Text Version | English | For younger children
Nathan het met 'n stokkie op die grond gesit en skryf in die sand. Hy het so gewens dat hy saam met ander kinders kon skooltoe gaan en met hulle speel, maar hy was melaats.
In Jesus se tyd, was melaatses verstotelinge en moes wegbly van ander mense af, omdat gesonde mense bang was dat hulle ook hierdie aaklige, aansteeklike, verminkende velsiekte sou kry. Hulle mag nie in dorpe of stede gebly het nie en kon dit nie eens besoek het nie. Hulle klere moes skeure in gehad het, hulle hare moes los hang en hulle monde en baarde moes bedek word. Wanneer hulle ander mense gesien het, moes hulle hard skree dat hulle melaats was, sodat mense uit hulle pad uit kon bly.
Nege ander melaatses het saam met Nathan in 'n grot in die berg gebly. Daar was 'n Fariseër, 'n skrifgeleerde, 'n handelaar, 'n bakker, 'n soldaat, 'n tollenaar, 'n saaier, 'n skaapwagter en 'n visserman. Familielede het vir altyd vir hulle kos gaan neersit by 'n sekere boom, wat hulle die Posboom genoem het en dit was een van Nathan se take om pakkies by die Posboom te gaan haal.
Nathan se ouers was dood, maar gelukkig het hy nog 'n ouer suster, Abigail, gehad wat by hulle oom gebly het. Abigail het altyd vir hom kos by die Posboom neergesit en nou en dan het sy 'n briefie bygesit met nuus van wat in die buitewêreld gebeur. Hy het elke keer vir die Fariseër of die skrifgeleerde gevra om die brief vir hom te lees en ook sy kos met almal gedeel.
Nathan het by verskeie geleenthede vir die Fariseër en die skrifgeleerde gevra om hom te leer lees en skryf, maar hulle was maar traag om dit te doen.
“Waarvoor?” het hulle hom gevra, “Jy gaan dit nog nie kan gebruik nie, want jy sal nooit gesond word en 'n normale lewe tussen ander mense kan lei nie. Verder is jy ook nog 'n Samaritaan. Waarom sou trotse Jode soos ons vir jou, 'n Samaritaanse weeskind, leer om lees en te skryf?”
Dan het Nathan vir hulle gesê, “'n Mens weet nooit, dalk sal God my ook eendag genadig wees en my help.”
Eendag, toe Nathan weer 'n pakkie van sy suster Abigail by die Posboom gaan haal het, was daar weer 'n briefie by. Hy het altyd so uitgesien om te hoor wat in die briefie staan; dit het hom bly gemaak om te weet dat sy hom nie vergeet het nie. Hierdie keer, het hy die skrifgeleerde gevra om die briefie vir hom te lees.
Die melaatse Skrifgeleerde het op 'n boomstomp gaan sit en homself gemaklik gemaak en begin lees:
“My liefste broer Nathan! Ek is so opgewonde om vir jou die nuus te vertel van die Nasarener wat deur die land reis. Baie mense dink Hy is die Messias wat sou kom. Sy Naam is Jesus.”
“Gmf!” sê die Fariseër, “Ons Fariseërs weet uit die Skrifte dat die Messias nie uit Nasaret kom nie, maar uit Bethlehem, die stad van Dawid.”
Die melaatse Skrifgeleerde het sy kop instemmend geknik, maar verder gelees, “Jesus is van Galilea af op pad na Jerusalem toe en het vandag by 'n naburige dorp aangekom en nogal 'n opskudding veroorsaak. Ek was ook daar. Die Fariseërs het allerhande vrae vir hom gevra. Hy het hulle geantwoord met groot gesag en nie soos 'n mens of met menslike leerstellings nie. Sy twaalf dissipels, wat saam met Hom reis, is meestal vissermanne en daar is selfs 'n tollenaar by Hom.”
Terwyl hulle nuuskierig nader gestaan het om beter te kan hoor, het die melaatse visserman en tollenaar gedink, “Dan is hy defnitief nie soos die hoogmoedige Fariseërs, wat nie met vissermanne of tollenaars wil meng nie.”
Die melaatse skrifgeleerde het sy keel skoongemaak en verder gelees, “Jesus sê Hy is 'n goeie Herder vir Sy skape en lei hulle na groen weivelde en oorvloed water. Hy beskerm hulle teen roofdiere en Sy skape luister na sy stem.”
Die melaatse skaapwagter het regop gaan sit en gesê, “Ek was ook altyd 'n goeie herder vir my skape en hulle het na my ook geluister as ek hulle geroep het. Miskien moet ons hierdie Nasarener 'n kans gee en na HOM luister!”
Die skrifgeleerde het verder gelees: “Nie al die mense is egter van Sy skape nie, want nie almal wil na Jesus luister nie — jou hart moet reg wees. Jesus sê, dit is soos 'n saaier wat goeie saad saai en net die plante wat in goeie grond groei, lewer die beste oeste.”
“Dit is waar,” sê die melaatse saaier. “Ek moes altyd hard werk om die grond om te ploeg voor ek die saad saai; anders is my oeste swak! Hierdie Jesus weet waarvan Hy praat. Ek sou graag self wou hoor wat Hy nog alles te sê het.”
Die melaatse skrifgeleerde het Abigail se brief verder gelees: “Nathan, Jesus het ons ook geleer van die koninkryk van God. Hy sê dit is soos 'n groot kosbare pêrel wat 'n handelaar só graag wil koop, dat hy alles wat hy besit, verkoop om genoeg geld te kry om só 'n kosbare skat te koop.”
Die melaatse handelaar het met 'n traan in sy oog gesê, “Ek sou ook baie graag so 'n kosbare pêrel wou koop, al kos dit my alles wat ek het. Dit is net so jammer dat ek melaats is en niemand naby wil my kom om iets aan my te verkoop nie. Al my geld beteken niks nie!”
Al vryfende oor sy baard, het die Skrifgeleerde voortgegaan: “My liewe boetie, nou moet jy mooi luister, want die beste nuus kom nog. Jesus slaap vannag in die naburige dorp en vertrek môreoggend na Jerusalem, maar Hy kom eers by ons dorp verby! Halleluja! Kry al jou melaatse vriende bymekaar en bring hulle almal vroeg môreoggend hier na die dorp, voor die skares te veel saamdrom!”
“‘Hoekom?’ vra jy. Want ons het gehoor dat hierdie Jesus wonderwerke kan doen. Hy het by die see van Galilea vir vyfduisend mense brood en vis gegee van net vyf broodjies en twee vissies wat 'n seuntjie vir Hom gegee het! Hulle wou hom koning maak, maar Hy het weggeloop voor hulle dit kon doen!”
“Sjoe!” snak die melaatse bakker na sy asem, “Hoe op aarde het Jesus dit reggekry? Ek sal vreeslik baie brode moet bak om soveel mense kos te gee en my arms sal lam wees van al die deeg knie! Ek sal dit nooit alles in een dag of selfs 'n week kan bak nie! Dit was sekerlik 'n groot wonderwerk.”
“Hoor hier, ouens!” sê die melaatse skrifgeleerde, terwyl hy baie opgewonde lyk en verder lees, “Ons hoor Jesus het mense van allerhande krankhede genees! Hy het blindes laat sien, dowes laat hoor, stommes laat praat, kreupeles laat loop; duiwels uitgedryf, dooies opgewek, 'n hoofman oor honderd soldate se dienskneg genees en selfs 'n MELAATSE gesond gemaak! Jy MOET môreoggend kom! Ek sal ook net buite die dorp op die pad na die naburige dorp vir Jesus kom soek! Ek hoop ek sien jou daar! Baie liefde, jou verlangende suster, Abigail.”
“Ons MOET defnitief gaan!” het die melaatse soldaat ook nou vir die eerste keer gepraat en almal het saam met hom gestem, selfs die Fariseër! “Ek sal my swaard saamneem en sorg dat niemand ons van Jesus af weghou nie!” het die soldaat beslis gesê. Nathan het nie gedink die swaard sal regtig nodig wees nie.
Daardie aand was Nathan so opgewonde dat hy gesukkel het om te slaap. Hy het gedink, “Ek wonder of Jesus vir MY, 'n Samaritaanse weeskind ook barmhartig sal wees en my sal genees, of maak Hy net Jode gesond?”
Lank voor die son opgekom het, was hy en die ander melaatses reeds besig om hulle gereed te maak om te vertrek. Die pad was klipperig en hulle moes versigtig trap, maar kort voor lank het hulle die hoofpad bereik. Net buite die dorp het hulle 'n veilige ent van die pad af gaan sit en wag, waar hulle Jesus van ver af kon sien aankom.
![]()
Die son het al goed warm gebak, toe hulle stemme hoor. “Hier kom Hy! Hier kom Hy!” het van die voetgangers op die pad opgewonde geroep. Die melaatses het haastig opgestaan en nader aan Jesus gehinkepink, maar steeds op 'n afstand van Hom af bly staan! Daar was iets aan Hom wat hulle met ontsag vervul het, maar hulle het nie presies geweet wat dit was nie.
“Jesus, Meester, wees ons barmhartig!” het hulle almal saam uitgeroep.
Toe Jesus hulle sien, het Hy geweet dat hulle melaatses was en Sy hart het met deernis uitgegaan na hulle. Toe sê Hy vir hulle, “Gaan vertoon julle aan die priesters!”
In daardie tyd, was die priesters soos dokters en moes volgens die wette van Moses oordeel of 'n mens melaats was of nie, siek of gesond.
Al tien melaatses het dadelik besluit om in GELOOF te doen wat Jesus hulle beveel het. Hulle het dadelik vertrek om na die priesters te gaan.
Skielik het hulle 'n gekriewel oor hulle hele liggame begin voel. Hulle het dadelik hulle klere van hulle arms en bene afgetrek om te kyk wat aangaan. Sowaar, hulle almal was genees! Hulle velle was nie meer verskrompel en geskend nie, maar so glad soos klein kindertjies s'n. Hulle het begin hardloop en spring van vreugde op pad na die priesters toe.
Die geneesde Fariseër het gesê, “Die priesters moet my dadelik rein verklaar, sodat ek in ere herstel kan word in Fariseërskringe!” Miskien was die Fariseër te TROTS en het gedink dit was NIE NODIG om terug te draai en vir Jesus te gaan dankie sê nie.
Die geneesde skrifgeleerde het gesê, “Ek moet seker maak van al die voorgeskrewe offers wanneer die priesters my rein verklaar. Onthou manne — julle moet die regte offers bring!” Miskien wou die skrifgeleerde liewer die WETTE van Moses gehoorsaam as om vir Jesus te gaan dankie sê.
Die geneesde handelaar het gesê, “Sodra ek klaar is by die priesters, moet ek gaan kyk of al my geld nog daar is, sodat ek weer kan koop en verkoop. Dalk kry ek nog 'n kosbare pêrel êrens te koop.” Miskien wou die handelaar eers 'n groot wins maak om Jesus iets te BETAAL voor Hy vir Jesus gaan dankie sê.
Die geneesde tollenaar het gesê, “Hoe ver is dit na die priesters toe? Van nou af, gaan ek niemand vir meer geld vra as wat ek moet nie.” Miskien was die tollenaar was te SKAAM oor al die verkeerde dinge wat hy voorheen gedoen het om na Jesus terug te gaan en vir Hom dankie te sê.
Die geneesde saaier het gesê, “Die weer lyk goed vir saai. As ek net gou genoeg kan klaarmaak by die priesters, kan ek vandag nog my ploeë en osse weer gereedkry om môre my lande te kan ploeg vir die saad wat ek wil saai. Die saaiseisoen is amper verby!” Miskien wou die saaier wys dat hy VERDIEN het om genees te word, omdat hy gevoel het dat hy so hard kan werk en dit daarom nie nodig was om vir Jesus dankie te sê nie.
Die geneesde bakker het gesê, “Sodra die priesters my rein verklaar, moet ek dadelik weer begin bak. Ek wonder of my bakplate al deurgeroes is. Miskien sal ek nuwes moet kry.” Miskien was die bakker te BESIG om aan sy bakkery te dink as om vir Jesus te gaan dankie sê.
Die geneesde soldaat het gesê, “Ek moet sou gou as moontlik gaan aanmeld by my hoofman oor honderd, maar van nou af sal ek tevrede wees met my soldy en ek sal niemand met my swaard dwing om vir my dinge te doen wat hulle nie wil doen nie.” Miskien was die soldaat te BANG om vir Jesus te gaan dankie sê.
Die geneesde skaapwagter het gesê, “O, ek het so verlang na my skape! Ek wonder of hulle nog my stem sal herken en ek wonder of my seuns hulle goed opgepas het terwyl ek weg was. Ek hoop die priesters maak gou om my rein te verklaar!” Miskien was die skaapwagter meer BEKOMMERD oor sy skape as om vir Jesus te gaan dankie sê.
Die geneesde visserman het gesê, “My visnette en boot kan wag. Ná die priesters, moet ek dadelik vir my familie en vriende gaan vertel wat Jesus gedoen het!” Miskien was die visserman te HAASTIG om by sy familie en vriende te vertel van sy genesing as om vir Jesus dankie te sê. Miskien het hy gevoel dit was belangriker om vir sy familie en vriende te gaan vertel van sy genesing.
Nathan, die Samaritaanse weeskind, het gedink, “Hierdie Jesus moet Iemand wees met baie groter gesag as aardse priesters...en selfs die hoëpriester.” Hy het na sy asem gesnak, “Kan dit wees dat Hy die HEMELSE HOËPRIESTER is, deur God gestuur?”
Hy het dadelik omgedraai, en met 'n groot stem God hardop verheerlik met sy gesonde hande hoog in die lug vir almal om te sien. “Prys God in die hoogste hemele! Ek dank U, Here, dat U vandag groot barmhartigheid aan my bewys het en my lewe vir my teruggegee het! Nou weet ek dat U my nie verlaat het nie, maar dat U my waarlik liefhet en vir my omgee soos 'n Vader vir sy seun!”
Nathan het voor Jesus se voete neergeval en Hom gedank, “BAIE, BAIE, BAIE DANKIE, Jesus, dat U vir MY — 'n Samaritaanse weeskind — genees het en my 'n nuwe lewe gegee het. Van nou af, sal ek uit dankbaarheid, U met volle oorgawe dien!”
Jesus sê toe vir almal om te hoor, “Was daar nie tien wat rein geword het nie? Waar is die nege? Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te erken en te verheerlik, behalwe hierdie vreemdeling nie?”
Toe kyk Jesus na Nathan met groot deernis, liefde en blydskap in Sy oë met die wete dat Nathan sy dankbaarheid aan die HEMELSE HOËPRIESTER, Jesus self, kom bewys het. Toe het Jesus vir hom gesê, “Staan op en gaan! Jou geloof het jou gered!”
Met sy hart vol van verwondering en dankbaarheid het Nathan opgestaan en omgedraai. Toe hy opkyk, sien hy sy geliefde suster Abigail met trane van blydskap wat van haar wange afrol. Hulle het mekaar omhels en Nathan het gesê, “Baie dankie, Abigail, vir al die goeie dinge wat jy vir my gedoen het terwyl ek melaats was. Nog 'n GROTER DANKIE dat jy vir my vertel het van Jesus, Wie my genees het en my lewe vir my teruggegee het! Uit dankbaarheid aan Hom het ek nou my lewe aan Hom gegee, om Hom vir altyd te dien met alles wat binne-in my is. Sal jy Hom saam met my dien?”
Sonder aarselling het Abigail gesê, “Natuurlik, my dierbare broer! Hoe dan anders?”
![]()
DINK!
1. Hoeveel melaatses het Jesus gesond gemaak?
2. Hoeveel van hulle het omgedraai om vir Jesus dankie te sê?
3. Dink jy Jesus was bly dat Nathan vir hom dankie gesê het?
4. Is daar iets waarvoor jy vir Jesus kan dankie sê vandag?
5. Dink jy jy kan elke dag vir Jesus dankie sê vir iets?
6. Dink jy Jesus is bly as jy vir Hom dankie sê?
7. Kan jy aan iets dink wat jou keer om dankie te sê?
ONTHOU!
Onthou om altyd dankie te sê vir God en vir mense wat goed aan jou gedoen het. Laat niks jou keer om dankie te sê nie. Dit maak ander bly.
'N VERS OM TE LEER:
“En nou, onse God, ons loof U, en ons prys u heerlike Naam” (1 Kronieke 29:13).
ALTERNATIEWE VERSE OM TE LEER
“Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle” (1 Tessalonisense 5:18).
“Maar God sy dank vir sy onuitspreeklike gawe” (2 Corinthians 9:15).
PRAKTIESE TOEPASSING
Dit is goed om dankbaarheid in jou hart teenoor God te VOEL of teenoor ander wat goedhartigheid aan jou bewys het, maar dink jy dit is genoeg? Wat het die een melaatse gedoen wat die verskil gemaak het? Hoe kan jy sy voorbeeld volg en 'n lewe van dankbaarheid lei?
[Na bespreking:] Al tien melaatses was bly omdat hulle genees is, maar net een HET sy dankbaarheid in luide lof teenoor God UITGESPREEK. God wil hê dat ons ons dankbaarheid moet uitspreek soos die Woord sê in Hebreërs 13:5: “Laat ons dan gedurigdeur aan God 'n lofoffer bring, dit is die vrug van ons lippe wat sy Naam loof.”
Onthou, jy is aan die wenkant. Die duiwel wil hê jy moet ondankbaar en ellendig wees, maar as jy kan leer om in geloof op te tree en God in alles te dank — selfs al voel jy nie daarna nie — sal jy krag ontvang om die Satan te oorwin en seëvierend te leef.
Het jy God gedank vir baie seëninge wat Hy oor jou pad gestuur het en dat Hy Jesus gestuur het om jou te red? Indien nie, neem tyd om dit nou te doen. Dit is God se wil dat jy 'n lewe van dankbaarheid lei deur jou dank uit te spreek aan Hom en aan diegene wat goedhartigheid aan jou bewys. Hy wil graag hê dat jy dit verder vat deur goedhartigheid aan ander te betoon en ook vir hulle te vertel van die groot geskenk wat Jesus gegee het deur ons van sonde en die ewige dood te red. Dink aan maniere waarop jy dit kan bereik en vra God om jou te help om 'n dankbare lewe te lei.
LAAT ONS BID
![]()
****************************************************
Liewe Jesus, vergewe ons asseblief waar ons nie dankbaar was nie.
Baie dankie dat U aarde toe gekom het en wonderwerke gedoen het
om ons te help leer van U groot liefde vir ons.
Help ons onthou om dankbaar te wees teenoor U
en om dankie te sê wanneer ander mense goed aan ons doen.
In U Naam bid ons dit. Amen.
****************************************************
KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Lukas 17:11-19
![]()
More Resources To Go Along with the Story
![]()
Jesus Heals Ten Lepers (online)
Give Thanks (online with Bible Verse)
Have Mercy on Us (online)
One Gives Thanks (online)
Sermons4Kids: Jesus Heals Ten Lepers (online)
The Thankful Leper (online)
Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
Jesus Storybook Bible Coloring Book
Jumbo Coloring Pad
My Bible Coloring Book: A Fun Way for Kids to Color Through the Bible--
from Genesis to Revelation by Shirley Dobson
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books
![]()
Jigsaw Puzzle (online)
Ten Lepers Jigsaw Puzzle (online printout)
Maze (online)
Picture Story Card (online)
Photo Scripture Card (online)
Healing Object Lesson (watch online)
Jesus Heals Ten Lepers Crossword (online)
Jesus Heals Ten Lepers Multiple Choice (online)
Jesus Heals Ten Lepers True or False (online)
Jesus Heals Ten Lepers Word Search (online)
New Testament Hidden Picture Puzzles,
Coloring & Activity Book
Ten Lepers Decoder Fun (online)
Ten Lepers Variety of Activities (online)
Best Book of Bible Activities
Big Book Of Bible Puzzles
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Do U Know? Game
Games
God is A-Maze-ing
itty-bitty Bible Word Search Puzzles
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Games
The Super Sized Book of Bible Puzzles
![]()
I Am Thankful craft (online)
Jesus Heals Craft (watch online)
Bible Crafts
Big Book of Bible Crafts for Kids of All Ages
Crafting the Word of God
Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Puppet Crafts For Kids
![]()
Best Loved Miracles of Jesus
Jesus' Miracles/HOBC Bible Big Book
Miracles of Jesus (I Can Read)
Miracles of Jesus (Golden Books)
Ten Lepers (read online)
The Thankful Leper (read online)
The Thankful Leper - Arch Book
The Bible in Pictures - The Ten Lepers (read online)
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
Spanish Children's Books
365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
![]()
I Give My Thanks - Sheet Music (online)
Donut Man: Don't Forget to Say Thanks (online)
Give Thanks With A Grateful Heart (online sing along)
Lord, I Thank You (online sing along)
Only One - Poem & Action Rhyme (online)
Thankful (online sing along)
Thank You, Jesus (online sing along)
The Ten Lepers [Music Download]
VeggieTales: The Thankfulness Song
Audio Memory Bible Songs DVD
Cedarmont Kids: Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids
The Bible in a Minute Books of the Bible song (sing along)
25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music
![]()
Adventures in Odyssey速 411:
In All Things Give Thanks [Download]
Cherub Wings Episode 2: Gratitude Attitude DVD
Jesus Heals Leper Story for Children (watch online)
Jesus Heals Ten Lepers (watch online)
Jesus Heals Ten Lepers Story (watch online)
Jesus Heals Ten Men (watch online)
Miracles of Jesus Superbook DVD
Paws & Tales: Giving Thanks
Superbook: Miracles of Jesus (watch online)
Ten Lepers Bible Video for Kids (online)
The Benefits of Being Thankful and the Ten Lepers (watch online)
The Ten Lepers (watch online)
Where Are the Nine? (watch online)
All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Bible story DVDs
Children's DVDs
RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS
All the Miracles of the Bible
Ten Lepers Drama (online)
Don't Forget To Say Thank You (online)
Jesus Heals Ten Lepers Power Point Slide Masters
PPT Download [online Free Download]
Ten Lepers Variety of Activities (online)
Lepers (online)
T-H-A-N-K-F-U-L Game (online)
Thank You God For . . . (online)
Thanksgiving Chain (online)
Reverse The Curse Game (online)
Where Are The Nine - online Sermon by David Wilkerson
Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer
FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me
God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs
Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles
Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know
Children's resources
![]()
Copyright © 2025 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.Permission is granted to reproduce this page
as student handouts for ministry purposes only. Not for resale.
Free Bible Stories!
To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at
You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.
AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html
Webmaster
Last updated Febuary 24, 2025
Pictures Courtesy of Free Bible Images
Welcome! *
What's Here *
Bible Stories
E-Mail Us *
Around the Piano *
4 Things
Events *
Children's Chapel *
Adult Chapel
Missing Link *
Links *
Resources *
Donate