The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

REËN! REËN! REËN!
'n Storie oor Noag en die Ark

by Linda Sue Pochodzay Edwards

Noah and the Ark Rain Rain Rain

Text Version | English | Italian


Rain in the window “Reën! Reën! Reën! Dit reën nou al vir drie dae aa nmekaar! Sal dit ooit ophou reën?” het Sherri gekla.

“Ek weet jy is teleurgesteld omdat jy nie kon buite speel nie,” het haar ma gesê, “maar dit was net vir drie dae. Kan jy jou voorstel hoe dit moes gewees het om te kyk hoe dit reën vir VEERTIG dae?”

“VEERTIG dae?” het Sherri met groot oë van verbasing gevra.

“Ja, veertig dae,” het haar ma herhaal. “Kom…laat ek jou die storie vertel van die langste reënstorm ooit.”


Animals going two-by-two into the ark

Aan die begin van tyd, toe God eerste die wêreld en alles daarin geskep het, was alles volmaak. God het na Sy werk gekyk en gesê dat dit alles goed was.

Alles het verander toe Adam en Eva gesondig het. Natuurlik was God 'n liefdevolle God en het hulle vergewe, sodat hulle kon aanhou leef op die aarde en die seëninge van God geniet, maar dit het nie die sonde uitgewis nie. Mense het meer en meer boos geword. God het afgekyk na die wêreld en was jammer oor al die bose dinge wat mense gedoen het. Trouens, Hy was selfs jammer dat Hy die mens gemaak het!

Noah Daar was egter EEN man wat God liefgehad het en regverdig was. Sy naam was Noag.

God het met Noag gepraat en hom vertel wat Hy van plan was om te doen. Hy het Noag beveel om met almal te praat en hulle te waarsku dat Hy die aarde met alles daarop gaan vernietig. Hy het ook vir Noag beveel om 'n ark te begin bou. Dit is 'n ander naam vir 'n groot boot. Hierdie ark sou so groot wees dat daar genoeg plek sou wees vir twee van elke soort dier in die HELE WÊRELD en sewe van sekere soorte diere.

Noah\'s son building the ark Noag en sy drie seuns, Sem, Gam en Jafet, het begin bou. Hulle moes bome afkap en gladde planke maak. Hulle moes die planke stuk vir stuk aanmekaarsit, volgens die instruksies wat God vir hulle gegee het. Hulle moes pik maak om die ark te smeer sodat dit waterdig kon wees.

Die hele tyd wat hulle gewerk het, het Noag ook vir die mense gepreek. Hy het hulle gewaarsku om terug te keer na God toe, anders sou hulle ALMAL vernietig word. Hy het hulle vertel dat dit sou begin reën en dit sou vir VEERTIG dae aanhou…

…maar NIEMAND het hom geglo nie.

Instead of turning back to God they started making fun of Noah In plaas van om hulle tot God te bekeer, het hulle Noag begin spot. Hulle het gedink hy was mal om so 'n groot ark te bou. Buitendien het die mense nog nooit reën gesien nie omdat die aarde tot daardie tyd toe, natgemaak was deur dou wat op die grond gevorm het gedurende die aand. Hulle het vir Noag GELAG en GELAG oor die vreemde dinge waarvan hy gepraat het. Hulle het net nie geglo dat enigiets met hulle sou gebeur nie. Hulle het aangehou sondig.

Net nadat Noag en sy seuns die laaste spyker ingeslaan het en seker gemaak het dat die ark goed geseël en behoorlik waterdig gemaak is, het die Here met Noag gepraat.

“Neem sewe van elke soort rein dier en twee van elke soort onrein dier binne-in die ark in. Neem dan jou vrou, jou seuns en hulle vrouens binne-in die ark in.”

So dit was PRESIES wat Noag gedoen het.

The animals coming into the ark

In die ark het daar ingegaan sewe koeie, sewe skape, sewe bokke, sewe hoenders, sewe eende, sewe kalkoene, twee leeus, twee bere, twee olifante, twee kameelperde, twee sebra's, twee honde, twee katte, twee akkedisse, twee spinnekoppe, twee klein besies, en…. Wel, ek dink jy kry die idee!

Tiger walkingFrog jumpingKangaroo hopping
Tiger walkingFrog jumpingKangaroo hopping

Die mense buite het in verwondering gestaan het kyk. “Daardie ou Noag moet MAL wees!” het iemand uitgeroep. “Hy is VERSEKER! Ek kan net nie verstaan waarom hy in daardie groot boot wil bly saam met al daardie STINKENDE diere nie!” het iemand anders opgemerk.

Noah's sons Noag het hartseer na die mense gekyk. Hy het geweet daar was niks wat hy kon doen om hulle te laat glo dat God bedoel het wat Hy gesê het nie, maar hy het almal wat wou, vriendelik genooi om by hom en sy familie in die ark aan te sluit, sodat hulle veilig kon wees. Soos hy verwag het, het hulle STEEDS nie geglo nie en hulle het net HARDER gelag en gegiggel.

Noag en sy familie en al die diere het hulle eerste nag in die ark deurgebring. Toe hulle die volgende oggend wakker word, het hulle die mense buite gehoor spot met hulle. “Haai Noag! Ek dog jy het gesê dit gaan reën,” het hulle geskimp. “Wel, dit HET NIE! Jy was VERKEERD!”

Hulle het die tweede dag wakker geword…

en die derde dag…

en die vierde dag…

en steeds was daar geen reën nie.

The people outside were taunting and yelling even LOUDER Die mense buite het nog HARDER gekoggel en geskree. Maar Noag het kalm gebly en voortgegaan om hulle in die ark in te nooi, sodat hulle veilig kon wees.

Die vyfde dag en die sesde dag was NIE anders nie; daar was geen reën nie en die uitjouery van die skare het nie opgehou nie, maar Noag het voortgegaan om die mense te waarsku en hulle in die ark in te nooi.

Die sewende dag het dieselfde begin as die ander, maar, toe, DOEF! God het die deur van die ark toegemaak. Noag het iemand hoor roep, “HAAI! Wat was DIT? Ek dog ek voel 'n druppel water!” Toe het iemand anders dit gevoel en nog een, en nog een…en dit het aangehou reën…en gereën…en gereën…


Animals going two-by-two into the ark

Die water het hoër en hoër gestyg en dit was nie lank voor die ark begin dryf het nie.

10 dae…

11 dae…

12 dae…

It was not long before the ark started floating “Ag…Haai, Pa…HOE LANK het Pa gesê dit gaan reën?”

“Veertig,” het Noag geantwoord.

21…

22…

23…

Hulle het by die venster uitgekyk, maar al wat hulle kon sien, was WATER…en NOG REËN.

35…

36…

37…

38…

Arme Mevrou Noag! Sy was dankbaar dat God hulle deur hierdie hele nagmerrie bewaar het en sy wou nie kla nie, maar sy het nie gedink sy kon NOG EEN DAG langer hiervan oorleef nie! Die kamele het REGTIG begin STINK! Die olifant het dit geniet om sy kop by die venster uit te steek en dan almal met water nat te spuit! Die katte het oral hare verloor, en die ape het in ALLES geklim! “Nog net twee dae,” het sy gedink.

The ark floating Op die veertigste dag, net soos God gesê het, het die reën (breek hier vir beklemtoning) OPGEHOU. Almal was so bly om by die venster te kon uitkyk en nie reën te sien nie! Maar hulle kon nog nie die ark verlaat nie. So ver as wat hulle kon sien, het water ALLES bedek. Selfs die bergtoppe was met water bedek en kon nie gesien word nie.

Stadig het die water begin sak en riviere en mere het oral begin verskyn. Eendag het hulle by die venster uitgekyk en kon die top van 'n berg sien. ST…AAAAMP! “Wat was dit?” Hulle het opgemerk dat die ark opgehou het om te dryf.

“Ons moes geland het!” het hulle besluit. Hulle HET geland. Bo-op die top van Berg Ararat.

Noag wou sien of dit tyd was om uit die ark uit te kom en daarom het hy 'n venster oopgemaak en een van die kraaie laat uitvlieg. Hy het gekyk hoe die kraai rondvlieg. Toe het hy 'n duif uitgestuur. Hy het gekyk hoe die duif probeer het om 'n plek te kry om te rus. Omdat hy nie 'n goeie plek kon kry om 'n nes te bou nie, het hy terug gevlieg na die ark en Noag het geweet dat daar nog steeds te veel water op die grond was.

Raven and dove flying out of the ark

Nadat 'n week verby gegaan het, het Noag die duif weer uitgestuur. Hierdie keer het hy gekyk hoe die duif vlieg en toe terugkeer met 'n olyftakkie. Noag het geweet dat die water gesak het en plante begin groei het.

Hy het nog 'n week gewag, die venster oopgemaak en weer een keer die duif laat uitgaan. Hierdie keer het die duif weggevlieg en het nie teruggekeer nie. Noag het die deksel van die ark verwyder en oor die droë grond uitgekyk. Wat 'n wonderlike gesig!

Rainbow in the sky God het Noag verseker dat dit veilig was vir sy familie en al die diere om die ark te verlaat. HOE OPGEWONDE was almal om weer op droë grond te kon loop!

Die eerste ding wat Noag gedoen het, was om 'n altaar te bou en God te aanbid. Hy was so dankbaar dat die Here hom en sy familie beskerm het. Hy het in die lug opgekyk en 'n pragtige reënboog gesien en die stem van God gehoor wat met hom praat. God het vir Noag gesê dat die reënboog 'n belofte was dat Hy NOOIT WEER die hele aarde sou vernietig met 'n vloed nie.


Animals going two-by-two into the ark

ONTHOU: Wees ALTYD gehoorsaam aan God, selfs al dink ander mense dit is dom.


DINK!

1. Wat was die name van Noag se drie seuns?
2. Hoeveel dae het dit gereën?
3. Wat was die betekenis van die reënboog?


'n VERS OM TE LEER

“My boog gee Ek in die wolke” (Génesis 9:13a).


'N ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER

“Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil” (Matthéüs 5:11).



PRAKTIESE TOEPASSING

Dink jy dit het Noag seergemaak toe slegte mense hom bespot het omdat hy in God geglo en aan Hom gehoorsaam was? Het hulle gelag Noag laat ophou om die ark te bou?

Vir wie het God beskerm, vir Noag of die mense wat gespot het? Het iemand jou al bespot omdat jy in God glo? Hoe dink jy sal God voel as jy Hom eer bewys en gehoorsaam, maak nie saak wat ander dink nie?


LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Liewe God, dankie dat U my liefhet en vir my sorg.
Help my om U te gehoorsaam, selfs as my vriende wil hê
ek moet verkeerd doen. Dankie vir u belofte van
u beskerming. In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Génesis 6:5 - 9:17


Animals going two-by-two into the ark


JUST FOR FUN

Rain! Rain! Rain! jigsaw puzzle (online)
Fisher-Price Little People Noah's Ark Playset
Noah's Ark Play Set
Noah's Ark Tales of Glory Play Set


Something to color

Color the Rainbow of Promise (online)
Color the Bible Verse (online)
Noah and the Rainbow (online)
Noah and the Ark Coloring Pages (online)
Noah's Ark Coloring Book--Ages 2 to 5
Online Coloring Page (online)

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books


activities

Noah's Ark - Online Jigsaw Puzzle (online)
Noah's Ark activities (online)
Quiz (online)
The Amazing, Stupendous Flood (online)
Make Your Own Noah's Ark with 23 Stickers
Noah's Ark - Online Activity (online)
Word Search (online)

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles


crafts

Noah's Ark Crafts (online)
Noah's Ark Paper Plate Craft (online)
Paper Craft (online)

Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids (online)


Songs

Arky Arky (online)
Noah's Ark Blues with Buddy Davis (online)
Noah's Ark songs (online)
Song of Noah (online)
Noah Didn't It Rain


100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music


Boy reading a book

The Beginner's Bible Noah and the Great Big Ark
Inside Noah's Ark
Noah and God's Promise (I Can Read)
Noah and His Big Boat-Magnetic Adventures
Noah and the Great Flood (online)
Noah's Ark (online)
Noah's Ark, Little Golden Books
Peter Spier's Noah's Ark Caldecott Medal Winner
Noah Comic Book
Bible Wise, Noah: The Rescue Plan
The Great Flood (online)
The Great Flood - Part 2: Anybody Got any Dramamine? (online)
The Great Flood - Part 3: The Rainbow and a Promise (online)

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible


CDs and Videos

Minnesota Cuke and the Search for Noah's Umbrella, Repackaged DVD
Noah and the Ark (Superbook)
Noah The Musical by Sight and Sound
The Hope Project: Prelude to the Promise (watch online)
The True Story of Noah's Ark w/ Audio CD

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs


TEACHER'S RESOURCES

A Resource For Answering Critics of Noah's Ark (online)
Annie's Noah's Ark Page (online)
Could Noah's Ark Really Hold All the Animals? (online)
Free Bible images for this story (online)
God's Servants Teach Me (Instant Bible Lessons)
Has Anyone Discovered Noah's Ark? (online)
Noah Builds the Ark (online)
Noah's Park Children's Church

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
My Jumbo Bible Story Coloring Book
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)


Animals going two-by-two into the ark

BYBELSTORIE ARGIEF
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html


Add/update a Bible story resource

Copyright © 2022 by Linda Sue Pochodzay Edwards

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.

Background from: Graphic Garden


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2022 - www.childrenschapel.org
North Central Ohio, U.S.A.

Pictures courtesy of Free Bible Images

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated December 26, 2022

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources