The Children's Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids


Murpel die Purper Flurpel se
Avontuur In Kana

deur Linda Sue Pochodzay Edwards

Text Version | English | Italian

Murple

“Whiee-e-e-e-e ! Dit is so-o-o-o-veel pret!” Murpel kon net nie die giggels terughou toe sy deur die windjie opgetel en weggedra is nie. Sy het nooit geweet watter avontuur sy sou beleef nie, maar daar was een ding wat sy sekerlik geweet het — die lewe as 'n flurpel was die beste lewe waarvan sy ooit kon droom.

Daar was sekerlik tye wat sy op iemand se agterdeur beland het en die nag in die reën moes bly. En daar was die tyd wat sy opgetel is deur 'n klein seuntjie en in sy sak gestop is. Sjoe, maar dit was gommerig en taai daarin! Om deur die wasmasjien en tuimeldroër in daardie sak te gaan, was ook nie te lekker nie. Die pret en opgewondenheid om opgetel te word en van een avontuur na 'n ander gewaai te word deur die wind, het egter meer as genoeg opgemaak vir die somtydse swaarkry.

Murpel, die purper flurpel het ontspan en het haar rit op die wind geniet, toe sy voel hoe sy saggies afsweef. Hoewel sy 'n bietjie hartseer was dat die wind opgehou waai het en haar kort reis tot 'n einde gekom het, het sy hare ore gespits, haar oë wyd oopgemaak en net geweet dat sy in die perfekte plek was vir 'n nuwe avontuur.


flower line

“Hmmm. . . . Ek sien voete . . .”

“dosyne voete . . .”

“HONDERDE voete . . .”

“Daar is net SO baie voete!” Murpel het dit opgemerk vanaf haar gemaklike plek op 'n mat, wat voor iemand se deur gelê het. “Daar moet REGTIG iets baie spesiaal hier plaasvind. Ek wens so graag dat ek iets meer as net voete kan sien!” het sy gesug. “Miskien, net miskien, sal iemand my optel en binne toe neem,” het sy gehoop.


flower line

“EINA! DIT MAAK SEER!” het Murpel gegil. Maar omdat sy net 'n klein harige balletjie was met 'n klein stemmetjie, het niemand opgemerk dat sy daar was nie.

feet on a doormat

KLOMP, KLOMP . . . KLOMP, KLOMP . . . . Die voetstappe het vreeslik hard geklink, maar dit was net omdat Murpel so naby was. Trouens, sooooo naby, dat sy nou op die gespe van 'n sandaal gery het. Die voetstappe het vir 'n oomblik geaarsel [pouse] en die deur het oopgegaan.

“Oeee! Jippie, jippie, jippie! Ek gaan binne toe!” Sy was so opgewonde, dat sy skaars op een plek kon bly, maar, natuurlik, sy was steeds vas aan die gespe. Die gespe was nie naastenby so gemaklik soos om op die mat te lê nie. Dit het gekrap en seergemaak, maar die ruiling was die moeite werd, want nou was sy binne en sy kon dalk met gelukkig genoeg wees om te ontdek wat aan die gang was en waarom daar so baie mense saam in hierdie een groot vertrek was.

Murpel kon weens haar posisie so naby aan die vloer, steeds nie veel sien nie, maar sy het opgemerk dat die vloer baie skoon was en die mantels, wat rondom die voete gehang het, almal baie spoggerige mantels was. Sy het ook gesien dat daar lang tafels en baie stoele was. O, hoe wens sy sy kon 'n bietjie hoër opgaan en nie aan hierdie gespe vasgevang wees nie!

Dit was nie lank nie, toe het sy haar wens gekry. 'n Hand het afgereik om die gespe te verstel en het die klein purper harige balletjie tot op die vloer gestamp. Terselftertyd, het die deur oopgegaan en 'n windjie het Murpel whoesh opgestuur . . . op . . . OP . . . tot waar sy op 'n rak beland het. Van daar af, kon sy alles in die kamer en almal wat daar was, raaksien.


flower line

There was a young woman wearing the most beautiful dress Murple had ever seen
  and a young man dressed in his very best outfit Daar was 'n gedruis van opgewondenheid! Die hele kamer het gelyk of hulle feesvier. Daar was 'n jong vrou wat die allerfraaiste rok, wat Murpel nog ooit gesien het, aangehad het en 'n jong man wat in sy beste uitrusting geklee was. Die kamer was vol mense, wat van Kana en ander naasliggende dorpe en nedersettings gekom het, om die bruilofsfees by te woon. Die tafels was gedek met die beste disse en die spysenier het reeds die heerlikste kosse voorberei en was gereed om te bedien.

Murpel het gekyk hoe al die mense hulle hande gewas het met die water uit die groot kruike daar naby. Nadat hulle hul hande gewas het, het hulle hul plekke by die tafel ingeneem. Die kos is bedien en die mense het geëet en gedrink, gepraat en gelag. Almal het so 'n wonderlike tyd by die bruilofsfees geniet.

“Haai! Ek ken daardie man!” het Murpel gedink. Sy was opgewonde om 'n paar bekende gesigte te sien. “Nie lank gelede nie, het ek bietjie tyd verwyl agter 'n bank in sy skrynwerkerswinkel. Hy is regtig 'n baie goeie man en maak baie goeie meubels ook. Sy vriende is hier en ek sien sy moeder ook.”

Murple on the shelf

A woman approached the carpenter and told him there was no more wine Van hoog van haar rak af, kon Murpel dinge sien wat ander mense nie kon raaksien nie. 'n Bietjie verwarring in die kombuis het haar aandag getrek. Ô-ô! Ô-ô! Ô-Ô! DIT kan 'n GROOT PROBLEEM wees! Die kelner het ingekom om meer wyn te kry om die gaste by die etenstafels te bedien, toe die spysenier sê, “Ek is jammer, daar is net nie meer wyn oor nie.” Sy het gekyk hoe die gaste een vir een die wyn wat in hulle glase was uitgedrink het en vir meer gevra het. Wat 'n verskriklike ding was dit nie om op 'n bruilofsfees nie genoeg wyn te hê nie! “Wat gaan hulle tog doen?” het Murpel gewonder.

'n Vrou wat die probleem opgemerk het, het uit haar stoel opgestaan. Sy het die skrynwerker genader en vir Hom vertel dat daar nie meer wyn was nie. “Hoe vreemd!” het Murpel gedink. “Die vrou is die skrynwerker se moeder en hulle was albei gaste by hierdie viering. Waarom sou sy Hom vertel dat daar nie meer wyn was nie? Dit is regtig nie hulle probleem nie en Hy is net 'n arm skrynwerker. Hy kan sekerlik nie iets doen om te help nie!” Murpel het aangehou kyk en gewonder wat moontlik volgende sou gebeur.


flower line

Die moeder het toe omgedraai om met sommige van die diensknegte te praat. “Doen alles wat Hy julle ook al mag beveel,” het sy gesê terwyl na die skrynwerker gewys het. Die skrynwerker het toe vir die diensknegte vertel, “Sien julle al daardie leë kruike met die water in, wat gebruik word om hande te was? Neem daardie kruike na die put en vul dit met water.”

Dit het geklink na 'n vreemde bevel. Waarom sou hulle die waterkruike met water vul, as hulle eintlik wyn nodig gehad het? Maar die diensknegte het gedoen soos wat hulle beveel was en het teruggekeer met al die kruike vol water.

Jesus turns water into wine

“Skink nou van daardie water in 'n wynglas en bedien dit vir die gasheer,” het die skrynwerker hulle vertel.

“O, aarde!” het Murpel gedink. “Hierdie skrynwerker gaan homself dieeeeep in die mmmmoeiliheid kry! Die gasheer gaan woedend, woedend, WOEDEND wees as hulle vir hom 'n glas water gee!”

This is the best wine I have ever tasted Die diensknegte het ook gedink dit is vreemd. Hulle het geweet dit was net water en dit was nie eers skoon drinkwater nie. Hierdie water is in die kruike gegooi, sodat dit gebruik kon word om te was, nie om te drink nie! Maar, selfs al het hulle gedink dit was vreemd en dit nie verstaan nie, het hulle gedoen presies soos die skrynwerker hulle beveel het om te doen.

Murpel kon nie glo wat sy gesien het nie. “O, my aarde! O, my aarde! O, MY AARDE! Hulle gaan dit regtig doen,” het sy gedink. “Hulle gaan regtig die 'n glas water aan die gasheer bedien. Ek moet liewer my oë toemaak. Ek kan dit net nie verdra om te kyk nie.”

Toe die gasheer 'n sopie neem, was hy verras. “Dit is die beste wyn wat ek nog ooit geproe het!” het hy uitgeroep. “Waarom het julle dit tot laaste gelos? Ons bedien gewoonlik die beste wyn aan die begin van die maaltyd.”

“Hoe, hoe, HOE het DIT gebeur???” het Murpel na haar asem gesnak van verrassing.

Die diensknegte was net so verwonderd soos Murpel! Hulle het geweet daar was water in daardie kruike, omdat hulle self dit volgemaak het. Hoe het daar wyn uit die kruik gekom as water daar ingegooi was?

Murple the Purple Flurple

Terwyl almal hulle wonderlike ete klaargemaak het en met die feesvieringe voortgegaan het, het Murpel gehoor iemand noem 'n naam wat sy voorheen gehoor het. Dit was toe dat sy onthou het dat die skrynwerker se naam JESUS was. Sy het geweet dat Jesus baie spesiaal was, want toe sy agter die bank in die skrynwerker se winkel was, het sy stories gehoor van engele, en die herders, en die wyse manne wat Jesus kom ontmoet het toe Hy gebore is. Sy het gehoor hoe Jesus na Egipte geneem is om die bose koning, wat hom wou doodmaak toe Hy 'n baba was, te ontvlug. En nou, was sy toevallig op die regte plek op die regte tyd om te sien hoe Jesus sy heel eerste wonderwerk doen om WATER in WYN te verander.


flower line

DINK!

1. Waarom was daar feesviering?
2. Wat was die probleem wat ontstaan het?
3. Hoe was die probleem opgelos?



ONTHOU!

JESUS is die antwoord vir elke probleem.



'N VERS OM TE LEER:

“Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen” (Johannes 2:5).



ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER

“Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle” (1 Petrus 5:7).



PRAKTIESE TOEPASSING

Wie het opgemerk dat die bruidegom 'n probleem het? Wat het sy daaromtrent gedoen? Dink jy Jesus het reeds geweet van die probleem? Waarom het Hy niks gedoen totdat Maria Hom gevra het nie? Het jy dalk 'n probleem in iemand anders se lewe raakgesien? Het jy self 'n probleem? Wat kan jy daaromtrent doen?

[Na bespreking:] As jy nie 'n probleem kan oplos wat jy in jou eie lewe het of in die lewens van ander sien nie, vra Jesus om hulp. Hy weet reeds alles, maar Hy wil hê jy moet Hom kom vra vir hulp sodat jy kan leer om Hom te vertrou en op Hom staat te maak. Jy kan ook iemand kry om saam met jou te bid, want God sê in sy woord dat as twee of drie oor iets saamstem en daaroor bid, Hy dit sal gee. Is daar iets wat jy vir God moet vra? Neem tyd om dit nou te doen.



LAAT ONS BID:

Dog and boy praying

****************************************************
Liewe Jesus, dankie dat U aarde toe gekom en
wonderwerke gedoen het om my te leer van U groot
liefde vir my. Help my om te onthou om U om hulp te
vra wanneer ek probleme het, en help my om
gehoorsaam te wees. In U Naam bid ons. Amen.
****************************************************



KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

Johannes 2:1-11

crayons

Jesus' First Miracle (online)
Jesus Turns Water Into Wine (online)
Water Into Wine (online with Bible Verse)
Jesus Turns Water Into Wine (online Sermons 4 Kids)

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
Jesus Storybook Bible Coloring Book
Jumbo Coloring Pad

My Bible Coloring Book: A Fun Way for Kids to Color Through the Bible--
from Genesis to Revelation by Shirley Dobson


The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle (online)
Jesus Turns Water Into Wine Jigsaw Puzzle (online printout)
Adventure In Cana Word Search (online)
Color, Cut, and Scramble the Bible Verse (online page 1)
Color, Cut, and Scramble the Bible Verse (online page 2)
Maze
Fill in the Blank (online)
Multiple Choice (online)
New Testament Hidden Picture Puzzles, Coloring & Activity Book
Picture Scripture Card (online)
Variety of Activities (online)
Word Match (online)
Word Search (online)

Best Book of Bible Activities
Big Book Of Bible Puzzles
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Do U Know? Game
Games
God is A-Maze-ing
itty-bitty Bible Word Search Puzzles
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Games
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

Water into Wine Craft (watch online)

Bible Crafts
Big Book of Bible Crafts for Kids of All Ages
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Puppet Crafts For Kids



child reading a book

All-in-One Bible Fun: Stories of Jesus (Preschool edition)
Arch Books Bible Stories: Jesus' First Miracle
HOBC Bible Big Book: Jesus' Miracles
Miracles of Jesus (Little Golden Book)

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
Spanish Children's Books
365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and DVDs

DouglasTalks: Is the Bible Just Fairy Tales?
A Sunday School lesson about why we can trust the Bible
(watch online)

Jesus' First Miracle (watch online)
Jesus Turns Water into Wine (watch online)
Miracle at Cana (watch online)
Miracles of Jesus Superbook DVD or watch online
No More Wine! (watch online)

Sharefaith Kids: Jesus Turns Water Into Wine:
John 2 Bible Story for Kids
(watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Bible story DVDs
Children's DVDs



singing birds

Miracle Worker
Sweeter Gets the Journey (online sing along)
Thank You for Your Joy in Me (online sing along)
Water You Turned into Wine (online sing along)

Audio Memory Bible Songs DVD
Cedarmont Kids: Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids
The Bible in a Minute Books of the Bible song (sing along)
25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



Resources For Parents and Teachers

All the Miracles of the Bible
Children's Sermon (online)
Did Jesus Make Wine or Grape Juice? (online)
Jesus Turns Water into Wine Activities (online)
Object Lesson (watch online)

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources


flower line


The Childrens Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2025 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.

Permission is granted to reproduce this page
as student handouts for ministry purposes only. Not for resale.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated Febuary 18, 2025
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources * Donate