The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Goue Kalf Kapperjol
deur Sophia Prinsloo saam met Barbara Wilmerton Haas

Aaron melted the golden earrings in a very hot fire and made a statue of a calf out of the gold

Text Version | English


Net voor hulle vertrek het na die kerkkonferensie, het Pa, mooi deftig aangetrek, vir die kinders gesê, “Ariana, jy is in beheer. Seuns, wees soet, gedra julleself en luister na julle suster!”

awful taste “Ariana, onthou daar is kos in die yskas en peuselhappies op die tafel vir almal!” het Ma vir Ariana gesê terwyl sy een laaste keer in die spieël gekyk en 'n los haar teruggesit het op sy plek. Sy het omgedraai en vir Ariana, Billy, Clive en Dean 'n druk en 'n soen gegee en belowe, “As julle julleself gedra terwyl ons weg is, kan ons julle gunsteling sjokoladekoek bak môre!”

Die kinders het deur die venster gekyk en gesien hoe hulle wegry. Aanvanklik, het hulle hulself besig gehou met videospeletjies en spotprentjies kyk, terwyl hulle die peuselhappies en kos, wat hulle ma vir hulle agtergelaat het, geëet het, maar teen die middag, het die seuns baie verveeld geraak. “Ariana, asseblief! Ons kan nie wag tot môre vir die sjokolade koek nie. Jy het Ma al voorheen help bak. Kom nou! Bak vir ons een! Asseblief, asseblief, bak vir ons een!”

Eers het Ariana geweier, maar die seuns het so aangehou en by die minuut stouter geword sodat sy uiteindelik ingestem het. “Reg, kom ons bak 'n sjokoladekoek, maar julle moet my help.”

Sy het die resepteboek, 'n mengbak en maatkoppies en maatlepels uitgehaal. “Billy, meet 1¾ koppies meel in die mengbak. Clive, voeg jy 1 teelepel bakpoeier en 1 teelepel koeksoda by.”

“Koek- wat?” het Clive gevra.

“Koeksoda,” het Ariana herhaal terwyl sy dit aan hom oorhandig het.

two eggs “Dean, voeg jy 1 teelepel sout en 1 teelepel kaneel by. Billy, voeg nou 1½ koppie suiker en ½ koppie kakao by. Dean, kry die eiers. Ons het twee nodig.”

In sy opgewondenheid om die eiers te kry, het Dean gestruikel, teen Billy gestamp en die eiers teen sy bors gebreek. Voor Ariana iets kon sê of doen, het Billy, met helder en geel slym wat van sy hemp afgedrup het, nóg 'n eier gegryp en dit so hard op Dean se kop gebreek dat daar slymerige eier ook op Clive gespat het. Clive het meel met beide hande gegryp en sy broers daarmee gegooi. Die meelgeveg het begin!

Ariana het verniet probeer om hulle te keer, en toe maar vinnig die kookolie en karringmelk by die mengsel gevoeg, dit goed gemeng, die beslag in 'n koekpan gegooi en in die warm oond gestop. Sy het twee van die seuns gegryp om hulle te probeer stop maar, ongelukkig is sy ook met meel bedek. Hulle het só snaaks gelyk met wit stof oral op hulle, dat hulle só hard begin lag het vir mekaar, dat hulle nie die deur gehoor oopgaan het nie.

MOEILIKHEID! Pa en Ma was terug! Ma het amper flou geval toe sy die gemors in die kombuis sien, en Pa was woedend. Hulle straf sou nie lig wees nie hulle sou vir 'n maand gehok word. Die koek wat Ariana in die oond gesit het, het nie reg uitgekom nie en Ma het hulle die gevolge geleer van dinge op hulle eie manier doen, en hulle gedwing om elkeen 'n stuk koek te eet. JIG! Dit het baie sleg gesmaak. Billy het sout ingesit in plaas van suiker!

Daardie dag, nadat hulle die kombuis en hulleself skoongemaak, en om vergifnis gevra het, het Ma vir hulle 'n Bybelstorie gelees.



striped bar


Onthou julle, toe die Here die Tien Gebooie vir Moses in die teenwoordigheid van al die Israeliete gegee het, was hulle só bang om die stem van God te hoor dat hulle Moses gesmeek het om alleen met die Here te gaan praat? Dit was toe dat hy verdwyn het in die diep, donker wolk waar die Here was. Daar, het die Here vir Moses nog reëls gegee waarvolgens die volk moes leef. Moses het dit alles in 'n spesiale boek geskryf genaamd die “Boek van die Verbond.”

Moses built an altar with twelve pillars around it Toe het die Here vir Moses beveel om af te gaan na die volk en 70 oudstes te nooi om saam met Hom op berg Sinai te kom eet. “Sjoe! Dit sal iets spesiaals wees,” het Moses opgewonde gedink. Gehoorsaam, het Moses met die gladde steiltes afgegaan terug na die volk, en net voor sononder het hy by die laer aangekom.

Vroeg die volgende oggend, het Moses al die mense byeengeroep. Hulle het geduldig gekyk terwyl hy 'n altaar met twaalf pilare daar rondom gebou het. Waarom twaalf pliare? Wel, daar was een pilaar vir elke stam. Hy het ook 'n paar jongmanne beveel om twee kalwers te offer. Toe het Moses iets vreemds gedoen. Hy het een gedeelte van die bloed van hierdie offer geneem en dit op die altaar gesprinkel. Toe het hy die reëls van die Boek van die Verbond vir die volk gelees. Hulle het noukeurig geluister, en met blydskap al die reëls aanvaar en gesê, “Ons sal alles gehoorsaam wat die Here beveel.”

As 'n teken van die erns van hierdie bloedverbond, het Moses die ander gedeelte van die bloed geneem en dit na die Israeliete gegooi. In daardie dae, het dit beteken dat die Verbond nou bindend was vir beide God en die volk, maar dit was ook 'n simbool van die bloed van Jesus wat ons sou versoen met God baie jare later.

Seventy of the elders of Israel went up the mountain with Moses Aaron Nadab and Abihu Toe, met hulle hul beste klere aan, het Moses, Aäron, Nadab, Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel teen die berg opgeklim om hulle Verbond met die Here te gaan bevestig met 'n maaltyd. Niemand anders was toegelaat om saam met hulle te gaan nie. Terwyl hulle opgeklim het, het die reuk van die heerlikste geregte veroorsaak dat die hongerpyne hulle aangepor het. Halfpad teen die berg op, het hulle afgekom op 'n tafel wat op die mees aanskoulikste manier gedek was. Maar dit was nie die tafel met kos wat hulle aandag getrek het nie. Daar, terwyl hulle dit met hulle eie oë aanskou het, was die voetbank van die Here, 'n vloerwerk van helder blou saffierstene so helder soos die hemel self. Hulle het in verwondering gestaan en die heerlike teenwoordigheid van die Here ingedrink. Hoewel hulle 'n glimps van God se heerlikheid gesien het, het Hy hulle nie vernietig nie, maar hulle het so lekker in sy teenwoordigheid geëet en gedrink.

Na die heerlike maaltyd, het God Moses nog verder boontoe geroep en gesê, “Kom op na My toe, en Ek sal vir jou kliptafels gee met die Tien Gebooie wat Ek met my eie vinger geskryf het en ook die wet, sodat jy dit vir die mense kan leer.”

Moses het vir Aäron, Nadab, Abíhu en die 70 oudsters gesê, “Bly hier terwyl ek teen die berg opklim. As iemand van julle vrae het, vra vir Aäron. Hy is in beheer.”

The people were awakened by a great storm of roaring thunder and flashing lightning Toe het Moses en sy assistent, Josua, verder teen die berg opgeklim, terwyl hulle in die wolkbedekking verdwyn het vir ses dae lank. Op die sewende dag, het die Here Moses vanuit die wolk geroep. Van onder af, het die Israeliete die asemrowende vertoning van die heerlikheid van die Here, gloeiend soos 'n brandende vuur aanskou. Daar, het die Here vir Moses die planne gegee vir die bou van die Tabernakel, 'n groot tent wat afgesonder sou wees vir die aanbidding van God. Daar was so baie besonderhede in die planne van die Tabernakel en sy inhoud, dat Moses in God se teenwoordigheid moes bly vir 40 dae om dit alles te kon neerskryf.

In die tussentyd, het Aäron en die oudstes afgegaan na die laer toe. Die Israeliete het vir 'n paar dae gewag vir Moses om terug te keer, terwyl hulle teen die berg opgeloer het, versigtig om nie oor die grense te trap wat Moses opgestel het nie. “Wat kan die Here tog vir Moses daar bo sê?” het hulle gewonder. “Gaan hy ooit terugkom? Wanneer gaan ons na die Beloofde Land toe?”

Terwyl die dae en later weke verbygegaan het, het die volk meer en meer rusteloos en ongeduldig geword. Hulle het onder mekaar gekla, “Daardie man, Moses! Hy kon ten minste vir Josua afgestuur het met 'n boodskap. Waarom bly hy so lank weg? Miskien het hy God se gesig gesien en gesterf? Ons het nie eens toestemming op teen die berg op te gaan nie en hom te gaan soek nie, want dan sal ons ook sterf.”

We need other gods to lead us out Nog meer dae het verbygegaan en hulle ongeloof en ongeduld het hulle ondergekry. Hulle het begin bekommerd raak dat God nie vir hulle sou kon sorg nie, en daarom het hulle dom idee's uitgedink van hoe God was en wat Hy wou hê hulle moes doen. Terwyl hulle het gedink hulle is baie slim, het hulle eintlik baie dom geword en het vergeet van al die groot wonderwerke wat die Here vir hulle gedoen het, asook hulle belofte om die Tien Gebooie en die Boek van die Verbond te gehoorsaam. In plaas van om die glorieryke, ewige, almagtige God te vertrou, het hulle in 'n groot, oproerige skare na Aäron gekom en gesê, “Iets moes gebeur het met hierdie man Moses wat ons Egipte laat verlaat het en met die Here gepraat het. Ons glo hy is dood en kom nie terug nie, so jy is in beheer. Hierdie woestyn kry ons onder en ons moet hier uitkom. Ons het ander gode nodig om ons uit te lei. So, MAAK VIR ONS 'N GOD!”

Arme Aäron! Hy het gehoop sy broer Moses sou gouer terugkom en nie later nie, maar die Israeliete was kwaad en opdringend, en daarom het hy gevoel dat hy 'n besluit moes maak om die vrede te bewaar. “Gee vir my julle goue oorringe!” het Aäron geëis.

Die volk was net te bly om hulle oorringe van hulle vrouens en dogters af te ruk en dit vir Aäron te bring! “Uiteindelik!” het hulle gedink. “Nou gaan ons 'n god kry waarvan ons hou!”

Aaron took the golden earrings and jewelry and melted them in a big fire Aäron het die goue oorringe en juwele geneem en dit gesmelt in 'n groot vuur, wat die metaal sag en buigsaam gemaak het. Met sweet wat van sy wenkbroue afgedrup het van die warm metaal en die vuur, het hy 'n beitel gebruik om die gesmelte goud te vorm in die beeld van 'n kalf.

Toe die Israeliete hierdie goue kalf sien, het hulle dwaas gesê, “Kyk, o Israel! Hierdie goue kalf is die god wat ons uit Egipteland gelei het!”

Hulle was so verblind deur ongeloof in die Here, die WARE God, dat hulle nie net die Eerste Gebod wat God vir hulle gegee, vergeet het nie, maar ook die Tweede en Derde Gebooie. Kan jy onthou wat die Eerste, Tweede en Derde Gebooie was?

Toe Aäron sien hoe bly die mense was oor die simpel, goue kalf, het hy 'n altaar voor dit gebou en met 'n bulderende stem aangekondig, “Môre, sal ons 'n fees vir die Here hou!”

The Israelites began to dance in a wild party Die Israeliete was vroeg op die volgende oggend. Hulle het brandoffers en soenoffers gebring vir die lewelose, mensgemaakte, kalf-afgod, en hulle verbond met God verbreek om nie ander gode te dien, nie beelde te maak en voor hulle te buig, en nie sy Naam ydellik te gebruik nie. Hulle het gaan sit om te eet en te drink, en toe hulle versadig was, het hulle opgestaan en begin dans in 'n wilde partytjie, gekapperjol, en hulle sedes heeltemal oorboord gegooi. Hulle het respek verloor vir die Here hulle WARE God, en die Sewende en die Tiende Gebooie ook verbreek.

Die Here het presies geweet wat aangegaan het in die Israeliete se laer. Hy het gesê, “Moses, jy moet vinnig afgaan, want JOU volk is besig om die Verbond tussen ons te verbreek. Hulle het die goud van die Egiptenare wat Ek vir hulle gegee het, gebruik om 'n goue kalf te maak en is, op hierdie oomblik, besig om dit te aanbid, en te sê dat die afgod hulle uit Egipteland bevry het! EK IS so kwaad oor hulle hardkoppigheid! Laat My hulle almal liewer doodmaak en JOU 'n groot volk maak!” God was só kwaad, Hy wou hulle nie eens SY volk noem nie.

Have mercy on them Moses was geskok! “Nee, Here! Asseblief, wees hulle genadig! Wat sal die Egiptenaars sê as hulle hoor dat U hulle in die woestyn doodgemaak het en hulle van die aangesig van die aarde afgevee het? Hulle sal sê U is moedswillig! Hou liewer u belofte aan Abraham, en Isak en Jakob dat U hulle 'n groot volk sou maak en die Beloofde Land vir hulle sou gee!”

Die Here het na Moses geluister, jammer gevoel vir die Israeliete, en besluit om hulle nie dood te maak nie, maar genadig te wees.

Vasbeslote om die Israeliete wat hulle wangedra, aan te vat, het Moses dadelik opgestaan en met die berg begin afklim. Sy kneukels was wit soos hy die kliptafels vasgeklem het in sy hande terwyl hy en Josua nader en nader aan die laer gekom het. Van ver af, het hulle 'n rumoer gehoor.

Josua, ook die Kaptein van die Israeliete se leër, het bekommerd uitgeroep, “Dit klink soos oorlogskrete!”

“Nee,” het Moses geantwoord, terwyl sy stem amper gebreek het van die woede wat in sy borskas opgebou het. “Dit is die geluide van sang en partytjie hou!”

People were dancing wildly around a golden calf Toe hulle naby genoeg gekom het om 'n glimps te kry wat in die laer aan die gang was, was hulle geskok oor dit wat hulle gesien het. Mense het wild rondom 'n goue kalf, blinkend in die son, gedans. Met luidrugtige gedans en geklap van hande, het hulle 'n lewelose afgod aanbid wat nie kon sien, of hoor, of praat, of ruik of voel, of enigiets doen nie. Sommige mense het selfs rongehardloop sonder 'n draad klere om hulle kaal basse te bedek. Wat 'n kapperjol!

Geskok en bang vir vyandige spioene, het Josua opgekyk na die nabygeleë heuwels en gesê, “Die mense kapperjol en maak sotte van ons EN van die Here ons God voor ons vyande. Hulle sal vir ons lag en dink ons is net so dwaas soos hulle.”

Moses was gewalg, omdat die Gebooie en wette van die Here veronderstel was om op hierdie mense se harte geskrywe te wees! Hulle het belowe om te gehoorsaam! Met sy woede wat uiteindelik oorgekook het, het hy die twee kliptafels geneem en dit so hard neergegooi teen 'n rots aan die voet van die berg, dat dit in stukke gespat het. Die kliptafels was nou net so gebreek soos hulle verhouding met die Here.

Moses took the two tablets of stone and threw them down so hard against a rock at the foot of the mountain that they shattered into pieces Moses het die goue kalf gegryp en dit in die vuur gegooi waar dit gesmelt het. Toe die metaal afgekoel het, het hy dit geneem, tot poeier gemaal, in hulle drinkwater gegooi en die Israeltiete gedwing om dit te drink sodat hulle sou weet dat die goue beeld nutteloos, waardeloos, kragteloos en heeltemal vewoes was.

Steeds omgekrap, het Moses Aäron, wat in beheer was toe hy weg was, onder kruisverhoor geneem. “Wat het jy gedoen? Wat het jy gedink? Hoe kon jy die juwele wat die Here vir hulle voorsien het gebruik om 'n nuttelose afgod te maak? Wat het hierdie mense aan jou gedoen? Waarom het jy hulle só laat sondig?”

Aäron was verleë, “Moenie so kwaad wees vir my nie. Jy ken hierdie goddelose mense. Hulle het gedink iets het met jou gebeur en dat jy nie sou terugkom nie, en daarom het hulle vir my gesê om 'n god te maak. Ek het vir hulle gesê om vir my hulle oorringe te bring, wat hulle gedoen het. Toe het ek alles in die vuur gegooi . . . ô . . . en daar het hierdie goue kalf uitgespring.”

All of you who are on the Lord's side, come over here and join me Toe Moses agterkom dat die mense owerspel gepleeg het, hulle huweliksmaats verneuk het tot die vermaak van hulle vyande sonder dat Aäron hulle probeer keer het, het Moses by die laer se ingang gestaan en geskree, “Almal van julle wat aan die Here se kant is, kom hierheen en sluit by my aan!”

Al die Leviete wat lojaal was aan die Here, het gekom, en hy het vir hulle gesê, “Die Here God van Israel beveel julle om julle swaarde te neem, deur die hele laer te gaan en al julle broers en vriende en bure dood te maak wat op heter daad betrap is met kalweraanbidding.”

Die seuns van Levi het gehoorsaam en ongeveer 3,000 skuldige manne doodgemaak. Sonde het altyd dodelike gevolge! Toe het Moses vir hulle gesê, “Omdat julle jul lojaliteit aan die Here bewys het, deur Hom te gehoorsaam om selfs julle seuns en julle broers dood te maak, het julle julleself georden vir die diens van die Here en Hy sal julle 'n groot seën gee.”

Please forgive their sin Die volgende dag, het Moses weer berg-op gegaan, hierdie keer om die Here se vergifnis te pleit vir die volk se groot sonde teen Hom. Hy het gesê, “O, Here! Asseblief, vergewe hulle sonde, of haal my uit die boek wat U geskryf het.”

Die Here het geantwoord, “Die een wat sondig, Hy sal uitgehaal word uit my boek, en Ek sal die skuldiges straf in die dag wanneer Ek oordeel.” 'n Rukkie later, het die Here hulle gestraf deur 'n plaag oor die mense te laat kom omdat hulle die kalf, wat Aäron gemaak het, aanbid het. Maar die Here was ook genadiglik getrou, en het Moses beveel, “Gaan nou na die volk en lei hulle na die Beloofde Land, 'n land wat oorloop van melk en heuning.”

Prys die Here vir sy genade!



striped bar


ONTHOU!

Kies altyd om Jesus te gehoorsaam, selfs al voel Hy soms ver weg, omdat om self of enigiets anders behalwe God te dien, altyd lei tot verwoesting op die ou einde.



DINK!

1. Wat was die naam van die boek wat Moses vir die volk gelees het?
2. Hoeveel oudstes het saam met Moses, Aäron, Nadab en Abíhu gegaan om eet in die teenwoordheid van die Here?
3. Hoeveel dae was Moses op die berg by God?
4. Waarom wou die volk 'n ander god hê?
5. Hoe het Aäron die goue kalf gemaak?
6. Kan jy dink aan ander soorte afgode wat ons kan hê?
7. Dink jy speelgoed, geld, kos, dwelms of alkohol kan afgode wees?
8. Hoe is dit sleg vir ons?



'N VERS OM TE ONTHOU:

“Daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien” (Matthéüs 4:10b).



'N ALTERNATIEWE VERS OM TE ONTHOU:

“En daar kom 'n stem uit die wolk wat sê: Dit is my geliefde Seun; luister na Hom!” (Lukas 9:35).



PRAKTIESE TOEPASSING

Die Bybel sê dat al die dinge wat met Israel gebeur het, opgeskryf is om twee redes: (1) Om ons te help om uit hulle foute te leer en nie in dieselfde sonde te verval as hulle nie en (2) om vir ons hoop en moed te gee wanneer ons die goeie dinge onthou wat met hulle gebeur het.

Kom ons beskou die storie van naderby. Wie almal het slegte voorbeelde vir ons gestel en wat laat jou so dink? Wie het goeie voorbeelde vir ons gestel en waarom?

[Na bespreking:] Die Israeliete wat hulle vertroue in die Here verloor en 'n dooie afgod aanbid het en nie op God kon wag nie, het 'n slegte voorbeeld gestel, omdat hulle net hulle eie begeertes wou vervul, nie God s'n nie. Nog 'n slegte voorbeeld was Aäron. Vrees vir die volk het veroorsaak dat hy toegegee het aan wat hulle wou hê — 'n afgod sodat hulle dit kon aanbid. Hy het hulle in hulle kwaad versterk. Nie een van hulle het 'n verskoning gehad vir hulle ongeloof en ongehoorsaamheid nie. Hulle het God se wonderwerke beleef, hulle het self gehoor toe God die Tien Gebooie aan hulle gegee het, plus hulle het die Boek van die Verbond gehad. Hulle was egter steeds ongehoorsaam.

Moses, aan die ander kant, was 'n goeie voorbeeld omdat hy God vertrou het en omdat om God se wil te doen die heel belangrikste vir hom was. Hy het moeite gedoen om uit te reik na God en vir die volk in te tree en vergifnis te vra vir hulle ongehoorsaamheid. Die Leviete het ook 'n goeie voorbeeld gestel, omdat hulle hulleself aan God se kant geskaar het en daarom het God hulle 'n belofte van goeie dinge gegee.

Wat kan jy alles doen om 'n goeie voorbeeld te stel vir ander? Wat het ons vandag om ons te help om God te ken en aan Hom gehoorsaam te wees? As daar kere was wat jy 'n slegte voorbeeld gestel het vir ander, skep moed en vra nou vir God om jou te vergewe. Vra Hom om jou te help om van nou af 'n goeie voorbeeld van God se goedheid te wees vir ander. Is daar mense wat jy ken wat 'n slegte voorbeeld is vir ander? Maak 'n lys van hulle name en begin om vir hulle te bid, terwyl jy God vra om hulle te vergewe en hulle te help om hulle te bekeer.


LAAT ONS BID:

****************************************************
Hemelse Vader, vergewe ons waar ons dinge op ons eie manier wou doen
en nie U op U s'n nie. Help ons om U altyd te gehoorsaam en om
te weet dat U naby is en U alles sien wat ons doen,
of sê of voel. Maak ons getroue dienaars van U.
In Jesus se Naam bid ons. Amen.
****************************************************



KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL?

Exodus 24:1-18; 32:1-35


BIBLE STORY ARCHIVE
www.childrenschapel.org/bibstory2.html


crayons

Golden Calf Coloring Page
Commandments and the Golden Calf
Moses Coloring Page
Moses Destroying the Golden Calf
Bible Heroes: Moses Colouring Book
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle
Word Search
Fill in the Blanks
Crossword Puzzle
Cryptogram
Maze
Golden Calf Activities - Calvary Curriculum
Life of Moses Bingo Game
Moses and Exodus Games and Puzzles
Moses: Connect the Dots
Moses (Exodus) Printable Worksheets
Moses Game Board
Moses Trading Cards
The Story of Moses Reusable Sticker Book

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

Cow Crafts
Gold Cow Lunchbag Craft
Golden Calf Craft
Golden Calf Idol
Moses Crafts
Moses' Special Staff Craft
Paper Plate Character Masks — Moses
Paper Plate Gold Cow Craft

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



child reading a book

God Is the One in Charge! (read online)
God Said and Moses Led
Good and Evil: The Bible As Graphic Novel
HOBC Bible Big Book: Moses
Kingstone Bible Series: Moses Comic Book
Moses and the Long Walk
Moses' Big Adventure: Lift-the-Flap
Moses/John Flip-Over Book
Moses God's Brave Servant
Moses Leads the People
Moses the Leader: Used by God
Moses the Traveler: Guided by God

Power Bible: Bible Stories to Impart Wisdom
# 2 - Moses, Leader of the Israelites


Read-Aloud Bible Stories, Volume 3
The Ten Commandments Arch Books

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and DVDs

The Golden Calf (watch online)
The Golden Calf animated (watch online)
The Golden Calf - PursueGod Kids (watch online)
Bible Comes Alive Volume 2 Your Story Hour 4 CDs

Bible on the Go Vol. 09: The Holy Tent and the Golden Calf
(Exodus 26, 32, 40) - Unabridged Audiobook [Download]


Bible Stories: Moses
Greatest Heroes: The Story of Moses (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



birds singing

Love the Lord (sing along)
Sir Oliver's Song CD (listen online)
The Ten Commandments [Buddy Davis Music Download]
The Ten Commandments [Wonder Kids Music Download]
Worship the Lord Your God (sing along)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

Golden Calf Activities - Calvary Curriculum
Golden Calf Lesson Ideas for Preschoolers
LIFEPAC: The Story of Moses
The Golden Calf - Calvary Kids
The Golden Calf - Marc Cousins
The Story of Moses for Kids

801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources


striped bar


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under "Subscribe... " at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2021 - Children's Chapel
North Central Ohio, U.S.A.

Pictures Courtesy of Lamsongs and Sweet Publishing at FreeBibleimages.org

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated December 2, 2021

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources