The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids.

Abram Verlaat Die Huis!

(Hierdie Bybelstorie
was liefdevol vir jou voorberei
deur ses Internet vrywilligers.)

Abram Leaves Home

Text Version | English | Italian


building blocks Paul het sy boublokke in die boks gepak en gesug. Dit was 'n lang dag vol bokse en kleeflint. Die meeste goed in sy kamer was reeds op die vervoertrok gelaai. Al wat oor was, was 'n slaapsak en 'n klein tassie wat genoeg klere ingehad het vir die trek. Terwyl hy in sy kamer rondgekyk het, het dit herinneringe gebring van al die jare waarin sy goed hierdie kamer volgemaak het.

moving van “Om al hierdie goed te trek is NIE pret nie,” het hy gemompel terwyl hy die boks deur die gang stoot.

Dit was trekdag, die dag waarop almal in Paul se gesin besig was om te pak. Hulle was op pad na 'n nuwe dorp wat ver weg was van al hulle vriende en hulle kerk. Paul se pa het 'n nuwe werk gehad wat vir hom gewag het en hulle het reeds 'n nuwe huis gehad, maar dit sou 'n rukkie neem voor dit soos 'n tuiste sou voel. Die werk was by 'n kerk en Paul se ouers was seker dat dit was wat God vir hulle lewens wou gehad het.

animated footprints

Abraham is called by God to leave home - Free Bible Images Baie, baie lank gelede, het God besluit om 'n baie spesiale geselsie te hê met Abram, een van sy uitverkore mense. Die hele hemel het stilgestaan en geluister toe God hierdie woorde met Abraham gespreek het:

“Ek wil hê jy moet jou land, jou familie,
en jou vader se huis verlaat en Ek wil hê jy moet trek
na 'n land wat Ek vir jou sal aanwys.”

In daardie dae, het hulle nie groot vervoertrokke gehad nie. Buitendien, God het nie eers die NAAM van die plek genoem nie! Dit sou 'n groot stap van GELOOF wees vir Abram en sy vrou, Sarai. God wou hê dat hulle ALLES en ALMAL wat hulle geken het, moes los en oor begin in 'n NUWE land.

Dit was nie iets kleins nie, want, jy sien, Abram, was toe al 75 jaar oud. Hy het nie eers GEWEET waarheen hy sou gaan nie, omdat die Here hom nie VERTEL het nie. God het gesê Hy sou hom wys waarheen Hy wou hê hulle moes gaan, maar eers NADAT hy gehoorsaam was.

God speaks to Abraham - Free Bible Images Weereens het God met Abram gepraat. Hierdie keer het Hy vir hom gesê:

“Ek sal jou 'n GROOT NASIE maak.
Ek sal jou SEËN.
Ek sal jou NAAM GROOT maak!
Jy sal ook 'n SEËN vir ander wees.”

Wonderlike beloftes! Maar waar sou daardie groot nasie vandaan kom? Dit neem MENSE om 'n nasie te hê en dit was net Abram en sy vrou, Sarai. Abram en Sarai het geen kinders gehad nie en die tyd het uitgeloop — ten minste, dit het GELYK asof dit het.

Abram moes gedink het, “Waarom het God MY uit al hierdie mense rondom my uitgekies? SJOE! Wat 'n eer!” Maar wag! Daar is meer!

“Ek sal diegene SEËN wat jou SEËN.
Ek sal diegene VERVLOEK wat jou VERVLOEK.
Al die FAMILIES van die aarde sal geseënd wees.”

Die Bybel sê nie dat Abram enige probleme gehad het om te doen wat God gevra het nie. Hy het net geluister…en toe het hy GEHOORSAAM!

animated footprints

Abram en Sarai het begin voorbereidings tref vir hulle reis. Lot, Abram se broerskind, sou saam met hulle reis. Hulle dienaars sou ook saamgaan. Hulle moes besluit wat om saam te neem en wat om agter te laat. Terwyl Sarai die huishouding se goed ingepak het, het Abram en Lot die troppe beeste en skape in die veld bymekaar gemaak.

Abraham begins the long journey - Free Bible Images Omdat daar in daardie tyd geen voertuie was nie, het Abram die sterkste kameel gekies om hulle besittings te dra. Hy het baie noukeurig gepak en seker gemaak dat die tent heel bo was, sodat hulle in die nagte daarin kon slaap. Hulle het nog 'n keer rondgekyk om seker te maak dat hulle nie iets belangriks vergeet het nie. Toe was dit vir hulle tyd om met hulle groot avontuur te begin.

Hulle het geloop…

en geloop…

en GELOOP…

…terwyl hulle altyd die leiding van die Here gevolg het. Tydens die dag, sou hulle reis en in die nag sou hulle hul tent opslaan en slaap.

altar - Free Bible Images Abram en diegene saam met hom het by die land wat “Sigem” genoem was, aangekom. Dit was hier waar die Here weer met Abram gepraat en gesê het, “Aan jou toekomstige nageslag sal ek hierdie land gee.” Abram het 'n altaar gebou en die Here aanbid op daardie presiese plek.

Nadat hy die Here aanbid het, het Abram en sy groep mense hulle reis voortgesit. Hulle het teen 'n berg opgeklim tussen die dorpe Bet-el en Ai, toe Abram besluit het om daar tent op te slaan en te rus. Hy het nog 'n altaar gebou en tot die Here gebid. Toe het hy met sy gesin verder suid getrek.

animated footprints

Abraham journeys again - Free Bible Images 'n Groot hongersnood het oor die land gekom waar Abram en sy gesin gebly het, sodat hulle na die land van Egipte moes trek om genoeg kos te hê vir almal om aan die lewe te bly. Hulle moes al hulle besittings oppak, die troppe beeste en skape bymekaar maak en die kameel laai…

en loop…

en loop…

en LOOP.

Abraham and Sarai - Free Bible Images UITEINDELIK het hulle in die land van Egipte aangekom…maar alles het nie goed gegaan nie. Dit was daar waar Abram in GROOT moeilikheid gekom het! Jy sien, Sarai was 'n BAIE mooi vrou. Abram was bang dat die mans van Egipte hom sou DOODMAAK, sodat een van hulle Sarai kon neem om sy eie vrou te wees. Hy het aan Sarai gesê, “As enigiemand jou vra of jy my vrou is, sê vir hulle nee, jy is my suster.” Natuurlik was dit 'n LEUEN, maar Sarai het haar man gehoorsaam.

Sarai called before Pharaoh - Free Bible Images Dit was ook net so. Die mans van Egipte het gesien dat Sarai inderdaad 'n PRAGTIGE vrou was. Die prinses van Farao het Sarai gesien en haar voor die Farao gebring en hy het haar in sy huishouding opgeneem. Hy het toe vir Abram baie skape, osse, donkies, diensknegte, diensmaagde en kamele gegee vir Sarai. Aan Abram was gegee beeste, silwer en goud en dit het hom 'n BAIE ryk man gemaak.

Die Here het nie gehou van wat Abram en Sarai gedoen het nie en daarom het Hy 'n plaag oor Farao en sy huishouding laat kom.

Pharaoh is sick - Free Bible Images “WAT HET JY MY AANGEDOEN?” het Farao vir Abram geskree.

“Waarom het jy my nie vertel dat hierdie vrou jou VROU was nie? Waarom het jy my vertel sy was jou suster? Ek kon haar as my vrou geneem het.”

“VAT JOU VROU EN GAAN!”

Farao het sy manskappe beveel om Abram en Sarai uit die land te begelei. Abram, Sarai, Lot en al die mense wat saam met hulle getrek het, moes al hulle besittings oppak, die troppe beeste en skape bymekaarmaak, die kameel laai en Egipte verlaat.

animated footprints

DINK!

1. Toe Abram sy huis verlaat het, het hy geweet waarheen hy gaan?
2. Noem een manier waarop God gesê het Hy sou Abram seën.
3. Hoe oud was Abram toe hy sy vader se huis verlaat het?
4. Waarom het Abram na Egipte gegaan?
5. Wat was die leuen wat Abram aan die Farao vertel het?
6. Waarom het Abram gelieg?
7. Wat het gebeur as gevolg van Abram se leuen?


ONTHOU

God sal ons lei op die pad wat ons moet gaan.


'n VERS OM TE LEER

“Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie” (2 Korinthiërs 5:7).


PRAKTIESE TOEPASSING

Het jy al ooit na 'n nuwe plek getrek en nie geweet wat om te verwag nie? Kan jy dink aan 'n ander keer toe jy nie geweet het wat om te verwag nie, soos die eerste dag in 'n nuwe skool? Hoe kan jy soos Abraham wees as jy nie seker is wat om volgende te doen nie?

[Na bespreking:] Abraham het God vertrou. Hy het geglo wat God aan hom belowe het en God het sy woord nagekom. In Hebreërs 13:5 belowe God dat Hy jou nooit sal verlaat en jou nooit in die steek sal laat nie. Bid nou en vra God om jou te help om Hom te vertrou om te doen wat Hy jou vra om volgende te doen.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Liefdevolle God, U is so goed vir ons. Ons dank U
dat U altyd daar is vir ons en dat U altyd
U beloftes aan ons hou. Help ons om die beloftes
wat ons aan U en aan ander maak te hou.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL VIND?
Génesis 11:26; 12:1-20


BYBELSTORIE ARGIEF
http://childrenschapel.org/bibstory2_af.html


The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids.

Copyright © 2023 by Barbara Wilmerton Haas.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


JUST FOR FUN


activities

Bible Verse Cut and Scramble
Page 1 (online)
Page 2 (online)

Jigsaw Puzzle (online)
Word Search (online)

Abraham Trusts God, Story and Activity Book

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles


crayons

Coloring Page (online)
Abram Leaves Home (online)
Abraham Thanks the Lord (online)
Bible Colour and Learn: 04 The Story of Abraham

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books


crafts

Abraham and the Stars (online)
Abraham's Journey to the Promised Land (online)
I Am a Friend of God Bible Craft (online)

Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids (online)

The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible


Songs

Abraham - MIDI/Sheet music/Lyrics (online)
Father Abraham [Music Download]
God Makes Abraham A Promise [Music Download]

100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music


child reading a book

Abraham—Kingstone Comics
Abraham—A Man Who Heard And Obeyed God's Call (online)
Abraham—God's Brave Explorer (Discover 4 Yourself Inductive Bible Studies for Kids)
Abraham's Big Test
Abraham Trusts God (Faith That Sticks)
Abraham, Sarah, & Isaac (Arch Books)
God Knows My Name
Good and Evil: The Bible As Graphic Novel
HOBC Bible Big Book: Abraham
One Starry Night (online)
Sarah and Abraham: The Wonderful Promise
The Birth of a Nation - Abraham to Joseph (listen and read online)
The Story of Abraham (online)
Larry Learns to Listen, A VeggieTales Board Book

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress for Kids
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Complete Illustrated Children's Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible


CDs and Videos

Bible Comes Alive, Volume 1 Your Story Hour, CD

Bible on the Go Vol. 03: The Story of Abraham and Isaac
(Genesis 12, 15, 18-19, 21-22) - Unabridged Audiobook [Download]


Larry Learns to Listen, DVD

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs


************
TEACHER RESOURCES

Abraham: a Man of Faith - PDF files: Lesson plan, Quiz, Quiz Answers (online)
Free graphics for this Bible story (online)
God Calls Abram (PDF file online)
Growing with God 3rd Grade Teacher's Manual: Abraham, Jacob, Joseph
When God Whispers Your Name

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.
IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.



Copyright © 2023 - www.childrenschapel.org
North Central Ohio, U.S.A.

Pictures Courtesy of Sweet Publishing and René Pitzner at Free Bible Images

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated January 8, 2023

Next page

Welcome!/ What's Here/ Bible Stories/ E-Mail Us/ Around the Piano/ 4 Things
Events/ Children's Chapel/ Adult Chapel/ Missing Link/ Links/ Resources