The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids



Fruit of the Spirit


peach Vriendelikheidpeach
Die Skoonheid en die Ondier van die Bybel

Deur Sophia Prinsloo

Text Version | English | Italian


apple

The fruit of the spirit is kindness and gentleness Baie teneergedruk het Erica op die paviljoen gesit en kyk hoe haar spanmaats van die Groenskool teen die Rooiskool hokkie speel. Sy was baie hartseer omdat sy nie ook in die span was nie, al het sy voorheen al 'n hele paar doele vir haar skool geskiet.

Gedurende die skoolvakansie het boelies in die buurt haar hokkiestok gebreek. Haar ouers het nie genoeg geld om vir haar 'n nuwe stok te koop nie en toe moes sy noodgedwonge ophou hokkie speel.

“Kyk! Daar skiet Kaylyn al weer 'n doel!” Sy het gesug en gedink aan wat by die skool gebeur het die vorige dag. Kaylyn het haar net gevra waarom sy nie meer hokkie speel nie, maar Erica het haar iets toegesnou en nors weggeloop. Sy het geweet sy het Kaylyn seergemaak, maar sy wou nie hê haar spanmaats moes weet dat hulle gesin baie arm was en dat haar ouers nie 'n nuwe hokkiestok kon bekostig nie. Erica het eintlik baie sleg en skuldig gevoel daaroor, maar sy het nie geweet wat anders om te doen nie.

cherries

“Groen, Groen, Groenskool!” juig die kinders kliphard op in die paviljoen toe die Groenskool se meisieshokkiespan die hokkiewedstryd wen. Nie eers die wen kon Erica weer bly maak nie. Sy het gekyk hoe Kaylyn en die span van die veld afhardloop en reguit na haar toe aankom. “Ô-ô, nou is daar geen wegkomkans nie. Hulle gaan seker lelik met my wees, omdat ek lelik met hulle was gister,” het sy benoud gedink.

Met 'n groot, vriendelike glimlag op haar gesig, het Kaylyn voor Erica gaan staan. “Erica, ek wil graag vir jou iets gee. Hier is die hokkiestok wat die wendoel geskiet het vandag. As jy nie omgee nie, wil ek dit regtig baie graag vir jou gee. Ek het nog een by die huis. Dit mag miskien nie nuut weet nie, maar sal jy dit asseblief aanvaar?”

Vir 'n oomblik was Erica stomgeslaan, maar sy het gevoel sy moes eers regmaak en het gesê, “Kaylyn, ek is baie jammer dat ek so lelik met julle was gister! Sal jy my asseblief vergewe?”

“Natuurlik!” het Kaylyn gesê, “Omdat Jesus so vriendelik was om al my verkeerde dade te vergewe, kan ek jou vergewe!” Al die ander spanmaats het saamgestem.

“Dan sal ek met graagte hierdie hokkiestok aanvaar! Julle maak my dag. Baie geluk met julle wonderlike wen!” het Erica gesê met 'n baie groot glimlag.

fruit divider


pear

'n Beeldskone, wyse vrou van Maon, met die naam Abigail, was hard aan die werk om 'n groot feesmaal voor te berei vir haar man en sy vriende vir daardie aand. Sy en haar diensmeisies het brood gebak, koring gebraai, rosynekoeke en vyekoeke gemaak, terwyl haar diensknegte die vleis voorberei het. Dit sou 'n maaltyd wees wat goed genoeg was vir 'n koning.

Abigail was busy making bread Haar man Nabal, was nie baie aantreklik nie en ook nie baie wys nie, maar hy was baie ryk en het drieduisend skape en 'n duisend bokke gehad. Elke jaar wanneer Nabal skape geskeer het by Karmel, het wolhandelaars van oral af gekom om wol by hom te koop en dan het hy net nóg ryker geword.

cherries

In die verte het Abigail skielik 'n stofstrepie wat na hulle toe aangekom het, bespeur. “Wie kan dit tog wees?” het sy gewonder. “Nabal is buite in die veld om te gaan kyk hoe gaan dit met die skeerdery van sy skape en hy kom eers vanaand huistoe. Ek hoop tog net dit is goeie nuus!”

Terwyl sy nóg 'n klomp brode uit die oond gehaal het, het die boodskapper uitasem daar aangekom. “Bring vir hom water, 'n brood en van die vrugte” het sy een van haar diensmeisies beveel.

grapes

Die boodskapper was een van Nabal se dienaars. “Mevrou,” het hy na sy asem gesnak, “Mevrou! Ons is in groot moeilikheid!”

“Kalmeer jongman. Kry jou asem terug en vertel vir my wat gebeur het,” het Abigail vriendelik vir hom gesê.

Hy het haar vertel, “Terwyl ons skape opgepas het hier in Karmel, was ons baie bang vir veediewe. Dawid en sy manne was egter so vriendelik om heeltyd by ons en die skape te bly, ons te beskerm en op te pas. Hulle was soos 'n muur rondom ons dag en nag, het ons nie beledig nie en het niks by ons gesteel nie.”

peach

Die boodskapper het die sweet op sy voorkop met sy hand afgevee. “Toe Nabal die skeerders gebring het om die skape skeer, het Dawid tien manne na hom toe gestuur om namens hom te verneem na sy welstand. Hulle het Nabal vriendelik gegroet en alles wat goed is toegewens. Toe het hulle ook gevra of Nabal vir hulle van sy kosvoorrade kon gee. U weet self kos is skaars in hierdie droë wêreld, en Dawid-hulle het verdien om iets van Nabal te ontvang vir al die goeie dinge wat hulle vir hom gedoen het.”

David sent men to Nabal 'n Frons het op die boodskapper se voorkop verskyn, “Maar Nabal was baie ongeskik. Hy het uitgevaar teen Dawid en sy manne, hulle beledig en prontuit geweier om enigiets vir hulle te gee, selfs nie eens water, of brood of, vleis nie. Niks nie!”

“Ag nee, wat het toe gebeur?” het Abigail met groot oë gevra.

pear

Die jongman het voortgegaan met 'n benoude kyk op sy gesig, “Toe Dawid se manne vir hom vertel wat Nabal gesê het, was hy dadelik smoorkwaad omdat Nabal hulle sleg behandel het vir die goeie werk wat hulle gedoen het. Dawid het vierhonderd van sy manne beveel om hulle swaarde aan te gord om teen Nabal en ons, sy dienaars, te kom veg. Tweehonderd van sy mense het by die pakdiere gebly om hulle op te pas.”

cherries

Die boodskapper het bang sy kop geskud, “Nabal is so hardkoppig dat hy dink hy kan maak net wat hy wil en mense sleg behandel sonder gevolge. Hy dink ons sal Dawid verslaan, maar ons is nie soldate nie, ons is skaapwagters. Ons is bang.” Hy het gepleit, “Mevrou, u moet net iets doen; anders is ons almal teen môre dood.”

Abigail het dadelik geweet wat om te doen. Sy het tweehonderd brode, twee sakke wyn, vyf mate gebraaide koring, honderd rosynekoeke, tweehonderd vyekoeke en vyf geslagte skape geneem en dit alles op esels gelaai. Sy het na die jong boodskapper gedraai en gesê, “Neem ons na Dawid toe.”

In die tussentyd, het sy haar diensknegte vooruit gestuur met die volgelaaide esels en vir hulle gesê, “Gaan, ek volg op julle hakke.” Vir haar diensmeisies het sy gesê, “Sê niks vir Nabal nie,” en daarmee het op haar esel geklim en vertrek teen die berg af. Sy was in 'n kloof toe Dawid en sy manne skielik op haar afkom.

Abigail brought food to David and his men Toe Abigail hom sien, het sy Dawid dadelik herken aan sy aantreklike, rooierige voorkoms. Sy het vinnig van die esel afgeklim en voor sy voete neergeval en gesê, “Gee my die skuld, my heer, maar luister asseblief na wat ek wil sê. Nabal is 'n dwaas, net soos sy naam beteken, en die Here sal hom oordeel. Aanvaar dan nou asseblief hierdie geskenk van my af en moenie dat ons almal gestraf word vir Nabal se fout nie.”

Toe Dawid die beeldskone vrou sien wat hom smeek om genade, het sy woede dadelik bedaar. Hy baie beïndruk met Abigail, veral toe sy sê, “Ek weet dat die Here u beskerm teen al u vyande en dat Hy namens u sal wraak neem teen hulle. Ek weet ook dat u eendag koning van Israel sal word. Dan sal u 'n skoon gewete wil hê en nie die skuldige gewete van 'n moordenaar nie. Wanneer u koning is, moet u asseblief aan my dink en goed aan my doen.”

Dawid het haar geantwoord, “Baie dankie vir jou geskenke. Ek dank God dat Hy jou vandag hiernatoe gestuur het om my te keer om verkeerd te doen en wraak te neem. Gaan in vrede terug huistoe, sonder om bang te wees dat ek jou man sal doodmaak.”

Abigail het verheug en baie verlig opgestaan en huistoe gegaan. Toe sy daar kom, het sy ontdek dat haar man besig was om fees te vier saam met al sy manne. Hy was smoordronk en daardie aand het sy hom niks vertel van wat sy gedoen het nie.

Dit was eers die volgende oggend dat sy hom vertel het dat sy die kosvoorrade vir Dawid gegee het. Nabal het so kwaad geword dat hy net daar 'n beroerte aanval gekry het en verlam geraak het. Vir tien dae kon hy nie beweeg nie en toe kry hy nog ''n aanval en sterf.

Toe Dawid hoor dat Nabal dood was, was hy bekommerd oor Abigail. Net soos sy gevra het, het hy aan haar gedink en sy boodskappers gestuur om haar te vra om met hom te trou. Sy was baie bly en het dadelik gereed gemaak, op haar donkie geklim, vyf diensmeisies saamgeneem en na Dawid toe gegaan waar sy sy vrou geword het.



fruit divider

ONTHOU:

Wanneer jy dit moeilik vind om vriendelik te wees teenoor iemand anders, moet jy Jesus se groot sagmoedigheid en vriendelikheid teenoor jou onthou.



DINK!

1. Wat was Abigail besig om vir Nabal se feesmaal voor te berei? Noem ten minste een gereg.
2. Op watter manier was Dawid en sy manne vriendelik teenoor Nabal se diensknegte?
3. Was Nabal ook vriendelik teenoor Dawid-hulle?
4. Wie het Dawid van plan laat verander sodat hy nie verkeerd gedoen het deur Nabal aan te val en dood te maak nie?
5. Hoe het Abigail Dawid oortuig om hom nie op Nabal te wreek nie?

apple


'N VERS OM TE LEER

“Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede,
lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid,
getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing”
(Galasiërs 5:22-23).

grapes

'N ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER

“Maar wees vriendelik en vol ontferming
teenoor mekaar; vergeef mekaar soos
God ook in Christus julle vergewe het”
(Efésiërs 4:32).



PRAKTIESE TOEPASSING

Om meer te verstaan oor sagmoedigheid en vriendelikheid, maak tyd om te leer hoe om goeie maniere te hê en beleefd te wees. Om 'n heer of 'n jong dame te wees, gaan oor meer as net mooi klere te dra. Dit gaan daaroor om mense rondom jou beter te laat voel oor hulself. Dit gaan daaroor om genade te betoon aan ander wanneer dit nodig is en te weet hoe om op te staan vir diegene wat dit nie vir hulself kan doen nie.

Was jy dalk onvriendelik teenoor 'n broer of suster of ouer of vriend of ander persoon? Was daar 'n rede waarom jy so opgetree het? Dit is hoog tyd om jou hart te verander, vergifnis te vra en eerder vriendelik te wees. God wil jou graag daarmee help, as jy Hom net sal vra. Noem 'n paar maniere om vriendelik te wees teenoor ander.

[Na bespreking:] Net soos Abigail vriendelik was teenoor Dawid, wil God hê dat jy ander sagkens moet behandel en hulle met vriendelikheid moet oorlaai. Jesus het jou gewys wat ware vriendelikheid is toe Hy Homself as jou Verlosser gegee het en jou gekies het om sy kind te word. Net soos 'n kind wat is lief vir sy pa en hom navolg, wil God hê jy moet Hom liefhê en navolg deur sagkens goedhartigheid te betoon aan jou ouers, broers en susters, familie, vriende en diegene wat God in jou lewe instuur. Laat jou sagmoedige vriendelikheid skyn as 'n helder lig in hierdie donker wêreld.



LAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Hemelse Vader, vergewe ons waar ons onvriendelik
was teenoor ander. Help ons om vriendelik te wees en
altyd die regte ding te doen. In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?

1 Samuel 25:1-44
Galasiërs 5:19-26

peach

STORIES IN THIS SERIES:

Die Vrug van die Gees
Liefde
Blydskap
Vrede
Lankmoedigheid
Sagmoedigheid
Goedheid
Geloof
Nederigheid
Selfbeheersing

fruit divider


coloring

Nabal Refused to Give Food
Fruit of Gentleness Coloring Page
Bible Heroes Coloring Book--ages 2-4
Coloring: Gentleness
Foolish Nabal and Wise Abigail coloring sheet
Fruit of the Spirit: Gentleness Coloring Page
Abigail coloring page
David and Abigail coloring page (print)
David and Abigail color online (online)
Showing Kindness coloring page

pear

Fruit of the Spirit Coloring Page (online)
Fruit of the Spirit by Name Coloring Page (online)
Fruit of the Spirit Fruit Basket (online)
God Wants Us to Bear Good Fruit (online)
Fruit of the Spirit Tree (online)
Fruit Bowl (online)
Fruit of the Spirit Reproducible Coloring Book

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books


stories

A Little Girl After God's Own Heart: Learning God's Ways in My Early Days
A Woman of Good Understanding
Choosing Kindness
David Meets Abigail (read online)
David, Nabal and Abigail (read online)
Deborah/Abigail Flip-Over Book
God, I Need to Talk to You about Bad Manners
Happy Day Books, Level 1: A Child's Book Of Manners
I Can Be Kind
King David (comics)
Little Bible Heroes: Abigail (board book)
Lolli and Pop Find Kindness: The Fruit of the Spirit Series
Manga Melech: Manga #4, King David
Power Bible: Bible Stories to Impart Wisdom, # 4 - David, Israel's Great King
The Action Bible: Heroes and Villains
The Berenstain Bears: Kindness Counts
The Kind Koala: The Fruit of the Spirit Collection, Book 5
365 Manners Kids Should Know

cherries

Adventures of Heart Longing:
An Allegory of the Fruit of the Spirit


Cutie Fruities: Scratch'n'Sniff and Glitter!
Fruit of the Spirit
Fruit of the Spirit Bible Collection eBook
Fruit of the Spirit Arch Book
Fruit of the Spirit Stories For Children (online)
God Counts Series: 9 Fruits Alive
Life Is an Adventure with Ernie

Living As God's Girl: Your One-of-a-Kind
Guide to the Fruit of the Spirit


The Fruit of the Spirit (online)


Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible


activities

Fill in the Blanks (KJV)
Jigsaw Puzzle (online)
Abigail's Offering
Bean Bag Game
Foolish Nabal and Wise Abigail crossword puzzle
Foolish Nabal and Wise Abigail word search
Kids' Church Ideas (online)
Nabal, David and Abigail discussion questions
Games for Abigail story
Kids Of Integrity - Gentleness activities
Worksheet

peach

Jigsaw Puzzle (online)
Story Cards To Keep and Share (online)
The Fruit of the Spirit activities (online)
Fruit of the Spirit Game (online)
Fruit of the Spirit Bingo Game (online)
Fruit Puzzle (online)
Fruits of the Spirit Dominoes
Online Word Search (online)
Word Search (online)
Memory Match (online)
Faith That Sticks: Fruit Of The Spirit Stickers
Teacher Created: Fruit Of The Spirit Stickers
The Fruit of the Spirit Spinning Top Game & Puzzle Sheet

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles


songs

Be Kind
Be Kind and Compassionate
Be Kind to One Another
Be Ye Kind
Music Machine: The Fruit Of The Spirit CD—Gentleness
Show A Little Bit Of Love and Kindness

grapes

Fruit of the Spirit (sheet music/MP3) (online)
I Want To Be Like Jesus (sheet music/MP3) (online)
Donut Man: Fruit Of The Spirit
Fruit of the Spirit (online)
Fruit Of The Spirit [Children of Faith Split Trax Music Download]
Hide 'Em In Your Heart 1 & 2 CD (Steve Green)
Integrity Kids: Fruit of the Spirit [Music Download]
Fruit of the Spirit by Maranatha Kids (online)
Fruit of the Spirit [Brentwood Music Download]
Fruit of the Spirit Cadence (online)
Music Machine: The Fruit Of The Spirit CD
Spencer Family: The Fruit of the Spirit (online)
The Fruit of the Spirit (online)
The Fruit of the Spirit — Donut Man (listen online)
The Fruit of The Spirit Song/MP3/CHORDS (online)

The Fruit Of The Spirit - Galatians 5:22 & 25
[Steve Green Music Download]


The Fruit of the Spirit Song (online)

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music


CDs and DVDs

A Short Story on Kindness (online)
Be Kind and Compassionate (online)
David, God's Champion
God's Story: Fruit of the Spirit: Kindness (online)
Holy Tales: David and Abigail (online)

Fruit of the Spirit Animation online (online)
Auto B Good Fruits of the Spirit DVD
By Their Fruit (watch online)
Camp New: Humble Pie, DVD
Character Builders, 2 Disc Set (Repackaged)
Donut Man: After School & The Repair Shop, DVD
Donut Man: Barnyard Fun & On The Air, DVD
Fruit of the Spirit Animation (online)
Hide 'Em In Your Heart 1 & 2 CD (Steve Green)
Music Machine: The Fruit Of The Spirit CD
Music Machine (watch online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs


crafts

Abigail's Donkey
Food Bag
Fruit of the Spirit Bible Crafts: Gentleness
Stick Puppets

apple

Fruit Printing (online)
Fruit of the Spirit Crafts (online)
Basket Craft (online)

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids (online)


RESOURCES FOR PARENTS AND TEACHERS

Bible Study on Kindness
Foolish Nabel and Wise Abigail lesson resources
Kids Of Integrity - Gentleness
Kids Of Integrity - Kindness
Home Life Ministries Character Journal: Gentleness
Story of Abigail and David
The Fruit of the Holy Spirit — What is kindness?

pear

Story Ideas
Important Notes About This Lesson and Answers to THINK Questions

All-in-One Bible Fun: Fruit of the Spirit (Preschool edition)
All-in-One Bible Fun: Fruit of the Spirit (Elementary edition)
Faith Case Fruit of the Spirit
The Fruit of the Spirit Bible story and activities (online)
The Fruit of the Spirit (printable)
Free Bible images for Fruit of the Spirit (online)
Fruit Basket Upset-Fruit of the Spirit Game (online)
Experience the Fruit of the Spirit (online)
Fruit of the Spirit Bulletin Board Set (online)
Fruit of the Spirit Characters (online)
Fruit of the Spirit Classroom Chart (online)
Fruits of the Spirit and How We Can Show Them to Others (online)
Fruit of the Spirit Fruit Bowl (online)
Fruit of the Spirit Object Lesson (online)
Fruit of the Spirit (online)
The Fruit of the Spirit Lesson Plan (online)
Fruit of the Spirit Anagrams (online)
Fruit of the Spirit Name Tags (online)
Fruit of the Spirit (online)
Puppet/Skits Scripts (online)
Apple Snacks (online)
Chocolate Covered Strawberries (online)
Fruit Kabobs (online)
Fruit of the Spirit Pizza (online)
Fruit of the Spirit Game (online)
Please Pass The Fruit (Game) (online)
Fruit of the Spirit Necklace (Memory Tool) (online)
Fruit of the Spirit Bookmarks
Fruit of the Spirit Bulletin
The Fruit Of The Spirit, Laminated Wall Chart
How to Simply Inspire Character (online)

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
My Jumbo Bible Story Coloring Book
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)

fruit divider

Copyright © 2023 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Afrikaanse Bybelstories
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

Add/update a Bible story resource

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated March 1, 2023
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources