The children\'s Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids



Die Baba-Kompetisie Is Aan die Gang!
deur Linda Sue Pochodzay Edwards

Rachel was Jacobs favorite but she had no children

Text Version | English | Italian


           Maria was so opgewonde! In net nog 'n paar weke, sou die nuwe baba daar wees. Sy het reeds twee broers en twee susters gehad vir wie sy baie lief was, maar steeds kon sy skaars wag vir die nuwe aankomeling.

baby

           Sy het vol vreugde gesing, terwyl sy haar ma gehelp het om af te stof en die laaste paar dingetjies in die baba se kamer reg te maak. Maria wou hê alles moes perfek wees. Sy het selfs saam met haar ma na die winkel gegaan om 'n speelding vir die baba te koop met haar eie geld. Sy het die speelding op die spieëlkas neergesit, sodat die baba dit kon sien wanneer sy doek omgeruil moet word.

           Alles was klaar en die enigste ding wat oorgebly het om te doen, was om te wag. Die twee weke het vir Maria soos twee jaar gevoel. Uiteindelik is die baba gebore en sy was toegelaat om na die hospitaal te gaan om haar ma en die nuwe kleintjie te sien. Sy was oorstelp van blydskap toe die verpleegster haar vertel, dat sy die baba kon vashou as sy sou gaan sit en baie versigtig wees.

           Maria het die baba saggies gesus en gekyk hoe 'n glimlaggie oor die baba se gesiggie verskyn het. “Ma, hy hou van my,” het sy gelukkig gefluister. Dit het gelyk of dit een van die beste dae van Maria se lewe was.



white hearts line

After Jacob was tricked into marrying Leah Laban consented to allow Jacob to
marry Rachel also            Nadat Jakob bedrieg is om met Lea te trou, het Laban ingestem dat Jakob ook met Ragel kon trou. Dit was nooit God se plan vir 'n man om meer as een vrou te hê nie, maar al hierdie dinge het gebeur lank voor God vir Moses die gebooie gegee het en beveel het dat dit sondig was. Om meer as een vrou te hê, was baie algemeen in die land waar Jakob gebly het en hoewel dit nie God se plan vir sy volk was nie, het God hulle nie daarvoor gestraf nie.

           Jakob, Lea, Lea se diensmeisie Silpa, en Ragel en haar diensmeisie Bilha het almal saamgewoon as een groot familie, hoewel dit nie 'n baie gelukkige een was nie. Daar was baie woede en twis. Jakob het Ragel baie liefgehad en Lea het dit geweet en het jaloers op haar suster geword.

Days turned into weeks, and weeks turned into months, and Leah had her first
baby            Dae het weke geword en weke het maande geword en Lea het haar eerste baba gehad. Hy was so 'n dierbare, klein seuntjie. Lea het hom Ruben genoem. "Nou sal Jakob my sekerlik liefhê, omdat ek vir hom so 'n wonderlike seuntjie gegee het,” het Lea gedink, maar dit het nie heeltemal so gewerk nie. Jakob was bly oor sy seuntjie, maar hy steeds vir Ragel meer liefgehad as vir Lea.

           'n Tweede seun was vir Lea gebore. “God het gesien dat my man my nie liefhet nie, daarom het hy vir my nog 'n seuntjie gegee," het sy gesê. Lea het haar tweede seun Simeon genoem.

baby

           Amper 'n jaar het verbygegaan en nie veel het verander in die huishouding nie. Jakob het steeds vir Ragel liewer gehad en Lea was steeds hartseer en jaloers, maar sy het haar baba's gehad om voor te sorg en haar besig te hou. Sy het 'n derde babaseuntjie gehad. Sy het hom Levi genoem en gesê, “Hierdie keer sal my man my sekerlik liefhê, omdat ek vir hom drie seuns gegee het.” Maar arme Lea . . . Jakob het steeds vir Ragel liewer gehad as vir haar.

           Tyd het verby gegaan en Lea het 'n vierde kind gehad. Sy het hierdie seun Juda, wat lofprysing beteken, genoem. Toe hierdie kind gebore is, het Lea besluit dat dit haar niks gehelp het om hartseer en jaloers te wees nie. “Dinge is soos dit is,” het sy gedink. “Jakob mag dalk steeds vir Ragel liewer hê as vir my, maar ek is die een wat geseën is met vier pragtige seuntjies. Ek gaan die Here loof en prys.”



white hearts line


           Ons mag dink dat Ragel die gelukkigste vrou op die aarde was, omdat haar man haar so baie liefgehad het, maar dit is nie hoe dit was nie. Toe Ragel sien dat haar suster vier lewenslustige babaseuns gehad het, het, sy jaloers op Lea en kwaad vir Jakob geword.

baby

           “Daar is niks wat ek daaraan kan doen nie,” het Jakob verdedigend gesê. “Ek kan nie help dat Lea kan kinders hê en jy nie. Kan jy nie net gelukkig wees omdat ek jou liefhet nie?”

           Ragel, met geen kinders om voor te sorg nie, het baie tyd gehad. Sy het die meeste van die tyd deurgebring om haar te verknies omdat sy nie baba's gehad het nie, maar sy het ook tyd gehad om met 'n plan vorendag te kom. Ragel het hierdie kans gebruik om haar plan aan Jakob bekend te maak. "Neem my diensmeisie, Bilha, vir jou as vrou. As sy kinders kry, sal ek vir hulle sorg en hulle sal soos my eie wees." Jakob was gewillig om omtrent enigiets te doen om Ragel te behaag, omdat hy haar so baie liefgehad het en ook omdat hy al die woede en jaloesie oor kinders wou laat ophou en daarom het hy ingestem tot Ragel se plan.

           Ragel was verheug toe Bilha 'n seun gehad het. Sy het gesê dat God uiteindelik haar gebede verhoor het. Sy het die baba Dan genoem. Toe het Bilha nog 'n babaseun gehad. Ragel was net so oorstelp van blydskap oor hierdie tweede baba as oor die eerste. Sy het hom Náftali genoem en het verklaar dat sy haar stryd met haar suster gaan wen, asof dit een of ander kompetisie was. Sy het beide Dan en Náftali behandel asof hulle haar eie kinders was.

courtesy of Becki's Gardencourtesy of Becki's Gardencourtesy of Becki's Garden

           Lea het vier kinders van haar eie gehad en Ragel het twee kinders gehad wat sy haar eie genoem het, maar dit is nie die einde van die baba-kompetisie nie.

courtesy of Becki's Gardencourtesy of Becki's Gardencourtesy of Becki's Garden
baby

           Lea het vir 'n tyd lank nie baba's gehad nie, maar sy was nie van plan om moed te verloor nie. Sy het met Jakob gepraat. “Jy het met Ragel se diensmeisie getrou en dit is nie regverdig nie! Jy moet met my diensmeisie ook trou.” So, in die hoop om vir eens en vir altyd 'n einde te maak aan die twis, het Jakob met Silpa getrou.

           Ja, jy het reg geraai! Silpa het 'n babaseun gekry. Lea het gesê, “Hy is 'n staatmaker en ek is gelukkig” en het hom Gad genoem. Omtrent 'n jaar later, het Silpa nog 'n seun gehad. Lea het gestraal van blydskap, omdat dit die sesde seun was wat sy haar eie kon noem (hoewel ons almal weet dat net vier eintlik hare was). “Al die ander vroue sal my geseënd noem!” het sy uitgeroep en sy het hom Aser, wat gelukkig beteken, genoem.

courtesy of Becki's Gardencourtesy of Becki's Gardencourtesy of Becki's Garden

           So nou was die telling, Lea ses, Ragel twee . . . maar Lea was steeds nog nie so gelukkig as wat sy gedink het sy sou wees nie.

courtesy of Becki's Gardencourtesy of Becki's Gardencourtesy of Becki's Garden

           Lea se oudste seun, Ruben, was in die veld en het plante gekry wat hulle liefdesappels genoem het. Die plant was kamstig 'n towerplant en vroue het geglo dit kan hulle help om baba's te kry. Omdat al die vroue in hierdie huishouding baklei het oor wie die meeste baba's kon kry, was daardie liefdesappels 'n waardevolle produk. Ragel het die liefdesappels gesien het wou dit hê. “Gee vir my daardie liefdesappels wat jou seun gekry het!” het Ragel geëis.

           “Nooit!” het Lea teruggeskree. “Ek gee dit vir niemand nie!”

           “Asseblief??” het Ragel gepleit. “Ek sal met jou 'n transaksie aangaan. As jy vir my die liefdesappels gee, sal ek sou 'n bietjie spesiale tyd saam met Jakob gee.”

           “O, oukei,” het Lea toegegee. “Met al hierdie kinders wat hier rondhardloop, is dit 'n nou al lang tyd sedert ek 'n bietjie rus en vrede gehad het. Spesiale tyd saam met Jakob, sonder die kinders, klink na 'n goeie transaksie.” Toe het Ragel die liefdesappels gekry en Lea het haar rus en vrede saam met Jakob gekry.

baby

           Omtrent 'n jaar later, het Lea nog 'n seun gehad. Sy het gesê, “God het my beloon” en sy het hom Íssaskar genoem. Nog 'n jaar later, het Lea nog 'n baba gehad. “Sekerlik sal my man nou by my woon, omdat ek vir hom ses seuns gegee het!” het Lea uitgeroep. Die naam van hierdie baba was Sébulon. Na Sébulon, het Lea 'n babadogtertjie gehad en haar Dina genoem. (Vir een of ander rede wou hulle almal seuns gehad het en het die meisies nie getel nie.)

courtesy of Becki's Gardencourtesy of Becki's Gardencourtesy of Becki's Garden

           So ver het Lea ses seuns en een dogter gehad; Bilha het twee seuns gehad; en Silpa het twee seuns gehad. So, die telling is nou Lea agt, Ragel twee.

courtesy of Becki's Gardencourtesy of Becki's Gardencourtesy of Becki's Garden

           Hoewel Ragel twee kinders gehad het wat sy as haar eie aangeneem het, was dit steeds nie heeltemal dieselfde as om haar eie baba's te hê nie. “God, asseblief,” het sy gebid. “Gee asseblief vir my 'n seun. Ek is gelukkig met Jakob en ons het alles wat ons nodig het en ek dank U daarvoor, maar ek wil regtig, regtig baie graag kinders van my eie hê. Asseblief, asseblief gee vir my 'n seun.”

God saw Rachels heartache and He heard and answered her prayer and blessed her
with an adorable little baby boy of her own            God het Ragel se hartseer gesien. Hy het haar gebed gehoor en verhoor deur haar te seën met 'n dierbare, klein babaseuntjie van haar eie. “God het my hartseer weggeneem,” het sy gesê. Sy het haar klein babaseuntjie so liefgehad en hom vertroetel. Sy het met sy klein vingertjies en toontjies gespeel en haar verwonder oor die perfekte klein wonderwerkie wat in haar arms gelê het. Sy het hom Josef genoem. Maar selfs toe, was sy steeds nie gelukkig nie. “God sal vir my nog 'n seun gee,” het sy onomwonde gesê.

           Ragel was reg. 'n Paar jaar later, terwyl sy baie pyn en lyding gehad het, het sy nog 'n seun gehad en sy naam was Benjamin. Die hartseer ding was egter dat Ragel kort nadat hy gebore is, gesterf het, so sy het nooit die kans gekry om hom vas te hou of hom groot te maak nie. In plaas daarvan, het Ragel se diensmeisie, Bilha, baie goed vir Benjamin gesorg.

courtesy of Becki's Gardencourtesy of Becki's Gardencourtesy of Becki's Garden

           Die baba kompetisie was uiteindelik verby. Op die ou end was die finale telling: Lea ses, Bilha twee, Silpa twee, en Ragel twee, wat 'n groottotaal van twaalf seuns vir Jakob was. Hy was 'n goeie vader en het vir al sy kinders gesorg, maar Josef en Benjamin was sy gunstelinge, omdat hulle die seuns van sy geliefde vrou, Ragel, was.


white hearts line



DINK!

1. Wat was die naam van die enigste babadogtertjie wat in die storie genoem is?
2. Hoeveel seuns het Jakob altesaam gehad?
3. Is dit 'n goeie ding om meer as een vrou te hê?



cute kids

ONTHOU:

Die twaalf seuns van Jakob was:

Ruben, Simeon, Levi, Juda
Dan, Náftali, Gad, Aser
Íssaskar, Sébulon, Josef, Benjamin

Onthou, wanneer dinge verkeerd loop en die lewe onregverdig lyk, kan ons hulp kry deur met God daaroor te praat.



'N VERS OM TE LEER

“Kyk, seuns is 'n erfdeel van die HERE” (Psalm 127:3).



'N ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER

“Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na
die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is”
(1 Timótheüs 6:12a).

“Ek het die goeie stryd gestry; ek het die
wedloop voleindig; ek het die geloof behou”
(2 Timótheüs 4:7).

“Want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae” (Filippense 2:13).

“Want die Seun van die mens staan gereed om met
sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom,
en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade”
(Matthé¨s 16:27).



PRAKTIESE TOEPASSING

Aan watter tipe kompetisies kan jy dink? Hou jy
daarvan om te kompeteer of nie? Wanneer is
kompetisie goed en wanneer nie? Wat is
sportmanskap?

[Na bespreking:] Om te kompeteer is goed as dit
jou inspireer om jou beste te lewer, of jy nou wen
of nie. Dit is ook goed as jy nie jaloers raak op
ander vir wat hulle het of vir dit wat hulle beter
kan doen as jy nie, maar hulle liewer gelukwens.

Die Bybel sê daar is 'n stryd tussen goeie en
slegte dinge in jou hart. Jy kan daardie stryd wen
deur jou lewe in God se hande te plaas en Jesus te
vra om jou hart van sonde te reinig en om Hom
eerste plek in jou lewe te gee. Hy is die Enigste
Een wat jou kan help om kwaad te oorwin. Hy sal
jou help om en nuwe mens te word en jou die krag
gee om die manier waarop jy dink, praat en optree
te verander. Bly getrou aan Christus en eendag sal
jy beloon word in die hemel. (Sien Matthéüs
16:27.)


LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Liewe God, dankie vir U liefde vir
ons en alle kinders oral. Help ons
om te onthou dat wanneer dinge nie op ons manier
geskied nie en wanneer dinge nie regverdig lyk nie, kan ons
tot U bid en U prys en U sal
ons help. In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIEDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

           Génesis 29:31 - 30:24 & 35:16-18



white hearts line


crayons

Children Are an Heritage (online)
Jacob and Rachel with their baby son Joseph - coloring page (online)
My Bible Stories Coloring Book 2

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Awesome Coloring Book of Bible Comics
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books


child reading a book

Baby Wars (read online)
Jacob Lives In Haran (online)
Larryboy & Emperor Of Envy
Growing with God Student Manual (3rd Grade)
Kingstone Bible Volume 1
Jacob's Dream : The Story of Jacob's Ladder Arch Book
The Birth of a Nation - Abraham to Joseph

365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Early Reader's Bible
Little Pilgrim's Progress
The Comic Book Bible
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible
Children's Books
Spanish Children's Books
The Picture Bible (also in Spanish)


activities

Jigsaw Puzzle (online)
Jacob Word Search (online)
The Sons of Jacob activities (online)
12 Sons of Jacob Word Search (online)

Discover 4 Yourself, Children's Bible Study Series:
Extreme Adventures with God (Isaac, Esau and Jacob)


Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles Sticker Books


birds singing

His Banner Over Me Is Love (online)
I'm So Wonderfully Made (online)
Jesus Loves Even Me (online)
Jesus Loves Me (online)
More and More Like Jesus (online)
This Is My Commandment John 13:34 (online)

100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
Illustrated Songs
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
Sunday School Song Medley (online)
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music


CDs and Videos

Bible Comes Alive, Volume 1 Your Story Hour, CD

Bible on the Go Vol. 04: The Story of Isaac and Rebecca;
The Story of Jacob (Genesis 24-25, 27-29) - Unabridged Audiobook [Download]


Greatest Heroes of the Bible, Volume 3
Jacob and Esau: The Stolen Birthright (SuperBook DVD)
Jacob and Laban (listen online)
Jacob, Leah and Rachel (watch online)
Rachel and Leah (watch online)
The Birth of a Nation - Abraham to Joseph (online)
The Story of Jacob and Joseph

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs


crafts

Jacob's 12 Sons + Dinah Picture Frame (online)
Jacob's 12 Sons + Dinah Picture (online)
Jacob's Family Tree Trunk (online)
Jacob's Family Tree Leaves (online)

Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts
Puppet Crafts For Kids (online)

The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible



babies

RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

Alleged Discrepancies
(Has an interesting paragraph about Jacob 'hating' Leah) (online)

Discover 4 Yourself, Children's Bible Study Series:
Extreme Adventures with God (Isaac, Esau and Jacob)


Genesis 29 (online)
Genesis 30 (online)
Growing with God Teacher's Manual (3rd Grade)
Jacob (online)
Jacob and Esau by Charles Spurgeon (online)
Jacob and Esau Game Idea (online)
Jacob Loves Rachel Ideas (online)

The Sons of Jacob activities (online)

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)



white hearts line

cutecolorsbabylogo


The Childrens Chapel award-winning site featuring Bible stories from a variety of authors excellent Christian resources for children and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2024 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


AFRIKAANSE BYBELSTORIES
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

RAPPORTEER 'N GEBREEKTE SKAKEL

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated January 24, 2024
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources