The Children\'s Chapel

Gebed Wat Son en Maan Laat Stilstaan —
Boelies! Wyk!
(Deel 7)

Deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas

Amazingly the sun and moon both obeyed and stood still in the middle of the heavens for nearly a whole day

Text Version | English

'n Bybelstorie oor Josua



(Vervolg van Deel 6)

Gibbs used to run with a gang of bullies Gibbs het altyd saam met 'n bende boelies gespeel wat heeltyd ander kinders op skool geterg, hul toebroodjies geneem, hulle verkleineer, aan hul hare getrek, met hulle gespot het, ensovoorts. Dit was sy vriende wat kinders geboelie het. Hy was maats met hulle net sodat hy nie self geboelie sou word nie.

Dit het alles eendag verander toe die bende ‘n seun met die naam Josh probeer boelie het. Josh was anders as Gibbs se boelie-vriende. Hy het 'n sekere soort vrede oor hom gehad, 'n vreesloosheid, en hy het nie toegelaat dat ander hom intimideer nie. Hy was altyd vriendelik en goedhartig. Dit was nie ongewoon dat hy opgestaan het vir kinders wat geboelie word nie. In die geheim het Gibbs vir Josh bewonder.

Eendag, toe een van die boelies Josh se skooltas probeer gryp, het Josh Gibbs in die oë gekyk en sê: “Gibbs, jy hoort nie regtig by hierdie ouens nie en jy hoef nie by hulle te bly nie.”

Gibbs was GESKOK en eers wou hy nie hê dat sy boelie-vriende moes weet hoe diep Josh se woorde sy hart getref het nie, en dus het hy stilgebly. Toe die skool uitgekom het, het Gibbs egter na Josh gegaan en vir hom gesê: “Josh, ek is jammer dat ek nie eers probeer het om te keer dat die boelies jou pla nie. Jy is heeltemal reg. Ek hoort nie by die boelies nie. Ek sal baie eerder met jou vriende wil wees, as jy my as 'n vriend wil hê.”

“Graag,” het Josh gesê terwyl hy van oor tot oor geglimlag het toe hulle hande skud. “Daardie boelies gaan baie vies wees vir jou en hulle sal nou omdraai en jou nou probeer boelie! Maar van nou af, is ons vriende. Kom ons help mekaar, reg?”

“Reg so!” het Gibbs geantwoord toe hulle mekaar 'n high-five gee.

Toe het Josh verduidelik: “Weet jy, daar was nog altyd boelies, selfs in die tyd van die Bybel. Kom ek vertel vir jou die volgende Bybelverhaal oor boelies.”

Footprints walking from left to right across the screen

The leaders of the tribes in Canaan were dismayed the people of Gibeon were now allies of the Israelites “WAT?” Adoni-Sedek, die vyandige Amoritiese koning van Jerusalem het na sy asem gesnak en stokstil gaan staan. Hy was tot in sy diepste wese geskok en het amper 'n hartaanval gekry toe hy hoor dat die mense uit die Hewitiese stede Gibeon, Kefira, Beërot en Kirjat-Jearim 'n verbond gesluit het met Josua en die Israeliete.

Toe hy uiteindelik sy asem terugkry, het sy woedende gesig bloedrooi geword en het hy gesis: “Hoe durf die leuenagtige, sameswerende rugstekers 'n ooreenkoms met die Israeliete gesluit het in plaas van met ons? Weet hulle nie dat as ons almal saamgestaan het, sou ons die Israeliete maklik kon verslaan het?”

Hy het omgedraai en onmiddellik sy boodskappers geroep: “Maak gou en gaan so vinnig as moontlik na ons Amoritiese bondgenote — selfsugtige koning Hoham van Hebron, leuenagtige koning Piram van Jarmut, hoogmoedige koning Jafia van Lakis en na…. Wat is sy naam nou weer? O ja! Hoe kan ek tog vergeet! Bang koning Debir van Eglon.”

Hy het 'n bietjie stywer aan sy septer vasgeklou en voortgegaan: “Sê vir hulle dat hulle dadelik na my toe moet kom! Ons moet die koninklike stad Gibeon vernietig, want hulle het vrede gemaak met Josua en die Israeliete.”

Die ander vier konings van die Amoriete was net so ontsteld oor die nuus van Adoni-Sedek, ontsteld genoeg om wraak te neem teen die mense van Gibeon. Daarom het hulle al hul gewapende magte versamel en as een leër teen Gibeon opgetrek om teen hulle oorlog te voer. Die vyf konings met hul generaals het in die koninklike tent van Adoni-Sedek vergader om 'n strategie vir aanval uit te werk. Hulle het dit vir die volgende dag beplan.

Terwyl hul leiers bespreek het hoe om Gibeon aan te val, het die Amoritiese soldate op hul bevele gewag. Hulle het aan hul padkos gesmul en gespog oor wie die grootste swaard het, wie die pyl die verste en reguitste kon skiet en wie die meeste mense in Gibeon sou doodmaak. Min het hulle geweet dat hul planne en grootpratery heeltemal nutteloos sou wees!

The men of Gibeon sent messengers to Joshua at
his camp in Gilgal Intussen, het die wagte van die stad Gibeon, wat nou die dienaars van die Israeliete was, opgemerk dat die Amoritiese leërs teen hulle opgetrek het. Hulle het hulle koning gewaarsku en hy het haastig boodskappers na Josua, die leier van die Israeliete, gestuur het en gesê: “Die Amoriete het uit die gebergte gekom om ons te verdelg. Moenie vergeet nie, ons het u dienaars geword en ons veiligheid is u verantwoordelikheid! U moet gou kom en ons red van die dood.”

Josua wou NIE dieselfde fout as voorheen begaan deur die Here nie te raadpleeg nie en daarom het hy homself onmiddellik voor die Here verneder en Hom gevra wat hy moes doen.

Die Here het geantwoord:

line with someone peeking over the top

“MOENIE die Amoriete VREES nie,
want Ek het hulle in julle hande oorgegee.
Niemand sal julle kan verslaan nie.”



Joshua and his entire army set out for Gibeon Hierdie woorde van die Here het Josua so bemoedig dat hy onmiddellik sy dapper krygers en al die dapper helde opgeroep het om vir oorlog voor te berei. Onder die beskutting van die donker, het die Israelitiese soldate gedurende die nag vinnig van hul laer in Gilgal na die stad Gibeon opgetrek en die Amoriete bekruip terwyl hulle geslaap het.

Joshua and his men surprised their enemies with an unexpected attack Met dagbreek, het Joshua en sy manskappe hul vyande verras met 'n onverwagte aanval. Die Here het paniek onder die Amoriete ingestuur! Hulle het nooit verwag dat Joshua regtig die stad Gibeon sou kom help nie en het so geskarrel om weg te kom dat hulle gesukkel het om aan te trek en hulle nie die wapenrusting behoorlik kon vasmaak nie. Mantels het los gehang terwyl hulle verwoed na hul wapens gesoek het.

Hulle het verward rondgehardloop en na alles gegryp wat hulle kon vind om hulself te verdedig. Maar dit was hopeloos — die Israelitiese soldate het 'n groot aantal van hulle in Gibeon verslaan.

The Lord
sent a terrible hailstorm Hulle wat weggekom het, het heuwel-af gevlug na Bet-Goron, maar op pad het die Here MASSIEWE stormwolke bokant hulle versamel. Hy het sy oordeel oor die Amoriete verkondig met oorverdowende, dreunende DONDERSLAE, terwyl skroeiende warm weerligstrale die lug geskeur het en die aarde elke nou en dan met wraak getref het.

Boonop, het groot HAELSTENE uit die lug begin val en op die grond ontplof! Die Amoriete het in die modder gegly. Hulle kon nie skuiling teen die storm vind nie en die geweldige haelkorrels het een vyandige soldaat na ‘n ander doodgeslaan, selfs meer wat die Israeliete met die swaard doodgemaak het.



line with someone peeking over the top

Die Here was egter nog nie klaar om sy ontsagwekkende krag te toon nie.



Die Israeliete het besef dat hulle meer tyd nodig gehad het om die stryd teen die Amoritiese soldate te wen voordat hulle weer na hulle stede kon terugkeer en daarom het Josua met die Here gepraat oor hierdie probleem, en die Here het presies vir hom gesê wat hy moet doen. Wat daarna gebeur het, was so verstommend dat mense tot vandag nog steeds kopkrap van verwondering daaroor.

Voor die oë van die Israeliete, het Josua met 'n klipharde stem gesê:


line with someone peeking over the top

“Son, staan stil by Gibeon
en bly maan op jou plek
in die dal van Ajalon!”



Amazingly the sun and moon both obeyed and stood still in the middle of the heavens for nearly a whole day Verbasend genoeg het die son en die maan albei gehoorsaam en byna 'n hele dag lank in die middel van die hemel bly staan. Trouens, dit het gelyk asof hulle glad nie haastig was om te sak nie. Dit het groot vrees onder die Amoriete veroorsaak want hulle kon nie verstaan waarom dit lyk asof hulle son- en maangode magteloos was om hulle te help nie. Dit het eerder gelyk of hulle nietige gode toegelaat het dat die Israeliete tyd gehad het om die meeste van hul soldate af te sny sodat hulle nie hul stede kon bereik nie.

Aan die ander kant, het die Israeliete het presies geweet waarom. Dit was omdat die son en die maan glad nie regtig gode was nie! En omdat die Here — die enigste lewende God wat hemel en aarde, son, maan en sterre geskep het — geluister het na die vurige, opregte gebed van sy gehoorsame, nederige dienskneg, Josua.

Die Israelitiese leër was so versterk deur die Here gedurende die ekstra lang dag, dat dit gelyk het of daar geen keer aan hulle was nie. Hulle het aanhou veg en was kort op die hakke van die vyf bose konings wat op die vlug was en hul tuisstede wou bereik. Toe hierdie konings besef dat hulle by nie EEN stad sou kon uitkom voordat die Israelitiese soldate hulle sou inhaal nie, het hulle haastig gaan wegkruip in 'n grot naby die stad Makkeda.

Joshua sent back word to trap the kings in the cave by blocking the entrance with big stones and setting up guards to keep watch while the rest of them continued pursuing enemy soldiers Die konings se vinnige verandering van plan het nie gewerk nie, want die waaksame Israelitiese soldate het hulle gewaar en hulle het ‘n boodskapper met die berig aan Josua gestuur. Josua het terug laat weet dat hulle die konings in die grot moes vastrek deur die ingang van die grot met groot klippe toe te maak en wagte daar te plaas terwyl die res van die manne aanhou om die vyandelike soldate te agtervolg.

Josua se manskappe het presies gedoen wat hy gesê het en hulle het die meeste Amorietsoldate oorrompel voordat hulle die veronderstelde veiligheid van hul stede kon bereik. Die Bybel sê net 'n paar het dit gemaak tot in die stede, wat alles behalwe plekke van veiligheid was, want toe die agtervolgende Israeliete daar aankom, het hulle al die stede met vuur verbrand en alles daarin vernietig.

Toe al die stede verwoes is (net voordat Josua en sy manne na hul kamp in Gilgal teruggekeer het), het hulle na die grot van Makkeda gegaan en die vyf konings laat uitkom. Toe beveel hy sy kapteins om hulle voete op die konings se nekke te sit en hulle 'n voetbank onder hulle voete te maak. Toe het hy gesê:


line with someone peeking over the top

“Moet nooit bang of moedeloos wees nie.
Wees sterk en vol moed,
want die Here sal dieselfde doen
aan al die vyande teen wie julle oorlog voer.”



Daarna het hy die konings met sy swaard doodgemaak en hulle liggame aan vyf bome opgehang tot die aand toe. Toe die son sak, het hulle op Josua se bevel dit afgehaal, in die grot waar hulle weggekruip het teruggegooi en die ingang van die grot met groot klippe toegemaak.

WEG was die koning van vyandigheid! WEG was die koning van hoogmoedigheid! WEG was die koning van leuens! WEG was die koning van selfsug! WEG was die koning van vrees!

Na daardie baie l-a-a-a-ng, bonatuurlike dag, het Joshua en sy manne teruggekeer na hul laer by Gilgal. Hulle het hul belofte aan die mense van Gibeon gestand gedoen en hulle van die dood gered. In daardie een oorlog het hulle die leërs van die vyf Amoritiese konings en al die stede, saam met hulle konings, van Kades-Barnea af tot by Gasa, en van Gosen tot by Gibeon verslaan. Dit was 'n wonderbaarlike oorwinning, want die Here God van Israel het vir sy volk gestry. Dit was nog meer wonderbaarlik dat nie eers een Israeliet tydens hierdie geveg sy lewe verloor het nie.

Vir die volgende sewe jaar het Josua en sy manskappe nog baie meer magtige oorloë gevoer en die land ingeneem soos Moses beveel het, en 31 konings verower. Toe het hulle gerus van die oorlog en Josua het die land onder die stamme van Israel verdeel. En so het die Here die belofte wat Hy aan hulle voorvaders Abraham, Isak en Jakob gemaak het, vervul om hulle nageslag as die ewige erfenis, die land Kanaän, die beloofde land, te gee.

Footprints walking from left to right across the screen

“Dankie vir die storie, Josh. Nou weet ek dat jy my verseker sal kom help as ek jou nodig het,” het Gibbs gesê. Hy wou graag meer weet en vra toe ‘n dieper vraag: “Josh, waarom is jy so anders as ander kinders? Jy lyk so rustig, asof niks jou pla nie.”

Josh het gelimlag en gesê: “Dit is omdat ek my lewe aan Jesus Christus oorgegee het en ek vertrou Hom om my te help in elke situasie in die lewe. Hy is baie sterker as al die boelies saam. Dit is nie altyd maklik nie, want as jy jou lewe aan Jesus gee, sal die duiwel kwaad wees en hy sal ander mense, soos boelies, gebruik om jou te na te kom. Maar wees bly, my vriend. Die Here sal jou nooit in die steek laat of verlaat nie. Hy wil hê dat jy dapper moet wees en vir niemand en niks moet bang wees nie. Hy wil hê dat ons moet leer om op sy Woord te vertrou dat Hy ons sal help wanneer ons ernstig tot Hom bid, net soos Josua in die verhaal gedoen het.”

Gibbs se ou boelie-vriende het hom daarna probeer boelie, maar sy geloof in die Here het hom sterk gemaak en buitendien het die Godgestuurde Josh hom vinnig kom help. Toe die boelies besef dat Josh en Gibbs mekaar help en as een teen hulle opstaan, het hulle hul bose dade laat staan en opgehou om hulle te boelie.

Gibbs het ook by die Jeugkerk aangesluit waarheen Josh gaan en dit het hom die geleentheid gegee om baie nuwe, goedhartige vriende te ontmoet. Daar het hulle geleer dat ons stryd nie teen mense is nie, maar teen bose gedagtes, woorde en dade. Hulle het ook geleer om hierdie stryd nie met vuiste of messe of gewere of kanonne of atoombomme te stry nie. Die jeugpastoor het hulle geleer om hierdie oorlog te laat plaasvind op die slagveld van gebed, met elke gedeelte van die wapenrusting wat God ons gee aan. Hulle het geleer dat die sleutel is om in hulle verhouding met God te groei en in die kennis van die Woord toe te neem. Hulle het verstaan dat om in oorwinning te leef, moet hulle leer om op die Heilige Gees te vertrou.

Footprints walking from left to right across the screen



ONTHOU!

Wanneer jy jou lewe aan Christus gee en jy ondervind probleme, wees dapper en bly getrou. Vra die Here om jou te help en Hy sal vir jou stry en jou meer as 'n oorwinnaar in Christus Jesus maak.



DINK!

1. Hoeveel konings met hulle leërs het teen die stad Gibeon kom veg?
2. Waarom het hulle gekom om oorlog te voer teen die stad Gibeon?
3. Het die Israeliete hul belofte aan die mense van die stad Gibeon nagekom?
4. Wat het die Here gestuur wat meer vyandelike soldate doodgemaak het as wat die Israeliete met 'n swaard kon doodmaak?
5. Wat het Josua gedoen toe hulle meer tyd nodig gehad het om hulle vyande te verslaan?
6. Hoe lank het die son en die maan in die hemel stilgestaan?



'N VERS OM TE ONTHOU

“Niemand sal ooit voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie” (Josua 1:5).



'N ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER

“In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin” (Johannes 16:33b).

of

“En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen” (Romeine 16:20).


PRAKTIESE TOEPASSING

Hoe dink jy teister boelies deesdae ander kinders? Is dit met hul onbeskofte optrede, met gemene woorde wat hulle van aangesig tot aangesig sê, of is dit eerder deur toepassings wat hulle op hul fone gebruik of deur sosiale media plasings op die Internet? Is jy al ooit op een of ander manier geboelie of is jy eerlik genoeg om te erken dat jy iemand anders geboelie het?

[Na bespreking:] Onthou, dit is NIE 'n skande om geboelie te word nie; maar dit is ‘n skande om ander te boelie.

Nou, wat het die mense uit Gibeon gedoen toe die vyf konings hulle wou boelie en aanval? Ja, hulle het boodskappe aan Josua en die Israeliete gestuur om hulle te kom help omdat hulle 'n verbondsbelofte met hulle gemaak het om hulle te beskerm. As jy Jesus as jou Here en Verlosser aangeneem het, is jy in 'n verbond met Hom. So, wanneer jy ook al geboelie word, vra God om jou te help om die beste manier te vind om die situasie te hanteer en praat daaroor met 'n behulpsame volwassene, dapper vriend of mede-Christene.

Is daar iemand wat gebed nodig het omdat jy geboelie word? Of is jy jammer dat jy iemand anders geboelie het en daarvoor vergifnis nodig het? Of voel jy dalk skuldig omdat jy nie 'n vriend wat geboelie is, gehelp het nie?

[Na bespreking:] Laat ons bid dat God ons sal beskerm, ons dapper sal maak en wysheid sal gee om boelies volgens sy Woord te hanteer. Laat ons Hom vra om ons te vergewe waar ons dalk 'n boelie was, en ons te help om eerder 'n vriend te word van kinders wat geboelie word en om hulle soveel as moontlik te help.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

You can pray! (click)

****************************************************
Hemelse Vader,
dankie vir u belofte dat U ons nooit sal begewe of verlaat nie.
Help ons asseblief om tot U te bid
wanneer ons probleme in die lewe het, soos om geboelie te word.
Vergewe ons waar ons teen ander gesondig het
en help ons om diegene wat teen ons gesondig het, te vergewe.
Help ons om ander lief te hê soos ons onsself liefhet.
Dankie dat U ons U kan vertrou om te kom,
by ons te staan en ons help om te oorwin.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Josua 10:1-43; 11:23; 12:24


Footprints walking from left to right across the screen


crayons

Joshua Tells the Sun and Moon to Stand Still Coloring Page (online)
Colour the Bible Book 1: Genesis - 2 Chronicles
God Stops the Sun Coloring Sheet (online)
Joshua and the Day the Sun and the Moon Stood Still Coloring Page (online)
Joshua Bible Hero

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Bible Verse Coloring Pages #2
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle (online)
Crossword Puzzle (online)
Fill-in-the-Blanks (online)
Word Search (online)
Bible Story Puzzle 'n Learn (reproducible)
Drama Skit (online)
Scissors Activity (online)

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



crafts

God Makes the Sun Stand Still Craft (online)
Hailstones Craft (online)
Joshua Bible Crafts
The Sun And Moon Stood Still Craft (online)

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God
Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids & Digital Album Download [PDF Download]
Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids



singing birds

Be Strong and Courageous (Deuteronomy 31:6) [Music Download]
Choose For Yourself (Joshua 24:15) [Music Download]
God's Got An Army & Great and Mighty Army [Donut Man] (watch & sing along)
Here Is My Life, Lord (watch & sing along)
I'm In the Lord's Army (watch & sing along)
I Want to Live for Jesus (online)
Joshua Is a Quick Book [What's in the Bible Song Download]
Joshua 24:15 [Music Download]
Let God Arise & What a Mighty God We Serve [Donut Man] (watch & sing along)
The Family Prayer Song (watch & sing along)

Memory Verse Student Music CD 10 Pack
(Year 2; Units 6-10; Contemporary)
(Answers in Genesis)

Obedience (watch & sing along)
Praise the Name of Jesus [Donut Man] (watch & sing along)

Song Time Tunes CD (Grades PreK-1; Year 2;
Units 6-10; Contemporary)
(Answers in Genesis)

Speak the Truth (listen online)
Two Said Go [Donut Man Song Download]
Victory Chant [Donut Man Song Download]
We Serve the Mighty God [Donut Man Song Download]
We Will Serve The Lord Joshua 24:17 [Sparrow Kids Song Download]
What a Mighty God [Donut Man Song Download]
When Mr. Satan Knocks at My Heart's Door (listen online)
You Can't Stop God from Loving You (listen online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



child reading a book

Abeka Joshua and Judges Curriculum/Daily Plans
Bible Discovery: Early History of Israel (Exodus-Joshua), Student Workbook
Bible Quest: Early History of Israel (Exodus-Joshua), Student Workbook
Heroes of the Bible Devotional
Joshua Homeschool Flash-a-Card Bible Story
Joshua, Little Bible Heroes (Board Book)
Kingstone Bible Vol. 1 (includes The Ten Commandments)
My Big Book of Bible Heroes Devotional
Read-Aloud Bible Stories, Volume 4
Superheroes of the Bible: Action and Adventure Stories about Real-Life Heroes
VeggieTales SuperComics: LarryBoy and the Reckless Ruckus - eBook
VeggieTales SuperComics: The League of Incredible Vegetables - eBook
Joshua 1
Walls, Brawls, and the Great Rebellion - eBook (Manga Bible Series)

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and Videos

GM Bible Animation, Joshua's Story: Joshua’s Prayer (watch online)
God's People: Joshua (watch online)

Heroes of the Bible: Shadrach, Meshach, & Abednego,
Joshua, and the Good Samaritan, VeggieTales DVD


Inspired By The Bible Experience: Joshua - Unabridged Audiobook [Download]
Joshua and the Sun (watch online)
KJV Dramatized Audio Bible: Joshua [Download]
Sun Stand Still (watch online)
Ten Commandments DVD
The Bible Comes Alive, Your Story Hour Volume 2, Audiobook on CD
The Bible Experience: The Book of Joshua (watch online)
The Bible Explained: Joshua (Spoken Gospel) (watch online)
The Holy Bible: Joshua the Conqueror (watch online)
The Sun Stands Still (watch online)
The Ten Commandments: Moses and the Law Superbook DVD
VeggieTales: The Story of Joshua (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



Resources for Parents and Teachers

Abeka Joshua and Judges Curriculum/Daily Plans
Apologetics Press: “The Sun Stood Still” — Really?
Be Strong: Joshua by Warren Wiersbe
Bible Stories Activity PDF & Digital Album Download [Digital Download]
Character by God's Design: Vol. 2 - Trust, Honesty, Obedience
Child Evangelism Fellowship - Joshua lessons & activities
Gibeonites Timeline (online)
God and the Sun Lesson & Activities (online)
Joshua (Jewish Virtual Library)
Joshua & Judges Youth 1 (Grades 7-9) Focus (Student Handout)
Joshua: And the Land of Promise by F.B. Meyer
Joshua Fights for Gibeon (online)
Joshua LifeChange Bible Study
Joshua's Long Day: Did it really happen—and how? (online)
KJV Dramatized Audio Bible: The Book of Joshua
Object Lesson
Overview: Joshua by BibleProject
Praising the Lord: Grade 5 Character Foundation Series - Joshua
Stories of Grace Volume 4 Children's Curriculum: Behind the Scenes Characters
Survivor Bible Style: 12 Instant Bible Lessons for Kids Bible Lessons for Kids

10-Minute Life Lessons for Kids:
52 Fun and Simple Activities to Teach Your Child Honesty, Trust, Love


The Book of Joshua: Lesson 2 - Victorious Conquest (1:1 - 12:24)
The Sun and Moon Stood Still (online)
Who Is Joshua?
Who Were the Gibeonites? (online)
Mighty Men of God: Joshua (Kids' Sermon)

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources



Footprints walking from left to right across the screen

BIBLE STORY ARCHIVE
http://childrenschapel.org/bibstory2.html


Add/update a Bible story resource


The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe... ” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2021 www.childrenschapel.org
North Central Ohio, U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.

Pictures Courtesy of Sweet Publishing at freebibleimages.org

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated August 12, 2021

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources