The Children\'s Chapel


TRONKONTSNAPPING!
deur Linda Sue Pochodzay Edwards

Text Version | English| Italian


Animated purple and pink musical notes

“Wat is daardie geluid wat ek hoor?”

“Watter geluid?”

“DAARDIE lawaai! Hoor jy dit nie? Dit is 'n vreemde geluid. Ek het lanklaas so 'n vreemde lawaai gehoor.”

“Ag, bedoel jy daardie vreemde dreungeluid wat van die ander kant van die gang af kom?”

“Ja, dit! Ek dink dit klink soos iemand wat sing daar onder, maar wie by hulle volle verstand sal sing in 'n plek soos dié?”

“NIEMAND NIE! Dit is koud. Dit is donker. Dit is klam. Ons kry nie genoeg kos om te eet nie. En die klein bietjie kos wat ons wel kry, probeer die rotte sommer uit ons hande steel. Dit is aaklig hier binne!”

Man holding onto prison bars in window

“Wel, ons IS in die tronk, onthou jy?”

“Ja! Dit is presies wat ek bedoel! Wie kan enigiets kry om oor te sing in 'n vrot plek soos hierdie?”

“Dink jy nie ons verbeel ons sommer net dinge nie, of hoe? Miskien is ons nou al vir so lank hier dat ons dink die gedruis van die kruipende goggas klink soos 'n singery.”

“Nee, ek is SEKER ek hoor mense sing!”

“Wel, waarom vra ons nie vir die tronkbewaarder wanneer hy verbykom om die slotte te kontroleer nie. Hulle doen dit elke aand, jy weet. Dit is die enigste manier hoe ons weet dat dit nag is. Dit is heeltyd donker in hierdie verskriklike plek.”

“Jy wil hê EK moet vir die tronkbewaarder vra? Ek kan nie vir die tronkbewaarder vra nie! Die laaste keer wat ek probeer het om iets vir hom te vra, het hy my kussing weggevat. Nou moet ek met my kop op hierdie harde vloer lê.”

“Ag, oukei dan. Ek sal hom vra. Ek is nie bang vir hom nie. Buitendien, ek het nie 'n kussing vir hom om te vat nie en ek is 'n Romeinse burger en daarom weet ek dat selfs al word hy vir my kwaad, kan hy my ten minste nie slaan nie.”

Animated purple and pink musical notes

“TRONKBEWAARDER! HAAI, TRONKBEWAARDER!”

“Huh! Wat wil jy hê? HOE DURF jy my pla wanneer ek die slotte kontroleer?!?!”

“Ons wil net weet wat daardie eienaardige geluid is. Dit klink na iemand wat sing.”

Those two crazy new guys that came in earlier today are singing “Ja! Dit is 'n gesing! Dit is twee mal, nuwe ouens wat vroeër vandag ingekom het. Hulle maak my mal. Ek verstaan dit glad nie. Hulle name is Paulus en Silas en hulle noem hulself Christene.

“Hulle was geslaan en in die tronk gegooi, omdat hulle mense vertel het van daardie Joodse man genaamd Jesus. Al wat hulle moet doen om uit hierdie plek uit te kom, is om op te hou om van Jesus te getuig. Maar, NEE — hulle wil nie dit doen nie. Hulle sal eerder in hierdie koue, donker, nare tronk sit. Dit maak regtig nie vir my sin nie! Dit is waarom ek na hierdie kant toe gekom het. Al wat hulle daar onder doen is sing, sing, sing. Dan bid, bid, bid hulle. Dan sing, sing, sing hulle weer. Dit irriteer my en maak my op my senuwees. EK KAN DIT NIE MEER HANTEER nie!

“HAAI! WAG 'N BIETJIE! Waarom praat ek met julle armsalige gevangenes? Ek het werk om te doen. Julle is gelukkig dat ek in 'n goeie bui is vandag!”

Die tronkbewaarder het nors aangegaan met sy werk en die gevangenes alleen gelaat om oor Paulus en Silas te wonder.

Animated purple and pink musical notes

Die singery het aangegaan, en aan en aan en aan. Hoe langer hulle gesing het, hoe harder het dit geword. Dit was amper middernag en hulle het nog steeds gesing. Dit het baie duidelik geword dat NIEMAND daardie nag enige slaap sou inkry nie — met of sonder 'n kussing!

Man holding onto prison bars in window

SKIELIK, het vrees die gevangenes beetgepak.

“SJOE! WAT WAS DIT?”

“Het ek regtig die grond gevoel beweeg?”

“O, NEE! Ek dink die mure skud ook!”

“Dit is 'n verskriklike eienaardige geluid wat ek hoor en ek praat NIE van daardie ouens wat daar onder sing nie.”

I think this whole
building is going to come down on top of us and we are all going to be
buried under a pile of rubble

“Luister na die getinkel en gerammel! Ek dink hierdie hele gebou gaan bo-op ons ineenstort en ons almal gaan onder 'n hoop puin begrawe word.”

“HELP! HELP! IEMAND KRY ONS HIER UIT!!!”

Animated purple and pink musical notes

All the chains had
fallen off the hands and feet of the prisoners Toe die aardbewing verby was, het almal 'n diep sug van verligting gegee en rondgekyk. Die mure het nie bo-op hulle geval nie en niemand het seergekry nie. Die ding wat regtig eienaardig was, was dat al die kettingboeie van al die gevangenes afgeval het. Hulle was vry om te gaan, maar hulle het almal net daar gestaan en rondkyk van verbasing.

Ball and chain

Die tronkbewaarder het op een of ander manier deur die hele nagmerrie-ondervinding geslaap. Toe hy wakker word, was hy baie bang. Hy het gesien dat die kettings op die grond gelê het en hy het gedink die gevangenes het almal ontsnap. Hy was seker hy was in groot, groot moeilikheid.

Paulus het gesien hoe bang die tronkbewaarder was en het na hom geroep. “Moenie bang wees nie. Alles is reg. Ons is almal hier. Niemand het probeer ontsnap nie.”

Die tronkbewaarder het ongelowig opgekyk. Hulle het hulle kans gehad om uit daardie goor, vuil tronk te ontsnap, maar hulle het nie? Hy was baie verbaas oor dit alles.

Hy het iemand geroep om vir hom 'n lig te bring, sodat hy self kon sien. Hy het die gevangenes getel. Dit was ook net so. Hulle was almal daar.

Hy het steeds gebewe toe hy na Paulus en Silas gehardloop het.

“Menere, wat moet ek doen om gered te word?” het hy gevra.

The next morning the guard told Paul and Silas that he had permission to set them free Hulle het geantwoord, “Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word.”

Die tronkbewaarder was so bly! Hy het Paulus en Silas na sy eie huis geneem. Hy het hulle wonde, wat hulle gekry het toe hulle geslaan is, versigtig skoongemaak. Toe het hy vir hulle kos om te eet en 'n lekker plek om te rus, gegee.

Die volgende oggend het die tronkbewaarder wonderlike nuus gehad. Hy het vir Paulus en Silas gesĂȘ dat hy toestemming gehad het om hulle vry te laat.

Animated purple and pink musical notes

DINK!

1. Waarom was Paulus en Silas in die tronk?
2. Waarom kon hulle met blydskap in daardie aaklige tronk sing?



ONTHOU:

Selfs op die slegste dae en in die ergste situasies, kan jy steeds sing en blydskap in jou hart hê.



'N VERS OM TE LEER

“Ek wil sing tot eer van die HERE solank as ek lewe” (Psalm 104:33).



PRAKTIESE TOEPASSING

Het jy jouself al ooit in 'n slegte situasie bevind of beleef jy tans een waaruit jy wens jy kon ontsnap? Dink jy jy sal lofliedere tot God kan sing wanneer dinge vir jou skeefloop? Hoekom of hoekom nie?

[Na bespreking:] Paulus en Silas kon lofsange tot eer van God sing omdat hulle Jesus as hulle Here en Verlosser geken het. Dit was vir hulle 'n groot eer om vir Hom te ly. Hulle sang het die harte van diegene rondom hulle aangeraak. Dit was 'n wonderlike getuienis van die vreugde daarvan om Jesus te ken en te vertrou.

Daarteenoor kon die tronkbewaarder en ander gevangenes nie God se lof besing nie, want hulle het Jesus nog nie geken nie. Toe die tronkbewaarder vir Paulus en Silas huis toe geneem het en hy en sy gesin hulle lewens vir Jesus gegee het, het hulle almal groot blydskap gehad en hulle het hul in die Here verbly.

Deur wat se moeilike tyd gaan jy?

Sommige mense woon in tronke wat hulle self gemaak het, soos tronke van sonde, vrees, haat, onvergewensgesindheid of selfskade, net om 'n paar te noem. Woon jy in 'n tronk van jou eie maaksel? Vra Jesus om jou te vergewe en Hy sal jou vreugde gee, al het jy jouself in jou eie tronk vasgevang. Hy kan jou vrymaak en vir jou 'n lied in die hart gee selfs in die donkerste nag. Jou vreugdevolle getuienis kan 'n voorbeeld wees van God se vergifnis wat ander na Jesus sal trek.

Ly jy dalk net soos Paulus en Silas omdat jy Jesus dien en behaag? Wees bly want die Koninkryk van die hemel en 'n groot beloning wag vir jou.



LAAT ONS BID

****************************************************
Liewe Jesus, baie dankie dat U met ons is in elke
situasie. Help ons om te onthou dat ons blydskap
kan hê, maak nie saak wat gebeur nie, omdat
ons weet U het ons lief en gee baie vir ons om.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Handelinge 16:16-35


Animated purple and pink musical notes


JUST FOR FUN

Test Your Knowledge of Paul


crafts

God Took Care of Paul and Silas Bible Craft (online)
Paul and Silas Crafts (online)

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids (online)


activities

Jigsaw Puzzle (online)
Fill-in-the-Blank (online)
Bible Detectives: Acts
Paul & Silas Are Imprisoned activities (online)

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles


crayons

Beginner Coloring Page (online)
Paul and Silas Sing (online)
Paul, Silas, and the Jailer (online)
I Will Sing (online)
Color the Bible Verse (online)
Bible Heroes Coloring Book
Story of Paul
God Loves Me Coloring Pages

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books


Songs

Ashley Blake: Did You Ever Talk To God (online)
Did You Ever Talk to God Above - Chords (online)
Earthquake Song (online)
I Have Decided to Follow Jesus
My Name Is Paul (online)
Paul And Silas [Music Download]
Use Me (online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music


CDs and Videos

A master storyteller tells the Bible story (online
Abeka Bible Truth DVD #6: Philippian Jailer, Philemon
Acts: The Acts of the Apostles DVD
Bible Comes Alive Series CD Album 5 (Your Story Hour)
Bible Heroes of Faith: Paul and Silas in Prison (online

Bible on the Go Vol. 45: Paul and Silas; Priscilla and Aquila;
Paul's Letter to the Romans (Acts 16, 18, 20; Romans 1, 5, 8, 12)
Unabridged Audiobook [Download]


Bible Comes Alive Series CD Album 5 (Your Story Hour)
God's Story: Paul and Silas (online
Sharefaith Kids: Prison Break - Acts 16 (online
Superbook: Paul And Silas And The Fortune Teller (online

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs


child reading a book

4 Important Things Every Kid Should Know (online)
God...Should I Be Baptized?
HOBC Bible Big Book: Paul and Silas Go to Jail
Now What? For Kids Salvation
Paul Is Shipwrecked (online)
Paul: Journeys of Adventure
Paul & Silas Are Imprisoned (online)
The Philippian Jailer (online)
The Bible's Big Story: Salvation History for Kids

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible


Resources for Parents and Teachers

Four Important Things Every Kid Should Know
How to be born again (online)

Legends of Faith - issue 3:
Adam & Eve / Ruth / Two Builders /
Paul & Silas - PDF Download [Download]


Paul & Silas Are Imprisoned curriculum & activities (online)

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)

Animated purple and pink musical notes

BIBLE STORY ARCHIVE
http://childrenschapel.org/bibstory2.html


Copyright © 2022 by Linda Sue Pochodzay Edwards

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2022 - www.childrenschapel.org

Pictures Courtesy of Free Bible Images

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated August 29, 2022

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children\'s Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources