The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Slangpik en Slangpaal
deur Sophia Prinsloo saam met Barbara Wilmerton Haas

The Lord sent fiery serpents among the people

Text Version | English


O, hoe het Lance begeer om 'n grootmens te wees! Hoekom vat dit tog so lank om daar uit te kom? O, hoe het hy daarna verlang om sy eie baas te wees en te doen wat hy ook al wil. Geen ouers meer gehoorsaam nie, geen opstaan en skooltoe gaan meer nie, geen dissipline meer nie, geen gehok word meer nie. Hy sou sy eie musiek kon speel so hard as wat hy kan en net pizza en pasta eet.

boys playing games Hy het regtig moeg geword om na sy ouers te luister as hulle vir hom preek oor dwelms, alkohol, meisies uitneem en al daardie soort dinge. Hoe vervelig! Vir hom het grootmens wees so 'n ver weg gelyk.

Een Saterdag, het hy die eerste keer by 'n vriend, Damon, gekuier. Damon was een van die gewildste kinders in die skool. Almal wou sy vriend wees. Dit is waarom Lance hoogs geëerd gevoel het toe Damon hom oorgenooi het vir 'n kuier. Hulle het buite bal gespeel tot hulle moeg was. Later het hulle 'n paar videospeletjies gespeel totdat Damon verveeld geraak het omdat Lance te veel kere gewen het. Toe het Damon besluit om iets baie stout te doen.

Hy het gesê, “Kom saam met my. Ek het 'n plan om dinge 'n bietjie op te kikker.”

Eers, het hy gekyk of sy ma nog besig was in die kombuis en toe het hy vinnig 'n sleutel uit 'n spesiale wegsteekplek gehaal en sy pa se drankkabinet oopgemaak. Hy het gou 'n glas gegryp en 'n bietjie drank en wyn uit elke bottel in die kabinet in die glas geskink. Die drankmengesel het so pienkerig gelyk met 'n skerp alkohol reuk. Net to hulle klaar was, het hulle sy ma se voetstappe hoor nader kom. Damon het so vinnig as wat hy kon die kabinet toegesluit en die sleutel teruggesit op sy wegsteekplek.

“Sjoe! Dit was amper,” het Damon verlig gefluister terwyl hulle haastig buitentoe geloop het in die rigting van die motorhuis, versigtig om nie hulle buit te mors nie.

Lance het geweet hulle doen verkeerd, want hy was nie veronderstel om enige alkohol te drink nie, maar groepsdruk het hom ondergekry en hy wou aanvaar voel deur Damon en die ander gewilde kinders by die skool. Met sy gewete gedwing om stil te wees, het hy MOEDSWILLIG gekies om alles te ignoreer waaroor sy ouers hom gewaarsku het.

Nadat hulle hulleself gemaklik gemaak het op die grasperk agter die motorhuis, het elkeen 'n sluk gevat. “Foei!” dit het amper Lance se asem heeltemal weggeslaan en dit sy keel gebrand al die pad ondertoe. Damon het gegiggel toe dit sy beurt was en na vars lug gesnak toe hy sy sluk gevat het. Die seuns het nog 'n paar beurte gevat, baie gelag, en begin lighoofdig voel.

“Ek wed jou jy sal nie 'n fiets in 'n reguit lyn op die sypaadjie kan ry nie,” het Damon Lance uitgedaag. In 'n dronk bravade, was Lance seker hy kon enigiets doen en het die uitdaging aanvaar. Hulle het Damon se fiets in die motorhuis gaan haal en na die sypaadjie geneem. Lance het op die fiets geklim en het begin trap. Hy het eers links en toe regs geswenk en toe neergeslaan op die klipharde sypaadjie.

“WHAAAAAAA!” het hy geskreeu, en na sy arm gekyk. Dit was duidelik gebreek en dit het verwoed gepyn.

Damon het gehardloop om sy ma te roep. Sy was so bekommerd, sy het nie eens tyd gehad om met hulle te raas oor hulle dwaasheid nie, maar het hulle reguit na die naaste ongevalle sentrum geneem en toe Lance se ouers gebel.

Lance se ouers het dadelik gekom en die heeltyd by hom gebly. Nadat sy arm gespalk was, het hulle hom huistoe geneem. Terwyl hulle terugry, het sy pa gesê, “Seun, ruik ek alkohol aan jou?”

Skaam, het Lance geantwoord, “Ja, Pa. Ek is jammer! Ek het regtig 'n groot fout begaan.”

Sy pa het geantwoord, “Ek is seker jy het jou les geleer, maar jy is steeds gehok vir ses weke.”

“Reg so, Pa,” het Lance skaapagtig geantwoord.

Sy pa het verder gegaan en gesê, “Jou ma en ek 'preek' altyd vir jou, omdat ons wil hê jy moet wyse besluite maak sodat jy 'n goeie lewe kan hê en kan vermy om skade te ly. Dit is dieselfde met die Bybel. Daar is baie wysheid in om jou lewe vry van onnodige moeilikheid en hartseer te hou. Weet jy wat die Bybel sê oor wyn en sterk drank?”

Lance het sy kop geskud en gesê, “Nee.”

Sy pa het geantwoord, “Spreuke 23:31-32 sê dat ons nie verlei moet word deur wyn of sterk drank nie, want die gevolge daarvan is soos die pik van 'n slang en die byt van 'n adder. Dit veroorsaak dat 'n mens dom dinge sê en doen, wat net hartseer en pyn veroorsaak, net soos wat met jou gebeur het vandag. Na 'n lang stilte, sodat dit diep in Lance se gedagtes kon insink, het Lance se pa voortgegaan, “Die goeie nuus is, dat die Here so vol genade is, dat Hy gewillig is om jou te vergewe — as jy werklik jammer is.”


striped bar

Moses sent messengers to the King of the Edom Steeds by Kades, het Moses boodskappers na die Koning van Edom gestuur. Die Edomiete was die afstammelinge van Esau, die broer van Jakob en daarom was hulle ook beskou as die Israeliete se “broers.” Die boodskappers moes die Koning vra om die Israeliete toe te laat om deur hulle land te reis, omdat dit 'n vername handelsroete was, en gebruik was deur buitelandse en plaaslike handelaars.

Slegte nuus! Die Koning van Edom het onthou hoe hulle voorvader, Esau, bedrieg was deur sy broer, Jakob, wat nie net sy geboortereg gesteel het nie, maar ook sy seën. Met dit in gedagte, het hy geglo dat die Israeliete net so onderduims en slinks was as hulle voorvader Jakob, en hy het hulle net mooi niks vertrou nie. Buitendien, hy was bang dat as so baie mense deur sy land sou reis, hulle al hulle gewasse sou verslind, of selfs erger, hulle sou aanval en hulle land steel.

Moses het sy bes probeer om met die Koning van Edom te onderhandel, en het hom belowe dat hulle nie hulle gewasse of vrugte, of selfs hulle water sou skade doen nie. Hulle sou selfs vir water betaal. Maar dit was nutteloos. Die Koning het plegtig geweier. Om konflik met hulle Edomiet “boers” te vermy, het Moses wyslik 'n ander roete gekies en hulle het langs die grens van Edom afgetrek na die berg Hor.

Daar, het die Here met Moses gepraat en gesê dit was tyd vir sy eie broer, Aäron, die hoëpriester, om te sterf. Aäron sou nie die Beloofde Land binnegaan nie as gevolg van hy en Moses se sonde van die rots slaan in plaas daarvan om daarmee te praat.

Gehoorsaam aan die Here se bevel, het Moses, Aäron, en sy seun, Eleásar, teen die berg Hor opgeklim. Op die top, het Moses plegtig die priesterlike klere van Aäron afgehaal en vir Eleásar aangetrek. Nadat hulle tranerig totsiens gesê het, maar met die hoop om mekaar weer in die hemel te sien, het Aäron op die top van die berg gesterf terwyl Moses en Eleásar alleen na die kamp teruggekeer het. Toe die Israeliete hoor van Aäron se dood, het hulle vir dertig dae oor hom getreur en so hulle eerbied bewys.

It was time to proceed with their journey to the Promised Land again Dit was tyd om weer verder te gaan met hulle tog na die Beloofde Land. Om konflik met hulle Edomiet broers te vermy en rondom die land Edom te reis, moes die Israeliete suid gaan, in die rigting van die Rooi See waarvandaan hulle gekom het.

Vir die Israeliete, was dit baie ontmoedigend dat hulle eie familie hulle nie wou help nie. Hulle het gedink die Here sou ten minste vir hulle guns gee by die Edomiete om deur hulle land te reis, maar Hy het nie. Soos gewoonlik, wanneer dinge nie volgens hulle glad verloop het nie, het hulle baie ongeduldig geraak en het begin kla teen die Here en teen Moses.

Depressief, het hulle gemurmureer, “Waarom het jy ons uit Egipte gebring om te sterf in hierdie dorre woestyn? Ons is siek van al hierdie sand, in ons klere, in ons tente, in al ons goed. Daar is geen water om te drink nie en geen brood om te eet hier nie. Buitendien, ons VERAG hierdie smaaklose, vervelige MANNA!”

Moses was geskok tot in sy tone en het gedink, “Hoe durf hierdie mense so ondankbaar wees! Hoe durf hulle sê dat hulle die manna verag wat die Here bonatuurlik vir hulle voorsien het die hele tyd in die woestyn! Dit is engele kos en proe soos heuningbrood! Het hulle hul smaaksintuie verloor?”

Wat Moses en die Israeliete op daardie stadium nie geweet het nie, is dat die manna die Woord van die Here en Jesus Christus self verteenwoodigheid het! Wat die Israeliete in werklikheid gesê het, dat die manna vervelig en smaakloos is, is 'n uitbeelding van onsself wanneer ons verveeld en ongeïnteresseerd raak met die Woord van die Here, ondankbaar word en Jesus nie meer vertrou nie.

Poisonous snakes appeared all among them Die Here was glad nie beïndruk met die gesindheid van die Israeliete wat Hom versoek het met hulle ongeloof, ondankbaarheid en veragting nie. Voor hulle dit kon weet, het giftige slange oral om hulle verskyn. Rinkalse en pofadders het van onder die klippe uitgeseil in en rondom die kamp. Die sand onder die mense se voete het gelyk of dit lewendig geword het soos slange gekrul en gedraai het waar hulle weggekruip het onder los woestynsand.

Sodra hulle uitgekom het, het hulle met die spoed van weerlig gepik en hulle tande in hulle slagoffers se velle ingesink, terwyl hulle gif in hulle liggame ingespuit het. Die pik van hulle tande was soos 'n brandende steek, maar as die gif begin versprei het deur die mense se liggame, het hulle van pyn geskreeu, wetend dat die dood naby was. Dit was 'n verskriklike toneel om te aanskou en baie mense het oral in die kamp gesterf. Sommige het stadig, en ander vinnig doodgegaan, afhangende van watter soort slang hulle gepik het.

Weet jy wat die slange uitbeeld? Die Israeliete het dit toe nog nie geweet nie, maar wanneer ons verveeld raak met die Woord van die Here en dit begin verag en Jesus nie meer vertrou nie, is ons nie meer waaksaam nie en SONDE sluip in soos 'n seilende slang. Dit byt ons wanneer ons dit die minste verwag en dan ly ons die folterende gevolge daarvan.

Gelukkig, het die kinders van Israel besef dat hulle ernstig teen die Here gesondig het en het na Moses gekom tewyl hulle hartverskeurend gehuil het, “Moses, ons het gesondig om so teen die Here en ook teenoor jou te praat! Ons pleit om vergifnis. Bid asseblief tot die Here en vra Hom om hierdie slange wat soveel pyn en dood veroorsaak weg te neem.”

Met sy hele hart, het Moses ernstig tot die Here gebid om die kinders van Israel se onthalwe. In sy liefde, het die Here afgebuk en hom verhoor, want dit was presies die gebed wat Hy wou hê en waarvoor Hy gewag het om te hoor. Die Here het groot genade bewys aan die sondige, maar werklik berouvolle volk. In sy groot genade, het Hy hulle nie net vergewe en die slange laat verdwyn nie, maar Hy het ook beplan om selfs nóg meer te doen.

Baie van die mense wat gebyt was, het steeds gelewe en omdat God hulle liefgehad het en hulle vergewe het, wou Hy ook hulle lewens red. Daarom het die Here vir Moses gesê, “Maak 'n giftige slang en sit dit op 'n paal; en dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe.” Sonder om enige tyd te verwyl, het Moses gou 'n groot vuur gemaak, dit met 'n blaasbalk aangeblaas todat dit ekstra warm was en toe 'n paar klonte koper uit die Tabenakel skatkis daarin gesmelt.

Moses put the bronze serpent on a high pole in the middle of the camp so that everybody could see it when they looked up Terwyl hy 'n slang gevorm het uit die metaal, het Moses gedink aan die slang in die Tuin van Eden wat Adam en Eva mislei het. Daar, in die Tuin van Eden, het God gesê dat die Nasaat van Eva, in die hakskeen gebyt sou word deur die slang, maar Hy het 'n belofte gemaak dat dieselfde Nasaat van Eva die slang se kop sou vermorsel. Moses het geglo enigiets was moontlik vir die Here en Hy was seker dat die Here die slange sou laat verdwyn en die mense wat gebyt was genees.

Toe die koperslang klaar was, het Moses dit op 'n hoë paal in die middel van die kamp laat staan sodat almal dit kon sien wanneer hulle opgekyk het. Moses het dwarsdeur die kamp die woord versprei dat elke persoon met 'n slangbyt, moes opkyk na die koperslang op die paal, glo dat die Here hulle vergewe het en Hy sou hulle genees.

En dit is presies hoe dit gebeur het! Iedere en elke persoon wat na die slang op die paal gekyk het, maak nie saak hoe erg hulle gebyt was nie, is bonatuurlik genees. Prys die Here vir sy genade en sy genesende krag!

Net soos wonderwerk vir die sterwende Israeliete gebeur het, wil God ons ook bonatuurlik red van 'n verskriklike dood wat ons sonde veroorsaak. Weet jy wat die slang op die paal uitbeeld? Die koperslang op die paal is 'n beeld van Jesus Christus wat al ons sondes op Homself geneem het, op die kruis gesterf het vir ons sodat ons vergewe kan word. Jesus was die Nasaat van Eva wat sou kom en die sondes van die wêreld wegneem, en die kop van sonde en Satan sou vermorsel.

We must look upon Jesus dying on the cross just as the Israelites looked upon the bronze serpent Ons moet kyk na Jesus, sterwend aan die kruis, net soos die Israeliete gekyk het na die koperslang. Wanneer ons ons vertroue in Hom stel om ons te red, sal Hy ons sekerlik red. Jesus self het gesê dat net soos Moses die slang in die woestyn opgelig het, so moes Hy opgelig word, sodat wie ook al in Hom glo, nie sou sterf nie, maar die ewige lewe kan hê, en op hierdie manier, alle mense na Hom toe trek.

Soms wanneer dinge nie gebeur soos wat ons dit wil hê nie, of as ons verveeld raak met altyd die regte ding doen, is dit maklik om ons vertroue in God en ons belangstelling om die Bybel te lees te verloor. Maar dit is hoekom die Here sy Heilige Gees gestuur het om ons te help wanneer ons swak word in ons geloof. Ons moet Hom vra om vir ons 'n liefde vir die Woord van God te gee, en ons te help om dit wat ons lees te verstaan en toe te pas.

As ons aanhou op Hom vertrou, sal Hy ons help om nie te sondig nie en ons krag gee om getrou te bly. Maar as ons wel sondig, moet ons altyd om vergifnis vra, want Hy is getrou en regverdig om ons oortredinge te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. Halleluja! Prys die Here vir sy barmhartigheid en genade!


striped bar

ONTHOU!

Sonde is soos 'n slangbyt. Eers pik dit jou en dan laat dit jou ly, soos sy gif deur jou liggaam versprei. Kyk na Jesus om vergewe en gered te word.



DINK!

1. Wie het die Israeliete deurgang deur hulle land geweier? Waarom?
2. Wie het die hoëpriester geword ná Aäron?
3. Waarmee was die Israeliete verveeld om te eet?
4. Waarvan was die manna 'n beeld?
5. Het jy al verveeld geword om die Woord van God te hoor?
6. Wat beeld slange uit in God se oë?
7. Wat illustreer die koperslang op die paal?
8. Wat moes die mense doen om gered en genees te word?
9. Wat moet ons doen om vergewe, gered en genees te word?



'N VERS OM TE LEER:

“En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Johannes 3:14-15).



'N ALTERNATIEWE VERS OM TE ONTHOU:

“En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom” (1 Korinthiërs 10:9).

“Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord” (Psalm 119:9).

“Die angel van die dood is die sonde...Maar God sy dank wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus” (1 Korinthiërs 15:56-57).



PRAKTIESE TOEPASSING

Het iemand of iets jou al ooit gebyt? Wie of wat het jou gebyt? Was dit 'n muskiet of dalk een van jou broers en susters of vriende? Hoe het die bytmerk gelyk en wat het daavan geword? Wat van jou? Het jy al ooit iemand gebyt? God wil nie hê ons moet rondgaan en mekaar byt nie, maar Hy wil hê dat jy sy Woord moet eet. Wat beteken dit om sy Woord te eet?

Sê vir my, hoe gereeld lees of luister jy na Bybelstories? Luister of lees jy elke dag die Bybel? Dink aan redes waarom dit goed is vir jou om die Bybel te ken. Raak jy soms verveeld met die Bybel? Dink aan redes hoekom. Die gelykenis van die Saaier kan vir jou 'n paar leidrade gee.

[Na bespreking:] Net soos die kinders van Israel elke dag manna moes eet, moet jy elke dag tyd saam met God deurbring in gebed en Bybel lees, want dit is geestelike voedsel wat jou leer om 'n goeie en godvrugtige lewe te lei. Die Bybel leer jou ook wat sonde is en hoe om vergewe te word, asook hoe om jouself teen sonde te beskerm. Net soos die wond van 'n bytplek kan jeuk of opgeswel, blou of besmet kan word, bring sonde op die ou end altyd net hartseer. Om vergifnis vir sonde te vind, vra vir Jesus om jou te red en te genees. Volgende keer as jy lus is om iemand seer te maak of te byt, weerstaan eerder sonde en besluit om 'n goeie voorbeeld te wees. Wys daardie persoon dan na Jesus sodat hulle geseën kan word en nuwe lewe in Christus kan ervaar.


LAAT ONS BID:

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, dankie dat U u Seun, Jesus Christus gestuur het,
wat ons sondes op Hom geneem het en aan die kruis in ons plek
gesterf het. Help ons om u Woord lief te hê en te smag daarna om
dit beter te leer ken en nie verveeld te raak daarmee nie.
Vergewe ons ons sondes en leer ons om u Woord te gehoorsaam.
In Jesus se Naam bid ons. Amen.
****************************************************



KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

Númeri 20:14-21:10



BIBLE STORY ARCHIVE
www.childrenschapel.org/bibstory2.html


crayons

Fiery Serpents Coloring Page
Moses and the Snake Coloring Page
Bronze Serpent Coloring Page
Moses Coloring Page
Moses with Bronze Serpent (color online)
The Bronze Snake coloring page
Bible Heroes: Moses Colouring Book

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle
Word Search
Fill in the Blanks
Crossword Puzzle
Cryptogram
Maze
Life of Moses Bingo Game
Moses: Connect the Dots
Moses Game Board
Moses Trading Cards
The Bronze Serpent activities
The Fiery Serpent Quiz
The Serpent of Brass Questions
The Story of Moses Reusable Sticker Book

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

Braided Snake Craft
Easy Bronze Serpent Craft
Moses and Exodus Crafts
Moses Bible Crafts Make His Staff
Moses Clothespin Figure with Sandbox Bible Scene Display
Moses' Special Staff Craft for Preschoolers
Moses Toilet Paper Roll Craft
Paper Cup Snake Puppet Craft
Paper Plate Character Masks — Moses
Paper Plate Snake Craft- Easy Kids Craft
Paper Plate Snake Craft for Kids - Lavender Arts & Crafts
Shepherd Toilet Paper Roll Craft
Snake Door Hanger

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids


child reading a book

Arch Books Bible Stories: Moses and the Bronze Snake
God Is the One in Charge! (read online)
God Said and Moses Led
Good and Evil: The Bible As Graphic Novel
HOBC Bible Big Book: Moses
Kingstone Bible Series: Moses Comic Book
Moses and the Long Walk
Moses' Big Adventure: Lift-the-Flap
Moses/John Flip-Over Book
Moses God's Brave Servant
Moses Leads the People
Moses the Leader: Used by God
Moses the Traveler: Guided by God

Power Bible: Bible Stories to Impart Wisdom
# 2 - Moses, Leader of the Israelites


Read-Aloud Bible Stories, Volume 3
The Serpent of Brass — Moody (read online)

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and DVDs

A Moving Story About Gratitude (watch online)
Bible Comes Alive Volume 2 Your Story Hour 4 CDs Bible Stories: Moses
Bronze Serpent — Holy Tales
Complaining & Arguing — For Children by Children
Greatest Heroes: The Story of Moses (watch online)
Moses and the Fiery Serpents
The Bronze Serpent Message
Snakebite! Gracelink
The Serpent of Brass — Moody

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



birds singing

As Moses Lifted Up the Serpent in the Wilderness Bible Song
Blessed are the undefiled by Charles Ciepiel (sing along)
Blessed are the undefiled in the way by Karen Silvernail (sing along)
Give Thanks (sing along)
I'm Happy All the Time (sing along)
Lift Up the Suffering Symbol (sing along)
Lord, I Thank You (sing along)
The Bronze Snake

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

Bronze Snake on a Pole lesson
LIFEPAC: The Story of Moses

Moses Lifts Up Bronze Serpent —
Child Evangelism Fellowship Teacher Training


The Brazen Serpent
The Bronze Serpent activities
The Bronze Snake Lesson Ideas
The Story of Moses for Kids
Wisdom of the Serpent

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources


striped bar


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under "Subscribe... " at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2021 - Children's Chapel
North Central Ohio, U.S.A.

Pictures Courtesy of Richard Gunther and Sweet Publishing at FreeBibleimages.org

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated December 28, 2021

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources