The children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids



'n Gelukkige Reünie
deur Linda Sue Pochodzay Edwards

Esau forgave his brother for all the hurt he had caused

Text Version | English | Italian


           Zach en Zeke was baie opgewonde en het uitgesien na die familie reünie. Hulle het die laaste tas in die kattebak van die kar gelaai en op die agterste sitplek geklim en noukeuring hulle sitplekgordels vasgemaak.

packed car

           By die reünie, was daar tantes, ooms, nefies en niggies wat hulle in jare nie gesien het nie en ook sekere familielede wat hulle nog nooit ontmoet het nie. Terwyl hulle gesels het oor die reünie en wie hulle moontlik daar sou sien, het hulle onthou van 'n onaangename insident.

           “Ek hoop Mitch kom nie,” het Zach gesê.

           “Ja!” het Zeke heelhartig saamgestem. “Hy is die een wat almal so ver gekry het om ons die Z-Z's te noem.”

           “Ja, ek onthou,“ het Zach geantwoord. “En as dit nie erg genoeg was nie, het hy ons die snoozies genoem en voor die naweek verby was, het hy ons Zip en Zit genoem. Ek hoop regtig, regtig hy kom nie!”

           Toe die seuns uiteindelik by die reünie aankom en uit die kar klim, was hulle teleurstelling egter groot toe die eerste persoon, wat hulle kom groet, niemand anders as hulle neef Mitch was nie.

           “Ag, hy is hier!” het Zeke vir Zach gefluister met 'n frons op sy gesig.

           Toe hy hulle kwaai gesigte sien, het Mitch berou gekry. “Hi, ouens,” het hy sag gesê. “Ek hoop julle sal my vergewe dat ek julle allerhande name gegee het die laaste keer toe ons saam was. Ek het nie verstaan hoe seer dit kan maak nie, maar nou verstaan ek.”

           Mitch het verder verduidelik hoe sleg hy gevoel het toe sommige van sy vriende begin het om hom allerhande name te gee, soos Mitch die Itch en Mitch die Snitch.

           Zach en Zeke het vir 'n oomblik gelag, maar toe sien hulle die pyn op Mitch se gesig. “Ons is jammer ons het gelag,” het hulle om verskoning gevra. “Kom ons vergewe mekaar en gaan speel met die bal!”



flower line


Jacob and his family were traveling on their way to Canaan            Toe Jakob en sy familie op reis was na Kanaän, het hy 'n paar engele van die Here teëgekom. As jy kan onthou van die eerste keer toe Jakob die engele gesien het, weet jy dat hy baie bang was. Hy het selfs gedink hy het doodgegaan en hemel toe gegaan. Hierdie keer het hy egter die engele herken en was glad nie bang nie. Hy het bloot 'n naam vir die plek gegee waar hulle ontmoet het en sy reis verder voortgesit.

Jacob called a few of his servants to his side Toe hy naby Kanaän kom, het hy 'n paar van sy dienaars nader geroep. “Jeb, Aram. Gaan voor ons uit na Kanaän en sê vir my broer Esau dat ek op pad is. Sê vir hom ek het by my Oom Laban gewerk vir die laaste twintig jaar en ek het baie kuddes, troppe en dienaars. Sê vir hom ek kom in vrede,” het Jakob opdrag gegee. “Kom dan terug en sê vir my of hy bly is dat ek kom, of is hy kwaad.”

Die dienaars het vooruit gehardloop net soos hulle beveel is en dit was nie lank nie of hulle het teruggekeer na Jakob met 'n verslag. “Esau is op pad om jou te kom ontmoet!” het hulle uitgeroep. “Hy het 400 manne saam met hom.”

Jacob instructed his servants to divide all the flocks herds and camels into two
groups            Toe hy daardie woorde hoor, het dit Jakob baie bang gemaak. Die dienaars het nie gesê of Esau in vrede gekom het en of Esau hom steeds gehaat het en daardie 400 manne gebring het om oorlog teen hom te voer en hom dood te maak nie. Jakob het besluit dit was in sy beste belang om vir die ergste gereed te maak.

           Hy het sy dienaars bevel gegee om al die troppe, kuddes en kamele in twee groepe te verdeel. Een groep sou voor Jakob en sy familie uit gaan en die ander groep sou hulle volg. Hy het gedink dat as Esau kwaad was en gekom het om oorlog te maak, sou die eerste groep doodgemaak word, maar hy en sy familie en die tweede groep sou gewaarsku word en genoeg tyd hê, sodat hulle kon omdraai en ontsnap.


flower line

Jacob found himself a place to pray            Nadat hulle al die diere in twee groepe verdeel het, het Jakob vir hom 'n plek gekry om te bid.

           “O, God van my grootvader Abraham en van my vader Isak, U het my beveel om terug te keer na Kanaän. U het belowe dat alles goed sal gaan. Bewaar my asseblief teen Esau. Ek is bang dat hy my hele familie sal doodmaak. U het gesê U sou goed aan my doen en my familie seën. Hou asseblief u belofte.”

           Nadat Jakob gebid en God gesmeek het om sy familie en homself te beskerm, het hy besluit om op daardie plek te kampeer vir die nag. Hy het baie rusteloos geword en het gesukkel om te slaap. Terwyl hy om en om gedraai het, het hy besluit dit mag dalk 'n goeie idee wees om 'n geskenk vir Esau te stuur. Hy het gedink dat 'n mooi groot geskenk dalk vir Esau bly sou maak en hom sal laat vergeet van al die verskriklike dinge wat Jakob aan Esau gedoen het in die verlede.

Jacob got up and
gathered 220 goats 220 sheep 60 camels 50 cattle and 30 donkeys            Omdat hy in elk geval nie kon slaap nie, het hy opgestaan en 220 bokke, 220 skape, 60 kamele, 50 beeste en 30 donkies bymekaargemaak. Hy het 'n dienaar in beheer van elke groep aangestel en hulle voor hom uit gestuur, terwyl hy 'n groot gaping tussen elke groep gemaak het. Hy het elke dienaar beveel dat wanneer hy Esau tegemoet sou kom, moet hy die diere as 'n geskenk aanbied en vir hom sê dat daar nog aan die kom was en dat sy broer Jakob agterna volg. Die dienaars het Jakob se bevele gehoorsaam.

           Nadat hy die diere verdeel het, kon hy steeds nie slaap nie. Hy het weer opgestaan en sy vrouens en kinders wakker gemaak. Hy het hulle oor die Jabbokrivier gestuur, terwyl hy alleen agtergebly het.

A man came out of nowhere
and started wrestling with him            Net toe Jakob besluit het dat hy alles gedoen het wat hy kon en dat hy uiteindelik 'n bietjie rus sou kry, het 'n man van nêrens af gekom en met hom begin stoei. Hulle het die hele nag lank geworstel!

           Net toe die son in die verte oor die heuwels gekom het, het die man Jakob op sy heupbeen geslaan, sodat dit uit lit uit geraak en hom baie pyn veroorsaak het. Die man het vir Jakob gevra om hom te laat gaan, maar Jakob wou nie.

           Jakob het na die man gedraai en gesê, “;Ek gee nie so maklik moed op nie! Ek sal jou nie laat gaan nie, tensy jy my seën!” Hy het aangehou stoei, selfs al was hy erg beseer.

           Die man het gevra, “Wat is jou naam?”

           Jakob het natuurlik geantwoord: “My naam is Jakob.”

           Die man het gesê, “O nee. Jy sal nie meer Jakob, wat bedrieër beteken, genoem word nie. Jou nuwe naam sal Israel wees, wat prins beteken. Van nou af, sal jy mag hê by God en by mense.”

           Jakob het gevra, “Wie is jy?”

           Die man het geantwoord, “Jy hoef nie te vra wie ek is nie,” en hy het 'n seën oor Jakob uitgespreek.

           Jakob hoef nie te gevra het wie die man was nie. Hy het reeds geweet dat die man met wie hy gestoei het, nie regtig 'n man was nie; hy was eerder 'n engel van God, of selfs God self. Jakob het die plek Pniël genoem en dit beteken, ek het God van aangesig tot aangesig gesien en tog is my lewe gespaar om daarvan te kan vertel.

           Die son was reeds hoog in die hemelruim toe die engel Jakob verlaat het. Selfs al het Jakob niks geslaap nie, en baie pyn en selfs mank geloop het, het dit nie gelyk of dit saakgemaak nie. Hy het nou baie meer moed gehad, omdat hy geweet het dat God werklik met hom was.


flower line

Jacob looked into the distance and could see Esau coming toward him with his 400
menJacob ran in front
of them to meet Esau bowing seven times as he made his approac

           Jakob het in die verte getuur en kon Esau na hom toe sien aankom met sy 400 manne. Hy het sy kinders in vier groepe verdeel saam met hulle moeders en toe het hy voor hulle uitgegaan om Esau te gaan ontmoet, terwyl hy sewe keer gebuig het toe hy nader gekom het.

Esau was also running to meet Jacob and gave him a big bear hug, and kissed
him            Esau het ook nader gehardloop om Jakob te kom ontmoet en het hom 'n groot beer drukkie gegee en hom gesoen en hulle het albei trane van blydskap gestort om mekaar na soveel lange jare weer te kon sien.

           Esau het oor Jakob se skouer gekyk, die vroue en kinders gesien en gevra, “Wie is hier saam met jou?”

           “Dit is my vrouens en die kinders wat God in sy genade vir my gegee het,” het Jakob geantwoord.

           Eerste het Bilha en Silpa en hulle kinders voor Esau gebuig. Toe het Lea en haar kinders vorentoe gekom en gebuig. Laastens het Ragel en haar seun Josef voor Esau gebuig.

           “Wat beteken al daardie hordes beeste, skape, bokke en ander diere wat ek langs die pad gekry het?” het Esau vir Jakob gevra.

           “Ek het dit alles vooruit gestuur as 'n geskenk vir jou, in die hoop dat jy dit sal aanvaar en nie meer kwaad wees vir my nie,” het Jakob berouvol geantwoord.

           Esau was baie meer goedhartig oor die ontmoeting as wat Jakob verwag het. “Ek het baie diere van my eie,” het hy verduidelik. “Jy kan hulle vir jouself hou. Ek het hulle nie regtig nodig nie.”

           Jakob wou niks daarvan hoor nie. “Nee, nee,” het hy geantwoord. “Die Here het my ryklik geseën en ek wil hê jy moet geseënd wees. Om jou gesig te sien en om te weet dat jy nie kwaad is vir my nie, is al wat vir my saakmaak. Aanvaar asseblief die geskenk wat ek vir jou aanbied.”

Esau went ahead of Jacob to his home in Seir and Jacob agreed
to meet him there as he passed through on his way to his old home            Esau het uiteindelik ingestem om die geskenk te aanvaar en het aangebied om die res van die pad saam met Jakob te gaan. Jakob het sy vriendelike aanbod afgewys, wetend dat Esau sou moes gou maak en vinnig sou beweeg. Hy was bekommerd dat die kinders en die jong diere nie die pas sou kon volhou nie.

           Toe Esau daardie verduideliking hoor, het hy aangebied dat sommige van sy dienaars saam met Jakob gaan en hom help om die diere te versorg. Esau het voor Jakob uit gegaan na sy huis in Seïr en Jakob het ingestem om hom daar te ontmoet as hy daar verbygaan na sy ou huis.

           Beide broers was bly oor die gelukkige reünie. Jakob was veral baie dankbaar dat Esau hom so genadig was en vergewe het vir al die verkeerde dinge wat hy lank gelede aan hom gedoen het.


flower line

DINK!

1. Waarheen was Jakob op pad?
2. Waarom was Jakob bang vir sy broer, Esau?
3. Waarom het Jakob 'n geskenk vir Esau gestuur?
4. Wat het Jakob gedoen nadat hy die diere in groepe verdeel het?
5. Wie het met Jakob gestoei?
6. Wat was Jakob se nuwe naam?
7. Was Esau kwaad of bly om Jakob te sien?



ONTHOU:

God kan ons help om verbrokkelde verhoudings te herstel.



'N VERS OM TE LEER

“Toe sê Hy, Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel: want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin” (Génesis 32:28).



'N ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER

“Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor
mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus
julle vergewe het” (Efésiërs 4:32).

“Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar”
(Jakobus 5:16a).



PRAKTIESE TOEPASSING

Is jy kwaad vir iemand of is daar iemand wat jy weet kwaad is vir jou,
soos miskien jou pa of ma, 'n broer of suster, of miskien 'n vriend?

Op watter maniere kan hierdie gespanne verhouding reggemaak word?
Kom ons praat daaroor en kyk of ons met idee's vorendag kan kom om te help.

[Na bespreking:] Daar is nog iemand met wie ons moet praat.
Laat ons hierdie moeilike situasie in God se Hande plaas, vir sy wysheid vra,
en Hom dan vra om ons die moed te gee om te doen wat ons moet doen,
en Hom vertrou om dit op 'n manier te doen wat Hom verheerlik.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Liewe God, dankie vir U wonderlike gawe
van vergifnis. Help ons om ander net so genadig
te wees en te vergewe soos U vir ons doen.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

           Génesis 32:1 - 33:20



flower line


crayons

Memory Verse coloring page (online)
Esau runs to meet Esau coloring page (online)
Jacob Meets Esau (online)
Jacob and the Angel (online)
Angels Coloring Pages (online)
Angels to Colour (online)
My Bible Stories Coloring Book 2

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books


child reading a book

Growing with God Student Manual (3rd Grade)
Jacob Meets Esau (read online)
Jacob Returns To Canaan (online)
Jacob's Dream : The Story of Jacob's Ladder Arch Book
Jacob Wrestles with God (read online)
Kingstone Bible Volume 1
The Birth of a Nation - Abraham to Joseph (online)

365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
The Comic Book Bible
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
Children's Books
Spanish Children's Books
The Picture Bible (also in Spanish)


activities

Jigsaw Puzzle (online)
Story Cards Jacob Wrestles With An Angel (online)
Story Cards Jacob and Esau Reunite (online)
Jacob Crossword Puzzle (online)
Jacob Worksheet (online)
Jacob Word Search (1) (online)

Discover 4 Yourself, Children's Bible Study Series:
Extreme Adventures with God (Isaac, Esau and Jacob)


Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles Sticker Books


birds singing

Ask God to Forgive (watch online)
Forgiveness (watch online)
Forgive One Another (watch online)
G-Double-O-D, Good! (online)
The Golden Rule (online)

100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
Illustrated Songs
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
Sunday School Song Medley (online)
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music


CDs and Videos

A Friendly Thing Called Forgiveness (watch online)
Angels Watching Over Me (Song and Online Video)
Bible Comes Alive, Volume 1 Your Story Hour, CD

Bible on the Go Vol. 04: The Story of Isaac and Rebecca;
The Story of Jacob (Genesis 24-25, 27-29) - Unabridged Audiobook [Download]


Forgiveness Children (watch online)
Greatest Heroes of the Bible, Volume 3
Jacob and Esau: The Stolen Birthright (SuperBook DVD)
Jacob Meets with Esau (watch online)
Jacob to Israel (watch online)
Let's Forgive (watch online)
The Birth of a Nation - Abraham to Joseph (watch online)
The Story of Jacob and Joseph

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs


crafts

Angel Crafts (1) (online)
Jacob's 12 Sons + Dinah Picture Frame (online)
Jacob's 12 Sons + Dinah Picture (online)

Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts
Puppet Crafts For Kids (online)

The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible


Flower readers

RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

Your Name Shall Be Israel (online)
Genesis 32 (online)
Genesis 33 (online)

Discover 4 Yourself, Children's Bible Study Series:
Extreme Adventures with God (Isaac, Esau and Jacob)


Growing with God Teacher's Manual (3rd Grade)
Jacob Loves Rachel Ideas (online)

Alleged Discrepancies
(Has an interesting paragraph about Jacob 'hating' Leah) (online)

Lesson Ideas For Jacob and Esau (online)
Jacob and Esau by Charles Spurgeon (online)
The Sons of Jacob activities (online)

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)



flower line


graphic bar


The Childrens Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2024 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated Febuary 5, 2024
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources