The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Moses en Aäron Ontmoet Onregverdige Farao
deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas

Moses saw that although the bush was on fire it was still green and was not burning up

Text Version | English | Italian


striped bar

Dit was een van daardie dae en niemand was lus om in die klas te sit nie, terwyl die somerson helder oor die skoolgronde en deur die klaskamervenster geskyn het. Almal het 'n sug van verligting gegee toe die geskiedenisonderwyser dringend uitgeroep is na die hoof se kantoor.

paper airplane Skielik het Jade gevoel iets tref hom teen die agterkant van sy kop. Toe hy omdraai, het nog 'n papiervliegtuigie hom op die voorkop getref, terwyl Nick en Francois uitgebars het van die lag. Haastig het Jade 'n stuk papier opgefrommel in 'n bal en dit teruggegooi na hulle, maar ongelukkig tref dit toe vir Charlie.

Blitsig het almal in die klas, behalwe Lorenzo, papierballe opgefrommel en na mekaar gegooi en hulle het elke oomblik harder en harder lawaai. Lorenzo was glad nie lus om speletjies te speel nie. Hy was moeg, want hy het die vorige aand sy ma met die baba gehelp en wou nie nou moeilikheid hê nie.

Dinge het begin hand uitruk en daarom het Lorenzo opgestaan en uitgeroep, “Julle almal, bedaar!” Hy het steeds regop gestaan toe die onderwyser skielik die deur opmaak en met 'n papierbal getref word, kolskoot reg in die middel van sy gesig. Meneer Williams was briesend en het geskree, “Een uur se skoolsit vir julle almal vanmiddag!”

“Maar, meneer, ek het niks gedoen nie en het net probeer om...,” het Lorenzo probeer verduidelik, maar Mnr. Williams wou niks hoor nie, “Stil, ek het van plan verander, maak dit twee ure se skoolsit en nog een woord en ek maak dit drie!”

As jy dink DIT was onregverdig, kom ons leer van 'n ander storie oor onregverdig ly in die Bybel.



striped bar


Moses first had to take the animals and tell Jethro that he had to leave Toe die Here met Moses gepraat het deur die brandende bos, het Hy hom beveel, “Gaan terug na Egipteland toe en verlos Israel uit slawerny!” Moses het nie geweet hoe hy dit sou regkry nie, maar hy het God geglo, veral toe Hy gesê het, “Ek sal jou broer, Aäron stuur om hom te help. Boonop is al die manne in Egipteland wat jou lewe wou neem, dood.”

Then Moses took his wife Zipporah and his sons and started his journey to Egypt Moses kon nie sy skoonpa, Jetro, se diere net daar los en Egipte toe gaan nie. Hy moes eers die diere wat hy opgepas het, terugneem, en vir Jetro vertel dat hy moes weggaan. Jetro het vir hom gesê, “Gaan in vrede!” Toe het Moses sy vrou Sippòra en sy seuns geneem, hulle op die esel gelaai en die reis na Egipteland aangepak. Moses het ook onthou om die baie belangrike staf van God saam te neem in sy hand. Dit was die einste staf wat in 'n slang verander het en toe weer in 'n staf.

Op pad het die Here vir Moses gesê, “Onthou om al die wondertekens voor Farao te doen wat Ek vir jou gewys het.” God het geweet Farao se hart sou so verhard wees, dat hy nie die Israeliete sou laat trek voordat God al die Egiptenaars se eersgebore seuns sou laat sterf het nie.

Een aand, toe Moses en sy gesin by 'n herberg was, het die Here hom teëgekom en wou hom doodmaak. Hoekom sou die Here dit wou doen? Moses moes eers iets regstel, omdat hy nie heeltemal gehoorsaam aan God was nie. Was dit die moord wat hy in Egipte gepleeg het lank lank gelede? Nee, God het hom lankal reeds daarvoor vergewe, maar daar was iets anders wat hy nagelaat het om te doen in Midian. As hy dit eers reggestel het, sou God hom verder kon gebruik.

Moses and Aaron were so happy to meet Moses het nooit sy seun Gersom besny volgens die verbond wat God met Moses se voorvader Abraham en sy nageslag gesluit het nie. Tot dan, was Moses in die moeilikheid. Moses se vrou, Sippòra, het besef sy moes iets doen om Moses te red, want sy was lief vir hom en wou nie hê hy moet doodgaan nie. Sy het dadelik vir Gersom geneem en hom op die daad nèt daar besny net 'n skerp klip. Slegs toe het die Here Moses laat lewe. Met sy besnydenis, het Gersom ook die teken gekry dat hy ook deel van God se verbond met Abraham, Isak en Jakob was.

Moses en sy gesin het verder getrek, en toe hulle by die berg van God kom, sien hy iemand na hulle toe aankom. Dit was sy broer, Aäron! Hulle was so bly om mekaar te sien, dat hulle mekaar hartlik omhels het. Aäron het vir Moses vertel dat God hom gestuur het om Moses te kom haal. “Halleluja!,” het Moses bly uitgeroep, “God is getrou en het gedoen net soos wat Hy gesê het Hy sou doen deur jou na my te stuur. Prys die Here!”

Moses and Aaron assembled the leaders of the people Toe het Moses vir Aäron vertel van alles wat God vir hom gesê het en die tekens wat God hom beveel het om te doen. Hy het gesê, “Haai, Aäron, is jy reg hiervoor? God het gesê jy moet al die praatwerk doen.” Met 'n breë glimlag het Aäron geantwoord, “Natuurlik, my dierbare broer! Jy ken my goed genoeg om te weet dat ek nogal goed kan praat. Dit is soos my tweede natuur!” Aäron het nog altyd daarvan gehou om baie te praat.

Toe hulle uiteindelik in Egipteland aankom, het hulle eers die oudstes, die leiers van die volk bymekaargeroep. Aäron het vir hulle vertel wat die Here vir Moses gesê het. Hulle was baie bly om te hoor dat die Here hulle ellende raakgesien het en dat Hy hulle uit hulle slawerny sou verlos. Toe hulle die tekens sien wat Aäron voor hulle oë gedoen het, het hulle geglo en in aanbidding voor die Here neergebuig.


striped bar

Moses and Aaron went to Pharaoh

Toe, op 'n dag, het Moses en Aäron na Farao gegaan en vir hom gesê, “So sê die Here, die God van Israel: Laat My volk trek, dat hulle tot My eer kan feesvier in die woestyn.”

Farao het hom sommer vervies, “Wie is die Here nogal dat ek na Hom moet luister om Israel te laat gaan? Ek ken nie die Here nie en ek sal Israel ook nie laat gaan nie!”

Toe sê hulle, “Die God van die Hebreërs het Hom aan ons geopenbaar. Laat ons asseblief drie dagreise ver in die woestyn in trek om offers te bring tot die Here ons God, sodat Hy ons nie met die pes of die swaard tref nie.”

Pharaoh immediately sent his messengers to all the taskmasters Farao het op sy tande gekners van woede, “Moses, Aäron, waarom hou julle die volk van hulle werk af weg? Loop! Gaan terug na julle werk toe! Julle mense is alreeds te veel en nou wil julle nog ophou werk ook?”

Toe Moses en Aäron daar weg is, het Farao dadelik sy boodskappers gestuur na al die slawedrywers en hulle beveel, "Julle mag nie meer soos vroeër vir die volk strooi gee om bakstene te maak nie. Laat hulle self oral gaan strooi soek om met die klei te meng. Hulle moet ook nog dieselfde hoeveelheid bakstene maak as vroeër. Hulle is net lui en daarom neul hulle, 'Laat ons gaan om offers te bring aan ons God!' Dryf die luiaards harder, sodat hulle nie tyd het om na al die liegstories van Moses en Aäron te luister nie!"

The Egyptian taskmasters beat the Hebrew foremen Die slawedrywers het presies gedoen wat Farao gesê het en die Hebreeuse slawe laat strooi soek, hulle aangejaag en nog harder gedryf. Die volk het nie genoeg tyd gehad om dieselfde hoeveelheid stene te maak nie en hulle het minder en minder stene gemaak. Daaroor het die Egiptiese slawedrywers die Hebreeuse opsigters geslaan terwyl hulle geskree het, “Waarom maak julle nou minder basktene as vroeër? Julle is almal lui!”

In protes, het die Hebreeuse opsigters by Farao gaan kla en gevra, “Waarom maak u so met u werksmense? Daar word geen strooi aan ons gegee nie en ons word beveel om nie minder bakstene as voorheen te maak nie. Ons word geslaan, maar dit is nie ons skuld nie, dit is u mense se skuld. Dit is baie onregverdig!”

Briesend het Farao hulle weggejaag van sy troon af, “Julle is net lui, baie lui! Julle soek net 'n verskoning om nie te werk nie en daarom wil julle trek om kamtig te gaan offer aan julle God in die woestyn! Weg is julle! Terug werk toe! Niks meer strooi vir julle nie, maar julle kwota bakstene per dag sal julle lewer!”

Die opsigters van Israel het baie moedeloos en kwaad gevoel omdat hulle nog steeds dieselfde kwota bakstene moes lewer elke dag as voorheen. Farao was so onregverdig en hulle het nie geweet hoe hulle al die harde werk sou oorleef nie. Toe hulle Farao se paleis verlaat, sien hulle Moses en Aäron vir hulle staan en wag. “Dit is julle skuld dat Farao en sy slawedrywers ons nou so haat en mishandel. Julle het hom 'n wapen gegee om ons mee dood te maak!” het die opsigters Moses en Aäron kwaai beskuldig.

Moses was baie ongelukkig om te hoor hoe swaar die Hebreërs kry. Hy was hartseer omdat sy eie mense hom en Aäron onregverdiglik blameer het vir die verdrukking wat Farao oor hulle gebring het. Hy het geweet dit was net die Here wat hulle nou kon help en daarom het hy weer tot die HERE gebid en gesê: “O Here, waarom behandel U hierdie volk so sleg? Ek het gedog U stuur my om hulle te verlos, maar vandat ons in U Naam met Farao gaan praat het, mishandel hy hulle en U het u volk glad nie verlos nie.”

God answered Moses Die HERE het Moses geantwoord, “Nou sal jy sien wat Ek met Farao gaan doen. Ek gaan hom dwing om hulle uit sy land weg te jaag!”

Die Here het verder vir Moses verduidelik, “Ek het aan Abraham, Isak en Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar Ek het nie vir hulle my Naam, Here, gesê nie. Nogtans het Ek 'n verbond met hulle gemaak en hulle belowe die land Kanaän vir hulle as besitting te gee. Ek het ook die gekerm gehoor van die Israeliete wat as slawe in Egipte moet werk en aan my belofte gedink. Gaan sê weer vir die kinders van Israel dat Ek hulle uit slawerny, en uit Egipte sal uitlei met magtige dade van oordeel. Ek sal hulle dan neem na die land wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob belowe het en sal dit as besitting aan hulle gee.”

Moses het homself toe verneder en gedoen wat die Here gesê het. Hy het weer met die Israeliete gaan praat oor die Here se belofte. Die Israeliete wou egter nie na hom luister nie, want hulle was te moedeloos en ongeduldig oor al die ekstra harde werk wat hulle moes doen.

God het egter 'n plan gehad wat Hy sou uitvoer. Moses het die Here geglo, maar weens al die onregverdigheid en swaarkry in hulle lewens, het die Israeliete Hom nie geglo nie. Dink jy een wonderwerk sou hulle van plan laat verander oor Moses en God? Wat van tien wonderwerke? Nou sal ons moet wag vir die volgende storie om uit te vind!

Moses went back to the Israelites and told them about the Lords promiseGod had a plan and they would have to trust Him


striped bar

ONTHOU!

As jy onregverdig behandel word, onthou God het 'n plan en sal dit vir jou goed laat uitwerk. Praat met Hom en bly glo!



DINK!

1. Waarom het God Moses na Farao gestuur?
2. Wie het God saam met Moses gestuur toe hy Farao gaan spreek het?
3. Hoe het Moses geweet dit was veilig om terug te keer Egipte toe nadat hy die moord gepleeg en gevlug het?
4. Moses het sy broer Aäron, sy vrou Sippòra en sy seuns saam met hom na Egipte toe geneem. Wat ander belangrike ding het hy ook nog saamgeneem?
5. Wat het Farao gedoen nadat Moses en Aäron hom gevra het om die Israeliete na die woestyn te laat trek om offers aan hulle God te bring?
6. Wat kan ons uit vandag se les leer?
7. Ly goeie mense soms onregverdig, of is dit net slegte mense wat ly?
8. Dink jy dit was vir Moses maklik om God te gehoorsaam en homself te gaan verneder voor die Israeliete wat vir hom kwaad was?



'N VERS OM TE LEER:

“Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly” (1 Petrus 2:19).



'N ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER:

“Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly — dit is genade by Go” (1 Petrus 2:20b).



PRAKTIESE TOEPASSING

Was jy al ooit sleg behandel of bespot omdat jy Jesus dien en sy wil doen? Het dit jou laat voel jy wil ophou om Hom te dien of het jy gevoel dit was 'n eer om vir Hom te ly?

[Na bespreking:] Moses het nie toegelaat dat die slegte behandeling wat hy van Farao en van sy mede-Israeliete gekry het hom gekeer het om te doen wat God wou hê hy moes doen nie. Wil jy graag so dapper soos hy wees?

Laat ons 'n oomblik in gebed neem en God vra om ons te help om nie te wil opgee wanneer ons vervolg word ter wille van sy Naam nie. Laat ons Hom vra om ons die krag te gee om onder druk staande te bly en aan te hou om God se wil te doen. Onthou, eendag sal ons beloon word vir ons getrouheid.

LAAT ONS BID:

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, as ek hartseer voel omdat iemand my
onregverdig behandel het, help my asseblief om te onthou
om U te vertrou om alles ten goede sal laat meewerk.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************



KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

Exodus 4:18-6:8


BIBLE STORY ARCHIVE
www.childrenschapel.org/bibstory2.html


crayons

Moses and Aaron Go to Pharaoh Coloring Page
Moses Coloring Page
Ancient Egypt Coloring Pages
Israel's Enslavement in Egypt color online
Moses Hiding Out in Midian coloring sheet
Moses in Midian Coloring Page
Bible Heroes Coloring Book: Moses
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle
Word Search
Fill in the Blanks
Crossword Puzzle
Cryptogram
Maze
Life of Moses Bingo Game
Moses and Exodus Games and Puzzles
Moses (Exodus) Printable Worksheets
Moses Game Board
Moses Trading Cards
The Story of Moses Reusable Sticker Book

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

Cottonball Sheep
Moses and Exodus Crafts
Moses Clothespin Figure with Sandbox Bible Scene Display
Moses' Special Staff Craft for Preschoolers
Paper Plate Character Masks — Moses
Shepherd Toilet Paper Roll Craft

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



child reading a book

God Said and Moses Led
Good and Evil: The Bible As Graphic Novel
HOBC Bible Big Book: Moses
Kingstone Bible Series: Moses Comic Book
Moses and the King (I Can Read)
Moses and the Long Walk
Moses' Big Adventure: Lift-the-Flap
Moses' Dry Feet
Moses/John Flip-Over Book
Moses God's Brave Servant
Moses Leads the People
Moses the Shepherd: Chosen by God
Moses the Traveler: Guided by God

Power Bible: Bible Stories to Impart Wisdom
# 2 - Moses, Leader of the Israelites


Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and DVDs

Bible Comes Alive, Volume 1 Your Story Hour, CD
Bible Stories: Moses
Greatest Heroes: The Story of Moses (watch online)
Let My People Go! The Story of Exodus Superbook DVD
The Greatest Adventure Stories from the Bible: Moses (watch online)
Veggie Tales: Moe and the Big Exit (watch online)
What's in the Bible: Way Back in the Bible (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



birds singing

Moses Songs
Use Me

What's in the Bible:
Chuck Waggin Sings The Exodus Song
(watch online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

LIFEPAC: The Story of Moses
The Story of Moses for Kids

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources


striped bar


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under "Subscribe... " at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2021 - Children's Chapel
North Central Ohio, U.S.A.

Pictures Courtesy of Free Bible Images

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated September 12, 021

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources