The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Verrassingsgaste!
Deur Linda Sue Pochodzay Edwards

Surprise company

Text Version | English | Greek | Italian


        Justin het in die kamer gegons van opgewondenheid. Hy het pas 'n geselsie op sy pa se skoot gehad en hy kon nie wag vir die groot dag nie. Om saam met sy pa te gaan visvang, was een van sy gunsteling dinge om te doen. Maar hierdie keer was dit selfs MEER opwindend.

        “Ons gaan na die GROOT meer en ons gaan die hele nag in die tent bly,” het hy vir sy vriende vertel met 'n hoë skril stem. “En ons gaan selfs 'n boot huur!”

Boy with fishing gear, going fishing         Justin het baie tyd gespandeer om te dagdroom oor die komende avontuur. Hy het GEWEET hy gaan die grootste vis ooit vang. Hy het gedink hoe dit sal wees om buite in die tent te slaap. Hy het gedink aan die malvalekkers wat hulle op die vuur sou rooster. Hy het gedink aan die HELE NAWEEK wat hy met sy pa sou spandeer. Drie weke is sekerlik 'n l-a-n-g tyd om te wag.

        Na net 'n paar dae, het Justin se opgewondenheid begin afneem. Trouens … hy het begin wonder of hy ooit nog steeds op daardie groot naweekuitstappie sou GAAN. Elke dag as sy pa van die werk af kom, sou hy begin vrae vra: “Wanneer gaan ons, Pa? Hoeveel dae is dit nog? Is Pa seker ons sal kan gaan?” En elke dag sou sy pa hom saggies daarvan verseker.

        “Ja, Justin. Ek is doodseker ons sal op hierdie visvangnaweek kan gaan. Al die reëlings is getref. Dit sal nog 'n paar dae wees en jy moet probeer om geduld te hê. EK BELOWE dat ons sal gaan.”

        Justin het gelag en vir sy pa 'n drukkie gegee. Hy het geweet dat sy pa sy belofte sou hou, maar dit was steeds moeilik om te moes wag … en wag … en WAG.

Dad, son and dog in boat with a big fish on the line         UITEINDELIK het die dag aangebreek. Hulle het baie vroeg die oggend wakker geword en die kar gelaai. Justin het soveel gehelp as wat hy kon. Hy wou sekerlik nie hê dat sy pa die visstokke vergeet nie!

        Hulle het 'n fantastiese naweek gehad waarin hulle saam visgevang en gekampeer het en Justin het baie prettige stories gehad om vir sy vriende te vertel toe hy teruggegaan het huistoe. Hy was regtig opgewonde om hulle te vertel day HY die grootste vis gevang het!

The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

       Dertien jaar het verbygegaan sedert die geboorte van Ismael. Dinge het nie baie goed gegaan in die huishouding nie. Sarai was steeds ongelukkig, omdat sy nie 'n kind van haar eie gehad het nie. Hagar en Sarai kon net nie oor die weg kom nie, omdat daar so baie jaloesie en haat tussen hulle was. Dit het nie saak gemaak hoe hard Abram probeer het nie, hy kon net nie die vrede in die familie bewaar nie.

        Natuurlik het die Here presies geweet wat aan die gang was en eendag — toe Abram nege-en-negentig jaar oud was — het die Here afgekom om met hom te kom gesels. Die gesprek was iets soos die volgende:

God speaks to Abraham         “ABRAM … Ek is die Almagtige God. As jy voor My sal wandel en regverdig sal wees, sal Ek 'n belofte aan jou maak. Ek sal jou baie nasate gee….”

        Abram het die stem van die Here geken, omdat hy dit al voorheen 'n hele paar keer gehoor het. Sonder om te praat, het hy met sy gesig op die grond geval in eerbied vir die Here.

        Terwyl Abram gekniel het, het God voortgegaan om te praat:

        “My verbondsbelofte is met jou en jy sal die vader van baie nasies wees. Ek gaan ook jou naam verander.”

        “My naam verander? Ek wonder wat my nuwe naam sal wees,” het Abram gewonder.

        Die Here het voortgegaan om te praat:

God promises to give Abraham many descendants         “Jou naam sal nie meer Abram wees nie. Jou naam sal nou Abraham wees. Ek sal jou die vader van baie nasies maak en jou nasate sal in die land Kanaän bly.“

        SJOE! Wat 'n wonderlike belewenis! Die Here het Abram daardeur bemoedig om die belofte, wat hy baie jare tevore gemaak het, te herhaal … maar die Here het nog nie klaar gepraat met Abraham nie.

        “Wat betref jou vrou Sarai,” het die Here gesê, “moenie haar meer Sarai noem nie. Haar nuwe naam sal Sarah wees. Ek sal haar seën en vir haar 'n seun gee. Sy sal die moeder van baie nasies wees.”

        DIT was iets nuuts wat Abraham nog nie vantevore gehoor het nie. Hy kon nie sy ore glo nie! Hy het hardop begin lag. Dit was byna onmoontlik om te glo dat Sara 'n kind van haar eie sou kon hê. Sy was dan al NEGENTIG jaar oud! Sy was oud genoeg om 'n groot oumagrootjie te wees!

       Die Here het geweet wat Abraham gedink het. Hy het die belofte herhaal:

        “Sara, jou vrou, sal 'n seun hê en wanneer hy gebore is, sal jy hom Isak noem. My verbondsbelofte sal deur Isak wees.”

        Die Here het voortgegaan:

        “Ek weet jy is baie lief vir Ismael en Ek sal hom seën en hy sal ook 'n groot nasie word. Maar my verbondsbelofte sal wees met Isak, die kind wat deur Sara gebore sou word teen hierdie tyd volgende jaar.”

        Abraham was geskok en verwonderd oor wat die Here met hom gespreek het en hy het al hierdie dinge in sy hart gehou.

The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

        Nie lank na die verbondsbelofte tussen Abraham en die Here gemaak is nie, het Abraham naby die deur van sy tent gesit en probeer rus en vars lug skep, omdat dit 'n baie warm dag was.

Abramham sees three visitors coming         Abraham het in die verte ingetuur en drie mans na hom toe sien aankom. Hy het opgespring en na hulle gehardloop om hulle te groet en het voor hulle neergebuig.

        “Dit is so 'n warm dag. Kom asseblief in my tent in en laat my julle 'n bietjie koue water gee,” het Abraham hoflik gesê. “Ek sal ook vir julle kos gee terwyl julle rus; dan kan julle weer op pad wees.”

        Die drie mans het ingestem.

        Abraham het vinnig die tent binnegegaan en Sara laat weet dat hulle besoekers gehad het. “Gou! Maak drie broodkoeke vir die gaste!” het hy uitasem gesê.

        Toe het hy in die veld ingegaan en 'n kalf gekry. Hy het dit vir een van sy dienaars gegee. “Drie vreemdelinge het besoek kom aflê. Berei die kalf sodat ek vir hulle kos kan gee,” het hy beveel.

        Terwyl hulle hulle maaltyd buite in die vars lug geniet het, het hulle ook mekaar se geselskap geniet.

       “Waar is Sara, jou vrou?" het een van hulle gevra.

       “In die tent,” het Abraham geantwoord.

        Toe het een van die gaste iets verrassend gesê. “Ek sal binne die volgende paar maande terugkom en wanneer ek kom, sal Sara, jou vrou, 'n seun hê.”

        Toe Sara DIT hoor, kon sy dit nie glo nie!

Abraham walks along beside the three strangers         “Ek is NEGENTIG jaar oud,” het sy gedink, “en Abraham is NEGE-EN-NEGENTIG jaar oud. Daar is net geen MANIER waarop ek 'n kind kan hê nie!” Die gedagte was heeltemal te onmoontlik en sy sou graag hardop wou uitbars van die lag, maar sy het geweet dat dit ongeskik sou wees en daarom het sy saggies by haarself gelag.

        “Waarom het Sara gelag en gesê sy is te oud? Is daar enigiets te moeilik vir die Here?” het die man gevra. “Ek sal terugkeer en wanneer ek kom, sal Sara 'n seun hê,” het hy weer gesê.

       Sara het bang geword. Sy het nie gedink sy het hardop gelag nie. Sy het gewonder hoe die man geweet het wat sy gedink het. “Ek het nie gelag nie,” het Sara saggies gesê.

        Toe het die drie besoekers opgestaan om te vertrek en het met die pad na Sodom begin stap. Abraham het saam met hulle geloop, terwyl hy stilweg gewonder het oor die gebeurtenisse van die dag.

***********

DINK!

1. Wat was Abram se nuwe naam?
2. Wat was Sarai se nuwe naam?
3. Wat is 'n verbond?
4. Waarom het Abraham gelag?
5. Waarom het Sara gelag?
6. Is enigiets te moeilik vir God?


ONTHOU

         Niks is te moeilik vir God nie!


'N VERS OM TE LEER

“Die dinge wat by mense onmoontlik is
is by God moontlik” (Lukas 18:27).

'ALTERNATIEWE VERSE OM TE LEER

“Ag, Here Here, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak
deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm;
geen ding is vir U te wonderbaar nie” (Jeremia 32:17)

“…In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan” (2 Korinthiërs 13:1b).


PRAKTIESE TOEPASSING

Het jy al ooit 'n belofte van die Here gekry of iets in die Bybel gelees wat jou hart aangeraak het en dan kom iemand en sê vir jou presies dieselfde ding?

[Na bespreking:] God wil regtig hê jy moet glo in sy beloftes aan jou. Hy sal dit selfs meer as een keer bevestig, hetsy deur sy Woord of soms selfs iemand anders te stuur om dit te bevestig. Wees dus vasbeslote om God te glo vir sy beloftes aan jou, maak nie saak hoe onmoontlik dit mag lyk nie.



LAAT ONS BID

Dog and boy praying

****************************************************
Liewe God, dankie vir al die beloftes wat U vir ons
in u Woord, die Bybel, gegee het. Help ons om te onthou
dat selfs as iets onmoontlik lyk,
is niks vir U te moeilik nie en U
sal altyd U beloftes hou.
In Jesus se Naam. Amen.
****************************************************


KAN JY HIERDIE STORIE IN DIE BYBEL?
Génesis 17:1-27 and 18:1-16


Afrikaanse Bybelstories
http://childrenschapel.org/bibstory2_af.html


The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2023 by Linda Sue Pochodzay Edwards

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


JUST FOR FUN

crayons

Abraham and Sarah's Visitors (online)
Color the Bible Verse (online)
Bible Color and Learn: Abraham Book 4

Action Bible Coloring Book
Coloring Through the Bible (online)
Beginner's Bible Super-Duper Mighty Jumbo Coloring Book
Bible Stories Kids Love Coloring Book (ages 2 to 4)
Big Book of Bible Story Coloring Pages for Elementary Kids

God Loves You Coloring Book:
A Read-aloud Coloring Book About God's Plan for Salvation


Jesus Loves Me, This I Know, Coloring Book
My Bible Coloring Book
My Gospel Story by Colors--Activity Book
The Super-Sized Book of Bible Coloring & Art
The Super-Sized Book of Bible Verse Coloring Pages
Children's Bible Coloring Books


activities

Bible Verse Scramble (online)
Jigsaw Puzzle (online) (online)
Puzzle to Make and Color (online)
Abraham and Sarah Crossword Puzzle (online)
Abraham and Sarah Word Scramble (online)

Best Book of Bible Activities
Bible Puzzles: Word Search
Big Book Of Bible Puzzles
Big Book Of Bible Story Activity Pages V1
Bingo (online)
Children's Activity Books
Children's Puzzles
Christian and educational toys
Crossword Books
Encyclopedia Of Bible Games For Children's Ministry
Games
Jumbo Bible Activity Book 4
Memory Verse Games for Kids
Sticker Books
The Super Sized Book of Bible Puzzles


129

God's Covenant with Abraham Word Search (online)


crafts

Make a Star Mobile (online)
Abraham and Sarah Baby Craft (online)
Family Handprint Craft (online)
Make a Star Using Popsicle Sticks (online-very easy)
Make a 3-D Paper Star (online-moderate)
Make Twinkling Stars (online-moderate)
Make Your Family Tree (online)
Make Napkin Rings for Your Visitors (online)

Bible Crafts
Bible Craft Videos (online)
Crafting the Word of God (online)

Easy-to-Make Bible Crafts PDF for Kids
& Digital Album Download [PDF Download]


Encyclopedia Of Bible Crafts For Preschoolers
Hot Crafts for Cool Kids pdf download
Maker-ific WOWS! (ages 8-12): 54 Surprising Bible Crafts

More! Bible Crafts on a Shoe String Budget:
Paper Sacks & Cardboard Tubes

(Reproducible: Ages 5-10)

Puppet Crafts For Kids (online)

The Big Picture Bible Crafts:
101 Simple and Amazing Crafts to Help Teach Children the Bible


birds singing

Abraham - MIDI/Sheet music/Lyrics (online)
Abraham, Isaac and Jacob (online)
Father Abraham [Music Download]
God's Promise To Abraham (online lyrics/MIDI)
Is Anything Too Hard for God? (online)


Twinkle Twinkle Little Star Christian Mother Goose Rhyme
Christian Mother Goose (favorite!)

100 Bible Stories 100 Bible Songs
Action Bible Songs
Bible Songs on CD
Bible Songs on DVD
150 All-Time Favorite Veggietunes
100 Singalong Bible Songs For Kids

Platinum Bible Collection of Classic Christian Songs on DVD
The Bible in a Minute (online)

25 Favorite Sunday School Songs
Children's Music


child reading a book

Abraham (online Bible Encyclopedia)
Abraham—A Man Who Heard And Obeyed God's Call (online)
Abraham and the Three Strangers (online)
Abraham Gets Strange Visitors (online)

Abraham—God's Brave Explorer
(Discover 4 Yourself Inductive Bible Studies for Kids)

Abraham, Sarah, & Isaac (Arch Books)
Abraham's Big Test
Abraham Trusts God (Faith That Sticks)
God Knows My Name
Good and Evil: The Bible As Graphic Novel
HOBC Bible Big Book: Abraham
Old Abe Has a Son (online)
Sarah and Abraham: The Wonderful Promise
The Birth of a Nation - Abraham to Joseph (listen and read online)
The Child Of Promise (read online)
The Story of Abraham and Sarah (online)
The Story of Abraham (online)

Beginner's Bible
Beginner's Bible for Little Ones
Bible in Pictures For Toddlers
Bible stories
Children's Books
Early Reader's Bible
100 Bible Stories 100 Bible Songs w/2 CD
Pilgrim's Progress for Kids
Spanish Children's Books

365 Activities For Kids:
A Bible Story And Activity For Each Day Of The Year


365 Read-Aloud Bedtime Bible Stories
The Complete Illustrated Children's Bible
The Picture Bible (also in Spanish)
The Preschooler's Bible
Toddler's Bible


CDs and Videos

Bible Comes Alive, Volume 1 Your Story Hour, CD

Bible on the Go Vol. 03: The Story of Abraham and Isaac
(Genesis 12, 15, 18-19, 21-22) - Unabridged Audiobook [Download]


Larry Learns to Listen, DVD
The VeggieTales Show: Abraham and Lot (online)

All the Shows, Volume 1: 1993-1999
Do You Wonder Why? (online)
God's Story from Creation to Eternity (online)
Read and Share Toddler Bible with DVD
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit
Bible story DVDs
Children's DVDs


TEACHER RESOURCES

Abraham (onlineBible Encyclopedia)
Abraham and Sarah Take Home Sheet (online)
Abram's Three Visitors (online)

The Wiersbe Bible Commentary: The Complete Old Testament
Abraham served three visitors
(online)

God Makes a Promise to Abram (online)
Genesis 17 (online)
Genesis 18 (online)
Gleanings in Genesis - #22 by Arthur W. Pink
God Makes a Promise to Abram
Hagar and Ishmael
The Birth of a Nation (Abraham to Joseph) - pg. 1 (online)
The Birth of a Nation (Abraham to Joseph) - pg. 2 (online)
What Abraham Teaches Our Kids About God's Character

Free Bible story images (online)
801 Questions Kids Ask About God
Absentee Postcards
African American Resources
Almost Every Answer for Practically Any Teacher
Bible for Children in 232 languages (online)
Children's Ministry
Bible Memory Match Game
Big Book of Bible Games
Bulletin Board helps
Chicken Soup for the Teacher's Soul
Children's Sermon (online)
Church Supplies
Closing Prayer (online)

FREE materials to Bible schools, Bible colleges, seminaries,
churches, missionaries & individuals worldwide
(online)

52 Games That Teach The Bible
Free educational videos (online)
God's Servants Teach Me

God's Wisdom for Little Boys:
Character-Building Fun from Proverbs


Help! I'm a Sunday School Teacher
How To Lead a Child To Christ
How to Make Bible Characters from Milk Cartons (online)
KidMin ToolBox: Boxed Book Set
King James Version Gift & Award Bibles

Leading Little Ones to God:
A Child's Book of Bible Teachings


Lord Teach Me To Pray For Kids
Making Children Mind Without Losing Yours
Memory Verse Activities (online)
Memory Verse Resources
Object Talks
Opening Prayer (online)
Parenting Resources
Puppet Scripts
Review Activities for Bible Lessons (online)
Seven Laws of the Learner
Spanish Resources
Sunday school resources
Sunday School Songs: Lyrics and Tunes (online)
Talking to God
Teachers' Reproducible Classroom Pages
Teaching Children Memory Verses Ages 4-5
Teaching Children To Pray Ages 4-5
Teaching to Change Lives
The Beginner's Bible Curriculum Kit
The Jesus Storybook Bible Curriculum Kit

The Humongous Book of Bible Skits
for Children's Ministry


Vacation Bible School
What Every Sunday School Teacher Should Know

Children's resources (online)

The Children\'s Chapel - Award-winning site, featuring Bible stories from a variety of authors, excellent Christian resources for children, and over 140 links to other Christian and family-friendly sites for kids

Copyright © 2023 — www.childrenschapel.org
Northeast Ohio U.S.A.

You may NOT re-post this Bible story.
However, you may freely link to it,
provided visitors can see our web address
when they click on the link.


Free Bible Stories!

To receive a new Bible story each week, enter your e-mail address under “Subscribe…” at

tscpulpitseries.cis.to/mailman/listinfo/stories

You will be sent a message requesting confirmation of your subscription request.

IMPORTANT! YOU MUST REPLY to this confirmation request to activate your subscription to this list.


Afrikaanse Bybelstories
www.childrenschapel.org/bibstory2_af.html

Add/update a Bible story resource

TOP OF THE PAGE

Webmaster
Last updated February 13, 2023
Pictures Courtesy of Free Bible Images

Next page

Welcome! * What's Here * Bible Stories
E-Mail Us * Around the Piano * 4 Things
Events * Children's Chapel * Adult Chapel
Missing Link * Links * Resources