The Children\'s Chapel - Award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Simson Deel 3: Fakkelsterte

deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas

Samson caught 300 bushy-tailed foxes

Text Version | English | Italian

Junior het saam met sy ouers en jong broers en susters in 'n township naby 'n besige pad gewoon. Hy was mal daaroor om motors en vragmotors te hoor verbyry, veral gedurende die oggend en laatmiddag wanneer mense heen-en-weer werk toe gaan. Hulle was glad nie ryk nie, maar hulle was gelukkig en tevrede omdat hulle klere gehad het om aan te trek, genoeg kos om te eet en 'n dak oor hul koppe.

Junior se pa het as 'n messelaar gewerk en dit geniet om stories te vertel oor majestueuse huise en geboue wat hy help bou het. Junior het daarvan gehou om na sy pa se stories te luister. Alhoewel hy groot respek en bewondering gehad het vir wat sy pa gedoen het, het Junior 'n totaal ander soort passie gehad. Hy was mal oor motors en het daarvan gedroom om dit te ontwerp en te bou. Hy het homself geleer hoe om speelgoedkarretjies te maak van so 'n eenvoudig ding soos draad. Sy draadkar het wiele wat draai gehad en 'n stuurwiel wat hoog genoeg was sodat hy dit in die hardloop kon stuur.

wire cars Junior se vier vriende was in verwondering oor sy draadkar, en daarom het hy besluit om een vir elkeen van hulle een te maak. In die middae het Junior en sy vriende almal op die sypaadjie ontmoet en teen mekaar resies gejaag vir 'n tuisgemaakte trofee, net soos in Formule Een-renne. Wedrenne was baie lekkerder as om sleurwerkies by die huis te doen, wat veroorsaak het dat Junior gereeld by sy ma in die moeilikheid was omdat hy syne verwaarloos het.

Eendag het Gift (een van sy vriende wat 'n bietjie jaloers was op Junior) hom doelbewus tydens 'n naelbyt resies gepootjie en dit het Junior so hard laat val dat sy arms en bene nerf-af was. In weerwraak het hy verwoed op Gift se draadkar afgestorm en dit flenters getrap. Hy het homself belowe om nooit weer saam met sy vriende resies te jaag nie, ten minste, nie solank Gift saam was nie.

Toe hy 'n week later van die skool af kom, het slegte nuus Junior erg geskok. Sy en Gift se pa's, wat saam as messelaars gewerk het, was in 'n ongeluk by die werk. Die steier waarop hulle gestaan het, het ongelukkig meegegee. Junior se pa het sy been gebreek en Gift se pa sy arm. Genadiglik, het hul harde helms hul koppe beskerm, maar nie heeltemal nie, want hulle het albei ook aan harsingskudding gely. Gevolglik sou hul pa's vir 'n geruime tyd nie kon werk nie en hul gesinne moes ekstra geld bymekaarskraap om hulle deur hierdie beproewing te dra.

Junior het nie net jammer gevoel vir sy eie pa nie, maar ook vir Gift se pa en het besef dat hy nie kon aanhou om bitter en onvergewensgesind teenoor Gift te wees nie. Hy het besluit om hom te vergewe en, om sy verandering in gesindheid te wys, het hy vir hom 'n splinternuwe draadkar as geskenk gemaak. Hy het God gevra om hom te vergewe vir die slegte gevoelens wat hy teen Gift gehad het en het gewonder wat hy kon doen om hulle te help.

Die volgende dag het Junior doelgerig na Gift se huis gegaan, vrede met hom gemaak en vir hom die draadkar gegee. Gift was baie ingenome, en die twee van hulle het weer saam met hul vriende op die sypaadjie gaan resies jaag. Hulle was op die punt om 'n nuwe wedren langs die besige pad te begin toe 'n man wat verbygery het, langs hulle stilgehou en gevra het: “Hallo. Ek is meneer Brown. Waar het julle daardie draadkarre gekry?”

Junior se vriende het hul vingers na hom gewys en uit een mond geantwoord: “Junior het dit vir ons gemaak!”

“Dis uitstekende vakmanskap, seun!” het hy uitgeroep. “Ek sê jou wat, as ek vir jou 'n bietjie draad en verf bring, sal jy vir my ook 'n kar maak? Ek sal jou daarvoor betaal.”

“Sekerlik,” het Junior gesê en van oor tot oor geglimlag.

Die man het selfs verder gegaan en gesê: “Luister, ek het 'n winkel in die dorp. Ek sal elke mooi draadkar wat jy kan maak koop en dit in my winkel vir jou verkoop. Hoe klink daardie plan vir jou?”

“Dit is 'n ooreenkoms!” het Junior gesê, bly die man se hand geskud en besef dat dit 'n antwoord op sy gebede moes wees.

Junior was toe so geïnspireer dat dit gelyk het asof 'n vuur in sy binneste aangesteek was. Nadat hy 'n paar draadkarre verkoop het, het hy selfs vir Gift en sy ander twee vriende aangestel om hom te help om hierdie draadkarre te maak. Op hierdie manier, het Junior nie net sy moeilike omstandighede oorkom nie, maar ook sy godgegewe talent vervul en sy passie vir motors gebruik om te help om in die behoeftes van sy familie en vriende te voorsien.

flowersflowersflowers

Om weer by sy ma en pa by die huis te woon ná sy troue was nogal ongemaklik. Dit het Simson geruime tyd geneem om die woede, wat hy in sy hart teenoor sy vrou gevoel het omdat sy hom tydens hul bruilofsfees verraai het, af te skud. Na 'n rukkie het hy die goeie dinge wat hy van haar gehou het, begin onthou en haar begin mis. Hy het besluit om haar heelhartig te vergewe. Met die opwinding van oestyd in die lug en sy ryp velde wat soos vloeibare goud in die wind wuif, het hy besluit om sy trots in sy sak te steek en met haar te gaan vrede maak. Hy het een van sy mooiste bokkies as geskenk vir haar opgetel en vol verwagting na Timna vertrek.

Picking up one of his most beautiful kid goats as a present for his wife Samson set off expectantly for Timnath Die probleem was, noudat Simson 'n Filistynse vrou gehad het, was die Filistyne basies sy familie. Hy wou nie regtig teen hulle oorlog maak om Israel van hulle te verlos soos God vir sy lewe bedoel het nie. Simson het net aan homself gedink en die roeping wat God vir hom gehad het, verwaarloos. Hy het nooit gedroom dat ongehoorsaamheid aan die Here hom soveel hartseer sou besorg nie. God het nooit bedoel om Simson van sy roeping in die lewe te onthef nie. In plaas daarvan, het Hy sy omstandighede so beskik dat dit 'n vuur binne-in hom aangesteek het vir God se planne.

Simson het in Timna aangekom. KLOP, KLOP! Hy het aan die deur van sy Filistynse skoonpa se huis geklop.

“Wie is daar?” het die growwe stem van sy skoonpa van binne-af gevra.

“Simson, jou skoonseun!” het Simson vol opgewondenheid en verwagting uitgeroe.

“SIMSON!” het sy skoonpa amper flou van skok van agter die toe deur na sy asem gesnak. Hy het gesê: “GAAN WEG, ASSEBLIEF!”

“WAAROM? Ek wil my vrou sien,” het Simson geëis.

“Sy is NIE meer jou vrou nie!” Die antwoord van agter die toe deur het as 'n skok vir Simson gekom, maar sy skoonpa het verduidelik: “Ek het gedink jy is SO kwaad vir haar dat jy haar nooit weer wou sien nie, daarom het ek haar vir jou strooijonker van die troue gegee.”

“WAT?!” het Simson verwoed geraas.

Simson se skoonpa was so bang vir hierdie kwaai, gespierde man wat buite sy deur gestaan het, dat hy hom probeer paai het. Hy het gepleit, “Haar jonger suster is baie mooier as sy. Ek sal háár liewer vir jou as vrou gee!”

Simson wou niks daarvan weet nie. Buite homself van woede, het hy so hard geskree dat die hele Filistynse dorp hom kon hoor: “Julle kan my nie blameer vir wat ook al volgende gebeur nie!”

Samson tied the tails of the foxes together in pairs and then placed a burning torch between each pair and set them free to run through the fields Simson was so kwaad dat hy net aan een ding kon dink — WRAAK! Met 'n plan in gedagte het hy 150 langlewende, stadig brandende fakkels bymekaargemaak. Daarna het hy honderde jakkalsstrikke gestel en 300 wolstertjakkalse in die lokvalle gevang. Hy het telkens twee jakkalse met sy sterk hande en arms uit die strikke gegryp, hulle sterte aanmekaar gebind, 'n brandende fakkel tussen hulle vasgemaak en hulle vrygelaat om deur die lande te hardloop. Hy het 150 pare fakkelstert jakkalse uitgestuur.

Het jy al ooit probeer om iewers heen te hardloop terwyl jy aan 'n vriend vasgemaak was, soos in 'n driebeen-wedloop? Dit het nie baie goed gewerk nie, nê? Net so het elke paar jakkalse wat aan mekaar vasgemaak was, te stadig gehardloop om die brandende fakkel te blus. Boonop het dit verhoed dat hulle by 'n jakkalsgat kon inhardloop om weg te kruip.

The foxes ran through the fields and orchards of the Philistines setting them on fire Simson se plan was 'n groot sukses. Die verskrikte jakkalse het deur die ryp graanlande en olyfboorde van die Filistyne gehardloop en die ryp, ongeoesde lande, die netjies gestapelde gerwe wat reeds geoes is en die olyfbome wat 'n oorvloedige voorraad ryp olywe op gehad het, aan die brand gehardloop. 'n Sterk wind het die vlamme tot 'n rooiwarm, onbeheerbare inferno aangeblaas en alles in sy pad verteer.

Toe die Filistyne die rook van ver af sien, het hulle aangehardloop gekom en probeer om die vuur te blus, maar niemand kon naby die versengende warm, vinnig bewegende, knetterende vlamme kom nie. Hulle was verpletter omdat baie van hul graan- en olyf-oeste in die brand vernietig is. Nou gaan hulle nie genoeg kos hê vir die winter nie en hulle wou bitter graag weet wie se skuld dit was.

“Dit was Simson!” het die antwoord van die mense van Timna gekom. “Dis omdat sy skoonpa sy vrou aan 'n ander man gegee het.”

Soos 'n monster wat hulle met sy kloue gryp, het die gedagte aan wraak die Filistynse boelies op die wreedste maniere beetgekry. Hulle wou Simson leed aandoen waar dit hom die seerste sou maak — sy vrou. Hulle het waansinnig rondom die huis van Simson se vrou en skoonpa saamgedrom en dit met hulle binne-in tot op die grond afgebrand. Hoe uiters verskriklik!

Samson angrily threatened the Philistines Toe Simson die verskriklike nuus van sy vrou se moord hoor, het hy die Filistyne woedend gedreig: “As julle dit só wil doen, sal ek nie rus voordat ek my op julle gewreek het nie!” Hy het toe gekom en baie van hulle doodgemaak en daarna in die grot in die rots van Etam gaan woon.

Die Filistyne was so kwaad oor hulle afgestorwe bloedverwante dat hulle hulself op Simson wou wreek en hom wou doodmaak. Hulle het toe met 'n hele leër gekom en laer opgeslaan in Juda. Van daar af het hulle gereed gemaak om by 'n plek met die naam Lehi aan te val. Die manne van Juda was bang vir die Filistynse leër en wou nie teen hulle oorlog maak nie, daarom het hulle 'n vredesparty na hulle gestuur om te vra hoekom hulle hul wou aanval. Die Filistyne het gesê dat as hulle Simson vir hulle sou gee, hulle nie sou aanval nie. “Ons wil hom vang en vasbind, en aan hom doen wat hy aan ons gedoen het,” het hulle gesê.

Die lafhartige manne van Juda het geantwoord: “Wag hier terwyl ons hom kry en na julle toe bring.”

Terwyl die Filistyne gewag het, het nie net een nie, nie twee nie, maar drieduisend manskappe van Juda gegaan om Simson by die rots van Etam te gaan haal. Hulle het vir Simson gesê: “Die Filistyne wil teen ons oorlog maak en ons doodmaak ter wille van jou! Weet jy nie dat hulle oor ons heers en sterker is as ons nie? Wat het jy aan ons gedoen?”

Simson het vies geantwoord: “Ek het hulle net terugbetaal vir wat hulle aan my gedoen het!”

The men of Judah promised they would not kill Samson but only bind him Die manne van Juda was so bang dat hulle Simson eerder sou verraai en hulself red as om hom te verdedig. Toe antwoord hulle: “Simson, ons het niks te doen met die rusie tussen jou en hulle nie, en ons wil nie teen hulle oorlog maak nie. Ons het hierheen gekom om jou vas te bind en jou aan hulle oor te gee. Sal jy ons dit laat doen?”

Simson het geloof gehad en was vol vertroue dat hy eiehandig die Filistyne sou kon oorweldig, en daarom het hy geantwoord: “Goed, maar net op een voorwaarde sal ek toelaat dat julle my neem! Belowe my dat julle my nie self sal aanval en doodmaak nie, maar dat julle my lewendig aan die Filistyne sal oorgee.”

Die manne van Juda wou nie bekend staan as moordenaars van hulle eie mense nie, daarom het hulle 'n plegtige belofte aan Simson gemaak en gesê: “Ons belowe ons sal jou nie doodmaak nie, maar jou net vasbind en jou aan hulle oorgee. Simson het hulle toe in die grot laat inkom waar hulle hom met twee nuwe, sterk toue vasgebind het. Toe het hulle hom uit die grot opgetrek en hom na die Filistyne geneem.

flowersflowersflowers

The Spirit of the Lord came over Samson making him so strong that with one jerk of his arms the ropes on his arms snapped Toe die manne van Juda by Lehi aankom en die Filistyne Simson vasgebind sien, het hulle losgebars in 'n vrolike gejuig! Maar, in die teenwoordigheid van die vyand se vreugde, het die Gees van die Here oor Simson gekom en hom so sterk gemaak dat met een ruk van sy arms die toue aan sy arms gebreek het soos vlas wat vlam vat. Dit was asof die bande van sy hande afgesmelt het. Hy was vry!

Hy het gesoek na die naaste ding wat hy kon kry om as wapen te gebruik. Sowaar, dit was nie 'n mes of 'n swaard of 'n byl of 'n spies of 'n stok nie. Daar het toevallig die vars kakebeen van 'n dooie donkie rondgelê. Hy het dit gegryp en voordat die Filistyne te ver kon wegkom, het hy duisend van die vlugtende Filistynse vyande doodgemaak. Toe daar geen Filistyne meer in sig was nie, het hy die kakebeen weggegooi en die plek Ramat-Lehi genoem, wat “die heuwel van die kakebeen” beteken.

Samson used jawbone of a dead donkey to kill a thousand Philistines Simson was doodmoeg en baie dors nadat hy geveg en 'n duisend man sonder 'n ruskans doodgemaak het. Hy het gedink hy gaan sterf, want tot sy ontsteltenis was daar geen water om te drink nie. Hy het na God geroep en gesê: “Here, vandag het U my gebruik om so 'n groot en wonderlike oorwinning vir u volk te behaal deur hulle van die Filistyne te verlos. Moet ek nou van dors sterf en weer in hulle hande val?”

Die Here het Hom oor Simson ontferm deur sy gebed verhoor en water uit 'n gat in die grond te laat stroom. Simson het gedrink en gedrink totdat sy gees herleef het. Daarna het hy die plek “Roepersfontein” genoem.

Die Israeliete was in verwondering oor Simson se krag, en daarom het hulle hom as hulle leier vir die volgende twintig jaar aangestel. Ongelukkig was die Filistyne gedurende hierdie tyd steeds in beheer van die land.

flowersflowersflowers

ONTHOU:

Moet nooit toelaat dat 'n onvergewensgesinde gees teen iemand jou daarvan weerhou om die doel wat God vir jou het, te vervul nie. Vergewe diegene wat teen jou gesondig het en jy sal die ware vyand kan oorwin wat jou as slaaf van sonde wil hou.

DINK!

1. Watter slegte dinge het met Simson gebeur?
2. Hoeveel jakkalse het Simson gevang?
3. Wat het Simson met die fakkels gedoen?
4. Wat het Simson gebruik om duisend Filistyne mee dood te maak?
5. Waarvoor was gespierde Simson bekend?
6. Hoe het hy sy krag gebruik om God te behaag en sy volk te help?
7. Wat het God gedoen toe Simson dors was?


'N VERS OM TE LEER

“Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het” (Efésiërs 4:32).


ALTERNATIEWE VERSE OM TE LEER

“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efésiërs 6:12).

Of

“Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my hande” (2 Timótheüs 1:6).


PRAKTIESE TOEPASSING

Dink jy Simson het reg gedoen om sy vrou te vergewe? Is daar iemand wat jy moet vergewe? Wie het jou van jou sondes vergewe? Wie is jou regte vyand?

Waarmee is jy goed? Hoe kan jy dit gebruik om mense te help en God te verheerlik?

Wat het Simson gedoen toe hy uitgeput was van die stryd teen sy vyande? Wat kan jy doen wanneer jy uitgeput of swak voel, of wanneer jy oorweldig word deur slegte dinge wat in jou lewe gebeur?

[Na bespreking:] Wanneer jy iemand vergewe, help dit nie net hulle alleen nie, maar dit help jou ook. Jesus het gesê, as jy deur Hom vergewe wil word, moet jy ook diegene vergewe wat jou seergemaak het.

Net soos Simson sy vrou liefgehad en vergewe het, asook vir haar 'n geskenk geneem het, het Jesus jou lief, vergewe Hy jou, en gee aan jou die geskenk van die ewige lewe. God sê dat jou ware vyand nie mense is nie, maar die duiwel en sonde.

As 'n Nasireër moes Simson aan geen dooie dinge raak nie, want dit sou hom onrein maak. Die Bybel sê vir ons dat hy die kakebeen van 'n dooie donkie gebruik het en onreinheid op hom geneem het; tog het hy die Filistyne oorwin. Op dieselfde manier het Jesus jou sonde op Hom geneem en het die duiwel oorwin ter wille van jou. Net soos Simson, wat dors was toe hy oorwinning oor sy vyande gehad het, was Jesus dors toe Hy vir ons sonde aan die kruis betaal het en oorwinning oor die duiwel gehad het.

Wanneer jy ook al uitgeput voel deur sonde of omstandighede, of krag nodig het om te doen wat God vir jou sê, roep na Hom en Hy sal jou met graagte versterk. Onthou, Simson het Israel eers van hulle vyande begin verlos, maar Jesus het gekom om jou volkome van sonde, die duiwel en die ewige dood te verlos.



KOM ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, help my om diegene te vergewe wat my
sleg behandel het en seën hulle eerder. Vergewe my
van al my sondes en help my om te weet wat u doel
vir my lewe is. Help my om die gawe wat U my gegee
het aan te wakker, om U te eer en ander te help.
In Jesus se Naam bid ek. Amen!
****************************************************


WAAR KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Rigters 15:1-20



crayons

Samson and the Foxes coloring page
Samson Won with a Donkey’s Jawbone
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles
Bible Colour and Learn: 01 The Old Testament
My Bible Stories Coloring Book 2

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle (online)
Crossword Puzzle
Fill-in-the-Blanks
Word Search
Your Spiritual Strength Activity

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



birds singing

Be Kind and Compassionate to One Another (sing along)
Be Kind to One Another Scripture Memory Song (sing along)
Ephesians 4:32 - Be Ye Kind One to Another (online)
Samson Songs
What a Friend We Have in Jesus

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



CDs and Videos

Be Courageous (watch online)

Bible on the Go Vol. 13: The Stories of Gideon and Samson
(Judges 6-8, 13, 16) - Unabridged Audiobook [Download]


Draw My Life: Samson and the Foxes

Desired: The Untold Story of Samson and Delilah
Unabridged Audiobook


Judges 14 (dramatized audio)
Judges 14-15: Samson’s Marriage and Vengeance (watch online)
Magic Trick: Be Kind to One Another (watch online)
Samson and Gideon DVD
Samson and the Foxes (dramatized audio)
Samson Kills 1,000 Philistines (watch online)
Samson Kills the Philistines - Judges 15 (watch online)
Samson DVD
Samson, Sight & Sound Theater Musical DVD
Samson Sunday School - Lesson 1
The History of Samson Part 2

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



child reading a book

Desired: The Untold Story of Samson and Delilah
Lessons We Can Learn from Samson
Long and Strong
Samson Angers the Philistines
Samson: Chosen. Betrayed. Redeemed.
Samson: Strong and Faithful
Samson: The Strong Man of Faith
The Story of Samson (online)

The Judge of God, Volume 1
Z Graphic Novels / Son of Samson comic


VeggieTales SuperComics: Minnesota Cuke
and the Search for Samson's Hairbrush


Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



crafts

Easy Bible Crafts for Samson
Make Samson's Headband
Paper Chain Craft

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



Resources for Parents and Teachers

Character by God's Design: Volume 4 (Courage, Wisdom, Loyalty)
God Gives Samson Strength
Samson - Part 2
What the Bible Says About Samson

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources

flowersflowersflowers
The Children\'s Chapel - Award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2023 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated March 31, 2023
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources