The Children\'s Chapel - Award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Simson Deel 5: Ware Krag

deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas

The roof of the temple came crashing down into a pile of rubble

Text Version | English | Italian


Pete and Fred Piet het nie goed gevoel oor homself nie. Dit het gelyk asof alles vir hom verkeerd loop. Die ander kinders by die skool het hom gespot omdat hy te kort was en so sleg in sport was. Hy kon skaars 'n bal vang. Boonop het al die kinders geweet dat hy spinnekoppe nie kan verdra nie en daarom, om dinge net erger te maak, het hulle hom herhaaldelik met 'n speeldingspinnekop probeer bangmaak. Elke keer as hulle hom met 'n rubberspinnekop verras het, het sy gesig vertrek van vrees en hy het sy longe uitgeskree terwyl die ander leerlinge geskater het van die lag.

Soms het Piet probeer terugveg. Hy het na sy spotters geslaan, maar dit het altyd op 'n ramp geëindig. Daarna, sou hy selfs erger voel as voorheen. Dit het so erg geraak dat Piet daaraan gedink het om sy eie lewe te neem. Dit was totdat Fred vriende met hom gemaak het. Sy nuwe vriend het sy oë oopgemaak sodat hy kon sien dat daar nog mense was wat vir hom omgegee het en sy geselskap geniet het. Fred het hom ook vertel van die groot liefde wat Jesus vir hom gehad het. Hy het verduidelik dat God 'n doel met sy lewe gehad het en dat Hy bitter graag sou wou hê dat Fred daardie plan vervul.

flowersflowersflowers

Samson ground grain into flour for the prison kitchen so they could bake bread for the inmates Arme Simson! Hy was hulpeloos vasgevang in die strik wat Delila en die Filistyne vir hom gestel het. Weg was sy lang hare, weg was sy bonatuurlike krag, weg was sy waardigheid en weg was sy vryheid. Om sake te vererger, het die Filistynse soldate sy oë uitgesteek sodat hy nie meer kon sien nie. Hoe hy ook al probeer het, hy kon homself nie meer bevry uit die boeie van die Filistyne nie. “Hoe het ek myself in so 'n gemors laat land?” het hy gevra. Dit was net omdat hy sy verhouding met God nie ernstig genoeg opgeneem het nie. In plaas daarvan, het hy sy gewete herhaaldelik stilgemaak en keer op keer gesondig. Baie keer het hy met sy sonde weggekom maar nie hierdie keer nie. Hierdie keer was hy vas.

Met leë oogkaste wat klop van pyn en gewrigte en enkels wat seer was waar die boeie sy vel geskaaf het, is Simson wreed deur die Filistyne weggevoer na 'n tronk in Gasa waar hulle hom in 'n koue, klam sel toegesluit het. Elke oggend, na 'n ellendige ontbyt van smaaklose brood en stinkende water, is hy na 'n graanmeule geneem en daaraan vasgeketting. Daar moes hy om en om die werk van 'n donkie doen deur graan tot meel te maal vir die tronkkombuis sodat hulle vir die gevangenes kon brood bak.

Om die vervelige werk van om en om die meule te beur, minuut vir minuut, uur vir uur, dag na dag, het Simson baie tyd gegee om te dink. Teen die aand, was elke spier in sy liggaam seer van lang ure se handearbeid. Sy hart was egter baie seerder as sy seer spiere, want hy het sy oë verloor, hy het sy vryheid verloor, hy het sy goddelike krag verloor en hy het God se plan vir sy lewe verydel.

flowersflowersflowers

Samson ground grain into flour for the prison kitchen so they could bake bread for the inmates O, Simson! Jy het jouself in so 'n betreurenswaardige toestand laat beland! Eens, het jy 'n leeu met jou kaal hande doodgemaak, maar jy HET GESONDIG deur aan sy dooie karkas te raak en heuning daaruit te haal. Toe later, nadat jy met 'n prostituut GESONDIG het, was jy vasgekeer. God het jou egter steeds gehelp om jouself te bevry deur jou krag te gee om die deure van die stadspoorte met hulle pale en al af te breek en die hele gedoente tot op die top van 'n heuwel te dra. Maar kyk nou na jou! Jy is so swak dat jy nie eers 'n tronkdeur kan afbreek om jouself te bevry nie. Erger nog, jy kan nie eers sien waar die tronkdeure is nie.

Eens, het jy die Filistyne se graanlande afgebrand, maar nou maal jy hulle graan! Eens, het jy duisend Filistyne met die kakebeen van 'n donkie doodgemaak, maar nou laat hulle JOU soos 'n donkie werk. En moenie die sluwe, bedrieglike Delila vergeet nie!

Hoekom, o hoekom het jy jou wellus jou laat oorheers? Hoekom was jy nie sterk genoeg om jou vlees te beheer nie? Waarom het jy vertroosting by 'n vrou gesoek en nie by God nie? Hoekom het jy dit wat heilig was voor die heidense honde gegooi? Hoekom het jy toegelaat dat 'n ongelowige vrou jou geleidelik dieper in SONDE lei en jou van jou geloof beroof totdat jy nie meer die doel wat God vir jou lewe gehad het kon vervul nie? Hoekom het jy nie geluister na die Wet van God wat jou gewaarsku het om geen onrein ding of goddelose persoon aan te raak nie? Het jy nie geweet dat God ernstig is oor sonde nie?

O, ellendige mens wat jy is, wie sal jou van jou sondes verlos? Bekeer jou! Wees innig en opreg jammer omdat jy die onrein dinge aangeraak het, omdat jy ongelowige vroue begeer het en omdat jy die doel wat God met jou gehad het, ligtelik opgeneem het. Roep uit met trane van ware berou en sê: “Here, vergewe asseblief AL my sondes! Vergewe my dat ek so selfversekerd was! Vergewe my dat ek so sterk en trots was in my eie oë! Vergewe my dat ek ongehoorsaam was aan die leiding van u Heilige Gees en dat ek die plan wat U vir my gehad het, verydel het! Help my asseblief om weer te glo!”

Slegs dan sal jy voel hoe die las van sonde van jou skouers afval. Eers dan sal geloof weer in jou hart opkom, jou laat ervaar hoe God se vergifnis en liefde jou siel deurdring en jou vul met onuitspreeklike blydskap. Soos jy gereinig word, sal jy agterkom dat jy nie regtig 'n vrou nodig het om jou diepste behoeftes te vervul nie.

Jy sal weet dat God daar is. Jy sal sy teenwoordigheid kan aanvoel en sy heerlikheid ervaar. Die engele in die hemel sal saam met jou juig oor jou hartsverandering. God, in sy genade, sal nie toelaat dat sy plan vir jou verydel word nie. Jy kan seker wees dat die Here sy hand op jou het. Dit is gewis en seker, Hy sal jou nooit in die steek laat nie. Hy sal jou deurdra en dit wat Hy in jou lewe begin het, volbring.

flowersflowersflowers

Samsons hair grew longer and longer Met elke dag wat verbygegaan het, het Simson se hare al hoe langer geword, maar die Filistyne het dit nie eers opgemerk nie. Hulle was veels te besig om groot te praat omdat Simson in hulle mag was, te besig om 'n groot fees te beplan vir hulle god, Dagon, wat hulle geglo het, hulle oorwinning oor Simson en die God van die Israeliete gegee het.

Die dwase Filistyne het die Dagon-afgod in plaas van die ware God aanbid, en gedink dat hy die een was wat vir hulle graangewasse gegee het en die een wat hulle die vermoë gegee het om kinders te hê. Dagon was 'n lelike afgod met die lyf van 'n vis maar die kop, arms en bene van 'n man. Hoe dom kan 'n mens wees? Hy was so dood soos die klip waarvan hy gemaak was. Hy kon nie hoor nie, kon nie sien nie, kon nie voel nie, en kon niks doen om hulle te help nie. Maar die dwase Filistyne het dit nie besef nie.

Die tempel wat hulle vir hul god Dagon gebou het, het 'n lang saal gehad met balkonne aan die bokant. Die dak is bo gehou deur twee houtpilare. Mense het gewoonlik op die balkonne gesit sodat hulle 'n goeie uitsig kon hê oor alles wat onder aangaan.

The people cheered and poked fun at Samson Toe alles vir die fees gereed was, het die leiers en die elite manne en vroue van die Filistyne in die tempel van Dagon bymekaargekom. Hulle was almal daar om fees te vier en het Dagon geloof en geëer deur offers aan hul god te bring omdat hulle Simson gevang het. Hulle het gesê: “Simson het so baie van ons doodgemaak om ons nasie te vernietig, maar ons god Dagon het hom in ons hande oorgegee.” Dagon kon nie eers 'n ding gehoor wat hulle sê of 'n ding gesien wat daar was nie, want hy was net 'n stuk gekapte klip.

Hulle het Simson uit die tronk gaan haal en toe die mense hom in boeie sien, het hulle gejuig en met hom gespot. Dit was asof die duiwel self saam met sy hele bende demone uit die hel Simson probeer verneder het, hom probeer herinner het aan sy sonde, sy foute en sy swakhede. Maar omdat sy geloof sterker geword het soos sy hare langer geword het, het Simson agtergekom dat die beledigings so onskadelik was soos water wat van 'n eend se rug afgerol het. Simson het sy gedagtes van alles rondom hom afgehaal en begin fokus op God en die doel wat Hy vir hom gehad het. Hy het nie vergeet dat God hom geroep het om die Israeliete te verlos nie.

With a young boy holding his hand leading the way they made Samson stand between two pillars that held up the roof so everyone in the assembly room could have full view of his performance Toe die fees op sy hoogtepunt was, het die halfdronk en baie vrolike Filistyne besluit om Simson te bespot en het hom daarom weer uit die tronk gaan haal. Is dit nie maar hoe die duiwel werk nie? Hy het Simson versoek om te sondig en toe Simson gestraf was vir sy sonde, het Satan op hom getrap en hom bespot deur die Filistyne gebruik om sy planne uit te voer. Hulle het gesê: “Simson, gee vir ons 'n vertoning! Wys vir ons wat jy kan doen!”

Met 'n jong seun wat sy hand vasgehou het en hom rondgelei het, het hulle Simson tussen twee pilare laat staan wat die dak opgehou het, sodat almal in die vergadersaal mooi kon sien hoe hy sy vertoning gee. Hy het sy vuiste gebal, sy spiere gestrek en gebult asof hy aan 'n liggaamsbou-kampioenskap deelneem.

Die mense het hom uitgetart en gesê: “Ha, Simson! Jy het sulke groot spiere, maar jy het geval vir 'n swak vrou! Jy is nie beter as ons nie! Nou het ons jou net waar ons jou wil hê.” Terwyl die Filistyne gedink het dat Simson vir hulle 'n vertoning gegee het, was hy eintlik besig om sy spiere te toets en op te warm. Toe hy gereed voel, het Simson gaan staan om met die jong seun te praat wat hom rondgelei het: “Plaas my hande teen die pilare wat die dak ophou sodat ek daarop kan leun.”

Samson asked God to strengthen him one more time Teen daardie tyd, was die hele tempel vol mense. Die vyf Filistynse leiers was daar, sowel as drie duisend mans en vroue, en almal het Dagon toegejuig en geprys vir Simson se gevangeneming. Toe, met uitgestrekte arms en sy hande wat teen die pilare geleun het, het Simson tot die Here gebid en gesê: “O Here God, dink aan my en versterk my nog een keer sodat ek hulle kan terugkry met wat hulle toekom omdat hulle my oë uitgesteek het.”

Simson het geglo dat God hom sou versterk en het met sy regterhand op die een pilaar en sy linkerhand op die ander, teen die pilare gedruk, met sy lyf afgebuig en sy spiere met al sy krag ingespan. Stadig, soos die pilare begin beweeg het, het hulle gekraak en geknars en toe skielik begin meegee. Die halfdronk Filistyne het gedink dat hulle dalk te veel wyn gedrink het, maar toe besef hulle dat dit 'n werklikheid was — die vloere onder hulle het regtig beweeg.

Slowly the pillars gave way cracking and screeching as they moved Mans en vroue het hulle longe begin uitskreeu en probeer hardloop vir hul lewens terwyl Simson 'n laaste gebed tot God geuiter het: “Laat my saam met hierdie Filistyne sterf.” Of hy lewe of gesterf het, was natuurlik heeltemal die Here se besluit, nie Simson s'n nie.

Die dak van die tempel het neergestort, hulle afgod Dagon stukkend geval en die Filistynse leiers en al die mense wat daar was, doodgemaak. Vir Simson was dit die grootste oorwinning wat hy in sy hele leeftyd oor die Filistyne gehad het, want ongeveer drieduisend van sy vyande het gesterf. Net soos hy gebid het, het Simson saam met die Filistyne gesterf.

Die nuus van Simson se oorwinning en dood het sy familie bereik wat sy liggaam van die puinhoop kom haal het. Sy broers het sy liggaam geneem en al sy familielede het hulle gevolg tot by sy vader se graf, op 'n plek tussen Sórea en Estáol, waar hulle hom langs sy vader Manoag begrawe het.

Alhoewel hulle oor Simson se dood getreur het, was hulle verlig dat sy skande deur die Here weggeneem is. Die Filistyne wat oorgebly het, kon nie meer roem dat hulle Simson verslaan het nie. God se eer is herstel en die God van die Israeliete is weer deur die Filistyne gevrees.

flowersflowersflowers

Wees verseker, Simson se lewe was op geen manier volmaak nie — hy het baie foute gemaak en was gestraf vir sy sonde. God het in sy genade verby sy onvolmaakthede gekyk en hom beloon vir sy magtige geloof. Tot vandag kan ons in die boek, Hebreërs, lees waar hy as 'n groot held in die geloofsaal gelys word. (Sien Hebreërs 11:32.)

Samsons family mourned his death but were relieved his shame had been taken away by the Lord Met sy voorbeeld, was Simson 'n baie onvolmaakte beeld van Christus. Kom ek verduidelik: Simson het gesterf om sy volk net gedeeltelik te bevry van die onderdrukking van die Filistyne, terwyl Jesus gekom het om jou heeltemal vry te maak van alle sondige gedagtes, woorde, dade en die ewige dood. Soos die Woord van God sê, jou stryd is nie teen mense nie, maar teen die magte van die duisternis, wat wil hê dat jy moet sondig.

Satan wil hê dat jy allerhande slegte gedagtes moet hê, soos haat, jaloesie, wraak, slegte gevoelens teenoor ander en meer. Hy wil ook hê jy moet sleg praat oor ander, vloek, God se Naam ydelik gebruik, lieg, steel, moor (insluitend jouself) en allerlei sondige dade pleeg. Dit is presies hoekom Jesus gekom het — om jou van al daardie sondes te bevry. Toe Hy in jou plek aan die kruis gesterf het, het Hy die grootste oorwinning oor Satan en al die duiwels in die hel gehad sodat jy hulle aanvalle kan oorwin.

Vertrou op en hou vas aan Jesus en die kruis deur geloof net so styf as wat Simson met alle krag aan daardie pilare vasgeklou het. Dan sal jy WARE KRAG vind, en Satan, die vyand van jou siel, sal verslaan word. Sê vir Jesus jy gee al daardie slegte dinge vir Hom, om hulle aan die kruis te laat sterf. Vra Jesus om jou te help om werklik te kies om vir Hom te lewe en om sterk te staan wanneer ander jou uittart of verkleineer, veral oor jou geloof. Vra Hom om jou te help om sy plan en doel vir jou lewe te vervul.

flowersflowersflowers

ONTHOU:

Selfs al het jy foute gemaak en gesondig, het God jou meer lief as wat jy ooit kan dink. Roep uit na Jesus. Sê vir Hom jy is opreg jammer oor jou sonde en vra Hom om jou te vergewe en jou te help om Hom met jou hele hart te volg. Hy wil jou vir sy eer gebruik en van jou 'n geloofsheld maak.


DINK!

1. Waarom was Simson in die tronk?
2. Wat het die Filistyne Simson laat doen in die tronk?
3. Wat was die naam van die Filistyne se afgod?
4. Was Dagon regtig sterker as Simson se God? Waarom nie?
5. Ongeveer hoeveel mense was daar by die fees?
6. Wanneer het Simson sy grootse oorwinning oor die Filistyne gehad? Was dit voor of nadat hy in die tronk was?
7. Wat is die een ding wat vir jou die meeste uitstaan in Simson se lewe?


'N VERS OM TE LEER

“Toe roep Simson die HERE aan en ê: Here, dink tog aan my en versterk my tog” (Rigters 16:28a).


ALTERNATIEWE VERSE OM TE LEER

“Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom” (Handelinge 3:19).

Of

“Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik” (Romeine 11:29).

Of

“Want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe” (Romeine 8:13).


PRAKTIESE TOEPASSING

Het jy al ooit foute gemaak? Was jy al vir jou foute bespot of daarvoor gestraf, of was jy kwaad vir jouself omdat jy dit gedoen het? Dink jy God kan jou vergewe wanneer jy Hom vra? Wat dink jy is jou swak punte? Was jy al daarvoor gespot? Dink jy God kan jou gebruik en sy planne vir jou vervul wanneer jy Hom vra om vergifnis en die krag om sy wil te doen?

[Na bespreking:] God is vol genade en wil hê dat jy sy doel vir jou lewe moet vervul. Moet nooit toelaat dat slegte gedagtes, woorde en dade jou weghou van Christus nie. Laat hulle jou eerder na Hom toe trek waar jy vergifnis en krag kan vind om te oorwin. God wil hê jy moet die lewe kies, nie die dood nie. Onthou, Hy is naby almal wat 'n gebroke hart het (Psalm 34:19). Word sterk in die Here en leer om die beledigings wat die duiwel na kan toe kom te ignoreer. Die duiwel is 'n verloorder, maar sal altyd probeer om diegene wat Jesus volg te verkleineer. As jy voel jy kan nie alleen teen hom baklei nie, kry iemand wat Jesus ken om jou te kom help. As jy sterk is in die Here, kom en help iemand anders wat sukkel.

Gaan nou en reik uit na iemand. Vra God om jou te help om 'n geloofsheld te word tot sy eer.



KOM ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, vergewe my asseblief vir al my sondes,
swakhede en foute. Help my om geloof in Jesus te hê,
om te weet dat U my van my sondes sal vergewe en dat
U my werklike krag sal gee om u plan en doel vir my
lewe te vervul. Gebruik my asseblief tot u eer.
In Jesus se Naam bid ek. Amen.
****************************************************


WAAR KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Rigters 16:21-31



crayons

Real Power coloring page (online)
Samson Brings Down the Temple (online)
God Gave Samson Strength Coloring Page (online)
Samson Destroys Dagon’s Temple (online)
Samson Pulls Down a Temple (online)
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles
Bible Colour and Learn: 01 The Old Testament
My Bible Stories Coloring Book 2

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle (online)
Crossword Puzzle (online)
Fill-in-the-Blanks (online)
Word Search (online)
Break the Code - Samson’s Strength (online)
Dot-to-Dot Puzzle (online)
Draw Funny Hair (online)
God Gave Strength to Samson Word Search (online)
Heavy or Light Worksheet (online)
Preschool Bible Activity: Samson, Samson! (online)
Samson Booklet (online)
Samson Pulls Down a Temple (online)
Scissor Practice Hair Worksheet (online)
Some Stats About Samson (online)
Word Lineup (online)
Word Tiles (online)
Worksheet (online)
Write the Bible Phrase Worksheet (online)
Your Hair Worksheet (online)
Your Spiritual Strength Activity (online)


Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



birds singing

Be a Faithful Friend (sing along)
Be Kind and Compassionate to One Another (sing along)
Be Kind to One Another Scripture Memory Song (sing along)
Ephesians 4:32 - Be Ye Kind One to Another (online)
God Works His Purposes Faithfully Out (sing along)
Go-Go Samson! (listen online)
Hallelujah, I Have Found Him (listen online)
Hey There Delilah by Tim Hawkins (sing along)
I Have Found a Dear Friend (sing along)
Keep Me True, Lord Jesus (listen online)
Pow Pow Power to Live God's Way (sing along)
Samson Songs (online)
Samson's Strength (online)
Silly Scriptures: Samson (listen online)
Think! by Helen McAlerney Barth (listen online)
What a Friend We Have in Jesus (online)

When Mr. Satan knocks at my heart's door,
And says, "May I come in?"
I say, "No! No!" for Jesus loves me so,
And He took away my sin.
Then he turns around and runs away.
I hope he's gone away to stay.
When Mr. Satan knocks at my heart's door,
I just say, "No! No! No!"

Listen to tune here

You've Got a Friend in Me with Claire Ryann and Dad (online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



CDs and Videos

Be Courageous (watch online)

Bible on the Go Vol. 13: The Stories of Gideon and Samson
(Judges 6-8, 13, 16) - Unabridged Audiobook [Download]


Desired: The Untold Story of Samson and Delilah
Unabridged Audiobook


God’s People: Samson (watch online)
Judges 16 (dramatized audio)
Judges 16: Samson and Delilah (watch online)
Samson: A Hairy Tale (watch online)
Samson and Delilah: Holy Tales (watch online)
Samson and Delilah - Judges 13-16 by ShareFaith Kids (watch online)
Samson and the Philistines (watch online)
Samson: Bridgestone (watch online)
Samson: Lego Video (watch online)
Samson: Read and Share Bible (watch online)
Samson: The Final Judge (watch online)
Samson: The Strong Man - Bible for Kids (watch online)
Samson: Universal (watch online)
Samson and Gideon DVD
Samson DVD
Samson, Sight & Sound Theater Musical DVD
Samson: Moody Bible Story (watch online)
Strong Outside, Weak Inside (watch online)
Superbook Classic: Samson (watch online)
The Bible Miniseries: Samson (watch online)
The History of Samson (watch online)
The Story of Samson and Delilah (watch online)
Unit 9 Lesson 4 Samson (watch online)
What to Do When You're Tempted (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



child reading a book

Desired: The Untold Story of Samson and Delilah
How Samson Came to His Death for Older Children (online)
Long and Strong (online)
Samson Dies for Older Children (online)
Samson and Delilah for Older Children (online)
Samson: Chosen. Betrayed. Redeemed.
Samson Storybook (online)
Samson: Strong and Faithful
Samson: The Strong Man of Faith

The Judge of God, Volume 1
Z Graphic Novels / Son of Samson comic


The Story of a Strong Man Who Judged Israel (online)
The Story of Samson (online)
The Story of the Bible: Samson and Delilah (online)
VeggieTales SuperComics: Minnesota Cuke
and the Search for Samson's Hairbrush


Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



crafts

Easy Bible Crafts for Samson (online)
God Gave Strength to Samson Bible Craft (online)
Make Samson's Headband (online)
Paper Chain Craft (online)
Samson Broken Pillars Craft (online)
Samson's Paper Bag Puppet (online)
Samson Picture Craft (online)
Samson Pushing Pillars Arts and Crafts (online)

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



Resources for Parents and Teachers

Character by God's Design: Volume 4 (Courage, Wisdom, Loyalty)
Children’s Sermon (online)
Eikon Bible Art: Death of Samson
Samson Bible Lesson for Kids (online)
Samson Loses His Strength (online)
Samson - Part 2 (online)
Samson Pulls Down a Temple (online)
Take Home Paper (online)
What the Bible Says About Samson (online)
Your Friends Matter to God by David Wilkerson (online)

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources

flowersflowersflowers

The Children\'s Chapel - Award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2023 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated April 2, 2023
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources