The Children\'s Chapel


Johannes Markus
Deur Brian Carlisle

Barnabas wanted to take John Mark with them but Paul disagreed

Text Version | English | Italian

José het onder die boom gesit en sy baadjie se kraag 'n bietjie hoër opgetrek, sodat niemand kon sien wie hy was nie. Hy wou nie gesien word nie. Hy was 'n nul, 'n mislukking. José het gevoel of hy nie 'n enkele vriend in die hele wye wêreld oorgehad het nie. En alles net oor een foutjie verlede week.

boy sitting under a tree

José was die begin voorspeler vir sy buurt se sokkerspan, die Arende, en die beste sokkerspeler wat sy dorp nog ooit opgelewer het. Gedurende die afgelope seisoen, was José heel voor aan sy span met die meeste doelskote en ook die keer van skote, en deur sy talent en vermoë, het hy sy span tot by die finale toernooi gelei. Die wenspan van hierdie toernooi, sou deurgaan na die streeks — en staatstoernooie. Hierdie prestasie was nog nooit tevore bereik deur 'n span van sy tuisdorp nie. Al wat sy span moes doen, was om 2 uit 3 wedstryde te wen teen hulle teenstanders, die Krygers, en hulle sou deurdring na die streekstoernooi.

In die eerte wedstryd teen die Krygers, het José 4 doele self aangeteken en 5 doelskote van sy teenstanders gekeer. Hierdie uitsonderlike vertoon van talent het vir hom die bynaam “Die Domineerder” en die liefde van almal in sy dorp verdien. Vandag het José egter weggekruip. Hy het weggekruip vir sy spanlede en almal wat hom geken het. Die rede was sy slegte spel in die laaste oomblikke van die tweede wedstryd van die toernooi.

Met die telling gelykop en met minder as 'n minuut om te speel, het José die bal met die veld af gespeel en hy het gereedgemaak om die bal te skop, toe die ander span se doelwagter geval het. Met niemand tussen hom en die doelhok nie, het José 'n oop en reguit skoot gehad — die maklikste skop waarvoor enigeen sou kon hoop. José het 'n jippie van vreugde gegee en toe die bal na die doelhok geskop. Maar in plaas van binne-in die doelhok in te gaan en die wedstryd te wen, het die bal die reëling getref en reguit teruggebons na hom toe.

“Nee!” het José geskree. Toe, sonder om te dink, in 'n oomblik van woede, het José omgedraai en die bal met al sy krag geskop. Die skare het na hulle asems gesnak toe die bal terug oor die veld gevlieg het reguit na 'n teenstander toe, wat geen tyd verspil het nie om voordeel te trek uit almal se skok en die wendoel vir die Krygers aan te teken. Toe die eindfluitjie blaas om die wedstryd te eindig, het José gevoel of sy lewe geëindig het.

kicking a soccer ball “Mislukking!” het sy spanmaats vir hom geskree.

“Waarom sluit jy nie maar by die ander span aan nie?” het die ondersteuners geskree.

“Hoeveel het hulle jou betaal om jou span te verraai?” het iemand anders van die kantlyn af geskree.

In skaamte, het José weggehardloop van die wedstryd af en het die laaste week opgesluit in sy huis gebly. Hy wou niemand sien en met niemand praat nie. José het selfs 'n oproep van William, sy spankaptein en beste vriend, geweier. Sy span sou beter af gewees sonder dat hy die wedstryd opgemors het.

“Doel!” Toe die aankondiger skree, het José se gedagtes teruggekom na sy huidige omgewing, die Finale Westryd van die Toernooi. “Krygers 4, Arende 1.”

Terwyl José gekyk het hoe sy span sukkel teen hulle teenstanders, wou hy so graag op die veld hardloop en hulle gaan help, maar hy kon nie. José was skaam. Hy het sy span teleurgestel en as gevolg van hom, moes hulle hierdie finale wedstryd speel. Maar alle aanduidings was dat hulle op pad was om hierdie wedstryd ook te verloor. Weereens het José homself geblameer. Dit was sy fout dat sy span verlede week verloor het en dat hulle nou weer besig was om te verloor.

Terwyl José gekyk het hoe die wedstryd weer begin het, het 'n storie wat sy ma vir hom vertel het, terwyl hy in sy huis hy weggekruip het, na sy gedagtes begin terugkom. Die storie het gegaan oor 'n jongman in die Bybel met die naam van Johannes Markus.

soccer ball line divider

“Baie min is geskryf oor Johannes Markus,” het José se moeder begin, “maar wat ons wel weet, vertel vir ons 'n baie interessante storie.”

Barnabas took John Mark with him In Handeling 15, verse 35-39, het Paulus, die apostel van Jesus Christus en Barnabas pas klaar gepreek in die stad Antiochië, waar hulle baie mense na die Here gelei het. Nadat hulle hul werk gade geslaan het, het Paulus aan Barnabas voorgestel dat hulle weer op reis moes gaan en al die stede waar hulle gemeentes begin het, besoek om te sien hoe dit met al die broeders gegaan het. Paulus het verwys na sy eerste sendingreis, waar hy en Barnabas die Evangelie van Jesus na baie lande toe geneem het.

“Die Bybel sê dat Barnabas ingestem het tot die idee van nog 'n sendingreis. Beide mans het daarvan gehou om die evangelie te verkondig en Barnabas was gretig om te gaan. Barnabas, het egter gesê dat hy 'n jongman genaamd Johannes, wie se van Markus was, of soos hy bekend gestaan het as Johannes Markus, saam met hulle wou neem. Paulus was baie opgewonde oor die reis, maar hy het glad nie gehou van die idee om Johannes Markus saam te neem nie en het beswaar gemaak.”

small soccer balls divider

Hierdie laaste deel van die storie het José deurmekaar gemaak. “Ek dog Paulus was 'n baie vriendelike man. Waarom wou hy nie hê dat Johannes Markus saam met hulle gaan nie?”

“Omdat Johannes Markus op hulle eerste sendingreis saam met hulle gegaan het, maar om een of ander rede, het Johannes Markus besluit om huistoe te gaan en het Paulus en Barnabas sommer net so laat staan,” het sy moeder verduidelik.

“So?” het José sy skouers opgetrek. “Almal maak foute.”

“Dit is so,” het sy moeder geantwoord. “Maar onthou, sendingwerk is nie net moeilik nie, maar ook gevaarlik. Paulus het gevoel dat Johannes Markus vir hulle net nog meer moeilikheid op die reis sou veroorsaak en daarom het Paulus geweier dat Johannes Markus saamgaan.”

“Wat het Barnabas gesê?” het José gevra.

Paul took Silas with him “Die Bybel sê dat Barnabas vasbeslote was om Johannes Markus saam met hulle te neem,” het sy moeder geantwoord. “Die Bybel gaan voort en sê dat die twis of argument so groot was, dat Paulus en Barnabas uitmekaar gegaan en verskillende roetes geneem het. Barnabas het Johannes Markus met hom saamgeneem en Paulus het Silas saamgeneem.”

“Wat het met Johannes Markus gebeur?” het José gevra.

“Ons weet nie regtig nie. Die Bybel volg vir Paulus en Silas en nie vir Barnabas en Johannes Markus nie,” het sy ma verduidelik. “Maar ons weet dat in later jare, het Paulus aan Timótheüs, 'n jong bedienaar, geskryf en gevra om Johannes Markus te gaan haal en hom na Paulus te neem.”

“Het Paulus om verskoning gevra?” het José van verligting geglimlag.

“Ek is seker hy het,” het José se ma geglimlag. “Paulus sê dat Johannes Markus van uitstekende diens kon wees vir sy bediening, of met ander woorde, Paulus het bedoel, ‘Bring Johannes Markus. Hy het bewys dat hy 'n goeie werker is en ek het sy bystand en hulp nodig.’”

small soccer balls divider

José het vir 'n oomblik stil gesit voor hy gepraat het. “So, wat het dit met my te doen?”

“José.” Sy moeder het haar arms rondom hom geslaan en liefdevol in sy oë gekyk. “Ons almal maak foute. Soms stel ons onsself of ons spanmaats teleur en soms stel ons selfs vir God teleur… maar God vergewe altyd en ons moet ook.

“José, jy het jou span teleurgestel verlede week, maar jy is nie 'n mislukking nie. Jy is 'n mens. Dit is nie nodig dat jy vir jouself, jou vriende, of vir God probeer wegkruip nie. Gaan weer terug en gebruik die talent en vermoë wat God vir jou gegee het om eer aan Sy naam te bring. As Johannes Markus moed verloor het toe Paulus, die groot apostel gedink het hy was 'n mislukking, wie weet wat sou met hom gebeur het. Maar het het nie moed verloor nie, selfs nie toe die een wat hy die meeste bewonder het, geen geloof in hom gehad het nie. En uiteindelik, het Johannes Markus bewys dat hy waardevol vir die bediening was en selfs Paulus het sy hulp ontbied.”

José het afgekyk na die grond en 'n paar groen grassies uit die grond gepluk. “Wat Ma vir my vertel het, is goed. Ek wens net dat ek myself kan vergewe. Maar ek reken dit is nou te laat vir my.”


soccer ball line divider

“Doel!” het die aankondiger geskree toe die skare gejuig het vir die Krygers.

“O, nee!” het José gekreun. “Daar is geen manier waarop my span nou kan wen nie, nie met die wedstryd al halfpad verby en die telling 5 teen 1 nie.”

“Tyd!” het die Skeidsregter geskree.

“Tyd is geroep deur William, spankaptein van die Arende!” het die aankondiger oor die luidsprekers gesê.

boy sitting under a tree José het opgekyk en sy hart het opgehou klop. Sy spankaptein en beste vriend, William, het reguit na hom toe aangestap gekom. José wou weghardloop, maar hy was vasgevries van vrees.

“Wat maak jy?” het William geskree. “Ons het jou hier nodig!”

“Ek het…” het José gehakkel.

“Jy het ons verlaat toe ons jou die nodigste gehad het!” het William woedend gesê. “Jy is ons beste speler! Ons kan nie wen sonder jou daar op die veld by ons nie!”

“Reg!” het José gevoel hoe sy woede begin kook. “Soos julle my nodig gehad het verlede week toe ek die wedstryd verloor het vir ons span deur daardie maklike doelskoot in die laaste sekonde te mis! Toe het ek as gevolg van my humeur, die Krygers gehelp om ons te wen!&”

“So, jy het 'n doelskoot gemis! So, jy het ons teleurgestel!” William het afgekyk en onmiddellik het die waarheid tot hom deurgedring. José het nie gespeel nie as gevolg van die manier waarop hy behandel is.

Terwyl almal van beide spanne en al die ondersteuners toegekyk het, het William sy hand uitgesteek na sy vriend. “Ek is jammer. Sal jy my vergewe?”

“Wat?” José was geskok oor William se woorde. “Wat bedoel jy?”

“José, jy is my vriend en my spanmaat. Jy het 'n fout gemaak verlede week, maar dit maak jou nie 'n vrot speler of my vyand nie.” William het die hitte van die trane op sy wange gevoel. “Ek weet die wedstryd is te ver heen vir ons span om te wen, maar sal jy kom saamspeel… as my vriend?”

Vir 'n paar kort oomblikke, het die wêreld stilgestaan toe José na William en sy trane gekyk het. José was stomgeslaan.

“Wel?” William het sy hand 'n bietjie verder uitgesteek.

“Kom ons doen dit!” het José geglimlag.

Toe die twee seuns sy aan sy op die veld gehardloop het, het José se spanmaats nader gehardloop om hom te groet te midde van die gekoggel van die teenstanders en die gemengde emosies van die Arende se ondersteuners.

Die tweede helfte van die sokkerwedstryd was asemrowend soos die Arende 'n spanpoging bymekaargesit het en die telling nader aan mekaar gebring het tot Krygers 6, Arende 5, met minder as twee minute om te speel. Toe, met 'n vinnige beweging veld-af, het William tot almal se vreugde die gelykmakerdoel geskop. Dit het die wedstryd na ekstra tyd geneem, omdat beide spanne gelyk was met 6 doele elk, en gespeel het vir die titel van afdeling se kampioene, en 'n kans om te vorder na die streeks-en staatstoernooie.

Die ekstra tyd was uitputtend vir beide spelers en ondersteuners, soos beide spanne desperaat geveg het om 'n doel aan te teken en hulle hul teenstanders probeer verhoed het om 'n doel aan te teken. Met baie min tyd oor in die oortyd periode, was die telling steeds Krygers 6, Arende 6. Toe het dit gebeur….

'n Gedeflekteerde bal het naby José beland. Die skare het die sekondes op die klok begin aftel. “Tien… Nege….”

José het die bal gesien kom en vinnig na die doelhok gekyk.

“Agt… Sewe…”

Twee Krygers plus die doelwagter was tussen José en die doelhok.

“Ses… Vyf…”

José het gemaak of hy skop en die bal na sy regterkant getik, maar die bal het 'n bietjies te ver gegaan!

“Ag!” het José gekreun toe hy gegly en tot sy verste gestrek het.

“;Vier… Drie…”

“Nie vir my nie! Nie vir my span nie! Maar vir U Heerlikheid!” het José geskree terwyl ongemaklik ver gestrek het en die bal met sy laaste bietjie oorblywende krag geskop het.

“;Twee… Een…”

kicking a soccer ball José kon nie sien of die bal by die doelhok ingegaan het of nie, want hy het te ver gestrek en het op die grond geval. Maar José het nie nodig gehad om die bal te sien nie. Terwyl hy op sy rug gelê het en in die hemel opgekyk het, het hy die ondersteuners van albei spanne wild gehoor skreeu van vreugde.

“Doel!” het die aankondiger geskree bo die gedruis van die ondersteuners. “Arende wen in oortyd teen die Krygers, 7 doele teen 6!”

So onthou, soos José en Johannes Markus altwee geleer het, selfs al maak jy 'n paar baie groot foute, is God gewillig om jou terug te neem in sy arms en jou weer lief te hê.


soccer ball line divider

DINK!

1. Waaroor het Paulus en Barnabas gestry?
2. Vir wie het Paulus op sy volgende reis geneem?
3. Vir wie het Barnabas op sy volgende reis geneem?
4. Hoe weet ons Paulus het om verskoning gevra?
5. Waarom het Paulus Timótheüs gekontak?



ONTHOU!

Al maak jy 'n paar groot foute, is God gewillig om jou terug te neem in sy arms en jou weer lief te hê.



'N VERS OM TE LEER

“Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne-in die paradys van God is” (Openbaring 2:7b).



PRAKTIESE TOEPASSING

Het iemand jou al ooit teleurgestel, miskien 'n vriend, of 'n broer of suster of selfs 'n ouer? God wil hê jy moet hulle vergewe, maar hoekom moet jy hulle wat jou teleurgestel of in die steek gelaat het nog 'n kans gee? Dink aan Johannes Markus. Waarom het Paulus van plan verander oor Johannes Markus?

Het jy al ooit God of mense vir wie jy omgee teleurgestel of in die steek gelaat? Het jy om vergifnis gevra en, waar moontlik, op 'n manier probeer opmaak daarvoor?

[Na bespreking:] Soms maak goeie mense foute. Hulle kan jou teleurstel en in die steek laat, maar jy moet bereid wees om hulle te vergewe en hulle nog 'n kans te gee. Wanneer slegte mense jou seermaak, moet jy hulle vergewe. Hulle kan jou dalk dreig om jou seerder te maak as jy iemand daarvan vertel, maar moenie na hulle luister nie. Dit is die beste om 'n grootmens daarvan te vertel en daardie mense te vermy as hulle nie hulle optrede verander nie.

As jy 'n fout gemaak het en God of iemand anders teleurgestel het, vra om vergifnis met 'n opregte hart. Vra God daarna om jou te help dink aan maniere waarop jy vir jou fout kan vergoed, indien moontlik. Dan sal jy bewys dat jy 'n getroue vriend is wat nog 'n kans waardig is en op hierdie manier sal jou lewe eer aan God bring.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Liewe Hemelse Vader, baie dankie dat U ons
so baie liefhet en omgee oor elke deel van ons lewens.
Dankie dat U ons vergewe wanneer ons foute maak.
Help ons om vriendelik en goedhartig te wees en om te onthou om
ander te vergewe. In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Handelinge 15:35-41; 2 Timótheüs 4:11


soccer ball line divider


activities

Jigsaw Puzzle (online)
Bible Verse Cut and Scramble Page 1 (online)
Bible Verse Cut and Scramble Page 2 (online)
John Mark Word Search (online)
John Mark Crossword Puzzle (online)
John Mark Maze (online)
Game: To Forgive or Not to Forgive (online)

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles



Something to color

John Mark Coloring Page (online)
Memory Verse Coloring Page (online)

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books



crafts

Make a Bookmark (online)
Paul And Barnabas Disagreement Art and Craft (online)

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids (online)



child reading a book

I Can Be Your Friend
Journeys of Adventure: The Story of Paul
LifePac Bible Grade 5: Missionary Journeys of Paul
Keep On Keeping On: Helping Kids to Never Give Up!
Paul: The Odd Apostle
The Earliest Missionaries (online)

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



Songs

I Am a Promise—VeggieTales
I Am a Promise—Gaither (online)
VeggieTales: I Can Be Your Friend (online)
VeggieTales: We Are the Grapes of Wrath (online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



CDs and Videos

Adventures in Odyssey: Saint Paul: Set Apart by God
Adventures of the Apostle Paul (online)
God Made You Special DVD
God Wants Me To Forgive?
Kids' Bible Lesson on Anger (online)
Superbook: Paul and Barnabas (online)
VeggieTales: God Wants Me to Forgive Them (online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



Resources for Parents and Teachers

Acts 15 - KJV - Audio Bible - King James Version Dramatized 1611 (online)
A-Mazing Friends Game (online)
Bustin' Out Balloon Game for Scripture Memory (online)
Dispute Over John Mark (online)
Eyewitness Bible Series: Acts Episode 6 John Mark (online)
Grow Together Now, Volume 2: Humility, Kindness, Cooperation
I Know You Class Activity (online)
John Mark: Always Playing Second Fiddle (online)
Paul and Barnabas Have a Fight (online)

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)



soccer ball line divider


BIBLE STORY ARCHIVE
http://childrenschapel.org/bibstory2.html


Copyright © 2022 by Brian Carlisle.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under "Subscribe..." at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2022 - www.childrenschapel.org

Photo pictures Courtesy of Free Bible Images

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated August 16, 2022

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources