The children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Belofte Maak Skuld
Die Storie van Jefta

deur Sophia Prinsloo
saam met Barbara Wilmerton Haas

Text Version | English | Italian

Jephthah led his army to battle against the Ammonites

Het jy al ooit 'n onnodige, onverskillige belofte gemaak waaroor jy spyt was na die tyd, maar jy moes dit nakom?

Onthou altyd: God eer ons wanneer ons ons beloftes nakom.

flowersflowersflowers

['n Kwaai, harde geskreeu:] “JEFTA! JEFTA!”

Jephthah stared into the angry faces of his brothers Jefta het rustig in sy kamer gelê en rus toe die harde, onvriendelike geskreeu van bekende stemme buitekant sy deur hom laat wakker skrik het uit sy diep slaap. Met een sprong het hy met sy voete op die koue, grondvloer geland en vinnig sy swaard gegryp terwyl die onwelkome geskree voortgeduur het.

“Jefta, kom dadelik uit! Ons moet met jou praat!”

Toe hy die deur oopmaak, het Jefta in die woedende gesigte van sy broers vasgekyk. Eintlik was hulle Jefta se stiefbroers.

Jephthah flees from his brothers “Jefta,” het hulle gedreig, “Jy dink omdat jy die oudste seun van ons vader, Gílead is, sal jy sy besittings erf. Wel, ons het nuus vir jou. Jy sal NIE! En ons sal daarvan SEKER maak! Jy is 'n ongehude kind omdat jou ma nie getroud is met ons pa nie. Jy het geen reg op ons erfdeel nie! Ons gee jou 'n kans om te vlug, of jou einde het nou aangebreek!”

Sy broers was meer in getal as hy en Jefta wou nie met hulle baklei nie, en daarom het hy versigtig die deur agter hom toegesluit, 'n paar van sy goed in 'n sak gepak en weggevlug van sy broers af na die land Tob.

Vasbeslote dat die sondes van sy vader nie sy lewe sou verwoes of veroorsaak dat hy homself bejammer nie, het Jefta al sy kragte gebruik om 'n dapper held te word wat vaardig met 'n swaard was. 'n Bende leeglêers het opgelet hoe goed hy met 'n swaard was en het besluit om by hom aan te sluit. Hy het hulle leier geword en hulle op strooptogte tot anderkant die grense van Israel gelei.

flowersflowersflowers

Vir 18 jaar van Jefta se lewe, het Israel hulleself in ellende bevind, maar dit was hulle eie skuld omdat hulle verkeerd gedoen het in die oë van die Here. Hulle het die Heilige van Israel verlaat en hulle eie pad gevolg deur afgode te dien wat 'n gruwel was in die oë van God.

Die Here het so kwaad geword vir Israel dat Hy hulle nie meer beskerm het teen die heidense nasies, soos die Filistyne en die Ammoniete nie. In hierdie tyd, het die Ammoniete deur die Jordaanrivier getrek om teen die kinders van Israel te kom oorlog voer by Mispa in Gílead. Die Israeliete was baie benoud en verskriklik bang toe hulle hoor die vyandige leërs was op pad om teen hulle te veg.

Bewend — die ene hoendervleis — het hulle hulleself voor die Here verneder, met hulle aangesigte op die grond geval en trane van bittere berou gestort, “O Here, ons het teen U gesondig deur ander gode te dien. Ons smeek U om ons te vergewe. Wees ons asseblief genadig en red ons!”

Maar die Here wou niks daarvan hoor nie. “Waarom kom pla julle My en vra julle vir hulp? Gaan vra daardie afgode vir wie julle so lief is! Julle wil nie My ALLEEN dien soos Ek julle beveel het nie, so waarom moet Ek julle help? Ek het julle voorheen telke male gehelp en steeds verkies julle om daardie dooie en nuttelose afgode te dien.”

Uit desperaatheid, het die kinders van Israel geroep, “Here, U kan ons op enige manier straf net soos U wil, maar red ons asseblief hierdie keer!”

Toe het die hele Hebreeuse nasie ontslae geraak van al die afgode in hulle midde en het slegs die Here gedien. Toe Hy hulle toewyding sien, het die Here genade aan hulle bewys. Hy het jammer gevoel vir hulle weens hulle ellende, en Hy het harte begin opwek om 'n plan in werking te stel om Israel van die Ammoniete te red.

Toe het die oudstes van Israel bymekaargekom. “Wie sal ons leërmagte lei teen die Ammoniete?” het hulle vir mekaar gevra. “Wie ook al die vrywilliger is, moet ons leier wees.”

Hulle het eers hierdie kant toe en toe daardie kant toe geredekawel totdat een wyse ou man gesê het, "Laat ons daardie magtige kryger, Jefta, gaan vra. Hy is baie knap met 'n swaard en hy weet presies hoe om oorlog te voer. Laat hy ons leier wees.”

Almal het saamgestem en toe is 'n geselskap oudstes gestuur na die land Tob om Jefta te gaan haal.

flowersflowersflowers

“Jefta, Jefta! Asseblief, kom help ons veg teen die Ammoniete!” het hulle hom gesmeek.

“Waarom kon julle nou na my toe?” het Jefta gevra. “Julle haat my! Julle het my uit my vader se huis verdryf. Waarom vra julle my om hulp wanneer julle in die moeilikheid is?”

“Luister asseblief. Ons het regtig 'n magtige kryger soos jy nodig om ons te lei in die oorlog teen die Ammoniete. Ons belowe, met 'n plegtige eed voor die Here, as jy ons leërowerste teen hulle sal wees, dan sal ons jou ook leier van al die mense van Gílead maak.”

Deurdat hy geloof gehad het dat die Here in hierdie saak was, het Jefta geluister en saam met hulle na Mispa gegaan. Daar in Mispa, is alles wat aan Jefta belowe is, weer herhaal voor die Here en die hele volk. So het Jefta hulle leërowerste en leier van Gílead geword.

flowersflowersflowers

Voor hulle oorlog toe gegaan het, was Jefta se eerste strategie om te probeer om met die Koning van Ammon te onderhandel. Hy het boodskappers na hom gestuur om te probeer uitvind waarom die Ammoniete beplan het om die Israeliete wat in die land Gílead gewoon het, aan te val.

Die Koning van Ammon het geantwoord dat Israel hierdie land gesteel het en dat hy dit sonder slag wou terughê.

Jephthah and his army Jefta het presies geweet hoe Israel die land gekry het en hy het ook geweet die Koning se woorde was nie waar nie. Daarom het hy boodskappers teruggestuur na die Koning van Ammon met drie redes waarom Gílead Israel se eiendom was:

“;Eerstens, Koning van Ammon, Gílead was in elke geval nooit die Koning van Ammon se grondgebied nie, omdat Israel dit van die AmmoRite geneem het en nie die AmoNiete nie.

“Tweedens, Koning van Ammon, dit was die Here ons God wat die land Gílead aan ons gegee het.

“Derdens, Koning Ammon, vir 300 jaar sedert dit Israel se grondgebied geword het, het niemand ons eienaarskap van Gílead betwis nie.”

Hy het bygevoeg, “Ek het nie teen u gesondig nie, Koning van Ammon, maar u doen verkeerd teenoor my om teen my te kom veg. Binnekort, sal die Here God, die een ware en regverdige Regter, kom en vir ons wys wie reg is ‐ Israel of Ammon.”

Maar die Koning van Ammon het hom glad nie gesteur aan Jefta se boodskappe nie. In plaas daarvan, het hy sy troepe vir oorlog gereed gemaak.

In daardie tyd, het die Gees van die Here oor Jefta gekom en hy het sy leër oor die grondgebiede van Gílead en Manasse en verby Mispa in Gílead gelei om die leër van die Ammoniete te bereik. Jefta het geweet hoe sterk die magtige Ammonitiese leër was en hy wou regtig baie graag die Here se hulp hê. Toe, net voor hy die Ammoniete aangeval het, het hy een onverskillige belofte aan die Here gemaak:

“Here, as U Israel oorwinning sal gee oor die Ammoniete, dan, wanneer ons in vrede by die huis kom, sal die eerste ding wat by die deur van my huis uitkom om my te kom groet, aan U behoort. Of, as niks my kom groet nie, sal ek 'n brandoffer aan U bring!”

Leërowerste Jefta en sy manskappe het teen die Ammoniete opgemars, en die Here het hulle gelei tot 'n groot oorwinning oor hulle vyande, en hulle boon-op nog gehelp om twintig stede, wat oor die hele land versprei was, te oorwin. En dit is die storie van hoe die Israeliete Ammon totaal verneder het.

The daughter of Jephthah comes out the door to meet her father

Toe Jefta triomfantlik teruggekeer het na sy huis in Mispa, het niemand anders nie as sy eie dogter — sy was sy enigste kind — uitgekom om hom te kom groet, al dansende van blydskap terwyl sy die tamboeryn gespeel het om hom te verwelkom.

Toe hy haar sien, het hy sy klere geskeur van ontsteltenis en bitterlik gehuil, “O my dogter! Jy het vir my groot smart gebring. Ek is verpletter, want ek het 'n eed gesweer voor die Here en ek kan dit nie terugtrek nie!” Jefta het geweet wat dit beteken het. Sy enigste dogter moes weggestuur word en volkome toegewy word aan die diens van die Here in die tabernakel. Nooit sou sy kon trou of kinders hê nie, wat beteken het dat Jefta nooit kleinkinders of enige afstammelinge sou hê nie, iets wat baie belangrik was in Israel se kultuur.

Maar Jefta se dogter was net so eerlik en opreg soos hy en het vir hom gesê, “Pa, Pa moet doen wat Pa ook al die Here belowe het, want Hy het vir Pa 'n groot oorwinning oor Pa se vyande gegee. Maar eers, doen my 'n guns. Laat my na die berge gaan saam met my vriendinne vir twee maande lank om te ween en te treur, want ek sal nooit trou nie en nooit 'n kind kan hê nie.”

Toe het hy haar versoek toegestaan en haar na die berge gestuur saam met haar vriendinne. Na twee maande het sy dapper teruggekeer huistoe. Jefta het getrou sy belofte aan die Here nagekom, haar aan die Here alleen toegewy volgens sy eed en sy het nooit getrou nie. En so het dit gewoonte geword in Israel dat die jong vroue van Israel jaarliks vier dae opsy gesit het om die toewyding van die dogter van Jefta die Gileadiet te onthou.

In die Hebreërs Boek van die Bybel, word Jefta genoem as 'n groot held van geloof.

“Waarom?” vra jy.

Dit is omdat hy sy eie aardse toekoms opgeoffer het om sy eed aan die Here na te kom, en deur sy belofte na te kom, het hy sy ewige toekoms in die hemel verseker deur geloof.

Dierbare jongmens, jy kan ook 'n groot held van geloof wees. Wees dapper, wees eerlik, wees getrou aan jou woord en behou jou geloof, want God het jou lief, Hy het 'n groot plan vir jou lewe en Hy wil hê jy moet die ewigheid saam met Hom in die hemel deurbring!

flowersflowersflowers

ONTHOU:

Wees altyd getrou aan jou woord.

DINK!

1. Waarom het Jefta se broers hom weggejaag?
2. Het Jefta toegelaat dat sy omstandighede sy lewe verwoes?
3. Dink jy Jefta het sy broers vergewe voor hy leier van Gílead geword het?
4. Was Jefta 'n man van sy woord?
5. Dink jy Jefta het sy dogter vertrou om terug te kom na hom toe na twee maande in die berge?
6. Wat sê dit van sy dogter?
7. Het jy al ooit 'n onverskillige belofte gemaak? Het jy dit nagekom?


'N VERS OM TE LEER

“HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon
op u heilige berg?…al het hy gesweer tot sy
skade, hy verander nie” (Psalm 15:1,4).


'N ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER

“Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy
belowe en nie betaal nie” (Prediker 5:5).

“Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie
by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook
geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en
julle nee nee, sodat julle nie onder 'n oordeel
val nie” (Jakobus 5:12)


PRAKTIESE TOEPASSING

Kan jy aan iets dink wat jy regtig baie graag wil hê? Is dit 'n speelding of
'n toestelletjie wat jy wil hê jou ouers moet vir jou koop? Sal jy so ver gaan om
hulle enigiets te belowe as hulle dit net vir jou sal koop?

Wil jy so graag vriende met iemand wees dat jy enigiets sal doen net om hulle te behaag?
Laat ons stop en vir 'n oomblik daaroor nadink. Watter soort dwase beloftes kan jou skade doen?

[Na bespreking:] God wil nie hê dat ons beloftes moet maak wat ons nie kan nakom of nie beplan
om na te kom nie, en Hy wil nie hê ons moet iets sê wat ons na die tyd moet terugtrek nie.
God wil hê dat ons soos Hy moet wees en eerlik wees oor dit wat ons sê en doen.

Laat ons 'n oomblik neem en God om vergifnis vra. Laat ons Hom vra om ons te herinner om volgende
keer wanneer ons versoek word om die verkeerde ding te sê en te doen, te stop en onsself te vra:
“Wat sou Jesus doen?”



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, vergewe my waar ek gelieg het en
teruggegaan het op my woord. Weerhou my daarvan
om dwase en onverskillige beloftes te maak.
Help my om eerlik te wees met U en met ander.
Hou my getrou aan my woord en aan U.
Gee my die krag elke uur om eerlik te wees.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************

KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Rigters 10:6–11:40; Hebreërs 11:32



crayons

Brothers of Jephthah chase him away — coloring page (online)
Jephthah's Daughter coloring page (online)
God receives and uses those who trust un Him (scroll down to lesson 1 online)
Old Testament Hidden Picture Puzzles Coloring Book (reproducible)
My Bible Stories Coloring Book 2 (with stickers)

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Favorite Bible Stories Coloring Book (reproducible)
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books



activities

Jigsaw Puzzle (online)
A Promise Is a Promise Crossword Puzzle (online)
All Is in Order Jephthah Worksheet (online)
Be Careful What You Say Game (online)
Jephthah's Daughter Activities (See Lesson 5 online)
Kids of Integrity: Self-Control Activities (online)
Object Lesson (online)

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles Sticker Books



birds singing

God Keeps His Promises (online)
Keep Me True, Lord Jesus (online)
O Be Careful Little Tongue What You Say (online)
Standing on the Promises (online)

100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
Illustrated Songs
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
Sunday School Song Medley (online)
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music



CDs and Videos

Adventures in Odyssey® Life Lessons Series #7: Honesty
Adventures in Odyssey® 389: OT Action News: Jephthah's Vow [Download]
Bibleman: An Adventure in Self-Control (online)
Bibleman DVD: Spoiling the Schemes of Luxor Spawndroth
Jephthah's daughter: Old Testament Bible for children (online dramatized audio story)
Paws & Tales: Doing What's Right #13 DVD
Story of Jephthah (watch online)
Walls, Brawls, and the Great Rebellion - Manga Bible eBook

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs



child reading a book

Choosing Self-Control
Fracturing the Falsehoods of the Fibbler
An Adventure in Truthfulness - eBook

God, I Need to Talk to You about Lying

365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
The Comic Book Bible
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
Children's Books
Spanish Children's Books
The Picture Bible (also in Spanish)



crafts

Cross of Promises (online)
God's Promises Craft (online)

Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts
Puppet Crafts For Kids (online)

The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible



Resources for Parents and Teachers

Character by God's Design: Volume 2 (Trust, Honesty, Obedience)
Digital Wait Training curriculum ages 14-18: Jephthah Obeys God
Father Jephthah Bible Story Teaching Skit (online)
Jephthah: An Historical Backdrop (online)
Jephthah Delivers Israel - Primary Lesson (online)
Jephthah Introduced - Beginner Lesson (online)
Lesson on Jephthah (See p.5-1 online)
Lessons from Jephthah's Vow (online)
Think Before You Speak Lesson (online)

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)

flowersflowersflowers
The Childrens Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2024 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.

Permission is granted to reproduce this page
for ministry purposes only. Not for resale.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated Febuary 13, 2024

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources