The Children\'s Chapel

Verlore!
deur Linda Sue Pochodzay Edwards

The lamb was lonely frightened and sorry he had not stayed close to the shepherd where he would be safe

Text Version | English | Italian


Opgewondenheid het die huis gevul terwyl die gesin voorberei het vir 'n uitstappie na die groot stad. Hulle het almal gretig gewag vir hierdie dag om aan te breek. Daar sou so baie prettige dinge wees om te sien en te doen, EN hulle sou selfs in daardie g-r-o-o-t hotel, wat lyk of dit die hemel raak, slaap. Dit het nie gevoel of dit ooit sou gebeur nie, maar UITEINDELIK was die tasse in die kattebak gelaai en die kinders het geskarrel tot op die agterste sitplek van die kar.

Natuurlik het almal gedurende die hele rit spesiale plekke genoem om te besoek en dinge om te gaan sien en doen.

“Kom ons gee kos vir die eende in die park.”

“Onthou julle die glashysbak?”

“Die dinosourusse by die museum!”

“Inkopies! Inkopies! Inkopies!”

“Ek dink die taxi rit was die beste!”

Met al die geklets, het dit gevoel asof hulle baie gou daar was. Die bagasie is afgelaai en op 'n trollie gesit om na hulle kamer te neem. Hulle het “ge-oe” en “ge-a” oor die pragtige kandelaars en die groot standbeeld in die portaal. En ja, hulle het selfs die kans gekry om die glashysbak op na hulle kamer toe te ry!

Na 'n storie en gebed, was die kinders snoesig toegemaak in die bed. Dit was SO moeilik om aan die slaap te raak, omdat hulle só opgewonde was.

Vroeg die volgende oggend, was hulle almal helder wakker en nadat hulle 'n goeie ontbyt gehad het in die hotel se eetkamer, het hulle besluit om met die pad af te loop tot by die park, wat nie baie ver was nie. “Onthou nou, ons almal moet bymekaar bly. Moenie wegdwaal nie en moenie alleen in 'n gebou ingaan nie,” het Pa gewaarsku toe hulle die swaaideure van die hotel verlaat het.

Die winkelvensters was alles so mooi; dit was moeilik om nie te draal nie. Die aroma van varsgebakte brood het hulle aandag getrek terwyl hulle geloop het. Hulle het verby 'n T-hemp winkel en 'n restaurant gestap. Daar was 'n juwelierswinkel en 'n skoonheidswinkel. Toe het Ma gesê, “As julle nie omgee nie, wil ek graag in hierdie geskenkwinkel ingaan. Dit lyk of daar 'n paar goed is wat ek graag sal wil koop.”

“Wel, dan kan die res van ons in hierdie sportwinkel ingaan om rond te kyk, terwyl jy inkopies doen,” het Pa met 'n glimlag gesê. Hulle het op hulle horlosies gekyk om seker te maak dit was behoorlik gestel en toe het hulle ooreengekom op die tyd wanneer hulle mekaar weer buitekant die winkel sou ontmoet.

Ma het haar tyd by die geskenkwinkel geniet en het iets besonders vir elkeen gekoop. Pa en die kinders het 'n lekker tyd by die sportwinkel gehad, al het hulle niks gekoop nie. Toe die tyd aanbreek, het hulle op die sypaadjie buitekant die winkel ontmoet.

MAAR . . .

Daar was 'n GROOT probleem . . .

Iemand was weg!

Klein Kristie, die jongste, was nie waar sy veronderstel was om te wees nie. Pa en die ander kinders het teruggegaan na die sportwinkel om na haar te gaan soek. Ma het teruggegaan na die geskenkwinkel, omdat sy gedink het sy het dalk daar ingegaan. Toe hulle uitkom, het hulle haar steeds nie gevind nie.

Hulle het met die straat afgeloop en in elke winkel ingekyk.

Hulle het al die kassiere gevra.

Hulle het met die sekuriteitswag by die hotel gepraat.

Hulle het selfs met 'n polisieman gepraat.

Niemand het klein Kristie gesien nie.

Rasend het hulle aan die ander kant van die straat gesoek, in en uit . . . winkel na winkel. Ma en Pa was meer bekommerd as wat hulle nog ooit was. WAARHEEN sou sy gegaan het? WAAR kon sy wees?

TOE hoor hulle 'n gehuil. Dit het gekom uit die rigting van die speelgoedwinkel. Kan dit wees? Was dit Kristie? Sonder om 'n oomblik te verspil, het hulle nader aan die geluid van die huilende kind gehardloop en ontdek, jou waarlik, dit was klein Kristie. Ma en Pa het altwee na haar toe gehardloop en hulle arms rondom haar geslaan. Hulle het haar styf vasgedruk. Hulle het haar op haar traanbesmeerde wange gesoen. Hulle was so bly dat hulle haar uiteindelik gevind het. Vol uitbundige blydskap het hulle hulle wandel in die park afgesluit daardie dag.

courtesy of Becki's Garden courtesy of Becki's Garden courtesy of Becki's Garden

Jesus gathered a group of people around Him and wanted to tell them a story showing how much He loved them Jesus het 'n groep mense rondom Hom nader geroep en wou vir hulle 'n storie vertel oor hoe baie Hy hulle liefgehad het. Hierdie storie is baie soortgelyk aan die een wat Jesus vertel het.

Verbeel jou dat jy 'n herder was en dat jy eenhonderd skape gehad het om voor te sorg. Jy het daardie skape liefgehad. Elke dag het jy hulle buitentoe geneem na die weivelde en hulle gehelp om gras te kry om te eet. Jy het hulle na die stroom geneem en seker gemaak hulle het skoon, vars water gehad om te drink. In die lente het jy hulle wol afgeskeer (amper soos 'n haarsny), sodat hulle nie te warm kry in die somer nie. En in die herfs het jy hulle wol laat groei, sodat hulle lekker snoesig en warm in die winter kan wees.

Imagine that you are a shepherd and you have one hundred sheep to care for Jy was so lank by daardie skape dat jy vir hulle elkeen 'n naam gegee het en elke skaap het jou stem herken. Daar kon moontlik ander herders in dieselfde weivelde wees, maar as jy jou skape roep, het hulle na jou toe aangekom. Hulle het nie na die ander herders toe gegaan nie.

Elke aand wanneer jy jou skape huistoe, na die skuur bring vir die nag, noem jy hulle by die naam; jy mag hulle elkeen selfs 'n klein drukkie gee en nagsê. Jy tel om seker te maak dat jy nie een gemis het nie.

Dan, een aand terwyl jy tel “. . . 95 . . . 96 . . . 97 . . . 98 . . . 99 . . . .”

Nege-en-negentig? Net 99? Waar is eenhonderd?

Then you look around to find out exactly which one is missingYou look around to see if maybe she is hiding in a corner

Dan kyk jy rondom jou om uit te vind presies watter een weg is. “Krulletjies. Waar is Krulletjies? Ek het gedink jy was hier by my.” Jy kyk rond om te sien of sy miskien in 'n hoekie wegkruip het en jy haar dalk net nie gesien het nie. Dan kyk jy buite. Geen Krulletjies nie. Uiteindelik, besef jy die eniste ding wat jy kan doen, is om terug te gaan na die weiveld om te kyk of sy steeds daar is. Jy kry jou lantern gereed, omdat dit reeds donker is buite. Jy struikel oor klippe wat in die pad is. Dit is snaaks dat jy nog nooit daardie klippe raakgesien het in die dag nie. Jy kom by die weiveld uit en begin om te roep: “Krulletjiesyyy . . . Krulletjiesyyy . . . . Waar is jy Krulletjies . . . ?“ Dit is regtig vreemd. Krulletjies kom altyd aangehardloop wanneer sy jou stem hoor. Maar nie HIERDIE keer nie. Krulletjies het weggedwaal en sy kan jou nie hoor nie.

You climb the hill and struggle over rocks and branches Jy moet verder as gewoonlik loop. Jy klim die heuwel uit en sukkel oor klippe en takke, terwyl jy die heeltyd roep, “Krulletjiesyyy . . . Krulletjiesyyy . . . .”

Dan . . . hoor jy dit — net 'n sagte klankie: “Mêê-Mêê.”  Haastig gaan jy 'n bietjie verder. Die klank word harder: “MÊÊ–MÊÊ.” Nog 'n bietjie verder! Dan hoor jy dit hard en duidelik: “MÊÊ–MÊÊ.” Daar onder 'n geboë struik kry jy vir Krulletjies.

“O, Krulletjies! Ek is so bly om jou hier te kry!” Versigtig tel jy Krulletjies op en gee vir haar 'n groot drukkie en sy gee vir jou 'n skaapsoen op jou wang. Sy is net so bly om jou te sien, as wat jy is om haar te sien.

Vol vreugde dra jy Krulletjies terug huistoe en sit haar in die skuur saam met die ander skape. Dan hardloop jy om vir die ander herders te gaan vertel, “Ek het haar gekry! Ek het vir Krulletjies gekry! Ek het my skaap wat verlore was gekry!”

courtesy of Becki's Garden courtesy of Becki's Garden courtesy of Becki's Garden

PRAKTIESE TOEPASSING

Het jy al ooit verdwaal? Hoe voel dit om te verdwaal of hoe dink jy sal dit voel? Jy weet nie waar jy is en hoe om te kom waar jou ouers en huis is nie, reg? Het jy al ooit gevoel of jy nie weet waar God is en hoe om by Hom uit te kom nie? Hoekom dink jy het jy so gevoel?

[Na bespreking:] Jesus het vir die mense gesê dat elke mens soos die skaap is wat verlore was. Ons almal het gesondig en verkeerde dinge gedoen wat ons nie veronderstel is om te doen nie. Sonde veroorsaak skeiding tussen ons en God, maar Jesus het ons so liefgehad dat Hy gewillig was om Sy lewe te gee om ons te red en ons weer by God uit te bring. Hy wil hê ons moet ophou om sondige dinge te doen. Hy wil hê ons moet Hom net soveel liefhê as wat Hy ons het.

Wanneer ons kies om Jesus lief te hê, sal ons Hom wil volg soos die skape die herder volg. Ons kan leer om sy stem te ken deur die dinge wat Hy sê in die Bybel, wat Sy Woord is. Jesus het gesê dat daar groot blydskap in die Hemel is wanneer net een mens besluit om Hom lief te hê en vir Hom te lewe.

Wil jy dit nou graag doen?



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Liewe Jesus, ek is bly dat U my so baie liefhet,
dat U U lewe vir my gegee het. Ek wil U aanvaar
en ek wil hê U moet my Herder wees. Ek wil U
liefhê en vir U lewe. Help my om te leer om na U
stem te luister deur na U Woord, die Bybel,
te luister. Help my om U te gehoorsaam en net dinge
te doen wat U gelukkig maak. In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************

ONTHOU

Onthou om na God se Stem te luister deur na sy woord, die Bybel, te luister.


DINK!

1. Waarom sou die herder die 99 skape verlaat om net na een te soek?
2. Hoe kan jy leer om God se stem te hoor?

courtesy of Becki's Garden    

'N BYBELVERS OM TE ONTHOU:

“My skape luister na my stem, en Ek het hulle, en hulle volg My;
En Ek gee hulle die ewige lewe” (Johannes 10:27-28).


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Lukas 15:3-7

courtesy of Becki's Garden    

sheep

JUST FOR FUN:

FOLLOW THE SECRET CODE

A=1   C=2   E=3   H=4   I=5   M=6   O=7   P=8   R=9   S=10   V=11   Y=12

6   12 / 10   4   3   3   8 / 4   3   1   9 / 6   12 / 11   7   5   2   3



courtesy of Becki's Garden    

crayons

Beginners' Coloring Page (online)
Color the Bible Verse
Lamb Coloring Pages
Lost Sheep Take Home Sheet
The Jesus Stories, Episode 1: The Lost Little Sheep Coloring Book
The Parable of the Lost Sheep Coloring Page (online)
My Story Time Parables Coloring Book


Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books


crafts

Bookmark (online)
Cotton Ball or Popcorn Sheep Craft
Lamb Bible Crafts
Paper Roll Sheep Craft (online)
Sheep Craft (online)

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids


activities

Crossword Puzzle (online)
Fill In the Blanks (online)
Jigsaw Puzzle (online)
Word Search (online)
Create a Life of Jesus mini-book (online)
Do You Really Matter to God? maze (online)
Printable Sheep Puppet (online)
Printable Shepherd Puppet (online)
What Are You Looking For? (online)

Jesus Finds His Lost Sheep Itty Bitty Blessings
Jesus Figurine with Card


Lost Sheep Game
Lost Sheep Maze
Lost Sheep Word Scramble
Make a Cottonball Sheep
Sheep Name Tags
What Are You Looking For?

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



child reading a book

Cecil the Lost Sheep
Little Ewe: The Story of One Lost Sheep
Little Lost Sheep
Looking for the Lost Sheep
Lost Sheep and the Scary Day
My Story of Jesus (Happy Day>)

Nervous Norman Hot on the Trail:
The Parable of the Lost Sheep - eBook


The Lost Sheep (read online>)
The Lost Sheep: A Bible Friends Story
The Lost Sheep: Candle Little Lambs
HOBC Bible Big Book: The Little Lost Sheep (Group Publishing)
The Parable of the Lost Sheep (Arch Books)


Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible


birds singing

Donut Man: Good Shepherd Album (sing along)
He Never Sleeps (listen online)
The Lord Is My Shepherd I'll Walk with Him Always (sing along)
The Lost Sheep [Music Download]
The Lost Sheep - Donut Man (sing along)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



CDs and Videos

Flofi: The Lost Sheep Parable (watch online)
God's Story: One Lost Sheep (watch online)
Lost & Found audio CD #45 (Adventures in Odyssey)
Lost & Found: The Parable of The Lost Sheep (watch online)
On Psalm 23 ... and being a sheep (watch online)
Parable of the Lost Sheep (watch online)
Psalm 23 for Kids (watch online)
SuperBook: Parable of the Lost Sheep (watch online)
The Parable of the Lost Sheep (watch online)
VeggieTales: Parable of the Lost Sheep (watch online)

What's in the Bible: What Is the Bible?
Jesus Is the Good News


All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



Jesus the Good Shepherd

Resources for Parents & Teachers

Calvary Curriculum: The Parable of the Lost Sheep (online)
Spurgeon's Parable of the Lost Sheep (online)
The Lost Sheep Object Lesson (Sermons for Kids)
The Lost Sheep Teacher Guide (online)
The Parable of the Lost Sheep Crafts & Activities Guide (online)


Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources



BIBLE STORY ARCHIVE
childrenschapel.org/bibstory2.html


Copyright © 2022 by Linda Sue Pochodzay Edwards.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe...” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2000-2022 - www.childrenschapel.org

Pictures Courtesy of Free Bible Images

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated May 28, 2022

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources