The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Om Op Harte Geskryf Te Word
deur Sophia Prinsloo saam met Barbara Wilmerton Haas

Moses on Mount Sinai with thunder and lightning

Text Version | English


“Kom ons speel sokker met twee spanne, twee doelhokke, maar sonder enige ander reëls!” het Colby die voorstel gemaak aan die seuns by die Christelike jeugkamp.

soccer ball “Reg so, bring die bal,” het die seuns ingestem, terwyl hulle begin het om die doelhokke op te stel en spanmaats te kies.

Vol opwinding, het hulle die bal begin rondskop, maar dit was nie lank nie tot Allen vir Gorden gepootjie het net toe hy op die punt was om 'n doel te skop. Gordon het plat om sy gesig in die stof geval, sy knieë en elmboë nerf-af, terwyl die bal die doelhok met 'n myl gemis het.

Gordon het opgespring en geskreeu, “Dit is ONREGVERDIG!” terwyl hy Allen so hard gestamp het dat hy agteroor geval het. Skielik, het chaos ontstaan toe almal begin baklei het. Die seuns het heeltemal vergeet om lief en goed te wees vir mekaar, en hulle wou mekaar net terugkry.

Eers toe hulle die harde, skril fluitjie van Mnr. Davis hoor, het hulle ophou baklei en uitasem, met 'n blou oog en 'n opgeswelde lip hier en daar, het hulle rondom hom vergader.

Vir 'n oomblik, het Mnr. Davis na sy voete gekyk en baie teleurgesteld gelyk. Toe het hy opgekyk na hulle en gesê, “Seuns, laat ons 'n les leer uit wat pas gebeur het. Julle sien, julle sin van regverdigheid bewys julle het reëls wat op julle harte geskryf staan. Wat JY voel is regverdig, mag dalk nie vir iemand anders regverdig wees nie, en daarom het ons 'n skeidsregter nodig, 'n regter om te besluit wat is regverdig vir albei. Net soos 'n sokkerwedstryd reëls het met 'n skeidregter wat hierdie reëls toepas, het ons God se reëls nodig om volgens te leef, sodat ons met mekaar oor die weg kan kom.”

Toe het Mnr. Davis hulle op die gras laat sit en gesê, “Kom, laat ons leer hoe die Here die Israeliete sy stel reëls gegee het. Ons noem dit die Tien Gebooie en die Wet.”



striped bar


God chose Mount Sinai for display of his awesome power Moses was so bly die Here het deur Jetro vir hom raad gegee om wyse manne aan te stel om hom te help. Hierdie manne het opgetree as rigters, en het die volk se probleme en klagtes teenoor mekaar hanteer. Op hierdie manier, het Moses baie meer tyd beskikbaar gehad om alleen saam met die Here deur te bring en van Hom te leer. Die Here se wysheid en leiding was so belangrik vir 'n leier van sy kaliber, want hy moes so baie mense saam met al hulle diere deur 'n woestynland lei.

Die alwetende Here, het geweet dat die Israeliete reëls nodig gehad het om volgens te leef en om hulle te leer om liefde teenoor die Here en teenoor ander mense te bewys. Die rigters sou daardie selfde reëls nodig hê om regverdig te oordeel tussen mense. Die Here, regverdig in al sy weë, wou nie hê hierdie rigters moes beskuldig word dat hulle onregverdig was nie, omdat ontevredenheid in die Israeliete se laer kon ontstaan. Hy wou hierdie reëls of Gebooie vir hulle op 'n spesiale plek gee. Daardie spesiale plek was sy heilige berg, Sinai, waar Hy sy ontsagwekkende krag sou vertoon en vir hulle wys dat Hy die ware God was.

Moses slowly climbed the steep rugged mountain to talk with the Lord So, by Ráfidim, waar die Israeliete gekamp het, het die wolkkolom opgestyg as teken vir die volk om gereed te maak en hulle besittings op te pak. Toe almal gereed was, met hulle kamele en donkies gelaai, en al die beeste en skape en bokke bymekaargemaak, het die wolkkolom beweeg en die volk die weg na die berg Sinai aangewys.

Dit was drie maande sedert hulle Egipte verlaat het toe hulle by die berg Sinai aangekom het. Die volk het afgepak en laer opgeslaan terwyl Moses stadig met die styl, hobbelagtige berg opgeklim het om met die Here te gaan praat.

Die Here het vir Moses gesê, “Gaan sê vir die volk: ‘Julle het gesien hoeveel Ek vir julle omgee en wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het. Dit was asof Ek julle na myself op arendsvlerke gebring het. Nou, as julle na My luister en My gehoorsaam, en julle Verbond met My onderhou, sal julle my spesiale eiendomsvolk wees uit al die volke van die aarde, 'n koninkryk van priesters, 'n heilige nasie.’”

Moses was gretig om aan die volk hierdie innemende boodskap van liefde van die Here te vertel. Hy kon skaars sy opgewondenheid beteuel terwyl hy versigtig van die berg afgeklim het sodat hy nie sou gly op die styl hange nie. Toe hy die laer bereik, het hy dringend al die oudstes, die leiers van die volk, bymekaar geroep en vir hulle alles oor die Verbond wat die Here met hulle wou sluit, vertel.

Moses urgently called together all the elders and the leaders of the people and told them all about the Covenant the Lord wanted to make with them Toe die oudstes die Here se boodskap hoor, hou hulle regtig baie graag die spesiale eiendomsvolk van die Here wees en hulle het eenstemmig daarop gereageer: “Ons stem saam en sal defnitief doen soos die Here wil hê ons moet doen!”

Moses het weer teen die berg Sinai opgeklim en vir die Here gesê wat die volk sê. Tevrede, het die Here gesê, “Ek gaan my volk besoek in 'n donker wolk en met jou praat uit die wolk sodat hulle my stem kan hoor wanneer Ek met jou praat. Dan sal hulle jou altyd glo. Nou moet jy weer afgaan en vir die volk sê om hulleself te reinig môre. Hulle moet bad en hulle klere was, omdat Ek oormôre van die berg Sinai sal afkom voor hulle oë. Maar hulle moet wegbly van die berg af en slegs tot by die voet daarvan kom wanneer hulle die basuingeskal hoor. Anders, as hulle te naby kom, sal hulle sterf, selfs die diere.”

Moses was gehoorsaam en het weer teen die berg afgeklim en die laer bereik toe dit begin donker word. In die flikkerende ligte van 'n paar fakkels, vasgehou deur die oudstes, het Moses die volk vertel wat die Here gesê het. Die volgende dag, het hy grense opgestel aan die voet van die berg waaroor die volk nie mag beweeg het nie, terwyl die volk hulleself gereinig het, die stof afgespoel, hulle klere gewas en dit op die toue van hulle tente gehang om droog te word. Dwarsdeur die laer was dit nogal 'n vrolike gesig om te aanskou — kleurvolle klere wat flap in die woestynbriesie.

Op die derde dag, vroeg die oggend, was die volk wakker gemaak deur 'n groot storm van donderende donderweer en flitsende weerlig wat die hemelruim verlig het. Hulle het geen tyd verspil nie en gou hulle vars gewaste, droë, skoon klere aangetrek en rondom Moses se tent te vergader. 'n Groot, dik wolk het van die berg afgekom en daar was 'n L-A-A-A-NG, HARDE geskal, wat geklink het soos die geluid van 'n ramshoring. Moses het die verbaasde, vreesbevange volk na die voet van die berg gelei om die Here te ontmoet, en hulle ook gewaarsku om nie oor die grense te gaan nie. Die hele Sinaiberg was gevul met golwende rook, omdat die Here neergedaal het uit die hemel in die vorm van vuur. Skielik, het die Israeliete gevoel hoe die aarde bewe onder hulle voete, terwyl die hele berg geskud het met 'n geweldige aardbewing.

The people were awakened by a great storm of roaring thunder and flashing lightning Soos die basuingeskal harder en harder geword het, het Moses gepraat en die Here sy antwoord gebulder toe Hy afgekom het tot op die berg Sinai. Hy het Moses geroep om teen die berg op te klim na Hom toe. Daar het Hy vir Moses gesê, “Gaan weer af en waarsku die volk en die priesters om nie oor die grense te trap nie. Anders sal hulle sterwe.” Moses het gehuiwer, omdat die volk geweet het hulle moenie die grense oorsteek nie, maar gehoorsaam aan die Here, het hy in elk geval afgegaan en die mense weer gewaarsku. Die volk se liggame en klere was skoon, maar hulle harte was steeds vol sonde, sodat hulle nie naby God kon kom en bly lewe nie. Sonde is soos 'n vlek op die hart wat nie vir die Here weggesteek kan word nie, omdat Hy alles weet wat in die hart is selfs die gedagtes ken van elke man, vrou en kind.

Terwyl hulle op 'n afstand bly staan het, het die Here direk met Moses en die volk gepraat. Hy het hulle twee stelle Gebooie gegee: 'n stel van vier, om God lief te hê en nie seer te maak nie, en dan 'n stel van ses, om mense lief te hê en nie skade aan te doen nie. Eerstens het die Here presies vir hulle vertel wie Hy was en wat Hy vir hulle gedoen het. Die Here het gesê, “Ek is die Here julle God wat julle uit slawerny in Egipte verlos het.”

In Egipte, was die Israeliete gewoond aan die baie gode die Egiptenaars aanbid het. Maar die Here wou hê hulle moes Hom eerste in hulle lewens stel, en net Hom liefhê en aanbid, en al daardie nuttelose afgode los. Geen ander god het hulle so lief gehad soos Hy nie, of het wonders vir hulle gedoen soos Hy nie. Daarom het Hy hulle die Eerste Gebod gegee en gesê, “Jy mag geen ander gode behalwe My aanbid nie.”

The Lord wanted the Israelites to realize how HOLY his Name was Die Here wou nie hê hulle moes dwaas aanbid of hulle hoop plaas in mensgemaakte beelde van dinge in die lug of op die aarde, of in iets soos geld, of werk of roem of plesier of selfs 'n gelukbringer nie. Daarom het Hy hulle die Tweede Gebod gegee en gesê, “Jy mag nie enige afgod maak en dit aanbid nie.”

Die Here wou hê die Israeliete moes besef hoe HEILIG sy Naam was en dat dit nie gebruik moes word as 'n vloekwoord of vervloeking, of om onbesonne beloftes mee te maak nie. Daarom het Hy vir hulle die Derde Gebod gegee, en gesê, “Jy mag die Naam van die Here nie ydellik gebruik nie.”

In die begin, het die Here die hemele en aarde in ses dae gemaak en Hy het op die sewende dag gerus. Hy wou hê die Israeliete moes in sy voetspore volg. Daarom het Hy hulle die Vierde Gebod gegee en gesê, “Eerbiedig die Sabbat as 'n heilige dag, 'n dag opsy gesit vir My. Ses dae moet jy werk, maar op die sewende dag, moet jy rus en My aanbid.”

Die Here het geweet van al die groot opofferings wat ouers onbaatsugtig maak om goeie kinders groot te maak, en Hy wou hê kinders moet hulle ouers respekteer en liefde aan hulle betoon vir hulle pogings en hulle goed behandel. Daarom het Hy die Vyfde Gebod met 'n belofte daarmee saam gegee en gesê, “Eer jou vader en jou moeder. As jy My hierin gehoorsaam, sal jy lank lewe.”

Die Here is lief vir die lewe en Hy is lief vir mense en wou hê die Israeliete moes mense se lewens, groot en klein, respekteer en nie toelaat dat bitterheid, haat en wraak ons lewens beheer nie. Daarom het HY die Sesde Gebod gegee en gesê, “Jy mag nie moord pleeg nie.”

He gave the Seventh Commandment Die Here haat die pyn wat veroorsaak word deur egskeiding en het geweet dit was belangrik vir die gesinslewe dat paartjies getrou moet wees aan mekaar. Daarom het Hy die Sewende Gebod gegee en gesê, “Jy mag nie ontrou aan jou huweliksmaat wees en owerspel pleeg nie.”

Die Here wil hê ons moet ons besittings op 'n eerbare manier verkry, en nie deur ander te bedrieg nie. Daarom het Hy die Agtste Gebod gegee en gesê, “Jy mag nie steel nie."

Doe Here haat leuens en bedrog, omdat dit is wat die duiwel doen. God wil hê ons moet eerlik, met skoon gewetens voor Hom en mense lewe. Daarom het Hy die Negende Gebod gegee en gesê, “Jy mag nie lieg of iemand valslik beskuldig nie.”

Die Here wil ook hê dat ons dankbaar moet wees in alles en nie altyd wens vir dinge wat ons nie het nie. Daarom het Hy die Tiende Gebod gegee en gesê, “Jy mag nie jaloers wees op jou naaste en wens jy het sy vrou of sy diere, of enige van sy besittings nie.”

With terror-stricken ashen faces, the people pleaded with Moses to go speak with the Lord by himself Skielik het die Here ophou praat. Met vreesbevange, asvaal gesigte, het die volk gepleit, “Moses, gaan praat jy met die Here. Moenie dat Hy meer met ons praat nie want ons is vreeslik bang en kan dit nie verdra nie. Ons is bang as ons sy stem hoor, sal dit ons doodmaak.”

Die Here was hartseer om dit te hoor, omdat Hy graag wou hê elkeen van sy kinders sy stem kon hoor elke dag terwyl Hy hulle sy weë leer. Moses het geweet hulle was so vreeslik bang omdat hulle gewetens hulle beskuldig het en daarom het hy vir hulle gesê, “Moenie bang wees vir God nie! Hy wil net vir julle sy ontsagwekkende krag wys, sodat julle sal vrees om teen Hom te sondig.”

Maar die volk wou nie na Moses luister nie en, terwyl hulle hul afstand gehou het, het hy weer teen die berg opgeklim en in die diep, donker wolk verdwyn waar God was. Daar, sou die Here nog 'n bietjie met Moses praat, vir hom baie ander reëls, wat die Wet genoem word, gee asook vir hom die Tien Gebooie gee met sy eie hand geskryf op twee kliptafels sodat die volk dit vir altyd kon onthou.



striped bar


Die seuns het aandagtig geluister terwyl Mnr. Davis voortgegaan het, “Seuns, die Tien Gebooie wat God vir Moses gegee het, is 'n maatstaf van hoe lief ons God en mense het. Jesus het gesê die kern van die Wet, insluitend die Tien Gebooie, is om God lief te hê met ons hele hart, ons hele siel, ons hele verstand en al ons krag, en ons moet ons naaste liefhê soos onsself.

“Die Israeliete het agtergekom dit was vir hulle onmoontlik om die Here se Gebooie volkome te onderhou en het hul Verbond met God verbreek. Ons kan ook nie sy Gebooie volkome nakom nie. Byvoorbeeld, het jy al ooit 'n klein bietjie gelieg, of gewens jy het 'n speelding wat jou broer of suster, of vriend gehad het? Die Woord van God sê dat, as jy sê jy het nie gesondig nie, is jy 'n leuenaar. Net soos die grense van die berg die Israeliete weggehou het van God af, veroorsaak sonde 'n gaping tussen ons en God. As gevolg van ons verkeerde dade, ons sonde, is ons verdoem tot skeiding van God in hierdie lewe en die ewigheid.

“MAAR selfs voor die aarde en die hemelruim gemaak is, het God 'n plan gehad om ons te help om versoen te word met God. Daardie plan was vervul toe Hy Jesus Christus, sy gesalfde Seun, na die aarde gestuur het. Jesus het glad nie gesondig nie, nie eens een keer nie. Maar omdat Hy ons so liefgehad het, het Hy al ons sondes en straf op Homself geneem en aan die kruis gesterf, sodat ons God se kinders kon word. Dit was die Nuwe Verbond wat Hy met ons gemaak het wat baie beter was as die Ou Verbond.

“In hierdie Nuwe Verbond, het God beloof dat Hy sy wet op ons harte sou skryf. Dit beteken dat ons 'n persoonlike verhouding met Hom sal hê en weet wat Hy wil hê ons moet doen. Ons sal Hom uit liefde vir Hom en met geloof in Hom gehoorsaam. Ons tree in hierdie Verbond met Hom wanneer ons ons geloof in Hom plaas en glo dat Hy ons krag sal gee deur sy Heilige Gees om Hom te gehoorsaam en God en ander liefhê net soos Hy ons liefgehad het. Ons kan alles lees oor ons geliefde Jesus en die heerlike nuwe leestellinge wat Hy vir ons gebring het in die Nuwe Testament.”



striped bar


ONTHOU!

Vra die Heilige Gees Jesus se Nuwe Verbond op jou hart te skryf terwyl jy sy Woord lees, veral die Nuwe Testament.



DINK!

1. Wat was die naam van God se heilige berg?
2. Dink jy reëls is belangrik?
3. Dink jy God se gebooie is regverdig? Waarom sê jy so?
4. Waarom was die Israeliete bang om God te hoor praat?
5. Is jy bang om God te hoor praat?
6. Wat as Hy jou herinner aan jou sonde? Onthou, as jy vir vergifnis vra, sal Hy jou vergewe.
7. Wil jy God se wette op jou hart geskryf hê?



'N VERS OM TE LEER:

“Ek gee my wet in hulle binnneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle 'n God wees, n hulle sal vir My 'n volk wees” (Jeremia 31:33b).



'N ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER:

“Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie” (1 Johannes 5:3).



PRAKTIESE TOEPASSING

Sou jy graag wou weet of God se Wet in jou hart geskryf is of nie? Kan jy onthou wat Jesus gesê het die belangrikste dinge van die Wet is?

[Na bespreking:] Baie mooi. Dit is om God lief te hê met jou hele hart en siel en verstand en krag, en jou naaste soos jouself. Dit is hoe jy weet dat God se Wet in jou hart geskryf is — jy het God en mense lief. As jy mense haat, kan jy God nie liefhê nie.

Omdat God liefde is, het jy Hom nodig om jou te leer hoe om lief te hê. Daar is baie leidrade in God se Woord om jou te help sodat jy kan weet hoe om lief te hê. Blaai na 1 Korinthiërs 13:4-7 om te sien waaroor die liefde gaan. Skryf hierdie verse op papier neer en plak dit waar jy dit maklik kan sien, soos op jou spieël. Leer dit uit jou kop uit en voeg ander verse by wanneer jy dit in God se Woord ontdek.

Dit is nie altyd maklik om ander lief te hê nie, veral as hulle nie liefde teenoor jou betoon nie, maar miskien is jy die enigste voorbeeld van God se liefde wat hulle ooit sal sien. Vra die Heilige Gees om jou te help om God lief te hê en om jou ook te help om liefde aan ander te betoon.


LAAT ONS BID:

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, dankie dat U ons u Gebooie gegee het
en ons help om dit na te kom deur dit om ons harte te skryf
deur u Heilige Gees. Dankie dat U Jesus gestuur het sodat
ons vergewe kan word vir ons sondes en u kinders kan word.
Help ons om U lief te hê en te gehoorsaam, en ons ons naaste lief te
hê soos U ons liefgehad het. In Jesus se Naam bid ek. Amen.
****************************************************



KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

Exodus 19:1–20:21


BIBLE STORY ARCHIVE
www.childrenschapel.org/bibstory2.html


crayons

Moses and the Law Coloring Page
Moses Coloring Page
Moses Needs Help Coloring Sheet
Bible Heroes: Moses Colouring Book
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle
Word Search
Fill in the Blanks
Crossword Puzzle
Cryptogram
Maze
God's Big 10 Matching Game
God's Big 10 Puzzle, 24 Pieces
Life of Moses Bingo Game
Moses and Exodus Games and Puzzles
Moses and the Plagues Bingo Game
Moses and the Ten Plagues Tales of Glory Play Set
Moses: Connect the Dots
Moses (Exodus) Printable Worksheets
Moses Game Board
Moses Trading Cards
Ten Commandments on Your Hands
The Story of Moses Reusable Sticker Book
The Ten Commandments Activities
Water from the Rock
Word Mine Worksheet

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

DIY Hand Puppet
Moses and Exodus Crafts
Moses and the Ten Commandments - 10 Minutes of Quality Time (watch online)
Moses and the Ten Commandments Paper Craft (watch online)
Moses Climbs Mount Sinai (watch online)
Moses Clothespin Figure with Sandbox Bible Scene Display
Moses and Aaron Finger Puppets
Moses' Snake Staff
Moses' Special Staff Craft for Preschoolers
Moses' Staff (watch online)
Moses Toilet Paper Craft (watch online)
Paper Plate Character Masks — Moses
Paper Roll Quail (watch online)
Parchment Commandments (watch online)
Shepherd Toilet Paper Roll Craft (watch online)
Soap Craft (watch online)
Sponge Craft (watch online)
Stick Puppet (watch online)
Ten Commandments Bible Craft for Kids (watch online)
Toilet Paper Tube Moses Craft for Kids (watch online)

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



child reading a book

A People on the Move: Moses, Miriam, Aaron, & the Exodus of the Hebrew People
Follow and Do: God's Ten Commandments
God Is the One in Charge! (read online)
God Said and Moses Led
Good and Evil: The Bible As Graphic Novel
HOBC Bible Big Book: Moses
Kingstone Bible Series: Moses Comic Book
Let's Go Explore: Egypt
Moses and the King (I Can Read)
Moses and the Long Walk
Moses' Big Adventure: Lift-the-Flap
Moses' Dry Feet
Moses/John Flip-Over Book
Moses God's Brave Servant
Moses Leads the People
Moses the Leader: Used by God
Moses the Shepherd: Chosen by God
Moses the Traveler: Guided by God

Power Bible: Bible Stories to Impart Wisdom
# 2 - Moses, Leader of the Israelites


Read-Aloud Bible Stories, Volume 3
The Ten Commandments Arch Books

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and DVDs

Aaron Helped Moses (watch online)
Bible Comes Alive Volume 2 Your Story Hour 4 CDs

Bible on the Go Vol. 08: The Desert Journey and the Ten Commandments
(Exodus 13-16, 19-20, 24, 26) - Unabridged Audiobook [Download]


Bible Stories: Moses
DouglasTalks: The Ten Commandments for Kids series (watch online)
Greatest Heroes: The Story of Moses (watch online)
Kids Ten Commandments, 3 DVD Set
Kids Ten Commandments 1-5 DVD Gift Set
The Ten Commandments: Moses the Law Superbook DVD

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



birds singing

The Perfect 10, Accompaniment CD

At Mount Sinai (sing along)
Sir Oliver's Song CD (listen online)
The Covenant Confirmed (sing along)
The Ten Commandments (sing along)
The Ten Commandments [Buddy Davis Music Download]
The Ten Commandments [Wonder Kids Music Download]
Two Stone Tablets (sing along)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

Approaching God at Mount Sinai (online)
Kids Ten Commandments: Bookmark (pkg. of 25)
Kids' Travel Guide to the Ten Commandments
KJV Ten Commandments, Laminated Wall Chart
LIFEPAC: The Story of Moses
Moses' Face Glows story idea (online)
Ten Commandments Poster (18 inch x 24 inch)
The Story of Moses for Kids (online)
The Ten Commandments Activities (online)
Trueway Kids: The Ten Commandments (online)

801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources


striped bar


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under "Subscribe... " at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2021 - Children's Chapel
North Central Ohio, U.S.A.

Pictures Courtesy of Richard Gunther and Sweet Publishing at FreeBibleimages.org

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated November 23, 2021

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources