The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Gered van die Dood
deur die Paaslam

deur Sophia Prinsloo saam met Barbara Wilmerton Haas

Text Version | English


Eútichus het met die straat afgehardloop gekom tot in die huis, uitasem. "Ma, Pa! Hy gaan hier in Troas wees vanaand en ons MOET na hom gaan luister!" het hy na sy asem gesnak.

"Van wie op aarde praat jy, seun?" het sy Pa gevra terwyl sy kleinboetie opgehou het om te kou aan die stuk ongesuurde brood in sy mond.

"Dit is Saulus van Tarsus, die man van wie ons so baie gehoor het, " het Eútichus geantwoord. "Hy is een van die groot leiers van hierdie nuwe beweging van God. Jesus het bonatuurlik aan hom verskyn, hom verander in 'n nuwe mens en Hom 'n nuwe naam gegee, Paulus!"

"Niemand kan ontken dat Paulus 'n regte held is nie. Sy geloof het sterk bly staan in so baie moeilike tye. Tydens sy reise deur ons wêreld is hy geslaan en gestenig, het skipbreuk gely, het allerhande groot gevare verduur en word nou nog vervolg. Assseblief, asseblief! Ons móét na hom gaan luister!" het Eútichus gesmeek.



striped bar


Paul taught them about the Passover Lamb Daardie aand het Eútichus, sy pa, ma en kleinboetie gaan luister na wat Paulus van Tarsus te sê gehad het. Die bovertrek was vol mense en daar was nie meer 'n plekkie oop vir iemand nie, nie eens vir 'n muis nie. Gelukkig, kon Eútichus 'n plek reg op 'n vensterbank kry om te sit.

Vir sewe nagte in 'n ry, het Eútichus en sy gesin na Paulus gaan luister en sy leerstellinge gehoor. Op die laaste aand, het Paulus hulle geleer van die Paaslam . . . .

"My liewe broers en susters," het Paulus gesê. "Toe God die Israeliete verlos het uit Egipte, die land van slawerny, het Hy 'n wonderlike plan in gedagte gehad. Hulle het dit nog nie geweet nie, maar al die dinge wat God hulle sou beveel om te doen, sou 'n beeld wees van Iemand wat sou kom duisende jare later. Kan julle raai Wie daardie beeld was? Dit was van . . . JESUS! Laat ek dit aan julle bewys . . . !

"Soos julle almal weet, nadat Moses en Aäron vir 'n woedende, hardkoppige Farao gesê het dat al die eersgeborenes van Egipte in die TIENDE plaag sou sterf, het hy hulle weggejaag voor sy aangesig. God sou oordeel bring oor al die families in Egipte wat skuldig was aan sonde, wat die Israeliete nie goed behandel het nie en in valse gode geglo het. Al die eersgeborenes sou doodgaan omdat die eersgeborene die belangrikste erfgenaam was in al die families van Egipte. Van die nederigste eersgeborene van 'n diensmeisie tot die Farao se koninklike eersgebore seun sou sterf.

"Toe het God Moses en Aäron na die Israeliete gestuur met 'n baie belangrike boodskap. In geloof, moes hulle 'n paar baie belangrlike dinge doen om hulleself gereed te maak om Egipte te verlaat en om hulleself te beskerm teen God se oordeel.

"Eerste, moes hulle hul kalender verander. Dit is omdat God die maand wat hulle Egipte sou verlaat só belangrik geag het, dat hulle daardie maand die eerste maand van die jaar moes maak. Die Israeliete en hulle afstammelinge sou God se magtige verlossing aan die begin van elke jaar onthou om hulle hoop en krag te gee vir die res van die jaar wat kom.

"Tweedens, moes hulle hulself beskerm teen die oordeel op die manier wat God hulle beveel het, omdat nie één familie gespaar sou word van die dood van 'n eersgeborene nie, tensy 'n aanvaarbare plaasvervanger voorsien is.

"Wie weet wat 'n plaasvervanger is?" het Paulus gevra.

Eútichus wou antwoord, maar een van sy vriende van skool, Justus, was baie vinniger met 'n antwoord, "Meneer, 'n plaasvervanger is iets wat die plek inneem van iets anders."

"Jy is heeltemal reg, seun," het Paulus in sy noppies geantwoord.

"En wie weet wat die plaasvervanger vir die eersgeborenes was?" het Paulus weer gevra.

The innocent Passover lamb was the substitute for the firstborn Nog een van Eútichus se vriende, Johannes die Jood, het vinning geantwoord, "Meneer, die volmaakte, vlekkelose, onskuldige Paaslam was die plaasvervanger vir die eersgeborenes."

"Jy is heeltemal reg, jongman," het Paulus geantwoord. "Elke gesin moes 'n Paaslam uit die skape of die bokke voorberei. As die gesin te klein was, kon hulle dit met hulle bure deel. Die Paaslam moes een jaar oud wees, 'n manlike dier en volmaak in alle opsigte. Hulle moes die lam uitkies op die tiende dag van die maand en dit eenkant hou vir vier dae om seker te maak dit het geen gebrek nie.

"Dit, my dierbare broers en susters, was 'n volmaakte beeld, of tipe, van ons Here Jesus Christus. Hy was nie te oud nie en ook nie te jonk nie. Hy het geen gebrek gehad nie, wat beteken dat Hy geen sonde gehad het nie. Almal het daarvan seker gemaak gedurende Sy drie en 'n halwe jaar van lering, genesing en wonderwerke doen. Nie eens die hoogste gesag in ons wêreld, die Romeinse hof onder Pilatus, kon enige fout vind by Hom nie.

Then each family had to apply the blood of the slain lamb to the lintel and sideposts of their front door"Maar net soos die vlekkelose Paaslam vooraf bestem was om te sterf, so was ons onskuldige Here Jesus vooraf bestem deur God, voor die grondlegging van die wêreld, om in ons plek te sterf.

Paulus het voortgegaan, "Nou, die Israeliete moes die Paaslam slag op die veertiende dag van hierdie eerste maand. Dan moes elke familie 'n takkie met blare van die hissopbossie neem, dit doop in die skottel waarin die Paaslam se bloed was, en dit aan die deurkosyn en syposte van die deur van elke huis sprinkel. Wanneer hulle dit klaar gedoen het, moes niemand uit die huis uitgaan tot die volgende oggend nie.

"As die Verderwer, die Doodsengel die bloed op die deurkosyn en deurposte gesien het, sou hy daarby VERBYGAAN. Hy sou dan weet dat niemand in daardie huis moes sterf nie, want die Paaslam het reeds vir hulle gesterf. Hulle sou vergewe word vir hulle sondes en die Verderwer sou weet dat die gesin in daardie huis in die regte God geglo het. Die eersgeborene in daardie huis sou gespaar word en bly lewe.


striped bar

"Weet julle?" het Paulus bygevoeg. "Dit is 'n volmaakte beeld van wanneer ons Jesus aanvaar as ons Verlosser en in Hom glo. Hy is God se Eersgebore Seun En Hy word ons Paaslam. Sy bloed op die deurposte van ons harte, wys vir ons dat ons vergewe is vir ons sondes omdat ons glo in die ware God, wat ons red van die oordeel en die ewige dood."

"HALLELUJA!" Eútichus het skielik hardop uitgeroep vanaf die vensterbank waarop hy gesit en aandagtig na Paulus geluister het, "Ek weet waarvan die bloed op die deurkosyn en syposte ook 'n beeld is. Dit is 'n beeld van die bloed wat uit Jesus se kop en hande gevloei het waar die dorings en spykers deur Hom gesteek het.

"Jy is 'n baie slim jongman, Eútichus! Ek weet Jesus is besig om in jou hart te werk, geliefde van God," het Paulus met 'n stralende glimlag gesê.

Eútichus het 'n nuwe blydskap in sy hart voel opspring terwyl Paulus voortgegaan het, "Moses het ook vir die Israeliete gesê dat die Paaslam as 'n geheel op die vuur gerooster moes word, saam met die kop en die binnegoed, sodat dit in een stuk op die tafel geplaas kon word. Dit is nog 'n beeld van Jesus. Nie een van Sy bene was gebreek toe Hy aan die kruis gesterf het nie."

hey had to eat bitter herbs together with the Passover lamb and the unleavened bread Paulus het sy keel skoongemaak en 'n slukkie water geneem voor hy verder gegaan het: "Saam met die Paaslam, moes die Israeliete ongesuurde brood eet. Dit is 'n teken van die reinheid van Jesus, omdat Hy gekom het om die wil van God te doen, nie Sy eie nie. Hy het gesê dit was Sy voedsel om Sy hemelse Vader se wil te doen.

"Saam met die Paaslam en die ongesuurde brood, moes hulle bitter kruie eet."

"Jig!" het Eútichus se kleinboete hardop gesê. Almal het gelag.

"Ja, kleintjie," het Paulus gesê, "Jy hou nie van bitter goed nie, nê? Maar weet jy wat, as jy bitter kruie saam met die vleis van 'n lam eet, smaak dit nie meer bitter nie. Dit is 'n beeld van God wat die bitterheid wegneem wat die Israeliete in Egipteland as slawe gely het. Dit is ook 'n beeld van Jesus wat die bitterheid van ons sonde en die straf vir ons sonde wegneem en dit op Homself neem. Prys Jesus vir Sy offer!" het Paulus gesê, terwyl sy stem skielik breek toe die trane in sy oë opwel.

Na 'n paar oomblikke van stilte, het Paulus voortgegaan, "God het vir Moses gesê dat die hele Paaslam geëet moes word op Paasnag. As daar enigiets oor was die volgende oggend, moes dit met vuur verbrand word. Dit is 'n beeld van Jesus se offer wat volmaak was — volbring in een nag — vir eens en vir altyd, vir almal van ons!"

Terwyl Paulus gepraat het, het Eútichus gekyk na die baie lampe wat die bovertrek verlig waar hulle almal saam was. Dit was reeds naby middernag en hy was al baie moeg. Hy het nie veel slaap ingekry gedurende die afgelope week nie en die flikkerende ligte van die lampe het hom selfs nog moeër gemaak. Hy het opgemerk dat sy kleinboetie reeds vas aan die slaap was dwars oor Pa en Ma se skote.

Eútichus het probeer om wakker te bly en het sy oë geknip terwyl Paulus voortgegaan het: "Die Israeliete moes hierdie Pasga haastig eet, gereed om die oproep te hoor om Egipteland te verlaat. Hulle moes hulle lang mantels vasgegord hê sodat hulle nie oor loshangende klere sou val nie. Hulle het skoene aan hulle voete gehad en 'n staf in die een hand. Net so, moet ons ook gereed wees om God se oproep te hoor en Hom toelaat om ons toe te rus met alles wat ons nodig het in ons wandel saam met Hom."

Eutychus fell over and off the windowsillPeople looked down from the window and a hush fell over the place

Eútichus kon nie meer sy oë oophou nie en het aan die slaap geraak. Eers het sy kop geknik en toe . . . . O, NEE! Hy het omgeval en van die vensterbank afgeval waar hy gesit het tot op die straat doer onder, DRIE VERDIEPINGS VER!

Sy ma het gegil! Sy pa het onmiddellik opgespring en met die trappe afgehardloop. Paulus en 'n paar van die mans het hom gevolg. Hulle het Eútichus opgetel. O, NEE! Hy was dood! Mense het afgekyk deur die venster en toe hulle dit hoor, was daar 'n oomblik van geskokte stilte voor almal hardop in trane uitgebars het.

Paulus het kalm gebly en met geloof oor Eútichus gebuig, hom omhels en gesê, "Moenie so 'n bohaai opskop nie. Hy leef!"

Eútichus het sy oë oopgemaak, na sy asem gesnak, sy Pa se arm gegryp en gesê, "Prys God! Ek leef, Pa! Jesus het my gered van die dood!" Sy Pa het hom omhels en vir 'n paar oomblikke, was hy so aangedaan dat hy nie 'n woord kon uitkry nie totdat Eútichus gesê het, "Pa, kan ons teruggaan na die bovertrek? Paulus is net hier tot dagbreek en ek wil niks misloop nie."

Verlig en ontsaglik dankbaar, het sy Pa gesê, "Jy het ons groot laat skrik, seun! Jy is ons eersgeborene! Prys God vir jou lewe! Laat ons boontoe gaan!" Hulle het opgestaan en boontoe gegaan.

Terug in die bovertrek, het sy Ma hom omhels met trane in haar oë. "Jy sit nie weer op die vensterbank nie, jongman!" Almal het gejuig oor die wonderwerk wat hulle beleef het omdat Jesus Eútichus se lewe gered het.

Paulus het besluit dit was tyd om die Here se Nagmaal te eet. Hy het gebid en brood gebreek ter herinnering aan ons Paaslam, Jesus se liggaam wat vir ons gekruisig is en genesing bring vir ons liggame. Hulle het ook 'n bietjie wyn gedrink ter herinnering aan Jesus se bloed vir ons gestort is sodat ons vergewe kan word vir ons sondes.

Toe het Paulus voortgegaan met sy les: "Moses het vir ons voorvaders, die Israeliete, geleer dat hulle ongesuurde brood moes eet vir sewe dae in 'n ry vanaf daardie Paasnag. Dit is 'n beeld van ons wat 'n lewe leef, vrygemaak van sonde, heilig aan God, nadat ons Jesus aanvaar het. Ons kan dit nie op ons eie doen nie of deur te probeer om op ons eie goeie dinge te doen nie. Ons moet Hom vertrou om ons te help. As ons aanhou sondig of staatmaak op ons eie werke, is ons soos die brood gemaak met suurdeeg. Die deeg, waarvan sulke brood gemaak word, rys en blaas vanself op, vol goddelose trots. Dit is 'n beeld van sonde.

Not a single firstborn of the Israelites was killed by the Death Angel that night Nou was Eútichus wawyd wakker waar hy tussen sy Pa en Ma gesit het terwyl Paulus voortgegaan het. "In geloof, het al die Israeliete presies gedoen soos wat Moses hulle beveel het om te doen daardie nag van die Paaslam. Die Verderwer het gekom en VERBY elke huis gegaan wat bloed op hulle deurposte en kosyne gehad het. Nie een enkele eersgeborene van die Israeliete het daardie aand gesterf nie en hulle almal is gespaar! Prys die Here!

"Maar in Egipteland, het al die eersgeborenes gesterwe daardie nag! Op hierdie manier, het God al die valse gode van Egipte geoordeel, omdat hulle magteloos was om die eersgeborenes van Egitpe teen die dood te beskerm.

"Was die Israeliete beter mense as die Egiptenare omdat hulle eersgeborenes nie gesterf het soos die Egiptiese eersgeborenes nie? Nee, hulle was nie, maar die Egiptenaars het nie bloed van 'n Paaslam op hulle deurposte en kosyne gehad nie en hulle het nie in die ware God geglo nie."

All the firstborn in Egypt died that night Paulus het aangehou met preek aan sy lang preek tot dagbreek toe en afgesluit: "Vir die Israeliete, was Egipte 'n plek van slawerny. Hulle het dinge gedoen wat hulle nie regtig wou doen nie, net soos ons wanneer ons soms sondig. Maar God het vir ons 'n manier van verlossing gekry deur Jesus Christus. Hy is ons Paaslam, en red ons van sonde en die ewige dood.

"Net soos die Israeliete die Pasga moet vier in die GELOOF dat God hulle sou red, net so moet ons Jesus deur GELOOF aanvaar en glo dat Hy ons red. Jy kan dit vandag die eerste dag van die res van jou lewe maak deur jou lewe vir Jesus te gee! Wil jy dit doen?"

Tydens daardie vroeë oggend ure net voor dagbreek, het Eútichus, sy Pa en Ma en kleinboetie en baie ander in die bovertrek, Jesus Christus as hulle Verlosser aanvaar en hulle lewens vir Hom gegee deur geloof! Hulle het in hulle harte geweet hulle was nou kinders van die lewende God, as gevolg van die offer van Sy Eersgebore Seun, Jesus Christus. 'n Nuutgevonde blydskap het hulle harte en siele gevul en almal het gejubel en eer aan God gebring en Sy lof besing!

Toe het Paulus al sy ou en nuwe broers en susters in Christus geseën, sy mantel omgord, seker gemaak sy skoene was vas, sy staf geneem, totsiens gesê en vertrek na die dorpie Assus. Eútichus en sy familie het teruggegaan huistoe, terwyl hulle gejubel het in die Here en die nuwe lied wat hulle vroeg daardie oggend in die bovertrek geleer het, hardop gesing het:

"Ek's 'n nuwe skepsel,
Ek's 'n nuwe mens.
Hy het my sonde,
Van my weggeneem.
Ek regeer met Jesus,
Ek's 'n koningskind.
Ek is sy eiendom,
Ek behoort aan Hom . . . !"



striped bar

ONTHOU!

Jesus het gekom om ons van sonde en dood te verlos en om vir ons 'n nuwe lewe te gee as ons in Hom glo en Hom aanvaar as ons Verlosser.



DINK!

1. Wat moes die Israeliete aan hulle deurkosyne en deurposte smeer?
2. Waarom moes hulle dit doen?
3. Wat is 'n plaasvervanger?
4. Wat was die plaasvervangers vir die eersgebore seuns van die Israeliete?
5. Was die eersgebore seuns van die Israeliete gespaar van die dood?
6. Van Wie is die Paaslam 'n beeld?



'N VERS OM TE LEER:

"Omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van 'n lam sonder gebrek en vlekkeloos" (1 Petrus 1:18,19).



'N ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER:

"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê" (Johannes 3:16).



PRAKTIESE TOEPASSING

Hoe het die Verderwer geweet watter huise om oor te slaan? Net soos die Israeliete bloed aan die deurkosyne en syposte moes smeer om aan die dood te ontsnap, kan ons onsself voorstel dat ons Jesus se bloed aan die deurkosyne en syposte van ons harte smeer om gered te word. Weet jy hoe doen ons dit?

[Na bespreking:] Ons smeer die bloed van Jesus aan die deurkosyne en syposte van ons hart deur Hom te aanvaar as ons Here en Velosser en deur in Hom te glo. Wanneer ons dit doen, word ons burgers van Jesus se Koninkryk en sal ons eendag hemel toe gaan. Glo jy dit?

Sou jy graag Jesus as jou Here en Verlosser aanvaar en Hom jou lewe gee vandag? Of, as jy dit reeds gedoen het, sal jy graag jou lewe weer aan Hom wil toewy of iemand anders help om Jesus as sy of haar Here en Verlosser te aanvaar?

Laat ons ‘n oomblik in gebed neem vir onsself en vir ander, en vir Jesus sê dat ons Hom as ons Here en Verlosser aanvaar. Laat ons Hom vra om ons sonde te vergewe en ons te help om Hom te vertrou sodat ons ‘n lewe kan leef wat Hom behaag.


LAAT ONS BID:

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, ek bely al my sondes en vra U
om my rein te was in Jesus se kosbare bloed
wat gestort is vir my vergifnis.
Gee my 'n nuwe hart en help my om U te behaag.
In Jesus' Name. Amen.
****************************************************



KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

Exodus 12:1-28; Handelinge 20:6-13


BIBLE STORY ARCHIVE
www.childrenschapel.org/bibstory2.html


crayons

A Hebrew Preparing His Doorpost Coloring Page
Moses Coloring Page
Ancient Egypt Coloring Pages
Israel's Enslavement in Egypt color online
Plagues of Egypt Coloring Pages
The Ten Plagues of Egypt Coloring Page
Bible Heroes: Moses Colouring Book
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle
Word Search
Fill in the Blanks
Crossword Puzzle
Cryptogram
Maze
Life of Moses Bingo Game
Moses and Exodus Games and Puzzles
Moses and the Ten Plagues Activity Book
Moses and the Ten Plagues activity sheet
Moses and the Plagues Bingo Game
Moses and the Ten Plagues Tales of Glory Play Set
Moses: Connect the Dots
Moses (Exodus) Printable Worksheets
Moses Game Board
Moses Trading Cards
Ten Plagues Games
Ten Plagues of Egypt Activity
The First Passover Activities
The Pharaoh Egypt Worksheet
The Story of Moses Reusable Sticker Book
The Ultimate Passover Reusable Sticker Book

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

First Passover Craft (watch online)
Moses and Exodus Crafts
Moses Clothespin Figure with Sandbox Bible Scene Display
Moses, Pharaoh, Aaron Finger Puppets
Moses' Snake Staff
Moses' Special Staff Craft for Preschoolers
Paper Plate Character Masks — Moses
Shepherd Toilet Paper Roll Craft

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



child reading a book

God Is the One in Charge! (read online)
God Said and Moses Led
Good and Evil: The Bible As Graphic Novel
HOBC Bible Big Book: Moses
Kingstone Bible Series: Moses Comic Book
Moses and the King (I Can Read)
Moses and the Long Walk
Moses' Big Adventure: Lift-the-Flap
Moses' Dry Feet
Moses/John Flip-Over Book
Moses God's Brave Servant
Moses Leads the People
Moses the Shepherd: Chosen by God
Moses the Traveler: Guided by God

Power Bible: Bible Stories to Impart Wisdom
# 2 - Moses, Leader of the Israelites


The Story of Passover Board Book

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and DVDs

Abeka Bible Truth DVD #12: Plagues & Passover; Marah, Elim & Manna
Adventures in Odyssey® 190: Moses, the Passover, Part 1 of 2 [Download]
Bible Comes Alive, Volume 1 Your Story Hour, CD

Bible on the Go Vol. 07: The Ten Plagues on Egypt;
the First Passover; and the Exodus (Exodus 7-12) - Unabridged Audiobook [Download]


Bible Stories: Moses
Escape from Egypt: Moses and the Ten Plagues (watch online)
God's Story: Passover (watch online)
God vs. Pharaoh Kids' Bible Theatre (watch online)
Greatest Heroes: The Story of Moses (watch online)
Let My People Go! The Story of Exodus Superbook DVD
Lord's Passover - Exodus 12 (watch online)
Moses Speaks to the Pharaoh (watch online)
Passover and the Final Plagues (watch online)
Passover Bible Lesson Made Easy (watch online)
Superbook: Let My People Go! Season 1 Episode 4 (watch online)
Ten Plagues Drama with Children (watch online)
The Passover Story (watch online)
The Passover Tradition (watch online)
The Plague on the Firstborn: Angel of Death Is Coming (watch online)
10 Plagues of Egypt for Kids Exodus 7-11 (watch online)
The Greatest Adventure Stories from the Bible: Moses (watch online)
The Ten Commandments: Moses Turns Water into Blood (watch online)
The Ten Plagues of Egypt Exodus 1—11 Sharefaith Kids (watch online)
Veggie Tales: Moe and the Big Exit (watch online)
What's in the Bible: The Passover Explained (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



birds singing

For God So Loved the World by Alfred B. Smith and Frances Townsend (c) 1938
(Sheet Music and Lyrics)
Jesus, Lamb of God (watch online)

Moses Songs
Time for Departure - Song #17

What's in the Bible:
Chuck Waggin Sings The Exodus Song
(watch online)
When I See the Blood (with sign language) (watch online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

LIFEPAC: The Story of Moses
The Story of Moses for Kids
The First Passover Activities

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources


striped bar


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under "Subscribe... " at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2021 - Children's Chapel
North Central Ohio, U.S.A.

Pictures Courtesy of Free Bible Images

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated October 10, 2021

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources