Here die Israelite verlos het van slawerny in Egipte, sal Jesus jou verlos uit die slawerny van sonde en as jy Hom heeltemal sal vertrou.



DINK!

1. Wat is 'n uittog?
2. Hoeveel mans, buiten vroue en kinders het saam met Moses getrek?
3. Waarvan het God die kinders van Israel verlos?
4. In watter land was hulle slawe?
5. Hoe het God hulle gelei in die dag? En in die nag?
6. Dink jy mense kan slawe van sonde wees?
7. In die Nuwe Testament, wie het gekom om ons van sonde te verlos?
8. Sal jy God vertrou om jou ook te lei?



'N VERS OM TE LEER:

“Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood” (Romeine 8:2).



'N ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER:

“As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees” (Johannes 8:36).



PRAKTIESE TOEPASSING

Die kinders van Israel het 'n nuwe lewe begin sonder slawerny en ook begin leer van die ontsagwekkende, wonderwerkende, sorgsame God van hulle vaders. Het jy al ooit van een plek na 'n ander getrek en 'n nuwe lewe daar begin? Was jy opgewonde? Hoe het dit gevoel die eerste dag toe jy skool toe of Sondagskool toe gegaan het?

[Na bespreking:] DIt het jou hele lewe verander, nê? Wanneer jy jou hart vir God gee, is dit soos om 'n hele nuwe lewe saam met Hom te begin. Ons noem dit weergebore. Is jy al weergebore of wil jy graag weergebore word?

Net soos jy as 'n baba gebore is en elke dag groter en langer geword het, net so begin jou gees om te groei. Wat het 'n baba nodig om te groei? Ja, 'n baba het melk nodig om te groei en later ook vaste kos. Selfs grootmense het kos nodig om te oorleef. Dit is waarom die Israeliete ongesuurde brood saam met hulle geneem het toe hulle Egipte verlaat het. Net so, het ons gees ook geestelike voedsel nodig. Weet jy wat geestelike voedsel is? Laat ek vir julle 'n leidraad gee. Slaan gou 1 Petrus 2:2 in die Bybel na. Daar praat dit van die melk van die Woord. Dis reg, dit is die Bybel.

Ons groei geestelik wanneer ons die Woord van God daagliks lees en op ons lewens toepas. Daarin leer ons hoe lief God ons het en ons versorg, hoe wonderlik en ontsagwekkend Hy is en hoe graag Hy wil hê dat ons soos Hy moet word. Wil jy ook graag geestelik groei? Begin dan die Bybel elke dag lees en begin by die Nuwe Testament. Vra die Heilige Gees om jou te help om dit te verstaan en toe te pas in jou lewe.

Laat ons 'n oomblik in gebed neem en Jesus vra om ons te herinner om sy Woord daagliks te lees en ons te help om dit te verstaan sodat ons geestelik kan groei.


LAAT ONS BID:

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, soms voel ek vasgevang deur vrees en sonde.
Sal U my asseblief vergewe en my vrymaak?
Lei my nou deur u Heilige Woord en u Heilige Gees.
Dankie Here Jesus! In u Naam bid ek. Amen.
****************************************************



KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

Exodus 12:29-13:22


BIBLE STORY ARCHIVE
www.childrenschapel.org/bibstory2.html


crayons

Israelites Prepared to Leave Egypt Coloring Page
Moses Coloring Page
Ancient Egypt Coloring Pages
Israel's Enslavement in Egypt color online
Plagues of Egypt Coloring Pages
The Ten Plagues of Egypt Coloring Page
Bible Heroes: Moses Colouring Book
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle
Word Search
Fill in the Blanks
Crossword Puzzle
Cryptogram
Maze
Life of Moses Bingo Game
Moses and Exodus Games and Puzzles
Moses and the Ten Plagues Activity Book
Moses and the Ten Plagues activity sheet
Moses and the Plagues Bingo Game
Moses and the Ten Plagues Tales of Glory Play Set
Moses: Connect the Dots
Moses (Exodus) Printable Worksheets
Moses Game Board
Moses Trading Cards
Ten Plagues Games
Ten Plagues of Egypt Activity
The Exodus Activities
The Pharaoh Egypt Worksheet
The Story of Moses Reusable Sticker Book
The Ultimate Passover Reusable Sticker Book

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

First Passover Craft (watch online)
Moses and Exodus Crafts
Moses Clothespin Figure with Sandbox Bible Scene Display
Moses, Pharaoh, Aaron Finger Puppets
Moses' Snake Staff
Moses' Special Staff Craft for Preschoolers
Paper Plate Character Masks — Moses
Shepherd Toilet Paper Roll Craft

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



child reading a book

God Is the One in Charge! (read online)
God Said and Moses Led
Good and Evil: The Bible As Graphic Novel
HOBC Bible Big Book: Moses
Kingstone Bible Series: Moses Comic Book
Moses and the King (I Can Read)
Moses and the Long Walk
Moses' Big Adventure: Lift-the-Flap
Moses' Dry Feet
Moses/John Flip-Over Book
Moses God's Brave Servant
Moses Leads the People
Moses the Shepherd: Chosen by God
Moses the Traveler: Guided by God

Power Bible: Bible Stories to Impart Wisdom
# 2 - Moses, Leader of the Israelites


The Story of Passover Board Book

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and DVDs

Abeka Bible Truth DVD #12: Plagues & Passover; Marah, Elim & Manna
Adventures in Odyssey® 190: Moses, the Passover, Part 1 of 2 [Download]
Bible Comes Alive, Volume 1 Your Story Hour, CD

Bible on the Go Vol. 07: The Ten Plagues on Egypt;
the First Passover; and the Exodus (Exodus 7-12) - Unabridged Audiobook [Download]


Bible Stories: Moses
Escape from Egypt: Moses and the Ten Plagues (watch online)
God's Story: Passover (watch online)
God vs. Pharaoh Kids' Bible Theatre (watch online)
Greatest Heroes: The Story of Moses (watch online)
Kindergarten: Pillars of Cloud and Fire (watch online)
Let My People Go! The Story of Exodus Superbook DVD
Lord's Passover - Exodus 12 (watch online)
Moses Speaks to the Pharaoh (watch online)
Passover and the Final Plagues (watch online)
Passover Bible Lesson Made Easy (watch online)
Superbook: Let My People Go! Season 1 Episode 4 (watch online)
The Pillars of Fire and Cloud (watch online)
Ten Plagues Drama with Children (watch online)
The Passover Story (watch online)
The Passover Tradition (watch online)
The Plague on the Firstborn: Angel of Death Is Coming (watch online)
10 Plagues of Egypt for Kids Exodus 7-11 (watch online)
The Greatest Adventure Stories from the Bible: Moses (watch online)
The Holy Tales Bible: Escape From Egypt (watch online)
The Ten Commandments: Moses Turns Water into Blood (watch online)
The Ten Plagues of Egypt Exodus 1—11 Sharefaith Kids (watch online)
Veggie Tales: Moe and the Big Exit (watch online)
What's in the Bible: The Passover Explained (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



birds singing

For God So Loved the World by Alfred B. Smith and Frances Townsend (c) 1938
(Sheet Music and Lyrics)
Jesus, Lamb of God (watch online)

Moses Songs
The Prince of Egypt: When You Believe (watch online)
Time for Departure - Song #17

What's in the Bible:
Chuck Waggin Sings The Exodus Song
(watch online)
When I See the Blood (with sign language) (watch online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

LIFEPAC: The Story of Moses
The Story of Moses for Kids
The Exodus Activities

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources


striped bar


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under "Subscribe... " at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2021 - Children's Chapel
North Central Ohio, U.S.A.

Pictures Courtesy of Free Bible Images

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated October 19, 2021

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources