The Children\'s Chapel

Geloofsvoete
'n Storie oor Jesus wat op die water loop
deur Sophia Prinsloo

If it is really You command me to come to You on the water

Text Version | English

Tsepo en Vusi het van vreugde en blydskap gehardloop en gespring in die reën. Groot druppels het hard op hulle lywe geval, maar hulle het nie omgegee om nat te word nie. Voor hierdie reën, het die droogte SÓ LANK aangehou in hulle deel van Afrika, dat hulle beeste en skape maer en uitgeteer geword het, omdat daar skaars kos oor was vir hulle om te eet. As die reën langer weggebly het, sou die mense binnekort ook nie meer iets te ete gehad het nie.

Vir dae en maande lank het hulle hele gemeenskap tot God gebid en uiteindelik het Hy verhoor en die langverwagte reën het gekom. Binnekort sou alles weer mooi groen wees, gewasse sou groei en kos en lewe verskaf aan al wat leef en beef.

“Pa! Ma! Kom kyk die reën! Kyk die wolke! God steek Sy hand uit om ons te seën en te red! Ons is so bly dat dit voel of ons voete nie die grond raak nie!” Tsepo en Vusi het die huis binnegehardloop sonder om hulle voete af te droog. Gewoonlik sou hulle ma kwaad gewees het vir hulle oor die nat voetspore in die huis, maar nie hierdie keer nie. Nat voete was die bewys dat hul gebede en hul geloof in Jesus hulle deurgedra het deur die ergste droogte in 'n baie lang tyd.

Happy fish divider

Go to your homes in my peace Laat die middag nadat die mense heerlik gesmul het aan die broodjies en vissies wat Jesus wonderbaarlik vermeerder het uit net vyf broodjies en twee vissies, was die mense nie baie lus om huistoe te gaan nie. Jesus dring toe aan by sy dissipels, “Klim julle solank in die boot en vaar oor na Gennésaret, terwyl Ek die skare terugstuur na hulle huise toe.” Jesus het na die skare gedraai, sy hande opgelig en met 'n luide stem gesê, “Gaan na julle huise toe in My vrede!” Die mense het gesien hoe die dissipels in die boot wegvaar, terwyl Jesus alleen weggegaan het en uit hulle sig verdwyn het in die rigting van die berge. So, met hulle gees vol van die Woorde van Jesus en hulle mae vol brood en vis, het hulle besluit om ook te vertrek.

Jesus climbed the nearest mountain to pray and to talk alone with his heavenly Father Jesus het op die naaste berg geklim om te gaan bid, sodat Hy alleen met sy hemelse Vader kon praat en geestelike krag van Hom kon kry. Daar op die berg, het die Vader het daar vir Hom alles gewys wat Hy moes doen — wonderwerke en genesings, Nuwe Verbond leerstellinge, teregwysing van die Fariseërs en duiweluitdrywing.

In die tussentyd, het die dissipels reeds die middel van die see bereik. Hulle het gesukkel om te roei, want die wind was teen hulle en die golwe het al hoe groter en onstuimiger geword. Die tyd het nie stilgestaan nie en die son sou binne 'n uur of twee opkom. Petrus het bo die geklots van die water en wind uitgeroep, “ROEI MANNE, ROEI! Anders kom ons NOOIT aan die anderkant uit nie!”

Jakobus het geantwoord, “Ons arms is al lam van die geroei die hele nag lank en voel of dit wil afval. Hoe gaan ons ooit die strand bereik?”

Was there a big wave heading towards them

Petrus wou nog iets terugskree, maar skielik het sy roeispaan uit sy hand geval, sy oë het groot gerek, sy mond oopgeval van skok en hy kon skaars 'n woord uitkry. Van die ander dissipels het Petrus se gesig gesien en gewonder wat fout was met hom. Was dit 'n groot golf wat na hulle toe aan die kom was? NEE!

It is a ghost Toe Judas sien wat Petrus sien, het hy angsbevange geskreeu, “Dit is 'n SPOOK! Kyk hoe sweef hy oor die water! Sy voete word nie eers nat nie!”

Skielik het al die dissipels se knieë net so lam soos hulle arms gevoel en almal het saam geskreeu, “HELP! HELP!” maar hulle het nêrens gehad om heen weg te hardloop of te gaan wegkruip nie.

Dadelik het Jesus met hulle gepraat en vir hulle gesê, “Hou goeie moed. Dit is EK. Moenie bang wees nie!”

Nog nooit in hulle lewens het die dissipels 'n mens op die water sien loop nie, en sonder om te dink, het Petrus vir Jesus gesê, “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom!”

Jesus het geantwoord, “Kom!”

Peter climbed out without looking away from Jesus Met sy oë vasgenael op Jesus, het Petrus gevoel-voel tot by die rand van die boot en voetjie vir voetjie uitgeklim sonder om van Jesus af weg te kyk. Hy het 'n paar treë geloop en wonder bo wonder het hy nie gesink nie. SJOE! Hy het groot geloof gehad.

Skielik het hy weer die wind gehoor huil en die sproei van die golwe het in sy gesig gespat. Hy het begin dink, “O gonna, kyk hoe groot is die golwe, EN ek loop op water, EN dit is baie diep hier onder my, EN ek sal nie op die bodem kan staan as ek sink nie. Hier is nie eens 'n rots naby waarop ek kan probeer staan nie. Ek kan goed swem, maar niemand kan swem in hierdie groot golwe nie, dit sal my vermorsel.

Net toe hy begin dink aan sink, het hy baie bang geword, sy geloof het verdwyn en toe sink hy regtig! “HERE, RED MY!“ het hy baie benoud uitgeroep.

Peter began to sinkJesus reached down and helped Peter

Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom stewig aan die arm gegryp en vir hom gesê, “Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?” Sonder om vir 'n antwoord te wag, het Jesus vir Petrus in die boot ingehelp en skielik het die wind gaan lê en hulle het by die land aangekom.

Truly You are the Son of God In verwondering het die dissipels voor Jesus neergeval terwyl hulle gedink het aan die woorde uit die boek Job, hoofstuk 9, vers 8, wat sê dat dit God alleen is wat “stap op die golwe van die see!” Nou was hulle heeltemal oortuig van Wie Jesus werklik was en het gesê, “Waarlik, U is die Seun van God!”

Petrus was sopnat en terwyl hy nog in aanbidding voor Jesus neergebuig het, het hy afgekyk na Jesus se nat voete en besef dat Jesus, die Seun van God, net soos Petrus 'n mens geword het en nou het Hy selfs sy voete natgemaak net om hom te kom red.


Happy fish divider

DINK!

1. Waarheen het Jesus gegaan nadat Hy die dissipels en ander mense weggestuur het?
2. Wat het Hy daar gedoen?
3. Wat het Petrus gebid to hy gesink het?
4. Dink jy Petrus het geglo Jesus kon hom red?
5. Dink jy Jesus kan ook vir jou help wanneer jy Hom nodig het?
6. Watter twee dinge moet jy doen sodat Jesus jou kan help?


REMEMBER: Wanneer ons tot Jesus bid om ons te help, moet ons glo dat Hy dit sal doen.


'N VERS OM TE LEER

“Maar hy moet in geloof bid, sonder om te twyfel...” (Jakobus 1:6).


'N ALTERNATIEWE VERS OM TE LEER

“Roep My aan in die dag van benoudheid en Ek sal jou uithelp en jy moet My eer” (Psalm 50:15).


PRAKTIESE TOEPASSING

In hierdie verhaal sien jy hoe Jesus se dissipels uitroep van vrees. Wat doen jy as jy bang is? Skree jy, kruip jy weg of soek jy vertroosting by jou ouers? Watter soort dinge maak jou bang? Wat van spinnekoppe, goggas, die donker, water of honde? Of het iemand al ooit probeer om jou bang te maak met spookstories of stories van monsters?

[Na bespreking:] Wat het Petrus gedoen toe hy bang was? Wat wil Jesus hê moet jy doen as jy bang is? Net soos Petrus, wil Jesus hê dat jy in geloof Hom moet aanroep wanneer jy ook al bang is. Selfs wanneer jy voel dat jou geloof swak is, moet jy jou steeds tot Jesus wend en sy Naam aanroep.

Daar is krag in die Naam van Jesus. Om sy Naam aan te roep kan jou vrees verdryf. God se Woord leer ons dat Jesus ver bo wat ons kan vra of dink kan doen. Stop nou en neem 'n oomblik om jou hart in geloof voor God uit te stort en vertel hom van al jou vrese. Vra Hom om jou die geloof te gee wat jy nodig het om vrees te oorkom.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
“Hemelse Vader, dankie dat U altyd daar is om
te red as ons tot U roep in ons dag van benoudheid.
Help om ons om nie te twyfel nie, maar sterk te bly in ons geloof,
maak nie saak hoe lank dit neem voordat U ons verhoor nie.
In Jesus se Naam. Amen.”
****************************************************


KAN JY HIERIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Matthéüs 14:22-36; Mark 6:45-56; Johannes 6:16-21


Happy fish divider


crayons

Beginners' Coloring Page
Don't Be Afraid!
Jesus Walks on Water
Peter Walks on Water
Miracles of Jesus (Bible Colour and Learn)

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids
Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books


JUST FOR FUN

Fish Mini Classic Accents Variety Pack
Jesus Walks on Water Tales of Glory Play Set
Christian and educational games for children


activities

Jigsaw Puzzle (online)
FlipSide Drawing: Jesus walking on water (online)
Jesus Walks on the Water activities
Anagram
Crossword Puzzle
Maze
Word Search
Interactive Group Activities
Jesus Walks on Water Bible Fun for Kids

5-Minute Sunday School Activities:
Jesus' Miracles and Messages


New Testament Hidden Picture Puzzles
Coloring & Activity Book


Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Humongous Book of Games for Children's Ministry
The Super Sized Book of Bible Puzzles


crafts

Jello Craft
Paper Craft
Halves Boat
Triangle Fish
Simple Sailboat Craft


5-Minute Sunday School Activities:
Jesus' Miracles and Messages


Bible Crafts
Bible Crafts & More (Ages 3-6)
Crafting the Word of God

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids


singing birds

Jesus Walks on the Water
Jesus Walks On The Water [Music Download Song #179]
The Miracle Song with the Donut Man

100 Ways To Know God Loves Me & 100 Songs
100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (sing along)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music


child reading a book

Jesus Walks on Water
Jesus Walks on the Water Arch Book
Jesus Walks on Water Sunday school sources
Peter: The Fishman (Bibletime series)
Simon Peter: The Disciple (Bibletime series)
Jesus the Healer
Miracles of Jesus (I Can Read)
Miracles of Jesus (Little Golden Books)
Real Healing for Kids: Knowing Jesus as Your Healer

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress Comic
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Children's Illustrated Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible



CDs and DVDs

Animated Bible Stories: Miracles of Jesus (watch online)

DouglasTalks: Is the Bible Just Fairy Tales?
A Sunday School lesson about why we can trust the Bible
(watch online)

Jesus Walks on Water — The Bible Miniseries (watch online)
Jesus Walks on Water (watch online)
Miracles of Jesus Superbook DVD
Read and Share DVD Bible Volume #4
Read and Share Toddler Bible with DVD
Superbook: Miracles of Jesus (watch online)
The Bible Comes Alive, Your Story Hour Volume 4, Audiobook on CD
The Miracles of Jesus Bible cartoon (watch online)

What's in the Bible: What Is the Bible?
Jesus Is the Good News


All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (watch online)
God's Story from Creation to Eternity (listen & watch online)
Read and Share DVD Bible
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs



TEACHER'S RESOURCES

All the Miracles of the Bible
Fishy Games and Crafts
Jesus walks on water [Eikon Bible Art Download]
Jesus Walks on the Water activities
Jesus Walks on Water Skit
My Lifeguard Walks on Water hat
Walking on Water graphic
What was the meaning of Jesus walking on water?
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

Free Bible story images
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
My Jumbo Bible Story Coloring Book
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Ministry Volunteers That Stick
Children's Sermon
Church Supplies
Closing Prayer

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide


52 Games That Teach The Bible
Free educational videos
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer
Parenting Resources
Pray & Play Bible for Young Children
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources


gold fish divider


BIBLE STORY ARCHIVE
childrenschapel.org/bibstory2.html


Copyright © 2022 by Sophia Prinsloo.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe...” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Copyright © 2022 - www.childrenschapel.org

Pictures Courtesy of Free Bible Images

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated May 9, 2022

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources