The Children\'s Chapel

The Good Samaritan title graphic


deur Jennifer Leigh Edwards

Text Version | Afrikaans | Italian

Een sonnige Januarie middag het Johnny, Sam, en Charles huistoe geloop van die skool af. Sam het gedink hoeveel pret hulle sou hê as hulle almal saam in die nabygeleë park met die bal kon gaan speel. In die tussentyd het Johnny vir Charles gevra om vir hom die video-speletjie, wat hy pas vir sy verjaarsdag gekry het, te gee.

boy with bookbag

Charles het gesê, “Nee! Jy kan nie my nuwe geskenk kry nie. Maar as jou ouers nie omgee nie, kan jy oorkom en saam met my speel,” het hy opgeruimd bygevoeg.

Toe het Johnny in 'n kwaai stem gesê, “Ek wil nie saam met jou speel nie. Ek wil dit vir myself hê!”

“Miskien kan jou ma vir jou een gee vir jou verjaarsdag.”

“Maar ek wil dit nóú hê!” het Johnny gesê. Daarmee het hy Charles se boeksak gegryp en met die straat afgehardloop.

boy running away with bookbag Charles het begin huil toe hy kyk hoe Johnny die speletjie uit die boeksak haal. Johnny het toe die boeksak neergegooi en om die hoek gehardloop waar hy vir Charles gewag het om hom in te haal.

Toe Charles om die hoek kom, het Johnny met hom gestoei tot hy op die grond gelê het en gesê, “Dink jy nie dit sal makliker wees om saam te werk nie?” Johnny het toe huistoe geloop asof niks ooit gebeur het nie.

Sam het alles van agter af in afsku dopgehou. Hy het op die reling gesit en gewonder wat om te doen.

In die tussentyd, het een van die ander kinders in die buurt verbygekom. Paul het tot by die hoek geloop en toe 'n ander pad huistoe geneem. Mike het omgeloop en niks gesê nie. Maar Sam het geweet dit was nie reg nie. Hy het na Charles toe geloop, sy boeksak opgetel en hom gehelp om tot by die huis te kom.

boys playing basketball Toe hulle by Charles se huis kom, het Sam hom gevra om saam met hom te gaan bal speel in die park. Hulle het hulself geniet en het 'n wonderlike tyd gehad!

Die volgende dag by die skool het almal vir Sam gevra waarom hy goed gedoen het aan Charles. Sam het geantwoord, “Ek het net gedoen wat ek gedink het reg is. Dit was nie regverdig om hom alleen en beseer daar te los as ek hom kon help nie, self al IS hy nog net 'n paar weke in die buurt en ons almal al vir 'n lang tyd.”

 
marblesmarblesmarblesmarblesmarblesmarblesmarblesmarbles
 

One day a lawyer came to Jesus and asked What should I do to get to heaven Eendag het 'n wetgeleerde na Jesus toe gekom en gevra, “Wat moet ek doen om in die hemel te kom?”

Jesus het geantwoord, “Wat sê die wet?”

“Jy moet die Here liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand; en jou naaste soos jouself,” het die wetgeleerde geantwoord.

“Dit is reg,” het Jesus gesê. “As jy dit alles doen, sal jy in die hemel kom.”

Die wetgeleerde het toe gedink hy kon vir Jesus 'n vraag, wat nie beantwoord kon word nie, vra en het gevra, “Maar wie is my naaste?”

Jesus het hom geantwoord deur vir hom hierdie storie te vertel:

One day a man who was traveling from a far away city suddenly met up with a group of
thievesThey beat him up and left him
lying half dead by the side of the road

Eendag, het 'n man, wat van 'n ver stad af gereis het, skielik 'n klomp rowers teëgekom. Die rowers het alles gevat wat hy gehad het en het hom aangerand en hom half dood langs die pad gelaat.

Terwyl hy daar in pyn en ellende gelê het, het hy voetstappe gehoor. “Aha! Iemand kom!” het hy gedink. “Ek hoop tog dat hy my sal help! … Ek hoop nie dit is een van dieselfde manne wat my aangerand het wat terugkom om uit te vind of ek dood is nie.” Hy het gewag en geluister vir wat vir hom soos ure gevoel het, maar die voetstappe het in die verte verdwyn.

Dit was toe al die tyd 'na priester wat verbygeloop het, maar toe hy die man langs die pad sien lê, het hy besluit om 'n ander pad te vat, want hy was haastig en wou nie opgehou word nie.

priest passing by

Die arme man was sekerlik bly dat dit nie een van die rowers was nie, maar hy het sekerlik gewens IEMAND sou kom om hom te help.

Na 'n rukkie, het hy weer voetstappe gehoor… Hy wou skree om die aandag van die persoon wat verbygeloop het te kry, maar hy was in soveel pyn, dat al wat hy kon doen, was om te kreun. “Miskien sal hierdie persoon my raaksien en my help,” het hy angstig gedink.

This time the man who passed by was a Levite a well-known teacher in the temple Hierdie keer was die man wat verbygeloop het 'n Leviet, 'n welbekende leermeester in die tempel. HY SOU SEKERLIK hierdie arme man wou help. Maar toe hy die man langs die pad sien lê, het hy afgekyk … toe sy kop weggedraai … en verby geloop, terwyl hy die arme, beseerde man heeltemal geïgnoreer het.

Dit was nie lank nie of die man het WEER voetstappe gehoor. Hy wou glo dat hierdie persoon sou uitreik en hom help, maar twee mans het reeds by hom verbygeloop en hy wou nie waag om selfs te hoop vir verligting nie. Teen hierdie tyd, het hy alle hoop verloor en was seker dat hy net daar langs die pad sou doodgaan.

Die man wat hierdie keer met die pad langs gereis het, was 'n vreemdeling van Samaria. Niemand het van die mense van Samaria gehou nie. Dit was baie onwaarskynlik dat hy sou wou help. Maar toe hy verbyloop, het hy die man, wat aangerand was en vol bloed langs die pad gelê het, opgemerk. Hy het jammer vir hom gevoel en wou help. Hy het van sy donkie afgeklim en afgebuk tot by die man om sy wonde van nader te bekyk.

The man who was traveling down the road this time was a stranger from SamariaGently he wrapped bandages around the sores

Versigtig het hy verbande om die wonde gedraai en hom op sy voete gehelp. TOE … het hy die man versigtig op sy eie donkie getel en hom na die naaste herberg geneem. Hy het oornag by die man gebly en hom versorg.

good Samaritan helpingWhen he paid the bill he gave the innkeeper extra money saying Take care of him feed him and
make sure he has everything he needs

Die volgende oggend moes hy vertrek, maar hy het geweet hy kon nie die man saam met hom neem nie. Toe hy die rekening betaal, het hy ekstra geld vir die herbergier gegee en gesê, “Kyk goed na hom, gee vir hom kos en maak seker hy het alles wat hy nodig het. As hy jou enige geld skuld nadat hy gesond geword en vertrek het, skryf dit op en ek sal die rekening betaal die volgende keer wat ek verbykom.”

Jesus asked Which of these three men was a
neighbor to the stranger on the street

Nadat Jesus die storie vertel het, het Hy vir die wetgeleerde gevra, “Watter een van hierdie drie manne was die naaste van die vreemdeling in die pad?”

Die wetgeleerde het skaapagtig geantwoord, “Die een wat gestop en hom gehelp het.”

En Jesus het gesê, “Dit is reg. Gaan nou en DOEN dieselfde.”

 
marblesmarblesmarblesmarblesmarblesmarblesmarblesmarbles

 

DINK!

1. Hoeveel mense het verby die gewonde man geloop?
2. Hoeveel mense het gestop om die gewonde man te help?
3. Hoe het die Samaritaan goedheid bewys aan die gewonde man?
4. Wie is jou naaste?

 

ONTHOU:

Om God lief te hê sluit ook in dat jy liefde aan alle mense betoon.

 

'N VERS OM TE LEER

“Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” (Galásiërs 5:14).

 

PRAKTIESE TOEPASSING

Ons almal het van tyd tot tyd 'n bietjie hulp nodig. Is daar iets waarmee jy nou hulp nodig het? Teenoor wie is jy die meeste dankbaar dat hulle jou gehelp het? Ken jy dalk iemand wat nou hulp nodig het?

In hierdie gelykenis, kon die priester vir die man wat seergekry het gebid het, maar hy het niks gedoen nie. Die Leviet kon iemand gaan soek het om die beseerde man te help, maar hy het nie. Die barmhartige Samaritaan het egter dit wat hy gehad het gebruik om die beseerde man te help. Hy het olie gehad om op sy wonde te sit, hy het 'n donkie gehad om hom mee te vervoer en hy het geld gehad om vir die man se versorging te betaal.

Op watter maniere dink jy kan jy iemand help wat jy ken wat in nood is? Byvoorbeeld, hoe kan jy 'n kind help wat op die speelgrond seergekry het? Hoe sal jy iemand help wat by die skool geboelie word? Hoe kan jy jou ouers help na 'n lang dag by die werk?

[Na bespreking:] God wil hê dat jy mense moet liefhê deur hulle te help en met naasteliefde teenoor hulle op te tree wanneer hulle jou hulp nodig het. Daar is baie maniere om iemand te help. Jy kan iemand self help met die middele wat jy het, of jy kan by 'n volwassene gaan hulp kry, of jy kan iemand wys of leer hoe om hulleself te help. Jy kan ook help deur vir iemand in nood te bid.

Vra God om jou te help om te kies om met wysheid iemand in nood te help met dit wat jy het, maar moet ook nie huiwer om verder te gaan nie en vra God om jou met oorvloed te seën sodat jy ander ook oorvloedig daarmee kan seën.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying beside bed

****************************************************
Liewe God, help my om goed te doen vandag, selfs al
doen mense nie goed aan my nie. Help my om te doen wat
U wil hê ek moet doen. Dankie dat U my liefhet.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************

 

KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Lukas 10:25-37

 

Copyright © 2022 by Barbara Wilmerton Haas.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.

 
marblesmarblesmarblesmarblesmarblesmarblesmarblesmarbles
 
crayons

Beginner Coloring Page
Good Samaritan
Showing Love
The Good Samaritan
Who Is My Neighbor Coloring Book

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books

 
crafts

Easy Paper Donkey (online)
Talking Donkey (online)
What Would Jesus Do?
Who Is My Neighbor paper craft

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids

 
activities

Jigsaw Puzzle (online)
Good Samaritan Puzzle (printable)
Crossword Puzzle
Multiple Choice Activity
Word Search
Good Samaritan Balloon Sticker Challenge (online)
Good Samaritan Bible Quiz (online)
Good Samaritan - Online Quiz
Good Samaritan - Online Crossword Puzzle
Take Home Sheet

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles

reading a story

Arch Books Treasury: Vintage Collection, 1964-1965
5 Minute Bible Stories
Good Samaritan (read online)
Great Stories of the Bible
Kids Travel Guide to the Parables
Learning to Be a Good Friend: A Guidebook for Kids
Peanuts: Be Friends
Superbook: The Good Samaritan
The Adventure Bible: The Good Samaritan, I Can Read!
The Story of the Good Samaritan: Rhyming Bible Fun for Kids
13 Very Cool Stories and Why Jesus Told Them

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible

 
birds singing

The Friendship Company, Compact Disc [CD] (Sandi Patty)
I Can Be Your Friend - VeggieTales Sing-Along (online)
I'm a Helper (Donut Man - listen online)
The Good Samaritan (Donut Man - listen online)
Good Samaritan [Music Download]
VeggieTales: Love Your Neighbor Song (online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music

 
CDs and Videos

Adventures in Odyssey® 343: The Pretty Good Samaritan [Download]
Are You My Neighbor? Classic VeggieTales DVD

Bible on the Go Vol. 38: Parables and Miracles of Jesus, Part 2
(John 6, 9; Matthew 14, 18; Luke 9-10) - Unabridged Audiobook [Download]


Hermie & Friends: A Bug Collection #2, DVD Set

Heroes of the Bible:
Shadrach, Meshach, & Abednego, Joshua, and the Good Samaritan, VeggieTales DVD


Little Bible Heroes: The Good Samaritan (online)
McGee and Me: The Parable of the Good Samaritan (online)
PursueGod Kids: The Good Samaritan (online)
Superbook: The Good Samaritan (online)
The Good Samaritan (story) [Download]
Virtual Sunday School: Parable of the Good Samaritan (online)

What's in the Bible: What Is the Bible?
Jesus Is the Good News


All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs

 

TEACHER'S RESOURCES

Good Samaritan Lesson for Kids (online)

Legends of Faith Issue 2: Good Samaritan
and more stunning Bible images!


The Good Samaritan

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources

BIBLE STORY ARCHIVE
childrenschapel.org/bibstory2.html

 

Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe...” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2022 - www.childrenschapel.org

Pictures Courtesy of Free Bible Images

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated July 4, 2022

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources