The Children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids


Die Koning Kom!
Deur Linda Sue Pochodzay Edwards

Text Version | English | Italian


Palm Sunday

palm branches

           Die stowwerige paaie wat na Jerusalem gelei het, was alles behalwe stil. ‘n Gewoel van opgewondenheid het die lug gevul, terwyl voorbereidings gedoen is vir Pasga, die grootste vakansiedag van die jaar. Dit het gelyk of almal van oral af probeer het om by Jerusalem uit te kom om fees te vier. Maar dit was nie net mense nie…

           Die paaie was stampvol donkies en kamele, wat die gewone vorm van vervoer was, en nie net dit nie, die meeste mense het ook ander diere saam met hulle gebring. Die geblêr van skape, die gebulk van koeie en die gekoer van duiwe kon alles gehoor word, sowel as die gelag en gesing van kinders. Die gemoedere was uitbunding en vol blydskap soos wat mense ou vriende en familielede, wat hulle nie sedert die vorige jaar nie gesien het nie, gegroet het.

           “Haai! Daar is Oom Esra en Tannie Marie.” Josua het opgewonde na sy pa geroep. “Is dit reg as ek die res van die pad saam met hulle loop?” het hy gevra.

goat with rope

           “As dit reg is met hulle, gee ek nie om nie,” het sy pa geantwoord. “Maak net seker dat jy daardie bok styf vashou! As daardie bok wegkom, sal daar vir jou geen fees wees nie, jongman,” het sy pa geterg terwyl hy oor Josua se hare gevryf het.

           Om aan daardie bok vas te hou, was vir Josua glad nie maklik nie. Dit het gelyk of die dier altyd in die verkeerde rigting wou gaan en wanneer hy wel in die regte rigting gegaan het, was dit net omdat hy probeer het om by iemand anders se sakke voer uit te kom. Josua het geruk en gepluk en met baie moeite, het hy uiteindelik by sy Oom Esra, Tannie Marie en hulle kinders uitgekom.

           “Daardie bok van jou gee jou 'n moeilike tyd, nê?” het Oom Esra met 'n glimlag gevra. Josua het die tou nog 'n ruk gegee en geknik. “Wel, ons sal binnekort daar wees,” het Oom Esra gesê. “Ek sal die bok by jou neem vir 'n kort rukkie. Jy en Samuel het mekaar vir so lank nie gesien nie; julle het baie om op te vang. Gaan, hardloop en speel, maar…onthou om nie te ver af te dwaal nie. Moenie so ver weggaan dat ons julle nie kan sien nie.”

           Josua en sy neef Samuel het 'n paar vye uit hulle sakke gehaal, tot by die rand van die pad gehardloop en onder 'n boom gaan sit om hulle padkos te nuttig. Hulle het sonder ophou gesels oor die Pasga. “Geen skool vir agt volle dae nie!” het Josua opgewonde gesê. “Dink net aan die pret wat ons kan hê!”

           Samuel was meer opgewonde oor die etes by die feesvierings. “Daar gaan soveel kos wees!”  het hy uitgeroep. “Nie net het ons nie skool vir agt dae nie, maar ons gaan ook vir agt dae lekker eet!” Die seuns was so vasgevang in hulle opgewondenheid, dat hulle vergeet het dat die skare vorentoe beweeg en verby hulle gegaan het. Oom Esra en Tannie Marie was nêrens te sien nie. Hulle het vinnig opgespring en haastig hulle pad deur die skare gedring, terwyl hulle probeer opvang en gehoop het dat hulle nie gemis was nie.

palm branches

Two Donkeys            Terwyl die seuns probeer het om by Samuel se ouers uit te kom, het hulle verby 'n geboutjie geloop. Daar was 'n ma-donkie en haar jong vul aan 'n paal vasgemaak. “Ag, kyk daardie klein vulletjie,” het Samuel sag gesê, terwyl hy sy hand uitgesteek en dit probeer vryf het.

           “Hie Hô!” die ma-donkie het gebalk, baie ongelukkig dat iemand haar baba probeer aanraak het. Samuel het vinnig sy hand teruggetrek en in sy sak gesteek.

           Terwyl die twee seuns daar gestaan en die vulletjie bewonder het, het twee mans, wat Jesus se dissipels was, daar aangekom en begin om die donkie en die vul los te maak. “Hie Hô!” het die donkie weer gebulk. Toe hy die lawaai hoor, het die eienaar uit die gebou gekom.

Why are you loosing the animals            “Wat maak julle?” het hy gevra. “Waarom maak julle die diere los?”

           Die twee dissipels, wat vroeër in gesprek met Jesus was, was gereed vir hierdie vraag en het presies geweet wat om te sê. “Die Here het hierdie diere nodig,” was die eenvoudige antwoord wat hulle die eienaar gegee het.

           Die eienaar het hulle nie verder uitgevra nie. Hy het toegelaat dat die twee mans die diere neem.

           Dit het Samuel en Josua nuuskierig gemaak. Hulle wou weet wie die “Here” was en waarom Hy die donkie en die vulletjie nodig gehad het. Hulle het stil en kort agter die twee mans aangeloop.

           Net buite die dorp, het hulle gekyk hoe die mans hulle mantels afhaal en dit op die vul neerlê. Samuel en Josua was heel verbaas dat die vul glad nie bang was nie en hierdie keer het dit gelyk of die ma-donkie nie omgegee het dat iemand aan haar baba raak nie. Hulle het gekyk hoe 'n man op die vul geklim en op hom by die dorp begin inry het.

           “Hoe kan Hy dit doen?” het hulle iemand in die skare hoor vra. “Hoe kan Hy op daardie op daardie vulletjie, wat nog nooit geleer is nie, klim en ry?”

           “En kyk net na daardie ma-donkie,” het iemand anders uitgeroep. “Dit lyk of sy glad nie omgee nie!”

They watched as a man got up on the colt and started riding it into townMany of them took the garments they had brought with them for the week of celebration and laid them on the ground

           Die meeste mense in die skare het die man wat op die vulletjie gery het, herken. Hulle het sy leerstellings gehoor en heelwat van hulle het ten minste een wonderwerk gesien. “Dit is Jesus! Dit is Jesus!” het hulle hardop uitgeroep. Baie van hulle het die klere wat hulle saam met hulle gebring het vir die week van feesviering geneem en dit op die grond neergelê. Ander mense het palmtakke saamgebring om hulleself koel te waai en hulle het dit op die grond neergelê. Sommige van hulle het hulle palmtakwaaiers hoog in die lug gewaai en 'n luggie veroorsaak om Jesus koel en gemaklik te hou.

           Selfs die kinders het deelgeneem! Samuel, Josua en sommige van die ander jongmense het in bome daar naby geklim om nog meer palmtakke te pluk om op die grond neer te sit. Hulle het 'n lang mat uit die klere en palmtakke gemaak al langs die pad die dorp in vir die donkie en die vul wat Jesus gedra het om op te loop. Die hele tyd het hulle klere en palmtakke op die grond neergelê, terwyl hulle geroep het, “HOSANNA! HOSANNA! Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here! GESEËND IS DIE KONING! HOSANNA!”

           Die mense in die skare het daardie dag erken dat JESUS die KONING van die hele aarde is. Hulle het Hom erken as hulle Messias wat eendag oor alles sal heers. Maar daar was 'n paar mense wat nie gelukkig was oor al hierdie dinge nie. Sommige van die Fariseërs (leermeesters in die tempel) het vir Jesus gesê om die mense te beveel om op te hou skree en en om op te hou om Hom die Koning te noem en om te op te hou om Hom te aanbid.

Some of the Pharisees
told Jesus to tell the people to stop shouting and to stop calling Him the KingIf these people were to be quiet
and not worship Me as their King then the rocks would cry out

           Jesus het die Fariseërs geantwoord en gesê: “As hierdie mense sou stilbly en My nie as hulle Koning aanbid nie, dan sal die klippe uitroep in aanbidding.” Jesus en die donkie en die vul het voortgegaan op hulle pad in die stad Jerusalem in, terwyl die geroep van die mense aangehou het. “HOSANNA! HOSANNA! Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here! GESEËND IS DIE KONING! HOSANNA!”

Joshua and Samuel were excited and had certainly never seen anything like that before            Josua en Samuel was opgewonde en het sekerlik nog nooit so iets gesien nie, maar hulle het begin om senuweeagtig en bekommerd te raak. Hulle was bang dat hulle sou raas kry omdat hulle te ver weggegaan het. Toe hulle uiteindelik Samuel se ouers bereik het, het hulle bangerig probeer om te verduidelik. “Moet asseblief nie kwaad wees nie. Daar was so 'n groot skare mense en daar het soveel gebeur, dat ons nie anders kon nie. Ons het verdwaal in die skare.”

           Hulle was aangenaam verras toe hulle vertel is dat Oom Esra en Tannie Marie en die ander kinders ook opgehou is deur die groot skare mense, wat rondom Jesus vergader het, en dat hulle die hele tyd hulle oë op die seuns gehad het. Hulle het almal saamgestem dat dit 'n wonderlike manier was om die groot week van die Pasga se feesvierings te begin.

palm branches

DINK!

1. Waarom het daar so baie mense na Jerusalem gegaan?
2. Hoeveel dae lank het hulle die Pasga gevier?
3. Wie het die donkie en die vul losgemaak?
4. Wat het die mense op die pad neergesit?
5. Wat het die mense uitgeroep?
6. Wat was Jesus se antwoord toe die Fariseërs Hom beveel het om die mense te laat ophou om Hom te aanbid?
7. Op watter maniere kan ons Jesus aanbid?



ONTHOU:

Jesus is die Koning en Hy verdien ons lof!



‘N VERS OM TE LEER

“Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here” (Lukas 19:38).


PRAKTIESE TOEPASSING

Soek Matthéüs 21:15-16 op en lees dit hardop. Hosanna is 'n spesiale woord vir eer
aan die Verlosser. Wie het die Here geprys en Hosannas tot die Here Jesus geroep?
Waarom sou jy God wil prys in goeie tye? Maar wat van die slegte tye, wanneer dinge
verkeerd loop? Hoekom sal jy die Hom dan wil prys?

Kan jy dink aan maniere om God te prys met ons liggame, ons stemme, ons hande en arms,
ons knieë en musiek instrumente? Byvoorbeeld, net soos die mense in Jerusalem daardie dag,
kan ons ons verbeel dat Jesus na ons toe kom op 'n donkie. Terwyl ons Hom loof en prys, kan ons ons hande
hoog oplig asof ons palmtakke waai, en ons kan laag buig asof ons palmtakke op die grond voor Hom neersit.

[Na bespreking:] Miskien kan jy 'n gedig of 'n liedjie met woorde van lof aan God skryf
en iemand kan die musiek bysit.

In Psalm 119:164, sê Dawid dat hy God sewe keer op 'n dag prys. Laat ons nou stop
en vir God vra om ons te help onthou om Hom dwarsdeur die dag te prys, in die oggend
wanneer ons opstaan en in die aand voor ons gaan slaap.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Liewe God, dankie dat U vir my tye van
blydskap en feesviering gee. Help my om te onthou
dat Jesus die Koning oor alles is en
dat ek Hom moet prys en aanbid.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

Matthéüs 21:1-11
Markus 11:1-10
Lukas 19:29-40
Johannes 12:12-14


palm branches


A whole page full of Easter resources


crayons

Jesus Rides Into Jerusalem - with Bible Verse (online)
Jesus Rides Into Jerusalem - with alternate Bible Verse (online)
Palm Sunday coloring page (online)
Triumphant Entry coloring page (online)
The First Easter Coloring Book

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
God Cares for Me Coloring Book by Shirley Dobson

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Favorite Bible Stories Coloring Book (reproducible)
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books


crafts

Make A Palm Fan (online)
Donkey Toilet Paper Roll Craft (online)
Palm Candy Tree (online)
Palm Leaf Cross (online)
Palm Leaf Fold and Cut Craft (online)
Paper Bag Donkey Craft (online)

Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts
Puppet Crafts For Kids (online)

The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible


birds singing

Here Comes Jesus - Sheet Music (online)
Donut Man 6 DVDs Set
Donut Man: He Is the King of Kings (watch online)
He Is The King Of Kings [Music Download] (Donut Man)
Ho Ho Ho Hosanna (online)
Hosanna (online)
Hosanna [Music Download] (Donut Man)
Hosanna: Today's Top Worship Songs for Kids
Matthew Songs for Young Singers (Bible Story Songs)
Palm Sunday [Music Download]
Palm Sunday Songs for Kids (online)
Shout Hosanna (Donut Man)
Steve Green Hosanna (online)
The King and the Colt (online sing along)
The Palm Sunday Song (online)
Veggie Tales: Hosanna!

100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
Illustrated Songs
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
Sunday School Song Medley (online)
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music


child reading a book

Jesus Enters Jerusalem Arch Book
Jesus Is Alive
Palm Sunday by Jesse Lyman Hurlbut (Read online)
The Donkey That No One Could Ride
The Week That Led to Easter - Arch Books

365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
The Comic Book Bible
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
Children's Books
Spanish Children's Books
The Picture Bible (also in Spanish)


activities

Jigsaw Puzzle (online)
Bible Verse Cut and Scramble (online)
The Triumphal Entry Into Jerusalem (online)
Crossword Puzzle (online)
Maze (online) (Spanish)

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles Sticker Books


CDs and Videos

Following Jesus Episode 4: Jesus' triumphal entry
to Jerusalem and the clearing of the temple
(watch online)

Greatest Heroes: The Last Supper, Crucifixion and Resurrection (watch online)


Bible on the Go Vol. 40: The Rich Man; Zacchaeus; Mary's Perfume; Jesus Enters Jerusalem
(Mark 10-12; Luke 18-19; John 12; Matthew 21, 24-25) - Unabridged Audiobook [Download]


Jesus Triumphant Entry into Jerusalem (listen & watch online)

What's in the Bible: What Is the Bible?
Jesus Is the Good News
(online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs


Resources For Parents and Teachers

A whole page of Easter resources (online)
A Donkey and Her Colt Alleged Discrepancies (online)
A Rock Concert - Children's Sermon (online)
Bad Chicks: A Palm Sunday Sketch - Drama PDF Download [Download]
Palm Sunday Skit (online)
People Wave Palms (online)
The Triumphal Entry Into Jerusalem (online)

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)



palm branches

The Childrens Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2024 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.

Permission is granted to reproduce this page
for ministry purposes only. Not for resale.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated March 17, 2024
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources * Donate