The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Die L-A-N-G Inkopietog

deur Linda Sue Edwards Pochodzay

Joseph did as God told him and stored lots of food so they could be ready for the famine that was coming

Text Version | English

"Tannie Bettie, kan ons asseblief nou huistoe gaan?" het Matt gekerm.

shopping

Die dag was vol pret. Tannie Bettie het vir Matt baie presentjies gebring, het hom na sy gunsteling restaurant geneem en het hom selfs 'n paar rand gegee om in die speletjieskamer te gaan speel, maar Matt het nou moeg en neulerig geword. Hy het van die speletjieskamer en die presentjies gehou, maar al die inkopies het hom verveeld gemaak.

"Natuurlik kan ons huistoe gaan, Matt," het tannie Bettie sag gesê. "Ek het so 'n lekker tyd gehad, dat ek skoon vergeet het hoe uitputtend dit kan wees vir klein seuntjies. Ek voel self 'n bietjie moeg. Dit was immers 'n L-A-N-G dag."

Hulle het vir die laaste inkopies betaal, die kar in die parkeerarea gekry en gery. Matt was so moeg, dat hy amper dadelik aan die slaap geraak het en die res van die pad huistoe geslaap het.

graphic separator

Joseph had been made second in command
    and was the overseer of all King Pharaohs land Dinge het baie goed gegaan in Egipte. Josef is tweede in bevel geplaas en was die bestuurder oor al Koning Farao se lande gemaak. Die gewasse het in oorvloed geproduseer en daar was genoeg kos vir almal met baie wat oorgebly het. Josef het verskeie groot skure laat bou regoor die hele land en die mense het een vyfde van hulle opbrengste gebring om weg te bêre vir later. Uit Farao se drome het hy geweet dat die voorspoed slegs sewe jaar sou duur. Daarna sou daar 'n groot hongersnood kom. Die land sou droog en dor word en die gewasse sou nie kon groei nie, en dan . . . sou daar geen kos wees nie.

Josef was baie wys en was ook 'n buitengewone goeie besigheidsbestuurder. Hy het begin om rekord te hou van alles wat na die skure gebring was. Maar daar was so baie kos, dat selfs Josef nie kon tred hou van alles nie. Hy het uiteindelik opgehou tel, terwyl die mense aangehou het om nog meer te bring.

Then one day just as God had warned it all stopped Toe eendag, net soos God gewaarsku het, het dit alles opgehou! . . . Die mense het opgehou om kos te bring, want daar was niks meer om te bring nie. Hulle het die kos geëet wat hulle weggebêre het in hulle eie kaste en spense. Toe het hulle honger geword . . . Hulle was baie, BAIE honger. 'n Groep van hulle het bymekaargekom en saam na Koning Farao gegaan om hom te spreek.

"O, Koning!" het hulle uitgeroep. "Ons sterf van die honger. Gee vir ons van daardie kos wat ons na die skure toe gebring het. Ons weet U het dit. Gee dit vir ons!"  

Joseph led them to a warehouse and sold them food Koning Farao het eenvoudig gesê, "Gaan, spreek vir Josef en doen wat hy vir julle sê."

Die honger, woedende skare het Josef gaan spreek. "GEE VIR ONS KOS! GEE VIR ONS KOS!" het hulle geskree.

Josef het nie dat die woede van die skare hom intimideer nie. "Bedaar," het hy ferm beveel. "Daar is genoeg kos vir almal . . . Volg my." In 'n netjiese, ordelike manier, het hy hulle na die skuur geneem en kos aan hulle verkoop. Dit het nie lank geneem nie of die boodskap dat daar kos te koop was in Egipte het versprei. Die hongersnood was wydverspreid en het ook al die omliggende nasies geaffekteer. Sommige mense het baie dae gereis om by Egipte te kom om kos te koop.

graphic separator

Meanwhile back in Canaan Josephs family had also run out of food because of the great
famine In die tussentyd in Kanaän, het Josef se familie se kos ook opgeraak, weens die groot hongersnood. "Wat gaan ons doen?" het sy broers vir mekaar gevra met bekommernis en vrees in hulle stemme. "Daar is niks kos nie en ons families gaan van honger sterf." Hulle het bedruk na mekaar gekyk . . . Niemand het 'n antwoord gehad nie. . .

Hulle vader, Jakob, het hulle gehoor praat en die kamer binnegeloop. "Waarom sit julle net hier en kyk na mekaar?" het hy gevra. "Ek het gehoor dat daar baie koring te koop is in Egipte. Staan op en gaan, koop daarvan!" het hy beveel.

Tien van Josef se broers het begin gereed maak vir die l-a-n-g reis. Dit sou hulle 'n paar dae neem om by Egipte uit te kom en daar was nie baie hotelle of ander geriewe langs die pad nie, so hulle sou sommige nagte moes kampeer. Ruben het die lys gelees, terwyl Simeon die items gekontroleer het.

"Komberse?"

"Reg."

"Kussings?"

"Reg."

"Tent?"

"Reg."

"Kos vir die donkies?" . . .

"Daar is nie kos nie, jou lawwe ding! Onthou? Dit is hoekom ons gaan. Die donkies sal die bietjie yl gras moet eet wat ons moontlik langs die pad sal kry en ons sal moet honger bly."

Nadat hulle seker gemaak het dat die voorrade stewig vas was aan die donkies, het hulle hul l-a-n-g reis na Egipte begin.

The heat of the midday sun was nearly unbearable Die hitte van die middag son was amper ondraaglik. Die grond was droog en stowwerig. Selfs die windjie was warm en het niks gedoen om hulle ongemak te verlig nie. Hoewel hulle ongemaklik was van die hitte, moes hulle lang klere dra en kopdoeke gebruik om hulle koppe en gesigte te bedek om te keer dat hulle sonbrand kry en om nie aan die stof nie te stik nie.

Terwyl hulle rondom hulle gekyk het, het hulle opgemerk dat daar geen ander lewende ding in sig was nie, behalwe 'n paar moeë reisigers wat ook op pad was na Egipte. So ver as wat hulle kon sien, was die land droog en dor.

Nadat die son daardie aand ondergegaan het, was dit 'n bietjie meer draaglik, maar ver van gemaklik af. Hulle het hulle tent opgeslaan , hulle komberse oopgevou en probeer om te slaap; die hele tyd het die hongerpyne gegrom in hulle mae.

graphic separator

Na verskeie ellendige dae en ongemaklike nagte, het hulle uiteindelik by Egipte aangekom. Hulle het ander honger groepe mense na die skuur gevolg om te gaan kos koop. Josef was in beheer van die verkope en die mense het voor hom gebuig voor hulle hul besigheid gedoen het.

When it was their turn all ten of them
stepped up and bowed down to Joseph Josef se broers was volgende in die ry. Toe dit hulle beur was, het al tien van hulle vorentoe getree en voor Josef gebuig. Natuurlik het Josef oor die jare ouer geword en het sy voorkoms verander. Hy het al vir 'n lang tyd in Egipte gebly en was as heerser oor alles aangestel en daarom het hy nou die koninklike klere en hooftooisels gedra wat 'n heerser sou dra. Hy het ook die Egiptiese taal gepraat in plaas van die Hebreeuse taal. Die broers het Josef nie eers herken nie, maar Josef het hulle herken.

Joseph pretended that he didn't know them and spoke to them roughly Josef het gemaak asof hy hulle nie geken het nie en het onbeskof met hulle gepraat. "Wie is julle? Waarom het julle hierheen gekom?" het hy met 'n kwaai klank in sy stem gevra.

"Ons is van die land Kanaän en het gekom om kos te koop," het hulle geantwoord.

Josef het onthou van die droom, wat hy jare gelede gedroom het oor die son en die maan en elf sterre wat voor hom gebuig het. Maar hy het nie 'n woord daarvan vir sy broers gesê nie. "Julle het nie gekom om kos te koop nie. Julle is spioene wat gekom het om te sien hoe die hongersnood verwoesting in ons land gebring het," het Josef kwaai volgehou.

The brothers tried to explain that they were not spies, and they really had come to
buy food Die broers het probeer verduidelik dat hulle nie spioene was nie en dat hulle regtig gekom het om kos te koop. "Ons is almal broers. Daar was twaalf van ons, maar ons jongste broer het by die huis gebly by ons vader en een van ons broers is dood. Ons het gekom om kos te koop, sodat ons families nie van honger omkom nie. Ons is baie honger. Verkoop asseblief aan ons 'n bietjie kos," het hulle gesmeek.

"Julle moet vir my bewys dat wat julle sê waar is," het Josef geantwoord. "Een van julle sal moet teruggaan huistoe en julle jongste broer vir my bring. Dit is die enigste manier wat ek sal glo, dat wat julle sê waar is en dat julle nie spioene is nie." Josef het al tien sy broers in die tronk laat gooi vir drie dae en toe het hy hulle weer voor hom laat verskyn.

graphic separator

Josef het tyd gehad om dinge te oordink en het 'n bietjie sagter geword. Hy het 'n nuwe transaksie gehad om met sy broers te doen. Terwyl hulle voor hom gestaan het, het hy gesê, "Omdat ek God vrees en wil doen wat reg is, sal ek nie almal van julle in die tronk gooi nie."

Die broers was baie bly om daardie bietjie goeie nuus te hoor. . . maar . . . Josef was nog nie klaar nie.

"As julle inderdaad nie spioene is nie en wat julle sê waar is, kies een van julle om hier in die tronk te bly en die res van julle sal toegelaat word om terug te gaan huistoe met kos vir julle families, sodat hulle nie sterf nie."

Die tien broers het tyd geneem om die situasie te bespreek. Hulle het hulle dade van jare gelede onthou en het baie skuldig gevoel. "Dit is omdat ons verkeerd teenoor Josef gedoen het dat alles nou met ons gebeur," het een van hulle gesê.

Ruben het gepraat. "Ek het vir julle gesê om nie die kind seer te maak nie, maar julle wou nie luister nie."

Terwyl hulle met mekaar gepraat het, het hulle nie geweet dat Josef die heerser was en dat hy hulle afgeluister het nie.

The brothers agreed that Simeon
would be left in prison and the rest of them would go home with the foodJoseph commanded his servants to fill their sacks with corn put their money back into
the sack with the corn and also give them extra provisions for the trip back home

Josef het van hulle af weggeloop en na 'n ander kamer gegaan om sy trane weg te steek. Hy was jammer dat hy nog nie vir hulle kon sê dat hy hulle broer was nie. Toe hy na die kamer teruggekeer het, het die broers besluit dat daar nie 'n ander uitweg was nie en daarom het hulle ingestem dat Simeon in die tronk sou bly en dat die res van hulle sou teruggaan huistoe met die kos.

Josef het sy dienaars beveel om hulle sakke met koring vol te maak, hulle geld terug te sit in die sakke met die koring en om ook ekstra voorrade vir hulle te gee vir die reis terug huistoe. Verlig dat hulle uiteindelik toegelaat was om terug te keer huistoe, het die broers die sakke koring op hulle donkies gelaai en hulle l-a-n-g reis begin.

He was astonished at what he found Daardie aand toe hulle gestop het om te rus, het een van hulle 'n sak oopgemaak om kos vir die donkies te gee. Hy was verbaas oor wat hy gekry het. "MY GELD IS IN MY SAK!" hy het vir die ander geskree. Dit het hulle almal bang gemaak.

"Nou is ons verdoem!" het een van hulle uitgeroep. "Eers was ons beskuldig dat ons spioene was; nou sal ons beskuldig word dat ons diewe is!" Omdat daar niks was wat hulle daaraan kon doen nie, het hulle die nag by die herberg deurgebring en hulle reis terug huistoe voortgesit die volgende oggend.

Aan die einde van die reis, het hulle families hulle met blydskap ontvang, bly dat hulle nou kos gehad het om te eet en bly dat die broers veilig by die huis aangekom het. "Maar waar is Simeon?" wou hulle weet.

Simeon cannot come home until we take Benjamin back to Egypt with
us Die broers het nogal 'n storie gehad om te vertel. "Ons weet nie waarom nie, maar die heerser het gedink ons is spioene. Ons kon hom nie oortuig dat ons nie spioene was nie. Hy het ons gedwing om Simeon in die tronk te los. Simeon kan nie huistoe kom nie, totdat ons Benjamin saam met ons terugneem na Egipte toe," het hulle verduidelik.

Terwyl hulle die goedere afgelaai het, het hulle die sakke begin oopmaak. AL die sakke het 'n bondeltjie geld daarin gehad, nie net die een sak wat hulle voorheen ontdek het nie. Dit het hulle selfs nog banger gemaak.

Jakob was vreeslik ontsteld. "Eers het Josef gesterf en nou is Simeon waarskynlik dood en nou wil julle nog vir Benjamin ook van my af wegneem?" het hy in 'n bewende stem gehuil.

Jacob was terribly distressed Ruben het stadig met sy vader gepraat. "Ek belowe Benjamin sal veilig huistoe kom. Ons moet hom na Egipte neem om Simeon terug te kry en om die geld wat ons in ons sakke gekry het, terug te gee. Ek belowe niks sal met hom gebeur nie. As ek nie my belofte hou nie, kan Pa iets baie sleg aan my doen."

Maak nie saak hoe hard hulle gesmeek het nie, Jakob wou nie toelaat dat Benjamin na Egipte gaan nie. "Sy ma is dood, en sy broer Josef is dood en Benjamin is die enigste een wat oor is. As hy saam met julle gaan en nie terugkom nie, sal ek sekerlik sterf van droefheid," het hy vir sy seuns gesê.

Daardie dag het daar 'n droefheid oor die huis van Jakob gekom. Hoewel God kos voorsien het om te eet en hulle waarlik dankbaar was daarvoor, moes Simeon in die tronk in Egipte bly, en die ander seuns was valslik beskuldig. Jakob en sy familie kon nie verstaan waarom daar skynbaar soveel slegte dinge met hulle gebeur het nie. Iets waarmee hulle almal saamgestem het, was dat dit een l-a-n-g inkopietog was wat hulle nooit sou vergeet nie!

graphic separator

DINK!

1. Wat is 'n hongersnood?
2. Waar was Josef se familie se huis?
3. Hoeveel broers het Josef gehad?
4. Hoeveel broers het na Egipte gegaan?
5. Hoeveel broers het teruggegaan huistoe?
6. Waarom het Josef se broers hom nie herken nie?
7. Wat het hulle in hulle sakke gekry, behalwe kos?
8. Waarom was hulle vader, Jakob, so hartseer?



ONTHOU:

Hoewel ons nie altyd weet waarom dinge gebeur soos dit gebeur nie, weet God en Hy is altyd in beheer.



'N VERS OM TE LEER

"En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk . . ." (Romeine 8:28a).



'N ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER

"Deur die vrees van die HERE wyk 'n mens af van die kwaad" (Spreuke 16:6b).


PRAKTIESE TOEPASSING

Kan jy onthou wat Josef se broers aan hom gedoen het baie jare voor hulle lang inkopietog? Het Josef se broers steeds aan hom en wat hulle aan hom gedoen het gedink? Wat het hulle gesê toe hulle as spioene behandel is in Egipte? Dink julle hulle was jammer oor wat hulle aan hom gedoen het?

Is daar iemand wat jy met jou woorde of dade seergemaak het, of het iemand jou op so 'n manier seergemaak?

[Na bespreking:] Jy sien, daardie hartseer sal altyd terugkom om jou te pla. As jy nie dinge met daardie persoon dadelik regmaak nie, kan God jou op "'n lang pad neem" deur baie swaarkry om by die plek te bring waar jy besef het wat jy gedoen het. God wil jou nie seermaak nie, maar wil jou help om te leer om ander te vergewe en 'n skoon gewete te hê. God hou daarvan om gebreekte harte en stukkende verhoudings reg te maak.

Onthou altyd, God is vir ons. Hy is nie teen ons nie. Hy wil die beste vir ons hê, en Hy wil hê ons moet in vrede met Hom en met ander lewe. Laat ons 'n oomblik neem en God om vergifnis vra waar ons verkeerd aan ander gedoen het, en Hom ook vra om ons te help om dinge reg te maak met Hom en met ander wat ons seergemaak het.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Liewe God, dankie dat U altyd in beheer is
en weet wat die beste vir ons is. Help ons om
altyd op U te vertrou. In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Génesis 41:46-42:38


graphic separator


crayons

Joseph Stored Food for the Famine
Joseph's Brothers Bowed Before Him
Every Man's Money Was in His Sack
Egypt Coloring Pages
Bible Heroes: Joseph
Bible Colour and Learn 7: Joseph

Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Story Coloring Pages V2
Really Big Book of Bible Story Coloring Pages
My Bible Coloring Book
Thru-the-Bible Coloring Pages
What's in the Bible Reproducible Coloring Book—Genesis to Revelation
Children's Bible Coloring Books


child reading a book

Joseph Rules
The Great Famine
Joseph and the Fearful Family
Joseph and the Hidden Sacks of Silver
Genesis 42
Joseph Saves His People
Adventure Bible: Joseph The Dreamer (I Can Read)
Beginner's Bible: Joseph & His Brothers (I Can Read)
God's Dreamer: The Story of Joseph (Bible Wise)
Joseph (read online)
Joseph—God's Superhero (Discover 4 Yourself Inductive Bible Studies for Kids)
Joseph in Egypt
Joseph, Jacob's Favorite Son (Arch Books)
Joseph's Coat (Famous Bible Stories)
Joseph the Dreamer (read online)
The Birth of a Nation: Abraham to Joseph (listen and read online)

365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Early Reader's Bible
The Children's Illustrated Bible
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
Pilgrim's Progress Comic
Children's Books
Spanish Children's Books
The Picture Bible (also in Spanish)


activities

Jigsaw Puzzle (online)
Joseph Tests His Brothers
Joseph the Dreamer Sticker Book: Bible Story Sticker Book for Children
Matching Game

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles


crafts

Romans 8:28 Cut and Scramble Activity
Proverbs 16:6 Cut and Scramble Activity
Egyptian Crafts
Joseph Tests His Brothers

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God
Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids


birds singing

All Things Work Together for Good (listen online)
He Who Began a Good Work in You (watch online)
In His Dreams
Keep Me True, Lord Jesus (listen online)
Joseph's Coat Of Many Colors [Music Download]

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music


CDs and Videos

Bugtime Adventures: Blessing in Disguise - The Joseph Story (watch online)
Heroes of the Bible: Moses, Miriam, and Joseph VeggieTales DVD
Joseph: Beloved Son, Rejected Slave, Exalted Ruler DVD
Joseph: Beloved Son, Rejected Slave, Exalted Ruler (watch online)
Joseph & the Coat of Many Colors DVD (Greatest Heroes & Legends)
The Beginner's Bible, Volume 4 (watch online)
The Bible Stories: Joseph, DVD
The Story of Jacob and Joseph
VeggieTales: The Ballad of Little Joe (watch online)

Do You Wonder Why? (watch online)
Read and Share DVD Bible
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Bible Collection: Jesus TV Mini-Series [Streaming Video Rental]
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs


RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS


Joseph by F B Meyer
Joseph Tests His Brothers
Take-Home Paper


Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources


graphic separator

BIBLE STORY ARCHIVE
http://childrenschapel.org/bibstory2.html


Add/update a Bible story resource


The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2021 by Linda Sue Edwards Pochodzay.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under "Subscribe... " at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2021 — www.childrenschapel.org

Pictures Courtesy of Lambsongs and Free Bible Images

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated May 31, 2021

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources