The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Slag Een. Slag Twee. Jy's Uit!
deur Sophia Prinsloo saam met Barbara Wilmerton Haas

The people are taller and stronger than we are - they make us feel like grasshoppers

Text Version | English


Teddie was nogal senuweeagtig terwyl hy saam met sy spanmaats op die bus gery het na die semi-finaal van hulle bofbal kampioenskap. Die lug was gelaai met soveel geklets en opwinding dat jy dit amper kon voel. Hulle span het so ver gevorder en almal in hulle dorpie het dit as 'n groot prestasie beskou. Hulle was hulle skool se helde maar dit was harde werk, want dit het tyd en moeite gekos om hulle vaardighede elke dag te oefen, en dan het hulle nog weekliks wedstryde teen ander spanne gespeel. Teddy en sy span het regtig hulle alles gegee en het nou die vrugte gepluk van hulle getrouheid en volharding. Nog net een wedstryd en hulle sou in die finaal wees. Dit sou regtig 'n droom wees wat bewaarheid word.

team on bus Terwyl hulle in die stadionparkering ingery het, kon hy voel hoe sy hart 'n bietjie vinniger klop, maar hy het gou besef dat dit nie nou die tyd was om angstig te raak nie. Hulle het gou uit die bus geklim en die span het na die besoekers se kleedkamer gestroom waar hulle gereed gemaak het vir die wedstryd. Na 'n vinnige spanpraatjie deur hulle afrigter toe die wedstryd op die punt was om te begin, het hulle gang-af gemarsjeer in die rigting van die “dugout” en hulle plekke op die bank ingeneem.

Andy was eerste aan die beurt met kolf en die wedstryd was onderweg toe hy die eerste bal skoon getref en gemaklik tot by eerste bof gehardloop het.

Volgende was dit Teddy se beurt. Hy het van die bank af opgestaan, teen die trappe van die “dugout” opgeklim en op die veld geloop. Hy het sy arms soos 'n “pro” geswaai en sy spiere warm gemaak terwyl hy na die tuisplaat geloop het. Terwyl hy sy plek ingeneem het op die kolwer se vierkant, het hy na die vanger geloer. Dadelik, het hy geweet hy moes dit nie gedoen het nie, want die vanger is 'n bose kyk in sy oë gehad. Saggies, sodat die skeidsregter nie kon hoor nie, het die jong vanger hom gekoggel met 'n aanmerking so lelik dat dit nie in ordentlike geselskap herhaal kan word nie. Teddy was geskok tot in sy tone om die minste te sê, maar hy het probeer kalm bly terwyl hy sy kolf opgelig, die gooier ferm in die oë gekyk, en probeer raai het watter tipe bal hy sou gooi.

Met die bal in die hand, het die gooier sy arm teruggetrek, sy been opgelig, toe vorentoe getree en die bal met al sy krag gegooi. Die vinnige bal het by Teddy verby gesuis, reguit in die vanger se hande in.

“Slag een!” het die skeidsregter geroep.

Die vanger het hom weer gekoggel: “Jy moet self daardie kolf swaai; daar is nie batterye in nie.”

Met 'n swaai van die kolf om los te raak, terwyl hy probeer het om te konsentreer, het Teddy weer korrel gevat. Toe die gooier die draaibal gooi, was hy gereed maar hy het die bal heeltemal gemis.

“Slag Twee!” het die skeidsregter geroep.

“Mooi swaai, Alice!” het die vanger weer slu deur sy tande gesis.

Teddy was dadelik baie vies want hy is g'n meisie nie! Hy het by die sekonde kwater geword en toe die derde bal na hom toe aankom, het hy dit raakgeslaan, maar hy het dit nie skoon getref nie en dit het reguit in die vanger se hande beland.

“Jy's uit!” het die skeidsregter ongeërg geroep.

Terwyl Teddy die bal agterna gekyk het, het hy reguit vasgekyk in die vanger se gesig, al spottend met sy tong wat uitgesteek het deur die drade van sy helm. In daardie split sekonde, het Teddy sy humeur heeltemal verloor en met al sy krag, het hy die vanger onverwags so hard met sy skouer gestamp dat hy op sy boude beland het. Voor hy weet, was Teddy bo-op hom en het probeer om die helm van die vanger se kop af te ruk met sy linkerhand en wou hom op die neus slaan met sy regterhand. Net betyds, het die skeidsregter sy arm gegryp en hom van die vanger afgesleep.

Hulle afrigter het haastig op die veld gehardloop, Teddy by die skeidsregter geneem en hom ferm aan die arm van die veld af begelei na die kleedkamer waar hy ernstig berispe is. Teddy kon nie glo wat hy gedoen het in die hitte van die oomblik nie. Hy was so jammer dat hy sy humeur verloor het en almal teleurgestel het, maar dit was te laat. Wat gebeur het, het gebeur en hy was geskors vir die res van die wedstryd. Teddy se span het uiteindelik die wedstryd gewen sonder hom en so het hulle deurgedring na die finaal van die kampioenskap. Asof dit nie genoeg was nie, het sy wêreld in duie gestort en sy droom aan skerwe toe hy hoor dat hy geskors was vir die finaal ook.


striped bar

The Israelites finally reached the border of the Promised Land Nadat die Israeliete in die dorre woestyn rondgedwaal het vir amper 40 jaar, het die Israeliete weer by Kades aangekom. Onthou jy? Dit was die plek waar die tien ongelowige spioene veroorsaak het dat die Israeliete ouer as 20 jaar oud heeltemal sou uitmis om die Beloofde Land binne te gaan.

Hierdie keer, was Kades die plek waar die volk getreur het oor die dood van 'n prominente dame wat die Here op 'n spesiale manier gebruik het in sy plan om die Israeliete uit Egipte te verlos. Hierdie dame was nog 'n jong meise toe baba Moses in 'n waterdigte mandjie gesit is in die Nylrivier, en sy was die taak gegee deur haar moeder om oor hom te waak. Toe die Egiptiese prinses Moses ontdek het en hom as haar eie wou hê, het haar vinnig-denkende dapperheid daartoe gelei dat sy die prinses oortuig het om Moses te laat soog deur sy eie moeder. As 'n liedjieskrywer en profetes, het hierdie geloofgevulde, 80-jaar-plus oue dame die Israeliete gelei in blye feesviering, met dans en die Here prys nadat Hy 'n weg vir hulle gemaak het deur die Rooi See, en hulle gered het van die Egiptiese leër. Ja! Dit was Moses en Aäron se suster, Mirjam.

Bedroefde gehuil en geween kon dwarsdeur die laer gehoor word soos die mense hulle respek betoon het aan hulle leier se geliefde suster. Toe, skielik, het die houding in die kamp verander van smart na ontevredenheid toe die Israeliete ontdek dat hulle water opgeraak het. Hulle het hulleself opgewerk tot raserny, bymekaargekom in 'n rebelse bende en na Moses se tent gemarsjeer.

They gathered together into a rebellious mob and marched towards the tent of Moses “Moses!” het hulle geskreeu. “Dit is alles jou skuld. Waarom het jy ons ooit uit Egipte gelei na hierdie droë en stowwerige woestyn? Jy het dit aspris gedoen! Jy wou ons almal, jonk en oud, sowel as ons troppe en kuddes vee doodmaak.”

Hulle het probeer om Moses te blameer vir al hulle probleme, omdat hulle vergeet het dat dit hulle eie sonde, ongehoorsaamheid en gebrek aan geloof was wat veroorsaak het dat hulle veertig jaar in die woestyn rondgedwaal het. Daarom het hulle aangehou om Moses te teister: “Buitendien, Moses, waar is die vrugbare, Beloofde Land, wat oorloop van melk en heuning? Waar is die wonderbaarlike gewasse, die sappige, soet vye, die gesonde rooi granate, die wynstokke wat enorme trosse druiwe dra? In hierdie plek is daar nie eens genoeg water vir ons kinders en ons om te drink nie, nog minder vir ons diere.”

Dit was asof die hordes uit die hel Moses en Aäron aangeval het. Maar hierdie twee wyse, goddelike manne het geweet by Wie om te gaan hulp soek. Hulle het omgedraai weg van die oproerige skare af en hulle weg gebaan na die ingang van die Tabernakel. Daar, het hulle uitgestrek op hulle aangesigte voor die Here neergeval en by Hom gepleit, want hulle lewens het van Hom afgehang vir 'n antwoord.

Die Here, gretig om te luister na die geroep van sy geliefde dienaars, was getrou en dit was nie lank nie voor die heerlikheid van die Here aan hulle verskyn het. Hy het vir Moses gesê, “Gaan haal die staf voor die ark in die Allerheiligste. Neem dit en dan moet jy en Aäron al die mense bymekaarmaak by die rots. Laat hulle kyk terwyl jy met die rots PRAAT om sy water te laat uitstroom. Dan moet jy die mense en diere laat drink om hulle dors te les.”

Moses het toe gedoen soos die Here beveel het. Hy het die stok uit die Allerheiligste gaan haal. Toe het hy en Aäron die hardkoppige, rebelse volk beveel om by die rots bymekaar te kom. Hulle het traag gekom, terwyl hulle gegrom en gekerm het onder mekaar.

Moses was glad nie beïndruk deur hulle slegte, ondankbare gesindheid nie. Hy het kalm gelyk, maar hy het van binne gekook en gedink: “Hoe kon hulle so min geloof hê in die Here na al sy wonderwerke en sorg vir hulle? Hoe durf hulle waag om te dink dat hy, Moses, hulle wil dood hê? Van sy dae as 'n Prins van Egipte, wou hy net die beste vir hulle gehad het. En elke keer wat die Here hulle wou doodmaak en Moses 'n groot nasie maak, het hy vir hulle ingetree, en die Here het hulle vergewe. En nou, na amper veertig jaar van swerf in die woestyn, het hulle nog nie hulle les geleer nie.”

Die woede in Moses se hart was op die randjie van oorkook. Toe, vir die eerste keer in amper tagtig jaar, het Moses kop verloor. Hy het vir die mense geskreeu, “LUISTER, julle spul moedswillige rebelle! Moet ons vir julle water uit hierdie rots laat kom?”

A strong stream of water gushed out from the rock

Moses het die staf in sy hand hoog bokant sy kop opgelig, en met alle mag die rots so hard GESLAAN dat die skokgolwe teen sy arms opgestuur het. Toe, asof dit nie genoeg was nie, het hy met groot woede, die rots vir 'n tweede keer GESLAAN. Dit was NIE wat God beveel het nie, maar nogtans het 'n sterk stroom water uit die rots gestroom. Terwyl die volk na die water gestorm het om hulle eie dors te les, hulle watersakke vol te maak en ook water vir hulle diere te gee, het Moses die teleurgestelde stem van die Here gehoor.

Hy het gesê, “Moses, Aäron! Waarom het julle My nie geglo toe Ek gesê het om met die rots te PRAAT nie? Het julle nie besef dit was 'n ander bevel as die vorige keer by Meriba toe Ek julle beveel het om die rots een keer te slaan nie? Waarom was julle ongehoorsaam en My nie geheilig in die oë van die Israeliete nie? Omdat julle My oneer aangedoen het voor die hele die volk, sal julle nie die Israeliete inlei in die Beloofde Land, die land van oorvloed wat Ek vir hulle gee nie.”

Moses was baie hartseer om dit te hoor, maar wat hy nie besef het op daardie stadium nie, was dat die Here hom as 'n beeld wou gebruik het van wat sou kom. Hoe Hy die Israeliete uit Egipte gelei het na die Beloofde Land, terwyl Hy heeltyd vir hulle voorsien en gesorg het, was God se manier om vir die wêreld te wys hoe Hy die hele mensdom sou verlos uit sonde en ewige dood, en hulle sou terugbring tot gemeenskap met Hom en na die ewige lewe.

That was a picture of Jesus being struck once for our sins Die eerste keer by Meriba, wat “Rebel Waters” beteken, het die Here Moses beveel om die rots EEN KEER te SLAAN. Dit was 'n beeld van Jesus wat een keer vir ons sondes geslaan is. Soos die Woord van God vir ons sê, Hy het ons so lief gehad dat Hy ons vrygemaak het van ons sondes, eens en vir altyd, deur sy eie bloed toe Hy gesterf het aan die kruis op Gólgota. Jesus sou nie 'n tweede of derde keer vir ons sondes sterf nie, net een keer. Daarom, was Moses veronderstel om die rots slegs EEN KEER te slaan daardie eerste keer by Meriba.

Nou het Moses 'n gemors gemaak omdat hy dit twee keer geslaan het in plaas van daarmee te praat by hierdie tweede besoek aan Meriba. Om te daarmee te praat, was veronderstel om 'n beeld te wees van hoe om tot Jesus te bid en te vra om sy lewende water te ontvang. Omdat Moses ongehoorsaam was aan 'n direkte bevel van die Here weens sy blinde woede, het hy Hom oneer aangedoen voor die volk. Omdat hy die Here oneer aangedoen het, moes die Here Homself heilig vertoon deur Moses te tugtig en hom die gevolge van sy dade te laat ly. Die gevolge van Moses se sonde was dat hy uitgemis het op 'n seëning waarna hy sy hele lewe lank uitgesien het.

Moses self was veronderstel om 'n beeld van Jesus te wees, soos die Woord sê dat 'n profeet sou kom net soos Moses. Hier het Moses die beeld van Jesus skade gedoen. Hy het Hom verkeerd voorgestel. Hoe? Hy het kwaad geword vir die volk se gekla, terwyl Jesus, aan die anderkant, medelye het met ons as ons geestelik dors is en Hom smeek vir lewende water, terwyl ons Hom herinner aan sy beloftes.


striped bar

ONTHOU!

Wanneer jy in die versoeking kom om in woede uit te bars, moenie sondig nie, maar bely dit voor die Here en vra Hom om jou te help om kalm en gehoorsaam te bly.



DINK!

1. Waaroor het die volk gekla in hierdie storie?
2. Wat was Moses veronderstel om met die rots te doen?
3. Wat het hy op die ou end gedoen?
4. Waarom het hy dit gedoen?
5. Was jy al ooit kwaad?
6. Het jy soos Moses in woede gesondig? Het jy dalk speelding gebreek of iemand geslaan omdat jy kwaad was?
7. Het jy enige gevolge gely?
8. As jy glo in Jesus en Hom volg, dink jy jy is veronderstel om ook 'n beeld van Hom te wees?



'N VERS OM TE LEER:

“Want die toorn van 'n man bewerk nie die geregtigheid voor God nie” (Jakobus 1:20).



ALTERNATIEWE VERSE OM TE LEER:

“Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie” (Efésiërs 4:26).

“Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring” (1 Petrus 3:18).



PRAKTIESE TOEPASSING

Watter soort dinge maak jou kwaad? Was jy al ooit so kwaad dat jy geskreeu, gevloek, iets gebreek of iemand geslaan het? Dink jy dat jy goeie rede gehad het om so op te tree?

[Na bespreking:] Moses het goeie rede gehad om kwaad te wees vir die rebelse, koppige Israeliete wat hom beskuldig en valslik slegte dinge oor hom kwytgeraak het. Moses het egter geen reg gehad om teen God te sondig omdat hy kwaad was nie. Woede kan jou dwaas maak en veroorsaak dat jy baie ander sondes pleeg. Dit is waarom God wil hê dat jy jou woede moet vervang met 'n begeerte om meer soos Jesus te word wat genadig en medelydend is. Jy kan meer soos Jesus word deur die Heilige Gees te vra om jou te help om Jesus beter te leer ken deur die Bybel te lees. Vra Hom om jou te help om God se Woord te verstaan en op jou lewe toe te pas.

Het jy al oomblikke gehad waar jy met woede uitgebars het? Moenie aarsel om God om vergifnis te vra, sowel as die mense wat jy seergemaak het en maak dinge reg sover jy kan.


LAAT ONS BID:

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, help ons om nie met woede op te tree
wanneer dinge nie gebeur soos wat ons dit wil hê nie.
Dankie dat Jesus geslaan was vir ons sondes sodat ons
vergifnis kon kry. Asseblief, stort u Heilige Gees
op ons uit om ons te help om teenoor ander te getuig
en U te dien op die regte manier.
In Jesus se Naam bid ons. Amen.
****************************************************



KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

Numeri 20:1-13


VERWYSINGS VIR DIE BEELD VAN CHRISTUS IN HIERDIE STORIE

Hebreërs 9:26-28; 10:10, Romeine 6:9-10, 1 Petrus 3:18, 1 Korinthiërs 10:4, Johannes 4:100


BIBLE STORY ARCHIVE
www.childrenschapel.org/bibstory2.html


crayons

Moses and the Mob Coloring Page
Moses Brings Water out of the Rock (online)
Moses Coloring Page
Moses Strikes the Rock Coloring Page (print)
Moses Strikes the Rock (color online)
Moses Strikes the Rock at Meribah
Water from a Rock Coloring Page
Bible Heroes: Moses Colouring Book
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle
Word Search
Fill in the Blanks
Crossword Puzzle
Cryptogram
Maze
Life of Moses Bingo Game
Moses and Exodus Games and Puzzles
Moses: Connect the Dots
Moses Disobeys God activities
Moses (Exodus) Printable Worksheets
Moses Game Board
Moses Strikes the Rock Activities
Moses Strikes the Rock at Meribah Activities
Moses Strikes the Rock at Meribah Crossword Puzzle
Moses Strikes the Rock at Meribah Word Search
Moses Trading Cards
The Story of Moses Reusable Sticker Book
Water from a Rock Group Activities
Water from the Rock activities

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

Moses Crafts
Moses' Special Staff Craft
Moses Strikes the Rock Craft
Paper Plate Character Masks — Moses
Water from a Rock Craft - Sermons4Kids
Water from the Rock Craft

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



child reading a book

God Is the One in Charge! (read online)
God Said and Moses Led
Good and Evil: The Bible As Graphic Novel
HOBC Bible Big Book: Moses
Kingstone Bible Series: Moses Comic Book
Moses and the Long Walk
Moses' Big Adventure: Lift-the-Flap
Moses/John Flip-Over Book
Moses God's Brave Servant
Moses Leads the People
Moses the Leader: Used by God
Moses the Traveler: Guided by God

Power Bible: Bible Stories to Impart Wisdom
# 2 - Moses, Leader of the Israelites


Read-Aloud Bible Stories, Volume 3
The Ten Commandments Arch Books

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and DVDs

Bible Comes Alive Volume 2 Your Story Hour 4 CDs Bible Stories: Moses
Exodus 17: Water from the Rock
Greatest Heroes: The Story of Moses (watch online)
Veggie Tales Heroes of the Bible
Water from a Rock

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



birds singing

Every Moment of Every Day (listen online)
I'm on the Rock - Black Oak Bible Club (sing along)
Water from the Rock
Water from the Rock Numbers 20:1-13 - Colonel Johnston

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

Does it bother you that God barred Moses from the Promised Land?
Moses Disobeys God - Calvary Curriculum
Moses Disobeys God curriculum
Moses Hits the Rock in Anger object lesson
LIFEPAC: The Story of Moses
Moses Does Not Honor God Teaching Ideas
Moses Strikes the Rock at Meribah
The Story of Moses for Kids
Water from a Rock

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources


striped bar


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under "Subscribe... " at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2021 - Children's Chapel
North Central Ohio, U.S.A.

Pictures Courtesy of Richard Gunther, Sweet Publishing and Moody Publishers at FreeBibleimages.org

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated December 15, 2021

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources